5 minute read

POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY

POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY 1989: POLISIE SE EIE LUGWAARDINNE IN PIENK UNIFORMS

Sarie van Niekerk

Advertisement

Die Suid-Afrikaanse Polisie se eie lugwaardinne op hul eerste Beachcraft Jet klink amper te onmoontlik om te glo. As die einste lugwaardinne nogal in pienk uniforms by die Wonderboom lughawe opdaag, dan het almal seker twee keer gedink. Dit is egter presies wat in Februarie 1989 gebeur het. Die destydse polisiegeneraals het besluit hulle wil ook in luuksheid vlieg.

Die idee van die lugwaardinne was volgens Zelda (Claasens, van Tonder) Jonker, wat een van die groepie was, die breinkind van wyle genl. Bert Wandrag, wat destyds die polisie se lugvleuel gestig en in beheer van die afdeling van die polisie se verskillende eenhede was. In die stigting van die lugvleuel is hy bygestaan deur ene kol. Wessels en die toe brig. Adriaan de la Rosa, wat saamgespan om die hierdie elite eenheid van die polisie te stig.

Zelda sê daar is ‘n kennisgewing landwyd by al wat ‘n polisiestasie of -kantoor was, versprei sodat dames kon aansoek doen. “Daar was meer as 500 aansoeke gewees wat toe eers verminder is na ‘n kleiner groep toe genooi is vir persoonlike onderhoude. Hierna is 20 kandidate genooi om psigometriese toetse af te lê waarna daar toe uiteindelik 10 van ons gekies is om ons opleiding by die Suid-Afrikaanse Lugdiens se opleidingsentrum te gaan doen. Ons opleiding het egter net een week geduur. Ons is maar net geleer hoe om jou balans in ‘n vliegtuig te hou terwyl jy stap, hoe om kos en drank aan passasiers te bedien, oor ons grimering en dan ook wat om te doen in ‘n noodgeval”.

Sewe van ons is toe gekies om die eerstes te wees wat sal vlieg. Die ander drie is as reserwes gehou. Toe moes daar besluit word op ‘n uniform. Die groepie dames is na groot klere ontwerperswinkel in Johannesburg geneem om hul ons uniforms uit te soek. Hulle kon enigiets kies, behalwe die kleure van die polisie se uniforms. Hulle het toe op die pienk pakkie besluit. Daarby het hulle ‘n grys serpie gedra, maar geen hoed of handskoene of handsakke nie verder net wit sykouse en wit hakskoentjies.”

Die eerste groepie van sewe lugwaardinne was: Anne-Marie Roets, Elbe Viljoen, Ursula Bell, Zelda Claasen, Jackie de Nysschen en Corrie de Nysschen.

Die opdrag dat die uniforms nie in die polisiekleure moes wees nie, is volgens die dames met wie gesels is om veiligheidsredes gedoen. Die dames was ook terselfdertyd daar vir beskermingsdienste vir die generaal en niemand moes hulle kon identifiseer as lede van die polisie 31

nie. Almal was ten volle opgeleide polisiebeamptes met etlike jare se polisielewe agter die rug. Hul sertifikate en vlerkies is op ‘n geselligheid deur wyle genl. De Witt, toe polisiekommissaris, aan hulle oorhandig,

Die lugwaardinne het slegs ministers, adjunkministers en generaals, die enigste wat normaalweg met die vliegtuig gevlieg het, te bedien. Hulle het ook ‘n paar vlugte na Namibië onderneem. Die eerste vliegtuig met haar kosbare vrag mensies aan boord het op 21 Junie 1989 van die Wonderboom Lughawe af opgestyg.

“In die begin was ons ‘n snaakse gebeurtenis vir die vlieëniers gewees maar almal van hulle was baie gaaf teenoor ons gewees. My loopbaan as lugwaardin het nie baie lank aangehou nie. Ek het bedank na ‘n voorval in Walvisbaai waarvan ek regtig nie gehou het nie, en ek het net eenvoudig nie kans gesien om verder aan te gaan nie. Ek was die eerste een van die groep wat bedank het.”

