Boland Sold 17-01-2013

Page 1

17/18 JANUARIE 2013 9 ­ 13

1­8

14 ­ 16

MARK VIR KLEINER HUISE IS LEWENDIG: EIENDOMME MOET REG GEPRYS WEES

Amatola van Niekerk

Kevin Wearing

Lizette Joubert

Pieter Kotzé

Droeks Malan

Surina du Toit

Eiendomsmark gesond JAMEY THOMAS

M

et 2012 agter die rug, voorspel kenners van die Boland-eiendomsmark ’n gesonde huismark met beter vooruitsigte vir die jaar wat voorlê. Volgens Pieter Kotzé van RE/MAX Helderberg, verwag hulle weens lae rentekoerse en taamlik billike pryse ’n goeie jaar. “Sedert 2009 het ons die volume van verkope en omset in die kantoor jaarliks met soveel as 30% laat groei en ons wil dit beslis vanjaar ook doen.” Kotzé is ook van mening dat al is die pryse nie altyd dié wat die verkoper wil hê nie, is die mark lewendig en die volumes wat verhandel word, baie goed. Hy raai huiseienaars aan om steeds die geleentheid te gebruik om hul eiendom op te gradeer, want die verlies op ’n kleiner huis – en jy hoef nie noodwendig op die kleiner eenhede te verloor nie – maak

die wins op ’n groter een soveel beter. “Vir 2013 glo ons die mark sal geleidelik met ’n effense herstel begin, maar sal steeds baie lewendig wees soos in 2012,” sê Kotzé. Amatola van Niekerk van Engel en Völkers in die Strand sê soos nuwe ontwikkelings in die Helderberg bekend gestel word, behoort hulle groei in die huismark en ’n groter omset as in 2012 te sien. Volgens Kevin Wearing van Leapfrog Gordonsbaai, sal die eiendomsmark in dié dorp om verskeie redes verbeter. Hy sê die pryse van eiendomme in die omgewing is taamlik stabiel en verkopers maak voorsiening vir laer aanbiedinge wat wissel van 5% tot sowat 12% van die vra-prys. “Die beskikbaarheid van finansies is besig om stadig maar seker te verbeter en dit stimuleer ook ons mark,” reken Wearing. “Die huidige opgradering van Gordonsbaai, soos die nuwe Woolworths-inkopiesentrum, die aktiewe en suksesvolle buurtwag

STELLENBOSCH

R4 690 000

Slaapkamers 4 | Badkamers 3 |Motorhuise 3

Nuwe vrystelling. Pragtige familiewoning. Uitstekende ligging. Naby top skole. STELLENBOSCH

wat onlangs gestig is, die positiewe bydraes van die Gordonsbaai Sakeforum en ook die aktiewe bemarking en blootstelling van Gordonsbaai om buitelanders, toeriste sowel as kopers van elders in Suid-Afrika te lok, dra daartoe by dat dit ook ’n goeie huismark is.” Droeks Malan van Seeff Stellenbosch sê die mark in Stellenbosch was verlede jaar oor die algemeen baie aktief. Veral die mark vir kleiner huise tussen R1 miljoen en R2, 5 miljoen in sekuriteitskomplekse soos Welgevondenlandgoed, was besonder besig in 2012 en dié eiendomme se gemiddelde prys het met sowat 9% gegroei. Huise in gevestigde woonbuurte se pryse het meesal dieselfde gebly as in 2011 en so ook woonstelle. “Ek verwag nie enige noemenswaardige groei in die gevestigde woonbuurte nie, maar voorsien wel dat die intreevlak-eiendomme in Welgevonden wel met ’n verdere 5 – 8% vanjaar sal groei. Die res van die mark sal moontlik sywaarts beweeg,” sê Malan.

R1 150 000

STELLENBOSCH

R1 590 000

Die eiendomsmark in die Paarl en Wellington sal in 2013 matig verbeter, maar niemand moet dit verwar met ’n opbloei nie, sê Lizette Joubert van Rawson Eiendomme Paarl/Wellington. “Die toename in lewendigheid in die mark en prys sal ’n welkome verligting wees, maar dit sal steeds talle huiseienaars ‘onder water’ laat. Dit is te vroeg vir behuising om na normaal terug te keer – en ons sal beslis nie gou bo-normale groei sien nie,” sê Joubert. Volgens Surina du Toit, takbestuurder van Pam Golding Paarl/Wellington/Franschhoek, het hulle in 2012 baie meer transaksies as in 2011 gehad en ervaar hulle dat kopers steeds waarde vir geld soek. Pam Golding Eiendomme voorspel egter dat die mark baie dieselfde in 2013 sal wees. “Verkryging van verbande bly steeds ’n probleem en eiendomme wat teen die regte prys in die mark kom, verkoop relatief vinnig, maar eiendomme wat oorprys is bly lank in die mark,” sê Du Toit.

STELLENBOSCH

Kantoor 021 887 4740 Welgevonden 021 889 9774 DIE BOORD

Marí 082 927 3248 Sarene 083 R3652 100 9173 000

www.annabasson.co.za

STELLENBOSCH R4 650 000 STELLENBOSCH R1 345 000

Bedrooms 4 | Bathrooms 3 | Garages 2

Eenmans | Kelderparkering

Slaapkamers 3 | Badkamers 2| O/dak Park 1

Ruim eenheid in historiese kern. Stapafstand van kampus

Uitstekende waarde! Ruim noordfront Exceptionally well designed family In historic town centre. Close to eenheid in sekuriteitskompleks. campus and amenities! home. Secure garden.

Bachelor | Basement Parking

R2 145 000

Slaapkamers 3 | Badkamers 2 | Motorhuis 1 | Wynkelder

Nuwe vrystelling. Goed ontwerp, sonnig met mooi uitsig. Sekuriteitsontwikkeling. STELLENBOSCH

R3 800 000

Slaapkamers 6 | Badkamers 4 | Motorhuise 2

Baie goeie belegging! Stapafstand van top skole.

STELLENBOSCH R13 750 000

Slaapkamers 5 | Badkamers 5 | Motorhuse 2

De Zalze Winelands and Golf Estate. Stylvolle woning, kwaliteit afwerkings.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Boland Sold 17-01-2013 by Eikestad Nuus - Issuu