Nongqai Vol 15 No 7 (Vroue/Ladies)

Page 1


GEWYSIGDE JUNIE JULIE UITGAWE NONGQAI

VROUE FEMALE

GEBED VIR JULIE

Liefdevolle Meester

Dit is vakansietyd!

Almal is op reis: binneland toe om te gaan jag: Familiebesoeke; wildtuin of see toe.

En die dood eis genadeloos sy tol op ons paaie

- Soveel onnodige verlies en smart.

U het aan ons die lewe gegee – ons kosbaarste besitting.

Help ons om met groot verantwoordelikhede te reis.

Dankie vir dié tyd van rus saam met ons gesin.

Bind ons opnuut aan mekaar en aan U, ons Verlosser,

Dankie vir vriende met wie ons vakansies deel

En vir die mooi herinneringe wat in ons harte gelê word.

Ons bid vir húlle wat werk terwyl ons rus.

Dankie vir die skoonheid van die winterlandskappe.

Vernuwe ook ons gees terwyl ons liggaam rus.

Laat ons gedurende die vakansie nie ons Bybelstudie,

Ons gebedslewe en ons omgang met U nalaat nie.

Maak ons die sout van die aarde en die lig vir die wêreld.

In die kragtige Naam van Jesus Christus.

Amen

Uit: Bybelse dagboek Op vlerke van geloof. Solly Ozrovech

1. REDEMPTION.

Col 1:13-14 AMPC [The Father] has delivered and drawn us to Himself out of the control and dominion of darkness and has transferred us into the kingdom of the Son of His love, in whom we have our redemption through His blood, [ which means] the forgiveness of our sins.

1 Peter 1:18-19 AMPC You must know (recognize) that you were redeemed (ransomed) from the useless (fruitless) way of living inherited by tradition from (your) forefathers, not with corruptible things [such as] silver and gold, but [you were purchased] with the precious blood of Christ (the Messiah), like that of a [sacrificial] lamb without blemish or spot.

Redeem – Strong’s Greek 3084 – to ransom. From 3083 – something to loosen with i.e., a redemption price. To recover ownership by payment, to rescue or set free by paying a ransom.

Redemption – Strong’s Greek 629 – the act of paying the ransom in full, deliverance. The payment of an obligation.

When God redeems us through the payment of the ransom price which is the blood of Jesus, He recovers ownership of us from satan, death, and hell. However, the full purpose of redemption is holiness, or we can say that the start of our journey into the kingdom of God is redemption, and the end of our journey is holiness/sanctification.

1 Peter 1:15-16 AMPC But as the One who called you is holy, you yourselves also be holy in all your conduct and manner of living. For it is written, You shall be holy, for I am holy.

Heb 13:12 AMPC Therefore Jesus also suffered and died outside the [city’s] gate in order that He might purify and consecrate the people through [the shedding of] His own blood and set them apart as holy [for] God.

Thus, we see that the blood of Jesus that redeemed us, is also the blood that sanctifies our soul and body.

Salvation and redemption are closely linked. Whereas the redemption of God works a change of ownership in our lives, salvation has to do with salvaging our soul and body from the destruction caused in them by the Fall.

Salvation – Strong’s Hebrew 3444 – something saved, deliverance, hence aid, victory, prosperity:health, help, salvation, save, welfare.

Salvation means the preservation or deliverance from evil or difficulty. Salvage means to save from loss or destruction as well as to save (discarded or damaged) material for further use.

Save means to deliver or preserve from disaster, harm, danger, or loss.

Salvation, or to be saved is not a one-time occurrence in our lives but an ongoing process in which the Lord Jesus Christ saves and heals our soul and ultimately also our body.

Salvation is like a many faceted diamond. Some of the facets are –

• Dying to sin

• Living to righteousness

• Dying to self

• Crucifying our flesh

• Being purified by tests, trials, and tribulations, and

• Uprooting the iniquity in the subconscious part of our soul (circumcision of the heart).

3 John 2 KJV Beloved, I pray that you may prosper and be in health, even as your soul prospers.

Prosperity of soul comes as we allow Holy Spirit to change and cleanse our hearts from the sin nature we inherited from Adam.

Phil 2:12-13 AMPC Therefore, my dear ones, as you have always obeyed [my suggestions], so now, not only [with the enthusiasm you would show] in my presence, work out (cultivate, carry out to the goal, and fully complete) your own salvation with reverence and awe and trembling (self-distrust, with serious caution, tenderness of conscience, watchfulness against temptation, timidly shrinking from whatever might offend God and discredit the name of Christ),[not in your own strength] for it is

God who is all the while effectually at work in you [energizing and creating in you the power and desire], both to will and to work for His good pleasure and satisfaction and delight.

3. SANCTICICATION.

Whereas the process of salvation has to do with cleansing us from the effects of the Fall, sanctification has to do with imparting the resurrection life of Christ to us. Salvation is a saving process. Sanctification is a process whereby God consecratesus after His own image. Sanctification leads to holiness.

Heb 13:12 KJV Whereas Jesus also, that He might sanctify the people with His own blood, suffered without the gate.

Eph 5:25b, 26a AMPC …..as Jesus loved the church and gave Himself up for her, so that He might sanctify her…

Sanctify – Strong’s Hebrew 6942 – to be, make, pronounce, or observe to be clean (ceremonially or morally), appoint, bid, consecrate, hallow, (be, kept) holy, purify, sanctify.

Sanctify – Strong’s Greek 37 – to make holy, purify or consecrate. (Mentally) to venerate, hallow, be holy, sanctify.

1 Thess 4:2-3a NKJ …for you know what commandment we gave you through the Lord Jesus. For this is the will of God, your sanctification…

Our entrance into the Kingdom of God starts when we are born again (John 3:1-7).

Visualize a slave on a slave market, tied up with chains, and belonging to a very cruel master. A man comes along and wants to buy the slave from his cruel master. He takes the ransom price out of his pocket to pay for the slave. The cruel master takes the chains off the slave, and he is free to go with his new master.

You are that slave. The cruel master is satan. The man that buys you is Jesus. The ransom price is His blood.

You have been redeemed by the blood of Jesus. You no longer belong to satan. You now have a new master. Through the ransom price being paid you have undergone a change of ownership. You now belong to Jesus. This process is called redemption. Being born again is being redeemed.

Our journey into the Kingdom of God now starts. This journey is called salvation. A journey from one place to another is a progression or a process. We are being saved as we travel on into the Kingdom. Being saved means we are being changed into the image of Christ (Rom 8:29). 4

A journey also has a destination. Our journey’s destination is sanctification. Sanctification means that we are being made holy like God is holy. That also means we are being set apart and consecrated to God for His use.

2 Timothy 2:21 AMPC So whoever cleanses himself [ from what is ignoble and unclean, who separates himself from contact with contaminating and corrupting influences] will [then himself] be a vessel set apart and useful for honourable and noble purposes, consecrated and profitable to the Master, fit and ready for any good work.

Dames hierdie boodskap kom uit ‘n snerpende koue Brakpan aan julle. Die winter het behoorlik sy lelike kloue ingeslaan. Ek is behoorlik soos ‘n skilpad in die winter, ek trek in my dop en hiberneer tot die eerste lente dag aanbreek. Ai as ek maar kon, maar nou ja of dit nou warm of koud is, die werk moet gedoen word.

Julle sal merk dat hierdie uitgawe van Nongqai die Junie/Julie uitgawe Iis. Dit is reg daar was nie ‘n uitgawe vir Junie nie en dit is as gevolg van die feit dat ek gesondheidsprobleme gehad het. Dankie vir almal se ondersteuning in die tyd, veral aan brig. Hennie Heymans, dit beteken vir my ongelooflik baie.

Gepraat van siekte, dr. Willem Steenkamp deel van ons Nongqai bestuur en die persoon wat onder meer die voorblaaie maak en ander kunswerke doen, hy is ons webmeester, is op die oomblik baie siek. Daarom het Hennie en ek besluit dat ons van Augustus af die uitgawe van Nongqai Vroue/Female gaan saamvoeg moet die Nongqai-uitgawe wat Hennie elke maand uitgee. Dit is net tot ty den wyl ons ‘n ander webmeester het wat kan oorneem. Indien iemand belangstel om weet van iemand wat sal belangstel, kontak my asseblief. Maar onthou asseblief hierdie is maar ‘n liefdes taak wat ons almal verrig, so daar is geen betaling betrokke as een van julle ons kan help deur jou dienste as webmeester aan te bied! Ons het regtig dringend ‘n webmeester nodig. Daar is hierdie maand weer ‘n paar baie interessante artikels in ons blad. Daar is ook ons maandelikse reeks oor Nasionale Veiligheid deur Henning van Aswegen. Baie dankie Henning. Daar is ook twee baie interessante boeke besprekings. Kyk gerus daarna daar is beslis iets vir elkeen op ons boeke blad.

Een van ons gereelde gas skrywers, brig. Fanie Bouwer was bietjie met verlof weens familie omstandighede so sy rubrieke is hierdie maand bietjie stil, maar hy sal weer volgende maande terug wees op sy pos. Hy het reeds weer ingeval.

Daar is ook ‘n kennisgewing van brig. (afgetree) Zirk Gouws in verband met ‘n ernstige saak wat die regering se pensioenfonds raak in die blad. Lees dit gerus dit is goed om op die hoogte te bly van dinge wat binne die pensioenfonds aangaan.

En hiermee sê ek eersweer totsiens tot ‘n volgende keer. Bly warm, bly veilig en geniet die Nongqai!! SHALOM!!

ONTSTAAN VAN EN TRANSFORMASIE

VAN POLISIEMAGTE – EERS NET DIE

MANNE EN TOE LATER DIE VROUE.

Brig. (afgetree) Fanie Bouwer Inleiding.

Ek het onlangs heelwat begin rondlees (nou nie navorsing in sy ware sin nie) oor hierdie aangeleentheid en deel graag, interessantheidshalwe, vir belangstellendes ‘n paar gevalle wat ek hier georden het vir die wat dalk onbekend is daarmee.

Hierdie stuk is taamlik lank, en soos ek altyd sê, lees dit as jy ‘n los kansie het.

Agtergrond - In die eerste eeue vóór en ná Christus:

Dit blyk dat formele polisiemagte hier en daar oor die wêreld eers daar in die 1700’s beslag gekry het.

In die vroeëre eeue het konings en die kerke in sekere lande wet en orde gehandhaaf en selfs onmenslike strawwe uitgedeel. Samesnoering van mense op 'n kollektiewe wyse was ook by party hulle manier om beskerming teen vyandelike elemente van buite te bied.

Polisiemagte was vir hulle ‘n vreemde ding, wat hulle ook nie vertrou het nie.

Net soos in Brittanje het die Amerikaanse burgers gevrees dat polisiemagte 'n instrument van onderdrukking in die hande van die staat sou word – iets wat tog vandag hier en daar deesdae tog nou gebeur.

Nou so ‘n bietjie vêr, ... baie vêr terug na die ou-ou tye.

Nadat Julius Caesar deur 'n sluipmoord om die lewe gebring is, het sy aangenome seun, Augustus Octavianus, hom opgevolg (44-31 v.C.) en ook die eerste keiser van Rome geword.

Augustus was die eerste Romeinse heerser wat 'n onderskeid tussen militêre en polisiëringsfunksies getref het. 'n Groep uitgesoekte soldate is van hulle militêre verpligtinge onthef en het die spesifieke opdrag ontvang om die keiser op te pas en te beskerm. Hierdie wagte wat mettertyd as die ‘Owerheidswag’ bekend gestaan het, is later deur die sogenaamde krygsbendes en nagwagte ("nightwatch") wat na die veiligheid van stede moes omsien, bygestaan.

Hierdie beskerming van individue en gemeenskappe gespeel het, is die dwang- en gesag motief waardeur dit gekenmerk is, oorbeklemtoon. Individue het dus weinig, indien enige, regte gehad en die beskerming van onderdane was nie hierdie monarg se eerste prioriteit nie, maar wel die diens wat aan hóm gelewer moes word

Die Antieke Griekse staatsinstellings het hulle beslag in die Griekse stadstaat of ‘polls’ gekry. Binne die ‘polls’ is inwoners, mense of burgers van 'n bepaalde gebied in 'n gemeenskap saamgesnoer. Deur hierdie samesnoering van mense op 'n kollektiewe wyse kon daar beskerming teen vyandelike elemente van buite gebied word. Tesame hiermee is die verantwoordelikheid om orde en veiligheid binne die gemeenskap te handhaaf deur die inwoners van die ‘polls’ aanvaar.

Die kerk wat tydens die Middeleeue 'n magtige instelling geword het, het grootliks beheer oor mense se daaglikse handel en wandel uitgeoefen. Onder die invloed van die kerkvaders, het die kerk leerstellings of bevelskrifte (mandate) uitgevaardig waarin die man op straat ingelig is oor wat as sonde en ontoelaatbaar beskou is. Hierdie bevelskrifte is gewoonlik teen kerk mure aangebring sodat almal daarvan kon kennis neem en het ondubbelsinnig benadruk dat die kerk onverdraagsaam was teenoor gedrag wat strydig met kerk reëls was.

Die Germaanse konings se magte het egter geleidelik verswak vanweë die feit dat plaaslike hoofmanne toenemend ondersteuning by hulle ‘sibbes’ gekry het. Ter stawing hiervan meld ene Starr dat individuele lojaliteit teenoor 'n Ieier in plaas van geloof in abstrakte ideale groot impak op die konings se magte gehad het.

Hierdie tydperk hat as die Heilige Inkwisisie tydperk bekendheid verwerf en het 'n belangrike grondslag vir polisiëring gelê. Daar is reeds in 1866 daarop gewys dat die historiese belang van hierdie tydperk vir die kriminologie en polisiëring van deurslaggewende belang is aangesien die inkwisisie proses wat op marteling gebaseer was, die basis vir alle kriminele prosedures wat sou volg, geskep het.

Die inkwisisie tydperk het tydens die Middeleeue, dit wil sê vanaf die 12de tot die 18de eeu, in die meeste Europese lande voorgekom. Inkwisiteurs en ander sekulêre owerhede (byvoorbeeld. regerings) het straf en gevangesetting opgelê, teregstellings uitgevoer, marteling toegepas en hierdie optredes geadministreer aangesien die kerk verbied was om bloed te vergiet.

Hierdie owerhede het inderwaarheid geen sogenaamde. ‘Reuse’ in die toepassing van hierdie strawwe gehad nie, aangesien hulle self as ketters gebrandmerk en daaropvolgend tereggestel sou word indien hulle geweier het om aan die kerklike opdrag gehoor te gee. (Partykeer wonder ek wanneer die kerk dan oorgeslaan of getransformeer het na die konsepte van liefde, genade, vergewensgesindheid en dies meer). Brutaliteit het geseëvier en het laasgenoemde 'n hoogtepunt gedurende die 17de en 18e eeu bereik.

Die doodstraf, wat op 'n uitgerekte en onmenslike wyse toegepas en uitgevoer is, was die algemeenste metode van straf toepassing in hierdie tyd

Gewilde straf tegnieke wat in sowel Amerika as Europa tot Iaat in die agtiende eeu gebruik is, was onder andere, verdrinking, verbranding op brandstapels, om persone lewendig te begrawe, deur 'n vuurpeloton tereg te stel, onthoofding, steniging, mutilasie op die rek wiel of vierendeling ("quartering") deur middel van toue en perde. Hygend hert!

Die mensdom was inderdaad baie wreed in hulle denke daardie tyd. Die konsep van menseregte of ‘n soort van beskaafdheid, al was dit ook teenoor ‘oortreders’, was duidelik onbekend.

Hierdie onmenslike pre-klassieke gebruike wat vóór die totstandkoming van die Klassieke Skool in die kriminologie in die meeste Europese lande en Amerikaanse kolonies gegeld het, was om ‘n soort van perk vas te stel wat vermy moet word om pyn te vermy. Dit beheer mense ten opsigte van hulle handelinge, oftewel wat hulle sê, dink en doen. Dit was interessante idees oor ‘misdaadvoorkoming’.

Die opweeg van pyn en genot het ene Bentham "felicity" of die sogenaamde hedonistiese kalkulus beginsel genoem. Deur die pyn-en-genotsbeginsel te manipuleer, kan die genot wat uit misdadige handelinge verkry word geneutraliseer word. Interessante sienings wat geheers het toeka.

Ten einde neutralisering moontlik te maak, identifiseer hy sekere straf beginsels. Die ses straf beginsels wat misdaad moet voorkom, sluit die volgende in:

- Sekerheid ("certainty" - straf moet die misdaad vir seker opvolg);

- nabyheid ("celerity" - straf moet die misdaad so gou as moontlik opvolg);

- Felheid ("severity" - straf moet streng genoeg wees);

- Proporsionaliteit ("proportionality" - straf moet in verhouding tot die nadeel wat deur die misdaad veroorsaak is, staan asook opgelê word in verhouding tot die tipe oortreder);

- Gevoeligheid ("sensitivity" - elke oortreder se spesifieke eienskappe en toleransie vlakke verskil en moet in ag geneem word); en

- Voorbeeld ("example" - daar moet 'n voorbeeld van die oortreder gemaak word).

Die ‘kollektiewe verantwoordelikheid beginsel’ waardeur individue self verantwoordelik was vir hulle en hul naastes se gedrag, is gedurende die Angel-Saksiese periode (600-1066) in wetgewers oorreed om 'n wet uit te vaardig waardeur die posisie van bewaarder ("warden") geskep is. Elke bewaarder was bemagtig om soveel "watchmen" (wagte) as wat hulle benodig het, te huur. Die wagte, wat uit die burgers se belastinggeld vergoed is, se magte is mettertyd uitgebrei

Die eerste federale polisiemag of die sogenaamde United States Marshals is in 1789 op die been gebring. Hulle doel was om die federale howe se uitsprake uit te voer en of te dwing.

