Worcester standard 17 07 2014

Page 1

Standard Jou vallei - Jou nuus

Donderdag, 17 Julie 2014

Prys: R5.00

Vermeende bendelede in hof 2

Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | info@worcesterstandard.com | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

Veiligheidskantoor vir Roodewal 3

Veiligheidstasie maak ’n verskil

4

Bewaarders in beskuldigdebank JOLINE VAN DER MERWE Die inhegtenisneming van vyf bewaarders van die Worcester-gevangenis het Donderdag skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Morris Thomas (33), Alvino Rhode (40), Simphiwe Badla (36) en Flip Booysen (41), is Donderdagoggend by die werk in hegtenis geneem. Dudley Petersen (43) was met siek-

verlof en is later by sy huis in Van Zyllaan, Esselenpark, in hegtenis geneem. Luidens ’n persverklaring deur die polisie, hou die aanklagte teen die mans verband met die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca-wet), dwelmsmokkelary en korrupsie. Die mans het Vrydag in ’n oorvol Worcester-landdroshof verskyn. Die snikke van familie was duidelik hoorbaar toe die mans die hof binne-

stap. Die staatsaanklaer, adv. Christiaan de Jongh, het aangevoer die staat sal nie borgtog teenstaan nie omdat hy glo die mans sal nie poog om die hof te ontduik nie. Die bewaarders is borgtog van R10 000 elk toegestaan. Daar word beweer dat die bewaarders op die Junior Cisko Yakkies (JCY)-bende se betaalrol is. Die inhegtenisnemings volg nadat genl.maj. Jeremey Vearey sowat drie weke gelede aan die Standard genoem het bewaarders en polisie-

beamptes gaan in hegtenis geneem word. “Ons weet wie die polisiebeamptes is wat met die JCY’s saamwerk. Dit maak nie saak wat jou rang is nie, oor ’n paar maande gaan julle saam met die JCY’s in die beskuldigdebank sit!” het Vearey toe gesê. Volgens Cecil Pietersen, areakommissaris van die Breederivierbestuursarea, is hulle tans besig met interne prosesse om te kyk na die moontlike skorsing van die be-

Simphiwe Badla, Flip Booysen, Dudley Petersen, Alvino Rhode en Morris Thomas het Vrydag in die Worcester­landdroshof verskyn

FOTO: DENVOR DE WEE/FOTO24

waarders. Hy het ook bevestig dat die mans almal in die tronk se sekerheidsafdeling gewerk het, met Alvino Rhode as die hoof van sekerheid by die Worcester-gevangenis. Die mans verskyn weer 25 Julie in die hof.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.