Sy vertel dat genl. De Witt en sy vrou Mollie eendag met die Cessna Kaapstad toe gevlieg het en dat sy hul lugwaardin was. “Dit was maar ‘n bietjie rowwe vlug, ons het slegte weer gehad en kortkort in ‘n lugleegte ingevlieg wat die vliegtuig vreeslik laat sak het. Een van hierdie lugleegtes is getref net toe ek gereed was om kos aan die generaal te bedien. Juis op daardie oomblik tref die vliegtuig ‘n groot lugleegte. Daar toe sien jy toe net die bord in die lug optrek. Ek gryp die bord kos uit die lug uit en plak dit behoorlik op die generaal se skoot neer.”

Zelda vertel hoe een van die ander lugwaardinne, wat vals naels gedra het, se een nael eendag in een van die generaals se drankie beland het nie. “Dit was omtrent vir jou ‘n ding gewees”.

Anne-Marie (du Plessis) Grubisic sê die lugvleuel het nog nie juis bestaan toe sy reeds onder genl. Wandrag gewerk het. Die lugvleuel is amptelik in 1983 gestig en daardie tyd het sy by vuurwapenlisensies gewerk. Toe die skrywe sien waarin daar gevra word dames wat belangstel om lugwaardinne in die polisie te word, het sy nie twee keer gedink nie. “Ek het dadelik aansoek gedoen. Die opleiding was wonderlik en die paar vlugte wat ek gedoen het, was soos ‘n droom, ek sal dit altyd onthou”

Sy vertel hulle moet gewoonlik een uur voor die vlug moes vertrek, reeds by die Wonderboom lughawe wees. Dit was hulle taak om die kos, wat deur ‘n privaat maatskappy voorberei is, in ontvang te neem en die vliegtuig te pak. Hulle moes ook die drank in die vliegtuig verpak en seker maak dat alles perfek is vir wanneer die passasiers opdaag.

Onder die mense saam met wie sy gevlieg het, was onder meer die destyds min. Adriaan Vlok, Wet en Orde en ‘n groot aantal generaals. “Min Vlok was altyd so saggeaard en vriendelik met ons gewees.”

Anne-Marie se lugwaardin loopbaan is in 1990 kort geknip toe sy In ‘n baie ernstige ongeluk betrokke was.

Haar lugwaardin loopbaan het egter nie baie lank geduur nie. Sy was in 1990 ‘n baie erge motorongeluk gewees. Sy het baie lank in die Garden City hospitaal in Johannesburg in ‘n koma gelê met ernstige kop beserings. “Ek was meer as ‘n jaar nie by die werk nie. Toe ek uiteindelik weer kon begin werk, mag ek weens my kopbeserings nie vlieg nie. Ek het dus afgestaan en is toe as gyminstrukteur in die kollege aangestel. Min. Vlok het oor die lugwaardinne in pienk gesê: “Hulle was ‘n pragtige groepie dames wat geweet het wat hulle doen. Hul diens was uitstekend en jy kon hulle altyd deur ‘n ring trek, altyd met ‘n glimlag op die gesig”.

Cupido se pyltjie het ook sy weg gevind na die polisie se vliegtuig. In 1994 het daar ‘n nuwe vlieënier begin en net daar tref die pyltjie toe sy teiken. Die nou kol. Douw du Plessis en die toe Connie de Beer is deur Cupido se liefdespyltjie getref. Hulle is toe later getroud en is vandag nog gelukkig getroud.

Die pienk lugwaardinne het ongelukkig nie baie jare geduur nie, daar kon nie presies vasgestel word wanneer hulle van die toneel af verdwyn het nie, maar hulle het. Vandag verskaf ‘n private instansie, volgens inligting lugwaardinne sonder uniforms aan die polisie wanneer nodig.

Die heel eerste groepe polisiedames saam met wyle genl. Hennie de Witt, destyds kommissaris van die polisie.

This article is from: