Nongqai Vol 13 No 7A – Dames

Page 1

1 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


PUBLISHER | UITGEWER

2 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Contents PUBLISHER | UITGEWER .............................................................................................................. 2 NONGQAI: OORSPRONG & OOGMERKE ..................................................................................... 5 NONGQAI: ROOTS & GOALS......................................................................................................... 6 E-BEDIENING: DINK REG, LEWE REG.......................................................................................... 7 Pastoor Koot Swanepoel .............................................................................................................. 7 VOORWOORD | FOREWORD ........................................................................................................ 8 VOORBLAD | FRONT COVER ...................................................................................................... 11 MY LOOPBAAN MEMIOR ............................................................................................................. 11 Foto’s van Heidi Gerber-Botha ................................................................................................... 14 HOOFBERIG: 50 GOUE JARE! VROUPOLISIE HERDENK 20 MAART ....................................... 20 Deur Sarie van Niekerk .............................................................................................................. 20 POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY ................................................................................ 31 DINGE WAT EK ALLES IN DIE POLISIE GELEER HET ............................................................... 35 Dalene Steenkamp ..................................................................................................................... 35 EK IS POLISIE TOE OM MYSELF TE VIND: ................................................................................ 36 WAT ‘N LOOPBAAN HET EK TOE NIE GEHAD NIE .................................................................... 36 Lettie Stander ............................................................................................................................. 36 Sarie van Niekerk and Police News Service............................................................................... 53 EK GOOI SEILE IN DIE WIND MET MOEILIKE MISDADIGER..................................................... 60 Dalene Steenkamp ..................................................................................................................... 60 KOMIESE STAALTJIE UIT MY LOOPBAAN ................................................................................. 67 Marlene Olivier ........................................................................................................................... 67 MY 22 JAAR OP KLEINMOND POLISIESTASIE .......................................................................... 68 Maria Elizabeth (Meyer) Human. (NR 0408069-6.) .................................................................... 68 MY LOOPBAAN BY DIE POLKOL HOSPITAAL ............................................................................ 75 Wilmarie van Aswegen ............................................................................................................... 75 FOTO’S BRING NOSTALGIE UIT MY LOOPPBAAN .................................................................... 94 Helena Nel Engelbrecht.............................................................................................................. 94 ENGELA PETRONELLA LABUSCHAGNE “CONTESSA” ............................................................. 98 Greg Deegan .............................................................................................................................. 98 THE LIFE AND TIMES OF ENGELA PETRONELLA LABUSCHAGNE “CONTESSA” ................ 100 Greg Deegan ............................................................................................................................ 100 WERKSTRES .............................................................................................................................. 102 Renatha Adriaanse (Verskaf deur Sharon Matthysen) ............................................................. 102 NONGQAI TRUST | IT 002701/2018(T)....................................................................................... 104 THANK YOU! | DANKIE! .............................................................................................................. 106 BOOKS | BOEKE ......................................................................................................................... 108 NAWOORD | AFTERWORD ........................................................................................................ 109 3 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Sarie van Niekerk: Vroueredakteur .......................................................................................... 109 SLOT | END ................................................................................................................................. 111

4 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


NONGQAI: OORSPRONG & OOGMERKE

5 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


NONGQAI: ROOTS & GOALS

6 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


E-BEDIENING: DINK REG, LEWE REG Pastoor Koot Swanepoel “.. Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.” - Spreuke 4:23 NLV 'n Wyse persoon het een maal gesê: “Jy is nie wat jy dink jy is nie, maar wat jy dink - dit is jy.” Blywende verandering begin altyd met nuwe denke. Hoe het jy 'n Christen geword? Deur jou sondes te bely en jou vertroue in Christus te plaas. Die Griekse woord vir bekering is metanoia, wat beteken om jou gedagtes te verander. Ons verander nie deur wilskrag nie, maar deur die transformerende krag van God se Woord, wanneer ons dit gebruik om ons gedagtes elke dag te vernuwe. Die Bybel leer ons duidelik dat die manier wat ons dink die manier wat ons voel bepaal, en die manier wat ons voel bepaal die manier wat ons optree. As jy dus jou aksies wil verander, moet jy na die bron terugkeer en die manier wat jy dink verander. Soms kan jy op 'n gegriefde manier optree. Hoekom? Omdat jy gegriefd voel. Weet jy hoekom jy gegriefd voel? Omdat jy gegriefde gedagtes dink. Dieselfde is waar van woede, bekommernis, wellus en ander destruktiewe gedagte patrone. Jesus het gesê: “en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak” (Johannes 8:32 NLV). Wanneer jy jou lewe op die waarheid baseer, met die regte soort gedagtes lewe - nie wanopvattings of valse oortuigings nie - en jou lewe daarop baseer om vanuit God se Woord te dink, sal jy vrygemaak word. Jy sal sien hoe jou ou gewoontes, gevoelens en optredes begin wegval. Wanneer jy slegs daarop fokus om slegte gedagtes te verwyder, skep jy 'n vakuum waarna slegte gedagtes kan terugkeer. Wanneer jy egter jou slegte gedagtes met goeie gedagtes - Skriftuurlike gedagtes - vervang, word jy deur God bemagtig om die lewe van seën wat Hy wil hê jy moet geniet, te leef.

7 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


VOORWOORD | FOREWORD

Sarie van Niekerk. Vroueredakteur The Best Things In life are those Things that Touch Our hearts And last A lifetime In our Memories. Nou hoekom begin ek nou hierdie voorwoord met hierdie woorde. Ek weet nie wie die skrywer daarvan is nie, maar ek het die ongelooflike mooi boodskappie vroeg vanoggend van ‘n vriendin af gekry. Dit het so ‘n warm gevoel by laat ontstaan, dat ek dadelik geweet het dit kan vir baie meer mense iets beteken. Daar is so baie boosheid, bedrog, moord, diefstal en ek weet nie wat se misdade nog alles in ons land vandag dat ons, as oud- en dienende polisievroue regtig met so ‘n boodskappie kan ons dag kan begin. Hierdie is nou die eerste uitgawe van ons Vroue Nongqai na ons gedenkvieringe op 20 Maart. Vir my persoonlik was daardie dag en alles wat daarmee saamgegaan het, so ongelooflik dat ek in enkele ure teruggevoer is na 1972 en toe weer terug tot in 2022. Julle sal merk die artikel binne wat gaan oor ons gedenkbyeenkoms is dan ook ons hoofberig. Dit was net so ‘n hoogtepunt in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Polisie dat ek net gevoel het ek kan nie anders as om nog, waarskynlik vir die laaste keer ‘n groot ophef daarvan te maak nie. Die meer as ‘n jaar wat Hennie Heymans en ek aan die projek gewerk het, was geweldig hard en teen ‘n ongelooflike vinnige tempo. Ek erken daar was dae dat ek net eenvoudig wou opgee, dan het Hennie maar weer moed in gepraat en dan het al die baie stories wat ek van julle almal ontvang het, my weer opgetel en moed gegee om weer aan te gaan. Ek wil dus vir julle almal sê baie dankie vir julle aandeel in nie net die gedenkboek nie, maar die sukses van die dag. Sonder julle sou die dag nie daar gewees het nie. Ek vertrou die herinneringe sal ook in julle voortleef soos wat dit elke 8 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


dag by my voortleef. Ek wil ook sommer hier vir genl. Johan van der Merwe baie dankie sê vir sy ondersteuning en hulp in die tyd toe dit maar bietjie wild gegaan het. Ek herinner julle sommer weer dat die gedenkblad slegs op bestelling gedruk word en dat julle dit kan bestel deur ‘n e-pos te stuur aan epos@groep7.co.za. Ons dametjie op die voorblad hierdie maand is Heide Gerber Botha. Sy het in 1994 besluit om in die voetspore van haar pa te begin stap toe sy, nes haar pa, amptelik ‘n polisievrou geword het. Sy het na opleiding haar loopbaan by Vanderbijlpark begin maar het sedertdien ook ondermeer lank by die destydse handelstak gewerk. Toe sy egter getroud is en haar man na die Oos-Kaap verplaas is, kon sy nie weer by die handelstak inval nie en sluit sy haar aan by die eenheid vir ernstige korrupsie ondersoeke, waar sy steeds werk. Ek vra sommer ook dat julle almal vir Glenn Elsden in julle gebede aan die Heilige Vader sal opdra. Hy is op die oomblik ernstig siek in die hospitaal. Die wat nie meer onthou wie hy is nie, Glenn is ons bemarkingsbestuurder. Die ou wat verantwoordelik is daarvoor om ons boek se verkope te hanteer en aan te moedig. Onthou net weer die opbrengs van die verkope van die gedenkalbum word alles aan die Nongqai Trust geskenk. Die trust is daar om lede wat aan ernstige PTSS lei in nood by te staan. Dames hier is die maand regtig ‘n paar baie interessante stories in die Nongqai. Hier kan julle die maand ook die Suid-Afrikaanse Polisie se eerste groepie lugwaardinne ontmoet. Ja, dit is reg die polisie het sy eie lugwaardinne gehad om die generaals en ander hooggeplaastes op die polisie se Lear Jet so bietjie gemaklik te maak. Enigiemand wat met nog sulke stories sit wat nie so algemeen bekend is nie, asseblief dames laat ons dit kry vir die Nongqai. Die winter is ysig koud hierdie jaar, so julle moet julle asseblief lekker warm hou en bly maar weg van plekke waar julle siektes kan optel. Al is baie van ons al oud, glo het elkeen van julle, soos ek, het nog baie dinge wat julle in die lewe wil doen. Ek weet ek gaan julle nog baie pla vir stories om ons Vroue-uitgawe van die Nongqai elke maand te laat verskyn. Ek dink ek het nou genoeg geklets vir eers. Lees regtig die hele blad deur, want daar is baie interessante dinge daar in. Stuur dit vir ander dames en vriende, wat nie op ons blad is nie, aan sodat almal kan sien hoe trots ons almal op die polisie was en steeds is. Ons weet almal dat die polisie deesdae baie verval het, dit is daar om te sien vir almal en ek dink die misdaadsyfers bewys

9 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


ook dat die kwaliteit van die huidige geslag polisiebeamptes nie op standaard is nie. Sterkte aan die wat nog daagliks die stryd met trots stry, ons salueer ons polisiedames. Sarie.

10 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


VOORBLAD | FRONT COVER

MY LOOPBAAN MEMIOR Heidi Gerber-Botha Dis die middag van 9 Januarie 1994. Vanderbijlpark. Ek en nog so paar ander klim op die Elwierda-bus met sy rooi sitplekke. Vars van die skoolbanke gaan ons inklaar op Oudtshoorn by die Suid-Afrikaanse polisiekollege vir basiese opleiding. As ons maar geweet het wat op ons wag! My pa was destyds in die polisie. Ek onthou nog hoe regop en breëbors hy met sy uniform gestap het met sy offisiers staf (swagger stick) onder sy arm vasgeknyp. Agting en respek! Ek wou van kleins af net een van drie beroepe volg: polisie, verpleegster of onderwyser. Toe kies ek polisie want eintlik ondervind ons al drie hierdie beroepe in die polisie. Jy kon jouself in 72 verskillende rigtings bekwaam en ek het gedink as een nie werk nie is daar nog 71 ander om uit te toets! Vandag weet ek die red tape beteken eintlik net jy is geplant waar jy is. Om terug te keer na ons indiensneming. Beide myself en my suster (ao. Carlia Vosloo tans te Beaufort-Wes Vispol), was deur ons pa, kol. Frans AZ Gerber, die destydse distrikskommissaris te Vereeniging, ingesweer. Hy was nog met siekteverlof na ‘n gewapende roof waar die rower hom in die kop, rugwerwel en heup geskiet het, maar hy het sy uniform aangetrek bo-oor die rugstut en was super trots en geëerd dat hy dit kon doen. Sus is Pretoria-kollege toe en ek na Oudtshoorn. Daai Elwierda-bus se bestuurder het so rof in hoofletters bestuur, dat die mees ongelowigste een al gebid het toe hy met ons deur Meiringspoort se draaie jaag. Die bus het ook sommer kort links by die kollege se hekke ingedraai waar ons mooi vertel is ons het nie kom vakansie hou nie. Met ons groot swaar tasse het jy die lang pad opgetrek na jou aangewese bungalow. Ons was vier kompanies, alfa en bravo was vier mans pelotonne elk en charlie en delta die vrouens, elk met drie pelotonne as ek reg is. Ek was pelotonleier van peloton 13. Die eerste semester inname van 1994 by Oudtshoorn polisiekollege was ook die eerste inname toe polisiestudente by die kollege opgelei is, voorheen was daar net opleiding aangebied vir die destydse specials. Kollege het sy goeie dae, bitter dae, skinderdae en harde dae gehad. Ek glo tot vandag peloton 13 was geseënd met die kwaaiste pelotonsersant want ons was meermale in die “koeikamp” vir oppies oor een of ander iets wat iemand verkeerd sou gedoen of gesê het. Sers. Bester het sy oogappels gehad, maar hy het hulle net so erg laat swaar kry met die teerpale dra en makeer-die-passe wat gevoel het dit nooit einde sou kry nie. Ek onthou die eendag wat ons saam met peloton 14 weer rondgejaag is met teerpale in die stofpad toe die donderstorm wat heeldag gebroei het uitsak en die grootste haelkorrels oor ons uitgegiet het en Wanda Kapp (pelotonleier van peloton 14) katswink geslaan het. Oudtshoorn was die warmste en koudste plek vir baie van die studente, met temperature diep in die 40 in die somer skadu en ver onder vriespunt in die winter. Kapt. Caryn de Klerk (nou lt.kol. Kritzinger, bevelvoerder van K9 op George) en ao. Philippa Nel (oorlede) was in beheer van ons dames. 11 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek onthou nog die dag toe kapt. De Klerk ons hele peloton hospitaal toe geneem het om vir Johanna Pofolo, wat toe pas geboorte geskenk het, te gaan besoek. Niemand het geweet sy is swanger nie en ons het toe eers besef dis omdat sy hoog swanger was en nie so vinnig kon op en af dat ons altyd ekstra oppies moes verduur het! Sy kon nie haar opleiding voltooi nie en ek wonder tot vandag wat van haar geword het. Daardie dag het ek besef die kwaaie kapt. De Klerk het eintlik ‘n sagte hart.

As deel van moraal-bou was daar besluit dat die studente van die twee basiese opleidingskolleges in die Wes-Kaap teen mekaar ‘n sportdag gaan hou. Bishop Lavis kollege se studente is met busse af vervoer na Oudtshoorn kollege en al wat ‘n sportsoort is was aangebied, met selfs ‘n Vonkelnooi (Annelize Janse Van Rensburg) en -prins (Johan Kapp). Daar was tot ‘n vroue rugbywedstryd. Bishop Lavis het nie ‘n kans gestaan met Sandy in die Oudtshoorn-span nie. Ek het Sandy jare later weer raakgeloop waar sy ‘n yster speurder by die plaaslike speurtak in George-area was. Wie onthou nog hul eerste kennismaking met traangas?! By Rooiwalle het die instrukteurs vir ons ‘n behoorlike taktiese baan gebou waar jy moes duikrol, leopard crawl, deur water, haelgeweer en aanvalsgeweer skiet en daarna deur traangas hardloop terwyl donderbuise om jou gegooi word. Ons het almal rondom die met sigarette gaan staan dat hul die rook in jou oë kon blaas. Dit sou glo die brand verminder In die laaste maand van ons opleiding is ons aangesê om die drie top stasies van jou keuse aan te dui. Diegene wie wou, kon ook aansoek doen om agter te bly en opleiding te ondergaan om instrukteurs te word. Onderhoude is gehou en ongeveer 15 van ons is gekeur en het die opleidingsbeampte vlak I-kursus te Pretoria ondergaan. Ek was van Julie 1994 tot 3 Februarie 1998 ‘n PTI wat fiksheid, tonfa en dril aangebied het. Een van die innames het ons net studente van Namibië gehad wat saam met hul instrukteurs gekom het. Die instrukteurs om self te leer hoe om klas te gee. Daar was Damaras en Rehoboth studente wat net wou koppe stamp met mekaar. Een uit-naweek was ek die lid aan diens. Ek word toe hek toe geroep waar daar ‘n groepie was wat nie die afsnytyd om terug te wees gemaak het nie. Na ‘n te lekker naweek buite die kollege se hekke, 12 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


het twee van die dames sommer aanmekaar gespring en geveg. In die proses om hul geveg op te breek te kry het ek ‘n elmboog teen my mond gekry. My my tand het dwarsdeur my lip gesteek. Nodeloos om te sê was die sien van bloed vir almal ‘n punt van nugtere bedaring. Ek het vandag nog die effenste witlyntjie op my lip. Ek was gekeur vir die Suid-Kaap B-netbalspan en het saam met wonderlike mense soos Nicolette Vorster Terblanche en kol. Riana Nel gespeel. Nicolette het die Wes-Kaap-span vir jare verteenwoordig en was ook gekies vir die nasionale span. In hierdie tyd was ek ook gekeur om deel van die Wes-Kaap se gyselaaronderhandelaar-span te word. Ek onthou een nag wat ons uitgeroep is na ‘n toneel waar die persoon op ons geskiet het. Die onderhandelinge het op ‘n stadium stil geraak omdat geen reaksie vanaf die skieter verkry kon word nie. Twee van die onlusteeenheid se manne waag dit toe om nader te leopard crawl en kom toe agter die skieter het hom besope gedrink en is vas aan die slaap! Jare later het ek ‘n bedrogsaak teen die einste skieter ondersoek. Daar het ‘n pos by die destydse handelstak oopgegaan wat dringend gevul moes word en na ‘n vreeslike senutergende onderhoud het ek onder kol. Johan (Moesie) Gerber (geen familie nie.) en kapt. Johan Hanekom begin werk. Vir maande moes ek die dikste dossiere deurlees en dan verslag gee oor die ondersoekbeamptes se ondersoektegnieke. Ek het grootgeword in die handelstak en in my 21-jaar by die tak baie geleer en van ondersersant tot kaptein gevorder. Ek is net spyt dat ek nooit ‘n adjudantoffisier kon wees nie siende dat die rangstrukture in daardie tyd oor is na inspekteurs en direkteure voor dit weer terug na die ou rangstelsel verander is. In my tyd by die handelstak het ons oorgeskakel na die DPMO (DPCI/Hawks) en moes ons kantore oor die berg skuif na George. Een van my bitterste sake wat ek moes ondersoek was ‘n piramideskema in 1999/2000 waar ek die hartseer en swaarkry van mense wat al hul geld en hul hoop op lewe verloor het deur een man se toedoen. Net voor ek hom kon arresteer het ek tyding gekry dat hy selfmoord gepleeg het. Aan die ander kant is dit weer die lekkerste gevoel as die landdros jou verdagte skuldig bevind. Ek het ‘n saak ondersoek teen ‘n voormalige assistentsuperintendent by ‘n munisipaliteit waar die beskuldigde aangekla en skuldig bevind is op twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog van bykans R2 miljoen. Hy het die skuld op sy skoonsuster gepak en ontken dat hy enigsins betrokke was. Hy was egter slegs vier jaar tronkstraf opgelê. Ek sê altyd dat die polisie my my eie land laat verken, het met kursusse of ondersoekwerk, grondpad, teerpad of lug langs. So was ek bevoorreg om vir drie dae na Luderitz in Namibië toe te kon gaan vir ondersoekwerk. Kol. Mostert vanaf Kaapstad se handelstak is opdrag gegee om my te escourt. Ons kon net vir dae binne Namibië se grense wees en moes dus ons roete fyn beplan om dit te maak werk met die verklarings wat ons ook nog moes afneem. Ek was vanaf 2000 die Banking Group Commander by ons kantoor en het gedeel met al die sake van bankbedrog. Kwartaalliks was daar landwyd ‘n Joint Operational Forum (JOF) waar al die Banking Group Commanders onderleiding van kol. Janneman Van Wyk. saamgetrek het met verteenwoordigers vanaf al die banke, SABRIC, selfoonmaatskappye en andere waar saamgewerk is om bankmisdade te minimaliseer. In 2010 is die JOF gestaak en is ons aangesê om te probeer om mini JOF’s in ons areas op die been te bring. Ek het in Augustus 2010 die Southern Cape Crime Forum gestig en het dit gegroei van die plaaslike bankverteenwoordigers, na waar ons kwartaalliks verteenwoordigers van Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth van die groot banke asook die NPA en SABRIC gehad het. Netwerk mense, as jy ‘n ondersoekbeampte is kan jy nie sonder jou hulpstrukture sukses behaal nie. In 2019 trou ek en moes my man volg na die Oos-Kaap. Ek kon nie ‘n oorplasing kry na die handelsmisdaadeenheid nie, maar is wel geplaas binne die DPCI-familie by die ernstige korrupsie ondersoeke afdeling, waar ek steeds gestasioneer is. 13 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Foto’s van Heidi Gerber-Botha

14 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


15 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


16 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


17 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


18 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


19 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


HOOFBERIG: 50 GOUE JARE! VROUPOLISIE HERDENK 20 MAART Deur Sarie van Niekerk Die dag waarna daar vir meer as 50 jaar, en veral die laaste jaar, met groot verwagting uitgesien is, het eindelik op 20 Maart 2022 aangebreek! Die Sondagoggend het met ‘n helder blou hemel, ‘n wolklose dag maar ‘n geniepsige windjie aangebreek. Die dag waarop ‘n baie klein groepie van die 1972-inname, wat die eerste groep vroue is wat ooit tot volwaardige polisiebeamptes opgelei is, saam met oud lede van die jare daarna asook dienende lede, familie en vriende, saamgetrek het. Op dié dag het hierdie groepie mense by die polisiemonument in Pretoria by die Uniegebou. saamgekom om daardie geskiedkundige dag in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Polisie te gedenk. Wat ‘n dag! Behalwe die sewe lede van die 1972 groep wat teenwoordig was, was ons ook geseënd om genl. Johan van der Merwe, die laaste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiemag, wat ‘n lang pad saam met die vroue in die polisie geloop het, in ons midde te hê. Ons het ook die voorreg gehad om in ons midde te hê tannie Zelda Bothma. Sy is die weduwee van wyle brig. Paul Bothma, wat destyds as ‘n kaptein, die vrouepolisie se eerste kompaniebevelvoerder was. Dié 86-jarige Zelda het spesiaal al die pad van Oudshoorn af gekom om die verrigtinge by te woon, want het sy gesê “hierdie dag wil ek vir niks mis nie. Daardie eerste groepie vroue voel vir my vandag nog soos my eie kinders. As ek dink hoe bevrees, nee meer beangs, was Paul gewees toe hy die aand hoor hy is die kompaniebevelvoerder, en ek dink nou terug aan hoe lief hy vir julle groepie geword het, kan ek nie glo hoe bevrees ons aan die begin gevoel het nie. Ja selfs ek het maar party dae ook die groen baadjie aangehad want ek het nie geweet hoe die vroue gaan lyk nie. Wat ‘n pragtige groepie het toe nie daar opgedaag nie! Regs mevr. Zelda Bothma Ons was in 1971 een aand by ‘n vroue funksie in die Gous gebou toe die destydse genl. Van Vuuren na ons gekom en aan Paul gesê het ‘ou Paul, ons het in die week besluit jy gaan behulpsaam wees met die dames volgende jaar – en my seun, ek sê, vir jou as dit nie suksesvol is nie, is Lusikisiki jou voorland’.” Ida van Zweel, een van die eerste vroulike woordvoerders, was die seremoniemeester van die dag. Baie dankie Ida.

20 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Hier is hoe Ida die dag ervaar het: Wat vir ander mense net nog ‘n gewone Sondag sou wees, was vir ‘n groep van ons ‘n dag waarop ons die 50jarige bestaan van die vrou in die Suid- Afrikaanse Polisie herdenk het. Met hartlike drukkies en blye weersiens het die sonnige oggend by die Uniegebou in Pretoria vorm begin aanneem. Van die 1972-groep wat opleiding ontvang het, was daar teenwoordig sowel as dienende lede. Sommige van ons het mekaar die laaste keer gesien toe ons ons opleiding voltooi en uitgeplaas is. Dr. Casper Kruger, afgetrede polisiekapelaan het die verrigtinge geopen met Ida van Zweel gebed. Na ‘n kort Skriflesing en pragtige gebed moes hy en sy vrou, dr. Elma Kruger ons ongelukkig verlaat om middagete saam met hul kinders in Dullstroom te gaan geniet. Hierna was dit Mariaan Linde se beurt om die verwelkomings te doen. Haar vrees ten spyt, het sy haar uitstekend van haar taak gekwyt. Baie dankie Mariaan vir jou bydra Sy het later die dag so beskryf: Verlede jaar toe die reünie bekend geraak het, het ek gesê ek gaan dit bywoon. Intussen is ons huis in Pretoria verkoop en ons het Danabaai toe getrek. Dit was nog steeds vir my ‘n prioriteit om dit by te woon, maar gelukkig is daar mos vliegtuie wat die lewe makliker maak.

Dr. Casper Krüger

Ek het regtig geëerd gevoel dat jy my gevra het om die verwelkoming te doen, alhoewel dit nie altyd maklik is om amptelik voor ‘n klomp mense te praat Mariaan van der Linde nie. Soos ek gesê het, dis makliker om voor ‘n klomp mense te staan en bevele te skree as om te gesels. Dit was aangeneem om jou weer in persoon te ontmoet en ook om van ons eerste groep dames te ontmoet. Dit was weereens net hoendervleis mooi om die geleentheid te kon bywoon. Laat mens verlang na al die pragtige parades in die polisie waaraan ons gewoond was. Jammer ek het nie vooraf geweet dat tannie Zelda Bothma met ons was nie, sou haar graag persoonlik wou verwelkom het. Dit is werklik jammer brig. Elize Visser kon dit nie bywoon nie, want ek het ‘n paar jaar sy-aan-sy saam met hierdie ystervroutjie gewerk. Dit sou darem wonderlik kon wees as mens dit meer gereeld kon doen om so saam te kom. Weereens moet ons ons dank uitspreek teenoor Sarie en haar span wat hierdie dag moontlik gemaak het Op nuut is daar toe nog ‘n stukkie geskiedenis by die merkwaardige geskiedenis van die Vrouepolisie gevoeg, toe twee vroulike predikante die diens waargeneem het. Die twee dames was kol. (ds.) Elmien Oosthuizen, een van die eerste vroulike kapelane in die Suid-Afrikaanse Polisie. Saam met haar het die prediker Frieda (Müller) McBride die erediens waargeneem. Frieda was lid van die 1972-groep dames, maar het na ‘n paar jaar die polisie verlaat en ‘n prediker geword. Vandag het sy haar eie kerk in die Kaap.

21 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Die skriflesing uit 1 Johannes 4 :14-21 is waargeneem deur kol. Oosthuizen. “En ons het gesien en is getuie daarvan dat die Vader die Seun as Redder van die wêreld gestuur het. Wie bely dat Jesus die seun van God is – God bly in hom bly in hom en hy in God. En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom. Hierin het die liefde sy doel volkome met ons bereik: ons het niks te vrees vir die oordeelsdag nie, want in hierdie wêreld lewe ons reeds deur die liefde net soos Jesus. Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie. Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, dan is hy ‘n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie kan onmoontlik vir God lief hê, wat hy nie kan sien. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.” Lt.kol. (ds.) Elmien Oosthuizen

Sy beskryf haar ervaring as volg:

“Ek het die dag geweldig baie geniet, dit het ‘n groot indruk op my gehad. Dit het vir my ‘n blik gegee op wat die polisie was maar dit nou beslis nie meer is nie. Dan natuurlik al julle groot figure, ja dit is hoe ek julle voorlopers gesien het, wat so ‘n vreeslike rol gespeel het. Ek weet nie of ek dit net gemis het nie, maar ek was nie daardie tyd in die polisie nie, maar julle leiding wat nie vir die buitewêreld oop was nie, het ek nou persoonlik ervaar. Mens het gehoor van dames wat hoogtes bereik het, hoewel in my oog het julle almal hoogtes bereik. Ek het hier besef hoe julle eerste vroue ver vooruit was in die geskiedenis van die polisie en iets wat ek kan onthou, ek het grootgeword met die wete dat Suid-Afrika op die hoogste vlakke van die wêreld meeding, met ander woorde om die beste te wees. Julle was van wêreld standaarde en eerste op die wêreldlys. Baie van die dinge wat vandag so totaal verval, was daardie tyd op wêreld topgehalte, die kwaliteit wat julle gelewer het was uitstaande.” Elke spreker wat op by geleentheid gepraat het, het vir my iets geleer, dit was ook ‘n stuk geskiedenis wat ek so hoop nooit verlore sal raak nie. Want alles waarin ons vandag leef het nie meer standaarde nie. Daar was vir my pragtige stukkie hoop vir die toekoms gewees in die vorm van daardie jong adjudantoffisier wat die beuel met soveel trots en so pragtig geblaas het. Dit is net jammer dat die standaarde wat julle self opgebou het, net eenvoudig nie meer vandag bestaan nie. Die dag was vir my ‘n stuk geskiedenis gewees. Ek dink dit wa iets groots om so te kon terug kyk. Dit was so wonderlik dat van die eerste groep se dames ook teenwoordig kon wees. My ousus Rina Pistorius (74), wat saam met my daar was en wat lank gelede in Nelspruit die persoonlike assistent van wyle gen. Greyling van die weermag was en ook op die toneel was waar pres. Samora Machel se vliegtuig neergestort het, het gesê sy is so ontsettend bly dat sy dit kon beleef. Dit is ‘n dag wat sy altyd sal onthou.

22 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Vir Frieda was dit die beste ervaring van polisie-kontak sedert sy die dag ingesweer is, Sy vertel: “20th March 2022 was a memorable day! It was the day on which we celebrated the 50th anniversary of women in the South African Police Service! The celebration ceremony took place beside the South African Police Memorial Monument in the beautiful gardens of the Union Buildings in Pretoria. Seeing so many former Policewomen, not only of the first intake of 1972, of which I was privileged to be one, but also of many of those who followed in the footsteps of the first 96 girls, was quite an emotional moment. So many memories came flooding back; Prediker Frieda (Muller) McBride memories of that first day in the Police College when we didn’t quite know what to expect; memories of the College staff and male students virtually gaping at the strange sight of so many girls invading their hitherto male domain; memories of making new friends; memories of learning to march in step and memories of endlessly scrubbing and polishing deep into the night before a room inspection on Friday morning! The celebration programme had its own nostalgic albeit very informative moments as we listened to the various speakers. Some recounted their experiences in the force, from being rookie constables to retiring officers. Others shared some of the amazing and innovative progress they were involved in during their years in the Service. All in all, it was heart-warming to say the least to hear about the many contributions and developments that women have brought to the Service over the last 50 years. Col. Elmien Oosthuizen, a chaplain in the Service and myself were accorded the honour of taking part in the celebration ceremony by bringing the Word of the Lord to those present. The message centred on 1 John 4:15-21 and in particular the love Father God has for everyone. I trust that the words Hole Spirit poke through me was planted a seed of love in the hearts of everyone that was present and that in due season the Lord will bring a harvest of His love into our beloved country. WE PROTECT AND WE SERVE - the principle on which the South African Police Service was founded. In my estimation that is not only a good and worthy principle for the Service, but it is a life principle, worth living. In serving and protecting our communities and country, we are fulfilling the highest calling of God on man, for Jesus said the ‘Son of man came not to be waited on, but to serve’ and ‘whoever wants to be great among you must be your servant’. So, in closing may I take the liberty of encouraging you to serve and protect with diligence, integrity and honour, for you are not only serving your fellow countrymen and countrywomen, you are serving God. SERVAMUS ET SERVIMUS

23 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Na afhandeling van die predikante se gepaste en treffende boodskappe, het genl. Johan van der Merwe, wie die pad van 1972 af saam met ons gestap het, die rol van die vrou in die Suid-Afrikaans Polisie bespreek. Anneke Pienaar het in haar toespraak die rol van die vrou uitgelig veral met betrekking tot geweld teenoor vroue en kinders. Hennie Heymans se toespraak het getoon dat die tyd reg was vir die vrou om haar plek in die Suid-Afrikaanse Polisie in te neem.

Genl. Johan van der Merwe

Genl. Johan van der Merwe, wat die pad van 1972 af saam met ons gestap het, was volgende aan die beurt. Hy het die rol van die vrou in die Suid-Afrikaans Polisie bespreek, Soos altyd die opregte polisieman. Ten spyte van die gryser hare en die effense hang skouers was dit maar nog steeds die flink penregop, generaal wat na die podium gestap het om sy deeltjie by te dra. Hy was die laaste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiemag en het ‘n baie lang pad saam die vroue geloop het, Hy het die koms en die rol van die vroue in die polisie uiteengesit.

Soos almal die generaal ken, het hy in ‘n kort maar kragtige boodskap die koms van die vrouepolisie uiteengesit. Hy het gesê: “Sedert die Suid-Afrikaanse Polisiemag se totstandkoming in 1913 het die polisie die onbenydenswaardige taak gehad om wet en orde te handhaaf in ‘n land wat waarskynlik een van die mees gewelddadigste, indien nie die gewelddadigste, land in die wêreld is nie. Die polisiemag moes rekening hou met uiteenlopende en dikwels botsende kulture, tradisies en regsbenaderings wat gewissel het van die Romeins Hollandse reg tot gebruike wat in stamhowe gegeld het waar hoofmanne die reg toegepas het. Daar het gevolglik in baie kringe twyfel bestaan of dit wenslik was om vrouens aan so ‘n situasie bloot te stel. Gedurende l972 is daar besluit om vroue as volwaardige lede van die polisiemag aan te stel. Ná die totstandkoming van die vrouepolisie het die benadering van die polisiemag oor polisiëring ook ‘n verandering ondergaan. Waar die polisiemag voorheen tydens opleiding en in die verdere kursusse wat aangebied is, die klem op lengte, gewig en fisiese weerbaarheid laat val het, het die polisiemag ook eienskappe wat op karaktervorming, etiese beginsels, interpersoonlike verhoudinge en geskilbeslegting betrekking, begin ontwikkel. Eienskappe waaroor vrouens in die algemeen beskik het. Die generaal het ook later laat weet wat die byeenkoms en die dag vir hom beteken het: “Wat het die verrigtinge vandag by die Uniegebou, waar ons die 50 jarige bestaan van die vrouepolisie herdenk het, vir ons beteken? Dit laat die kollig val op die ontwikkeling van die vrouepolisie as integrale deel van die Polisie wat ‘n ewematige bydrae lewer om wet en orde te handhaaf. Indien in gedagte gehou word dat die geskiedenis die bewaarder van die herinnering van grote dade en getuie van die verlede en die voorbeeld en leermeester van die hede is, is dit sonder twyfel ‘n geskiedkundige gebeurtenis wat in die annale van ons land se geskiedenis aangeteken staan”. Hennie Heymans (afgetrede brigadier) het in sy kort maar kragtige praatjie gesê: “Eerstens is dit vir my wonderlik dat ek, genl. Van der Merwe en Sarie van Niekerk vandag by hierdie geleentheid weer saam kan wees. Bykans 10 jaar gelede toe die Suid-Afrikaanse Polisiemag 100 jaar oud geword het, het ons drie ook saam ‘n soortgelyke projek aangepak wat ook hier plaasgevind het en ons het ook oor die eerste

Brig. Hennie Heymans

24 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


‘n gedenkblad oor die eerste 100 jaar van die polisie saamgestel en uitgegee. Die vroue het onmiddellik ’n merkbare verandering gemaak. Voor hul koms het enige polisie vergaderings of teetyd rondom die teetafel maar soms bietjie rof geraak. Daar is soms lelike vloekwoorde gebruik en vuil grappies vertel, maar die oomblik toe die eerste dames in die vergaderings verskyn het, het die polisiemanne se taal houding aansienlik verander. Skielik was die kantore netjieser, daar het plante in sommige kantore verskyn. Die vroue het ‘n groot sukses behaal met die afneem van sommige verklarings, veral in die geval van seksueel gemolesteerde vroue. Vrou teenoor vrou in ‘n kantoor het baie beter verloop as ‘n vroulike slagoffer wat in ‘n groot aanklagtekantoor vir ‘n man, ten aanhore van almal om haar te vertel van wat met haar gebeur het. Ek het baie lekker saam met die vroue gewerk met wie my pad gekruis het in die tyd voor ek afgetree het. Ek het vandag nog groot agting vir die vrouepolisielede. Jammer netheid en voorkoms is nie meer wat dit was nie.” Dit was duidelik uit die toesprake wat gelewer is, dat die vrou ‘n vername rol in die Suid-Afrikaanse Polisie ingeneem het in ‘n manswêreld nie alleen met betrekking tot die hantering van vroue in sensitiewe gevalle nie, maar ook in die algemeen

Anneke Pienaar

Anneke Pienaar het volgende haar plek by die podium ingeneem. Anneke het ‘n baie groot rol gespeel in die totstandkoming van die destydse kinderbeskermingseenheid, wat daarop toegespits was om seksuele misdade en ander misdade teen vroue en kinders te ondersoek. Die eenheid is een van die min gespesialiseerde eenhede van ondersoek wat na 1949, met die samesmelting van al die polisiemagte in die land asook die van die destydse buurstate, herdoop na die eenheid vir gesinsgeweld.

‘n Huldeblyk aan wyle brig. Duveen Botha, wat die eerste bevelvoerder was, is gelewer deur die uwe (Sarie van Niekerk). “Die polisie kon destyds nie ‘n beter persoon gekies het vir die pos nie. Was dit nie vir die leiding wat sy vir ons eerste groep gegee het nie, weet ek nie of ons vandag hierdie dag sou kon vier nie. Daar was baie dae wat ons almal moedeloos was en wou opgee, maar die brigadier het ons maar altyd weer aangemoedig en het ons met meer moed verder gegaan.” Sy het eendag gesê “My trotsste dag in my loopbaan as polisiebeampte, was die dag met die massiewe uitpaseringsparade op Loftus Versveld in Desember 1972. Daai oomblik toe julle dames in jul pragtige uniforms om die baan marsjeer het, het vir my gevoel al die knope aan my uniform gaan een-vir-een afspring van trots. Julle het so pragtig gelyk en die mense het julle staande toegejuig,” Sarie van Niekerk

25 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Wyle brig. Duveen Botha

Die voormalige geskiedenisonderwyser en adjunkhoof van die destydse Helpmekaar Hoër meisieskool het haar met alles wat sy kon in die polisie ingegooi. Sy het dan ook die eerste dag toe ons in die kollege gekom het en ons almal in die ou sink kerkie-gebou (wat sedertdien afgebreek en met ‘n moderne kerk vervang is) bymekaar gekom het, in haar verwelkoming vir ons gesê: “Onthou as julle nie sukses behaal nie, dan is dit die einde van vroue in die polisie vir seker ‘n baie lang tyd. As julle hier in die kollege faal, dan faal julle die land.” Wat ‘n ongelowige gewig wat op ons skouers geplaas is. In haar laaste onderhoud met my toe ek as joernalis ‘n onderhoud met haar gevoer het net voor haar aftrede, het sy gesê “dit was baie moeilik vir my om na 30 jaar in die onderwys die deur van my kantoor by die skool agter my toe te trek, maar nie so moeilik as wat dit gaan wees om my kantoordeur in Wachthuis die laaste keer na 14 jaar in die polisie toe te trek nie.”

Die eerste dag toe ons in die kollege aangekom het, het ons almal in die ou sinkkerkie gebou (wat later afgebreek en deur ‘n modern kerk vervang is) is ons deur Duveen welkom geheet. Daardie dag het sy vir ons gesê: Julle is die baanbrekers vandag, die wat die eerste tree in hierdie mansoorheersde wêreld aanpak. Die toekoms van vroue in die Suid-Afrikaanse Polisie gaan van julle afhang. Onthou as julle die volgende ses maande faal, dan faal julle nie net julle self nie, julle faal nie net die polisie nie, julle faal Suid-Afrika. Sjoe wat ‘n ongelooflike las wat op ons skouers gelê is. Vir my persoonlik was die dag ‘n droom wat waar geword het. Ek en Hennie Heymans het ‘n jaar gewerk aan dié dag en ook die gedenkboek wat ons saamgestel het oor die eerste vyftig jaar van die vroue in die polisie. Dit het soveel herinneringe, emosies en ja ook trane teruggebring. Dit was asof ek sommer net gister in die kollege ingestap het om met my opleiding te begin. Vyftig jaar is ‘n baie lang tyd. Baie dankie aan elkeen wat vandag hier is om hierdie groot mylpaal in die geskiedenis van die SuidAfrikaanse Vrouepolisie saam te gedenk. Die hoogtepunt van die verrigtinge was die blommelegging by die gedenkmuur vir lede van die polisie wat die hoogste offer vir hul land gegee het. Voor die amptelike legging van die blomme begin het, het Lettie Stander die name van dames waarvan ons bewus was afgelees terwyl ao. Laura van Niekerk, van die polisie orkes ‘n pragtige lied geblaas het. Terwyl die blomme aan die voet van die gedenkmuur gelê is het sy Amazing Grace oor die stad Pretoria laat klink. Hierna het Laura, so pragtig in haar perfekte uniform, in die doodse stilte wat oor die groep neergedaal het, die Laaste Taptoe, geblaas terwyl almal die saluut geneem het met die regterhande op die bors.

Lettie Stander

Laura van Niekerk

Ons saluut ons kollegas, afgetree en dienend. God seën julle. SERVAMUS ET SERVIMUS 26 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Blomme gelê ter ere van polisievroue wat die hoogste offer gebring het

So het ons aan die einde gekom van ‘n dag deur ‘n klein groepie oud- en dienende lede wat teruggeloop het ‘n paadjie wat vir baie van die lede ‘n jarelange loopbaan sou word. Sommige is voor aftrede uit die polisie, maar hul liefde vir die polisie, ten spyte van ‘n groot mate van verval in die hedendaagse polisie, was die trots op daardie blou uniform duidelik sigbaar op hierdie snik hete dag in Pretoria.

Die Laaste Taptoe word gespeel terwyl almal met hul regterhande op die bors gevou

Na die verrigtinge het ons gaan feesvier. Soos ‘n 50ste herdenking gevier behoort te word.

27 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


28 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ook teenwoordig by die feesviering was Anneke Truter, Sarie van Niekerk, Frieda Müller, Hester Heunis en Rita de Kock, almal lede van die 1972-groep. (Mariaan Linde was nie teenwoordig toe die foto geneem is nie).

29 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Dawid Roux van Dawid Fotografie in Johannesburg (smile@dawidroux.com) was die man met die groot kamera. Hy het ‘n video van die hele gedenkverrigtinge geneem en ook vreeslik baie foto’s van die kuier daarna.

30 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


POLISIEGESKIEDENIS | POLICE HISTORY 1989: POLISIE SE EIE LUGWAARDINNE IN PIENK UNIFORMS Sarie van Niekerk Die Suid-Afrikaanse Polisie se eie lugwaardinne op hul eerste Beachcraft Jet klink amper te onmoontlik om te glo. As die einste lugwaardinne nogal in pienk uniforms by die Wonderboom lughawe opdaag, dan het almal seker twee keer gedink. Dit is egter presies wat in Februarie 1989 gebeur het. Die destydse polisiegeneraals het besluit hulle wil ook in luuksheid vlieg. Die idee van die lugwaardinne was volgens Zelda (Claasens, van Tonder) Jonker, wat een van die groepie was, die breinkind van wyle genl. Bert Wandrag, wat destyds die polisie se lugvleuel gestig en in beheer van die afdeling van die polisie se verskillende eenhede was. In die stigting van die lugvleuel is hy bygestaan deur ene kol. Wessels en die toe brig. Adriaan de la Rosa, wat saamgespan om die hierdie elite eenheid van die polisie te stig. Zelda sê daar is ‘n kennisgewing landwyd by al wat ‘n polisiestasie of -kantoor was, versprei sodat dames kon aansoek doen. “Daar was meer as 500 aansoeke gewees wat toe eers verminder is na ‘n kleiner groep toe genooi is vir persoonlike onderhoude. Hierna is 20 kandidate genooi om psigometriese toetse af te lê waarna daar toe uiteindelik 10 van ons gekies is om ons opleiding by die Suid-Afrikaanse Lugdiens se opleidingsentrum te gaan doen. Ons opleiding het egter net een week geduur. Ons is maar net geleer hoe om jou balans in ‘n vliegtuig te hou terwyl jy stap, hoe om kos en drank aan passasiers te bedien, oor ons grimering en dan ook wat om te doen in ‘n noodgeval”. Sewe van ons is toe gekies om die eerstes te wees wat sal vlieg. Die ander drie is as reserwes gehou. Toe moes daar besluit word op ‘n uniform. Die groepie dames is na groot klere ontwerperswinkel in Johannesburg geneem om hul ons uniforms uit te soek. Hulle kon enigiets kies, behalwe die kleure van die polisie se uniforms. Hulle het toe op die pienk pakkie besluit. Daarby het hulle ‘n grys serpie gedra, maar geen hoed of handskoene of handsakke nie verder net wit sykouse en wit hakskoentjies.” Die eerste groepie van sewe lugwaardinne was: Anne-Marie Roets, Elbe Viljoen, Ursula Bell, Zelda Claasen, Jackie de Nysschen en Corrie de Nysschen. Die opdrag dat die uniforms nie in die polisiekleure moes wees nie, is volgens die dames met wie gesels

is

om

veiligheidsredes

gedoen.

Die

dames

was

ook

terselfdertyd

daar

vir

beskermingsdienste vir die generaal en niemand moes hulle kon identifiseer as lede van die polisie 31 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


nie. Almal was ten volle opgeleide polisiebeamptes met etlike jare se polisielewe agter die rug. Hul sertifikate en vlerkies is op ‘n geselligheid deur wyle genl. De Witt, toe polisiekommissaris, aan hulle oorhandig, Die lugwaardinne het slegs ministers, adjunkministers en generaals, die enigste wat normaalweg met die vliegtuig gevlieg het, te bedien. Hulle het ook ‘n paar vlugte na Namibië onderneem.

Die eerste vliegtuig met haar

kosbare vrag mensies aan boord het op 21 Junie 1989 van die Wonderboom Lughawe af opgestyg. “In die begin was ons ‘n snaakse gebeurtenis vir die vlieëniers gewees maar almal van hulle was baie gaaf teenoor ons gewees. My loopbaan as lugwaardin het nie baie lank aangehou nie. Ek het bedank na ‘n voorval in Walvisbaai waarvan ek regtig nie gehou het nie, en ek het net eenvoudig nie kans gesien om verder aan te gaan nie. Ek was die eerste een van die groep wat bedank het.” Sy vertel dat genl. De Witt en sy vrou Mollie eendag met die Cessna Kaapstad toe gevlieg het en dat sy hul lugwaardin was. “Dit was maar ‘n bietjie rowwe vlug, ons het slegte weer gehad en kortkort in ‘n lugleegte ingevlieg wat die vliegtuig vreeslik laat sak het. Een van hierdie lugleegtes is getref net toe ek gereed was om kos aan die generaal te bedien. Juis op daardie oomblik tref die vliegtuig ‘n groot lugleegte. Daar toe sien jy toe net die bord in die lug optrek. Ek gryp die bord kos uit die lug uit en plak dit behoorlik op die generaal se skoot neer.” Zelda vertel hoe een van die ander lugwaardinne, wat vals naels gedra het, se een nael eendag in een van die generaals se drankie beland het nie. “Dit was omtrent vir jou ‘n ding gewees”. Anne-Marie (du Plessis) Grubisic sê die lugvleuel het nog nie juis bestaan toe sy reeds onder genl. Wandrag gewerk het. Die lugvleuel is amptelik in 1983 gestig en daardie tyd het sy by vuurwapenlisensies gewerk. Toe die skrywe sien waarin daar gevra word dames wat belangstel om lugwaardinne in die polisie te word, het sy nie twee keer gedink nie. “Ek het dadelik aansoek gedoen. Die opleiding was wonderlik en die paar vlugte wat ek gedoen het, was soos ‘n droom, ek sal dit altyd onthou”

32 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Sy vertel hulle moet gewoonlik een uur voor die vlug moes vertrek, reeds by die Wonderboom lughawe wees. Dit was hulle taak om die kos, wat deur ‘n privaat maatskappy voorberei is, in ontvang te neem en die vliegtuig te pak. Hulle moes ook die drank in die vliegtuig verpak en seker maak dat alles perfek is vir wanneer die passasiers opdaag. Onder die mense saam met wie sy gevlieg het, was onder meer die destyds min. Adriaan Vlok, Wet en Orde en ‘n groot aantal generaals. “Min Vlok was altyd so saggeaard en vriendelik met ons gewees.”

Anne-Marie se lugwaardin loopbaan is in 1990 kort geknip toe sy In ‘n baie ernstige ongeluk betrokke was.

33 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Haar lugwaardin loopbaan het egter nie baie lank geduur nie. Sy was in 1990 ‘n baie erge motorongeluk gewees. Sy het baie lank in die Garden City hospitaal in Johannesburg in ‘n koma gelê met ernstige kop beserings. “Ek was meer as ‘n jaar nie by die werk nie. Toe ek uiteindelik weer kon begin werk, mag ek weens my kopbeserings nie vlieg nie. Ek het dus afgestaan en is toe as gyminstrukteur in die kollege aangestel. Min. Vlok het oor die lugwaardinne in pienk gesê: “Hulle was ‘n pragtige groepie dames wat geweet het wat hulle doen. Hul diens was uitstekend en jy kon hulle altyd deur ‘n ring trek, altyd met ‘n glimlag op die gesig”. Cupido se pyltjie het ook sy weg gevind na die polisie se vliegtuig. In 1994 het daar ‘n nuwe vlieënier begin en net daar tref die pyltjie toe sy teiken. Die nou kol. Douw du Plessis en die toe Connie de Beer is deur Cupido se liefdespyltjie getref. Hulle is toe later getroud en is vandag nog gelukkig getroud. Die pienk lugwaardinne het ongelukkig nie baie jare geduur nie, daar kon nie presies vasgestel word wanneer hulle van die toneel af verdwyn het nie, maar hulle het. Vandag verskaf ‘n private instansie, volgens inligting lugwaardinne sonder uniforms aan die polisie wanneer nodig.

Die heel eerste groepe polisiedames saam met wyle genl. Hennie de Witt, destyds kommissaris van die polisie.

34 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


DINGE WAT EK ALLES IN DIE POLISIE GELEER HET Dalene Steenkamp Wat ek alles geleer het in die polisie is nie te vervat in 'n paar sinne nie, maar dat humor 'n groot deel van dit wat 'hard' was versag het, of te wel die eie persoonlike persepsie en interpretasie daarvan, dit is nie te ontkenne nie. Onder andere het ek geleer dat wyn, meer spesifiek rooiprop of vaaljapie of tomba, in oorvloedige gebruik is, enige 'dame' verander in 'n Pamela Pram. Jip, die bostuk van 'n rok of die bloese se knope is of oopgeknoop of oopgeskeur of af geskeur of die hele bloese of hemp of T-hemp is weg. Die twee trone, ongeag waar die pieke kruin of tuimel, word baldadig vertoon, want die bra is of te klein of te groot of ook verskeur en die bande hang hier by die elmboog knoppe rond. En soms tuimel daar 'n vervrommelde vuil noot nog uit die stukkie grond toe, want die verduidelikings of verset gaan ook met groot gebare gepaard. Ek het geleer jy raak nie betrokke by 'n huismoles onderonsie, tensy jy self lus is vir baklei, nie. Dit opsigself, is ook nie altyd 'n maklike geveg nie. Ek het geleer jy mag nimmer hard lag vir 'n adjudantoffisier, wie se haarlyn lank reeds gekwyn het tot net 'n fyn strepie bo sy nek en oor sy ore, wanneer hy vergeet om sy pet op te sit terwyl hy die vlag hys en 'n rooibynes op sy kop te lande kom nie. Dit het nagevolge, soos om strafskofte te werk.

Ek het geleer dat Colgate tandepasta een van die wonderlikste uitvindsels op aarde is om 'n gat in die muur toe te maak waar 'n "ek sweer, die skoot het net afgegaan" geval die afdelingskommissaris se dak tref. (Dit is 'n verhaal op sy eie wat vertel wil wees op 'n ander keer.)

