![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/4bc81cf748f761b44ac49132dc96d151.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
9 minute read
Spesiale toekennings
from HSW Jaarblad 2020
by Camouflage
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/a5756309330bf98ff9d382858cc73238.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
KLOFIE VAN DIE JAAR: ELANI SMIT DUX-LEERDER 2020: KARLA REINECKE MEELEWINGSTROFEE: ESTIAN VERMAAK
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/e12fe1654197ae988275a07e59dc7716.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
Die Klofie van die Jaar is ‘n toppresteerder op vele terreine. Nie net was sy dwarsdeur haar skoolloopbaan uiters lojaal aan haar skool nie, maar het sy die skool in verskeie aktiwiteite verteenwoordig. Die jaar 2020 was geen uitsondering nie.
As een van die akademiese Top 10-leerders spog sy met ‘n gemiddeld van 91.67% en dring sy ook hierdie jaar na die tweede rondte van die Wiskunde Olimpiade deur.
Op kulturele gebied eindig sy tweede in die interne Afrikaanse redenaarsaand en is `n lid van die Graad 12-Afrikaanse redenaarspan wat ook die afdelingwenners van die 2020 Van Huyssteensredenaarskompetisie was. As kreatiewe skrywer, dien sy vyf jaar op die redaksie van die Klofiekan. Haar passie vir die skool is op ‘n meer sosiale terrein ook te sien, met haar verkiesing as huissport- en skooldirigent hierdie jaar.
Sy is ‘n uitmuntende sportvrou en het as skaakspeler Suid-Afrika verskeie kere oorsee verteenwoordig. In 2020 lei sy as spankaptein Waterkloof se eerste dogterspan na ‘n oorwinning in die SA-skole kompetisie wat in Januarie plaasgevind het.
Sy is ‘n sterk leier en dien in 2020 op beide die Klofieraad en die VLR. Voorts is sy lid van die Junior Stadsraad van Pretoria en is hierdie jaar as voorsitter van die Vitae-komitee van die Junior Stadsraad aangewys. Dit word toegeken aan die leerder wat gedurende die afgelope jaar werk gelewer het wat van so ‘n hoë akademiese gehalte was dat die meeste van ons net met verwondering daarna kan verwys.
Die leerder het almal beïndruk met haar nougesette toewyding aan haar akademiese prestasie. Haar harde werk word vanaand bekroon met die top akademiese toekenning vir matriekleerders.
Sy is nommer een op die Top 10. Sy ontvang die trofee as toppresteerder in English FAL 93.4% en Fisiese Wetenskappe 98.5%. Sy het vier vakke bo 90%. Sy ontvang ‘n goue penning en haar gemiddeld is 94.45% Hierdie trofee gaan vanjaar aan ‘n leerder wat alle fasette van die skool se daaglikse handel en wandel op die hart gedra het. Die leerder was betrokke by ander leerders se aktiwiteite en het gereeld hulp aan personeel aangebied om hul las te verlig. Die wye spektrum aktiwiteite waaraan die leerder deelgeneem het, spreek van ‘n meelewende geaardheid en ‘n positiewe lewensingesteldheid. Hy blink uit as redenaar en behaal die derde plek by die interne Afrikaans redenaarsaand en die tweede plek by die English Orators’ evening. Die Afrikaanse redenaarspan waarvan hy lid is, word as graad 12-wenners van die Van Huyssteensredenaarskompetisie aangewys. Hy is op die Klofiekan redaksie. Hy ontvang die trofee as die Beste Afrikaanse Senior Redenaar.
Hy is betrokke by die reelings van die Liefdeskonsert en gee sy beste in alles wat hy doen. Hy is die onderhoofseun van Akademie en Kultuur. Daarbenewens ontvang die leerder ook ‘n goue penning vir Akademie en ‘n trofee vir die beste prestasie in Besigheidstudies..
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/3d9a8e392c8b558967b965570b0827e6.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
KULTUURDOGTER VAN DIE JAAR: EULÉNE BORNMAN KULTUURSEUN VAN DIE JAAR: DYLAN STEYL DIE BLOU HART-TOEKENNING: JUWAN JORDAAN
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/e7f0cf5dbf86cc86ced5b26bdea8cffe.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
Die kultuurdogter van 2020 is ‘n volwaardige wenner van die trofee. Sy het in 2020 as redenaar uitgestaan en was hierdie jaar die senior wenner van beide die Afrikaans interne redenaarsaand en die Internal English Orators’ evening.
By die onvoorbereide Van Huyssteensredenaarskompetisie is sy as die graad12-wenner van die English individual speaker-afdeling aangewys en stap haar Afrikaanse span ook met die louere in die spanafdeling weg.
