![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/bd25c9da08e45e298ffce0aea1be4caf.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
1 minute read
Boodskap van die Hoofleiers
from HSW Jaarblad 2020
by Camouflage
Liewe Kloof
So kom my en die klas van 2020 se ongelooflike vyf jaar hier by Kloof ook tot ‘n einde.
Hoe neem ‘n mens nou regtig afskeid van iets wat so ‘n groot rol in jou lewe gespeel het?
Met ‘n groot glimlag, omdat jy weet dat ‘n wêreld vol geleenthede daarbuite vir jou wag, of met n swaar hart, omdat jy weet hoe baie jy agterlaat. Jou skool, jou mentors en die res van die Klofies.
2020 het dalk nie vir ons die beste hand gedeel nie , maar op die ou einde het dit neergekom op wat jy daarvan gemaak het.
Ek sal die herinneringe wat ek hier gemaak het , die verhoudings wat ek hier gebou het en die lesse wat ek hier geleer het vir ewig koester.
My hart sal vir altyd blou klop.
Gailyn Wessels - Hoofdogter 2020
Beste Kloof
Ek skryf hierdie boodskap met gemengde gevoelens. Ek is hartseer om die skool te verlaat, maar ek weet Hoërskool Waterkloof het my vir die lewe daarbuite voorberei.
Hoërskool Waterkloof bied ongelooflik baie geleenthede vir die leerders en my raad aan die Klofies is om elke geleentheid wat na jou kant toe kom, aan te gryp en dit voluit te geniet, want dit gaan alles so gou verby.
Kloof is ‘n spesiale plek en ander mense sal nie regtig verstaan totdat hulle self deel van so ‘n wonderlike skool is nie.
Dankie, Kloof, dat ek deel van die familie kon raak. Ek sal nooit vergeet van waar ek kom nie. Kloof, wees gegroet.