35 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


EK IS POLISIE TOE OM MYSELF TE VIND: WAT ‘N LOOPBAAN HET EK TOE NIE GEHAD NIE Lettie Stander My kinderjare was jare van seksuele aanranding in ‘n huis en omgewing waar drank oorvloedig gebruik is. Ons kinders het grootgeword deur onder die familie rond gegooi te word. My twee broers het meestal tussen die oumas en oupas grootgeword. Ons het op soveel verskillende plekke gewoon, dat ek nie eers kan onthou waar ons oral gewoon het nie. Toe ek uiteindelik ‘n loopbaan moes kies, het ek besluit om polisie toe te gaan. Ek het geweet hier sou ek myself weer vind. Ek het dit ook gesien as ‘n geleentheid om te probeer om ander kinders wat onder dieselfde omstandighede grootword te probeer red of net by te staan. Deur my storie te vertel hoop ek ook om dalk ander kinders daardeur te beïnvloed om weg te breek uit hul omstandighede: Hier is my storie. Ek is op 20 Mei 1963 op Nigel, destyds aan die Oos-Rand, vandag Ekurhuleni gebore. Ek is na buurvrou van destyds vernoem omdat die dag toe my ma gereed was om geboorte te gee, was daar niemand by die huis nie. Die buurvrou het met my ma hospitaal toe gejaag. Op pad hospitaal toe het die buurvrou gesê as die baba ‘n dogtertjie is moet haar naam asseblief Lettie wees. Die buurvrou se naam was Lettie. Kort na my geboorte is die buurvrou getroud maar haar man het verdrink terwyl hulle op honeymoon was. Die huis waarin ons gewoon het toe ons kinders klein was, was ‘n huis van armoede, alkoholisme, aanranding en seksuele mishandeling. My pa was ook ‘n kettingroker. Ons het gedurig in vrees gelewe en gewonder wat en wanneer gaan die volgende wees. Volgens familielede is ons dogters in die huis waarskynlik al van die ouderdom van twee jaar af seksueel gemolesteer. Nie alleen is ons deur ons pa gemolesteer nie, maar ook deur ons oupa aan my pa se kant, van my pa se broers en ook ander volwasse manne. Ons as kinders het nooit geweet wanneer dit weer tyd was om te trek nie. Ons sou nog die oggend skool toe gegaan het maar as ons die middag by die huis gekom het moes ons eenvoudig maar net klim en saam trek.

36 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Toe ek vier jaar oud was, het ons na Tzaneen getrek waar ons in ‘n groot dubbelverdieping houthuis gewoon het. Die meubels was maar karig en die huis het in ‘n plantasie op ‘n koppie gestaan. Dit het redelik lekker gelyk en my pa het daar in die omgewing op ‘n myn gewerk. My ma was huisvrou wat ses kinders moes grootmaak. My eerste bittere ondervinding met my ma het juis hier gebeur. Ek was besig om klaar te maak vir skool toe ek myself in die spieël gestaan en bekyk het en besef het iets moet gedoen word om my vreeslike krullebol hare bietjie netjies te kry. My broers en susters was om een of ander rede reeds skool toe en ek gaan vra toe my ma om my te help om my hare bietjie netjies te maak. In plaas daarvan dat sy my hare netjies maak, het sy vreeslik ongeduldig geraak met my en ek het die pakslae van my lewe gekry. Dit het so ‘n blywende indruk op my gemaak dat ek tot vandag toe nog nie kan verdra as my are nie netjies is nie. As my hare omgekrap of ‘n haartjie is uit sy plek is, is dit asof ek ook nie in plek gevoel het nie. Daardie oggend het ek sommer net begin huil. Die trane het hard oor my wange gebrand, ek het nie eers skoentjies aangehad nie en sonder ‘n tassie of broodjie vir die dag het ek die pad gevat grootpad toe om die bus te haal. Sover ek deur die plantasie na die pad gestap het, het ek geloop en huil. Ek het besef ek moet ophou en die trane afvee voordat die bus stop. Die eerste bus wat stilgehou het, het ek sommer net ingeklim. Ek het by die groot vensters uitgestaar sonder om eers seker te wees waarheen ek op pad was. Die bus het my voor ‘n baie groot skool afgelaai waar daar niemand was om my te help nie of om my op die regte pad te kry na my skooltoe. Ek het verdwaald, alleen, eensaam en vreeslik bang gevoel. In my verdwaasdheid en nadat ek ‘n hele rukkie rondgedwaal het, het ek in die middel van ‘n groot stuk groen gras gaan sit. ‘n Harde klok het gelui en almal om my het elkeen in hul eie rigting gehardloop. Trane het steeds oor my wange gestroom en allerhande dinge het deur my gedagtes gegaan. Ek kon nie eers tussen reg en verkeerd onderskei nie. Na ‘n rukkie het ek ‘n stem gehoor wat wou weet waar ek eintlik moes wees. Ek kon maar net sê ‘ek weet nie tannie’. Min het ek besef dit was ‘n juffrou gewees. Sy het my na ‘n klaskamer geneem waar ek met ‘n bordjie om my nek, waarop my naam geskryf was, gesit het. Eintlik onthou ek nie veel van my skooldae in Tzaneen nie. Om by die huis te gewees het wanneer daar nie skool was nie, was eintlik baie beter. Die huis het ‘n kelder verdieping gehad wat ons kinders gebruik het om sonder ons ouers se toestemming muise aan te hou. Dit was ons geheim gewees. Dit was die mooiste witmuise, wat ons ook soms in ons sakke weggesteek het en saam skool toe geneem het. Die muise was altyd so sag om aan te raak en so liefdevol. Miskien het die witmuise tog op ‘n manier vertroosting gebring vir ons 37 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


ongelukkigheid! My ma het op ‘n dag uitgevind van die muise. Sy was so woedend dat sy sommer die muise doodgemaak en weggegooi het. Ek het verskriklik hieroor gehuil, die muise was op daardie stadium ons alles, ons vertroosters. Dit was piepklein diertjies by wie ons vertroosting gaan soek het. Een aand moes ons almal saam met ons ouers na die kroeg toe ry omdat my pa ‘n paar drankies daar wou gaan drink het. Ons kinders moes buite in die groot swart motor vir hulle gewag het. Terwyl ons gewag het was ons gedagtes by die sterre, die hemelryk wat ons toe nog nie eers iets van kon verstaan nie. My pa het ure later uit die kroeg uitgeslinger en duidelik baie dronk. Ons kinders wou nie eers in die motor klim nie omrede my pa so dronk was. Hy het vreeslik op ons geskreeu en ons in die motor ingedwing. Terwyl ons huistoe gery het, met my pa aan die stuur, het my ma en pa die heel pad baklei. My pa het op my ma geskreeu en gesê indien sy nie ophou nie, hy ons almal sou doodmaak deur van die brug af te jaag sodat ons almal kan verdrink. Dit het regtig gelyk asof hy van die brug gaan afry. Dit was een van my benoudste oomblikke as kind. Ons kinders het aan mekaar vasgeklou uit vrees dat hy dit regtig gaan doen. Uiteindelik was ons tuis waar ons met groot hartseer en baie trane gaan slaap het. ‘n Ander voorval wat ek goed onthou, was toe ons weer in Nigel gewoon het. Ons drie dogters het oudergewoonte skool toe gestap, kaalvoetjies met geen tassie, broodjie of enige iets om te drink nie. Pouses het ons agter ‘n groot hout hek weggekruip sodat ons nie deur die ander kinders gespot kon word omdat ons so arm was nie. Ons het geen vriende gehad nie. Na skool het ons maar weer na ons vervalle ou huisie teruggestap. ‘n Huisie waarin daar soveel hartseer en vrees geheers het. Oudergewoonte het ons my pa dronk en aan die slaap op die bed, met ‘n lang mes op die vervalle tafeltjie, aangetref. Ons het begin soek na my ma maar sy was nêrens te vind nie, ook nie ons kleiner sussie nie. Ons sien toe my ma se klere is alles uit haar kas uit. Sy was weg! Sy het ons net so gelos! Al wat ek kon uitkry was die woord bloed, bloed. (Ek weet tot vandag toe nog nie wat ek daarby bedoel het nie). Uit vrees wou ons nie my pa wakker maak nie. Ons het maar besluit om die pad te vat om te gaan hulp soek. Ons het eintlik aan ‘n huis se deur geklop waar ‘n vrou ons ingenooi het. Ons het aan haar verduidelik wat aangaan en sy het sy vir ons sop gegee het om te eet. Ek het nog gesê ek eet nie sop nie maar ek moes maar eet. Die volgende wat ek kan onthou, is dat daardie vrou na ons begin omsien het. Toe my pa later wakker 38 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


geword en uitgevind het waar ons was, het hy met die vrou gereël om vir ‘n rukkie na ons om te sien. Ons het so gelukkig gevoel in daardie huis. Die huis was vol liefde, soveel vrede. Ons het gehoop ons kan vir altyd daar woon. Die vrou se seun, met sy blink rooi sportmotor met ‘n afslaan dak, het ons dorp toe geneem waar hulle vir ons slaapklere, skooltassies, waslappies, tandeborsels en ander klere wat ons nodig gehad het, gekoop het. Dit was vir ons wonderlik om saam te ry want luukshede het ons nie geken nie. Ek onthou ons het eendag met dieselfde motor Pretoria toe gery om vir haar dogter te gaan kuier. Met serpies om ons koppe het die wind so lekker op ons sagte velletjies gewaai. Ons het so vry gevoel, vry van alles in die lewe. Ons was so gelukkig vir daardie oomblikke! Oomblikke waarna ons as kinders so gesmag het. Om so as gesin in wonderlike omstandighede te woon, het ons laat hoop dat ons vir altyd daar kan bly, maar toe daar een aand ‘n klop aan die deur was en my ouers voor die deur gestaan het om ons te kom haal terug na ons vervalle huis en vuil omstandighede, het ons aanvanklik nog probeer wegkruip. Maar die skoon, liefdevolle dae was skielik verby. Ek het later baie kere myself afgevra “was daardie geluk net ‘n droom of toeval?” Ons het weer na ‘n ander plek getrek. Ek sal bitter graag weer met daardie vrou wou kontak maak indien sy nog leef. So het ons lewe maar voortgegaan, ‘n lewe van rondswerf en trek van plek na plek. Ons het wéér getrek, die keer Pietersburg (Polokwane) toe. Hier het beide my ouers werk gekry maar ons huis was weer eens vervalle. Die plafonne was stukkend, die ligte het geen vorm gehad nie dit het vervalle uit die plafon gehang. Die huis het na muf geruik en daar was nie eers genoeg beddens vir ons almal nie. Weer eens is ons skool toe sonder skoentjies aan ons voete, net met die nodigste skoolklere aan ons skraal lyfies. Ons het gesukkel om te konsentreer, ons kon nie presteer op skool nie ons het dus gedurig slae gekry oor ons swak prestasies by die skool. Die kinders het ons aanhoudend gespot oor ons armoede, maar nie die kinders of die onderwysers het regtig geweet wat ons omstandighede by die huis was nie. Die kinders het ons uitgedaag vir gevegte in die parkie waar ons privaat wegkruipplek was. Uit woede het ons altyd die fisiese gevegte gewen omdat ons geen vrees vir slaan gehad het nie. Wanneer my dronk pa in sy kamer verkeer het, moes sy voete aanhoudend afgevee word omdat sy voete seer was. Die suur reuk van goedkoop wyn het in die kamer gehang. Iets wat my opgeval het is wanneer hy so dronk was het hy die Bybel wat op die kassie voor sy bed gelê het gegryp en dit gelees. Ek kon nie verstaan hoekom hy in sy dronkenskap die Bybel sou lees nie. My pa het die Bybel seker beter geken as enigiemand anders wat ek ken. Terwyl ek sy voete afgevee het, het my 39 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


hart erg begin klop, want ek het gewéét wat volgende gaan gebeur. Hy het my laat verstaan alles gaan ok wees en dat daar niks mee verkeerd is nie. Terwyl hy die seksuele daad gepleeg het, het hy aanhoudend vir my gesê ek moet dit geniet, want dit is waaroor dit gaan, om dit te geniet. As hy klaar was het ek uit sy kamer gestrompel en na die badkamer gehardloop waar ek my self toegesluit het en oor-en-oor van die vuil reuk probeer ontslae raak het. Wanneer ek by tye alleen saam met hom by die huis was, het ek alles gedoen om hom te vermy, maar voor ek dit besef het, het ek sy groot hande aan my skouer gevoel waarna hy my teen ‘n muur in ‘n hoek vasgedruk het. Hy het my op my knieë laat staan en ek moes doen wat hy my beveel het totdat hy bevredig was. My mond was hierna vuil, ek was naar en wou net opgooi. Hy het tot in die badkamer ingestap terwyl ek gebad het en gedoen wat hy wou. Ek moes die molestering later begin aanvaar, oor-en-oor, sommige kere dae aanmekaar en ek moes dit maar eenvoudig aanvaar asof dit nie die werklikheid is nie. Ons kinders het nooit met enigiemand hieroor gepraat nie, selfs nie met ons ma nie, want sy was verskriklik bang vir my pa. Ek het dikwels gewonder of sy weet wat aangaan. My ma het gedurig op ons geskreeu en ons gevloek. Sy het meer as een keer ons met skêre, skerp messe en ander skerp dinge, asbakke en ander skerp voorwerpe gegooi met die doel om ons dood te gooi. Niks kon haar beheer nie, sy het maar altyd haar woede op ons kinders uitgehaal. Ek sou eers later verstaan hoekom sy so opgetree het. Ek het eendag op my ma afgekom waar sy my ouer sussie met ‘n dubbel gevoude draadhanger op haar kaal bolyfie geslaan het. Die hale het sommer so rooi op haar ruggie gelê. Ek het iewers vandaan krag gekry om my ma van haar af weg te ruk. In die parkie naby die huis waar ons gereeld gaan wegkruip het, het ons brandweermanne ontmoet wat hulle oor ons ontferm het en vir ons kos gegee het, Die molestering het nie net by ons dogters gebly nie, my pa sou in sy dronkenskap my ma voor ons kinders met die vuis bydam. My twee broers het begin boks “sodat hulle ons teen my pa kon beskerm”. Hulle woede was baie erg en my een broer is as gevolg van sy verskriklike woede later verbied om verder te boks. Ek was redelik siek as kind, tand- en oorpyn, maar as ek daaroor gehuil het, is ek in die spens of enige ander vertrek toegesluit sodat hulle nie kan hoor as ek huil nie. Ons het weer getrek! Die keer Bronkhorstspruit toe. Ek het ‘n klein hondjie gehad wat vir my al die liefde gegee het wat ek nooit in my ouerhuis geken het nie. Op pad het ‘n tafel van die trok afgewaai, waar my hondjie ook moes sit. Toe ek wou afklim om seker te maak hy raak nie weg nie, het my pa

40 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


my woedend verbied om dit te doen. Toe ons op Bronkhorstspruit aangekom het, was Mitsie weg. Dit het gevoel asof ‘n stuk van my uitgeruk is. Hier het ek my peetma se suster leer ken, sy het saam met my pa gewerk. So het ek uitgevind waar my peetma is. Ek het net eenvoudig eendag dorp toe geloop van die plot af waar ons gewoon het. Ek het bietjie geld uit my ma se beursie gevat en my peetma van die dorp af gebel en haar gevra om my te kom haal. Sy het in Pietersburg gewoon. Sy kon my pa oorreed om my saam met haar te laat gaan, eintlik was dit ook vir my traumaties gewees want ek moes my broers en susters agterlaat. Ek het by my peetma gewoon totdat daar op ‘n dag mense van die welsyn daar aangekom het en gesê het ons dogters moet koshuis toe gaan. Ons is op ‘n dag by die Hoër Handelskool in Pietersburg afgelaai, waar ons vriendelik ontvang is. Hier het ‘n nuwe lewe vir ons begin! Ons was baie bang ons het nie geweet hoe gaan ons by vreemde kinders aanpas nie. Ons mag nie saam in dieselfde kamer gebly het nie omdat ons in verskillende klasse was. Voor daardie dag het ons nog nooit aan enige sport deelgeneem nie. Hulle het sommer op ‘n dag al die dogters aan ‘n paar kilometer resies laat deelneem. Om een of ander rede het ons uitgestaan bo al die ander kinders! Ons het nooit eers besef ons kon so goed hardloop nie. Ons twee afrigters het behoorlik vaderfigure vir ons geword. Daar is ook ‘n voogouer vir ons aangestel. Dit was oom Dolf vir wie my pa gewerk het. Hierna het ons ons lewens totaal aan atletiek gewy. Ons het egter steeds nederig gebly ten spyte van groot suksesse. Die sport het ons vrygemaak van die gevoel van niks werd, dit het ons vry gemaak van soveel seer, dit het ons nog meer dissipline geleer. Dit het ons weer mens gemaak. Ons was so trots op mekaar gewees. Op akademiese gebied was dit baie moeilik. Ek was net 16 jaar oud en ek kon nooit werklik akademies presteer nie. Ons kinders moes mekaar steeds ondersteun. In matriek is ek as prefek gekies, ‘n geleentheid waarvoor ek baie dankbaar was. Ek het ook hokkie, koorsang en wat ookal as buitemuurse aktiwiteite aangebied is, deelgeneem. Ons het ons ouers nie baie gesien nie, want ons was maar in die koshuis. Gedurende vakansietye het ons in die koshuis agtergebly om atletiek te oefen. Soms het oom Dolf (ons voog) ons vir die vakansie weggeneem. Tot in matriek was ek nog nie seker wat ek na skool wil doen nie. Ek wou bitter graag verder gaan studeer, maar ek het geweet daar is nie geld nie. Ek moes ‘n keuse maak, die einde van my 41 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


skoolloopbaan het nader gekom. Ek het toe die polisie gekies. Ek het geredeneer as polisievrou sou die ek die mag bekom om mense toe te sluit wat ander mense skade aangedoen het. Ek het aangesluit en is in Kempton Park geplaas totdat ek kon kollege toe gaan vir my opleiding. Daardie tyd het my ouers ook in Kempton Park gewoon. Ek het by hulle in die woonstel gaan bly en daar was geen verdere sprake van enige molestering deur my pa nie. Eintlik was hulle goed vir my. Ek het in Januarie 1981 by die kollege aangemeld vir my opleiding. My pa het my by die kollege afgelaai, met ‘n klein tassie in my en het my R10 in die hand gestop met die woorde “van hierdie dag af kan jy vir jouself sorg”. My tyd in die polisiekollege was opwindend en baie lekker. Ek het goeie vriende gemaak. Ek kon voortgaan met my atletiek en het vir die polisiespan gehardloop. Ons klompie vriende was natuurlik eintlik ook vreeslik stout, ons het by tye regte kattekwaad aangevang, maar ek meen dit was deel van die grootword proses. Die dissipline was nie vir my ‘n probleem nie, dit het ek by die huis en veral in die koshuis geleer. Ek het baie hard gewerk in die kollege. Aan die einde van ons ses maande opleiding kon ons kies waarheen ons uitgeplaas wou word. Ek was baie bang vir die wêreld buite die kollegehekke omdat ek nog so jonk was en het besluit ek wil as fiksheidsinstrukteur in die kollege bly. Hier was ‘n pos vakant vir slegs een dame en ek moes met ‘n hele paar dames meedoen om die pos, maar het dit toe gelukkig gekry Dit was hard maar uitdagend. Wat ‘n wonderlike tyd het ek nie beleef as die fiksheidsinstrukteur nie. Daar was pret dae maar ook ander dae wat maar moeilik was. ‘n Nuwe wêreld het toe werklik vir my oopgegaan. As instrukteur het ek ’n verhouding met ‘n sersant in die polisie gehad maar toe hy praat van trou het ek sommer oornag besluit ek wil nie trou nie en het die verhouding verbreek. Hy wou dit glad nie aanvaar nie en het my daarna begin teister. Hy sou met sy motor na die woonkwartiere waarin ek gewoon het, ry waar hy gedreig het dat hy in die woonkwatiere sou instap as ek nie sou uitkom na hom toe nie. Dit was streng verbode en het ‘n onmiddellike skorsing beteken. Hy het my so erg geteister dat ek besluit het om uit die polisie te bedank net om weg te kom van hom af. Dit was egter een van daardie impulsiewe besluite gewees. Ek het werk gekry by ‘n Duitse maatskappy by Ellispark in Johannesburg. Ek het weer by my ouers gebly wat toe steeds in Kempton Park gewoon het. Die hoof uitvoerende bestuurder van die maatskappy waar ek gewerk het, het ook begin om my seksueel te teister en ek het verskriklik begin stres en gevra “hoekom alweer ek.” Dit het egter vir my baie moeilik geword om elke dag in te stap by die werk met die wete dat ek dalk weer geteister gaan word. 42 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Een aand in die tydperk was daar ‘n klop aan my ouers se deur en daar staan die sersant wie ek in die kollege afgesê het voor die deur. Hy sê hy wil graag met my gesels maar kan ons in sy motor gaan sit en gesels en ek het ingestem. Nadat ons ‘n rukkie gesels het, het hy sy dienspistool op my gerig en my baie duidelik laat verstaan as hy my nie kan kry nie sal nie anders my kry nie. Ek was glad nie eers bang nie en het gesê hy moet maar doen wat hy wil. Hy het egter nie die sneller getrek nie. Ek het dadelik die volgende dag begin om ‘n saak teen hom te maak. Hy is departementeel verhoor aangekla nie en is skuldig bevind. Hy is egter nooit krimineel aangekla nie Ses maande nadat ek uit die polisie bedank het, is ek weer in diens geneem en weer as fiksheidsinstrukteur in die kollege. Teen die einde van 1984 het gevra om uitverplaas te word na ‘n stasie toe sodat ek meer ondervinding kan opdoen. Ek wou ook net wegkom van almal om my. Ek is na die Seepunt-polisiestasie verplaas. Dit was moeilik vir my om in ‘n vreemde stad aan te pas. Ek moes vinnig my voete daar vind waar ek saam met ‘n wonderlike groep polisiebeamptes gewerk het. Daardie dae het ek ondervinding van allerhande afdelings, van aanklagtekantoor tot padblokkades, opgedoen. Ek het steeds met my atletiek voortgegaan maar het toe besluit om my op landlope toe te spits. My tyd by Seepunt was so anders. Die polisiebeamptes was ook my vriende en almal was so behulpsaam, mense wat werklik omgegee het. Ek het soveel baie lekker herinnering van daai tyd. Die Kaap was die plek vir my, ‘n plek van vry wees en ‘n plek jou wat vrede laat kry in jou binneste. Aan die begin van 1987 het die kapelaan in die Westelike Provinsie (Wes-Kaap), vir my gesê daar is ‘n vakante pos in die parlement by die ministerie van Wet en Order (min. Adriaan Vlok se kantoor). Die pos was by die ministeriële woordvoerders se afdeling. Ek het aansoek gedoen en het dit gekry. Watter groot voorreg was dit nie vir my gewees nie. Ek het onder die destydse genl.-maj. Leon Mellet gewerk. Die generaal is later aan kanker oorlede. Ek was aanvanklik baie senuweeagtig gewees, maar die mense saam met wie ek gewerk het was ‘n ongelooflike span gewees. Dit was ook ‘n groot voorreg om elke dag te kon leer waaroor die parlement gaan, waaroor die media gaan en waaroor so baie ander dinge gegaan het. Ek kon elke dag iets nuuts inneem. Die ministerie het my baie geleer en ek het baie ondervinding opgedoen wat my gevorm het in die mens wat ek vandag is. Hier het ek vrede en berusting gevind. Toe ons begin bewus word het van die feit dat mnr. Nelson Mandela die land se volgende president gaan word, was dit iets wat ons met ‘n swaar gemoed moes aanvaar. Ons het nie geweet wat sou 43 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


die land vorentoe vir ons inhou nie maar ons moes probeer om positief te bly. Politiek is egter iets waaroor jy nie te veel moet redeneer nie en soms sal mens ook nie verstaan waaroor alles gaan nie. Ek het geweldig baie respek vir min. Vlok gehad. Hy was streng maar het ons baie geleer en het soos mense behandel. Hy het ons die positiewe dele van die lewe geleer. In daardie tyd het hy ons altyd bemoedig. Hy het vir die polisiemanne en -vroue van hierdie land opgestaan. Hy het vir ons baklei vir verhogings toe niemand verhogings wou toestaan nie. Vir my persoonlik het hy geweldig baie gedoen om my selfbeeld te verbeter. Baie mense het later baie te sê gehad oor mnr. Vlok, maar niemand was in sy skoene om te kon besef watter groot taak daar op sy skouers gerus het nie. Hy moes sekere besluite neem ter wille van hierdie land en sy mense. Ek voel persoonlik as jy nie daar was om alles te beleef nie, jy nie kommentaar kan lewer nie. In die tydperk toe ek my die ministerie was het ek my atletiekloopbaan ook effe opsy geskuif en het besluit om meer te fokus op gymwerk en aërobiese klasse. Ons het ook op ‘n stadium voorberei vir ‘n ysterman/vrou kompetisie wat in Polokwane sou plaasvind.

Ek

is

gekies

om

die

Westelike

Provinsie

te

verteenwoordig. Ek het egter ‘n week voor die tyd opgevlieg Pretoria toe en het by broer, wat in die weermag (1 Militêr) was te gaan bly om daar te oefen vir die kompetisie. Ek het egter my enkel skeef getrap tydens oefening en ligamente geskeur. Die feit dat ek nie aan die kompetisie kon deelneem nie is tot vandag toe vir my so groot teleurstelling. Ek wou so graag die polisie trots maak! Ek is in 1992 getroud maar na ‘n stormagtige huwelik en met die raad en bystand van ‘n voormalige polisie lid met wie ek by die gym bevriend geraak het is ons na net vier jaar in 1996 geskei. Na die herskikking van die polisie in 1994/95 het dinge baie verander, en ons almal is uitgeplaas na ander afdelings toe. In 1995 is ek toe aangestel as hoof van kommunikasiedienste by die forensiese wetenskaplaboratorium in die Kaap. My oorplasing na forensies was seker een van die beste gebeurtenisse in my loopbaan in die polisie. Dit was die mees ervare plek waar ek kon gewerk het. Die mense was die beste span mense. Dit was absoluut ‘n plek wat professioneel was en ek het so baie geleer van baie faktore waarvan ek nog nooit geweet het nie. Daar is ek verder as mens gevorm. Tot vandag toe het ek soveel kontak met van die forensiese deskundiges wat vandag hulle eie privaat maatskappye het. Ek het 44 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


ongelooflik baie geleer hier en vandag nog sal ek net met trots van ons deskundiges praat. Ons het van die beste deskundiges glo ek in die wêreld gehad. Dieselfde persoon wat my met my egskeiding bygestaan het, het een van my vriende geword na my egskeiding. Hy was ook ‘n voormalige Springbok power lifter. Hy het prominent uitgestaan bo almal wat in die gym geoefen het. In enige geselskap waar hy ingeloop het, kon jy altyd die verandering van atmosfeer aanvoel want daar was net iets omtrent die man wat anders was. Ek sou later agterkom dit is sy dominerende persoonlikheid. Ek het te vinnig op hierdie man verlief geraak, maar het tog in ‘n mate ongemaklik gevoel. Ek het later in ‘n woonstel in Arcadia ingetrek. Ek het ook al hoe meer oor naweke van sy besigheid geleer, maar alles in sy kantoor was ongeorganiseerd. In die polisie leer het mens tog behoorlike dissipline, het ek my telkens self herinner. In my vrye tyd het ek sy deurmekaar kantoor, met papiere wat oral ingedruk was, gaan regmaak en alles in lêers probeer orden. Hy was tog ‘n perfeksionis in alles wat hy gedoen het, maar sy kantoor was nie die toonbeeld daarvan nie. Ek het skilderye in sy kantoor gehang en blinders voor die vensters laat sit. Ek het naweke alles skoongemaak, van vuil telefone tot vuil rekenaars, mure ensovoorts. Ek het ook een keer per maand vir hom blomme laat stuur vir sy kantoor want hy was baie lief vir blomme. Mettertyd, stadig maar seker het ek begin agterkom dat hierdie man my wil beheer. Hy wou alles wat ek doen monitor. Ek het net al hoe banger vir hierdie man geword omrede hy my stadig maar seker aan verbal abuse begin blootstel het. Een voorbeeld is byvoorbeeld as ek ure lank in die Menlyn-winkelsentrum was, hy my tot 15 keer gebel het maar ek kon nie die foon bo die geraas in die sentrum hoor nie. Hy sou dan na my woonstel in Arcadia ry en die deur oopskop om te kyk waar ek is. Hy het byvoorbeeld ‘n nuwe huis gekoop en my gevra om sy huis mooi reg te maak met nuwe gordyne, matte, beddegoed en alles en nog wat, dit terwyl hy vir n week Kaap toe gegaan het. Ek moes alles binne die week klaarmaak. ‘n Vriendin wat my gehelp het, het ongelukkig sy een duvet effens korter gemaak as wat dit moes wees. Met sy terugkoms by die huis het hy inspeksie gedoen en so mal geword oor die duvet dat hy ‘n hele week nie met my gepraat het nie. Hy het vir my voorgeskryf hoe ek moet aantrek, hoe ek room aan my lyf moes smeer, watter parfuum ek moes gebruik, hoe ek my grimering moes doen en wat ek moes aantrek wanneer ek gym toe gegaan het. Hy sou aan my voorskryf wanneer ek hom kon bel en wanneer nie. Hy sou aan my voorskryf wanneer ek hom kon besoek en wanneer nie. Hy het absolute beheer gehad van my en mense het 45 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


selfs die opmerking gemaak dat hy my soos ‘n remote control. Hy het my voor ons vriende op een of ander rede abuse. Hy sou my altyd verkeerd bewys. Ek moes net eenvoudig verlof insit en het my toe in my klein woonstelletjie in Arcadia toegesluit. Hy het my eendag daar kom besoek en my beveel om myself onmiddellik reg te ruk want ek lyk vreeslik pateties. Ek het toe reeds baie gewig verloor. Dit het later vir my gevoel of my lewe sommer net besig is om uit mekaar te val. Ek het ‘n goeie vriend van my gebel wat my dokter toe geneem het. Dit het gevoel of ek in ‘n diep gat verval het waaruit ek net nie kon uitkom nie. Ek het toe net 39 kg geweeg. Die dokter wou my in die hospitaal laat opneem. Hy het met die polisie se kapelane gereël om my daardie middag by my woonstel op te laai en hospitaal toe neem om opgeneem te word. Teen ongeveer 14:00 daardie middag het ek besluit ek kan nie hospitaal toe gaan nie en het ek toe die besluit om na my ouers toe te ry wat toe in Rustenburg gewoon het sodat hulle my kon help. Ek het gesukkel om my motor te bestuur, so swak was ek gewees, maar ek het die pad aangedurf. Ek het my pa halfpad op pad huistoe gebel en gesê ek is op pad huistoe, maar ek weet nie of ek die huis sal haal nie. My pa het vir my gesê ek moet tot by ‘n spesifieke vulstasie ry dan sal hy my daar kry. By die huis aangekom was die tas met klere wat ek gepak het, nie in die motor nie en tot vandag toe weet ek nie waar ek tussen 14:00 en 19:00 daardie dag was nie. My ouers het twee weke na my omgesien, gemotiveer en opgebeur en na die twee weke kon ek weer teruggaan werk toe. Terwyl ek op my herstelpad was het my jonger sussie my omgepraat om saam met haar vir Mevrou RSA in te skryf. Sy het gesê dit sal my help om my lewe weer op te tel. Ek het hard gewerk en het deurgedruk en het ingeskryf vir Mev. RSA. My vriend het my egter die versekering gegee dat ek nie sal wen nie en dat ek die polisie se naam sou sleg maak indien ek nie wen nie. Ek was nog nooit so gedetermineerd om te wen nie. Ek het voortgegaan en het die kompetisie gewen. My vriend het nooit eers my geluk gewens of gesê hy is jammer oor wat hy gesê het oor my kanse.

46 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


47 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


48 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ons het later ons verhouding weer op koers gekry en hy het my oorreed om uit die polisie te bedank en vir hom by sy sekuriteitsmaatskappy te werk. Ek het ingestem hoewel ek baie lief is vir die polisie. Ek glo tot vandag toe dit was ‘n impulsiewe besluit en ek is steeds bitter spyt oor daardie besluit. My polisie ondervinding het my ongelooflik baie gehelp omrede daar struktuur was. Ek kon sy maatskappy tot perfeksie opbou en ek het baie oor privaat industrieë geleer. Ek het ‘n baie goeie verhouding met die werkers gehad want die polisie het my geleer respekteer mekaar. Ek ongelooflik hard gewerk vir sy maatskappy en veral oor naweke baie hard gewerk. In Maart 2002 het hy, sy versekeringsbestuurder en 80 ander fietsryers op ’n naweek fietsry trip na Lesotho vertrek. Voor sy vertrek is ek beveel om al sy kruideniersware te gaan koop en seker te maak dat hy nie sal sukkel as hy terugkom nie. Alles moes perfek gewees het. Op 16 Maart 2002 omstreek 10:00 het ek ‘n telefoonoproep van sy versekeringsbestuurder ontvang wat vir my gesê het my vriend het dood verongeluk in die Lesotho-bergpas. Die kommissaris van polisie het klaarblyklik agter die groep gery en het glo op ‘n stadium die opmerking gemaak “today something bad is going to happen with one of the bikers”. Ek kan nie regtig onthou hoe ek die boodskap op 49 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


geneem het nie. Ek weet net dat ‘n klomp mense na sy huistoe gestroom het nadat die doodsberig bekend geraak het. Ons het vreeslik gesukkel om sy lyk terug in Suid-Afrika te kry. Danksy vir ‘n vroue-kolonel van die polisiehoofkantoor wat ingegryp het, het sy lyk ‘n maand later in Suid-Afrika aangekom. Sy maatskappy was finansieel in die moeilikheid en dit moes gelikwideer word. Die personeel het skielik sonder werk gesit en hofsake het teen sy boedel gedreig. Ten spyte van al die bitterheid en hartseer wat ek tydens ons verhouding moes verduur, het hy my tog baie geleer. Hy het my sterk gemaak vir die lewe. Al maak dit nie sin nie, mis ek hom wanneer ek ‘n moeilike situasie moet uitsorteer. Ek het later ‘n krokodilboer ontmoet wat vir my na die perfekte man gelyk het. Die eerste twee jaar het dit goed gegaan maar later het hy, soos die meeste mans in my lewe, my weer begin abuse, ongeduld en geen respek was daaglikse gebeure in my lewe. Op daardie stadium was ek nie betrokke by sy besigheid nie, ek het dus my eie bemarkings- en kommunikasie-onderneming begin. In 2012 het ek egter alle bande met hom verbreek omdat ek weer onder verbal abuse deurgeloop het. In 2013 het ek my weer by hom op die krokodilplaas aangesluit. Ek het ongelooflik van die krokodilbedryf begin leer. My vriend was steeds ongelooflik ongeduldig teenoor my en het geen respek vir my gehad nie. Sy woorde het regdeur my gesny en tog het ek om een of ander rede by hom gebly, waarskynlikheid uit lojaliteit. Ons het baie baklei oor sy manier waarop hy met my en sy werkers praat. Ons was ongetroud en het in sonde saamgewoon.

In daardie stadium het my ouers onder haglike omstandighede in Rustenburg gewoon en ek wou graag vir hulle ‘n beter lewe skep. ‘n Lewe wat hulle nog nooit gehad het nie. Ek het toe in Pretoria 50 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


vir hulle ‘n nuwe huis met splinternuwe meubels gekoop. My pa was nie baie gelukkig oor die transaksie nie. My ma het begin siek word en ek het vir hulle ‘n plek in Kempton Park gekoop. ‘n Plek in ‘n kompleks waar daar ‘n hospitaal en goeie versorging vir my ma was. Ons kinders het my pa gevra om op te hou werk, want hy was al in die sewentig. Hy het egter verveeld begin raak en het weer begin drink, die keer erger as ooit voorheen. Daar was steeds so baie haat in my oor dit wat hy aan ons gedoen het, toe ons kinders was. Ek wou op ‘n stadium hom toegesluit het vir dade wat hy in ons kinderdae teen ons gepleeg het. In die tyd het my suster, wat in Duitsland woon, en ek besluit ons gaan my pa konfronteer sodat hy, voordat hy eendag tot sterwe kom, om vergifnis moes vra vir dit wat hy aan ons in ons kinderjare gedoen het, sodat ons kan probeer om die verlede te vergeet. Hy het egter lewerkanker gehad sonder dat enigiemand van ons dit geweet het en teen die tyd dat ons uitgevind het, was dit reeds te laat. Hy is in die hospitaal oorlede. Na sy dood het ek my vir so baie dinge begin verwyt. Omdat ek altyd so met hom baklei het, omdat ek nie groter pogings aangewend het om vir hom te bid nie. Ek moes meer en beter pogings aangewend het om hom te help. Na sy dood het ons kinders besluit om my ma in ‘n versorgingsoord te sit, eers in Kempton Park en later op Hartbeespoordam, waar ek woon. Ek het toe na haar omgesien tot die dag toe sy gesterf het. Om elke dag so met die krokodille saam te woon, het my laat dink en die wete dat ek in sonde saam met my lewensmaat leef, het my al hoe meer begin pla. Ek het geweet ek ken my God, en het elke dag meer-en-meer besef my lewe is op die verkeerde pad. Ek het God gevra “hoe gaan ek dit regkry? Hoe gaan ek dit wegkry?” Einde Mei 2020 het ek toevallig gelees oor vyf dele wat verband hou oor wegraping. Dit word so mooi en duidelik uiteengesit en met eens begin ek my die vraag afvra: Waarheen gaan jy as jy sterf? Is jy gereed om deel van die wegraping te vorm? Of gaan jy in die verdrukkings tydperk voor die finale koms van die Vader agterbly? Ek het meteens begin besef my lewe met Christus is nie reg nie. Ek glo in die opstanding en wederkoms van Jesus Christus maar lewe nie heilig en gehoorsaam volgens Sy woord nie. In Junie 2020 verander my hele lewe. Ek het een oggend opgestaan en oornag het my hele lewe verander. Ek staan uit my stoel uit op en meteens kry ek ‘n geweldige pyn in my linkerbors. Ek het paniekerig begin raak. Ek het hierdie pyn reeds sedert 2018 begin kry maar toe dit al erger begin raak het, is ek dokter toe. Hordes toetse is gedoen, maar niemand kon vasstel wat met my verkeerd 51 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


is nie. Uiteindelik word my siekte gediagnoseer. Ek het Fibromyalgie en of ‘n soortgelyke ongeneeslike siekte, stres. Hierdie siekte oortrek jou liggaam en geen medikasie kan jou nie red nie. Alles word veroorsaak deur stres. Ek het myself nog nooit as ‘n stresvolle mens gesien nie! As mens egter begin om in ‘n donker gat te val en nie kan verstaan hoekom en waarom nie! Ek het begin uitroep na die Here, tot so ‘n mate dat ek dag daagliks voor sy voete neergeval en gehuil het. My vrese en angs waardeur ek gegaan het, is onbeskryflik, totdat ek begin leer het dat niemand behalwe die Hemelse Vader ons as mens kan red nie. Dit is wanneer jy besef dit is net jy en jou Here. Maande later het ek begin om stadigaan my lewe in orde te kry. Ek het die keer my hart in opregtheid aan die Hemelse Vader gegee en begin lewe soos hy wil hê ek moet lewe. Skielik het ek begin om nader aan Hom te kom en het besef die storm wat om my gebreek het, was deur Hom gestuur, die storm was om jou as ‘n beter mens aan die anderkant van die storm uit te kom. Ek het besef ek moes van my sondes ontslae raak. Ek moes my verpligtinge teenoor mense doen. Ek moes mense wat ek vir jare met kwade gevoelens in my rond gedra het, vergewe en daarvan vergeet. Ek het tot my ouers en veral my pa, vergewe. My siekte is steeds daar, maar met die genade van die Here kan ek dit hanteer. Behalwe dat ek die Here leer ken het deur my stormagtige lewe, het ek ook geleer vergifnis is alles. Wanneer my pa nie gedrink was nie, was hy werklik die pa wat ek graag wou gehad het. Ek sien hoe demoniese magte mense oorval of dit nou drank, rook, dwelms of pornografie is. Ons verstaan nie altyd die hoekoms en waaroms nie maar later soos ons met God ‘n pad loop, dan begin jy dinge beter verstaan. As ons nie kan vergewe nie hou jy mense in jou hart toegesluit soos in ‘n tronksel. As ons nie gaan vergewe en elkeen gaan vrylaat uit daardie tronksel nie, gaan ons vir die res van ons lewens daai mense vasgevang hou in ons harte. Ons word siek, ons sukkel met finansies, ons sukkel met so baie dinge en dan verstaan ons nie al hierdie dinge nie, Dankie dat ek ‘n deel van lewe kon deel met elkeen wat dit gaan lees.

52 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


MAJ-GEN NONHLANHLA ZULU, THE POLICEWOMAN WHO PERSUADED JACOB ZUMA TO HAND HIMSELF OVER TO START HIS JAIL SENTENCE Sarie van Niekerk and Police News Service 'It was emotional getting Zuma to hand himself over' - Cop who convinced Zuma to submit Maj. Gen. Nonhlanhla Zulu, the head of SAPS operational service was the very brave policeman who led the police team which persuaded former president Jacob Zuma last year to hand himself over. Afterwards she described the talks as "emotional". Zulu said she was grateful that Zuma finally agreeds to hand himself over. The clock was ticking "I told him that as police we are doing everything in our power to avoid a situation where we would be taking him away against his will. Eventually, he agreed. "It was a very emotional situation to have to persuade him to leave his family. But as police we had no other option as the Constitutional Court had instructed us to ensure that the warrant of arrest is affected. She engaged in a marathon nine-hour negotiation with the 79-year-old at his Nkandla home until he finally conceded at 11.15pm.

She would not reveal how she managed to get into Zuma’s home but said she had engaged with him from 14:00 on Wednesday. “I am grateful for the fact that there was no bloodshed and the fact that the former president respected the law. “There was no hassle, I know people were speculating and didn’t want to hear from people involved in this, but I just want to thank the former president for respecting the law and all the people engaged in this task. “We did not struggle, I didn’t struggle because I had a team that assisted, together with the family, and the fact that the former president complied with everything that we were suggesting.” 53 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Maj-Gen Nonhlanhla Zulu She said they approached the situation with integrity, given Zuma was an elderly, sick man. “We respected that he still has a status of a president.” Fighting back tears, Zulu said the operation was an emotional rollercoaster. “I feel honoured and proud to have represented the police and South Africans because this was an international matter. “I also respected the fact that the former president respected me as an individual in that we were able to negotiate, talk and reach an agreement with the family and those who were delegated by him.” Being younger than him, she reiterated her respect for Zuma for listening to her. “He was able to listen, with the family, and took a decision to respect this country and respect himself, his status and his dignity.” Zulu said there was an “extremely emotional” send-off between Zuma and his family during his final moments in his home.

54 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


“You will understand that, as a father, in front of your kids and your wife, how difficult it is to see your father get inside a car knowing very well where he is going. It was an emotional process for those few minutes where he had to leave.” Police minister Bheki Cele lauded Zulu and members of the police who were deployed from around the country for what he deemed a “major operation” which took hard work and intense planning.

GESLAGSGEWELD EEN VAN DIE LAND SE GROOTSE EUWELS ANNEKE PIENAAR Ons hoofspreker van die dag op 20 Mei 2022 met die 50-jarige herdenking, was die afgetrede brig. Anneke Pienaar, Anneke het in ‘n baie boeiende en insiggewende praatjie ons almal se aandag gevestig op ‘n onderwerp wat elkeen van ons raak: Geslagsgeweld. Hier volg haar praatjie: Dankie vir die uitnodiging en voorreg om hulde te bring aan die vroue wat gedurende die afgelope 50 jaar verskillende bydraes as polisiebeamptes hier gelewer het… elkeen ‘n baanbreker op haar eie gebied. Soos versoek, gaan ek hoofsaaklik op die proaktiewe en reaktiewe polisiëring geslaggebaseerde geweld, of dan gender-based violence fokus. Eerstens: Net ‘n kort oorsig oor geslaggebaseerde geweld Geslaggebaseerde geweld is ‘n uiters komplekse onderwerp wat nie ten volle in ‘n paar minute aangespreek kan word nie. Kundiges, skrywers, wetstoepassers en algemene publiek verskil dikwels oor die definiëring van die begrip, gegewe elkeen se invalshoek. polisiebeamptes, byvoorbeeld, fokus hoofsaaklik op die wetlike aspekte soos die omskrywing van misdade terwyl ander organisasies meer op die sosiale dienslewering en bystand aan slagoffers en hul gesinne fokus. Alle rolspelers se bydrae is natuurlik van uiterste belang om die vraagstuk aan te spreek. Volgens navorsers en ander kundiges, is die kern van geslagsgebaseerde geweld, geslagsongelykheid (gender inequality), is die persoonsgerigte geweld gefokus op die geslag van die slagoffer en het meestal elemente van mag (power) en beheer (control). Kundiges het ook al aangedui dat dit een van die gevaarlikste tonele is waarheen polisiebeamptes uitgeroep word omdat die optrede van die betrokke partye so onvoorspelbaar is. Die afgelope tyd was daar mediadekking van voorvalle waar polisiebeamptes beseer en selfs gedood is tydens die bywoning van klagtes waar gesinsgeweld ‘n rol gespeel het. Baie van u het al klagtes bygewoon waar die klaer/klaagster omgedraai en u aangeval het terwyl u besig was om die verdagte/oortreder te arresteer. Sake van byvoorbeeld aanranding word geregistreer en dan weer die volgende dag teruggetrek. Wanneer mens met die klaagster/slagoffer hieroor gesels, dui hulle aan dat hulle die polisie gekontak het sodat die aggressor net die geweld teenoor hulle (en/of die kinders) moes staak. Uit u jare se werksondervinding, sal u ook kan bevestig dat nie twee van die situasies ooit dieselfde was of is nie. Die aard van die geweld hang van baie aspekte af, ek gaan hier net drie faktore uitlig: 55 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Die tipe dade - byvoorbeeld: verbale of fisiese mishandeling (aanranding/beserings), seksuele misbruik (verkragting), ekonomiese of emosionele mishandeling. Die partye wat betrokke is – dit is waar daar ‘n ongelykheid in die magsbalans van die partye bestaan - byvoorbeeld: die aard van die betrokke verhouding, persoonlike verhoudings tussen die partye (byvoorbeeld lewensmaats); werkverhoudings (byvoorbeeld ‘n senior teenoor ‘n junior lid,) OF in die gevalle waar oortreders hul slagoffers uitkies op grond van hul geslag of ouderdom of liggaamsbou ten einde hulle maklik te manipuleer of te oorrompel. Die middele tot hul beskikking – Die beskikbaarheid van byvoorbeeld: gevaarlike wapens (dit is enige voorwerp wat beserings of dood kan veroorsaak – vuurwapens, kookwater, messe, klippe, ensovoorts), finansiële aspekte (inkomste van een of albei partye), toegang tot sosiale media, ensovoorts. Daar bestaan dus BAIE verskillende aspekte wat ‘n wanbalans, ongelykheid tot gevolg kan hê en waar een van die partye die posisie (mag en beheer) kan misbruik. Die tweede aspek van die versoek om vandag hier te gesels, is om op die proaktiewe en reaktiewe polisiëring van geslaggebaseerde geweld te fokus: Enige persoon kan ‘n rol in die voorkoming van geslaggebaseerde geweld speel, maar omdat dit so kompleks is, is dit ook baie makliker gesê as gedoen. Die voorkomingsaspek berus op aksies voordat dit kan plaasvind, OF die vroeë identifisering en dienooreenkomstige optredes, hulpverlening of bystand aan die slagoffer of om so gou as moontlik uit die betrokke situasie te kom… weereens nie ‘n baie eenvoudige saak nie. Dit is baie belangrik om begrip te hê vir wat dit behels ten einde in staat te wees om bepaalde optredes of situasies vroegtydig te kan identifiseer en dan op te tree OF om die persone te bemagtig deur hulle van inligting te voorsien, byvoorbeeld wetlike aspekte/hulpmiddels, prosedures wat gevolg kan word OF besonderhede van organisasies wat op hulpverlening fokus. Persone is dikwels vasgevang in situasies en hulle besef nie eers dat hulle slagoffers van die tipe geweld is nie. Geweld binne ‘n verhouding begin dikwels baie subtiel deur die gebruik van afbrekende woorde (lewer gereeld negatiewe kommentaar op die ander party se voorkoms, vermoëns, ensovoorts) wat dan later kan eskaleer. Die persoonsgerigte misdade wat uit geslaggebaseerde geweld spruit, is nie iets nuuts nie en was deur die jare al by die polisie aangemeld en deur hulle ondersoek. Die fokus op die misdade het momentum gekry, byvoorbeeld: Die stigting van die kinderbeskermingseenheid (KBE)/Child Protection Unit (CPU) in 1986 erkenning dat die hantering van misdade teen kinders ‘n ander, meer sensitiewe benadering vereis, byvoorbeeld om die ontwikkelingsfase van ’n kind in ag te neem tydens die onderhoudsvoering en afneem van verklarings; Die prioritisering van misdade teen kinders en vroue polisiëringsprioriteit vanaf 1995 geïdentifiseer; en

