3 minute read

Review: Isuzu mu-X Onyx

VIEW THE ACCELERATION & BRAKE TESTS HERE

Text: Franco Theron Images:Isuzu South Africa Isuzumu-X

Advertisement

Staan opsy Ford en Toyota; Isuzu is dalk net gereed om die kroon oor te neem…

Die Isuzu naam word hoog geag onder SuidAfrikaners en Namibiers. Isuzu het nog altyd betroubaarheid getoon, en hoewel die eerste generasie mu-X gans te laat (volgens vele menings) die mark ingetree het, om met die Toyota Fortuner en Ford Everest mee te ding, het angstige Isuzu eienaars en aanhangers steeds lojaal gebly. Vir die eerste generasie mu-X, wat reeds agter was, het die tyd vinnig aangestap. Na ons mening het die eerste generasie mu-X gou verouder en moes die vervaardiger spring en drastiese veranderinge maak om by te bly. Met eerste oogopslag het Isuzu beslis ’ n reuse stap geneem om die nuwe mu-X meer modern te laat lyk. Reeds voor die bekenstelling van die nuwe 7-sitplek SUV het ons navraag ontvang…

’ n goeie aanduiding dat Isuzu hul bemarking strategie reg benader het. Dit is binne waar hierdie nuwe voertuig die meeste moderniseer het. In sterk kontras met die vorige model, lyk die binneruim nou nie net modern nie, maar ook univorm. Beide die sitplekke, sowel as die instrumenpaneel is met leer bekleedsel gestik, sowel as met sagte plastiek, wat die mu-X veel meer luuks laat voel. Met 915mm beenspasie in die tweede ry, sowel as die feit dat ’ n volgroeide persoon gemaklik in die derde ry kan sit, is hierdie generasie ook veel meer gemaklik vir al die insittendes. Ongelukkig is daar geen syfers rakende die algehele kajuit spasie nie, maar ons reken dat met die derde ry se sitplekke platgeslaan, is dit een van die grootste kajuite in die klas. Bygevoeg is die voorste sitplekke elektronies verstelbaar asook verhitbaar. Daar is dubbele klimaat beheer, ’ n elektroniese kattebak deur, verdonkerde agterste vensters, ‘n 9-duim informasie skerm (met ’ n trurat kamera) met draadlose konneksie en Apple CarPlay / Android Auto, een USB voor en twee agter in die kajuit, sowel as ‘ n 12V punt. Die bestuurder word ook toegerus met ’ n digitale spoed- en revolusie meter, sowel as as ’ n band druk monitor. Verder het die mu-X ook ‘ n 5-ster NCAP toekenning vir veiligheid met 7 lugsakke, ABD (met EBD en BAS), stabiliteits beheer, bult stilstands en afdraend bystand, ISOix punte, blindekol monitering en voor / agter parkering beheer. Ons top Onyx model het ook gekom met verstelbare spoed beheer, outomatiese rem bystand, ongeluks verhoeding, en baan verwisselings bystand. Die mu-X teken dan ’ n regmerkie aan in terme van die binneruim en veiligheid, maar wat van die enjin? Het die fokus op die binneruim juis Isuzu se bekroonde betroubaarheid belemmer? Die nuwe mu-X modelle word elk aangedryf deur die beproefde 4JJ3 3.0 liter 4-silinder turbodiesel enjin. Hoewel hierdie enjin steeds oudtyds klink en voel, vermag dit steeds, wat dit veronderstel is om te doen. Met meer as vier miljoen kilometer reeds gedoen om die betroubaarheid van hierdie 4JJ3 enjin te toets, is Isuzu se fokus natuurlik regverdiglik gestel op betroubaarheid en nie noodwendig spoed nie. Met 140kW en 450Nm, sowel as ‘ n 6-spoed outomatiese ratkas, is die nuwe enjin nie noodwendig veel meer opgewonde as die uittredende enjin nie, maar is dit instaat daartoe om 3500kg (gerem) se gewig gemaklik te sleep. Hoewel ons ook meestal in die stad met die voetuig gery het en ’ n brandstof verbruik van 9.8 liter per 100km gekry het, glo ons vas dat die langpad ’ n veel laer iguur sal aandui, baie nader aan die 7.6l/100km, wat deur Isuzu gestel is. In geheel het Isuzu ’ n enorme tree vorentoe geneem met die mu-X se tweede generasie en is die vervaardiger op dieselfde vlak as die Toyota Fortuner, Ford Everest en (na ons mening die eintlike bekroonde koning van die lot) die Mitsubishi Pajero Sport. Nie meer voel dit vreemd om in die mu-X te klim en son-verblind te word deur ’ n aangeplakte raakskerm nie. Als in die nuwe mu-X voel perfek beplan en waar dit moet wees. Laastens is die prys van R860 500 (met ‘ n 5jaar / 120 000km waarborg en ‘n 5-jaar / 90 000km diensplan glad nie sleg vir hierdie luuksheid nie. Isuzu het sowaar hul sokkies opgetrek.

“ ...een van die grootste kajuite in die klas. ”

This article is from: