10 minute read
Nongqai Vol 13 No 7
1989: POLISIE SE EIE LUGWAARDINNE IN PIENK UNIFORMS
Sarie van Niekerk
Advertisement
Die Suid-Afrikaanse Polisie se eie lugwaardinne op hul eerste Beachcraft Jet klink amper te
onmoontlik om te glo. As die einste lugwaardinne nogal in pienk uniforms by die Wonderboomlughawe opdaag, dan het almal seker twee keer gedink. Dit is egter presies wat in Februarie 1989gebeur het. Die destydse polisiegeneraals het besluit hulle wil ook in luuksheid vlieg.
Die idee van die lugwaardinne was volgens Zelda (Claasens, van Tonder) Jonker, wat een van die groepie was, die breinkind van wyle genl. Bert Wandrag, wat destyds die polisie se lugvleuel gestig en in beheer van die afdeling van die polisie se verskillende eenhede was. In die stigting van die lugvleuel is hy bygestaan deur ene kol. Wessels en die toe brig. Adriaan de la Rosa, wat saamgespan om die hierdie elite eenheid van die polisie te stig.
Zelda sê daar is ‘n kennisgewing landwyd by al wat ‘n polisiestasie of -kantoor was, versprei sodat dames kon aansoek doen. “Daar was meer as 500 aansoeke gewees wat toe eers verminder is na ‘n kleiner groep toe genooi is vir persoonlike onderhoude. Hierna is 20 kandidate genooi om psigometriese toetse af te lê waarna daar toe uiteindelik 10 van ons gekies is om ons opleiding by die Suid-Afrikaanse Lugdiens se opleidingsentrum te gaan doen. Ons opleiding het egter net een week geduur. Ons is maar net geleer hoe om jou balans in ‘n vliegtuig te hou terwyl jy stap, hoe om kos en drank aan passasiers te bedien, oor ons grimering en dan ook wat om te doen in ‘n noodgeval”.
Sewe van ons is toe gekies om die eerstes te wees wat sal vlieg. Die ander drie is as reserwes gehou. Toe moes daar besluit word op ‘n uniform. Die groepie dames is na groot klere ontwerperswinkel in Johannesburg geneem om hul ons uniforms uit te soek. Hulle kon enigiets kies, behalwe die kleure van die polisie se uniforms. Hulle het toe op die pienk pakkie besluit. Daarby het hulle ‘n grys serpie gedra, maar geen hoed of handskoene of handsakke nie verder net wit sykouse en wit hakskoentjies.”
Die eerste groepie van sewe lugwaardinne was: Anne-Marie Roets, Elbe Viljoen, Ursula Bell, ZeldaClaasen, Jackie de Nysschen en Corrie de Nysschen.
Die opdrag dat die uniforms nie in die polisiekleure moes wees nie, is volgens die dames met wie gesels is om veiligheidsredes gedoen. Die dames was ook terselfdertyd daar vir beskermingsdienste vir die generaal en niemand moes hulle kon identifiseer as lede van die polisie nie. Almal was ten volle opgeleide polisiebeamptes met etlike jare se polisielewe agter die rug. Hul
sertifikate en vlerkies is op ‘n geselligheid deur wyle genl. De Witt, toe polisiekommissaris, aan hulleoorhandig,
Die lugwaardinne het slegs ministers, adjunkministers en generaals, die enigste wat normaalweg met die vliegtuig gevlieg het, te bedien. Hulle het ook ‘n paar vlugte na Namibië onderneem. Die eerste vliegtuig met haar kosbare vrag mensies aan boord het op 21 Junie 1989 van die Wonderboom Lughawe af opgestyg.
“In die begin was ons ‘n snaakse gebeurtenis vir die vlieëniers gewees maar almal van hulle was baie gaaf teenoor ons gewees. My loopbaan as lugwaardin het nie baie lank aangehou nie. Ek het bedank na ‘n voorval in Walvisbaai waarvan ek regtig nie gehou het nie, en ek het net eenvoudig nie kans gesien om verder aan te gaan nie. Ek was die eerste een van die groep wat bedank het.”