- identifisering van die misdade as ‘n

Die kinderbeskermingseenheid (KBE) is in 1996 omgeskakel na die gesinsgeweldkinderbeskerming- en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit (FCS) om die gespesialiseerde, sensitiewe diens ook na volwasse slagoffers uit te brei. Die motivering en insette deur vrouelede tydens hierdie en ander soortgelyke prosesse was en is van onskatbare waarde en baie daarvan was en word steeds deur vrouelede gedryf. 56 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Voor die indiensneming van vroue as polisiebeamptes, moes die polisiemanne ander planne beraam om met vroueslagoffers en verdagtes te deel. Die tiksters en administratiewe beamptes by polisiestasies se hulp was ingeroep, of as daar nie van hulle by die polisiestasie beskikbaar was nie, het van die polisiemanne sommer hul vrouens se hulp ingeroep. Later was daar spesiale matrones by groter polisiestasies aangestel om behulpsaam te wees. Baie van u sal ook onthou dat die voormalige distriksgeneeshere vereis het dat ‘n vrouelid teenwoordig moes wees tydens die mediese ondersoeke van vrouens en kinders (aanrandings, verkragtings, ensovoorts) en ook tydens die trek van bloed om alkohol-inhoud te kon bepaal. Ek glo die meeste van u kan baie staaltjies hieroor deel. Tydens basiese opleiding, het ons as studente onder andere opleiding in ondersoek van misdaad, wettereg en strafreg ontvang. Ons instrukteur, ‘n man, se gesig en ore was omtrent permanent rooi tydens die lesse oor die seksuele misdade. Van ons as jong studente, was maar in dieselfde ongemaklike posisie. Die opleiding het ook die afneem van verklarings (fokus meer of die korrekte formaat) gedek, maar nie aspekte van onderhoudsvoering nie, byvoorbeeld om die ouderdom van die slagoffer/getuie in ag te neem nie (kind vs volwassene). Na basiese opleiding, een oggend, so in my tweede week terug op die stasie as ‘n baie trotse konstabel, ontbied die takbevelvoerder van die speurtak my na sy kantoor. Hy stel my toe voor aan ‘n dame, ‘n “tannie”, omtrent my ouma se ouderdom op daardie stadium. - ek was toe 18 jaar oud en sy ver oor die 60 jaar. Die takbevelvoerder het my ‘n opdrag om haar verklaring te gaan neem, gegee. Hy het geen aanduiding waaroor dit handel gegee nie. Ek het haar na my kantoor geneem en met haar begin gesels. Sy het met haar ryk Skotse aksent verduidelik dat “iets” met haar gebeur het. Dit was baie moeilik vir haar om daaroor te praat, maar na ‘n rukkie kon ek darem vasstel dat sy verkrag was. Ek begin toe met die verklaring, soos ons in die kollege geleer het, aanhef, paragrawe, datums, ensovoorts. Na seker so ‘n halfuur sien ek dat dit vir haar baie moeilik is om met my, wat so oud soos haar een kleinkind was, te praat. Ek dink en maak vinnig ‘n plan, vra toe of sy gemakliker sal wees om dit self neer te skryf. Sy was baie verlig om self haar verklaring verder te skryf. Ek het haar gehelp om ‘n deeglike verklaring te skryf, genommerde paragrawe en al. Toe ek by SANAB was, is ek aangesê om ‘n onderhoud met ‘n drie-jarige seuntjie te voer en sy verklaring te bekom. Ek het geen idee gehad hoe om dit te doen nie, basiese opleiding het my beslis nie vir dit voorberei nie. Ek was reg met my pen en foolscap om die verklaring neer te skryf, maar het gou besef dit gaan nie werk nie. Dit het ‘n tydjie geneem, maar ek kon darem genoeg inligting bekom om ‘n aanduiding te kon kry dat sy pa onsedelike dade met kom gepleeg het. Ek was ook gelukkig om ‘n uitstekende bevelvoerder wat baie leiding verskaf het, te gehad het. Hy was die persoon wat die grootste invloed op my werk as speurder vir die res van my loopbaan gehad het. Terloops, op daardie stadium was vrouelede nie toegelaat om onder andere spesialiskursusse by te woon nie. Daar is baie uitsonderings, maar ek het gevind dat kinders makliker met vrouelede kommunikeer. ‘n sielkundige was van mening dat die jong kinders makliker met vrouelede kommunikeer as gevolg van die besondere band met haar/sy ma. Daar is ook deskundiges wat van mening is dat assosiasie ‘n rol kan speel, dat kinders makliker met ‘n vrouelid sal kommunikeer wanneer die oortreder ‘n man is. Deskundiges meen ook dat dogters en volwasse vroue dit ook makliker vind om intieme aangeleenthede met ‘n vrouelid te deel. Ek moet erken, ek het ook ondervind dat van die mans wat aan die gesinsgeweld-, kinderbeskerming- en seksuele misdrywe-eenheid (GKS) / Family Violence, Child Protection and Sexual Offences Unit (FCS) verbonde is, soms net so goed, en soms self nog beter as vrouelede met kinders en vroue slagoffers, getuies en oortreders kan kommunikeer - soos wyle dr. Irma Labuschagne, ‘n baie bekende voormalige forensiese kriminoloog, gesê het, dit hang alles af van die polisiebeampte se ingesteldheid, houding en toewyding. 57 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ons almal, huidige en voormalige polisiebeamptes speel ‘n baie groot rol in die voorkoming en bekamping van geslaggebaseerde geweld, daar is so baie moontlikhede wat ons kan benut - ek glo die meeste van ons is betrokke by een van die baie sosiale media platforms. Daar was al voorstelle, dat wanneer ons ‘n inskrywing lees en kommentaar daarop lewer, dat daar op die feite gefokus moet word en onsensitiewe, ongegronde opinies voorkom moet word. Niemand weet werklik wie almal die inskrywing/kommentaar gaan lees nie. ‘n ondeurdagte of onsensitiewe inskrywing kan ‘n persoon wat hulself in ‘n moeilike situasie bevind, afskrik om vir moontlike hulp iewers te gaan aanklop. Die teenoorgestelde is ook waar. Positiewe kommentaar kan die persoon aanspoor om wel op te tree, om iewers vir hulp te gaan aanklop. Wanneer daar kritiek gelewer word oor die swak optrede van ‘n polisiebeampte, veral met betrekking tot die hantering van geslaggebaseerde geweld, word dit aanbeveel dat dit aan die regte persoon/afdeling, byvoorbeeld die stasie-, provinsiale- of nasionale kommissaris, of Complaints Nodal Point, gerapporteer word. Enige persoon kan dus ‘n positiewe bydra lewer deur dit onder die persone se aandag te bring. Dit is ook belangrik om dit dan weer op te volg, seker te maak dat dit die nodige aandag geniet. Voor die aanvang van die verrigtinge en tydens al die geselsery, was die trots om ‘n polisiebeampte te wees of gewees het, baie duidelik sigbaar. Om ‘n polisiebeampte te wees is nie so ‘n eenvoudige taak nie. ‘n Persoon het eendag vir my, ek het toe so 35 jaar diens gehad, gevra of ek geen ambisie het aangesien ek solank in een job is. Ek het toe verduidelik dat ‘n polisiebeampte baie beroepe in een job verrig. Om net ‘n paar voorbeelde te noem, dit word van ‘n polisiebeampte verwag om op te tree as ‘n as wetstoepasser, ‘n handhawer van wet en orde, ‘n regsgeleerde, raadgewer, sielkundige, berader, maatskaplike werker, kapelaan, vredemaker, onderhandelaar, logistieke beampte, menslike hulpbronbestuurder, finansiële beampte, tikster, statikus, skakeloffisier (met media, ander departemente, organisasies, ensovoorts), projekleier, en ek is seker dat u nog hierdie lysie baie kan aanvul met nog baie ander “beroepe”. Nadat ek die verskillende funksies en beskikbare loopbane binne die polisiediens uitgewys het, was die persoon baie verbaas en het herken dat sy nie bewus was van die verskillende aspekte nie. Op daardie stadium was daar ook meer as ‘n honderd verskillende, meer formele loopbane, spesialis funksies, beskikbaar in die job as a police official. Om af te sluit Baie dankie aan Sarie van Niekerk vir die inisiatief en almal wat ‘n bydrae tot vandag se funksie en die vaslegging van die geskiedenis en die rol van vroue as polisiebeamptes, die afgelope 50 jaar gelewer het. Baie dankie aan elke vrouelid vir haar baanbrekerwerk as ‘n polisiebeampte die afgelope 50 jaar, elkeen op haar eie manier, maar ook die polisiemanne wat dit ondersteun en ook daartoe bygedra het. Mag die huidige en toekomstige vrouelede die polisie verder uitbou, die baanbrekerswerk voortsit, lede motiveer om trotse polisiebeamptes te wees – dis n roeping, nie ‘n job nie. Mag die polisievroue oor 50 jaar van nou af (2072) ook kan terugkyk op baanbrekerswerk wat hulle verrig en/of voortgesit het. Baie dankie… Brigadier (afgetree) Anneke Pienaar 1976-2018 – 42 jaar diens. (Basiese opleiding: 2de semester 1976)

58 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


59 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


EK GOOI SEILE IN DIE WIND MET MOEILIKE MISDADIGER Dalene Steenkamp Ek was vars uit kollege en reeds uitgeplaas na my stasie waar ek in die aanklagtekantoor (vandag kliëntedienstesentrum) moes gaan werk. Fiks en gesond en baie braaf het ek my nuwe loopbaan aangepak. Ek sou eers later besef alles was valse bravade en dat meer toepaslike metodes nodig wou wees. Ons het immers mos selfverdedigingsopleiding ook gehad en, ongeag my grootte, of liewer gebrek daaraan, het ek nie teruggestaan dat ek op of omgeklop kan word in enige handgeveg nie. My woelige kinderjare en menige laerskool 'barney's het my maak glo my kragte is gelyk aan die van my pa, wie 'n outydse 6vt 5dm lank was en daarby so sterk soos 'n os, met ‘n paar hande wat beslis ook as swaargewigte sou kwalifiseer. So gebeur dit op 'n aand dat my skof se manne almal uit is op 'n klag van 'n kroeg geveg en moleste en ek die aanklagtekantoor stoksielalleen moes beman. Later kom hulle daar aan gery met 'n man, goed aangeklam en duidelik ook bietjie getimmer. Ek moet vir mnr X eers bietjie in die selle inboek, want hulle moet terug om die laaste rondtes van die geveg te gaan besleg. Mnr X is redelik wankelrig op sy voete, maar slimmer as die spreekwoordelike houtjie van die galg. Aangesien ek hom nie mag visenteer, vra ek toe maar mooi dat hy asseblief sy skoenveters moet uitryg, sy lyfband moet afhaal, sy horlosie moet afhaal en sy beursie moet uithaal en aan my oorhandig. Die beursie was in sy agtersak toegeknoop. Redelik gehoorsaam gee hy my die skoenveters en sy lyfband. Toe dit egter by die horlosie en beursie kom, toe kom die muil in hom uit en hy skop vas. Ek moet dit kom 'vat'. Ek vra toe maar weer mooi, maar hy skop steeds uitdagend vas: "Kom vat dit." Toe gooi ek maar seile in die wind, teen alle beterwete in. Ek maak hom met sy hande teen die muur staan, bene uitmekaar en rugkant na my gedraai. Ek haal sy horlosie af en sit dit op die toonbank en toe ek sy beursie wou uithaal, draai hy net om en vat weer die horlosie en sit dit terug aan sy arm. Tjoef, skakel my geduld knoppie toe net daar af. Maak hom weer omdraai en herhaal proses om hom onder bedwang te kry. Hy sit hom weer tee. Kaboom, daar gaan die lont in my toe af! Ek maak hom weer teen die muur staan, maar die keer verder terug sodat hy moet vooroor leuen, bene uitmekaar en nou is ek reg vir hom. Net toe hy weer sy truuk probeer, die keer met meer moeite, want nou moes hy amper 'n staande push-up doen, gaan ek met my volle gewig agter hom in en moker hom met die voorarm, kop eerste, in die muur vas. Ek dink sy ken het die muur net op die regte hoek getref en natuurlik was sy bewussyn lank reeds nie meer normaal nie. Daar sak mnr X grond toe, uit soos 'n kers en begin snork hortend asemhaal. Ek skrik my adrenalien vlakke tot in die hemel in. Draai hom in die recovery posisie en hol in die stoorkamertjie agter die aanklagkantoor in, waar daar genadiglik 'n wasbak en 'n groot plastiek waterbeker was. So twee bekers water later begin hy proesend bykom. Op daardie oomblik arriveer die skofmanne weer terug en nou wil almal weet wat het gebeur. Mnr X kom sukkelend regop, gaan sit met sy kop tussen sy hande vooroor op die bankie langs die muur en stotter. "Die vrou het my so gemoer. Nie eers 'n man het my al so gemoer nie."

60 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


HOND SKELM IN KAMER AANGEHOU TOT UITGEVANG Mariana Linde (Myburgh) Ek is op 9 Oktober 1957 in Windhoek in die destydse Suid-Wes Afrika (vandag Namibië) gebore. In 1960 het ons na Suid-Afrika verhuis. Ek is die vyfde kind van sewe. Ek het in ‘n Christelike huis grootgeword en my ma was ‘n tuisteskepper. My pa was ‘n skrynwerker maar hy het later ook huise gebou. Vandat ek kan onthou was my pa ook ‘n reservis in die polisie. Van kleins af was ek mal oor diere, sover ek kan onthou het ons altyd ‘n hondjie gehad. Ek was maar die een wat altyd by die honde was. Basiese integriteit was van kleins af by ons kinders ingedril, jy vat niks wat nie aan jou behoort nie, jy vertel nie leuens nie en alles wat jy doen, doen jy na die beste van jou vermoë, asof jy dit vir die Here doen. Alles wat met jou gebeur het, het ‘n doel gehad, was my ouers se siening.

Vandat ek kan onthou wou ek ‘n dokter word en later ‘n veearts. In die aande as ek klaar huiswerk gedoen het, het ek seker gemaak die hond is veilig in sy slaapplek net buitekant die agterdeur in ‘n kas. In std. 8 (vandag bekend as gr.10) het ek ongeveer 21:00 klaargemaak met huiswerk. Ek het verkies om vroeër te gaan slaap en eerder die volgende oggend vroeg op te staan vir toetse en 61 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


eksamens. Daardie spesifieke aand het ek nie by die agterdeur uitgegaan om die hond ‘nag te sê’ nie. Ek was in die badkamer toe ek gehoor dit klink of die hond goed op die stoep rondsleep. Ek het met hom geraas maar wat hy ookal gedoen het, het nie opgehou nie en ek het die badkamervenster oopgemaak om met die hond te praat aangesien almal in die huis al geslaap het. Die oomblik toe ek die venster oopmaak kyk ek reg in die gesig van ‘n swartman. Dat die venster nie gebreek het toe ek dit toegeklap het nie is ‘n wonderwerk. Ek het gegil en dit het soos ‘n ewigheid gevoel voordat my ouers wakker geword het. Toe my pa by die kombuisdeur uitgaan, was die swartman nog daar, hy het een of ander rede gehad hoekom hy daar was. Wat ons opgemerk het, is dat sy broek aan die voorkant van sy knieë af nat was en dit was duidelik dat hy op die knieë voor die kaste was waar die hond moet slaap. Die groot vraag was: Het hulle my bewegings geken, my dopgehou en my dalk ingewag? Ek het dit daardie tyd nooit besef nie, maar dit moes ‘n groot invloed op my gehad het, my punte in die skool was nooit weer dieselfde nie. Nodeloos om te sê het my planne om veearts te studeer gesneuwel. Ons was 150 eerstejaars en slegs 75 hiervan geword gekeur vir Onderstepoort en natuurlik die studente met die beste punte. Toe ek in matriek was, was ons diaken ‘n oom Robinson, polisie se werwingsoffisier in Welkom. My ma was siek en hy het haar besoek, vir my gevra wat gaan ek doen na skool en my antwoord was dat ek universiteit toe gaan. Hy vra toe hoekom ek nie by die polisie aansluit nie. Dit was 1975, my ouers was nie ten gunste daarvan nie. Ek is universiteit toe in Pretoria. In my tweede jaar 1977 verskyn daar ‘n artikel in die destydse Brandwag oor die vrouens in die polisie (ek het nou nog daardie tydskrif). Ek het ‘n afspraak met brig. Duveen gemaak en ek het nog haar brief ook. Toe my ouers weer sien moes hulle teken vir hulle toestemming. Julie 1977 is ek kollege toe, seker omdat ek ouer as die ander dames was, was ek pelotonleidster. Vinnig het ek besef dat jy “anders” as die ander student is, daar is ander verwagtinge vir jou. Ek kan nie die situasie onthou nie, maar moes een dag as my straf ‘n opstel skryf oor “hoe ek my plig as pelotonleidster opneem”, daardie opstel het ook nog. Desember 1977 na uitpassering is ek verplaas na Welkom, radiobeheer. Een aand moes ek die manne op die voertuig vergesel na ‘n huismoles saak. Ek het die vrou baie jammer gekry, maar tog gevoel ek het iets vir iemand beteken. Maart 1978 kry ek ‘n oproep van brig. Duveen sy vra of ek sou belangstel om 62 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


kollege toe te kom as drilinstrukteur. Hier het ek my eerste ervaring gehad dat alles met ‘n doel gebeur. Ek was verloof aan ‘n hondeman, die ou het my nie eers gevra nie, toe ek weer sien toe koop hy ‘n ring. As ek in Welkom gebly het, het ek dalk met die man getrou, maar ek is Pretoria toe en dit was my “redding” uit die verhouding. In die kollege was dit tussen my en Lanie Mizen wie die werk as instrukteur sou kry. Oom Daan Rossouw het my voorgetrek en tips gegee wat ek moet doen as ons getoets word. Om ‘n Lang storie kort te maak, ek is aangestel as drilinstrukteur. Ek sou wat wou gee om in die hondeskool te kon werk met die honde, maar jammer, vrouens word nie opgelei as hondehanteerders nie. Ek het my werk baie geniet en was daar tot begin 1982. Intussen hou ek ‘n hondjie aan in Rosehof in my kamer. In die oggende neem die student die hondjie in ‘n mandjie na Neels by die skakelbord en in die aande as ek klaar gewerk het in die “Nat kantien” gaan die hondjie weer saam kamer toe tot een aand toe kapt. Elize van Zyl (Visser) in my kamer instap en uitgevang! Ek moes toe van die hondjie ontslae raak. Ek is in Julie 1981 getroud met Frans Linde, ‘n lid van die hondevertoongroep. Skielik mag vrouens nou ook opgelei word met honde, weer eens, jammer nie getroude vrouens nie. Frans koop ontslag en ons verhuis na die Vrystaat en ek werk weer by Welkom polisiestasie. Hierdie keer land ek by die store, kon net nooit daarin slaag om ondersoekwerk te doen nie. Dit het regtig vir my bewys as jy goed is met administrasie, dan is dit jou voorland. In 1984 is ons eerste baba stil gebore en Frans sluit weer by die Mag aan en ons is terug hondeskool toe. Administrasie my voorland, beseringsrade ensovoorts. In 1986 kry ek die pos stafoffisier van die bevelvoerder van die hondeskool en in 1987 is ons seun, Gerhard, gebore. In 1987 is Frans bevorder tot offisier en moet hy uitgaan na ‘n honde-eenheid. Ons kry Middelburg in die destydse Oos-Transvaal (vandag bekend as Mpumalanga), bly op ‘n plaas waar die honde-eenheid is. Ek is op die stasie gestasioneer en ‘n jong sersant leer my alles van hoe dinge op ‘n stasie werk. Af-entoe het SANAB my gebruik om kinders wat mishandel of gemolesteer is se verklarings te gaan neem. Glad nie ‘n lekker werk nie, maar weereens voel ek dat ek vir iemand iets beteken. Ons afdelingskommissaris is niemand minder as “oom” Robinson wat my gewerf het nie, wat ‘n wonderlike mens om mee saam te kon werk. Ons dogter word in 1989 gebore, intussen is ek verplaas na die distrikskantoor. Min simpatie van sommige mede manlike offisiere op distriksvlak. Op die laaste van my swangerskap moes ek in die gopse inry om ‘n vrou se verklaring te gaan neem wat blykbaar gedros het (destyds toe die munisipalepolisie by die mag ingeskakel is). In 1990 is ons na Bloemfontein verplaas, ek as hoof van registrasie (dis die tyd toe Welkom en Bloemfontein saamgesmelt het) en Frans as bevelvoerder van die veediefstaleenheid. Daar sien ek ‘n brief waar poste in Pretoria geadverteer word by logistiek, ons doen aansoek en ons kry dit, terug Pretoria toe. 63 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


In 1992 is ek en Frans bevorder na die Rand van en doen ons diens as Aide-de-Camp tydens die bevelsoorhandiging van die kollege In 1992 raak ek weer swanger maar dit moes verwyder word aangesien dit ‘n buis swangerskap was, die buis is toe ook verwyder. Na al die gesukkel om swanger te raak, is ek nou “veilig” aangesien ek nie voorbehoedmiddels mag gebruik nie. Ek het eers by personeel gewerk en Frans was verantwoordelik vir die kantoorakkommodasie in die land. Ek word na akkommodasie oorgeplaas, maar my pligte was woonakkommodasie. Ons doen in 1996 aansoek vir senior superintendent poste (kolonel), op ‘n Vrydagmiddag om 15:00 word ons na logistiek se personeelkamer ontbied. Ek was die enigste vrou by logistiek wat hierdie senior aanstelling gekry het. 17:00 daardie middag ontvang ek die nuus ek is swanger, 7 jaar ná ons dogter, ‘n laatlam. 64 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek ondervind na die geboorte heelwat las van my nek en my rug. Ek moet ‘n nekoperasie ondergaan, die moontlikheid ook van ‘n rugoperasie en verlaat ek die Mag in 1997 as mediesongeskik.

Bo: In die hondeskool Elke keer, by behalwe logistiek, wat ons verplaas is, was deur die toedoen van ander mense onder minder goeie omstandighede en dan later kom die waarheid rondom die verplasings uit dat dit as gevolg van ander mense was. Jy word om verskoning gevra maar dit is water onderdeur die brug. Ek glo dit het van my ‘n sterker mens gemaak, ek het dalk mense nie meer so maklik vertrou nie. Ek het nooit my integriteit of waardes prysgegee nie, dis nie altyd maklik nie maar jy kom by jou mikpunt uit as jy jou pad reguit loop. Daarom glo ek loop jou pad reguit en jy hoef nooit terug te kyk of weg te kruip nie. Ek het tyd net gedink ek was maar net die kwaai drilsersant maar wonderlik om jare later by jou studente te hoor wat jy vir hulle beteken het, sonder om dit op daardie tyd te besef. My studente kan met reg sê ek was streng en kwaai, maar ek het nooit ‘n student beledig, of gevloek nie. My ma het my geleer jy doen aan ander soos wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.

65 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek het die voorreg gehad om saam met wonderlike mense te werk onder andere genl. Bernie Mostert en genl. Alwyn Conradie in die hondeskool en genl. Westraat en genl. Stemmet by logistiek. Ons passie nou is om oud-afgetrede offisiere en kollegas op te soek en te besoek. As jong student was ek mal oor skiet, ‘n liefde wat ek by my pa geërf het. Terug in die kollege het ek onder die ervare afrigtershande van toe ao. Störm sukses behaal op die skietbaan. Ek het net nooit die hoogste sport bereik nie, want nadat ek getroud is, het ek betrokke geraak by Frans se sport, gimkana daardie tyd, nou tentpegging. Seker meer gegaan oor die perde wat gebruik is. Aan die begin moes ek saam met die studente kos maak onder die tent vir verkope gedurende die dag, dit het my glad nie aangestaan nie, want ek het al die aksie gemis. Later het ek begin telling hou op die baan. Daar was net ‘n foliopapier in my hand gestop, met opdrag trek kolomme en mak so en maak so. Daar en dan het ek besluit mens kan nie so sukkel nie veral nie as daar 10 verskillende items deur die dag is nie. Ek het ‘n proforma tellingblad vir elke item ontwerp en danksy fotostaatmasjiene kon ons altyd genoeg voorafbereide vorms hê. Nou ja een ding lei tot die ander en ek raak administratief betrokke by die Polisieklub en word sekretaris. Op die baan telling gehou totdat oud brig Louis Snyman se skoonseun wat beoordeel het, vir my vra waarom word ek nie ‘n beoordelaar nie, want ek ken die sport. Dit was nou vir my ‘n lekker uitdaging, maar ek is nie so maklik aanvaar nie, want ek het nooit die sport beoefen nie en bowenal was ek ‘n vrou. Ek het tog die eerste vrouebeoordelaar geword van die sport en beoordeel my eerste Suid-Afrikaanse kampioenskappe in 1995. Vir my Volgende uitdaging word ek aangewys as die sekretaris van die Beoordelaars Unie en toe Frans president word van die moederliggaam, het die taak van algemene sekretaris op my geval. Die volgende is ek verkies tot die voorsitter van die Beoordelaarsunie. Intussen het ek myself bekwaam as afrigter en spanbestuurder en verwerf my Protea-kleure toe ek aangewys word as die spanbestuurder van die nasionale damesspan wat onder andere verskeie kere na Australië, Namibië en Pakistan getoer het. In 2015 was ek spanbestuurder van die nasionale meesterspan (bo 50) na Oman. Ek word deur Namibië en Indië genooi om op te tree as Internasionale beoordelaar van toetse wat in die onderskeie lande plaasgevind het.

66 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek het verskeie Suid-Afrikaanse kampioenskappe in die land beoordeel asook Internasionale toetse wat in Suid-Afrika plaasgevind het. In 1996 was ek spanbestuurder/afrigter van die toe Noord-Transvaal (vandag Limpopo) en vir die eerste keer in 32 jaar wen Noord-Transvaal die inter-provinsialekampioenskappe in Bloemfontein. Ek het ook in die negentiger jare ‘n madeliefie-toekenning ontvang as beoordelaar van die maand en ‘n ander keer as afrigter van die maand wat deur die Metro koerant aan uitstaande sportlui toegeken is.

KOMIESE STAALTJIE UIT MY LOOPBAAN Marlene Olivier Ek was deel van die tweede groep vrouens. Ons opleiding was van Februarie tot Julie 1973. Ons het in Rosehof gebly en ek was in peloton 17. Ek het na my opleiding op n paar stasies gewerk, meestal in uniform gewerk en ek het altesaam 23 jaar ononderbroke diens gehad. My laaste diensjare was in die 1990’s by speurtak Worcester met ‘n uitmuntende takbevelvoerder, kol Willie Neethling en net so ‘n goeie span onder hom. Persoonlik was dit vir my die beste en lekkerste jare. Ek wil graag n komiese staaltjie deel wat gebeur het tydens my dienstyd op Worcester. As mens aandiens was die naweek, was die roetine gewoonlik dat jy op ‘n Sondagoggend voor jy op nuwe sake uitgaan, jou verdagtes wat Vrydag en Saterdag gearresteer is, uit die selle gaan haal en aankla om die dossiere gereed te kry vir hof Maandagoggend. Dié Sondagoggend sit hier ‘n regte ou plaasjong voor my. Hy vertel sy storie, want hy wil ‘n verklaring maak. Die boer het al die werkers dorp toe geneem die Saterdagoggend. Hy en sy vrou en skoonpa was ook op die vragmotor. Kossies gekoop en voggies ook. Maar dit het al in die dorp begin goed gaan met die voggies. Met skoonpa meer as met hom. Nou, toe hulle by die huis kom sê sy vrou hy moet die groceries huistoe bring en sy is vort, maar hy sien dat skoonpa dit nie alleen gaan maak nie, toe help hy hom eers huistoe en het bietjie langer vertoef as wat hy seker moes. Toe hy by huis kom was die vrou toe moeilik en besig met haar mond en hy het kwaad geword omdat sy nie rede wou verstaan nie en toe klap hy haar. Sy het die polisie gebel wat gekom het en hy is gearresteer: Nou hier volg sy eie woorde waarmee hy afsluit, wat ek nooit sal vergeet nie: “maar mevrou, mevrou wéét, my vrou is nie soos ander mans se vrouens nie, mevrou wéét, ander 67 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


mans se vrouens bring vir hulle mans koffie en brood na die land toe, mevrou wéét, maar nie my vrou nie. En wéét mevrou, as ek nou met my vrou wil gesels soos ‘n man met ‘n vrou wil gesels, mevrou wéét, dan is my vrou altyd moeg of sy is vaak of haar kop is seer!” Ek wonder of daar iemand is wat nie sal weet waarvan die arme jong praat nie. Die manne sal hom dalk sommer self vrygespreek en ontslaan het. .

