Nongqai Vol 13 No 7A – Dames

Page 31

POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY 1989: POLISIE SE EIE LUGWAARDINNE IN PIENK UNIFORMS Sarie van Niekerk Die Suid-Afrikaanse Polisie se eie lugwaardinne op hul eerste Beachcraft Jet klink amper te onmoontlik om te glo. As die einste lugwaardinne nogal in pienk uniforms by die Wonderboom lughawe opdaag, dan het almal seker twee keer gedink. Dit is egter presies wat in Februarie 1989 gebeur het. Die destydse polisiegeneraals het besluit hulle wil ook in luuksheid vlieg. Die idee van die lugwaardinne was volgens Zelda (Claasens, van Tonder) Jonker, wat een van die groepie was, die breinkind van wyle genl. Bert Wandrag, wat destyds die polisie se lugvleuel gestig en in beheer van die afdeling van die polisie se verskillende eenhede was. In die stigting van die lugvleuel is hy bygestaan deur ene kol. Wessels en die toe brig. Adriaan de la Rosa, wat saamgespan om die hierdie elite eenheid van die polisie te stig. Zelda sê daar is ‘n kennisgewing landwyd by al wat ‘n polisiestasie of -kantoor was, versprei sodat dames kon aansoek doen. “Daar was meer as 500 aansoeke gewees wat toe eers verminder is na ‘n kleiner groep toe genooi is vir persoonlike onderhoude. Hierna is 20 kandidate genooi om psigometriese toetse af te lê waarna daar toe uiteindelik 10 van ons gekies is om ons opleiding by die Suid-Afrikaanse Lugdiens se opleidingsentrum te gaan doen. Ons opleiding het egter net een week geduur. Ons is maar net geleer hoe om jou balans in ‘n vliegtuig te hou terwyl jy stap, hoe om kos en drank aan passasiers te bedien, oor ons grimering en dan ook wat om te doen in ‘n noodgeval”. Sewe van ons is toe gekies om die eerstes te wees wat sal vlieg. Die ander drie is as reserwes gehou. Toe moes daar besluit word op ‘n uniform. Die groepie dames is na groot klere ontwerperswinkel in Johannesburg geneem om hul ons uniforms uit te soek. Hulle kon enigiets kies, behalwe die kleure van die polisie se uniforms. Hulle het toe op die pienk pakkie besluit. Daarby het hulle ‘n grys serpie gedra, maar geen hoed of handskoene of handsakke nie verder net wit sykouse en wit hakskoentjies.” Die eerste groepie van sewe lugwaardinne was: Anne-Marie Roets, Elbe Viljoen, Ursula Bell, Zelda Claasen, Jackie de Nysschen en Corrie de Nysschen. Die opdrag dat die uniforms nie in die polisiekleure moes wees nie, is volgens die dames met wie gesels

is

om

veiligheidsredes

gedoen.

Die

dames

was

ook

terselfdertyd

daar

vir

beskermingsdienste vir die generaal en niemand moes hulle kon identifiseer as lede van die polisie 31 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.