In die publikasie ‘Increase of Robbers’ is die oneffektiewe wetstoepassing stelsel gekritiseer. 'n "Bow Street"-magistraat wat meer bekendheid as skrywer as magistraat verwerf het, het 'n duidelike onderskeid getref tussen diegene wat nie kon werk nie en diegene wat nie wou werk nie.

Na aanleiding van sy ontevredenheid met die stelsel begin Fielding en sy broer John met die vestiging van die eerste georganiseerde polisiemag. In 1750 lei hulle 'n aantal uitgesoekte konstabels in die geheim op in misdaad-ondersoek en algemene regsbeginsels toe te pas.

Die "Bow Street Runners" soos hierdie konstabels bekend gestaan het, was aanvanklik vir die publiek onaanvaarbaar. Die suksesse wat hulle egter behaal het en hulle volgehoue voorkoming aktiwiteite soos verbeterde patrolliediens-lewering, voetpatrollies, perdepatrollies en hulp aan jeugdiges het vertroue by die publiek begin inboesem en mettertyd tot aanvaarding gelei.

In die lig van die voorafgaande is die Thames River Police Act in 1800 gepromulgeer. Ingevolge hierdie wet het Colquhoun die mandaat gekry om 'n professionele polisiemag op die been te bring en kan hy weliswaar as die ontwerper van die eerste professionele moderne polisiemag in Groot Brittanje beskou word. Tewens, sy bydraes het die grondslag gelê vir die totstandkoming van die Metropolitan Police deur Sir Robert Peel in September 1829.

In 1822 is Sir Robert Peel aangewys as die Britse Minister van Binnelandse Sake. In hierdie hoedanigheid was hy verantwoordelik vir binnelandse sekuriteit. Een van sy belangrikste doelwitte was om 'n effektiewe polisiemag te stig wat onluste en misdaadprobleme kon bekamp. Hoewel Peel in 1822 uniform draende polisiebeamptes aan "Bow Street"-polisie toegewys het, is sy inisiatiewe met wantroue bejeën.

Ofskoon hervormings inisiatiewe gedurende die 1820's deur die Britse parlement vertraag is, het Peel in 1828 'n parlementêr-verkose komitee, slegs bestaande uit mans wat sy ideale ondersteun het, saamgestel. Na sewe jaar in die amp van minister en ondanks verskeie pogings om 'n

professionele polisiemag op die been te bring, kritiek teen die bestaande polisiemag in Londen, asook ander inisiatiewe rondom 'n beter polisiemag, is sy pogings uiteindelik beloon.

Samevattend kan gesê word dat hoewel Peel se inisiatiewe, wat op die klassieke denkers se beginsels geskoei is, aanvanklik teenkanting ontvang het, dit mettertyd wêreldwyd onder polisie praktisyns erkenning geniet het.

Selfs 150 jaar later propageer sowel August Vollmer as O.W. Wilson in die VSA dat Peel se hervormings gedagtes, naamlik sigbare polisiëring soos die gebruik van voetpatrollies, een van die gemeenskap se beste verdedigings-meganismes teen misdadigers is. Wilson meld in die verband dat sigbare patrollering die ruggraat van polisiëring is en dat 'n indruk van alomteenwoordigheid geskep word.

Die eerste polisiemag wat in Amerika op hierdie model geskoei is, was georganiseerde dag-en nagpolisiestelsels wat onder andere in Philadelphia (1833), Boston (1838), New York (1844), San Francisco (1850) en Los Angeles (1851) ingestel is.

Regdeur die grootste gedeeltes van die negentiende en twintigste eeu was die basiese kwalifikasie in die VSA om 'n polisiebeampte te word dat 'n persoon 'n politieke konneksie moes hê. Werklik eienaardige sienings wat destyds geheers het.

SA - Die Kaap van Goeie Hoop

So was hier in die Kaap ook allerhande polisiemagte/strukture soos ratelwagte en burgerlike dienste beskermings-eenhede in die 1700’s en 1800’s onder bevel van wykmeesters en veldkornette. Daar is van polisiebeamptes verwag om enige probleme waarmee hulle gekonfronteer is te kon hanteer en dat hulle nie net bloot die wet moes toepas nie.

Die wykmeesterstelsel kan as die eerste stap tot desentralisasie van polisiedienste beskou word, Hoewel die wykmeester se pligte wat hoofsaaklik tot die voorkoming van brande beperk was, moes hy ook eiendomsmisdade voorkom. Verder moes hy aan die fiskaal (seker die eerste tipe distrikskommandant) verslag doen oor gevaarlike persone en vermeende misdadigers in sy wyk, werkloses opspoor en toesien dat sy wyk ordelik en netjies voorkom.

Die ratelwagte, burgerwagte en wykmeesters het na die Britse besetting van die Kaap in 1806 steeds voortbestaan.

Veldkornette was verantwoordelik vir polisiëring in die platteland. Gebrek aan kennis en ondervinding asook groot afstande het daartoe bygedra dat hulle nié 'n impak op die bekamping van ernstige misdade gehad het nie. Die sogenaamde ‘politie ruiters’ is ingestel om landdroste by

te staan. Hulle was professionele agente en het op dieselfde wyse as die "Bow Street Runners" in London gefunksioneer.

Ten einde die probleme rondom polisiëring te ondervang, is Ordinansie 2 van 1840 uitgevaardig waarin bepaal is dat 'n polisie stelsel in die Kaap ingestel moes word. Onder invloed van die Metropolitan Police is die Cape Constabulary of Executive Police of Cape Town op die been gebring.

Gedurende 1882 het hierdie mag as die Kaapse Polisie bekend gestaan. In plattelandse dorpe waar 'n behoefte aan polisiëring ontstaan het, is daar ook polisiebeamptes aangestel.

Die ontdekking van diamante in Kimberley (nou in die Noord-Kaap in die nuwe bedeling) het momentum aan onwettige diamanthandel gegee en veral die gebruik van speurders, wat onopvallend hulle polisiëringstaak kon verrig, nodig gemaak. Derhalwe is die Griekwaland-Wes oftewel Kimberley Polisie ingevolge Ordinansie 11 van 1880 op 4 Mei 1882 in die lewe geroep.

Hierdie polisiemag kan as die eerste georganiseerde speurdiens beskou word aangesien hulle gemoeid was met die bekamping van onwettige diamanttransaksies asook arrestasie van diegene wat daarby betrokke was.

Hoewel misdaad in ander dorpies en op die platteland nie kommerwekkende afmetings aangeneem het nie, het konflik tussen die plaaslike bevolking en die burgers toegeneem. Dit het meegebring dat eiesoortige polisie-eenhede vroeg in die 1800's ontstaan het. Die Cape Regiment (1806) wat uit Kleurling mans bestaan het, was 'n semi militêre eenheid wat in die lewe geroep is om die Kolonie se grense te bewaak en om veediefstalle te bekamp.

Benewens die burgers se teenkanting teen die bewapening van kleurlinge, is die eenheid gekenmerk deur ongedissiplineerdheid en het die meeste van die lede hulle skuldig gemaak aan aggressiewe optredes en dronkenskap. As gevolg hiervan is die eenheid in 1827 deur die Imperial Cape Mounted Riflemen vervang.

Gedurende 1855 het die Koloniale Regering besluit om die kleiner groepe persone wat patrollies op die platteland en grense gedoen het, te konsolideer. Hierdie verenigde groep het as die Frontier Armed and Mounted Police (FAMP) bekend gestaan. Dit was die eerste keer dat daar amptelik 'n naam aan berede polisie gegee is en hulle doel was veral om veediefstal en ander polisieaangeleenthede te ondersoek.

As gevolg van die probleme wat op die grense van die Kolonie geheers het, kon die FAMP nooit hulle dienste effektief verrig nie - 'n rede wat tot hulle ontbinding gelei het. In 1878 het hulle hergroepeer as die Cape Mounted Riflemen.

In 1882 is die eerste volwaardige polisiemag, wat bekend gestaan het as die Cape Police, gestig. In 1904 vind 'n algehele her organisasie van die polisie op die platteland plaas en word die Cape Mounted Police Force op die been gebring ten einde groter eenheid en doeltreffendheid op die platteland te verseker asook om die Imperial Cape Mounted Riflemen by te staan Ter stawing van die feit dat vroue polisiebeamptes nie in hierdie magte aangewend is nie, wys ene Engelbrecht daarop dat "the men serving in these forces were dependent on the horse as a means of getting around".

Boererepublieke

Vanweë politieke, sosiale en ekonomiese oorwegings het burgers in 'n toenemende mate hulle heil elders in Suid-Afrika gaan soek. Die Groot Trek (die boere was erg ongelukkig met die Engelse regering) uit die Oos-Kaap (1838) het 'n nuwe wending aan die ontwikkeling van polisiëring in SuidAfrika gegee.

Nuwe eise is aan diegene wat wet en orde moes handhaaf, gestel nadat goud in 1870 in die Transvaal ontdek is. Die toestroom van fortuinsoekers en delwers na die goudvelde, asook hoe werkloosheidsyfer, het daartoe bygedra dat Wet 1 van 1871, Locale Wetten der Zuid-Afrikaansche Republiek, uitgevaardig is. Hierdie wet het vir die eerste keer vir 'n amptelike polisiemag (‘Sergeanten van Politie’) voorsiening gemaak.

Burgers is ook gekoöpteer om die ordeloosheid wat geheers het onder beheer te bring. 'n Mandaat is aan elke burger ingevolge Wet 3 van 1876 gegee om onder andere leeglêers te arresteer en aan hulle naaste veldkornet te oorhandig. Grenspolisie soos die Utrecht Frontier Wacht (1874), Rijdende Politie te Waterberg (1875) en die Chef van Politie te Soutpansberg is ook in die lewe geroep. Hierdie groepe was veral getaak om Zoeloe-immigrante en wapensmokkelaars aan te keer.

Die ontdekking van goud het 'n betekenisvolle impak gehad op die politieke ontwikkeling in sowel die ZAR as die Republiek van die Oranje-Vrystaat gehad. Vanweë die geweldige groei wat Johannesburg beleef het, asook die instroming van vreemdelinge was die ZAR nie opgewasse om die gepaardgaande misdaad te hanteer nie.

Natal

Met die proklamering van Natal (vandag KwaZulu-Natal) as 'n Britse gebied was polisiëring beperk tot individuele beveiliging. Individuele verantwoordelikheid, asook die veldkornet stelsel wat die vroegste vorm van polisie beheer in Natal was.

Geen polisiediens het op die platteland bestaan nie, terwyl die basiese polisie plig van elke individu in dorpe deur die Burrough Police (1854) gekoördineer is. Buite die munisipale grense was setlaars

ten voile verantwoordelik vir die beskerming van hulleself, hulle gesinne en eiendom (Amper soos op SA se plase deesdae). Die verantwoordelikheid is dus aan die hoof (man) van die gesin opgedra. Die polisiedienste wat wel bestaan het, was eerder op afskrikking en voorkoming as op die ondersoek van misdade gerig.

Smokkelhandel in veral vuurwapens, asook grootskaalse veediefstal het 'n enorme probleem vir die Natallers geskep. Dit het die behoefte aan georganiseerde polisiëring laat ontstaan.

Ten einde hierdie twee bedreigings die hoof te bied, is die Natal Mounted Police in die lewe geroep. Hoewel roetine polisie pligte uitgevoer is, was hierdie weer eens 'n verdedigings-eenheid wat op 'n militêre styl geskoei was. John George Dartnell, die eerste bevelvoerder van hierdie eenheid, was dan ook van oordeel dat polisie- en militêre pligte gekombineer moes word ten einde die polisie as die eerste verdedigingslinie teen misdaad te laat funksioneer.

Op 1 April 1883 word die Reserve Territory Carbineers gestig. Hulle is saamgestel uit Zoeloe mans en moes bepaalde dienste in Zoeloeland verrig. In 1890 word hierdie eenheid wat as Nongqai (die Zoeloewoord vir "die koning se wagte/oppassers" of "hulle wat dwaal") bekend gestaan het, in die Natal Police opgeneem.

Aangesien daar twyfel bestaan het oor die effektiwiteit van 'n tweeledige mag, naamlik soldaat en polisieman, word 'n landdros-kommissie in Julie 1892 aangestel om die doeltreffendheid van die polisiewese in Natal te heroorweeg. Net soos elders in die land was daar verskillende polisieeenhede wat afsonderlik gefunksioneer het.

In Natal het ook byvoorbeeld die Burrough Police, Local Board Police Forces, Magisterial Native Police, Messengers and Convict Guards, Magisterial Patrol Police en die Water Police (voorloper van die Spoorwegpolisie) bestaan.

Namate die argiefmateriaal bestudeer is, is daar tot die slotsom gekom dat daar soveel veranderinge en polisie-eenhede was dat dit moeilik is om 'n akkurate weergawe van alles te kan gee. Op aanbeveling van die kommissie is al hierdie magte in 1904 in die Natal Police opgeneem. Hierdie mag het onder die aanvoering van luitenant William James Clarke die voorloper geword van 'n meer wetenskaplike benadering tot polisiëring in Suid-Afrika.

1. Polisiëring ná Uniewording in SA

Na afloop van die Anglo Boere-oorlog, asook die beëindiging van die onderskeie state (Boererepublieke, Natal en Kaap) se selfregering, het Suid-Afrika in 1910 'n verenigde staat geword. 'n Enkele regering het dus beheer oor sowel die Kaap, Transvaal, Oranje-Vrystaat as Natal oorgeneem en die vroeëre state het provinsies van die nuwe staat geword.

Uniewording het ook die vereniging van al die polisiemagte moontlik gemaak. By Uniewording op 31 Mei 1910 het die onderskeie koloniale polisiemagte soos die Cape Mounted Riflemen, Kaapse Beredepolisie, die Transvaalse Polisie, die Natalse Polisie, die Polisiemag van die Oranjerivierkolonie asook verskeie stedelike polisiemagte steeds onafhanklik bly voortbestaan. Aangesien dit probleme geskep het met betrekking tot die effektiewe bestuur van die land, het die eerste Unieregering besluit om so spoedig moontlik 'n nasionale polisiemag te stig.

Ten einde hierdie doelwit te verwesenlik, is daar in Augustus 1910 'n konferensie gehou deur die Kommissarisse van Polisie van die vier provinsies onder voorsitterskap van mnr. E.F. Lonsdale (Sekretaris van die Regsdepartement van die Kaapkolonie).

Na afloop van hierdie konferensie is 'n Polisiewetsontwerp opgestel wat gebaseer was op die Transvaal Politie Wet (Wet 5 van 1908) asook die Polisieverordeninge van die hele Unie. Die wetsontwerp is voorberei om tydens die sitting van die Unieparlement in 1911 oorweeg te word.

Na die aanvaarding van die wetsontwerp op 15 Oktober 1912 is kolonel J.G. Truter (later Sir Theodore Truter), 'n landdros van Standerton, die opdrag gegee om die polisiemagte in een verenigde mag te organiseer. Hy is ook aangewys as die Hoofkommissaris van die Polisiemagte van al vier die provinsies.

Ingevolge Proklamasie 18 van 1913 is 1 April 1913 bepaal as die datum waarop die SAP as een mag tot stand sou kom. Die hoofkantoor, soos steeds die geval, is in Pretoria gesetel en die SAP het 45 distrikte bedien. Op daardie stadium het die mag uit 5 882 mans bestaan waarvan 4 412 blank en 1 470 nie-blanke lede was. Die blanke lede het 105 offisiere, 4 022 uniformlede en 285 speurders ingesluit. Tot op hierdie stadium was daar nie sprake van vrouepolisiëring nie.

Terselfdertyd is twee adjunkkommissarisse aangestel, naamlik luitenant-kolonel H.C. Bredell aan die hoof van die uniformtak en luitenant-kolonel T.E. Mavrogordato (vanwaar dié gehasie et die snaakse van?)as die hoof van die speurtak.

Hoewel die onderskeie magte hulle eie kommissarisse behou het, moes hulle vanaf die datum waarop die wetsontwerp aanvaar is aan kolonel Truter verantwoording doen. En so het een van die beste polisiemagte in die wêreld tot stand gekom.

Aanvanklik is besluit om twee magte te stig, naamlik die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) en die SuidAfrikaanse Berede Skutters (SABS). Eersgenoemde sou 'n gewone polisiemag wees ingevolge die Polisiewet, maar in oorlogstyd sou die lede kragtens die Verdedigings-wet as dienspligtiges beskou word. Hierteenoor sou die SABS ingevolge die bepalings van die Verdedigingswet 'n militêre mag

wees, wat in vredestyd uitsluitlik vir polisiedienste gebruik sou word (bv. patrollering van gebiede waar daar 'n digte swart bevolking woonagtig was).

Al die oorblywende lede van die voor-Unie se polisiemagte (uitgesonder die munisipale polisiemagte van Durban en Pietermaritzburg) wat nie in die SABS opgeneem is nie, is aan die SAP toegewys.

Vanweë die noue verwantskap wat die polisiewetsontwerp met die verdedigingswetsontwerp getoon het en die feit dat die verdedigingswetsontwerp nie vir parlementêre voorlegging gereed was nie, is dit teruggehou.