Sy neem aan die ATKV-debatuitdunne deel en dring voor inperking saam met haar spanmaat na die semi-finale rondte deur.
As leier het sy in 2020 as ‘n uitstaande redakteur van die Klofiekan uitgeblink.
Sy word gekies om die hoofrol in die skool se toneel van 2020 te vertolk en sy lewer ‘n uitstekende monoloog in die SPOG-produksie wat hierdie jaar aanlyn beskikbaar is.
Sy is as ‘n lojale leerder betrokke by verskeie ander aktiwiteite: sy het by die Liefdeskonsert as deel van ‘n sangtrio opgetree en is ook as hoofdirigent van die skool aangewys. Die kultuurseun van 2020 is ‘n uiters talentvolle musikant wat in verskeie orkeste speel. Nie net is hy die basvioolspeler in die skool se konsertorkes nie, maar speel hy in die Gauteng Chamber Music Festival (kwintet en orkes), die Gauteng Music Initiative, die UP Symphony Orchestra, die Pretoria Symphony Orchestra, die Orchestra from Scratch en Simfonia Juventi.
Hy berei ook voor vir die graad 8 kontrabas Performance Grade-eksamen van die Royal Schools of London en lê ook later die Graad 6 teorie-eksamen af.
Hy is ook op ander kultuurterreine betrokke en neem hierdie jaar aan die Liefdeskonsert deel (klawerbord) en verteenwoordig die skool by die Van Huyssteensredenaarskompetisie as individuele spreker (English) en as spanredenaar (English). Hierdie toekenning word nie elke jaar gemaak nie, maar wel in uitsonderlike gevalle. Die leerder wat die blou hart toekenning ontvang, se hart klop blou – Klofie – blou!
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/6e20cd154970cb81ea62f641d92cf6cf.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
Wat opvallend van die seun is, is dat hy altyd positief bly ten spyte van al die ontwrigting wat die matrieks vanjaar moes deurmaak. Met gesprekke in die voogklas sou hy altyd ‘n positiewe en opbouende opmerking gemaak het ten spyte daarvan dat van die ander leerlinge soms moedeloos of gespanne was oor die situasie wat COVID-19 veroorsaak het. Hierdeur het hy onbewustelik sy maats bly motiveer.
Hierdie leerder het op talle terreine , selfs waar hy nie formeel betrokke was nie, ‘n bydrae gelewer. Boonop het hy dit gedoen sonder om erkenning te verwag en ook nie vir sy eie eer of gewin nie. Dit het nooit oor hom gegaan nie, maar altyd oor die skool.
Sy gedrag en optrede teenoor maats en personeel is altyd hoflik en hy behandel elkeen met respek. Hy is ‘n persoon van inbors. Hierdie is ‘n jong man wat werklik altyd daarin gestreef het om sy beste vir Klofies te gee.
Bowenal maak hy nie ‘n geheim van sy trots en liefde vir sy skool nie en spog hy onbeskaamd met dit wat Hoërskool Waterkloof vir sy leerders bied Hy het die skool altyd ondersteun en ‘n positiewe beeld van die skool uitgedra. Ons waardeer sy mooi, blou hart!
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/5fdfc21a6c17be9f7400f152bcc722d4.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
MEES BELOWENDE KULTUURDOGTER: ANOESCHKA POTGIETER MEES BELOWENDE KULTUURSEUN: ESTIAN VERMAAK
Die mees belowende kultuurdogter van 2020 blink uit op musiekgebied. Sy het nie slegs in skoolverband haar rol as onderhoofleier en konsertmeester van die skool se konsertorkes met onderskeiding vervul nie, maar sy is ook gekies om in orkeste op streeks- en provinsiale vlak op te tree.
Sy is lid van Simfonia Juventi, het in Januarie vanjaar saam met die Orchestra from Scratch opgetree en was as lid van die Johannesburg Youth Orchestra, by aanlyn produksies betrokke.
As deel van ‘n fluit duo, neem sy vanjaar deel aan ‘n Online Music Talent Showcase en behaal punte bo 90%. Sy lê die Gevorderde Westerse Kunsmusiek ensemble eksamen af en behaal 90%, ‘n uitmuntende prestasie. In 2020 berei sy ook voor vir haar lisensiaat eksamen. Die mees belowende kultuurseun het homself as leier op kultuurgebied onderskei. As hoofleier van kultuur was hy die organiseerder van die Liefdeskonsert en die kultuurweek asook die samesteller van die Klofie-digbundel. Hy dien voorts op die redaksie van die Klofiekan.
