DIE GETOGENAAR die era van protes, getuig & betoog ‘n ekerk navorsing & tendens verslag | junie 2012
GETUIG BETOOG TOWENAAR protest [n. proh-test; v. pruh-test, proh-test] an expression or declaration of objection, disapproval, ordissent, often in opposition to something a person is powerless to prevent or avoid: a protest against increased taxation.
testify [tes-tuh-fahy] to bear witness to; affirm as fact or truth; attest. to give or afford evidence of in any manner.
“‘n Generasie wat kan getuig oor die lewensveranderende storie van Jesus, kan betoog teen die onregverdigheid van die wêreld, en wat kan toor met tegnologie.”
Dis asof die hele wêreld brand. Van Egipte tot Sirië, van Soedan tot in Suid-Afrika, is mense besig om in opstand te kom teen wat hulle sien as toenemende onregverdige beleid. Die era waar reëls en regulasies absolute gesag gehandhaaf het oor die algemene publiek, is vir altyd verby. Ons betree ‘n seisoen waarbinne die beweegredes vir alle openbare aksies en prosesse verstaanbaar en regverdig moet wees, anders maak dit net nie meer sin vir gewone mense met gewone lewens nie. Die blote feit dat ‘n tradisionele gesagsfiguur of organisasie iets implimenteer of voorstaan, maak dit net nie meer noodwendig die regte keuse, besluit of rigting vir ‘n ontluikende generasie wat leef in ‘n wêreld waar alles weetbaar en in ‘n oogwink kommunikeerbaar is nie. Hierdie nuwe wêreld toets alles, meet alles, weeg alles en reageer teen die spoed van lig as daar die kleinste sweempie onregverdigheid of ondeursigtigheid blyk te wees. Niemand is gevrywaar teen die stem van die massas nie. Dis ‘n wêreld waarin mense nie skroom om drastiese aksie te neem teen die aanstigters van onregverdigheid nie. Vir die kerk is hierdie van kardinale belang. Daar is soveel onderliggende oorsake en gevolge wat tot hierdie veldbrand aanleiding gee, dat ons net ‘n vir oomblik moet regop sit en aandag gee aan hierdie ontluikende tendens.
Die woord “protest” is tog afgelei van die Latynse woorde “pro” wat vir, namens of ten gunste van beteken, en die woord “test”, afgelei van die woord “testari”, wat praat namens, opstaan vir of getuig beteken. Dis ook waarvandaan ons die Engelse woord “testify” kry. Indien ons met die etimologie van die woord sou wou rondspeel, beteken om te protesteer of te betoog in der waarheid om te getuig namens, of ten gunste van, iets of iemand! Dis dan ook geen wonder dat die lyne tussen getuig en betoog al hoe meer onduidelik word nie. Dis asof ‘n nuwe generasie aktiviste elke dag meer en meer liefde en genade vir die onderdruktes optoor. Hulle verander die wêreld onder ons neuse, en hulle tref geen onderskeid tussen hulle geloof in Christus, en hulle verantwoordelikheid vir ‘n regverdige bestel nie.
Welkom by die era van die “getogenaar.”
“OCCUPY” BEWEGING
ALMAL WEET VAN “JOSEPH KONY”
Die Occupy Wall Street beweging1 het in protes gereageer op die nuutste finansiële statistieke in Amerika, spesifiek met verwysing daartoe dat die stelsel voorsiening maak dat die rykes al hoe ryker word, en die armes al hoe armer.
Seker die mees berugte protes aksie die afgelope jaar is afkomstig van die kant van die Invisible Children organisasie, wat ‘n dertig minute YouTube video opgelaai het as deel van hulle veldtog teen die gebruik van kindersoldate in die rebelle kampe van Uganda.2
Die beweging het uitgebrei na ander hoofstede regoor die wêreld, en is uiteindelik deur die toonaangewende besigheids- en leierskapstydskrif Fast Company Magazine aangewys as die sewende mees innoverende beweging, organisasie of entiteit van die jaar!