Die volgende jaar is die Verdedigingswet, Wet 13 van 1912 en die Polisiewet, Wet 14 van 1912 deur die Parlement aanvaar. Artikel 2 van die Polisiewet het onder meer bepaal dat: “Op een door die Governeur-Generaal bij proklamtie in die Staatskoerant te bepalen dag niet eerder dan die een en dertigste dag van Januarie 1913, word onder die naam van 'Zuid-Afrikaansche Politie', een politiemacht opgericht, die samengesteld is uit alle personen, die op of na die dag overeenkomstig deze Wet als leden van de dienstmacht ingelijfd worden”.

2. Vrouepolisie in SA

Inleiding

Sedert die ontstaan van polisiëring het die persepsie bestaan dat die polisiesubkultuur manlik georiënteerd is. Verder dui outobiografieë wat uit die Victoriaanse era dateer daarop dat polisiebeamptes besondere waarde aan manlikheid geheg het. Dit word dan ook versinnebeeld deur die outeurs se trots op hulle fisieke vermoëns soos om te kan uithou en fisieke krag te vertoon. Daar is veral geroem op die wyse waarop 'n polisieman na homself in 'n vuisgeveg kon omsien. 'n Verdere eienskap wat benadruk is, is dat bogemiddelde heteroseksuele vermoëns (seksuele aktiwiteite) ook deel van manlike taaiheid (sic) uitmaak.

So is oor die tye ‘n klompie snert en ander sienings as die waarheid verkondig en selfs op skrif gestel as sou vrouens geheel en al ongeskik wees as polisiebeamptes. Stereotipering was aan die orde van die dag. (Ekself het vrae gehad toe ek destyds gehoor het dat die SAP vrouens indiens wil neem). Daar is, onder andere, ook gesê dat vroue meer geneig is om nié geheime te kan hou nie, Lekker giggel ek nou ...

Terugskouend, het die ‘vir’ en ‘teen’ groepe destyds verskeie en baie interessante menings en gedagtes oraloor in die wêreld uitgespreek. Hierdie kwessie het egter ‘n lang ruk vóór SA in verskeie oorseese lande stadig maar seker ‘gevorder’ (transformasie van sienings dalk?)en is dit ‘n aangeleentheid wat heelwat oor gerapporteer en verslag gedoen is. Dit, en hier in SA, regverdig eintlik ‘n aparte verslag.

Denke het hier mettertyd ook verander, en veral hier in die middel van die vorige eeu in SA is beroepe gedoen op die aanstelling van vrouepolisiebeamptes.

Gedurende 1960/61 het die destydse Minister van Polisie, meneer S.L. Muller (hy was voorheen ‘n prokureur van die regsfirma Muller, Baard & Conradie op Robertson), aanbevelings in hierdie verband heroorweeg, maar nie goedgekeur nie. Die volgende endossement is by sy voorlegging gevoeg: "Die Kabinet wil nie op hierdie stadium toestem dat vrouepolisie aangestel word nie". (Ek sou wat wou gee om daardie kabinet se debat hieroor te kon gehoor het).

Ofskoon die Polisiewet, Wet 7 van 1958, in Artikel 4(1) asook Polisieregulasie 11(1)(b) voorsiening gemaak het vir die aanstelling van polisievroue, het meneer Muller eers in 1969 'n pleidooi vir die indiensneming van vroue as lede van die SAP in 'n memorandum aan die Kabinet gelewer. Hierdie veranderde benadering kan moontlik toegeskryf word aan die vertoë wat die Nasionale Raad vir Kinderwelvaart, die Nasionale Vroueraad van Suid-Afrika en die Nasionale Raad vir Welsynsorganisasies aan hom gerig het. waarin hulle aangedring het dat vroue as lede in die Mag aangestel word.

Ná goedkeuring dat vroue wel in die SAP aangestel kan word, is daar op 25 April 1971 in die Sondagkoerante en vanaf 3 tot 15 Mei 1971 in die Transvaler amptelik poste geadverteer vir vroue wat as die eerste offisiere opgelei kon word.

3. Vrouepolisiëring sedert 1 Januarie 1972

Op 1 Januarie 1972 word twee vroue amptelik tot die Mag toegelaat. Hulle was mejuffroue Duveen Botha, viseprinsipaal van Helpmekaar Hoër Meisiesskool in Johannesburg en Anna Nel, senior professionele beampte by Magaliesoord, 'n toevlugsoord van die Departement Welsyn naby Cullinan

Duveen Botha is as bevelvoerende offisier van die vrouepolisie met die rang van luitenant-kolonel aangestel, terwyl Anna Nel, Botha se adjudant, aangestel is as 'n majoor.

Generaal Gideon Joubert wat op daardie stadium die Kommissaris van die SAP was, het aangekondig dat die twee vroue aan die hoof van die vrouepolisiemag aangestel word en dat hulle na opleiding by die SAP-kollege te Pretoria onmiddellik voile beheer en organisasie van die vrouekomponent sou neem.

Tesame hiermee was hulle ook verantwoordelik vir die keuring van toekomstige kandidate. Hulle sou in terme van die Polisiewet aangestel word en veral gemoeid wees met aangeleenthede wat vroue geraak het. Hulle moes aan die Kommissaris van die SAP verantwoording doen. Generaal

Joubert het ook bevestig dat daar geen diskriminasie tussen mans en vroue op grond van salaris of ander voordele sou wees nie.

Ter stawing hiervan verklaar hy dat "policewomen will be appointed on the same service conditions, salary, allowances, leave, pension contributions and medical benefits, as men".

Hierdie vroue sou dieselfde opleiding as mans ontvang, maar met minder klem op die militêre aspek van die opleiding. Minder klem is dus gelê op fisieke aktiwiteite soos boks en stoei.

Die vroue wat opleiding van ongeveer vyf en 'n half maande moes deurloop, sou tuisgaan in die Rosehofgebou by die Polisiekollege in Pretoria en die kursus sou onder andere uit die volgende modules bestaan: wettereg, strafreg, gemenereg, volkekunde, kriminologie, sosiologie, mense- en rasseverhoudings, noodhulp, veilige gebruik van vuurwapens, selfverdediging, sosiale etiek, houding/postuur/voorkoms en grimering.

Duveen Botha se opdrag was om 'n weg vir die vrou in die SAP te baan en die skeptiese houdings wat jeens die vrouepolisiebeampte geheers het, te verander. In die verband sê sy die volgende: "Ek moes 'n begin maak met 'n stewige kern wat op die beklemtoning van opleiding van 'n dame berus het. Ons wou hoegenaamd nie mannetjiesmense oplei nie, nee ... die andersheid van die vrou is deurgaans beklemtoon, asook die besondere rol wat sy in die polisie kon vertolk".

Sowel Botha as Nel het 'n maandlange opleiding by die polisiekollege deurloop.

Op 3 Maart 1972, na streng keuring, het 'n groep van 102 blanke vroue met hulle opleiding in die polisiekollege onder die twee vroue se leiding in Pretoria begin. Al die vroue wat gekeur is, moes na voltooiing van hulle opleiding diens in die uniformtak van die polisie doen.

Die kriteria waaraan die vroue moes voldoen was die volgende: Ouderdom - tussen 18 en 35; Lengte - ten minste 1,62 meter; Gewig - in proporsie tot lengte; Huwelikstatus - ongetroud; Taal - 'n tweetalige Suid-Afrikaanse burger; en Diens - bereid om in enige tak van die Mag en in enige area van die Republiek of Suidwes-Afrika te dien. (Die gewig in proporsie met die lengte is duidelik nie meer deesdae in die SAPD van toepassing nie, veral as mens die dik vrouelede sien wat uit hulle uniforms wil bars van vetgeit)

Verdere vereistes was dat hulle sowel fisiek gesond as psigies goed aangepas moes wees, 'n onberispelike karakter moes hê en oor minstens 'n matrieksertifikaat beskik. Die applikante moes ook bereid wees om voor 'n keurraad te verskyn. Van die 102 vroue het 94 (92,2%) die kursus voltooi.

Die aanstel en opleiding van vrouepolisiebeamptes het bevestig dat die inname van vroue in die SAP nie bloot as 'n eksperiment beskou moes word nie, maar as aanvaarde beleid, 'n Aantal gebeure sedert 1 Januarie 1972 wat sentraal tot die ontwikkeling van vroue-polisiëring in Suid-Afrika staan, is die volgende:

In 1981 word die eerste kleurlingvroue opgelei te Bishop Lavis in Kaapstad. Weens tydelike akkommodasiefasiliteite is slegs 18 kleurlingvroue per kursus in diens geneem en opgelei. Nuwe enkelkwartiere is in 1987 by die opleidingskollege te Bishop Lavis in gebruik geneem wat vir 144 vroue huisvesting kon bied. Sowel vrouestudente as ongetroude dienende vrouelede is in hierdie kwartiere, wat as Disa-hof bekend staan, gehuisves. Die uitbreiding het dit moontlik gemaak om op daardie stadium 42 kleurlingvroue per opleidingskursus te akkommodeer.

Hoewel daar gepoog is om dieselfde opleiding aan sowel vroue as mans te bied, is daar sedert 1972 deurlopend beperkinge op die opleiding van vroue geplaas.

Verder is die dienste wat vroue kon lewer ook beperk destyds, naamlik geen vrouelid mag aktiewe grensdiens verrig het nie en vroue is ook nie in onlussituasies gebruik nie. Geen blanke vrouelid wat aan diens was, mag 'n swart woonbuurt alleen besoek het nie. Vrouelede se dienste was ook beperk tot diens in die aanklagkantoor, hulpverlening in minder ernstige motorongelukke, die deursoek van vroulike verdagtes en gevangenes asook dienslewering by jeugsaamtrekke. Vroue is van diensverrigting by radiobeheerstasies weerhou en mag ook nie reaktiewe polisiewerk gedoen het nie. As 'n vrouelid wel uitgeroep is, wat net in opdrag van 'n offisier kon gebeur het, moes 'n polisieman teenwoordig wees. Ook al hierdie aanvanklike sentiment/beleid)het oor die tyd vergete geraak as’t ware.

Brigadier, die rang wat Duveen Botha by haar uittrede in 1985 beklee het, was die hoogste rang wat 'n vrou destyds kon beklee. Sy is opgevolg deur brigadier Gerda Homann, een van die rekrute wat in 1972 opleiding deurloop het.

Die eerste vroulike kommissaris (generaal) is in 1995 aangestel. Assistent-kommissaris Magda Stander (sy het ‘n offisier in 1976 saam met my geword) is as hoof van personeeldienste aangestel.

In dieselfde jaar is direkteur Indira Chetty, vrou van adjunk-kommissaris Morgan Chetty, as die eerste vroulike hoof van die SAPD se Opleidingskollege te Pretoria aangestel.

In 1996 is ‘n bruin vrou, assistent-kommissaris Zelda L. Holtzman (‘n ANC sikofant en opperste moeilikheidmaker. Sy het eendag daar voor polisiehoofkantoor saam met POPCRU oor iets betoog. Haar toi-toi vertoning was so energiek dat haar knieë soos ‘n skouperd tot by haar ken gaan draai het) van buite in die SAPD aangestel as die hoof van REOP (later “Equity Component’). Dit was na

my mening een van die fout-aanstellings wat kommissaris Fivaz gemaak het, tot sy spyt. En daar was baie in sy tyd. Sy moes onlangs as hoof van die parlement se Veiligheids-afdeling teregstaan op verskeie dissiplinêre oortredings as gevolg van haar verwaandheid en ander kaperjolle.

Gedurende 1998 is senior superintendent Kotie Potgieter as Suid-Afrika se vrou van die jaar aangewys. Sy was ook die stasiekommissaris van Krugersdorp- polisiestasie.

Hoewel vrouepolisiëring in Suid-Afrika sedert 1972 verskeie mylpale bereik het, was die aantal vroue in die SAPD toe in vergelyking met die aantal mans, disproporsioneel. Hierdie agterstand wat vroue teenoor mans in die SAPD het, word in die aantal permanente aanstellings van lede weerspieel. Volgens statistiek wat deur die SAPD vrygestel is op 15 Mei 1996 het 80,69% van die totale polisiepersoneel van 139 961 lede uit manlike lede bestaan. Die totale manne/vrouekrag is nou bykans 200 000.

Die verdeling ten opsigte van permanente lede met onderoffisiersrang tussen student en inspekteur was 105 780 of 75,37% van die totale polisiepopulasie.

Ten laaste:

In 2013 het Zuma die buitengewoon en bisarre stap geneem om nóg ‘n vrou van buite aan te stel en wel sommer as nasionale kommissaris van die SAPD. Hierdie vrou, Riah Phiyega, ‘n maatskaplike werkster van beroep (was sy dalk ‘n regsgeleerde, sou mens nog dalk effens begrip gehad het) en een wat haar ook in die koöperatiewe wêreld vroeër begewe het.

Na my mening het haar dienstydperk in daardie hoedanigheid rampspoedige gevolge vir die SAPD gehad. Sy is ook die een wat op ‘n stadium gesê dat “Ons moet nie skaam wees om regstellende aksie tot die letter toe te pas nie”. Gelukkig is sy in 2016 geskors en staar sy tans etlike dissiplinêre klagtes in die gesig en ook ‘n ondersoek of sy geskik om haar pos te behou ná sekere aanbevelings deur die Pharlam kommissie van ondersoek na die Marikana skietery in 2013.

En ‘n storie vir ‘n anderdag.

Hoe vergelyk die SAPD van vandag met die uitmuntende SAP van destyds?

You be the judge ...

GODSDIENS

Brig. Hennie Heymans (afgetree)

Die NG Kerk is aktief op vele terreine, ook op die slagveld. Daardie rol van die Kerk daar moet nie onderskat word nie. Die rol van ons predikante is ook geboekstaaf tydens die tweede Anglo-Boereoorlog en ook tydens die 1922 gepoogde ‘Rooi Rewolusie aan die Rand’ Die NG Kerk het lede van die magte tydens die tweede wêreldoorlog, die oorlog in Korea en tydens die bosoorlog geestelik versorg en onderskraag.

Uit twee uiteenlopende bronne word twee ou vergeelde fotoalbums tot my beskikking gestel en ek het dadelik al die ou foto’s bekyk en toe afgetas. Ek het gedink dit is tyd dat die sluier gelig word en dat ons bietjie na die onontbeerlike en onuitwisbare rol wat die kapelaan in die geestelike lewe van die soldaat en polisieman speel, kyk. Op die keper beskou is die kapelaansdiens alleen tot eer van ons Drie-enige God en is die Kerk ook gehoorsaam om die laaste opdrag van ons Verlosser na te kom.nl: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. (Markus 16 vers 15). Sonder God in sy lewe is die manskappe futloos.

Ek het insae gehad in die fotoalbum van genl-maj LG Snyman, MBE, wat die sersant-majoor van 1 SAP tydens die tweede wêreldoorlog was. Te midde van al die avontuur is daar plek, ook vir die geestelike sy, soos die ou foto’s getuig.

Nagmaal en biduur in die woestyn van Noord-Afrika:

Nagmaal in die woestyn in die woestyn van Noord-Afrika:

In ‘n tweede album oor die “lugoorlog” in Korea teen die kommuniste van Noord-Korea sien ek foto’s van ons eerste polisiekapelaan, ds Doempie Cloete, wat in Korea afgeneem is.

Korea: Genl Maj (ds) MVD Cloete, SOO, MC,SD

Ek is so bly dat ek die foto’s kon aftas. Hier is ds Cloete afgeneem tydens die “tweede oorlog” waarin hy soldate geestelik bearbei.

Later word hy die eerste geüniformeerde kapelaan van die SA Polisie wat ds Harper Martins – siviele kapelaan – opgevolg het.

Lewenskets ds Doempie Cloete

Dit is insiggewend om sy Lewenskets te lees wat op baie plekke as ‘n persoonlike getuienis gelees kan word:

Doempie, soos hy alombekend was, is op 27 Februarie 1913 op De Doorns gebore. Na sy skoolopleiding by Paarl Hoër Jongenskool staan sy kop na die Hugenote Seminarie, Wellington, waar hy hom bekwaam as 'n sendeling met Victoria-Wes as sy eerste gemeente. Hierna sou hy vir vyf jaar in die Sionskerk Paarl, arbei, totdat hy in 1941 by die Weermag aansluit, met die oog daarop om na Noord-Afrika te gaan vir diens as 'n kapelaan.

Maar dit sou sy diensbeurt in die oorlog in Italië wees waarvoor hy onthou sou word, veral in veldslae te Castiglione. In brief skryf hy onder andere: "Die foto’s oor ons kerkhof by Castiglione praat met my oor baie manne wat ek in daardie berge begrawe het. Ek was die laaste mens wat baie van hulle nog lewendig gesien het.

Ek kon nog hulle arms oor hulle bors kruis en hulle voete met elektriese draad aanmekaar bind en hulle wegbêre in vreemde land. Eendag in die hemel sal ek hulle weer sien en vir hulle weer In slag dankie sê dat hulle hul lewens afgelê het vir ons daardie dae in die berge van Italië. Ons wat agtergebly het, sal hulle nooit vergeet nie."