MY 22 JAAR OP KLEINMOND POLISIESTASIE Maria Elizabeth (Meyer) Human. (NR 0408069-6.) En so begin my nuwe lewe na skool. Ek wou graag gaan studeer het. Om ‘n geoloog te word was my lewensdroom gewees. Die moeilikste vakke geneem op skool, wiskunde, biologie, wetenskap. Sjoe. Dit was rof! Daar was egter ‘n tweeling seuns in my klas wie se pa, brig. Daniel Roux, in die polisie was. Hulle was ook huisvriende van my ouers. Daar het ek my loopbaan keuse gemaak. Een van die brigadier se seuns is ook polisie toe en die ander een het gaan studeer vir dokter. Brig. Le Roux sweer my op 2 Januarie 1984 in en ek werk voorlopig by veiligheidstak in die Paarl. Vinnig kry ek die goeie nuus dat ek met die eerste semester van 1984 se inname van rekrute my polisie-opleiding in die kollege moet gaan doen. Die opgewondenheid was geweldig groot. Nooit was ek spyt oor my keuse van beroep nie, alhoewel my wiskunde onderwyser sterk aanbeveel het dat ek in ‘n onderwys rigting moes gaan kon niks my van plan laat verander nie. Ná opleiding word ek uitgeplaas na Kraaifontein polisiestasie. Dit was ‘n jaar van erge onluste en ons het ons hande vol gehad. Die manne het die onluste onder beheer gebring en ons dames moes die stasie beman. Hierna is ek na die lughawe D.F. Malan verplaas, hier het ek nie baie lank gebly voor ek weer verplaas is nie. Die keer na Kleinmondpolisie. Hier het ek vir 22 jaar gewerk. In 2011 is ek na die rang van luitenant bevorder en as gevolg van my rangsbevordering is ek toe na Grabouw verplaas, waar ek tot 31 Januarie 2021 gewerk het toe ek met pensioen uit die polisie getree het.

68 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Gedurende my polisieloopbaan het ek baie mense bygestaan, gered, geleer, baie hartseer gesien en raad gegee. ‘n Polisieman is mos eintlik net die groepnaam van alles wat hy moet wees. ‘n Sielkundige, ‘n dokter, ‘n huweliksberader, ‘n dominee, ‘n onderwyser en so gaan die lys van beroepe net aan. In my tydperk van werk het ek vier babatjies gevang waarvan twee vroeggebore babatjies was. Gebore op ses en sewe maande van swangerskap onderskeidelik. En so het jy as polisievrou niks by jou vir hulp, nie eers water. Absoluut niks, behalwe dalk ‘n polisietrui wat dien as kombersie. Ek moet byvoeg dat die Here by was die hele tyd en ek net gehandel het deur Hom wat my gelei het. Sonder Hom sou ek dit nie kon doen nie. Dit is ‘n salige rustigheid wat oor jou kom ten tyde van die storm. Hulle is almal vandag al groot normale jongmense. Een van my ergste ervarings was toe ‘n jong seun onder n vragmotor wat bakstene vervoer het beland het. Die vragmotor het die kind vir ongeveer ‘n kilometer saamgesleep. Mense, dit was erg. Veral as jy op ‘n klein dorpie werk en almal ken die kind en sy ouers ook. Daardie nag kon ek nie ophou huil. Dit is veral erg as julle net twee lede aan diens is wat heeldag al die werk moet doen. Om daardie dag nog erger te maak het ‘n gesin wat in ons omgewing kom vakansie hou het, ‘n seun aan die see afgegee het. Hulle was nie ‘n halwe uur op die dorp toe hulle langs die kus gaan loop en ‘n brander een van die seuns van die rotse afslaan in die onstuimige see in. Ek was bevelvoerder toe die oproep deurkom. Ek sal tot vandag toe nooit daardie moeder se gille vergeet nie. Daar was ook baie selfmoordgevalle. Sommige mense kon jy red, die mes uit ‘n bebloede hand neem, jou vinger in ‘n keel druk dat pille kan uitkom maar in vele meer, ander gevale was jy ongelukkig te laat. Dan moet jy sterk wees om daardie familie te kan bystaan. Baie van die mense was mense wat jy persoonlik geken het. Johannes Kerkorrel was onder andere ook een van daardie hartseer mense. Die een nag wat ek nagskof gewerk het en toe ons ook alweer net twee lede aandiens was, skiet my kollega homself by sy woning dood. Die ander geval was weer ons takbevelvoerder se dogter wie haar opgehang het in ‘n boom, alweer was ek aan diens. So hartseer. Daardie ouers se geroep en huil bly my vandag nog by. In my loopbaan was daar net so baie ongelukstonele wat ek bygewoon het. Stukkende mense wie jy aan die lewe moes hou terwyl daar vir die ambulans gewag is en die mediese personeel kon oorneem. 69 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek is die moeder van twee seuns, my een seun is erg gestremd en het 24 uur sorg nodig. Sy vader was ook in die polisie. Hy was ‘n speurder. Hy was net 48 jaar oud toe hy een dag na sy 48ste verjaardag onverwags in 2017 aan ‘n hartaanval dood is. Hy was die dag in sy polisievoertuig op pad werk toe want hy was op speurdersbystand toe hy in die motor aan die hartaanval dood is. Dit was ongelooflik tragies. Dit het drie jaar geneem voor sy pensioen aan sy gestremde seun uitbetaal is. In Januarie 2018 is ek gediagnoseer met borskanker. Ek ondergaan ‘n mastektomie en na baie trauma, hartseer en depressie en natuurlik chemoterapie is ek na een jaar in remissie en is steeds skoon van kanker. Ek dank die Hemelse Vader vir sy genade. Desember 2019 ondergaan ek ‘n groot rugoperasie, een van my rugwerwels het terug geskuif en ‘n sist het gevorm wat my senuwee begin toegroei het. Deur dit alles het ek steeds probeer werk. In Januarie 2021 het ek bedank. My lyf kon net eenvoudig nie meer en dit was verskriklik uitputtend om my seun te versorg, veral ná n moeilike nag. My loopbaan in die polisie het 37 jaar geduur. Ek is dankbaar oor my keuse van beroep, ek het geweldig baie mensekennis opgedoen wat ek vir niks sal verruil nie. Ek het baie mense gehelp, ek het baie hartseer beleef, maar ook baie gelag en gelukkige tye gehad. In my hart sal ek altyd ‘n polisievrou bly en altyd help waar ek kan.

70 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


71 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


MY CAREER IN THE SOUTH AFRICAN POLICE Aure (Haughton Badenhorst) Coetzer

I started my career as Aurè Haughton on 12 January 1994 at the then Pretoria Police College, so when South Africa became an internationally accepted democracy in 1994, when President Nelson Mandela was elected as first President of the new South Africa, bringing the era of "apartheid" to an end, I was four months a member of the South African Police. June 1994 I was placed at my first station - Swartruggens Police, as Charge Office Commander. The new democratic order brought about many changes in the country and had a substantial impact on policing. As a 19-year-old I had to grow up fast to keep up with all the changes. I was transferred to Rustenburg Police in 1995. I started after hours with my studies in Policing, to empower myself to perform my duties more effectively. During 1996 I got married (my surname changed to Badenhorst) and I got promoted to Sergeant.

72 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


In 1997 the then Area Commissioner, Commissioner Scholtz, asked me to transfer to Discipline Management at Marico Area and be part of a three-member disciplinary trial team for Marico Area, which I did, and where I served until 2003. In the meantime: *I got promoted to Inspector/Warrant Officer in 1999. *I’ve finished my Diploma and my BA degree in policing *I gave birth to my two sons - Izak in 2001 and Tiaan in 2002 I only left Marico Area in 2005 when my husband started another job in Limpopo and I transferred to Namakgale police, where I was placed as Human Resources Commander. In 2007 my husband started another job in Rustenburg, and I was transferred back to Rustenburg Accounting Station where I was fortunate to work with a lot of hardworking, loyal members that I already knew. During 2008 my husband had his first- of several heart attacks, and we lost our house. He eventually passed away in 2014 of a heart attack. At the end of March 2017, I had to make a very difficult decision to resign due to financial difficulties. It was a very hard decision to make because I am a police officer at heart. November 2017, I got married again and my surname changed to Aurè Coetzer. My previous Commander, Lt Col. Maimane helped me to apply to be re-enlisted and I was fortunate to start on 1 January 2018 at Boitekong Police as Acting Human Resources Commander under the command of General Adams. At this station I've learned a lot of life's lessons. I've worked very hard and was fortunate to be promoted to Captain at Koster Police as Support Commander in October 2019, where I am currently stationed and serving with great pride. At this station, under the command of Lt Col. Setlhalogile, I get the opportunity to Act as Station Commander when the opportunity arises, and it help me to learn and to grow. In my police career I saw it all, the good, the bad and the downright ugly. Sometimes I was emotionally and physically drained. Although the Government empowered me to compel individuals to comply with the law, allowed me to stop and search, detain, cite, arrest citizens, and use the necessary physical force, as a police official I respect life and liberty. 73 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


I am sensitive and inclusive, treating everyone with dignity and respect guided by the principles of justice. I take pride in whichever department I am serving, and I am committed to excellence. I've learned to stand by my fellow officers in the face of danger and in extreme difficulty. To have compassion, empathy, mental agility, kindness, patience and self-discipline because. I AM A POLICE OFFICIAL

Aure Haughton Pretoria College 1999.

74 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


MY LOOPBAAN BY DIE POLKOL HOSPITAAL Wilmarie van Aswegen Ek het op 1 Januarie 1988 begin werk by die Pretoria Polisie kollege se mediese afdeling, oftewel Polkol hospitaal. Dáár bo op daai berugte bult. Op daardie stadium het die weermag se dienspligtiges soos dokters, tandartse en soms aptekers, hul diensplig daar verrig. Die permanente susters was van die departement van gesondheid en deeltyds van verpleegagentskappe. Die mediese afdeling het seker 30 of meer personeel (PSA en SAP lede) asook ongeveer twaalf skoonmakers gehad. So as ‘n jong suster, vars uit my opleiding, het ek met groot opgewondenheid my loopbaan aangepak. My man was ‘n drilinstrukteur in die kollege en ons het op die perseel gewoon. Dit was ook die jaar wat meningitis in die eerste semester uitgebreek het. Die hele kollege was onder kwarantyn. Ons het daai jare ook nog bloedgroepering gedoen vir die dogtags. ao. Ham Retief was ‘n medic en het ook altyd gehelp om die ongeveer 2 000 studente (elke ses maande ‘n nuwe groep) in te ent, en bloed te trek. Dan het ons sommer al 06:00 soggens begin. My man is in 1991 verplaas na Lyttleton, en na sy offisierskursus het hy by indiens- en gespesialiseerde opleiding, streek H1 Noord Transvaal begin werk. Met die verloop van tyd het departement gesondheid en die weermag onttrek en ek is departementeel oorgeplaas na die polisie, dit was ongeveer in Februarie 1992, en ek was bevoorreg om deur my man ingesweer te word as ‘n ao. Ek het ‘n twee weke basiese opleiding vir vakkundiges in die kollege bygewoon. In Februarie 1993 het ek die laaste verkorte offisierskursus vir vakkundiges in die Paarl bygewoon. Die legendariese Patrollie Nel was toe al in die Paarl en ek het elke dag saam met hom kollege toe gestap. Ek moes omtrent hardloop op my hoë hakskoentjies om by te hou. Ons vakkundiges het almal civies gedra. Ds. Innes Benade was ook destyds op daardie kursus. Op 1 Julie 1996 is ek bevorder van luitenant na kaptein. Daarna was ek gelukkig om in 2011, die eerste rondte vry bevordering na majoor te kry, saam met die welbekende kapt Siebrits. Op daai stadium was ek die offisier in die kollege wat die langste in die rang van kaptein was. Die range van luitenant en majoor het intussen weggeval toe daar in 1996 oorgeskakel is na ‘n ander rangstrukture. Die interessante deel van my werk as suster by die mediese afdeling was seker maar die dae waarop inspuitings aan die student gegee moes word. Dan het die studente in rye gestaan en elkeen moes maar sy of haar mou of moue oprol. Soms was daar twee inentings op dieselfde dag. Party 75 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


het maar rondgespring en ge-oe" en ge-"aa", maar gespuit is hulle gespuit. Die groot werk rondom die inspuit dae was nie soseer die fisiese spuitery nie, maar die voorbereiding. Dit het begin met beplanning soos waar die studente ingepas kon word in die eerste week op die program. Die apteker het reeds die spuite/naalde/skoonmaakgoed en entstowwe bestel. Wanneer dit ontvang word moes ons dit vinnig uit groot polistireen koelhouers uithaal, en in yskaste kry. Dan uit verpakkingsmateriaal haal. Sommige entstowwe het in enkeldosisse gekom, verpak in ‘n boksie sowel as ‘n plastiese geseëlde houertjie. Intussen moet dit heeltyd koud gehou word. Dis maklik as die vaccine in ‘n voorafbereide spuit kom soos die flu vaccine. Sommige het egter in poeier vorm en water in ‘n gekom botteltjie wat gemeng moes word. In ‘n enkel of as jy gelukkig is ‘n 10dosis bottel. As dit gemeng word, moet dit net voor spuitsessie gemeng, opgetrek en koud gehou word. My kinders en man het natuurlik altyd van die vaccines gekry wat nie gebruik is nie, en het geweet as ma met die koelhouer by huis opdaag, dan moet hulle maar in ‘n ry kom staan. Major Mom is home! Moet natuurlik ook nie die gehate/geliefde Voltaren-spuite vergeet nie. Die studente is gewoonlik bang vir die eerste ene, maar dit word gou hul gunsteling. Ek het in my loopbaan seker meer inspuitings gegee as enige ander persoon. Ek het baie selde in polisieuniform gewerk. Die arme student skrik hom stokstyf as hy vir n persoon in ‘n polisieuniform moet vertel van sy pyne en skete. Dit was altyd lekker om met die studente te werk. Aan die begin was daar nie ‘n groot ouderdoms verskil tussen my en die student nie, maar met die jare het die verskil al groter geword. Op ‘n dag besef jy skielik hulle is jou kinders se ouderdom. Met die jare het die mediese personeel verminder. Mense is op pensioen, het bedank of is verplaas, maar poste is nie weer gevul nie. Meer en meer werk het bygekom. Tot en met Maart 2021 was ons net drie polisielede, waarvan ek, en die apteker, Sandra Diedericks, twee van die drie was. Die derde lid van die polisie was die kaptein wat die administrasie en personeel moes hanteer. Lt. kol Diedericks het Maart 2021 afgetree. Tans is ons net sewe lede by medies. Ons is vanaf 2016 uitgeskuif na Heidehof wat natuurlik glad nie geskik is vir ‘n siekeboeg en spreekkamers nie, maar ons werk maar met wat ons het. Op die stadium geniet ek nog om met die studente te werk, maar die gebrek aan basiese hulpmiddels maak my gedaan. As daar ‘n sieke op ‘n Vrydagmiddag instap, wat sê hy is al ‘n paar dae siek, dan vertel ek in my kwaai stem dat hy mos weet siekparade is 06:30 in die oggend. Dan vat ek aan die sieke en voel hy het koors. Onmiddellik versag my kwaai stem outomaties en doen ek maar weer my bes om telefonies ‘n voorskrif by die dokter te kry, en te reël dat die medikasie afgelewer word.

76 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ons noem die studente nog steeds ons "kinders" al is hulle eintlik grootmense vandag Nie meer die grootoog 18-jariges van ouds nie, maar hulle is mos maar ons polisiebabas totdat hulle as volwaardige lede van die polisie uitpasseer. As nie-funksionele lede het ons ook meestal jaarlikse skietoefeninge bygewoon. Ons bekwame skietkunspersoneel het ons altyd met groot geduld gehelp. Die moeilikste deel was om op skietbaandag jou velddraguniform aangetrek te kry met al daai belde, holsters, magasynhouers en daai boots met die lang, lang veters. In 2018 was dit die admin-kaptein wat altyd die studente moet inlig oor die mediese afdeling se rol op siekverlof. Grote griet, ek is net eenvoudig ingelig dat ek oor ‘n uur met ongeveer 1 000 studente moet praat. Een uur later moes ek weer dieselfde storie vir die volgende groep herhaal. Nou hierdie suster kan ‘n een-op-een of selfs ‘n een- op-tien gesprek hanteer, maar ek is nie ‘n instrukteur nie! So, op die ouderdom van 54 praat ek vir die eerste keer in my lewe voor ‘n gehoor. Ek het dit darem oorleef en daarna selfs ‘n gesondheidspraatjie op ‘n Vrouedag-funksie gelewer. In 2020 het ons almal die eerste keer begin hoor van SARS -Cov-2 virus wat in China uitgebreek het. Vinnig het die woord Covid-19 n algemene nuwe woord geword en met groot ontnugtering is die eerste Suid-Afrikaanse gevalle aangemeld. Ons het ‘n nuwe era ingegaan. Daar was ‘n algehele tekort aan PPE (ook nou n huishoudelike naam). Ons het in kaste gekrap vir materiaal en ten duurste normaalweg goedkoop katoen gaan aankoop en maskers begin maak vir ons self, familie en vriende. Lockdown is afgekondig. Ons het besef 2020 gaan daar geen opleiding moontlik wees nie. Ons Training manager het gereël met ‘n winkel om materiaal en rek, uit haar eie sak (lees haar man se bonus) aan te koop. Sy het gevra vir hulp om 200 maskers vir personeel te maak. Op ‘n polisiesalaris het ek geleer dat niks verlore gaan nie, en dus presies uitgewerk hoeveel materiaal benodig word. As gevolg van die dringendheid het ek gedurende die Paasnaweek 228 blou maskers gemaak. Tot die sekuriteitsdienste het 34 swart maskers gekry. Daarna het ons begin eksperimenteer met allerhande verskillende vorms en patrone. My een seun het ‘n patroon vir ‘n “baardmasker"-ontwerp en dit het ook ‘n groot treffer geword onder die baardmanne. In die kantoor wat sedert 2016 gedien het as "apteek" het ek en lt.kol. Sandra Diedericks ons naaldwerk vaardighede beoefen. Ek het opgehou tel op n totaal van ongeveer 400 maskers. Die res van die jaar was ons besig met verskeie naaldwerkprojekte vir dames en dogters in nood. Ook gebreide handpoppies met masker en al, wat aan gesondheidspersoneel uitgedeel is om waardering te toon vir hul harde werk. So tussen al die vergaderings rondom nood verkryging van 77 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


saniteerders, rondbel vir billike kwotasies, totdat dit deur die normale kanale gedoen kon word en beplannings vir toekomstige innames was die meeste van die kollegepersoneel dus nie net op n lekker rustydperk soos algemeen gedink is nie. Ek was in 2020 ook vir die eerste keer op n paneel vir evaluering van " intern" poste aansoeke, vir kandidate wat aan al die vereistes voldoen. Dit was nogal ‘n vreesaanjaende proses vir my persoonlik, want jy sit letterlik met iemand se brood en botter in jou hande. Daarna is die onderhoude gereël en gedoen. Dit was ook ‘n interessante ervaring, maar wat ek verkieslik nie weer wil doen nie. Oor die jare het ons lewenslange vriendskappe gevorm en ons het ook vriende tragies verloor. Aloepark was altyd n lekker kuierplek toe dit nog bestaan het, en ons het heerlike Vrydag-etes daar gaan geniet en ook die dansaande saam met die SAPS dansorkes met ons pragtige JJ Tolmay wat sing. Jaareindfunksies was aandrok funksies en almal het behoorlik uitgehang. Die offisiersfunksies met ons bobbejaanpakke oftewel tafeltenue, was ook onvergeetlik. Sjoe, jy was gemeet en gepas en weer gemeet en gepas. Daai pakkie was NET vir jou, spesiaal gemaak. Klein Bobbieland, die kollege se eie kleuterskool is oopgemaak en ons kon ons kindertjies met ‘n geruste hart naby jou werkplek aflaai. Tuin kompetisies is gehou vir diegene wat op die perseel gebly het en ons het groot gegaan. Ons tuine was pragtig. Woensdae- en Saterdagaande was daar fliek gewys in die gemeenskapsaal. Die melkkantien was destyds altyd volgepak met voorraad, en menige instrukteur kon ‘n ekstra geldjie verdien as hulle daar gaan werk in die middag as kassier. My oudste kind is in die NG Kerk Polisiekollege gedoop, en my man was ‘n diaken in die kerk. In Mei1999 het my man bedank. Maar die bloed bly blou, en dis duidelik as jou kind in ‘n Polisiehuis grootgeword het. Hulle word nou nog sommer gevra: Was jou pa in die Polisie? Ek het baie veranderinge beleef en was gelukkig baie aanpasbaar. Die polisiekollege het verander na Police Training Institution, en later na Police Academy Tshwane. Die polisiekollege bordjie wys egter nog 78 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


steeds in Pretoria-Wes se strate die rigting aan na die Police Academy Tshwane, en tussen die ouer garde is Radio Polkol nog steeds die naam vir die persoon wat alles weet.

EK BEGIN MY LOOPBAAN BY BLINKPAN Wanda Olivier April 1989 het ek op Blinkpan, by die toe Suid-Afrikaanse Polisiemag, my aansoekproses om lid van die polisie te word, begin.

Blinkpan is ‘n klein

polisiestasie

wat

steen-

koolmyne, kragstasies en talle plase bedien.

Dit is sentraal

tussen Middelburg, Witbank, Hendrina en Bethal geleë. Ek het ‘n streng keuringsproses geslaag

en gedurende my

matriekrekordeksamen

van

1989 het ek die wonderlike nuus gekry dat ek die keuring geslaag het. Die eerste treë om ‘n volwaardige polisiebeampte te word is gegee. Op 9 Januarie 1990 rapporteer ek by die polisie en word te Middelburg, Mpumalanga, werwingskantooor attesteer deur wyle kapt. Böning. Hy was die pa van hedendaagse alombekende oudkolonels, Renate Barnard en Johan du Toit Böning wat beide in die polisie-inspektoraat was, maar tans by Solidariteit in diens is. Gedurende my studente tydperk op Blinkpan was ek onder leiding van onder meer oud kol. Rudi van Wyk wat verlede jaar uitgetree het. Sondag 5 Augustus 1990 het ek by die polisiekollege in Pretoria Wes. Saam met die sangeres Nadine Blom by Alma skool gerapporteer. Ons was ‘n verkorte dameskursus van ongeveer vier maande. Ons moes party aande klas loop om in te haal wat ander innames in ongeveer ses maande gedoen het.

79 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Na kollege was ek uitgeplaas na die onluste eenheid 7 in Middelburg, Mpumalanga. Gedurende die tyd het een van ons huismaats selfmoord gepleeg, en is ek oorgeplaas terug na Blinkpan waar ek gewerk het met onder andere prokureursnavrae, vuurwapenlisensies, ensovoorts. In hierdie tydperk was dit vir my spesiaal om een van my pa se vuurwapenlisensies te kon uitreik. Ek het op Blinkpan in die huwelik getree, en in 1992 is ‘n baba dogter Rianda, gebore. Daarna was ons as gesin op Ogies, naby Delmas vir ongeveer tien maande gestasioneer, en daarna terug na Middelburg Mpumalanga waar ek eers op stasievlak diens verrig het in die aanklagtekantoor. Gedurende hierdie tyd is ‘n seun Ruan in 1994 gebore. Eendag het ons distrikskommissaris my op die trap geroep en gevra of ek MIOVS toe wil gaan by die provinsialekantoor wat ook in Middelburg is. Ek het dadelik ingestem. In 1996 is ek met aansoek na Thabazimbi verplaas en in 1997 geskei.

Ek het in die

aanklagtekantoor dienste verrig, en uiteindelik as die aanklagtekantoor bevelvoerder. Ek het die platteland en die mooi gebied baie geniet. Ek sal nooit vergeet dat ek eendag hier op my eie met my privaat voertuig na ‘n klagte gejaag het, aangesien die polisiëringsarea so groot is, en die klagtevoertuig meer as ‘n halfuur se ry weg was, en gehelp het om ‘n inbreker in ‘n huis se plafon uit te haal nie. Op my sykouse, omdat ek my netjiese polisie platformskoene reeds met my aankoms op die grasperk uitgeskop het. Ek het my huidige man ontmoet, en ons is in 2000 getroud. Ek is eers na ons troue na die Wonderboompoort-polisiestasie; geleë in Pretoria, verplaas. Ons baba dogter Michaela is later dieselfde jaar gebore. Persoonlik het ek my grootste persoonlike groei as ‘n dienende lid op Wonderboompoort ervaar. Ek het verskeie poste gevul en met die suiwering van poste het ek die trotse werk as ‘n korporatiewe kommunikasiebeampte verrig, of woordvoerder of skakelbeampte, kies maar.

80 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek het ongelooflike werkstevredenheid ervaar. Ek het soveel mense ontmoet wat groot rolle in my direkte gemeenskap en die breër gemeenskap gehad het.

Ek het fisies ongeveer honderde

suksesstories van my polisiestasielede na alle mediaplatforms gestuur en kan ek vandag nog met verskillende aanspreekvorme ge-Google word. My plaaslike knock en drop koerantjie, die Rekord, was weekliks na ongeveer 28 000 huishoudings in die Moot-area versprei. Dit het ook baie gebeur dat van die stories in die Rekord van ander areas versprei is. Hierby kan ek hoofstroom media, radio en televisie ook voeg.

Saam met Jay van die sanggroep EDEN. Hierdie was ;n fondsinsamelingprojek genaamd Jay’l a Victim Ek kan spog met ‘n paar voorbladstories op verskeie koerante, Servamus self en ook die SAPS Journal. Ek het ook baie van my eie pamflette ontwerp wat tydens misdaadvoorkomingsoperasies gebruik is. Dit het my soms baie verleë gemaak om so in die openbare oog te wees. Kinders sou met my op enige plek begin praat, met hul ouers wat baie onseker was, en moes dan verduidelik wie ek was. In ‘n paar geleenthede is ek deur kinders as die stasiebevelvoerder aangesien. Kinders is natuurlik my sagte plek in die lewe. Met ‘n ander voorval was ek en die destydse joernalis van Rekord, Henry Lazenby, by ‘n koffiewinkel waar ons die week se nuus bespreek het toe ons skielik onderbreek is 81 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


vir selfies en handtekening. Op ‘n ander geleentheid sit ek en my dogter by die fisioterapeut. Omdat die spreekkamers baie stil was het ons op daardie tydstip gesit en fluister, die volgende oomblik het die bestuurder uitgestorm en in ‘n klipharde stem uitbasuin; “is jy Wanda? Is jy dié Wanda Olivier?” Ek was natuurlik baie verleë. Stories wat my die meeste geraak het. Ek was nog in matriek toe Gert van Rooyen kinders ontvoer en laat verdwyn het. Ek het nooit gedink hierdie gruwelhuis gaan in my polisiëringsarea wees nie.

Maar het ek die voorreg gehad om

Herman Wapenaar, die broer van Annemarie Wapenaar te ontmoet, ons is steeds vriende. Ek het ook bevriend geraak met Joan Horn (vandag Seyffert), die meisie wat wel kon ontsnap.

Ek

respekteer hierdie families en gesprekke wat ek met hulle gehad het, ek hoop dat daar eendag vir hulle antwoorde iewers sal wees. My pad het na brig. Leonie Ras gelei. Sy het verskeie loodsprojekte met tegnologie gedoen. Ons was as stasie gelukkig om ‘n klomp van die toerusting te kon toets. Die toerusting, as hulpmiddels om misdaad te bekamp, was reeds elders in die wêreld suksesvol gebruik. Dit was ‘n opwindende en wonderlike leerskool. Dit was onder meer Drugsmart Cup, ‘n 360 grade kamera wat op ‘n voertuig geïnstalleer kan word, ‘n dwelmtoetstoestel wat met spuug en sweet werk, bodycam kameras wat lede kan dra met elke dag diens om tonele af te neem en om lede in situasies te kan beskerm, dashcam kameras, ensovoorts. Ons het ook die wonderlike offisier en mens wat sy is leer ken en my respek vir haar is eindeloos. Dit was ook ‘n voorreg om wyle ao Stoffel Holtzhauzen, verbonde aan Pretoria Noord polisiestasie, na die brigadier te neem waar hy ook ‘n pad in polisie saam met haar gestap het in. Stoffel was bestempel as Pretoria Noord se Supercop, maar is ongelukkig verlede jaar terwyl hy aan diens was, oorlede. November 2007 was vir ons ‘n ongelooflike sukses toe ‘n gewese lid, wat by die honde-eenheid was ‘n verdagte reuk geruik het tydens roetine patrolliediens en sodoende op ‘n dwelm laboratorium op ‘n huurhuis in Wonderboom Suid afgekom het, slegs ‘n klipgooi van Laerskool Boerefort af. Die straatwaarde van die CAT waarop daardie dag op beslag gelê is, was ongeveer R17 miljoen. Ek was op kommunikasie bystand en ry die een middag in Paul Krugerstraat af met my dogter van agt jaar oud langs my op die passasiers sitplek. Toe ons by die verkeerslig stilhou vestig sy my aandag op die voertuig langs ons en sê vir my onomwonde dat die persoon dwelms gebruik. Die selfvertroue van polisielede se kinders wat blootstelling op die regte manier kry. Nodeloos om te sê

82 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


dat die man gearresteer is en maande later my kom bedank het vir sy arrestasie omdat sy lewe handomkeer verander het. Ek het hom egter nie herken nie, en ek was verstom oor sy vordering.

Hierdeur moet ek ook bysê dat ons as

stasielede die meeste van dwelms en verwante misdade geleer het by ao. Jacques Oosthuizen wat nog op Wonderboompoort gestasioneer is. Die man wat sy kind dokter toe gevat en ‘n dwelmarrestasie gemaak het. Ek het hom baie keer geterg en gesê dat hy sonder twyfel ‘n mensmagneet vir hierdie tipe misdrywe se suksesse was. My pad het in 2009 gekruis met die van die twee-jaar oue Carina van Durban wat in my polisiëringsarea net in ‘n winkel gelaat is. In samewerking met die hoof van ‘n kleuterskool waarmee ek gereeld gewerk het, verskeie radiostasies en ondersoekbeamptes kon ons haar ma in Durban opspoor en het ons hulle met mekaar herenig. Hierdie was vir my baie moeilik, omdat dit lewendig op my selfoon moes gebeur tydens ‘n radioprogram terwyl die herontmoeting voor my afspeel en dit baie emosioneel was. Ek sal nooit die oggend vergeet toe ‘n kollega wie se kinders by Laerskool Tuinerand was, ‘n skoolmaat se foto op my lessenaar neergesit het nie. “Sheldean Human is vermis en alle hulp is nodig.” Die skool het ná die rapportering dat sy vermis is, ingetree en het haar foto begin versprei. Sheldean Human het ‘n permanente merk gelaat.

Ek het dadelik met behulp van verskeie

instansies, buiten polisiekanale wat reeds deur Hercules polisiestasie gevolg is, begin werk om haar foto te versprei, en om haar te begin help soek. Wyle Marius Vermaak van Crisis On Call het soveel gedoen, en het soveel soektogte geloods. Sy oproep het my tot stilstand geruk toe hulle my bel en sê dat sy gekry is, hulle is op die toneel maar dat sy ongelukkig oorlede is. Daar was soveel mense en instansies wat gesoek het. Wyle brig. Piet Byleveld het die ondersoek oorgeneem en ons almal weet hoe die storie verder verloop het. Ek het ook die voorreg gehad om brig. Byleveld, of oom Piet soos wat hy homself aan ons voorgestel het, deur Brigadier Ras ontbied het. Een oggend in Februarie 2007 het die nuus deurgekom dat ‘n vrou aangeval, verkrag en vir dood oorkant die Laerskool Mayville se gr. R-klasse gelaat is. ‘n Onderwyseres wat eerste by die skool was, het vroegoggend op haar afgekom. Tydens hierdie hele saak het ons die slagoffer en haar familie bygestaan totdat arrestasies gemaak is. Sy was na die aanval vasgekluister aan ‘n rolstoel 83 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


en gestremd, maar ek was aangenaam verras toe sy en haar ma my en die res van die stasie eendag met ‘n kuier en ‘n koek bedank het. ‘n Groot voorreg was vir my toe ek Good Morning Angels van Radio Jakaranda kon kontak vir hulp toe ao. Chabbies Chabalala in 2006 oorval, geskiet en verlam in sy oprit tuis gelaat is.

‘n

Instansie het R30 000 bewillig om hom te help om sy familiewoning te omskep na rolstoelvriendelik. Hy was altyd so ‘n inspirasie dat hy

ongeag

sy

rolstoel

en

tekortkominge geweier het om siekteverlof by die huis te sit en net weer wou begin werk het. ‘n Man met ‘n vriendelike glimlag en ‘n altyd alomteenwoordige glimlag. Kollegas het na my toe gekom en vir my gesê dat hulle die betrokke oggend tydens die radio uitsending so gesit en huil het in hulle motors en maar redelik vreemd aangekyk was deur ander padgebruikers. Een van my trotste aandele was die krisissentrum, of VEC se opening in Februarie 2007 en die vele suksesse wat Else Basson en Annemarie Soupionas vir baie jare daar gehandhaaf het. Dit was met die hulp van die MEC en opleiding van dr. Pixie du Toit asook UNISA se nagraadse-studente bedryf. Geen vraag om hulp was ooit weggewys nie. Met possuiwering het die sentrum na ‘n ander lid verskuif. Ek het ook baie hartseer oomblikke beleef, van doodsboodskappe oordra, staan op tonele waar mamma en ouma dood is terwyl baba van 10 dae oud onderstebo in sy motorstoeltjie hang. Dood van kollegas en pertinente gemeenskapslede waarmee ek saamgewerk het.

Bywoon van

begrafnisse. Die hardekwas publiek wat mens deurentyd teëgekom het. Ek het ook my eie geskiedenis waar daar ‘n misdadiger in my lewe betrokke geraak het, maar kon ek die persoon deur hofverrigtinge reguit tronk toe stuur. Soveel, en te veel stories om daaroor te praat en alles te onthou.

84 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek het soveel oomblikke beleef, maar niks het my voorberei op die ongelooflike liefdestaak om in 2015 uit te vind dat ek ‘n ouma gaan van ‘n van ‘n dogtertjie Leané, gaan word wat eersdaags sewe jaar oud word nie. Met ons hersaamgestelde gesin het die res vinnig gevolg met Aiden (4), Flynn (3), tweeling Zian en Zandré (3) en Amelia (2). En hierdeur wil ek graag vir elke dienende en niedienende lid sê moenie fokus op jou gesin en kinders verloor nie, want jy gaan jouself vinnig vind waar jou eie kinders hul eie lewens lei en kleinkinders betrokke is. Die lewe is maar ‘n oogknip, fokus op die gesin rondom jou met dankbaarheid en koester elke oomblik, saam met die roeping in die polisie wat jy vervul. Polisie moet nooit ‘n werk word nie. Indien dit vir jou so voel, moet jy weet jy is lankal nie meer daar vir die roeping nie. Ek is steeds baie trots dat ek vir 25 jaar deel was van die Suid-Afrikaanse Polisie. Ek weet dat ek ‘n verskil op vele gebiede gemaak het. Ek mis die polisie en het meer onlangs probeer om heraansoek te doen, maar was dit nie vir my beskore nie. Ek het die polisie op 31 Maart 2015 as ‘n adjudant offisier verlaat. ‘n Rang wat ek vir 18 jaar plus met trots gedra het. Ek is tans betrokke by AfriNuus op sosiale platforms. Ek wens almal wat vir hierdie roeping gebore is, net die beste toe. Dit is die beste toekomsbesluit wat enige persoon maar kan neem om deel te wees van die Suid-Afrikaanse Polisie. Wees en bly trots en veilig. Servamus Et Servimus

ON NIGHT SHIFT: PRETORIA CENTRAL Maj. Gen. Sharon Schütte All sorts of everything happens in the Charge Office and indeed we as young upcoming Constables ensured that there are stories to tell decades later. The prescription period for any possible criminal charges has long since expired, so it is quite safe to share but I will withhold the name of the victim in this matter as she may not be particularly happy with me. It was a hot summer’s night shift at the Pretoria Central charge office in 1978, all of the registers had been checked and were in order, numerous mugs of coffee and tea had been drunk and it was about 03:30 in the morning when we had a surprise visit and inspection by Brigadier “Ouma” Coetzee, from the District Commandant’s office. We jumped to attention and ran around ensuring 85 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


we could produce all of the registers requested and could answer all of the questioned posed. Brigadier Coetzee was accompanied by a young female lieutenant whom the policemen in the charge office immediately decided “het ‘n houdingtjie en het geruik na die store”. It was apparent to the old male hands in the charge office that the Lt didn’t have a clue how a charge office functioned and this just fired their distaste in her. I was the only woman on duty and just observed the whole situation, quite in awe of a female officer who was quite a scarce species at the time. In retrospect she may have been one of the first female lieutenants that I had ever seen in action and here she was in her turquoise blue summer uniform with the prescribed navy-blue genuine leather gloves. I can recall her taking off her gloves and placing them neatly on top of each other on the desk where the Occurrence Book was written up. After Brigadier Coetzee had assured himself that all was in order in the charge office, he decided it was time to inspect the holding cells. The cells at Pretoria Central housed mainly male prisoners with a separate section on the first floor for women. When the Lt got up, grabbed a piece of paper and followed the brigadier, the men scoffed and wondered how she was going to manage in the male cells, this was unheard of at the time, apart from the female officers who visited the bookingin area on the ground floor and the female cells where the female matron was on duty, the rest was at the time, out of bounds. It was at this point in the charge office that a certain constable Nel decided that she needed to be bought down to earth and taught a lesson. He decided to take “revenge” against her gloves, that she left on the table whilst visiting the cells. What on earth gave him the idea I really don’t know, but he took the gloves and turned them inside out with all of the finger parts turned inside out too. He then proceeded to take a pot of thick fingerprint ink and systematically put a lump of the black gooey ink on each of the finger parts of the gloves, very neatly. He then managed to turn them back around to their original position and placed them back on top of each other, exactly as they had been left on the desk. I was absolutely mortified, especially when she came back from the cell visit and I prayed that she didn’t put the gloves on before departing. As I said in the introduction, it was very hot and she left with the gloves in hand and didn’t put them back on whilst in the charge office. It was about 09:00 the same morning when my mother came to wake me and said that there was an urgent call from the police. It was the said lieutenant, commanding me to report to her office immediately. I got such a fright and phoned my then boyfriend, Willie Schutte and asked him if he could take me to the District Commandant’s office. We worked on the same shift but he was 86 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


deployed on the patrol van and had only heard of the incident. He was full of bravado and said that they are not allowed to summons you so early as you worked night shift, we would go later. I begged him to give me a lift as I heard the wrath in the lieutenant’s voice and it was no time to make that call. He conceded and took me in. I reported to the Lt’s office and was shown inside. I was left alone probably to add pressure and to mull “over my crime”. Eventually the lieutenant came to the office and I could not fail to note that her pristine manicured nails from earlier were now black stumps and she was busy with a nail file attending to them. It would have been comical if it wasn’t so serious. She glared at me and said we women must stand together and I must have seen that somebody put black fingerprint ink in her gloves. One thing that was apparent in those times was that you don’t confess to anything, what happens on shift stays on shift and to have spoken out would have had serious consequences to me and in all honesty, I didn’t do it! I was at the most an eye-witness I tried to justify to myself. Whilst I was being grilled about the events, the office phone rang. I could hear the conversation between her and the caller. It was Const Nel, as he had been posted on duty in the charge office too, he had also been summonsed but elected to make a telephone call. He immediately confessed and apologized, he offered to buy her new pair of gloves and a box of chocolates. I just sat there and smiled and thought well there you go, now I have the upper-hand. I was excused but left there feeling ten foot tall and secretly hugely relieved that the matter had been resolved. It was strange but thereafter whenever our paths crossed the Lt was always extremely nice to me and I have, till putting this in writing, never formally admitted anything. Working in the charge office and the things we got up to were some of the best times in my career, I am sure we all have jewels to share.

87 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


OP DIE TREIN TUSSEN KAAPSTAD EN JOHANNESBURG Marinda Engelbrecht Griebenow. Ek het op 'n plaas grootgeword omtrent 20 km oos van Alexanderbaai op die grens tussen SuidAfrika en Namibië. Ons eetkamervenster het reg op die Namib-woestyn uitgekyk. Ek was op laerskool in Alexanderbaai en hoërskool was ek op Springbok en moes in die koshuis bly. Ek het nog lank voordat vroue in die polisie toegelaat is. altyd al gesê ek wil polisie toe gaan. My polisieloopbaan het begin op 14 Januarie 1980 toe ek ingesweer

is

met

mags-

nommer W86875E. Ek was ‘n plaasmeisie

wat

nie

veel

geweet het van die groot stadslewe nie en ek was maar bang vir wat op my gewag het.

Op

die

trein

vanaf

Kaapstad na Johannesburg ontmoet

ek

Lambrechts Rensburg) maatjies.

vir

Marda

(nou en Toe

ons was

Van word die

bangheid bietjie minder want ons

is

nou

twee.

Op

Johannesburg stasie verpas ons

die

trein

en

moet

hardloop met al ons bagasie vir die volgende trein na Pretoria. Ons het paradetyd in die kollege aangekom en is almal in die dienskamer om instruksies te kry. Daar kry ek binne minute my eerste uittrap. Ons was omtrent so 98 dames daardie jaar en die mans was omtrent 1 200. Ek het nog nooit so baie mans saam in my lewe gesien nie en het my vergaap. My aandag was nie by die kaptein nie en ek is dus streng aangespreek. Nie ‘n baie goeie begin nie. Ons het die Sondagaand in die kollege aangekom en die volgende Saterdagoggend laat die kaptein my roep na haar woonstel toe. Ek het natuurlik gewonder wat ek dan nou so verkeerd gedoen het 88 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


dat ek haar op ‘n Saterdag moet gaan sien. Ek gaan toe en sy laat my in en vra of ek ‘n maatjie het en ek sê ja en sy laat roep vir Marda. Sy kom met ‘n groot doos sneesdoekies en ek het nie ‘n idee wat aangaan nie. Toe Marda kom, deel sy my mee dat my pappa die vorige nag oorlede is. Ek kry ‘n week af en my boetie wat daardie tyd by Leeukop gewerk het kom saam met ‘n vriend om my te kom haal. Die vriend het kort tevore ‘n blink nuwe metaal-groen motor gekoop. Toe ons pak huil Marda so hard my Vanity tas glip uit haar hand en val op die motor en ‘n stuk verf bly in die slag. Toe huil ons nog harder. Daardie tyd was al die vulstasies in die nag toe en moes ons nog ‘n permit kry om brandstof in te gooi. Dit was nie ‘n aangename tuiskoms nie. Eendag moes ons tydens PT fiksheidklas die twee kilometer hardloop waarvoor ons nie juis lus was nie. ‘n Tyd tevore het Marda haar enkel seergemaak. Ek kan nie onthou wie die partner in crime was nie, maar ons oorreed toe vir Marda om te maak asof haar enkel weer bietjie seer is en ons moet haar help. Ons het dus nie die volle twee kilometer gehardloop nie. Ek was in daardie stadium van my lewe baie bang vir die donker. Ek het saam met ses boeties grootgeword en hulle het my so bang gemaak toe ek klein was. So korveediens in die kollege was vir my ‘n nagmerrie. Ek moes die pad langs Rosehof verby met ‘n besem vee. Dit het beteken dat jy so vroeg moet opstaan dat jy korveediens doen, jouself reg kry vir die dag en gereed wees om 06:00 ontbyt te gaan eet, want 07:00 word parade gestaan. Parade was ook ‘n nagmerrie. Ek was een van die “merkers”. Dit het beteken dat ek een van die drie langste meisies in die peloton was wat voor geloop het. Wanneer dit tyd word dat die parade klaarmaak was my senuwees ook klaar. Elke instrukteur gil op sy peloton om gereed te maak en dis ‘n geraas van ‘n ander wêreld. Ek kan nie onthou of die orkes ook gespeel het nie en ons moes fyn luister om ons instrukteur te hoor “voorwaarts mars” skree. En een oggend hoor nie een van ons drie merkers die bevel nie en toe is daar ‘n behoorlike ontsporing van die peloton. En was sy kwaad! Gedurende my tyd in die kollege is daar ‘n swemgala gehou. Om een of ander rede word ek gekies om die laaste skof van die aflos te swem. Ek moet meld dat ek ‘n bitter skaam mens was. Die dag van die gala het ek net een kyk gegee en besluit in my swembroek paradeer ek nie voor hierdie horde mense nie. Een van die ander meisies het toe gelukkig ingestem om my been ook te swem. Engelbrecht was aangemoedig oor die luidspreker, maar Engelbrecht was nooit in die water nie. Dink nie hulle het ooit iets agtergekom nie.

89 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Een oggend vroeg het ek my love letter by my kêrel gaan haal by die poskantoor. Ongelukkig kry ek die kaptein oppad terug Rosehof toe. Die brief was in my regterhand en ek het dit nodig om te salueer. Ek skuif die brief agter my rug na my linkerhand en salueer. Die oggend word ek op parade uitgetrap omdat ek ‘n offisier gestrek het. Eintlik is ek onskuldig uitgetrap. Na kollege is ek uitgeplaas na my tuisdorp Port Nolloth. Hoe die reëlings daardie tyd was weet ek nie. Al die ander Kaapse lede het trein gery tot in die Paarl en is daar kom afhaal. Om een of ander rede moes ek in Kaapstad afklim en die trein tot op Bitterfontein neem. So gemaak en ek was omtrent ‘n dag en ‘n nag op die trein want die trein stop op elke liewe dorp. Maar aangekom op Bitterfontein vra ek die bestuurder van die bus wat passasiers optel tot by Springbok of daar vir my gereël is. En hy sê toe nee. Ek het totaal en al verlore gevoel want wat nou? Gelukkig het die oom my jammer gekry en het gesê ek kan voor by hom sit. Die papierwerk kan maar later gedoen word. Ek dink hy het ook dogters gehad en seker die verlore kind jammer gekry. Ek het darem toe die huis gehaal. Op my eerste dag by die stasie word ek summier tikster gemaak want niemand wou tik nie. Ek word die stasiebevelvoerdersklerk. By gesê, ek het net standerd ses tik gehad op skool. Ek weet nie of daar nog iemand is wat desjare die SAP 6 op die ou tikmasjiene moes tik nie. Daardie tyd mag daar geen foute op gewees het nie en is omtrent in sesvoud getik. As jy op die laaste deel van die blad kom en jy maak ‘n fout moes alles van vooraf gedoen word. Dit het my teen die mure laat uitklim. Port Nolloth was maar ‘n klein plekkie. 1982 vra ek ‘n verplasing Wynberg toe en ek en Marda werk saam. Maar in verskillende afdelings. Ek werk eers skofte en elke nagskof moet ons stasie al die ander stasies bel en die misdaad tik. Dit was regtig nie ‘n aangename werk nie. Ons ore het later gebrand van die foon teen die oor vasknyp en ter selfde tyd te tik. Elke offisier het dan soggens sy kopie geneem as hy ingekom het. In 1983 is ek na drie jaar dien bevorder tot sersant die rang van sersant. Een aand op nagdiens word ons gebel deur SAP Dieprivier as ek reg onthou, dat ‘n man hom kom oorgee het en gesê het dat hy sy meisie of eks vrou (die geheue is nie meer so goed nie) en sy ses jarige dogtertjie doodgemaak het. Hulle het hom Wynberg toe gebring en hy was vol bloed. Toe hulle na die adres toe gaan tref hulle die vrou en die dogtertjie dood in die huis aan. Dit was grusaam volgens die lede wat die toneel bygewoon het. Haar seuntjie uit ‘n vorige verhouding het dit gelukkig oorleef en hulle het hom aanklagkantoor toe gebring waar ek na hom gekyk het tot sy grootouers hom kom haal het. Dit was hartbrekend. Die tragedie van die storie was dat sy sake teen hom gemaak het en dit later weer kom terugtrek het, 90 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Daarna

word

ek

hof

toe

geskuif

as

hofordonnans in streekhof B. Daar was ‘n streekhoflanddros wat daarvan gehou het om my te verneder. Hy sal byvoorbeeld as hy kom sit sê “sodra die hofordonnans vir hom dit of dat gee” kan die hof begin. Nie dat dit my werk was nie maar hy het daarvan gehou om dit te doen. My hart het gesink as ek sien hy sit die dag voor. Ek het soms gru stories in die hof gehoor en blykbaar onbewustelik my gesig getrek as iets aakligs getuig was. Eendag vang ek die aanklaer na my kyk en hy glimlag. My gesigsuitdrukkings was blykbaar baie snaaks. Ek het in daardie tyd saam met ‘n sersant Pienaar in die hof gewerk. Een oggend het hy nie opgedaag nie en het hulle my in kennis gestel dat hy die vorige aand selfmoord gepleeg het. Was baie hartseer. Eendag word ek geroep en gesê die distrikskommandant wil my sien. My hart sink tot in my kleintoontjie want ek kan nie onthou dat ek iets verkeerd gedoen het nie. Ek gaan toe met ‘n hart wat in my keel klop. Daar gekom vra hy of ek nie by die distrikskantoor wil kom werk nie. Genl. Fick se vader was daardie tyd distrikskommandant te Wynberg. Hy was ‘n wonderlike persoon en ek het vir hom net die grootste respek gehad. Ek het eers met die polisiereserwe gewerk en toe later by finansies. Een van ons pligte daagliks was om die geld te gaan in betaal en sommer ook die pos te kry. Gedurende hierdie daaglikse ekskursie het ek en beide ao. Lloyd baie sleg oorgekom. Myne eerste. Die bank het op die hoek van ‘n besige kruising gesit. Eendag ry ons en my beursie lê op die paneel en my venster is oop en met die draai slag gly my beursie uit by die venster en val presies in die middel van die baie besige kruising. Dit het mooi tydsberekening en baie systappe gekos om die beursie te gaan optel. Ao. Lloyd het weer by die poskantoor gestop, die pos gaan haal en ewe gestap tot by ‘n motor so twee rye weg van ons en toe hy die deur wil oopmaak sien hy dit is nie die polisiemotor nie. Ek het

91 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


natuurlik vir die res van die dag gelag. Hy het ook altyd as hy ‘n pastei en coke gaan koop het vir middagete ook sommer die pakkie Eno’s saam gekoop vir die sooibrand. Ek het ook eendag terwyl die nuwe stasiebevelvoerder van Wynberg by die distrikskantoor was sommer so met hom gesels en daar kom dit toe uit dat hy my neef is. Ek het baie by sy kantoor om die deur geloer en dan het hy vir my gewink om in te kom en dan het ons eers 'n sjokolade gedeel wat ek saamgebring het. Hy is jare daarna aan kanker oorlede. Gedurende die onstuimige tagtiger jare moes ons by tye die opskamer beman. Die opskamer was die eerste kantoor op jou linkerkant as jy uit die hyser klim op die derde vloer (by die distrikskantore). Een nag beman ek weer die opskamer en ek hoor die hyser se deur oopgaan onder en weer toe en dit kom op. Ek wonder toe nog wie dan nou die opskamer kom besoek. Bo gekom gaan die deure oop, niemand kom uit nie. Ek het ook die toilet hoor spoel en dan was dit net ek op die derde vloer. Iewers het ‘n spokie geloop. Gedurende 1987 vra ek ‘n verplasing terug Port Nolloth toe. Daar gekom vind ek uit ek is die enigste sersant en skielik tweede in bevel. Dit was nie ‘n maklike taak nie, want ek moes deel met baie stout jong polisiemanne, maar ek was streng en het hulle in toom gehou. Om uit te brei. Een van die jonges was seker maar bietjie verwaand of onder die prop en ry toe ‘n kragboks om in McDouglesbaai (‘n strand dorpie naby Port Nolloth) reg voor die hoof ouderling se huis. Ek stel toe ondersoek in en vra waar die polisiemannetjie is. Die res van die kalante se hy is Vioolsdrift toe en is nie daar nie. Maar wat hulle nie geweet het is dat ek toe alreeds gesien het waar hulle sy motor weggesteek het. Wel ek het streng gesê “ek gaan nou stasie toe en gee julle tien minute om die regte ding te doen”. Ek dink hulle was by die stasie voor die tien minute om was. Maar hulle was goeie kinders, net stout. Hulle het soms by my huis opgedaag, een met eiers, een met wors, een met brood en dan moes die sersant asseblief vir hulle kos maak. Op ‘n dag kom besoek die destydse provinsialekommissaris ons en ek word aangestel om sy vrou rond te wys. Terug by die stasie vra hy my uit die bloute waarheen wil ek verplaas word. Dadelik sê ek Moorreesburg en ek word verplaas op volle staatskoste. My oudste boetie het destyds op Moorreesburg gewoon en dit was wat eerste in my kop gekom het. Op 12 Januarie 1990 begin ek op Moorreesburg en werk skofte. Daardie tyd was dit letterlik een persoon in die aanklagtekantoor en een op die wa. Dit was nie maklike tye nie. Saans het ek alles gedoen wat gedoen moet word soos voorvalleboek lees, boeke nasien en J534 uitgeskryf en as alles stil raak het ek maar ‘n boek gelees. Een aand kom ek op nagdiens en sien daar is ‘n pers 92 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


ballon teen die kennisgewing bord vas gesteek. Wel, toe alles stil raak en ek alles gedoen het wat ek moes, haal ek my Stephen King boek uit en begin lees. Vir die wat nie weet nie hy skryf horror stories. Ek dink ek het dit dalk gelees om wakker te bly. In elk geval, ek lees nog so lekker toe bars die ballon. Ek is seker ek het ‘n mini hartaanval gehad. Ek het behoorlik my spoeg weggeskrik. Daarna het ek alles gedoen van vuurwapenlisensies, mensehulpbronne, finansies en later by misdaadondersoek. Gedurende 1994 is ek bevorder tot adjudantoffisier. Ek was gedurende my loopbaan ‘n adjudantoffisier en ‘n inspekteur en weer ‘n adjudantoffisier, later luitenant en toe kaptein met die rang veranderinge wat plaasgevind het. Gedurende 2011 is ek skielik bevorder tot luitenant en kry ‘n pos op Malmesbury as bevelvoerder van misdaadondersoeke. Ek het 'n uitstekende span gehad wat onder my gewerk het en ek probeer hulle besoek wanneer ek die kans kry. Ek het soms werk gedoen wat nie my werk was nie, maar wat ander afdelings nagelaat het om te doen. My stasiebevelvoerder het geweet as hy my vra word dit gedoen. Wat vir my 'n evaluasie van my werk was, was 'n boodskap wat ek van 'n vriendin gekry het na my aftrede waarin sy sê dat die distrikskommandant gesê het dat daar nie weer iemand soos ek sal wees nie. Ek het geglo in werksetiek en my beste probeer. Ek het nie "bestuur" nie, ek het saam met my span gewerk en het gewoonlik die groot take self aangepak. Ek het die pos beklee tot ek in 2018 op 57 as kaptein afgetree het om my moeder te versorg. Op 22 Augustus 2020 sterf my moeder op 93. Sy het baie gesê dat so iets nou in haar leeftyd moet gebeur verwysende na Covid19 en die grendeltyd. Ek moet erken dat aftrede in die begin lekker was. Dit het eers gevoel soos vakansie, maar toe begin dit vir my voel asof ek iets soek. As mens so lank gewerk het en skielik hoef jy nie meer vroeg op te staan en 37 km werk toe te ry en laat by die huis te kom is dit definitief 'n aanpassing. Ek en my man is beide afgetree. Ons geniet dit om uit te ry en saam met ons hondjie ontbyt te gaan eet. Gelukkig het ek aangepas en doen nou die dag net waarvoor ek lus is. As ek nie die dag iets wil doen nie, is dit ook reg.

93 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


FOTO’S BRING NOSTALGIE UIT MY LOOPPBAAN Helena Nel Engelbrecht Vandag 23 November 2021 na 13 jaar is ek besig om my foto albums te verpak in plastiek kratte sodat dit nie verlore kan gaan nie. So kom ek op my foto’s af van my kollegedae. Dit is so ‘n nostalgiese oomblik. Kosbare herinneringe, goeie vriendskappe en kameradie opgebou. Die goeie en slegte tye in die kollege. Ek is op 5 Januarie 1981 ingesweer deur my pa, sers. Kallie Nel te Clanwilliam. Vir twee weke het ek onder hom gewerk van die ou garde waar alles pynlik netjies was en dissipline eerste prioriteit. Na die twee weke was ek baie opgewonde oor my nuwe toekoms en loopbaan en neem my ouers my Paarl toe waarvandaan ek met die trein na Pretoria reis om met my opleiding te begin. Ons is ‘n klomp plattelanders in die trein. Na ‘n tranedal van my ouers en ek te opgewonde om ‘n traan te pik en ‘n verwese koebaai van hulle, het ek besef nou is ek op my eie en net 17 jaar oud. Na bitter min slaap van opgewondenheid arriveer ons in Pretoria by die kollege. Nou word ons na ons kamers verwys. Ons het al ons bagasie en ook nog n blik trommel wat twee stelle trappe opgedra moet word.

Ek

beland in peloton 26, Rosehof, tweede vloer. Hoe gelukkig was ek nie die meeste van ons wat van die Kaap af kom is in dieselfde peloton van sover as Namakwaland en Hantam. Daar leer ek nuwe vriende en ons staan bankvas agtermekaar. Natuurlik is daar ook ‘n paar Valies in ons peloton. Nou ja op ‘n drafstap begin met ons nuwe lewe. Skroprokke en alle ander uitrusting wat ons benodig word aan ons uitgereik.

94 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Die eerste paar dae leer ken jy mekaar maar net maar die helfte van die peloton ken ek nog nie eers nie. Reg oorkant my kamer het ‘n Portugese dame geslaap. Sy was so-om-en-by 27 jaar oud. Sy het ongelukkig net drie dae uitgehou. Sy het maj. Van Zyl gevloek toe kry sy die trekpas. Die nuwe meisie wat toe regoor my ingetrek het, het ons generaal Smit gedoop. Ons het natuurlik wanneer dit studie tye was heerlik in die gange gekuier met koek en nog als want wat jy ookal gehad het, het ons met mekaar gedeel met. Ons het ‘n oulike sers. Liebenberg gehad wat vir ons Koos Kokkerot se lekker chips en Russians en heerlike Kentuky Fried Chieken (KFC) gaan koop het. Dan het ons te lekker geëet, want o vadertjie tog, daardie kos in die menasie was darem nie baie op standaard nie en dan moes jy nog opgedress gewees het om te gaan eet. Nou ja, die aand van die KFC soos gewoonlik in die gang gesit toe ons maj. Van Zyl hoor aankom. Almal het geraap en geskraap wat ons kon en almal terug na ons kamers toe verdwyn. Sy gil op ons “watse blare lê in die gang?” Een van ons het natuurlik van die chips gemors wat sy toe gedink het is ‘n blaar. Gelukkig het sy ‘n bril gedra en kon nie goed sien wat dit was nie. Ons het gewoonlik by Charmaine van Rhyn se kamer gekuier. Sy het altyd blikke ingelegde perskes gehad, dan het ons darem net te lekker geëet. As ons iemand hoor aankom het, het ons soos blits in die kas weggekruip asof dit nou sou help. Ons Kapenaars het altyd bymekaar gekuier my kamer was baie keer die samekoms waar ons te heerlik gekuier het. Ek het natuurlik ‘n bedmaat gehad naamlik Milly Coetzee. Sy was baie bang gewees en het menigte nagte by my in die bed kom inkruip. Ons moes met oop deure slaap en glad nie bymekaar nie. Studietye het ek my deur op ‘n skrefie oopgelaat en dan het ek ‘n hond uit ‘n bos op my lessenaar geslaap terwyl alles nat gekwyl het. Dit was lekker dae wat jy ook soms omgebid het. Peloton 26 is bekroon as die beste drilpeleton. Ons het ook die swemtrofee ontvang danksy ons goeie swemmers. Ons het ‘n baie saggeaarde lt. Louw gehad vir PT, beter kon jy nie voor vra nie. Dan was daar ons Saterdae en Sondae wat ons kon uitgaan en Mense, ons het altyd Sterland in Sunnyside toe gegaan om te gaan fliek of ysskaats. Die aand is gewoonlik afgesluit om by die Red 95 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ox restaurant te gaan eet en ook by die immer gewilde Zillertal n draai te gaan maak. Heerlik gewees! Dan was daar nog die kwessie van kouse en ‘n hoed kerk toe dra. Ek het sommer so ‘n wit sonhoed gehad

met

‘n

slap

rand

waaronder jy lekker kon geslaap het sonder dat enigiemand kon sien dat jou oë toe is. Die een Sondag wat ek toe besluit het om sonder kouse kerk toe te gaan word ek uitgevang en moes ek van saans 22:00 tot 24:00 by die kerk strafdiens gaan staan. Ek het ook netbal gespeel eintlik maar net om bietjie uit die kollege te kon vlug, want ‘n Saterdag kan lank raak as jy nie pas het nie en ek is gereeld gestraf omdat uitgegaan het as ek geen pas gehad het nie. Ek dink die ergste oefeninge wat ons gekry het was toe ons saam met die manne geoefen het vir die Durban Taptoo. Ons is gereeld straf in die vorm van pushups op die maat van ‘n drom wat waar die een stuk oor en oor gespeel is. Ons moes ook op die plek draf met jou knieë wat amper jou ore raak en situps en dit was gewoonlik die mans se skuld gewees. Die lekkerste van lekker was daardie droë kantien se heerlike pasteie, hamburgers en die heerlike hotdogs wat die tannies op betaaldae gemaak het. Mensig, dit was lekker gewees. Ek het natuurlik uit die kantien gelewe ‘n twee liter coke, pak chips en ‘n slab sjokolade of enige hamburger wat ookal beskikbaar was. Al wanneer die kos regtig lekker was, was Sondae aande se kouevleis en slaai. 96 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


So het ons uitpassering nadergekom. Dit was hartseer want jy het geweet hier gaan jy nou afskeid van jou vriende. Niemand het geweet of sien jy hulle ooit weer nie en jy het ook nie geweet nie wat nog vir jou op jou pad in die toekoms vir jou gewag het nie. Na uitpassering het ons vir n week in die kollege agtergebly om gereed te maak vir die Tatoe. Daar het groot opgewondenheid geheers en o genade, al die bagasie. Ons moes natuurlik in volle uniform op die trein op- en afklim. Ons kon nie vir beter gevra het nie. Ons hotel was op die strand. Dit was behoorlik ‘n twee weke lange fees gewees. Ons het sulke oulike katpakkies aangehad en een aand voor ons vertoning

het

my

ritsluiter

oopgegaan en daar was natuurlik nie ekstras nie. Dit is maar weer opgetrek en gehoop en bid dit gaan nie weer oop tydens die vertoning nie, gelukkig dit het gehou.

Ons

aartsvyande, die weermag was natuurlik ook daar. Hulle het ons ‘n lelike streep getrek toe hulle ons merkers verander het. Die poets het chaos veroorsaak en dit het nie goed geëindig. Na twee weke is ons terug in kollege en is ek met die trein terug na waar ons uitgeplaas is. Ek was op George gestasioneer en het op Oudtshoorn afgeklim en daarvandaan het ek met padvervoer na George gereis. So het my loopbaan begin. Daar in George het ek my man ontmoet en in ons is in 1984 getroud. In Junie 1986 het ons Kaap toe getrek waar ek by Parow polisiestasie begin werk het. My dogter is in 1987 gebore en my seun in 1990. In 1989 het ek vir drie jaar by die veiligheidstak in Kaapstad gewerk. Baie interessant gewees. Ek het ingesit terwyl hulle gevangenes vroue ondervra het. Na drie jaar het ek genoeg gehad en ‘n gevra na uniformtak waar ek toe by Brackenfell gewerk het tot en met Januarie 1999 toe ek uit die polisie bedank het. Daarna is ons Calitzdorp toe en na drie jaar Uitenhage toe waar ons agt jaar gebly het. My man is in 1995 geboard. In 2011 het hy die Nuwe Begin Christelike bemagtiging sentrum te Beaufort-Wes 97 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


begin het. Ek het ses maande later by hom aangesluit. Dit was n behoorlike rock your boat ondervinding gewees. Hy het jongmanne wat aan enige iets verslaaf was gehelp. Dit was goeie dae en slegte dae. Elke keer as ‘n kind sy kursus klaargemaak het, het ‘n stukkie van jou hart gebreek en gewonder gaan hy dit maak of nie. Die heerlikste was as hulle jou terug gekontak het en gesê het dit gaan goed, hulle het ‘n goeie werk ensovoorts. En die ouers wat jou kontak en sê ons het ‘n nuwe seun teruggekry of hulle kind weer soos hy was voor verslawing. Weens die droogte en ander redes kon ons nie aangaan daarmee nie en van 1 Mei 2019 het ons in Struisbaai kom bly waar ons my man se suster se strandhuis onderhou en gastekamers uitverhuur. Al my ervarings en sekere goed wat oor my pad gestuur is het God ‘n plan mee gehad en daardie plan wat hy vir my uitgelê het, glo ek is nog nie voltooi nie. Ons wag dat God weer vir ons deure gaan oopmaak want ons vertrou absoluut op hom hy sal nie iets oor jou pad stuur wat jy nie kan hanteer nie. Sit jou hand in hom en vertrou.

ENGELA PETRONELLA LABUSCHAGNE “CONTESSA” Greg Deegan Op 26 Mei 2022 het ons vriendin en kollega, Engela Labuschagne, haar hoër roeping beantwoord. Hier betreur ons haar heengaan en herdenk ons haar lewe. Gedurende 1977 was ek ‘n jong speurder te veiligheidstak, John Vorsterplein. Ek het ‘n saak van sameswering ondersoek en tydens my ondersoek het ek ontdek dat die hooffigure van die organisasie besig was om ‘n ander entiteit te bedrieg. Ek het my bevelvoerder, kol. Johan Coetzee (later generaal en kommissaris) genader en voorgestel dat, in stede daarvan om die verdagtes polities te vervolg, ons eerder die bedrogsaak ondersoek. Hy het saamgestem en my verwys na lt. Engela Labuschagne, takbevelvoerder van die bedrogtak, Johannesburg. Ek onthou sy woorde goed – “sy is ‘n goeie mens en ‘n puik speurder. Ek het my kollegas gevra of iemand Engela ken, en is vertel dat sy ‘n goeie mens is, en, as gevolg van haar houding, het sy die bynaam “Contessa” gehad.

98 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Ek het ‘n afspraak gemaak om Engela te sien en het haar in haar kantoor ontmoet. Sy was vriendelik en behulpsaam en het dadelik die elemente van die saak begryp. Sy het Sheila Brown ingeroep en haar die saak toegeken. Ek en Sheila het die saak ondersoek, met Engela wat deurlopend ons vordering gemonitor het. Teen die afhandeling van die saak was ek en Engela goeie vriende. Engela is 15 Oktober 1948 gebore in Zastron, in die destydse Oranje Vrystaat, die dogter van Gert en Carina Labuschagne, van die plaas Blaauwbank. Sy het grootgeword met haar broer Gert en suster Mona. Sy was in Laerskool Zastron en het in 1966 gematrikuleer aan die Hoërskool Zastron, waar sy hoofmeisie was. Engela het aan die Universiteit van die Vrystaat opvoeding studeer en haar BA-graad asook ‘n onderwysdiploma verwerf. In 1972 was Engela een van die eerste vroue om by die Suid Afrikaanse Polisie aan te sluit na Duveen Botha. Na kollege is sy oorgeplaas na John Vorsterplein, Johannesburg, waar sy opleiding ondergaan het as speurder, en aangestel is as takbevelvoerder van die Bedrogeenheid. Later is Engela as takbevelvoerder oorgeplaas na Jeppe as, waar sy met hoë agting bejeën is. In 1984 is Engela getroud met kol. (later brig.) James Beeslaar. Hulle is na Pietermaritzburg verplaas waar Engela as stafoffisier aangestel is. Stafoffisier, afdeling KOD. Later is hulle verplaas na Durban waar Engela aangestel is as distriksbevelvoerder KOD met die rang van kolonel. In 1993 tree James af en hulle trek na Zastron, waar James die Hoffiesdal en Carina boerderye bedryf het. Engela is aangestel as hoof van die speurinspektoraat vir die Vrystaat met die rang van brigadier en het naweke na Zastron gereis. Met haar aftrede keer Engela terug na Zastron. Ongelukkig is die huwelik later tot niet, James het Potchefstroom toe getrek en Engela het die Carina boerdery bedryf tot twee jaar gelede, toe haar gesondheid begin verswak en sy by Sewe Damme Aftreeoord In Bloemfontein ingetrek het.

99 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Met die eerste ontmoeting het Engela effens afsydig voorgekom, vandaar die bynaam “Contessa,” tog was sy inherent ‘n skaam mens. Sy was baie lojaal aan familie en vriende, was altyd vriendelik en sorgsaam met ‘n skerp humorsin. Haar kleinniggie Chanèl het tere herinneringe van een van Engela se gereelde sêgoed, “jou secondhand!” en dat Engela altyd appels in haar slaaie gesit het. Enige slaai! Engela

laat

haar

kleinniggies

Mareizanne, Chanèl en Cornia en haar kleinnefies Gert en Henri agter, wie almal haar peetkinders is. Ons sal jou mis, Engela. Ons salueer jou vir jou uitmuntende en lojale diens en wens jou vredevolle rus toe

THE LIFE AND TIMES OF ENGELA PETRONELLA LABUSCHAGNE “CONTESSA” Greg Deegan On 26 May 2022 our friend and colleague, Engela Labuschagne, passed to a higher calling. Here we mourn her passing and celebrate her life. Sometime during 1977 I was a young detective at Security Branch, John Vorster Square. I was investigating a conspiracy case and in the course of my investigation, I discovered that the leading figures in the organisation were in the process of defrauding a different entity. I approached my Commanding Officer, Colonel Johan Coetzee (later Lt. General and Commissioner) and suggested that instead of prosecuting the suspects politically, we pursue the fraud angle. He agreed and referred me to Lt. Engela Labuschagne, Branch Commander of the Fraud Unit, Johannesburg. I remember well his words – “she’s a fine person and a good detective!’ 100 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


I asked my colleagues if anyone knew Engela and was told she was a good person and, because of her bearing, was known as ‘Contessa’”. I made an appointment to see Engela and met her in her office. She was friendly and helpful and immediately grasped the elements of the case. She called in Sheila Brown and assigned the case to her. Sheila and I worked the case and Engela regularly monitored our progress. By the conclusion of the case, Engela and I had become firm friends. Engela was born on 15 on 15October 1948 in Zastron, Orange the Free State, the daughter of Gert and Carina Labuschagne, of the farm Blaauwbank. She grew up with her brother Gert and sister Mona. She attended Laerskool Zastron and matriculated at Hoèrskool Zastron in 1966, where she was the Head Girl. Engela studied at The University of the Free State, graduating with a Bachelor of Arts, mastering in Education, and also completed her Teaching Diploma. In 1972 Engela was one of the first women to join the South African Police Force after Duveen Botha. After College, she was transferred to John Vorster Square, Johannesburg where she trained as a detective, and became Branch Commander of the Fraud Unit. Later, Engela was transferred to Jeppe as Branch Commander, where she was highly regarded. In 1984 Engela and Colonel (later Brigadier) James Beeslaar were married. They were transferred to Pietermaritzburg where Engela held the position of Staff Officer, Divisional CID. Later they were transferred to Durban where Engela was appointed District CID Commander with the rank of Colonel. In 1993 James retired and Engela and James moved to Zastron, where James took up the Hoffiesdal and Carina farming operation. Engela was appointed Head of the Detective Inspectorate for the Free State, with the rank of Brigadier and commuted weekends to Zastron.

101 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


On

retirement,

Engela

returned

to

Zastron. Unfortunately, the marriage was later

dissolved,

James

moved

to

Potchefstroom and Engela continued the Carina farming operation until two years ago, when she became ill and moved to Sewe Damme Retirement Village in Bloemfontein. Although, at first meeting, Engela would appear a little distant and aloof, hence the nickname “Contessa,” she was inherently shy. She was fiercely loyal to family and friends, was always kind and caring and had a quirky sense of humour. Her niece Chanèl remembers fondly that one of Engela’s regular sayings was “jou second hand” and that Engela always included apples in her salads. Any salads! Engela leaves behind her nieces Manezaane, Chanèl and Cornia and nephews Gert and Henri, who are all her godchildren. We will miss you Engela. We salute you for your excellent and loyal service and wish you a peaceful rest.

WERKSTRES Renatha Adriaanse (Verskaf deur Sharon Matthysen) Ek het op 31 Desember 2014 klaargemaak in die Polisie. Dit was seker een van die hartseerste dae van my lewe. Nie soseer oor die werk op daardie stadium nie, maar oor die kollegas wat mens agterlaat. Tog het ek nou die dag afgekom op hierdie ou gediggie wat ek Junie 2014 geskryf het na een verskriklike dag by die werk. Ek dink van julle sal seker kan identifiseer daarmee. Ek het dit "Werkstres" genoem.

102 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Werkstres Na 'n dag soos vandag by die werk Voel ek vanaand weer baie sterk Oor die gedagte om sommer net te loop Ek is moeg en gatvol en van die lus vir werk gestroop Ek is moeg vir onregverdigheid en baklei En nog moeër om as gevolg van my velkleur te ly, Om as almal se vloerlap te dien, Niks wat jy doen word in elk geval raakgesien Ek is moeg vir ongedissiplineerde en lui lede En vir mense wat mekaar in die rug loop en steek sonder rede Ek is moeg vir skinderstories, jaloesie en nyd En moeg vir almal wat mekaar in die hakskene loop en byt. Ek wonder of ek nog enigsins 'n verskil kan maak En of my teenwoordigheid hier nog traak? Die feit dat ek my vrek werk sien niemand in elk geval raak Die stryd wat ek nog stry, is 'n verlore saak... Waar is die dae van werkstrots, lojaliteit en verantwoordelikheidsin Dinge soos saamwerk en saamstaan kry mens deesdae min. Nee wat, my dae in SAPS is verby Dis tyd dat ek dinge soos vrede en kalmte in my lewe kry. Junie 2014 Ek moet sê, ten spyte van sulke dae, mis ek die werk en my kollegas so baie. *Meeste van ons voel so, maar ons hou uit en gaan aan. Staan op, maak klaar en gaan doen waarvoor ons geroep is* Dankie Renatha Adriaanse (Met vergunning van Renatha Adriaanse)

103 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


NONGQAI TRUST | IT 002701/2018(T)

104 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


105 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


THANK YOU! | DANKIE!

106 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


107 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


BOOKS | BOEKE

108 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


NAWOORD | AFTERWORD Sarie van Niekerk: Vroueredakteur Kan julle dit glo die jaar is halfpad. Dit voel werklik soos gister toe ons Nuwejaar gevier het, en hier is die eerste ses maande van die jaar 2022 al verby. Ek kan nie help om vandag terug te dink aan die jaar 1999. Die wêreld was in rep en roer oor wat die nuwe millennium vir ons gaan inhou nie. Daar was darem so baie “ouvrou stories” wat rondgegaan het. Mense het kos opgegaar en reggemaak vir die grootste ramp wat die wêreld gaan tref. Maar op 1 Januarie 2000 het ons maar net almal weer soos elke ander dag in ons lewe opgestaan en net aangegaan met ons lewe. Die afgelope klompie jare het daar egter so baie dinge in nie net ons land nie, maar in die wêreld gebeur dat die wêreld regtig nooit weer dieselfde gaan wees nie. Die wêreld is getref met seker die ergste pandemie wat daar nog ooit was. Miljoene mense is deur die Covid-19-virus siek gemaak, miljoene is wêreldwyd dood. Die wêreld het ook met baie meer erns begin kennis neem van aardverwarming wat so duidelik verwoesting saai in baie dele van die wêreld. Dit is daar vir almal om te sien. Wat ek eintlik wil sê ons elkeen het ‘n verpligting om die aarde te help op pas. Om ons lewenstyl te verander, om minder gemors rond te strooi. Ek wil sê mense, ons het net een aarde. Kom ons pas dit op. Aan alle polisielede, of jy nou al stokoud is, of jy met ‘n kierie loop en of jy nog springlewendig is, wens ek julle baie sterkte toe vir die laaste helfte van hierdie jaar. Niemand weet wat die lewe vir ons inhou nie, Dit is so jammer dat die huidige polisiediens so verval het, maar soos iemand eendag gesê het die dag toe die woord ‘mag’ in die polisie se naam vervang is met ‘diens’ het dissipline ook by die venster uit gevlieg. Ek weet daar is nog die uitsonderings. Daar is nog die polisie en veral polisievroue, wat nog net so trots op die polisie en uniform is soos die eerste dag toe hulle dit aangetrek het.

109 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Plaaslik is ons lewens darem weer besig om tot ‘n sekere mate na normaal terug te keer, maar die letsels van die afgelope twee jaar sal altyd daar wees. Daarom het ons elkeen ‘n plig om uit te reik na iemand wat in nood is. Laat ons almal betrokke raak by iemand wat hulp nodig het, al is dit dan ook net met ‘n bietjie bemoedigende woorde. Ons het almal, en veral as oudpolisielede ‘n plig om ons oë oop te hou vir misdaad. Misdaad gebeur soms onder ons oë maar ons sien dit nie raak nie, want dit traak ons min wat met ons medemens gebeur. Maar mense misdaad vernietig ons land se ekonomie. Die Bybel se vir ons, ons moet ons naaste lief hê soos onsself. Dit is nou regtig nie elke dag maklik nie, maar ons kan seker maar probeer. Ek hoop almal wat hierdie maand die Nongqai gelees het, kan ‘n klein boodskappie saam met hulle neem en aan iemand anders oordra. Daar is baie pitkos in hierdie uitgawe. Sterkte aan julle almal, mag julle ‘n wonderlike volgende maand hê, tot ons weer met n nuwe Nongqai julle pad kruis. Ek laat julle met die volgende wonderlike boodskap: Die lewe is ‘n geskenk, wees elke dag dankbaar Die lewe is ‘n boek, wees die skrywer en maak elke hoofstuk spesiaal Die lewe is goed, glimlag en lag daagliks Die lewe is mooi, kyk daarna met verwondering Die lewe gaan oor liefde, wees lief vir ander en wees lief vir die lewe.

110 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


SLOT | END

111 Nongqai Vol 13 No 7A – Dames


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.