Die veelbesproke video het binne ses dae tot by die 100 miljoen kykers gelok, en was kort voor lank die stuk media wat die meeste oë en ore in die korste tyd bereik het in menslike heugenis. Die veldtog het gespreek tot miljoene jongmense wêreldwyd, en het hulle opgeroep tot tasbare verset teen die onmenslike optredes van Joseph Kony en sy saamgeflanste weermag, soveel so, dat plakkate, t-hemde en slagspreuke in elke dorp, stad en straat die wêreld oor opgeduik het.
Ongelukkig kan selfs betogings en hulle deelnemers later ook ‘n instelling word wat opsigself onregverdigheid en weersin ontlok! Toe die Occupy Wall Street beweging te institusioneel word vir sommiges, lanseer hulle op die plek hulle eie antiweerstandsbeweging! In die woorde van Saul, ‘n gemaskerde anonieme protesteerder: “These guys are totally bogus. I heard on NPR today that they have trademarked the name ‘Occupy Wall Street’. Just look around you, man, look at all the bogus t-shirts. Somebody’s cashing in here. We’re going to put a stop to these materialistic pigs. We are going to occupy Occupy Wall Street!”.1 Geen instelling of beweging is vrygestel van protes nie - duidelik nie eens die protesteerders nie.
EGIPTE AAN DIE BRAND Die Egiptiese rewolusie teen Hosni Mubarak se regering was aanvanklik een van die eerstes wat swaar gesteun het op publieke deelname, veral op die internet. In net twee en ‘n half weke, van 25 Januarie 2011 tot 11 Februarie 2011, het Facebook en Twitter gebruikers dit grootliks reggekry om deur middel van inligting verspreiding die bestaande staatshoof, Hosni Mubarak, te onttroon.In die proses het die regering alle sosiale media platforms geblok, in ‘n poging om die publieke stem te muilband.
1. http://dreadmonger.com/2011/10/31/authentic-protesters-to-occupy-occupy-wall-street/ 2. http://mashable.com/2012/03/10/kony-2012-sxsw/
Wael Ghonim was toevallig nie net een van die grootkoppe by die internetreus Google nie, maar hy het ook aanvanklik die Egiptiese opstande aangevuur op Twitter. Een van sy twiets na afloop van die protes aksies was: “Now our nightmare is over. Now it is time to dream.” GOOGLE, PEPSI, EN ‘N NUWE GENERASIE WAT OMGEE As selfs die wêreld se grootste maatskappye hulle beleggings begin aanpas na aanleiding van skuiwende tendense, is dit die moeite werd om jou ore te spits. Jane Wales, president van die Global Philanthropy Forum, tree op as raadgewer vir van die mees vooraanstaande handelsmerke, waaronder Google, Pepsi en ander jeugverwante maatskappye, ten einde hulle ideaal te posisioneer om ‘n ontluikende generasie van aktivistiese jongmense te bereik. Nuwe bemarkingstrategieë gaan al hoe minder oor die meriete van ‘n produk of diens, en al hoe meer oor die manier waarop die betrokke maatskappy bydra tot ‘n meer regverdige en gesonde wêreld. Wales se raad aan meeste organisasies is die volgende: “This is probably the first generation that I’m not saying, why aren’t they more like we were? I’m saying, why weren’t we more like they are? They know what they’re up against. They know what they want to build. This is a great generation.”3
Clooney het ongekende publieke steun vir Sudan ontlok toe hy deelgeneem het aan ‘n onwettige betoging buite die Sudanese ambassade in Amerika, en toe deur die plaaslike owerhede gearresteer en toegesluit was. Die hele episode het net weer bewys hoe gereed die algemene publiek is om hulle stem te laat geld wanneer dit kom by die uitwysing en uitwissing van onregverdigheid en onliefdevolle beleid. Al vat dit dalk ‘n invloedryke persoon om net eers die vuur aan te steek. TIME - TYDSKRIF PERSOON VAN DIE JAAR Die vlaag van protes en betoog het ook die aandag van die toonaangewende nuus tydskrif TIME getrek, soveel so dat hulle die gesogte Persoon Van Die Jaar prys, wat voorheen deur mense soos Bono, George W Bush en Mark Zuckerberg ontvang is, vir 2012 aan die gesiglose en anonieme betoger toegeken het. ‘n Kort uittreksel van die artikel wat die toekenning vergesel het: “Is there a global tipping point for frustration? Everywhere, it seems, people said they'd had enough. They dissented; they demanded; they did not despair, even when the answers came back in a cloud of tear gas or a hail of bullets. They literally embodied the idea that individual action can bring collective, colossal change.”4
GEORGE CLOONEY IN ‘N NUWE ROL Die akteur en sosiale aktivis, George Clooney, is lankal daarvoor bekend dat hy hom skaar aan die kant van die onderdruktes in baie van die Noord-Afrika lande. Veral Soedan, wat hierdie jaar weer in die nuus was met opstande, betogings en publieke protes, was op sy radar.