Sy vertel dat genl. De Witt en sy vrou Mollie eendag met die Cessna Kaapstad toe gevlieg het en dat sy hul lugwaardin was. “Dit was maar ‘n bietjie rowwe vlug, ons het slegte weer gehad en kortkort in ‘n lugleegte ingevlieg wat die vliegtuig vreeslik laat sak het. Een van hierdie lugleegtes is getref net toe ek gereed was om kos aan die generaal te bedien. Juis op daardie oomblik tref die vliegtuig ‘n groot lugleegte. Daar toe sien jy toe net die bord in die lug optrek. Ek gryp die bord kos uit die lug uit en plak dit behoorlik op die generaal se skoot neer.”
Zelda vertel hoe een van die ander lugwaardinne, wat vals naels gedra het, se een nael eendag ineen van die generaals se drankie beland het nie. “Dit was omtrent vir jou ‘n ding gewees”.
Anne-Marie (du Plessis) Grubisic sê die lugvleuel het nog nie juis bestaan toe sy reeds onder genl. Wandrag gewerk het. Die lugvleuel is amptelik in 1983 gestig en daardie tyd het sy by vuurwapenlisensies gewerk. Toe die skrywe sien waarin daar gevra word dames wat belangstel om lugwaardinne in die polisie te word, het sy nie twee keer gedink nie. “Ek het dadelik aansoek gedoen. Die opleiding was wonderlik en die paar vlugte wat ek gedoen het, was soos ‘n droom, ek sal dit altyd onthou”
Sy vertel hulle moet gewoonlik een uur voor die vlug moes vertrek, reeds by die Wonderboom lughawe wees. Dit was hulle taak om die kos, wat deur ‘n privaat maatskappy voorberei is, in ontvang te neem en die vliegtuig te pak. Hulle moes ook die drank in die vliegtuig verpak en seker maak dat alles perfek is vir wanneer die passasiers opdaag.
Onder die mense saam met wie sy gevlieg het, was onder meer die destyds min. Adriaan Vlok, Weten Orde en ‘n groot aantal generaals. “Min Vlok was altyd so saggeaard en vriendelik met onsgewees.”
Anne-Marie se lugwaardin loopbaan is in 1990 kort geknip toe sy In ‘n baie ernstige ongelukbetrokke was.
Haar lugwaardin loopbaan het egter nie baie lank geduur nie. Sy was in 1990 ‘n baie erge motorongeluk gewees. Sy het baie lank in die Garden City hospitaal in Johannesburg in ‘n koma gelê met ernstige kop beserings. “Ek was meer as ‘n jaar nie by die werk nie. Toe ek uiteindelik weer kon begin werk, mag ek weens my kopbeserings nie vlieg nie. Ek het dus afgestaan en is toe as gyminstrukteur in die kollege aangestel. Min. Vlok het oor die lugwaardinne in pienk gesê: “Hulle was ‘n pragtige groepie dames wat geweet het wat hulle doen. Hul diens was uitstekend en jy kon hulle altyd deur ‘n ring trek, altyd met ‘n glimlag op die gesig”.
Cupido se pyltjie het ook sy weg gevind na die polisie se vliegtuig. In 1994 het daar ‘n nuwe vlieënier begin en net daar tref die pyltjie toe sy teiken. Die nou kol. Douw du Plessis en die toe Connie de Beer is deur Cupido se liefdespyltjie getref. Hulle is toe later getroud en is vandag nog gelukkig getroud.
Die pienk lugwaardinne het ongelukkig nie baie jare geduur nie, daar kon nie presies vasgestel wordwanneer hulle van die toneel af verdwyn het nie, maar hulle het. Vandag verskaf ‘n private instansie,volgens inligting lugwaardinne sonder uniforms aan die polisie wanneer nodig.
Die heel eerste groepe polisiedames saam met wyle genl. Hennie de Witt, destyds kommissaris vandie polisie.
KOMMENTAAR: SAP LUGWAARDINNE
Herman Bosman
Hi Brig. Hennie.Ja, was as gevolg van sanksies.Die firma naam wat gebruik was, was Trans Star Promotions.
Sodra ek die foto van die vleuels het en aanstuur sal u ook die sterretjie motief kan sien in die vleuels.
Die vleuels was SA Lugmag mess dress vleuels, waarvan die staatswapen vervang was met ligte blou enamel en as ek reg onthou drie sterretjies.
Sal alles mooi uiteensit sodra ek die foto ontvang het (hopelik kry ek foto vanaand).Ja kyk ons het daardie jare darem dinge heel goed omseil.Groete dan tot more.Goeie middag Brig. Hennie.
Ja, eerstens, Brig. Bill van der Merwe was per geleentheid ook bevelvoerder van die Lugvleuel, maar ek kan nie die presiese datums onthou nie.
