Boland SOld 20150219

Page 1

Bigg est and Best Prope rt y guid e in the Bolan d

SOLD Boland

19 FEBRUARIE

D i s t r i c t M a i l | E i k e s t a d n u u s | P a a r l P o s t

IDEALE LIGGING: GOEIE KAPITAALGROEI VERWAG

Grondwerk begin aan nuwe dorpsontwikkeling “Konstruksie van die grensmuur word binnekort begin waarna daar ook ’n skouhuis gebou sal word. Volgens Pieter Horn, besturende direkteur van Horn en De Koning, die alleenagente en ontwikkelaars van die projek, gaan dié volledige bouprojek binne die volgende 24 maande voltooi wees. “Die grondwerk sal die oprigting van 74 losstaande huise voorafgaan. Altesaam 12 verskillende huistipes sal te koop aangebied word. Hiervan is vyf dubbelvlak en sewe enkelvlakwonings. “Die erfgroottes wissel van 264 m² tot 561 m² en die pryse van die eerste 24 huise sal wissel tussen R1 675 000 en R2 300 000. Veiligheid word verseker deur bemande sekuriteit, CCTV-kameras, geëlektrifiseerde omheining en gekontroleerde enkel-toegang,” het Horn gesê. Koelenhof is ’n volwaardige nuwe Bolandse dorp en word op ’n terrein van 4,2 ha ontwikkel. Die bestaande ontwikkeling in die gebied het in die afgelope 18 maande reeds kapitaalgroei van 42% getoon. Koelenbosch het ’n ontwikkelingswaarde van R130 miljoen en is aan die Koelenhof(R304) en Bottelarypad (M23) geleë en grens aan die bestaande Devon Place-sentrum met ’n vulstasie, winkel, restaurant, slaghuis, buitelewe- en vuurwapenwinkel en wynwinkel. Die Koelenbosch-ingang is vanaf die Bottelarypad. Horn het gesê Koelenhof is nou besig om in ’n nuwe en volwaardige dorp met sy eie infrastruktuur en karakter te ontwikkel. “Dit sal veral vir mense wat op Stellenbosch werk en daagliks van die Kaapse noordelike voorstede, die Paarl en Wellington moet pendel, ’n bekostigbare alternatiewe woonplek bied. “Die ontwikkeling is nie net bekostigbaar nie, maar ook van hoogstaande gehalte. Kopers sal die opsie hê om, byvoorbeeld, nou ’n huis te koop en eers later ’n swembad in te sit. Daar is ook ’n verskeidenheid van opsies rakende die wonings self, het Horn gesê. Volgens die argitek, Martina le Roux-Cloete van Dennis Moss Vennootskap op Stellenbosch, is die ontwerp van die wonings op Kaapse streeksargitektuur geskoei. Dit is só gedoen om spesifiek die Stellenbosch-omge-

Die ontwikkelingspan betrokke by die Koelenhof­ontwikkeling. wing te komplementeer. Hannes Odendaal, eiendomskonsultant by Horn & De Koning Eiendomme, het gesê daar word voorsien dat die klem by Koelenbosch hoofsaaklik op die gesin sal val met inwoners wat uit jongmense met jong kinders sal bestaan. “Voorts is die ontwikkeling sentraal in die platteland en in die Bolandse wynlande geleë met die N1 naby en Stellenbosch net 8 km se ry van Koelenbosch. Die bekende wynplase Beyerskloof en Simonsig is ook so te sê teenaan die ontwikkeling, asook die Devonvalegholfbaan,” het Odendaal gesê. Koelenbosch bied uitstekende waarde vir geld in die sin dat dit ’n drie-slaapkamerwoning met twee badkamers, enkelmotorhuis en 24 uur veiligheid op ’n losstaande eietitel-erf vir vanaf R1,6 miljoen bied. Vir dieselfde be-

drag kan dalk ’n twee-slaapkamerwoonstel in Stellenbosch bekostig word. Odendaal het ook vertel dat daar groot belangstelling uit die buiteland vir belegging in die ontwikkeling is. “In Desember 2014 het ons meer as 50 navrae oor die ontwikkeling ontvang waarvan ’n aansienlike aantal uit die buiteland en veral Europa was. Die res was plaaslik en ook uit Gauteng. “Die groot belangstelling kan veral aan die prysklas, vooruitsigte vir kapitaalgroei en die relatief groot erwe van die ontwikkeling toegeskryf word. “Vir die buitelanders gaan dit veral oor ’n leefstyl in die wynlande van die Boland, die nabygeleë Devonvale-gholfbaan en die bekende wynplase Beyerskloof en Simonsig net langsaan. Die klimaat speel ook ’n rol met die

STELLENBOSCH - R 7 300 000

STELLENBOSCH - R 4 900 000

Nuwe vrystelling. Web verw 3263698 Ruim eiendom in Mostertsdrift met 5 slaapkamers en 2 aparte wooneenhede. Gesellige leefvertrekke. Netjies en stylvol.

IRMA 083 651 0390

STELLENBOSCH - R 1 490 000 Sole Mandate. Web ref 3248876 Neat north facing unit with 2 parking bays. Picturesque neighbourhood. Buyer can occupy immediately.

IRMA 083 651 0390

voorneme om die hefte van die jaar hier deur te bring,” sê Odendaal. Volgens Odendaal is daar ook belangstelling van beleggers in Koelenbosch. Teen die genoemde prysklas kan verhurings van tussen R12 000 en R15 000 verwag word. ’n Verdere aantreklikheid vir beleggers is ’n belastingkorting van 5% op die bouprys indien daar meer as vyf eenhede aangeskaf word. “Die wonings word nou in fases bemark met die eerste 24 eenhede wat teen R1,675 miljoen tot R2,3 miljoen verkoop sal word. Pryse vir die tweede fase van 25 eenhede sal met tussen 8% en 12% styg en ’n latere derde fase teen ’n soortgelyke prysstyging. “Die verwagting is dat die kapitaalgroei binne ’n jaar nadat daar met die bou van die eenhede begin is, tussen sowat 16% tot 36% kan bedra,” sê Odendaal.

EIENDOMME PROPERTIES STELLENBOSCH

Kantoor 021 886 4108 Faks 086 620 3478

info@irmaknipeproperties.co.za www.irmaknipeproperties.co.za

STELLENBOSCH - R 1 395 000 Alleenmandaat. Web verw

3240878

Ideale beleggingsgeleentheid op kampus en Groen Roete. 2 slpk eenheid met balkon. Oorkant lesinglokale. Veilige parkering. 24h sekuriteit.

LOUISE 083 549 5521

STELLENBOSCH - R 2 150 000 Alleenmandaat. Web verw 3256998 3 slpk gesinswoning in rustige boomryke woonbuurt. Gesellige kuierstoep langs swembad. Landelike gevoel met mooi uitsigte.

LOUISE 083 549 5521

Alleenmandaat. Web verw 2629966 Netjiese 4 slpk gesinswoning in Rozendal. Swembad en ruim onderdak stoepe. Studeerkamer en dubbelmotorhuis. Naby skole en universiteit.

CHARLES 082 658 9797

STELLENBOSCH - R 1 069 000 New release. Web ref 3235749 Grab this golden opportunity to invest in property in the CBD. Just a stone’s throw away from campus and all amenities.

CHARLES 082 658 9797 X1PR7CJ1-SI190215


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.