3. http://www.fastcoexist.com/1679533/google-pepsi-and-the-new-generation-of-philanthropists 4. http://www.time.com/time/person-of-the-year/2011/
PLAASLIKE TENDENSE Ons sal ‘n groot fout maak as ons dink dat die golf van protes nie ook oor Suid Afrika gespoel het nie. Regdeur ons land sien ons die bewyse van groepe mense wat deur middel van tegnologie, en op ‘n verskeidenheid ander platforms, hulle stemme dik maak. DIE BERUGTE TWIET-MODELLE Toe Jessica Leandra Dos Santos en Tshidi Thamana mekaar op Twitter gepak het oor hulle wedersydse rassistiese uitlatings, was die hele land in rep en roer. Dit was nie lank voordat hulle geswig het onder publieke druk nie, en het die twee vinnig saam deelgeneem in verskeie openbare uitdrukkings van onderlinge versoening en vergifnis.5 Die openbare verset op plekke soos Facebook, Twitter en die gedrukte pers teen hulle uitalings het soveel momentum in ‘n rekord tyd geskep dat dit die DA-woordvoerder Mmusi Maimane aangedring het om ‘n ontbyt by sy huis te reël met die twee modelle. Maimane het aan Dos Santos vertel presies hoe kwaai die k-woord hom krenk, terwyl sy blanke vrou Thamana gevra het of sy régtig alle wit mense doodwens. Na afloop daarvan was Maimane woorde: “Die hele ding het giftig geraak, iemand moes die angel uittrek.” #TWITPICYOURCITYPRESS Na aanleiding van die massiewe debakel rondom Brett Murray se omstrede skildery van President Jacob Zuma, het die City Press koerant die skildery gepubliseer, en nog meer negatiewe reaksie van die regerende party ontlok. Soveel so dat senior ANC amptenaar en
minister Blade Nzimande die publiek opgeroep het tot ‘n algehele boikot van die koerant. Die publieke reaksie op sy voorstel was egter van ‘n teenoorgestelde aard, en op Sondag 29 Mei 2012, was die onderwerp #twitpicyourcitypress die hoogs gelyste tendens op die sosiale netwerk Twitter. Kunstenaars, bekendes, joernaliste en gewone mense het hulle vergrote platforms gebruik om op te tree teen ‘n op die oog af eensydige outoritêre optrede, en het kollektiewe weerstand gebied teen wat hulle gereken het is onregverdige magsgebruik. Nodeloos om te sê, die gesamentlike gewete van die massa seëvier teen die institusionele gereg. RHODES UNIVERSITEIT STAAN OP Gedurende Maart 2012 het ‘n betoogaksie deur ‘n opleidingsinstelling dit vir die eerste keer reggekry om bo-aan die lys van gespreksonderwerpe op die sosiale netwerk Twitter te verskyn. Toe die term #RUSilent op almal se fone verskyn, het die wêreld kennis geneem van ‘n groep van 70 studente wat met toegeplakte monde betoog teen die diskriminasie teen slagoffers van seksuele misdrywe, veral verkragting. Die aksie het internasionaal opspraak verwek, met die organiseerder, Larissa Klazinga, se woorde: “Our protest is to make the silence visible. It's to show that critical voice that has been taken away."6
5. Vir die hele storie, lees hier: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Twiet-twis-ontlont-20120512 6. http://www.timeslive.co.za/local/2012/03/23/rhodes-stages-anti-rape-silent-protest
EKERK SE EIE GEMEENSKAP Keer op keer merk ekerk se webspan dat die mees effektiewe manier om ons aanlyn gemeenskap te aktiveer, is om iets te vra, verwag, of om die een of ander aksie aan die kant van die lesers te inspireer. Ons merk dat die ekerk gemeenskap nie meer net geneë is om terug te sit en te ontvang nie. Al is dit dalk net op virtuele maniere, is hulle gereed om deel te neem, terug te praat, op te staan, en ‘n daadwerklike verandering in die wêreld teweeg te bring, en die web statistieke bewys dit.7