Daar het 15 Suid-Afrikaners in Italië gesneuwel. As Doempie nie 'n predikant sou word nie, sou hy heelwaarskynlik een van ons prominente Afrikaanse skrywers geword het. In brief oor die geskiedenis van die Bataljon waarin hy gedien het, skryf hy: "Dit was tussen daardie hoë kruine (in die Apennyne) dat die Bataljon geveg het van Oktober 1944 tot April 1945. Daar teen die hange van die berge het ons ons maters wat geval het, agtergelaat. Daar het ons gestaan by die graftes in die herfs van 1944, toe die sagte najaarswinde die natuur stadig aan die slaap gesing het; daar het ons gestaan in die snerpende winterkoue toe die sneeu saggies op ons skouers geval het en ook op hulle wat die koue nie meer gevoel het nie; daar het ons gestaan in die lente van 1945 en ons het gevoel dat, net so groen en skoon en fris soos die natuur om ons, so was ook die lewe wat hulle nou ingegaan het - hulle wat ons daar ter ruste gele het in die kerkhof van Castiglione. Hulle het te vroeg gegaan; ja maar hulle werk was klaar."

Doempie Cloete het in sy loopbaan vele medaljes ontvang, waaronder die Militêre Kruis getel het vir sy dapper optrede op 13 Oktober 1944. Na die oorlog het Doempie in die Weermag gebly as kapelaan te Wynberg.

Na die uitbreek van die oorlog in 1950 in Korea, word hy kapelaan van die SA Lugmag se tweede Eskader in Korea. Hier het hy sy taak met onderskeiding en toewyding vervul. As jongmanne vertrek het met In aanval, was Doempie op die aanloopbaan om 'n gebed op te stuur vir hulle veilige terugkeer. Met hulle terugkoms van 'n gevaarlike missie, het die eensame figuur van kapelaan Doempie Cloete op die aanloopbaan gestaan en wag op hulle terugkeer. Dit moes 'n ongelooflike geestelike genot aan die terugkerende vlieëniers besorg het. Hy sou daar wag, maak nie saak watter tyd van die dag of die weersomstandighede nie.

Na byna twee jaar diens in Korea, keer hy terug en sit sy loopbaan as kapelaan voort. In 1957 ontvang hy die rang van kommandant (luit-kol) in die SA Lugmag.

In 1960 het die behoefte van 'n uniform Kapelaan by die SA Polisie ontstaan. Daar hoef nie lank gesoek te word na 'n geskikte persoon nie en Doempie word aangestel as die eerste uniform kapelaan van die SA Polisie. Doempie was 'n bekende gesig tydens die SA Polisie se tydperk op die SA Landsgrense.

In 1973 word hy bevorder na die rang van generaal-majoor, 'n rang wat hy met die grootste nederigheid beklee het.

In 1975 tree hy af en vestig hy en sy eggenote, Anna, hulle in 1987 op sy geboortedorp, De Doorns. Met sy aftrede was Doempie die mees hoogs gedekoreerde offisier wat die SA Polisie nog gehad het.

Voor sy aftrede het Anna Greyling 'n onderhoud met Doempie gehad: "Wat sê iemand wat vir sy lewenswerk soveel oneindig baie toekennings en eer ingepalm het?" Sy beskeie antwoord was: "Sê maar net ek is nog 'n mens wat die werk met die leiding van Bo na die beste van sy vermoëns gedoen het.

Op 10 Mei 1992 word hy as 'n kreupele gelaat na 'n massiewe breinbloeding en op 27 Desember 1992 sterf hy, net kort voor sy 80ste verjaarsdag.

My kollega, wyle genl Hennie Westraat, destyds redakteur van die “Die Generaal” het hierdie lewenskets gepubliseer.

‘n Stukkie Humor

Twee konstabels lê in die hospitaal en die een sê vir die ander: “Chips, hier kom Kajafas!”

Die ander kollega vra: “Kajafas?” Toe sink die werklikheid in, “O Kajafas!!!!” Toe staan die dominee langs die verleë konstabel.

Slot

Vandag is ons bejaardes en kyk ons terug op ons lewe. Die NG Kerk se kapelane het ‘n kardinale rol in die al die manskappe se geestelike lewe gespeel; daarvan getuig ou vergeelde foto’s van meer as 80-jaar gelede. As die oomblikke nie op film vasgelê was nie sou ons nooit hiervan geweet het nie. Dienste ter velde maak op meeste manskappe ‘n blywende, lewenslange, indruk. Ons dank die Here dat Hy kapelane geroep het om ook op die slagveld en in “die bos” te dien op ons verre landsgrense.

Brig. (afgetree) Fanie Bouwer

Inquest into Luthuli’s (picture) death to be reopened

Justice Minister Ronald Lamola yesterday announced that the inquest into the death of former ANC leader and anti-apartheid activist Chief Albert Luthuli would be reopened. Luthuli was Africa’s first Nobel laureate, in 1960, and was president-general of the ANC from December 1952 until his death.

Lamola said a scientific report had revealed it was highly unlikely Luthuli was killed after he was struck by a train near his home in KZN in 1967.

An inquest held in September 1967 at the Stanger Magistrate's Court found no criminal culpability on the part of SA Railways and anyone else, based on the evidence presented.

Representations made to the NDPP brought to the fore that in 1967 the inquest did not consider certain ‘mathematical and scientific principles’, according to Department of Justice (DoJ) spokesperson Chrispin Phiri.

He added that this mathematical and scientific report revealed it was highly unlikely that Luthuli was struck by a train and died because of that.

Phiri said considering this information and the investigation done by the Truth and Reconciliation Unit of the Directorate for Priority Crime Investigation, Lamola accepted and agreed that it was in the interests of justice to approach the Judge President of the KZN Division of the High Court to reopen the inquest into Luthuli’s death.

The NPA was investigating whether to reopen an inquest into Luthuli’s death as far back as January 2022.

Lamola also announced inquests into the deaths of Mlungisi Griffiths Mxenge and Booi Mantyi would also be reopened.

Mxenge was found dead on a sports field in Umlazi, with dozens of lacerations on his body, on 20 November 1981.

Lamola said that in the wake of his death a 1983 inquest failed to identify the perpetrators, despite clear signs of foul play, including evidence of surveillance on Mxenge's office and the poisoning of his dogs. ‘A thorough investigation was not done into the death of Mr Mxenge.

The Harms Commission and Truth and Reconciliation Commission revealed that orders to kill Mr Mxenge came from Vlakplaas head Dirk Coetzee.’ Coetzee and his accomplices were granted amnesty for the murder.

Mantyi was killed in an alleged altercation with members of the police on 16 June 1985 in the Northern Cape.

An inquest was held in De Aar in 1985, which ruled no one was responsible for the death. ‘A new investigation has revealed that an eyewitness, who has not previously testified, has been identified,’ Lamola said.

DM notes that the NPA is also looking into reopening an inquest into the death of anti-apartheid activist Imam Abdullah Haron, who died in detention.

Lamola asked the Western Cape Judge President to designate a judge to reopen the inquest into Haron’s death in May 2023.

EK BEGIN MY LOOPBAAN TWEEDE INNAME 1973

My polisie loopbaan

Ek is in Empangeni in die destydse Natal ingesweer en is na die polisiekollege in Pretoria vir die tweede inname van 1973. Ek was op my versoek uitgeplaas na Windhoek saam met drie ander dames. Ons het geskiedenis gemaak deur die eerste polisievroue in Suidwes te wees. Ek het probeer om al die verskillende afdelings van die uniformtak te leer. Na twee jaar het ek aansoek gedoen om speurtak toe te gaan. Ek het sommer met ‘n hoop dossiere begin van ‘n lid wat bedrogsake ondersoek het. My destydse takbevelvoerder kapt Collins het my stap-vir-stap leiding gegee en so het ek geleer. In 1978 word my man verplaas deur Volkskas (nou Absa) na Goodwood.

Die enigste stasie- of takbevelvoerder wat vir die vrouespeurder kans gesien het, was genl Leon Wessels, toe kapt Wessels. Ek moes harde bene kou want niemand het die vroulike speurder vertrou nie. Ek het voortgegaan om bedrogsake te ondersoek. Dan en wan as ek na-ure moes werk, het ek ander sake bygewoon soos huisbraak, verkragting, moord ensovoorts

Later is ‘n spesiale bedrogtak gestig in Kaapstad en is ek daarheen verplaas. Later ‘n sindikaateenheid waar ek sowat sewe jaar ondervinding opgedoen het. Hier het ons ‘n agtervolgingspan gehad, meeluistering gedoen en baie goeie samewerking met die banke se ondersoek-eenhede. In hierdie tydperk moes ek ook dikwels hoor dat ek “van die pad gevat moet word”. Ek was meestal die persoon wat borg vir sekere van die sindikaatlede of -leiers moes opponeer.

Om al my “stress” te hanteer het ek naweke op verskillende staproetes gegaan saam met groepe, en so ook drie keer die Visrivier in Namibië gestap. Om te skilder het ook baie gehelp aangesien dit tot vandag toe soos ‘n anti-depressant is.

In 1998 het ek toe my ontslag geneem het. Ek het dadelik by Boland Bank begin werk as ‘n ondersoeker. Hier het ek eksamen geskryf en het ek as ‘n “Certified Fraud Examiner” gekwalifiseer by The Association of Certified Fraud Examiners in Texas Amerika. (Onthou ek kom uit die olielampera en moes deur middel van rekenaar eksamen skryf.) Ek het ook ‘n sertifikaat as forensiese ondersoeker bekom en ‘n sertifikaat in “Anti Moneylaudering” (Universiteit Pretoria) Boland Bank en Nedbank het saamgesmelt en het ek nog swat 13 jaar vir Nedbank gewerk. Die ondersoeke was

maklik en moes vinnig afgehandel word, waar ‘n kriminele oortreding gepleeg was, het ek ‘n dossier laat open, en die hofsake opgevolg.

Ek was ook vir drie jaar voorsitter van die “Anti Money Laundering Forum” Hier het ek ‘n wye netwerk van ondersoekers leer ken. Mense van alle finansiële instellings, die polisie, en beslagleggingseenheid.

As ek een ondersoek moet uitsonder was dit toe ek nog in Parow gewerk het, en iemand ‘n naamlose brief geskryf het, waarin beweer was van onreëlmatighede by ‘n begrafnisondernemer. Die bewering was dat hy ‘n blanke baba by ‘n Kleurlingman se voete begrawe het en vir die ouers as gegee het wat hy sommer by Maitland krematorium bekom het. Al hoe ek dit kon bewys, was om die graf van die Kleurlingman op te grawe en die kis oop te maak om vas te stel of die baba daar begrawe was.

Joey het haar ondersoek loopbaan verruil om voltyds te skilder. Hier is nog een van haar handewerk.

Niemand kon my sê wat die prosedure was, en het ek uiteindelik by ‘n landdros in Bellville uitgekom wie my die Wet op Landdroshowe gegee het waarin die prosedure was. Baie papierwerk en toestemming van munisipaliteit en Departement van Gesondheid ensovoorts.

Op ‘n dag was ek gereed. Die graf was in Bellville-Suid begraafplaas uitgewys, die video eenheid van die SAPD het dit opgeneem. En ja waarlik by die man se voete was ‘n wit bondeltjie toegedraai in wit materiaal. Dit was versigtig oopgemaak en binne was net ‘n paar beentjies en die bandjie wat aan die baba se voet was wat die lêernommer van die Grootte Schuurhospitaal gehad het. Adj.Off Viviers (Fifi) toe by huisbraaktak Kaapstad, het my bygestaan en is hospitaal toe om vas te stel wie se baba dit was. Ouers was opgespoor en het nog die as gehad van hul oorlede baba. Dit was vir hulle baie traumaties. Intussen het ek ‘n lasbrief vir deursoeking gekry en het ek beslaggelê op die begrafnisondernemer se lêers en boeke. Hy het gevlug.

Uit my ondersoek kon ek bewys dat hy ‘n huisbraakspan” gehad het, wat presies sekere artikels steel nadat hy ‘n lyk van ‘n alleen wonende persoon verwyder het. Hy het ook bedrog gepleeg deurdat hy voorgegee het dat hy die boedel kon afhandel van persone wie hy begrawe het. Ek het nog sowat nege lyke opgegrawe waar die naasbestaandes van die oorledene se as voorsien was. Hy, saam met sy vrou wie by ‘n bank gewerk het, was gearresteer vir bedrog. Daar was ook vele huisbraaksake teen hom ondersoek.

Een oggend toe ek weer by my kantoor kom, was ek ingelig dat hy selfmoord gepleeg het, deurdat hy sianied gedrink het. Ek was eintlik teleurgesteld, want ek sou graag die saak deur die hof wou sien.

Al die lyke wat opgegrawe was, was weer veras en was die naasbestaandes met die werklike as voorsien.

Ek het die storie probeer verkort deur nie al sy misdade te noem nie.

Ek het my polisieloopbaan geniet al wou ek graag ‘n landdros word, voordat ek by die polisie aangesluit het, en was ‘n ingeskrewe student by Unisa vir BA Regte , wat ek nooit voltooi het nie.

In my polisie loopbaan moes ek telke male ‘n lyk besigtig, van selfmoord, moord of lyke opgrawe, en glo my dit bly jou vir ewig by. Behalwe die begrafnisondernemer het nog drie ander beskuldigdes selfmoord gepleeg, waaronder ‘n polisiebeampte, ‘n rekenmeester en bankbestuurder. Dit laat mens sleg voel, want jy voel of jy die oorsaak was.

Joey is vandag ‘n voltydse skilder. Hierdie is een van haar skilderye.

Ek het op Porterville kom aftree en skilder voltyds. Ek is deel van ons jaarlikse “Proudly Porterville” waar al die plaaslike kunstenaars hul kuns aan die publiek tentoonstel. Ek het ‘n Facebook blad onder Joey’s Art Works, waar ek van my skilderye oplaai, as ek tyd het. Ek hou my besig met die werksaamhede van die Vroue Landbou Vereniging en dien op die skouvereniging en is ook lid van Porterville Sakekamer.

Ek het een seun wie ‘n grafiese kunstenaar is.

Joey ontspan graag met ‘n glasie rooi wyn.

Alhoewel ek n mastektomie gehad het toe ek met borskanker gediagnoseer was is ek gesond. En op 75 geniet ek dit om ‘n vuur aan te steek en ‘n vleisie te braai saam met ‘n rooiwyn.

Brig. (afgetree) Fanie Bouwer

Dit is more – die 16de - weer die sg. “Joef Day’, wat geherdenk gaan word en gaan sekere politieke partye dit wéér vir hulle eie politiese gewin uitbuit. Ek het lank gelede eendag ‘n paar gedagtes oor daardie gebeure op skrif gesit. Dit volg nou hieronder.

As ‘n mens van die 1976 Soweto-onluste praat, dink ‘n mens outomaties aan groepe skoolkinders wat betoog teen die geforseerde aanbieding in Afrikaans (ek het nog steeds twyfel daaroor, aangesien dit maar net dalk as ‘n rookskerm gebruik kon gewees het) in hulle skole. Maar ek het geen skoolkinders sien betoog nie. Dit was seker die dag voor ons daar aangekom het.

Ons was met opleiding in Maleoskop besig toe ons inderhaas op Bedford lorries en Land Rovers gelaai is en in ‘n baie lang konvooi na Soweto vertrek het. Toe ons so in Johannesburg se buitewyke beweeg, het van die motors vir ons getoet en die V-teken gewys. Toe ons daar aankom (die 17de), het misdadige en ander elemente alreeds die situasie oorgeneem en hulle eie ding(e) begin doen. Dit het gevoel of elke gebou aan die brand is en rook het die gebied bedek. Meeste van ons het nie onluste geken nie, maar wat ek daar gesien/beleef het, het my stoutste verwagtinge oortref.

In die hele tyd wat ek daar was – so ongeveer 3 weke – het ek nooit die naam Hector Pieterson gehoor nie. Volgens die media later was hy die eerste persoon wat in Soweto deur die veiligheidsmagte op 16 Junie 1976 dood geskiet is. Dit was ook ons taak om die lyke op te laai en na die polisiestasies te neem vir identifisering en lykskouings. Dit was nie ‘n aangename ervaring nie. Ek het ook in die geharwar gesien hoe lyke deur privaat mense opgetel en in motors weggery word. Ek het baie keerdaarna gewonder wat van daardie lyke geword het en of daar ooit lykskouings daarop uitgevoer is. Valiant motors was gebruik as taxi’s. Mini-bussies was toe nog nie mode nie. Ek het gelees dat die dodetal so ongeveer 180 was. Maar ek bly nog steeds oortuig dat die werklike syfer baie hoër was.

Ons kos- en slaapgeriewe was van die swakste denkbaar. Ons het ook “rat packs” (kospakkies) ontvang. Die Polisie was beslis nie gerat gewees om iets op hierdie skaal te hanteer nie. Die logistiek van die SAP was eenvoudig pateties. Mense om Soweto het ook op ‘n manier vir ons toebroodjies en ander eetgoed deur gestuur. Ons was ontsettend besig gewees. Dag en nag. Ek het ‘n spieël na meer as ‘n week of wat vir die eerste keer gesien. Toe het ek al sommer ‘n redelike stoppelbaard gehad. Ek het in die tyd ook vir die eerste keer die Baragwanath-hospitaal gesien toe ons beseerdes daarheen geneem het.

Ek het baie nagedink oor die Soweto-onluste van 1976. En die uiteindelike gevolg ten opsigte van lewensverlies. Want dit was baie. Etlike honderde. Ek weet, want ek was daar vanaf die tweede dag.

Ons het rug teen rug agterop daardie oop Bedford trokke se (middel) sitplekke gesit. Nooit was daar een keer ‘n skoot na ons gevuur nie. Ek aanvaar dat daar nie veel onwettige vuurwapens daardie tyd in Soweto was nie. Was daar wel gewees, sou daar seker maar heelwat polisie-sterftes ook gewees het. Ons sou “sitting ducks” op daardie oop Bedford trokke gewees het.