Hy blink uit as redenaar en behaal die derde plek by die interne Afrikaans redenaarsaand en die tweede plek by die English Orators’ evening. Die Afrikaanse redenaarspan waarvan hy lid is, word as graad 12-wenners van die Van Huyssteensredenaarskompetisie aangewys.
UITNEMENDE LEIERSKAP: GAILYN WESSELS EN XANDER MACGREGOR
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/e12fe1654197ae988275a07e59dc7716.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/714c7750b567723545167b7331dbd6ad.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
Hierdie jaar het baie uitdagings gehad met die Covid-19 pandemie, maar hierdie leerders het hulle nie van stryk laat bring nie. Hulle positiewe houding het gespreek van hulle lojaliteit en liefde vir hul medeleerders en skool. Hulle toewyding tydens hierdie moeilike jaar verdien vermelding en waardering. Wees verseker dat ons julle nog lank sal onthou as twee hoofleiers wat in alles wat julle hierdie jaar aangepak het, groot sukses behaal het en ons geleer het om ten spyte van moeilike omstandighede ‘n gees van optimisme te behou.
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/bf39ebc30aefe957015da685e49a718a.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
![](https://assets.isu.pub/document-structure/210526093253-8c6257c94d782393dd4df7089fe01530/v1/4b43f34c759dd01b78a9d303f10cfc30.jpeg?width=720&quality=85%2C50)
MEDIA AMBASSADEURS VAN DIE JAAR: BERLIE ROODT EN CARLI SWART
Op 11 Augustus 2020 verskyn `n aanhaling in die Rekord Oos - “Two Hoërskool Waterkloof expo innovators have pinned down yet another award next to their names”
Hierdie aanhaling verwys na niemand anders as ons eie Berlie Roodt en Carli Swart wat met die motivering van Juffrou Carin de Beer, hulle innoverende idee van ‘n pof-baadjie ontwikkel het.
Die produk fokus hoofsaaklik op kinders met autisme weens hul kwesbaarheid en omdat daar nie baie antwoorde en hulpmiddels is om hulle lewe te vergemaklik nie.
Die pof-baadjie is n opblaasbare baadjie wat diep-druk-terapie op ‘n persoon (spesifiek n kind) toepas indien hulle ‘n angsaanval sou kry. Wanneer die persoon ‘n aanval kry, sal die slimhorlosie ‘n boodskap aan die baadjie se klep stuur. Die klep maak dan automaties oop en met behulp van n diafragma pomp pas die baadjie die nodige én voorgeskrewe diepdruk-terapie toe.
Wanneer die terapie toegepas word, help dit die persoon om op `n natuurlike wyse te kalmeer om so die simptome van die aanval te beheer en te behandel. Met behulp van `n toepassing kan die persoon hulle aanvalle monitor. Die data is ook beskikbaar vir navorsing oor Autisme en Angs.
Tydens 2019 het dié twee dames reeds aan die Modiragatsi Kompetisie aan die Noordwes Universiteit, deelgeneem.
Na hul die kompetisie gewen het, het hul die skool in San Francisco(VSA) by die “Girls in Tech” konferensie verteenwoordig.
Die twee dames neem ook aan die Noord- Gauteng ekspo deel waar hulle ‘n goud behaal. Tydens die SAYESS ekspo behaal hulle `n silwer.
In 2020 skryf Carli en Berlie vir die Global Youth Science and Technology Bowl in. Die spoggeleentheid word deur MILSET in Hong Kong aangebied. Weereens vaar die twee uitstekend en behaal hul ‘n eerste prys in die Biologie- en Chemie-afdeling van die ekspo.
Die twee geniet heelwat mediadekking en die blootstelling vir die skool was (en is steeds) van onskatbare waarde. Van die dekking sluit in:
• Verskeie koerante naamlik, Metrobeeld en Rekord. • Aanlyn media sluit in Maroela media,
Netwerk 24, AWSUM news • Verskeie onderhoude met RSG, Radio
Tygerberg en GROOT FM • Hulle verskyn ook op televisie tydens die Groot ontbyt program asook eNUUS (kykNET) • MILSET het ook op al hulle
Internationale sosiale media platforms hulle prestasie geplaas.
Hoërskool Waterkloof is bevoorreg om met die twee jonge dames geassosieer te kan word!
Weereens hartlik geluk aan Carli en Berlie wat met hulle positiwiteit, entoesiasme en innoverende idee nie vir een oomblik teruggestaan het om Internasionaal te wys wat in hulle steek nie. Kloof is ongelooflik trots op julle prestasies en eer julle vir die bemarkingsblootstelling wat die skool hierdeur ontvang het.
Baie sterkte met al julle toekomsplanne, en mag julle nog groot hoogtes bereik.