Die oomblik as die bal teruggegooi word in die hande van die lesers en luisteraars, is dit asof hulle vanself oorgaan tot aksie, en dan in hulle onmiddelike leefwêreld katalisators word vir positiewe verandering. So baie keer word opgemerk dat plaaslike web gebruikers agter is met internasionale tendense, maar by ekerk sien ons dat SuidAfrikaanse web gebruikers net so interaktief en deelnemend kan optree as hulle Westerse eweknieë - veral wanneer daar die geleentheid is om ‘n ewige verskil te maak! Deur verskeie noodverligtings- en liefdadigheidsprojekte sien ons hoe plaaslike web gebruikers aanlyn mobiliseer om die wêreld te verander, en die koninkryk van God stuk vir stuk te laat materialiseer in hulle eie plaaslike lewensspasies.
7. Ekerk gebruik ‘n kombinasie van Wordpress se “popular posts plug-in”, Google Analytics en Facebook Insights ten einde ons statistieke saam te stel.
“Our protest is to make the silence visible. It's to show that critical voice that has been taken away."
KERKLIKE GE(TUIES)-(BE)TOGENAARS Nuwe winde waai tans op plaaslike kerklike horisonne, waarvan protes-winde een is. Twee tendense in hierdie verband is opmerklik. “GEWONE” KERKLIKES SONDER TITELS STAAN OP
DIE HOF-ROETE
Op 19 Mei kondig biskop Johannes Seoka, voorsitter van die SARK en biskop van die St Albans Anglikaanse kerk in Pretoria aan dat hulle kerk se deure sluit. Dit volg na die bedanking van Vader Rudolph Paulse wat glo met die dood deur sekere lidmate gedreig is. Hiermee saam het sekere persone het ook allerlei beskuldigings gemaak oor die leierskap se ondeursigtige hantering van fondse.8 Toe het ‘n klompie besorgde lidmate en ander betrokkenes die bul by die horings gepak en hof toe gegaan. Op 20 Mei beslis die Pretoria Hooggeregshof dat vader Paulse herstel moet word in sy amp en dat die kerkdeure onmiddellik weer moet oop wees.
Nog ‘n opmerklike plaaslike tendens is die toenemende beroep op howe deur beswaardes om tussen hulle en ander kerklikes te arbitreer. Tebogo Monama verwys in die bogenoemde artikel in die Sowetan na ‘n hooggeregshof saak rondom die spanning rondom nuwe leierskap in St Johns AFM kerk in Katlehong. In Kwazulu-Natal is die saak tussen die broers Shembe oor die opvolging van hulle pa as nuwe leier van die Nazareth Baptist Church steeds ook voor die D u r b a n s e H o o g g e re g s h o f . D a n i s d i e J o h a n n e s b u rg e Hooggeregshof betrokke in die saak tussen ‘n streeksleier van die Metodiste kerk in Randfontein en ‘n lidmaat. Tussendeur is die AGS se teologiese opleiding ook op ‘n soortgelyke roete van hofgedinge wat sedert 2008 aan die gang is.10
Om nog een voorbeeld te noem, in die Hervormde Kerk is ‘n voetsoolvlak beweging, SteedsHervormers9, besig om hulle te verset teen die besluit van die BAKV (buitengewone algemene kerkvergadering) van die Hervormde Kerk verlede jaar waar die regverdiging van apartheid verwerp is. Op 4 Junie 2012 berig Neels Jackson in Beeld dat die Steedshervormers ‘n staat van belydenis teen hulle kerkgenootskap verklaar het. Volgens hulle sou die besluit rakende apartheid deur hulle kerkgenootskap neerkom op ‘n verloëning van Christus. By die SteedsHervormers se saamtrek op 2 Junie, waar 370 lidmate en 40 leraars van die Hervormde Kerk aanwesig was, is hierdie protes hoorbaar gemaak. In dieselfde asem is soortgelyke bewegings op voetsoolvlak tans aan die gang rondom besluite van die NG Kerk rakende Belhar, asook in ander kerkgenootskappe in Suid Afrika rondom teologiese opleiding.