Maar dit is veral oor daardie eerste dag (16de) waaroor ek baie nagedink het. Dit was die dag toe die skoolkinders in die strate gemarsjeer en betoog het. En ek wonder ook nog steeds of hulle inderdaad alleen verantwoordelik was vir die beplanning en uitvoering van die opstande? Of was dit so beplan dat dit die persepsie moes skep? Ek kan amper nie glo dat skoolkinders op hulle eie die politieke bewussyn – veral daardie jare - gehad het om die Afrikaanse-kwessie onder die loep te neem, te bespreek en daarna tot openbare optogte te besluit en dit inderdaad uit te voer nie. Ek was maar daardie jare ‘n “foot soldier” en het nie ‘n oorhoofse veiligheidsbeeld van die situasie in Soweto gehad nie. Nog minder het ek insae tot enige intelligensie verslae (as daar was) gehad. Was die Veiligheidspolisie ook onkant gevang?

In weerwil van dit alles: Kom ons dink onsself nou in die scenario in toe die eerste groep polisiemanne op die toneel aankom en die skoolkinders konfronteer. Kom ons plaas ons nou self in die posisie van ‘n duiwelsadvokaat. Kom ons vrae dan ‘n paar vrae. Wie was die bevelvoerder? Watter soort mens was hy? Hoe het hy die situasie opgesom? Wat se gevaar het die vyand (sic), of liewer; die skoolkinders, daar gestel? Watter alternatiewe het hy oorweeg om die situasie te hanteer? Het hy ‘n harde benadering oorweeg? Het hy enigsins ‘n sagter benadering oorweeg? Wat het hy gedoen om die situasie, sê maar deur onderhandelinge, te ontlont? Indien nie, hoekom nie? Kom ons vat die situasie ‘n stap verder. Het hy opgetree? Op watter tipe optrede het hy besluit? Het hy genoeg mannekrag gehad? Het hy op minimum of maksimum geweld besluit? Wat het hom laat besluit om uiteindelik op te tree? Het hy en sy manne miskien oorreageer? Watter middele vir doeleindes van minimum geweld, soos byvoorbeeld traanrook, rubberkoeëls, skokgranate, knuppels, sambokke, skilde, waterkanonne ensovoorts, het hy tot sy beskikking gehad om die situasie waarmee hy gekonfronteer was, te gebruik? Ons was daardie tyd maar nie gerat vir sulke grootskaalse onluste/geweld nie. Groot lesse was geleer.

[Terloops, op daardie stadium in Suid-Afrika was daar nog nie opgeleide onlus-eenhede of ‘n Afdeling Binnelandse Stabiliteit (ABS), soos dit later genoem is nie]

Hoekom is Hector Pietersen – en andere - byvoorbeeld dood geskiet? En hoekom is die (ongewapende) kinders maar nie op daardie dag laat voortgaan om hulle punt – deur te marsjeer en te betoog - te maak nie? Wat se skade kon dit doen? En nog verder: Wat was die reaksie van die kinders toe daar teen hulle opgetree word? Wat was die algemene publiek in Soweto se reaksie as gevolg van die polisie se optrede teen die skoolkinders? Het die polisie die massiewe gevolge voorsien, met ander woorde, dit wat ons die volgende dag en dae later daar kom vind en beleef het?

Ek sal bly wonder - wonder of ‘n meer taktiese, intelligenter benadering van dalk onderhandeling of minimum geweld teenoor die skoolkinders, nie die gevolglike doellose, grootskaalse geweld en lewensverlies oral in Soweto sou verhoed het nie? Ek vra maar net. En ek wonder wat die Cillierskommissie op hierdie punt bevind het?

Die Cape Argus koerant het ‘n paar dae gelede ‘n groot foto geplaas waar ‘n senior polisie-offisier op 16 Junie 1976 in gesprek is met groep skoolkinders in Soweto. Ek het weer aandagtig en met belangstelling na daardie foto gekyk. En opgelet na die kinders se “body language”. Hulle lyk kalm – eintlik vriendelik - en daar is geen aggressie te bespeur nie. En geen stok op klip in die hand nie. ‘n Mens kan net wonder waaroor die gesprek gegaan het? En wat onmiddellik daarna gebeur het? En was hierdie groep ‘n gevaar vir die Staat?

Daar is ander persone wat meer kan getuig oor wat presies aanleiding gegee het tot polisie-optrede op die 16de toe die skoolkinders se optog begin het. Ek weet ook van ander gevalle van geweld wat plaas gevind het. Daar was ook die wit vrou wat iewers vas gekeer was en op haar naiewe manier gepleit het “I’m English - I’m Engish!”.

Die ANC het op ‘n stadium laat blyk dat die Soweto-opstande hulle onkant gevang het, met ander woorde dat dit ‘n skielike, maar spontane reaksie deur die skoolkinders was.

Ek lees egter nou die dag dat Dr Mtsoko Pheko, president van die PAC, beweer dat sy party verantwoordelik was vir dié opstande. Hy sê dat 18 PAC leiers die enigste was wat aangekla en tronk toe gestuur daarvoor. As bewys van die PAC se “vername rol” in hierdie verband, wys hy op die woorde van regter David Curlewis toe dié gesê dat die PAC-leier Zephniah Mothopeng doelbewus opgetree het om anargie en rewolusie te bewerkstellig; dat hy die onluste beplan en voorspel het, wat toe uiteindelik op 16 Junie plaasgevind het, sowel as in Kagiso die volgende dag. Of dít ook waar is, weet ek ook nie.

Na Soweto was daar weer gedurende 1980 en vanaf 1984 taamlik onrus in Suid-Afrika gewees. Volgens getuienis het die swart bewussynsleier, Steve Biko, se denke en geskrifte ‘n besliste en oorheersende invloed op die jeug leiers van Soweto destyds gehad. Hy is die enkele persoon wat

‘n beslissende rol gespeel het om hulle denke sodanig te beïnvloed, te wete dat dit nie nodig is om onderdanig aan die witman te wees nie; dat hulle minderwaardigheidsgevoel teenoor witmense moet afskud: dat hulle moet trots te wees op hulle eie swartheid en dat hulle – die swartes – enige onderdrukking en diskriminasie moet teenstaan omdat hulle as menslike wesens op geen wyse ongelyk aan die witmense is nie. “Black is beautiful” was sy oproep aan sy mense. Biko – ‘n bewese intellektueel - kan tereg beskou word as die persoon wat die psige en denke van die swartes op so ‘n wyse beïnvloed het wat, meer as enigiemand anders, uiteindelik tot die radikale veranderinge in hierdie land tot gevolg gehad het.

Soos ek die dinge van laaste dekades van die vorige eeu die politieke beleef het, glo ek nie dat die Soweto onluste enigsins met FW De Klerk & Kie se kapitulering op Februarie 1990 – 14 jaar later –te doene gehad het nie. Dit is eerder die (verskeie) gebeure van die 80’s, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.

So terloops: Ons is Soweto weer terug na Maleoskop, van waar ek weer dadelik moes terug na Stellenbosch om my goed te gaan haal om na die polisiekollege te gaan vir ‘n 3-maande offisierskursus. Dit was die eerste jaar van my getroude lewe en was ek maar min by die huis.

PADBLOKKADES: NOORDWES.

Via Ida Steyn.

More more.. Vir al ons lede wat verlede Vrydag padblokkades in Noordwes Provinsie en ander provinsie gestaan het. Baie dankie .

50 YEARS AGO. PLATOON 21, 1974

CHARMAIN GALE 1973 POLISIEKOLLEGE

Via Marcia du Pont. Charmain saam met ons in die kollege in 1973

UIT MY DAGBOEK

*Lurè Groenewald

*Maandag*:- 24 Junie 2024

*Tyd*:- 07h20

Ek lê tans in die ICU van die lewe...’n wrede lewe...doodsbleek...’n baie "Spesiale asemhalings masjien" genoem...Skepper Lewende God...hou my aan die lewe...ek leef...net...net. Voor "opname"...het my hare begin uitval...bosse... en...bosse...het uitgeval...so erg... mens kan my kopvel sien.

Sy is nie siek nie...sy't nie... Covid...Monkey pox... Miocarditis...Pericarditis, Thrombocytopenia... ‘n longkwaal...borskanker of ‘n Maagseer nie...sy bloei kwaai inwendig...hoor ek die "Dokter" vir die "verleegster" sê...

sodra ek die oorsprong van haar "bloedverlies" vasstel...begin Ek dadelik met "behandeling". Daar loop ook heeltyd water by haar oë uit, wat wit spore op haar gesig los...as ek dit nie gou genoeg afvee nie...antwoord die "vepleegster"

Net soos die engel vir Elia kos gegee het om hom te versterk...kom hierdie "engel verpleegster van die Here" elke kort kort...deur die dag...en nag...en...kom vee my oë en gesig af...en lawe my met ‘n louwarm waslap...en...ek skep moed...kry ek weer bietjie krag

Terwyl ek hier in die wrede lewe se ICU lê...is ek bewus van alles wat om my aangaan...dis net die moegheid.

Ek is...moeg... lewensmoeg...te moeg om asem te haal...te moeg om n woord te uiter...te moeg om met die lewe aan te gaan...die... "skerp, diepsnydende en deurdringende" woorde eet al my lewenskragte op.

My ou Beste...my lewensmaat... tot die dood ons skei...maat...en...

van my hartsmense...en...van my vriende...sê...dis my skuld...dis my eie skuld...dat ék is waar ek is...dis mý skuld...en...my skuld alleen...dat ek...en my maat...nou in "armoede"...gedompel is...en... hier waar ek lê, bloei ek alweer...ek...voel die inwendige bloeding...dit is erg...en...raak al erger...lewe en dood...sê my Bybel Handleiding...lê in die mag van die tong...dit sny so diep...maak rou en seer wonde...dit hou nie op bloei nie...dit tap al my lewenskragte en energie. Sien...

Dit het Augustus/September 2021 al begin. Ons was nog In Australië...toe ons by een van die grootste...ergste...en seker belangrikste kruispaaie...van ons lewe ooit...met...2 keuses tot halt geroep is.

Dit het ons nagte wakker gehou...ons het gebid...en by die Here gepleit om die regte keuse te maak...wat wil U hê moet ons doen Here? ...maar...die vrede van God wou net nie Inskop nie... Die 2 keuses was...baie reguit...en...baie duidelik.

Soos met enige keuse...goed of sleg...het albei hierdie keuses gevolge...

As jy links gaan...

sal jy jou werk behou...die wat eiendomme besit...sal dit dan nie verloor nie...die voorreg en vrye toegang tot alles hê...kan vlieg...en...die wêreld kan vol reis...kan koop waar jy wil...en...by enige restaurant gaan sit en eet...

Dit sou beteken...ons bly in Australië...en...sal soos normaalweg kon aangaan...werk...baie goeie salarisse verdien...’n goeie mediese fonds...en...’n fantastiese pensioen fonds behou...lekker lewe...op vakansies gaan...wanneer ons wil...nog silwer en goud vir ons aftrede kan aankoop...nog meer geld kan spaar...voortgaan...om...

mense in nood...finansieel te kan bystaan. Intussen is allerhande pryse...en...Belonings van tot ‘n $Miljoen uitgeloof...as ons hierdie besluit neem...net...

Deur links te draai...staan ons ‘n kans om dit te wen...toe... nog meer as ooit...kan ek nie God se vrede ervaar nie...

As laaste uitweg...rig ons albei vertoë tot ons werkgewers...en...vra om kwytskelding op grond van ons geloof...maar...dit word ook geweier...

Ons besluit om regs te gaan...en... beland saam met Sadrag, Mesag en Abednego in Nebukadneser se helse vuuroond...want...die vrede van God het steeds bly ontbreek...

Bo alle verwagting...en...ten spyte van...media verklarings...dat ons die voorreg ontneem is om te kan vlieg...kry ons tog steeds plek op Qatar Airways en keer op 13 Februarie 2022 na SA terug... Met hierdie besluit...verloor ons letterlik alles...wat... my skuld is...waarvoor almal...my man inkluis...my verantwoordelik hou...

Mag die Here my God my vergewe vir die onreg wat ek my man en myself aangedoen het...mag God my trots en arrogansie vergewe...mag my inwendige bloeding, eens en vir altyd nou stop...

Die afgelope 3 jaar was loutere hel...en...nee... nie as gevolg van Covid, siektes, skete en kwale nie...ons is liggaamlik danksy God se genade, gesond...maar...

Die helse foltering...van onvergewensgesindheid...en...verwyte...oor...’n keuse wat ek gemaak het...deur my grond van geboorte te kies...waar swaarkry en armoede heers...in plaas van goud...en die risiko en moontlikheid van ongeneeslike newe effekte en selfs die dood.

Sal ek weer dieselfde besluit neem?...ja, beslis...sonder om twee keer te dink Mag almal wat dit teen my hou, my ook vergewe...

HANCOR SE BOEMELAAR

Lurè Groenewald

Noem hom sommer Bethlehem, want dit is waar hy immers vandaan kom.

By die vier-rigting kruising van Dan Pienaar en Elizabeth straat staan hy elke dag. Sy vel taai soos skoen sole van elke dag se son. Sy baard stekerig.

Esna vertel: "dit is Pieter se persoonlike boemelaar ~ hulle verstaan mekaar mos".

Waar kry jy dan anders 'n boemelaar wat vir Pieter met die groot hart op speed dial het? Soms kom daar 'n please call me deur en as Pieter terug bel sê Bethlehem, "stuur bietjie daar 'n geldtjie of kos, 'n man is honger". Of stuur 'n bietjie airtime en data ook.

Ry ek eendag daar verby staan daar 'n verrinneweerde 2 sitplek rusbank op die sypaadjie by Bethlehem se robot. Een man lê oop bek en snork terwyl Bethlehem staan en bedel. Kom ek die middag weer verby lê Bethlehem oop ketel en slaap. Moeg gebedel.

Tai vertel so gaan daar gaan 'n tyd verby wat hulle begin bekommerd raak, want Bethlehem is nêrens te sien. Sy plekkie is leeg en niemand kom meer groet en nonsens praat by die robot nie. Helaas, een oggend staan Bethlehem weer op sy pos. Bly om Tai te sien loop hy nader. Tai: "My vader jong nou waar was jy dan so lank, ons het jou gemis". Bethlehem smile met sy geel tande van lekker kry dat iemand hom gemis het. "Nee wat 'n man word mos ook moeg. Ek was met verlof." Tai dog sy kry 'n beroerte en val amper uit die bakkie uit.... Hancor se boemelaar was met verlof!!! "My magtig jong maar dis mos lekker. Waar was jy heen".

Hancor se Boemelaar

Bethlehem beduie: "ag nie ver nie, net hier anderkant by Grootvlei tronk. Gratis bed en breakfast sê ek jou EN ek kon elke dag stort. Maar ai toe verlang ek my mense en kom weer terug". Daar het jy dit. Die man was met verlof. Gratis en verniet.

Vroeg oggend vra Bethlehem nou waar is Gerrie dat hy so skaars is en Tai sê nee Gerrie het geval en sy elmboog beseer.

Bethlehem met 'n smile en 'n knop oog:- "het hy 'n bier uitgehaal?".

Bethlehem se gunsteling bederf van sy Hancor familie is Woolworths koeksisters en kaas. En vergeet nie van Hancor se droë wors vertel Esna en Tilda.

Sy gunsteling persoon is Cecil wat een middag by hom stop en vra hoe dit gaan. Bethlehem se bek klap soos 'n plakkie op 'n teëlvloer soos hy gesels en die groen lig slaan oor. Cecil: "klim in". Sonder om te skroom klim hy in en daar gaan hulle. Cecil stop voor Galaxy en Bethlehem is skielik stil verstom. Cecil stick hom vir 'n bier en die man is in die hemel.

Klaas het altyd gesê 'n mielie is 'n lekker ding... Maar 'n familie is 'n bl*ksemse ding. Tot die dag dat hy my familie ontmoet het. Mense ~ mense. Sout van die aarde, lekker mense.

Lurè Groenewald

*Kopiereg*

DIE ONTWIKKELING VAN ‘N EIE SUID-AFRIKAANSE INTELLIGENSIEKUNDE

(TIEN): DIE LEIDRADE NA LILLIESLEAF

Henning van Aswegen

Die informant het die polisie daarna na die kleinhoewe Lilliesleaf in Rivonia gelei. Lt. Van Wyk het besluit om die kleinhoewe, met sy wit pilare, rye vensters en swart teëldak eers vir ’n paar dae dop te hou – agt dae in totaal. Met hierdie inligting en bewyse tot sy beskikking, voer die Veiligheidspolisie op 11 Julie 1963 ’n klopjag op die huis van die anti-apartheidsaktivis Arthur Goldreich op die Liliesleaf-hoewe in Rivonia, Johannesburg, uit. Die hoewe het onder meer as die hoofkwartier van die ANC se gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe, gedien. Sewentien mense, insluitende die ANC-leiers Walter Sisulu en Govan Mbeki, sowel as die SAKP- en MK-lid Ahmed Kathrada, is dié dag gearresteer vir hul aandeel in die gewapende stryd.