Op die foto soos per e-pos aan my gestuur van die 7 SAP Lugwaardinne verskyn die dames as volg:- Staande vlnr - Zelda Claasens, Ursula Bell, Jackie de Nysschen, Corrie de Beer & Corne van Heerden.
Sittende vlnr - Anne-Mari Roets, Genl. H.G. de Witt & Elbie Viljoen.
Die bogenoemde dames het vanaf 14 tot 21 Junie 1989 hulle lugwaardin kursus te Jan Smutslughawe deurloop en was aangebied deur instrukteurs van die SA Lugdiens se Kajuitdienste.
Die kursus was eintlik n baie verkorte kursus in vergelyking met die wat lugwaardinne van SAL deurloop het.
Een van die redes was, dat SAL aspirant lugwaardinne ook in diepte opleiding op verskeie vliegtuig tipes deurloop het.
Weens sanksies teen Suid-Afrika, sowel as die sekerheidssituasie op daardie stadium, kon die SAP geensins die Beech Jet (ZS-MHN) beskikbaar stel vir die nodige opleiding tydens die kursus nie. Ons lugwaardinne moes maar noodgedwonge na die kursus hulself, in samewerking met die vlieëniers vergewis van die fynere details.
Soos reeds aan u vermeld, was die vliegtuie om sekerheidsredes en sanksies daardie tyd op die naam van n "maatskappy" Sagel & Read geregistreer, brandstof is weer onder n ander naam gehanteer.
Die vlieëniers en lugwaardinne het weer kwansuis onder die naam Trans Star Promotions gegaan.
Dit het meegebring dat die groep dames hulle lugwaardinuniforms uitgekies en saamgestel het - die netjiese pienk uitrusting.
Die vlieëniers, op hulle beurt het weer gebruik gemaak van gewone siviele vlieëniersdrag en vlieëniersepoulette, tesame met n spesiale bypassende das met Trans Star Promotion logo.
Vlieënier- en lugwaardinvlerkies was ‘n aanpassing van die destydse bestaande SA Lugmag “mess dress”-vlerkie, aangesien die "die" beskikbaar was en net die sentrale motief aangepas kon word, sonder om enige agterdog te wek.
Gedurende middel 1992 het toestande in die land dan ook so verander dat weggedoen kon word met al die frontmaatskappy name en kon vliegtuie weer openlik as SAP vliegtuie gebruik word.
Na die opleiding van die eerste groepie dames en soos tyd aangestap het, het van die dames bedank, ander is verplaas met bevordering en Anne-Mari Roets kon nie meer vlieg weens ernstige beserings wat sy in n ernstige motorongeluk opgedoen het in 1990 op die R21 snelweg.
Dus moes daar weer ‘n groepie dames opgelei word as lugwaardinne.Hierdie kursus was aangebied deur die firma Courtline Safety.Weereens moes die dames hulle eie uniform uitkies en saamstel.
Hierdie keer het die uniform bestaan uit ‘n veelkleurige bloesie met ‘n groenkleurige baadjie, donker kleurig dames langbroek met swart hakskoene.
Tydens die vlug met ZS-MHN (Beech Jet) het daar ‘n "cabin decompression" plaasgevind en moes sy haar passasiers en bemanning met noodsuurstof bystaan, totdat die vliegtuig tot op die nodige vlak kon daal, waar dit nie meer nodig was vir noodsuurstof nie.
Op 31 Julie 1996 het een van hierdie groepie, Sers. J.A. Pienaar, tydens ‘n vlug vanaf Walvisbaai na Wonderboom haar uitstekend van haar taak gekwyt.
Op hierdie stadium kon die dames die gewone SAP-halfvlerkie op hulle uniforms dra.
Dit het sy uiters kalm ‘n beheersd uitgevoer en het kort daarna ‘n aanprysingsertifikaat ontvang, gegee onder die hand van die Kommissaris tydens ‘n sertifikaat-oorhandigingsfunksie.
Aangeheg is ‘n foto van verskeie ontvangers van aanprysingssertifikate waartydens sy ook haar sertifikaat ontvang het.
Sy was dan ook een van die heel laaste lugwaardinne, nadat kort hierna met SAP lugwaardinne weggedoen is.
Groete.Herman
Goeie middag Brig Hennie.
Aangeheg vermelde foto met krediet aan Alan Taylor-versameling.Groete.Herman