MOONTLIKE ANDER TENDENSE Moontlike voorbeelde wat ook die nuwe golf van getogenary onderstreep in kerklike kringe word onderstreep in die voorbladartikel in Die Kerkbode van 30 Mei 2012 rakende die robuuste gesprekke wat op die internet aan die gang is oor vryheid van spraak. Dit volg in die lig van die NG Kerk se nuwe etiese kode vir die gebruik van hul sosiale media wat tot intense Facebook gesprekke aanleiding gegee het. Protes word in hierdie gesprekke in verband gebring met gesprekke oor vryheid van spraak enersyds, asook die reg tot die handhawing van die etiese integriteit van bepaalde sosiale media andersyds. Tog illustreer hierdie tipe gesprekke ook die toenemende gebruikmaking van die internet om
8. http://www.sowetanlive.co.za/news/2012/05/21/st-albans-fights-bishop---court-order-to-hold-service 9. http://www.steedshervormers.co.za 10. http://www.docstoc.com/docs/75058355/THE-APOSTOLIC-FAITH-MISSION-OF-SOUTH-AFRICA-THE-APOSTOLIC-FAITH-
aan “gewone kerklikes” ‘n platform en ‘n stem te gee (na luid van Clay Shirky se verstaan van die www wêreld se onderliggende nuwe waardesisteem van “hier kom almal” – Here comes everybody: The power of organizing without organizations, 2008). Saam met die toenemende benutting van die internet, is die uitbeweeg van lidmate “wat met hulle voete stem” ‘n verdere uitvloeisel van’n stiller, maar ewe rieële kerklike protes.
Navorsing, soos dié van David Kinnaman (You lost me: why young Christians are leaving church, 2011) toon aan dat meer as 60% van jong volwassenes in die VSA tans die kerk vaarwel roep na jare se aktiewe betrokkenheid as tieners. Hier ter plaaste sou krimpende getalle van die meeste kerklike denominasies waarskynlik ook in hierdie rigting kon dui.
FAKTORE EN GEVOLGE Soos enige beweging moet daar sekere faktore wees wat hierdie tendens van “die getogenaar” na vore bring. Hierdie kan verduidelik word as ‘n chemiese reaksie. ‘n Chemiese reaksie is ‘n proses wat lei tot die transformasie of ontstaan van ‘n reeks nuwe chemiese reaksies om sodoende ‘n nuwe chemiese element te skep. Hierdie nuwe element is nie iets splinternuut wat geskep is nie, dit was net nie voorheen betrokke en teenwoordig in die chemiese reaksie nie. Dus word die nuwe element geskep vanuit die bepaalde chemiese reaksies. ‘n Chemiese reaksie kan spontaan wees of dit kan ‘n reaksie wees waar die byvoeging van energie die ontstaan van die chemiese reaksie bewerkstellig. Wat dit behels t.o.v. die tendens van getogenaar, is dat daar geen nuwe faktore is wat op die tafel gekom het nie. Dit bestaan en het ontstaan uit alreeds bestaande faktore vanuit die wêreld. Dit kan egter gesien word as die regte rangskikking van hierdie faktore om ‘n reaksie tot gevolg te hê wat weer op sy eie ‘n nuwe reeks reaksies tot gevolg gaan hê. Die klem lê egter op die regte rangskikking wat sekere faktore. Kom ons kyk na die faktore wat hierdie tendens van die getogenaar tot ‘n reaksie kon bring: Ons sien een van die faktore is regverdigheid en egtheid. Dit kan ook gesien word as die eerste faktor wat die brandende passie tot verandering te weeg bring. Die rede agter hierdie getogenaar tendens is die teenwoordigheid van onregverdigheid en die soeke van egtheid. In vandag se digitale wêreld soek die mense egtheid en regverdigheid. Die digitale wêreld waar die sosiale platforms soos Facebook en Twitter koning kraai, vra vir deursigtigheid ten opsigte van regverdigheid en egtheid. Hierdie is in alles sektore van regerings- tot verbruikers- sektore. Die digitale wêrels is ‘n plat wêreld waar almal ‘n platform het om deel te wees van die deursigtigheid en egtheid.
