AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL
50
STROOM
EERSTE UITGAWE 2019
50 goue jare! LEEFWYSE
KULTUUR
bl. 3
SPORT
Foto: Mnr. Billy Brown
Zach Labuschagne, Eduard van Renssen en Risima Sambo lê weg aan die melkterte wat die Affie-ma’s op 27 Februarie vir die jaarlikse Melktertdag voorsien het. Elk van die 1 374 seuns het ‘n skyf (of twee) gekry.
Die Rooidasse het kort na die skool begin het by Achterbergh in Krugersdorp hul jaarlikse koorkamp gehou. Lang oefensessies, boeresport en die verwelkoming van nuwe koorlede het bygedra tot die sukses van die kamp. (Rynhard van Zijl)
Affies het vanjaar ‘n volle dertien waterpolospanne gehad – die meeste ooit. Die seisoen is aan die begin van Maart afgesluit met toernooie vir 14A by Jeppe Boys High, 15A by Parktown Boys’ High en die eerste span by St Stithians. (Zander van der Merwe)