In opdrag van die Veiligheidstak se hoof in Johannesburg, kol. George Klindt, besluit die Veiligheidstak om die perseel binne te gaan in ’n paneelwa van ’n droogskoonmakersonderneming om maksimum verwarring en verrassing te veroorsaak. Tien veiligheidsmanne, onder andere lt. Willie van Wyk, skuil agter in die paneelwa en twee manne in gewone blou oorpakke, sers. Kleintjie

Kleingeld en Daantjie van Wyk, het voor gesit met Van Wyk agter die stuur. Onder die veiligheidsmanne agter in die paneelwa was die hondehanteerder sers. Piet van den Bergh en sy patrolliehond Cheetah, goed verberg agter matte en komberse. Een van die twaalf was speurder adjudant-offisier C.J. Dirker, wat uit jarelange ondervinding die gesig van elke kommunis in SuidAfrika kon uitken. Vir twaalf jaar lank het Dirker en Kleingeld die bedrywighede van die SAKP vasberade ondersoek en reeds ’n aantal arrestasies suksesvol uitgevoer. Die uithalerspan veiligheidspolisiemanne in die paneelwa wat op Rivonia toegeslaan het, was lt. W.P. van Wyk, sersant Kleintjie Kleingeld, sersant Hennie Loubser, sersant Piet van den Bergh, a/o Carl Dirker, sersant P Kennedy, adjudant-offisier Nell, adjudant-offisier Rassie Erasmus, konstabel Smit, konstabel Daantjie van Wyk, speurder adjudant-offisier C.J. Dirker en speurder-konstabel Klaus Schroeder (Q043). Sers. Piet van den Bergh is die jonger broer van Hendrik en het met sy patrolliehond Cheeta ’n formidabele misdaadbekampingspan gevorm. Piet het Cheeta gekoop toe die hy skaars ses weke oud was (Cheeta, nie Piet nie), met die doel om die hond vir patrolliediens af te rig. By die Hondeskool in Pretoria het die twee opleiding ontvang as geregsdienaars en later lede geword van die Rivonia-klopjagspan.

“Ons slaan toe!”

Die polisiemanne het die yskoue Donderdagmiddag van 11 Julie 1963 die erf openlik met die droogskoonmaker-paneelwa binnegery en gevorder tot by die hoofopstal, waar hulle deur ’n swart plaaswerker voorgekeer is. Lt. Van Wyk het aan hom gevra om die “caretaker” te gaan roep, maar die plaaswerker het geantwoord dat hy (Goldreich) nie daar is nie. In ’n grasdak-buitegebou het lt. Van Wyk en sy onderbevelvoer vir die klopjag, speurder C.J. Dirker ses mans gehurkend om ’n tafel aangetref, heeltemal niksvermoedend besig om ’n dokument te lees. Die ses kommuniste om die tafel was Walter Sisulu, Govan Mbeki, Ahmed Kathrada, Alexander (Bob) Hepple en Raymond Mahlaba. Die sesbladsy-lange “Operation Mayibuye” was in hulle hande.

Lt. W.P.J. van Wyk, sy onderbevelvoerder, speurder adjudant-offisier C.J. Dirker, en hul makkers het ses mans om ’n tafel in ’n grasdakgebou op die gronde aangetref. Walter Sisulu, Govan Mbeki, Ahmed Kathrada, Lionel (Rusty) Bernstein, Bob Hepple, Walter Sisulu (MK kodenaam ‘Allah’ en Raymond Mahlaba (MK kodenaam ”Dhlamini”), was besig die ses bladsylange “Operation Mayibuye”- geskrif te lees en is op heterdaad betrap. Rusty Bernstein het tydens ondervraging daardie middag aan die Veiligheidspolisie gelieg dat hy nie die ander betrokkenes ken nie, Bob Hepple het hom gebel en opdrag gegee om die “een of ander” vergadering by te woon. Die klopjagspan was in hierdie opsig gelukkig, omdat die opperbevel van Umkhonto we Sizwe slegs een keer per maand vergader het en dit uitsonderlik was om al ses lede op een oomblik by een tafel

te betrap. Walter Sisulu, sekretaris-generaal van die ANC, was die voorsitter van die abortiewe vergadering en sedert Nelson Mandela se inhegtenisname die skakelpersoon tussen die ANC/SAKP en Umkhonto we Sizwe.

In die Lilliesleaf-huis word wapens, ses tikmasjiene, landkaarte, ’n afrolmasjien en Radio Freedom se radiosender gevind. Walter Sisulu het met hierdie radiosender daagliks uitsendings gedoen om sy luisteraars aan te moedig en aan te hits om teen die regering in opstand te kom. Sisulu wou ook die sender gebruik om met die SAKP se buitelandse finansiers te kommunikeer, omdat radiosenders en ontvangers in die 1960’s een van die doelteffendse metodes was om inligting te stuur en te ontvang. Uit ondervinding weet die klopjagspan dat SAKP-lede dokumente en filmrolletjies weggesteek het in skoensole, seepkoekies, borsels, pypstele, sakhorlosies (soos Joeri Loginof), eiers, kousrekke, reuksout, pruike, dasse, potlode, verbande om hul arms, kussings, komberse, hadtasse, binne in kos in die yskas, houtpale, mandjies, emmers, in voertuie, onder die teëls van dakke, tandepastabuisies, in beddens, agter mure, onder stoepe en in trappe. Alles in en almal by Lilliesleaf word deeglik ondersoek en noukeurig geboekstaaf. In ’n buitekamer ontdek die ondersoekspan Jack Hodgson se bomfabriek met ammoniumnitraat onder ’n tafel weggesteek, rubberhandskoene, bensien, aluminiumpype, salpetersuur en ’n handleiding, British Coal Miner’s Explosives. Dennis Goldberg is in die hoofhuis deur die polisie aangekeer. Harold Wolpe en Arthur Goldreich, huurder van Liliesleaf, het met skemeraand vanaf Travallyn tuisgekom en is ook deur die polisie in hegtenis geneem. Goldreich het ’n bokbaardjie gekweek om sy voorkoms te verbloem, maar die Veiligheidspolisie het onmiddellik geweet dit is hy. Die bloed het uit sy gesig dreineer en hy het begin stotter toe ons hom vra om homself te identifiseer. Dit het gelyk asof hy deur ’n skerpskutter se koeël getref is.” Agter die huis, langs die rondawel, het die ondersoekspan Lionel Bernstein se swart Chevrolet-sedan aangetref, asook Denis GoldBergh se Volkswagen-kombi waarmee hy Walter Sisulu, Govan Mbeki en Raymond Mhlaba na Lilliesleaf aangery het. Laat die middag het Arthur Goldreich se eggenote Hazel en haar twee kinders, saam met dr. Hilliard Festenstein by die plaashuis opgedaag, maar hulle is sonder ondervraging deur die polisie vrygelaat. In ’n trommel in ’n steenkoolgat agter die huis is dokumentêre bewyse van Nelson Mandela se onwettige reise deur verskeie Afrikastate gevind en dokumente in Mandela se handskrif. Tydens hierdie reise het Mandela reëlings getref het vir die opleiding van terroristegroepe en fondse vir die voortsetting van Umkhonto we Sizwe se bedrywighede ingesamel.

Die belangrikste dokument wat by Rivonia gevind is, was ’n geskrif met die opskrif “Operation Afrika Mayibuye,” wat duidelik uitspel dat beheer oor Suid-Afrika deur middel van ’n gewelddadige, militêre magsoorname gedoen moet word. “Operation Mayibuye” se openingsparagraaf lui soos volg: “It can now truly be said that very little, if any scope exists for the smashing of white supremacy other than

by means of mass revolutionary action, the main content of which is armed resistance leading to victory by military means.” Dit was inderdaad ’n rewolusionêre oorlogsverklaring en om hierdie rede en van hierdie oomblik af het die regering na lede van Umkhonto we Sizwe as terroriste verwys.

Die dokument was in ses dele verdeel en het die volgende inligting bevat:

• Deel 1: Die doel van die operasie, naamlik gewapende weerstand wat deur middel van militêre optrede tot oorwinning lei, is in hierdie deel uiteengesit. Die eerste deel stel dit so: “Armed resistance, leading to victory by military means.”

• Deel 2: Die gebiede en stede waar die gewapende aanslag gesentreer moes word, is geïdentifiseer.

• Deel 3: Die plan en wyse van implementering daarvan (met verwysing na vier groepe van dertig gewapende vryheidsvegters en hul ontplooiing) is in hierdie deel van die dokument bespreek.

• Deel 4: In hierdie deel is inligting vervat oor die interne organisasie en die 7 000 ondersteunende guerrillasoldate wat aan die onderskeie gebiede toegewys word. Besonderhede oor onder meer bevel en beheer, hulpbronne, wapentuig en voorraad is ook in hierdie afdeling ingesluit.

• Deel 5: Dié deel bevat ’n gedetailleerde plan van implementering en uitvoering van die gewapende aanslag teen die staat met verwysing na die verskillende departemente en hul pligte en verantwoordelikhede.

• Deel 6: Besonderhede oor diverse aangeleenthede (insluitende die pligte van die opperbevelstruktuur; personeel; voorskrifte aan departementshoofde; en organisasie van gebiede en organiseerders, en die werking van MK) is hierby ingesluit.

• Aan die einde van dokument word verwys na ”sponsoring organisations,” te wete die African National Congress en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party. Die ANC en SAKP is vandag die regerende partye in Suid-Afrika – hulle het met ander woorde in hul doel geslaag om die bewind in die land oor te neem.

Die Liliesleaf-klopjag en die verkryging van ’n afskrif van die “Operation Mayibuye”-dokument het aan Suid-Afrika se veiligheidsgemeenskap ’n geheelbeeld van MK se planne gegee. Uit die bewoording van die dokument was dit duidelik dat die ANC/SAKP ’n staatsgreep in Suid-Afrika beplan het met die doel om regeringsverandering teweeg te bring. Die Rivonia-groep wou die regering se politieke gesag deur middel van fisieke geweld kaap en met ’n ANC/SAKP-regering vervang. Die ANC/SAKP se abortiewe staatsgreep was onsuksesvol omdat die regering vroegtydig van hul komplot te wete gekom het en voorsorgmaatreëls kon tref om die staatsgreep te voorkom. ’n Onverwagte meevaller van die Rivoniaklopjag was inligting wat gelei het tot die ontdekking van

twee verdere kleinhoewes wat deur die ANC/SAKP gebruik is as ontmoetings- en wapenopslagplekkte, te wete Travellyn naby Krugersdorp en ‘Klein Rivonia’. Arthur Goldreich het aan Dennis Goldberg opdrag gegee om Travellyn met geld wat deur Bram Fischer as tesourier van die SAKP goedgekeur is as wapenopslagplek te huur. Hiervoor het Goldberg die vals naam Charles Barnard gebruik. Govan Mbeki, pa van die latere pres. Thabo Mbeki, Dennis Goldbergh en Raymond Mhlaba het hierna voltyds op Travellyn gaan woon om daar landmyne, handgranate en pypbomme vir die ANC/SAKP te vervaardig. “Klein Rivonia” was in die Johannesburgse voorstad Mountain View geleë en daar het die Veiligheidspolisie duisende SAKP-pamflette, kopieë van die African Communist en die tydskrif New Age ontdek. Wapentuig, wat kratte vol kleef- en magnetiese bomme ingesluit het, is op persele gevind.

Die polisie se groot triomf het nietemin ’n nietige aanvang gehad. Walter Sisulu, die voormalige sekretaris-generaal van die verbode ANC, is in die Johannesburgse landdroshof op borgtog van R6 000 vrygelaat, hangende sy appėl teen die vonnis wat aan hom opgelê is vir sy deelname aan die werksaamhede van die verbode organisasie. Daarna het hy op 21 April spoorloos verdwyn. Kort ná Sisulu se verdwyning is ’n koevert by die kantore van SAPA in Johannesburg afgelewer. Binne die koevert was ’n volledige afskrif van Sisulu se openingsuitsending oor Radio Freedom, die ANC se ondergrondse radiostasie, op 26 Junie 1963. Die sleutelwoorde van die uitsending het soos volg gelui: “Seuns en dogters van Afrika! Ek praat met julle van iewers uit Suid-Afrika. Ek het nie die land verlaat nie. Ek beplan nie om weg te gaan nie.” Daarmee het Sisulu sy eie spel verraai, want waar aanvanklik vermoed is hy het die land verlaat, het hy nou self verkondig dat hy steeds binne die grense van die Republiek was. “We have set you people back twenty years,” was sers. Kleingeld se laaste woorde aan Walter Sisulu by Rivonia.”

Die sewentien gearresteerders is in polisievoetuie – ironies met die bynaam “black meraais” na die Grays-polisiestasie in Johannesburg geneem vir ondervraging en opsluiting. Van tyd tot tyd is van die kommuniste na Marshallplein geneem vir verdere ondervraging en die bekende Rivonia-lêer ROM/638/7/1963 is hier oopgemaak. Elke verklaring en bewysstuk is in hierdie lêer, wat Rapport van Ondersoek van Misdaad beteken, aangeteken.

Artikel 17 van Wet 37 van 1963 – die 90-dae bepaling, is met groot sukses deur RI gebruik om vir die komende hofsaak teen die opperbevel van Umkhonto we Sizwe voor te berei deur soveel moontlik inligting oor die SAKP en hul meelopers in te samel. Ongeveer een maand na die opspraakwekkende gebeure te Rivonia, kom die Christelike Instituut (CI) op 13 Augustus 1963 in Johannesburg tot stand. Volgens Beyers Naudé, een van die stigterslede en CI-beheerraadslid, was dit die CI ten doel om die Bybelse opdrag van Christelike eenheid oor die grense van ras, kleur, taal

en kultuur te bevorder sonder ontkenning van die verskeidenheid van die land se taal en kultuurgroepe, en tweedens om sosiale geregtigheid onder alle bevolkingsgroepe te bevorder. Die stigting van die Christelike Instituut het tweespalt in Afrikaner-kerkgeledere veroorsaak en sy beheerraadslede het insamelingsteikens van Republikeinse Intelligensie geword, hoofsaaklik vanweë skakeling met erkende lede van die Kommunistiese Party.

Nagenoeg drie maande later het die verhoor van ’n groep Liliesleaf-aangekeerdes en Nelson Mandela (wat reeds in Augustus 1962 in hegtenis geneem is) in Oktober 1963 begin. In die Rivoniaverhoor is tien MK-, SAKP- en ANC-lede aangekla van sabotasie. Op 15 April 1964 is agt van dié tien tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Nelson Mandela se vorige vyf jaar gevangenisstraf word in die Rivoniaverhoor waarin hy saam met die ander ANC/SAKP-leiers van hoogverraad aangekla is, verander na lewenslange gevangenisstraf. Bram Fischer is een van die advokate wat Nelson Mandela en die ander ANC/SAKP-leiers tydens die verhoor verdedig.

Die verhoor van elf beskuldigdes – waarvan die meerderheid in die Liliesleaf-klopjag aangekeer is – het op 9 Oktober 1963 in Pretoria begin en het as die Rivonia-verhoor bekend gestaan. Nelson Mandela, Walter Sisulu, Dennis GoldBergh, Govan Mbeki, Ahmed Mohammed Kathrada, Lionel Bernstein, Raymond Mhlaba, James Kantor, Elias Motsoaledi, Andrew Mlangeni en Bob Hepple het tereg gestaan op aanklagte van sabotasie, dat hulle die doelstellings van kommunisme bevorder het en dat hulle geld ontvang en bestee het vir die pleeg van sabotasie. Twee van die aangeklaagdes, Arthur Goldreich en Harold Wolpe, het met die hulp van konst. Johannes Arnoldus Greeff op 11 Augustus 1963 uit die tronk by Marshallplein ontsnap en na Swaziland probeer gevlug, terwyl Bob Hepple ingestem het om staatsgetuie te word. Konst. Greeff het na die tyd aan die Veiligheidspolisie erken dat Ann-Marie Wolpe hom R4 000 rand aangebied het om die tronkselle by John Vorster-plein oop te sluit, asook die agterdeur van die tronk. Ann-Marie Wolpe (Kantor) is die jonger suster van James (Jimmy) Kantor op wie se Rustenburg-plasie Abram Fischer, Ivan Schermbrŭcker en Joe Slovo vir die Veiligheidspolisie weggekruip het. Ná hul dramatiese ontsnapping het Wolpe en Goldreich een aand in Hillbrow deurgebring, waar die dramaturg Barney Simon van die Markteater hulle in sy woonstel weggesteek het. Die motor wat Wolpe en Goldreich na Swaziland (later Eswatini) moes neem, het nie opgedaag nie en Simon het die twee voortvlugtiges met ’n dienshysbak na sy woonstel geneem. Die volgende aand het die twee geharde kommuniste in die tuinwoonstel van Leon en Maureen Kreel geslaap, en daarna in ’n rondawel op die Rustenburgse plasie van James (Jimmy) Kantor. Met die Veiligheidspolisie kort op hul hakke, is die twee ’n paar dae later per motor na die Swazilandse grens geneem. Barney Simon het die feit

dat hy vir Wolpe en Goldreich gehelp het, vir byna dertig jaar lank geheim gehou.1 Vanaf Swaziland het Wolpe en Goldreich na Botswana en van daar na Dar es Salaam uitgewyk. Bob Hepple het met die Veiligheidspolisie saamgewerk en het na sy latere vrylating na Israel gevlug, waar hy vir baie jare gebly het en geweier het om enigsins weer by Suid-Afrika se onstuimige politiek betrokke te raak.

Tydens sy verhoor het konst. Johannes Greeff negentien jaar oud geword, maar dit het die regter nie verhoed om hom tot ses jaar gevangenisstraf te vonnis nie. Die konstabel is ses jaar gevangenisstraf vir sy misdaad opgelê en uit die polisie ontslaan.