Ons sien verder orals ‘n oorweldigende, brandende passie of ywer vir verandering. Mense getoog as hulle sê hulle kan nie meer so aangaan nie en dinge moet verander. Hulle kyk terug en sien dit was beter in die verlede, of hulle kyk na die toekoms en sien dinge moet kan beter lyk. Of hulle kyk net na hulle huidige omstandighede en sien rondom hulle dat ander mense, groepe, kulture beter af is en dat daar oneer en onregverdigheid gepleeg is. Hierdie getogenaar tree op vir die welstand van hom/haarself of van hulle groep of tribe (dankie aan Seth Godin, Tribes: We need you to lead us). Dit kan ook aan die teenpool ‘n aksie van liefde teenoor iemand anders wees, waar ‘n persoon getoog ter wille van iemand anders se welsyn en nie sy eie nie. Dit gaan oor welstand van ander waar die groep nie getoog want hulle eer is aangetas nie, maar dat daar met oneer en onregverdigheid opgetree is en ‘n groep is aan die ontvanger kant daarvan. Die skuif weg van die moderne era na ‘n digitale era sit ook agter hierdie getogings. Dit het tot gevolg dat mense nie meer baas gesê wil word deur ‘n entiteit of persoon nie. Dit is hoekom monargieë en diktators vir so lank aan bewind kon bly, hulle het in ‘n moderne era tot bewind gekom waar die waarheid maklik weg gesteek kon word. Weens die feit dat hierdie verander het oor tyd en dat onsself vind in ‘n digitale wêreld, is dit vandag nie meer so maklik om die waarheid weg te steek nie. Indien die mense nie saam stem met die regering, persoon se siening en bewind nie, dan protesteer hulle daaroor. Hulle vat nie meer slegs ja as ‘n antwoord nie. Die ontstaan van sosiale media en dan ook die ontploffing van die digitale wêreld is ‘n belangrike faktor vir die onstaan van die getogenaar era. Dink aan die groot op-roering en hulpmiddel wat Facebook en Twitter geskep het in Egipte. Dit het tot gevolg dat die waarheid nie onderdruk kan en mag word nie. Die wêreld is plat
(Thomas Friedman, The World is Flat) en vloeibaar (Len Sweet, AquaChurch 2.0). Hierdie digitale wêreld waarin onsself vind, behels dat ons via die internet in ons handpalms (selfone) kan sien wat regoor die wêreld aan die gebeur is. Dit het die wêreld as te ware baie kleiner gemaak. Die digitale era waarin ons onsself vandag vind, moedig ons verder aan om vir onsself te dink. Dit kan wees deur ‘n tweet, facebook post of ‘n blog post. Die digitale era behels dat ons in ‘n wêreld van nuut bedinkte verhoudings leef. Met die ontstaan van sosiale netwerke soos Facebook en Twitter, word die mense van die digitale era gerewire om in terme van nuwe verhoudings te dink. Verder maak die digitale era vir ons ‘n wêreld van konneksies oop en moontlik. Alles is gekonnekteer met mekaar. So kan die goue draadjie makliker raakgesien word in vandag se gebeure. Nog ‘n gevolg van die digitale era waarin ons leef vandag, is die verskuiwing van kennis. In die pre-moderne en moderne era het ‘n sekere groep mense gedink vir ‘n massa mense. In die digitale era word ons aangemoedig om self te soek vir die antwoorde. Ons is ons eie ‘dink-baas’. Niemand moet meer vir ons dink nie. (Kyk na Clay Shirky, Here comes everybody: The power of organizing without organizations en Charles Leadbeater, We-Think: Mass innovation, not mass production) Ons het alreeds gekyk na die faktore van hierdie getogenaar tendens asook na die faktore wat betrokke is. Nou kan ons die volgende gevolge waarneem: Dit is nie meer so maklik om die waarheid te onderdruk of die feite toe te smeer nie. Voor die ontstaan van die digitale era, was dit baie makliker om die waarheid te onderdruk sodat dit nie publieke eiendom word nie. Dit behels dat sekere mense wat die
mag en moontlikheid gehad het, verhoed dat die waarheid gekommunikeer word. Dit kan behels dat iemand iets doen en hulle wil nie hê dat die publiek daarvan te wete moet kom nie. Vandag is dit ‘n moeiliker taak. Die digitale era maak die wêreld kleiner sodat die waarheid baie moeiliker onderdruk kan word. Dit is so weens die opkom van die digitale era waar almal hulle eie platform het om die waarheid te proklameer. Nog ‘n gevolg is dat die maatskappye, regerings, en ander entiteite deurlopend die woord by die daad moet voeg. Daar kan nie meer leë beloftes gemaak word nie. Die mense verwag eerlikheid en openheid. Indien dit nie die geval is nie, dan kan die getogenaars enige van die platforms gebruik om hulle betoging op die been te bring. Die getogenaars voel verplig om die waarheid te deel met die digitale wêreld, wat in hierdie era die hele wêreld is.
“Is there a global tipping point for frustration? Everywhere, it seems, people said they'd had enough. They dissented; they demanded; they did not despair, even when the answers came back in a cloud of tear gas or a hail of bullets. They literally embodied the idea that individual action can bring collective, colossal change.�
IMPLIKASIE VIR DIE KERK Seker die mees ooglopende implikasie vir geloofsgemeenskappe vandag is die ontstaan van ‘n aktivistiese, sosiale bewuste generasie wat beide die vermoë en verantwoordelikheid het om die wêreld te verander volgens hulle eie ingebore sin vir reg en regverdigheid. Hierdie jongmense is die totale teenoorgestelde van hulle ouers en voorouers wat vanuit gemeenskaplike respek en vertroue in posisie gebaseerde gesagsfigure, hulle blindelings nagevolg het. Die moderne protesteerders is nie rebels vir enige ander rede, as hulle verlange na ‘n beter, meer gesonde wêreld vir hulleself en hulle medemense nie. Hulle is tegelyk getuies, betogers en tegnologiese towenaars. Wanneer hulle hulle eie besef vir liefde kombineer met hulle ongekende toegang tot kommunikasie en media, dan luister die wêreld, en dinge verander teen ‘n spoed wat ons voorheen nog nooit gesien het nie. Don Tapscott beskryf dit so: “They prize freedom and freedom of choice. They want to customize things, make them their own. They’re natural collaborators, who enjoy a conversation, not a lecture. They’ll scrutinize you and your organization. They insist on integrity. They want to have fun, even at work and at school. Speed is normal. Innovation is part of life.” (Grown up Digital, 2009)
Die getogenaars van ons tyd het veral die volgende paar dinge in gemeen:
1. Hulle het die reg, vermoë en verantwoordelikheid om sosiale
verandering teweeg te bring. 2. Hulle tree oor die algemeen op ter wille van ‘n ander groep wat hulleself nie van deel is nie. 3. Hulle optrede is in baie gevalle ten koste van hulleself, op finansiële, sosiale of ander vlakke. 4. Die oorwegende motivering agter meeste van hulle protes optredes is ‘n liefde vir ander, omgee vir diegene met minder en ‘n alles oorheersende identifisering met die nood in die wêreld.