*

* In DIE BURO: Genl. Lang Hendrik van den Bergh en die Buro vir Staatsveiligheid, wat deur Imprimatur Uitgewers gepubliseer word, is daar ware Suid-Afrikaanse spioenasieverhale wat die waarde van agente en spioene illustreer, en ook die enorme skade wat hulle somtyds aanrig, onder die soeklig plaas. Die enigste werklike meetinstrument van die sukses van ’n spioenasiediens is die mate waarop hy of sy die geskiedenis beïnvloed het, of nie. Die Buro vir Staatsveiligheid het ’n invloed op die Suid-Afrikaanse geskiedenis gehad en verdien om onthou te word. Indien enige van ons lesers oor relevante inligting oor die ontwikkeling van spioenasie in Suid-Afrika, beskik, word u hartlik uitgenooi om enige inligting en foto’s aan henningvanaswegen55@gmail.com., te stuur.

* Die artikelreeks Intelegere bevat 982 bronverwysings en voetnotas, wat op aanvraag van die skrywer bekom kan word.

Word in die volgende Nongqai vervolg.

Voorafbestellings vir DIE BURO kan by Imprimatur Uitgewers

DIE ONTWIKKELING

VAN

‘N EIE SUID-AFRIKAANSE INTELLIGENSIEKUNDE (ELF): DIE GEVOLGE VAN DIE SAKP SE OORLOGSVERKLARING VAN 2 NOVEMBER 1960

Henning van Aswegen

Op 3 Desember 1963 verskyn die tien beskuldigdes in die Rivonia-saak voor regter Quartus de Wet in die Transvaalse afdeling van die hooggeregshof, in die Paleis van Justisie, Pretoria. Die beskuldigdes was Nelson Mandela, Walter Sisulu, Dennis Goldberg, Govan Mbeki, Ahmed Mohammed Kathrada, Lionel Bernstein, Raymond Mhlaba, James Kantor, Elias Motsoaledi en Andrew Mlangeni. Die klagstaat het sabotasie, pogings om ’n guerrilla-oorlog in Suid-Afrika te begin en die bevordering van kommunisme ingesluit. Die adjunk-prokureurgeneraal van Transvaal, dr. PercyYutar, was die aanklaer en tydens kruisondervraging onder eed het Walter Sisulu die volgende kwytgeraak wat vandag nog soos ’n albatros om die nekke van die ANC en SAKP hang: “Sisulu admitted under oath that the aims and aspirations of the ANC and those of the Communist Party were much the same, and that there had been close cooperation between the two movements.” Bram Fischer was een van die beskuldigdes se advokaat; die ander was die gelyste kommunis, Vernon C Berrangé. Albei advokate was bekend as briljante regsgeleerdes en toegewyde kommuniste, gerespekteer in die oë van die wêreld. In polisielêers was Fischer reeds bekend as die voorsitter van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van Suid-Afrika. Minister Vorster se opdrag was dat die polisie Fischer voorlopig moes laat begaan aangesien hy in elk geval besig was om sy eie ondergang te bewerkstellig. Dit het bekend geword dat die wenner van die Nobelprys vir Vrede, oudhoofman Albert Luthuli, wat sogenaamd gekant was teen die gebruik van geweld, ondubbelsinnig ingestem het tot ’n beleid van geweld teen die destydse regering.

Agt maande nadat die verhoor begin het, sluit die staat sy saak op 4 Maart 1964. Regter De Wet het sy uitspraak op 11 Junie 1964 gelewer waarin hy twee van die tien aangeklaagdes, James (Jimmy) Kantor en Rusty Bernstein, onskuldig bevind en ontslaan. Die oorblywende agt lede van die sogenaamde “Rivonia 11” word skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Nelson Mandela, toe 44 jaar oud, ontvang lewenslange gevangenisstraf (in die woorde van die hof), “for plotting revolution”. Daarmee was die rug van MK gebreek en ’n streep deur die ANC/SAKP se planne getrek om beheer van Suid-Afrika met geweld oor te neem.

Ná die Rivonia-saak is lt. Van Wyk, wat oorspronklik uit die handelstak van die SAP by die veiligheidstak aangesluit het, met bevordering na Nylstroom en daarna na Pietermaritzburg verplaas waar hy later speurhoof word. Hierdie briljante speurder en sy adjudant by Rivonia, C.J. Dirker, wou nie later na die Buro vir Staatsveiligheid oorgaan nie en het die res van hul polisieloopbane sonder trompetgeskal aan misdaadbekamping gewy. Hulle was inderdaad manne van staal vir wie dit nooit oor apartheid gegaan het nie, maar oor ’n brutale sabotasieveldtog deur die ANC/SAKP-alliansie om ’n rewolusie in Suid-Afrika teweeg te bring.

Ronnie Kasrils, in 1963 ’n idealistiese jong kommunis, verlaat Suid-Afrika in Oktober 1963 om opleiding in rewolusionêre oorlogvoering in die Sowjet-Unie te ondergaan. Kasrils skryf later in sy boek Armed and Dangerous dat hy verwag het om binne ’n kort tydperk, hoogstens ’n paar jaar, na Suid-Afrika terug te keer as deel van ’n “victorious revolutionary army”. Kasrils sou later Suid-Afrika se minister van intelligensiewese word en sy seun Andrew ’n lid van die geheime diens (SASS) se direktoraat Buitelandse Insameling.

“We Communist Party members are the most advanced revolutionaries in modern history.”

Howe en regspleging in Suid-Afrika funksioneer op bewyslas en getuienislewering en om hierdie rede was daar vanaf 1963 druk van die Suid-Afrikaanse regering op RI en die Buro vir Staatsveiligheid om tasbare getuienis teen ANC- en SAKP-lede in te samel. Tydens die Rivoniaverhoor het ’n staatsgetuie, slegs bekend as Getuie “X”, getuig dat Mandela hom en ander ANCSAKP-lede aangesê het om nooit die feit dat hulle kommuniste is, te openbaar nie. In sy verklaring in die hof het Mandela gesê: “It is true that there has often been close cooperation between theANC and the Communist Party.” En vervolgens: “Today I am attracted by the idea of a classless society, which springs from Marxist reading. It is true that I have been influenced by Marxist thought.”

Tydens die Rivonia-klopjag op 11 Julie 1963 het die SAP-VT nie net beslag gelê op wapentuig en ’n radiosender nie, maar ook op ’n magdom dokumentasie en handgeskrewe notas. Etlike artikels op ’n Croxley-notablok in Nelson Mandela se handskrif, wat deur ’n hofaangestelde handskrifdeskundige geverifieer is, is as getuienis aan die hof voorgelê. Drie artikels in Mandela se handskrif was veral van belang: “Dialectic Materialism”, “How to be a good Communist” en die 18

bladsy lange “Political Economy”. Mandela het soos volg geskryf: “We Communist Party members are the most advanced revolutionaries in modern history. The people of South Africa, led by the South African Communist Party, will destroy capitalist society and build in its place Socialism. The transition from capitalism to socialism and the liberation of the working class cannot be affected by slow changes or by reforms as reactionaries and liberals often advise, but by revolution.”

Nelson Mandela skryf in sy eie handskrif in sy “Good Communist”-dokument: “It is imperative for all Party members to make a serious study of Marxist Philosophy and to master it completely. Only in this way will Party members become the most advanced revolutionaries.” Verder, “Marxism is a guide to action,” en “traitors and informers should be ruthlessly eliminated”.

Op 7 Augustus 1963 aanvaar die Algemene Vergadering van die VN ’n nie-bindende resolusie wat ’n beroep op ledelande doen om ’n algehele wapenboikot teen Suid-Afrika in te stel. Suid-Afrika sou voortaan sy gedwonge stryd teen die ANC en SAKP se “armed struggle” met selfvervaardigde wapens en een hand agter sy rug vasgebind, voer. Ten spyte daarvan dat die Rivonia-arrestasies die rug van dieANC/SAKP se rewolusie teen die staat gebreek het, begin Bram Fischer as voorsitter van die party en Hilda Bernstein onmiddellik herorganiseer deur ’n nuwe opperbevel vir MK aan te stel. Met geld wat Vella Pillay vanaf Londen aan Fischer stuur, stel Fischer vir Mac Maharaj, Dave Kitson en Wilton Mkwayi as MK se nuwe opperbevel aan en gee aan hulle opdrag om die rewolusie en gewapende stryd teen die regering voort te sit.

Die omstrede Liliesleaf-kleinhoewe is in 2009 deur Suid-Afrika se regering tot nasionale erfenisterrein verklaar, maar het op 2 September 2021 ’n ongelukkige nadraai gehad met die sluiting van die geboue en perseel. Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het verklaar dat hy Liliesleaf oor ’n tydperk van 13 jaar met sowat R70 miljoen van belastingbetalers se geld befonds het. Nog R8,1 miljoen is vir die 2020-2021-boekjaar vir die Liliesleaf Trust begroot, maar die geldkrane is toegedraai toe die Trust nie kon rekenskap gee van R8,1 miljoen se vermiste fondse nie.

* In DIE BURO: Genl. Lang Hendrik van den Bergh en die Buro vir Staatsveiligheid, wat deur Imprimatur Uitgewers gepubliseer word, is daar ware Suid-Afrikaanse spioenasieverhale wat die waarde van agente en spioene illustreer, en ook die enorme skade wat hulle somtyds aanrig, onder die soeklig plaas. Die enigste werklike meetinstrument van die sukses van ’n spioenasiediens is die mate waarop hy of sy die geskiedenis beïnvloed het, of nie. Die Buro vir Staatsveiligheid het ’n invloed op die Suid-Afrikaanse geskiedenis gehad en verdien om onthou te word. Indien enige van ons lesers oor relevante inligting oor die ontwikkeling van spioenasie in Suid-Afrika, beskik, word u hartlik uitgenooi om enige inligting en foto’s aan henningvanaswegen55@gmail.com., te stuur.

* Die artikelreeks Intelegere bevat 982 bronverwysings en voetnotas, wat op aanvraag van die skrywer bekom kan word.

* Word in die volgende Nongqai vervolg.

* Voorafbestellings vir DIE BURO kan by Imprimatur Uitgewers geplaas word.

IMPORTANT INFORMATION

STATEMENT FROM AMAGP ON THE ALLEGATIONS THAT THE CHAIRPERSON OF THE GEPF BOAD OF TRUSTEES WAS PAID A R1 MILLION BRIBE.

Brig. (afgetree) Zirk Gouws

13 Julie 2024

It is widely reported in the media that present chairperson of the Board of Trustees of the Government Employees Pension Fund (GEPF) Dondo Mogojane was paid a bribe of R1million when he still was the director general of the National Treasury.

Convicted fraudster and former chairperson of the now defunct VBS Mutual Bank board Tshifhiwa Matodzi's made this allegation in a sworn statement that was leaked to the media. Mogojane issued a statement where he vehemently denied the allegation.

Mogojane is an employer representative on the GEPF board of trustees nominated to the board by the Minister of Finance.

Even if it is not a statutory requirement explicitly stated in the Government Employees Pension Law, it is widely accepted that trustees including GEPF trustees can only serve as trustee if they adhere to the fit and proper test.

The Matodzi-affidavit made under oath was made as part of a plea-bargain after a thorough criminal investigation by the Hawks, was accepted by the court in finding Matodzi guilty and will be used in future criminal proceedings against other VBS officials. As such it must be accepted as an affidavit which carry substantial weight.

This allegation against Mogojane has not as yet been tested in a court of law. However, the seriousness of the allegation from a very credible source exposes both the Minister of Finance and the ministry as well as the GEPF board of trustees to extreme reputational risk.

Amagp and, we believe, all state pensioners, will find it very difficult to accept a person in the GEPF board of trustees and as chairperson of the board with this question mark hanging over his integrity. We believe that for the sake of integrity in the management of the GEPF board of trustees he should stand aside until this matter has been clarified.

Mr Mogojane can make this decision himself. In the alternative it will be for the Minister of Finance who appointed him to the GEPF board of trustees who will have to make the decision on him indeed meeting the fit and proper test.

Let integrity be the winner in this matter.

Zirk Gous

For Association for the Monitoring and Advocacy of Government Pensions (AMAGP)

Cell: 084 512 5104 zirk.gous@gmail.com

He said of the department’s plans: “We want to do away with the green barcode ID. We think it’s long enough that we’ve kept dual identity documents. Very soon, we will make an announcement that we will keep one, and the other (green barcode) becomes invalid”.

Speaking to The South African, spokesperson Thabo Mokgola confirmed that green barcode ID books were still valid for now. He could not confirm when the announcement or expiration of the document.

Hennie van Deventer via Sarie van Niekerk

KORT RESENSIE DEUR DAWID. LITNET

Hierdie stories is inheems soos kremetartbome, onderhoudend soos 'n kuier om 'n hardekoolvuur. Die skrywer en sy vrou het 'n huis in Sabiepark, 'n private natuurreservaat aan die Sabierivier, waar wilde diere name het, soos die luiperd Vin Diesel en die vlakvark Brood. Waar 'n hiëna vir aandete by die stoeptafel opdaag.

Hulle het met die jare boekgehou van buitengewone verskynings en gebeurtenisse. Sy stories oor Sabiepark en die Wildtuin blaai die veld oop en gee ons 'n intieme kykie op wilde diere. Dit stem tot nadenke, soos die uitstekende “Skurwe slaapmaats” waar die leser leer hoe om 'n olifant te benader: met groot nederigheid, neergeslane oë en geknakte nek.

Daar is interessante inligting, soos dat baldadige jong olifantbulle uit die trop verban word totdat hulle geleer het om hulle te gedra. Dat olifantkalwe 100 tot 120 kg kan weeg. Die stories word gekenmerk deur fyn waarneming, 'n droë humorsin en buitengewone woordvaardigheid.

Bure van nature: Waar mens en natuur skouers skuur

Hennie van Deventer

Uitgewer: Protea Uitgewers

Ken jy die Laeveld, sal jy Bure van nature baie geniet. Was jy nog nooit daar nie, sal jy stomgeslaan wees oor die leefstyl in die bos.

Ek was baie geseënd om as kind baie tyd in die Krugerwildtuin te kon deurbring. My oom was die hoof van spyseniering in “die wildtuin". In ’n tyd van buffelvleispasteie met slaptjips vir middagete en wit lapservette. ’n Tyd voor kettingwinkels. My oom-hulle het in die personeeldorp in Skukuza gebly. Ben was ’n koedoe wat elke dag oor die lae heining gespring het om in die tuin aan allerlei groen blare te kom peusel. Die heining was eerder daar om nuuskierige hiënas saans uit die werf te hou. Soms kon my neef nie met sy fiets na die laerskool toe ry nie, want daar was manne met tanne op die dorp se gholfbaan of krieketveld. Dikwels was dit ’n seekoei of rooibok wat in die slag gebly het. Ouers is dan baie mooi gevra om die kinders maar self by die skool se hek te kom besorg. Ek het vele sorgelose dae in die bos tussen die huise spandeer. Dit was vir my nooit genoeg nie.

Almal wat al tyd in die Laeveld spandeer het, sal jou kan sê dit is sintuigwêreld. Die flikkerende vlamme van ’n Combretum- (kierieklapper-) vuurtjie, die vroegoggendgeluide, soos dié van ’n fisant wat lank voor sonsopkoms die nag se nuus uitblaker, die laatmiddagreuk van oewerbos, en die rillings langs jou ruggraat as jy skielik bewus raak van die hiëna agter jou kampstoel.

Hennie van Deventer se Bure van nature: Waar mens en natuur skouers skuur is ’n boek vol stories van ontmoetings met wilde diere in ’n wilde wêreld. Die verhale wat Van Deventer, lank verbonde aan Naspers, hier deel, is oor ’n tydperk van 20 jaar in Sabiepark, ’n privaat natuurreservaat teenaan die Sabierivier en aangrensend aan die Krugerwildtuin, versamel.

Ek het van die beskrywing van die gebande muishonde gehou. "Die bangjanne in hulle geledere sal sommer ’n agteroor-salto uitvoer as hulle ’n mens sien. Daardie stukkie gimnastiek word met skril uitroepe van skok en verontwaardiging begelei."

Die hoofstukke is kort en die vertellings humoristies, en die boek lees dus maklik. Dit is perfek vir diegene wat in die wintermaande saans knus in die bed lê en na die Laeveld verlang.

Dan is daar nog stories van likkewane in die dak, leeus op die wandelpad, luiperds op die stoep en hiënas wat alles vreet wat in sig is. Natuurlik ook slange: luislange, Mosambiekse spoegkobras en die gevreesde swart mamba. Vir iemand wat daar huis moet hou, is die streke van blouape en bobbejane dalk nog erger.

Diep binne-in ons is daar tog ’n heimwee, ’n tipe verlange na so ’n lewe in die bos. Watter ander woonbuurt kan dan spog met ’n inwonende luiperd? Nogal met ’n naam soos Vin Diesel. Dit is net jammer dat die buurt se vlakvark, Brood, ook onder Diesel moes deurloop. En wie kan die vloed van Februarie 2000 vergeet?

Die hoofstukke is kort en die vertellings humoristies, en die boek lees dus maklik. Dit is perfek vir diegene wat in die wintermaande saans knus in die bed lê en na die Laeveld verlang. Ek ruik en proe en sien "die tipiese Laeveldse natuurskouspel van blitse teen die donker naghemel" wat oorslaan in ’n sagte reën. En dan verlang ek ook.

Sabiepark klink vir my soos die ideale woonplek (as jy die insekaanvalle en breekskade van viervoetiges ignoreer). Jou huis is in die wildtuin en die wildtuin in jou huis. Duikertjies en bloukuifloeries word bekendes en kameelperdgeboortes kan van die stoep waargeneem word.