TOEPASSING VIR DIE KERK As seker een van die mees invloedrykste organisasies in plaaslike jongmense se lewens in Suid-Afrika, is dit belangrik om te verstaan dat selfs die Christelike kerk nie vrygestel is van enige protes aksies teen onregverdige optredes nie.
3. Om vir ‘n generasie van jongmense wat desperaat is vir die
Dit sal interessant wees om te dink, gegewe die internasionale en plaaslike tendense rondom protes en betoog, hoe ‘n geloofsgemeenskap sal lyk wat skouer aan skouer saam met die mense kan staan in die poging om ons wêreld meer en meer soos God se nuwe aarde te laat lyk.
Dit wil voorkom asof die wêreldwye beweging in die rigting van ‘n sterk identiteitsvormende, selfs nasionalistiese, groepsidentiteit op plaaslike kerkgenootskappe en indiwidue begin afgee. Indiwidue se sterk identifikasie met bepaalde “clan” of “tribe” waardes wat na hulle mening deur hulle plaaslike kerke of denominasies op morele of teologiese gebied versaak word, vorm die basis vir verskillende vorms van protes. Dikwels word protes selfs met Maarten Luther se spreekwoord (“hier staan ek; ek kan nie anders nie”) verbind en gerugsteun deur Bybeltekste en aansprake dat dit ‘n Goddelikgesanksioneerde protes is wat aan die getogenaars geen ander keuse meer laat nie.
In plaas van om ‘n geykte institusie te word met posisionele outoriteit in enkele mense se lewens, hoe kan die kerk in die breë beweeg na ‘n organiese gemeenskap met persoonlike invloed in ‘n hele nuwe generasie se lewens? Die wêreld is die kerk een voor wanneer dit kom by die omvorming van onreg in regverdigheid, en van verwerping in genade. Die grootste toepassing vir die kerk as getuie, betoger en tegnologiese towenaar, sal wees:
1. Om op ‘n daaglikse basis te assosieer met die nood van die wêreld, plaaslike en internasionaal; 2. Om die taal van die dag te bemeester, en absoluut geletterd te wees in die areas van tegnologie en media;
liefde en genade soos ons dit vind in die persoon van Jesus Christus, die verband uit te wys tussen vrede op aarde en die koninkryk van God.
Dalk is hierdie belangrike nuwe tekens van gevaarlike winde wat op die plaaslike kerklike terrein begin waai!
“They prize freedom and freedom of choice. They want to customize things, make them their own. They’re natural collaborators, who enjoy a conversation, not a lecture. They’ll scrutinize you and your organization. They insist on integrity. They want to have fun, even at work and at school. Speed is normal. Innovation is part of life.”
LEES MEER
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13. 14. 15. 16. 17.
“Authentic” Protesters to Occupy Occupy Wall Street | Dreadmonger Why ‘Slacktivists’ Are More Active Than You Think | Mashable “Viral” deur Leonard Sweet, 2012 Waterbrook Press | Amazon.com Wikileaks op Twitter | Twitter.com Twiet-twis ontlont | Rapport TIME’s person of the year 2012 | TIME Magazine Rhodes stage anti-rape silent protest | Times Live Definisie van “protest” | Dictionary.Referance.com 50 Most Innovative Companies - Occupy Movement | Fast Company Google, Pepsi and the new generation of philanthropists | FastCo Exist The history of “protest” | Geoffrey Nunberg Kony 2012 achieved its goal | Mashable Catalysts for change | Catalyze4change.org 9 Social media uprisings that sought to change the world in 2011 | Mashable Kony 2012 becomes the most viral video in history | Mashable George Clooney arrested | The Telegraph #twitpicyourCityPress | Twitter.com
Š Ekerk Vereniging 2012 Saamgestel deur Stephan Joubert, Pierre Engelbrecht & Mynhardt van Pletsen. Voorblad skets deur Guy Denning | www.guydenning.org
Vir meer inligting oor Ekerk Navorsing, besoek gerus www.ekerk.org. Om hierdie inhoud in seminaar vorm te laat aanbied, kontak gerus vir pierre@ekerk.org. Dankie dat jy gelees het!