Ken jy die Laeveld, sal jy Bure van nature baie geniet. Was jy nog nooit daar nie, sal jy stomgeslaan wees oor die leefstyl in die bos.

Net so klein uittreksel uit Bure van nature, net om die lus vir hierdie boek te prikkel:

OOR DIE SKRYWER

Hennie van Deventer was vir baie jare ‘n joernalis by verskeie Afrikaanse koerante. Hy was onder meer redakteur van Beeld en Die Volksblad Hy en sy vrou Tokkie het ‘n baie groot liefde vir die natuur en die dierelewe. Hulle het ‘n huis in Sabiepark in die Wildtuin. Van sy boeke handel oor sy ervaringe met van die diere waarmee hulle te doen gekry het met hul amper 30 jaar wat hulle elke jaar maande lank in die Wildtuin deurbring.

Casanova met kolle (Uit Bure van nature)

Hierdie is ‘n luiperdstorie. Kom ons begin dit egter op ‘n ongewone noot. By slaapkamersake.

In die bos is geen dier se intieme oomblikke mos privaat nie. Swaargewig-seekoeie woed hul passie uit in ‘n plassie vlak water. Koedoe-Casanovas met swierige horings haal uit en wys sommer in die

straat. Waardige kameelperde trippel-trap oop en bloot hul stokkerige paringsdans, hul nekke nog stywer en regopper as gewoonlik.

Selfs leeus se luste oorval hulle in die ope. Van erotiese sessies tussen luiperd-minnaars sien en hoor jy egter bloedmin. Twee Sabieparkse egpare het dit feitlik op hul drumpel beleef. Twee indrukwekkende roofdiere se stomende wellus het, sessie vir sessie, voor die vasgenaelde loerbroers uitgewoed.

‘n Luiperd het geen lui haar op sy lyf nie, het een van die derdemannetjies later bewonderend gerapporteer – veral nie as dit by die liefdesdaad kom nie.

Eric van der Walt en Gerrie Cronjé, prokureurs van Bethal, was omstreeks 18:00 aan’t vuurmaak by die lapa aan die voorkant van hul rondawelhuis in Wildevylaan. Hul vrouens roep dringend uit die kombuis. Die mans los die vuurtjie net so. Hulle haas hulle na ‘n gaasstoep aan die agterkant van die huis, wat uitkyk op ‘n lopie.

Hul gades beduie na ‘n massiewe luiperd wat in die lopie (sandsloot), lê, plus-minus 50 meter van die huis af. Hy kyk anderpad. Verkykers word vinnig gaan haal. Maar dit begin skemer raak en hulle sukkel om deur die gaas te sien.

Op hul tone tree hulle suutjies na buite en gaan staan voor die stoep. Met die verkykers mooi gefokus – die lopie is dig begroei wat sig nog moeiliker maak – herken hulle die reuseluiperdmannetjie Mbavala (Sabiepark se Vin Diesel). By hom lê ‘n jong luiperdwyfie, heelwat kleiner, skraal en lig van kleur.

Die groot katte begin met mekaar speel. Nie lank nie, toe raak sake ernstig. ‘n Energieke paring vind plaas, gepaard met ‘n onaardse gegrom en gebrul van die mannetjie.

Eric- en Gerrie-hulle staan verwonderd en kyk totdat dit te donker raak. ‘n Groot hiëna mik intussen kort-kort om nader te kom. Dit laat hulle vermoed dat daar kos by die minnaars moet wees. Hulle sien egter niks.

Elke keer as die hiëna te naby kom, draai die Casanova net om en gluur die indringer aan met ‘n deurvorsende kyk. Die blitsende oë laat die sluwe aasdier telkens skoorvoetend die hasepad kies.

In stikdonkerte pak die toeskouers later hul hout en kole in ‘n Weberbraaier, doof die fakkels, en braai hul vleisies liewer reg in die voordeur, sodat hulle net by die huis kan inspring as die luiperds kriewelrig sou raak. Maar steeds is dit het einde niet.

“Terwyl ons die vuur in die Weber laai, hoor ons duidelik hoe die luiperds aan die anderkant van die huis brul en tekere gaan,” vertel Eric. “Ons eet toe liewer op die voorste gaasstoep aan die pad se kant terwyl die liefdespel aanhou en aanhou.

”Teen 22:00 gaan slaap ons. Elke 20 minute tot ‘n halfuur word ons wakker as die luiperdmannetjie opnuut so laag begin grom en dit dan opwerk tot ‘n oorverdowende gebrul.”

‘n Een-keer-in-‘n-leeftyd-ervaring, noem die twee gelukkige egpare hul aand saam met die luiperds. Die volgende oggend was die twee skoonveld. Die hiëna was nog in die sandsloot. Die gelukkige Bethallers het die wêreld deeglik bespied, maar kon geen teken van enige vangs kry nie. Die hiëna het waarskynlik alles verorber wat die luiperds gelos het.

“Ek moet jou sê: ‘n man kan baie by so ‘n mannetjie leer," verklap Eric met ‘n grynslaggie. “Die luiperd gaan deur as ‘n stil en skugter roofdier. As dit by die seksuele kom, is hy egter verwoed. Hy sit ‘n reuse-‘performance’ op. Soos die Hollanders sê: ‘Dan gaat je brein na je bal’!”

By ‘n ander diereromanse was ons persoonlik betrokkke: Tokkie meer as ek. Dit was ‘n tweede liefde – derde? – vir “ons duikertjie”, Witnek. Vir hom was altyd by Tarlehoet ‘n hart vol deernis en ‘n hand vol pitjies.

Witnek – so genoem weens ‘n duidelike wit V op sy nek – was hondmak en kon nogal rammetjieuitnek raak. Party oggende het hy sy pitjies voor opstaantyd al kom soek. Tokkie staan dan maar pligsgetrou op. Sommer so in haar slaapkabaai gaan haal sy die pitjies in die pakkamer. Vir haar was hy nie sommer ‘n dier van die veld nie. Sy kon hom “in die oë kyk en met hom kommunikeer”.

Een oggend is Tokkie baie bekommerd. Ek word ontbied. Wat sy my wil wys, is Witnek wat snuifsnuif soos ‘n bloedhond op ‘n spoor ronddraf. Hy is kruis en dwars oor die werf. Toe op met die motorpad. By die voëlbad was sy pitjies presies nog soos Tokkie dit vir hom gelaat het. Sulke vreemde gedrag het ons nie tevore gesien nie.

Oor die rede kon ons slegs bespiegel. Tokkie opper die teorie dat hy dalk ontsteld is oor iets. Ek wonder weer of hy nie op ‘n strafekspedisie is nie. ‘n Paar dae tevore was hier juis ‘n vreemde

duiker-rammetjie op die werf. Die ongenooide gas het ewe astrant sy gesig teen van die bome gevryf.

Later hoor ons dis waarskynlik die liefde wat Witnek so beetgepak het. ‘n Dringende aangetrokkenheid tot ‘n ooitjie lei glo dikwels ook tot ‘n afgetrokkenheid oor kos! Dan had Witnek die skoot hoog deur, want sy pitjies is gewoonlik vir hom ‘n belangrike prioriteit.

Ook nie lank nie toe is ‘n ooitjie aan Witnek se sy. Ons sien haar minder gereeld as vir hom. Soms bring hy haar saam. Ander kere kom maak hy alleen ‘n draai. Ons ontdek hulle slaap in ‘n boskasie van jong tamboties langs die motorpad. Tokkie wat in sulke sake oorhel na die sentimentele, krap gereeld in die hopies vars duikermis in die omgewing van die slaapplek en kondig aan die swart korreltjies is “te pragtig”!

Ons weet van minstens twee babas wat vir die paartjie gebore is. Dit was elke keer aan die einde van ‘n vakansie. Ons het die babas dus elk net die een keer skrams gesien en nooit weer nie.

Wanneer ons weer kom, was hulle weg. Soos Witnek en sy ooitjie later ook net weg was. Dis maar soos dit is.

Hierdie is ‘n luiperdstorie. Kom ons begin dit egter op ‘n ongewone noot. By slaapkamersake.

In die bos is geen dier se intieme oomblikke mos privaat nie. Swaargewig-seekoeie woed hul passie uit in ‘n plassie vlak water. Koedoe-Casanovas met swierige horings haal uit en wys sommer in die straat. Waardige kameelperde trippel-trap oop en bloot hul stokkerige paringsdans, hul nekke nog stywer en regopper as gewoonlik.

Selfs leeus se luste oorval hulle in die ope. Van erotiese sessies tussen luiperd-minnaars sien en hoor jy egter bloedmin. Twee Sabieparkse egpare het dit feitlik op hul drumpel beleef. Twee indrukwekkende roofdiere se stomende wellus het, sessie vir sessie, voor die vasgenaelde loerbroers uitgewoed.

‘n Luiperd het geen lui haar op sy lyf nie, het een van die derdemannetjies later bewonderend gerapporteer – veral nie as dit by die liefdesdaad kom nie.

Casanova met kolle (Uit Bure van nature)

Eric van der Walt en Gerrie Cronjé, prokureurs van Bethal, was omstreeks 18:00 aan’t vuurmaak by die lapa aan die voorkant van hul rondawelhuis in Wildevylaan. Hul vrouens roep dringend uit die kombuis. Die mans los die vuurtjie net so. Hulle haas hulle na ‘n gaasstoep aan die agterkant van die huis, wat uitkyk op ‘n lopie.

Hul gades beduie na ‘n massiewe luiperd wat in die lopie (sandsloot), lê, plus-minus 50 meter van die huis af. Hy kyk anderpad. Verkykers word vinnig gaan haal. Maar dit begin skemer raak en hulle sukkel om deur die gaas te sien.

Op hul tone tree hulle suutjies na buite en gaan staan voor die stoep. Met die verkykers mooi gefokus – die lopie is dig begroei wat sig nog moeiliker maak – herken hulle die reuseluiperdmannetjie Mbavala (Sabiepark se Vin Diesel). By hom lê ‘n jong luiperdwyfie, heelwat kleiner, skraal en lig van kleur.

Die groot katte begin met mekaar speel. Nie lank nie, toe raak sake ernstig. ‘n Energieke paring vind plaas, gepaard met ‘n onaardse gegrom en gebrul van die mannetjie.

Eric- en Gerrie-hulle staan verwonderd en kyk totdat dit te donker raak. ‘n Groot hiëna mik intussen kort-kort om nader te kom. Dit laat hulle vermoed dat daar kos by die minnaars moet wees. Hulle sien egter niks.

Elke keer as die hiëna te naby kom, draai die Casanova net om en gluur die indringer aan met ‘n deurvorsende kyk. Die blitsende oë laat die sluwe aasdier telkens skoorvoetend die hasepad kies.

In stikdonkerte pak die toeskouers later hul hout en kole in ‘n Weberbraaier, doof die fakkels, en braai hul vleisies liewer reg in die voordeur, sodat hulle net by die huis kan inspring as die luiperds kriewelrig sou raak. Maar steeds is dit het einde niet.

“Terwyl ons die vuur in die Weber laai, hoor ons duidelik hoe die luiperds aan die anderkant van die huis brul en tekere gaan,” vertel Eric. “Ons eet toe liewer op die voorste gaasstoep aan die pad se kant terwyl die liefdespel aanhou en aanhou.

”Teen 22:00 gaan slaap ons. Elke 20 minute tot ‘n halfuur word ons wakker as die luiperdmannetjie opnuut so laag begin grom en dit dan opwerk tot ‘n oorverdowende gebrul.”

‘n Een-keer-in-‘n-leeftyd-ervaring, noem die twee gelukkige egpare hul aand saam met die luiperds. Die volgende oggend was die twee skoonveld. Die hiëna was nog in die sandsloot. Die gelukkige Bethallers het die wêreld deeglik bespied, maar kon geen teken van enige vangs kry nie. Die hiëna het waarskynlik alles verorber wat die luiperds gelos het.

“Ek moet jou sê: ‘n man kan baie by so ‘n mannetjie leer," verklap Eric met ‘n grynslaggie. “Die luiperd gaan deur as ‘n stil en skugter roofdier. As dit by die seksuele kom, is hy egter verwoed. Hy sit ‘n reuse-‘performance’ op. Soos die Hollanders sê: ‘Dan gaat je brein na je bal’!”

By ‘n ander diereromanse was ons persoonlik betrokke: Tokkie meer as ek. Dit was ‘n tweede liefde – derde? – vir “ons duikertjie”, Witnek. Vir hom was altyd by Tarlehoet ‘n hart vol deernis en ‘n hand vol pitjies.

Witnek – so genoem weens ‘n duidelike wit V op sy nek – was hondmak en kon nogal rammetjieuitnek raak. Party oggende het hy sy pitjies voor opstaantyd al kom soek. Tokkie staan dan maar pligsgetrou op. Sommer so in haar slaapkabaai gaan haal sy die pitjies in die pakkamer. Vir haar was hy nie sommer ‘n dier van die veld nie. Sy kon hom “in die oë kyk en met hom kommunikeer”.

Een oggend is Tokkie baie bekommerd. Ek word ontbied. Wat sy my wil wys, is Witnek wat snuifsnuif soos ‘n bloedhond op ‘n spoor ronddraf. Hy is kruis en dwars oor die werf. Toe op met die motorpad. By die voëlbad was sy pitjies presies nog soos Tokkie dit vir hom gelaat het. Sulke vreemde gedrag het ons nie tevore gesien nie.

Oor die rede kon ons slegs bespiegel. Tokkie opper die teorie dat hy dalk ontsteld is oor iets. Ek wonder weer of hy nie op ‘n strafekspedisie is nie. ‘n Paar dae tevore was hier juis ‘n vreemde duiker-rammetjie op die werf. Die ongenooide gas het ewe astrant sy gesig teen van die bome gevryf.

Later hoor ons dis waarskynlik die liefde wat Witnek so beetgepak het. ‘n Dringende aangetrokkenheid tot ‘n ooitjie lei glo dikwels ook tot ‘n afgetrokkenheid oor kos! Dan had Witnek die skoot hoog deur, want sy pitjies is gewoonlik vir hom ‘n belangrike prioriteit.

Ook nie lank nie toe is ‘n ooitjie aan Witnek se sy. Ons sien haar minder gereeld as vir hom. Soms bring hy haar saam. Ander kere kom maak hy alleen ‘n draai. Ons ontdek hulle slaap in ‘n boskasie van jong tamboties langs die motorpad. Tokkie wat in sulke sake oorhel na die sentimentele, krap

gereeld in die hopies vars duikermis in die omgewing van die slaapplek en kondig aan die swart korreltjies is “te pragtig”!

Ons weet van minstens twee babas wat vir die paartjie gebore is. Dit was elke keer aan die einde van ‘n vakansie. Ons het die babas dus elk net die een keer skrams gesien en nooit weer nie. Wanneer ons weer kom, was hulle weg. Soos Witnek en sy ooitjie later ook net weg was. Dis maar soos dit is.

Henning van Aswegen

DIE LAASTE WOORD: VUUR EN VLAM

Ds. Innes Benade

HOSEA 11:1

-11

(Vir my, een van die aangrypendste Ou Testamentiese tekste!)

'MY LIEFDE BRAND TE STERK'

1. Toe Israel nog 'n kind was, het EK hom al liefgehad, en EK het hom, MY seun, uit Egipte geroep

2.Maar toe die Baäls hulle roep, het Israel MY verlaat en vir die Baäls gaan offer, vir afgodsbeelde offers gebring.

3. EK self het Efraim leer loop, EK het hulle op my arms gedra, maar hulle wou nie erken dat dit EK is wat vir hulle sorg nie.

4. EK het hulle met sorg en liefde gelei, EK was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit sy trekdier skaaf. EK het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee,

5. want EK wou nie hê dat hy weer na Egipte toe moet teruggaan nie of dat Assirië oor hom moet heers nie. Maar Efraim het geweier om hom te bekeer.

6. Daarom sal sy stede deur oorlog verwoes word en sy waarsêers uitgeroei word. Hulle sal deur die oorlog verteer word oor die raad wat hulle gegee het.

7.Omdat MY volk MY verlaat het, sal party van hulle opgehang word en die ander sal die slawejuk moet dra, 'n juk wat nie afgegooi sal word nie!

8. Maar hoe kan EK jou prysgee, Efraim?

Hoe kan EK jou laat vaar, Israel?

Hoe kan EK jou vernietig soos Adma, met jou maak soos met Sebojim?

EK kan dit nie oor MY HART kry nie. MY LIEFDE BRAND TE STERK.

Ds. Innes Benade en sy vrou Greta

9. EK sal my gloeiende toorn bedwing,

EK sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want EK is GOD, nie 'n mens nie. EK is die HEILIGE wat by jou is,

EK sal nie met woede ingryp nie.

10. Hulle sal die HERE volg!

HY sal brul soos 'n leeu en wanneer HY brul, sal SY kinders vol ontsag uit die weste kom.

11. Vol ontsag sal hulle soos voëls uit Egipte vlieg en soos duiwe uit Assirië.

EK sal hulle na hulle neste toe terugbring, sê die HERE.'

(Vir my Gemeente, NHK OUDTSHOORN - Dankie vir die af-naweek, Dierbares...)

Dis tyd.

Kaggels, komberse en inkruip.

Retireer, rus vind en warmte soek.

(Wie sou ooit kon dink dat die warmste warm - BLOU kan skyn?)

Dis hoe ek vanmôre voeldankbaar vir die weersiens van my kinders maar ook intense verlange na my Gemeente.

En ons weeklikse Erediens afspraak, Sondae om nege...

(Ek mis julle)

Winter bring bekoring van koffie en kuier.

Kinders wat huistoe kom - ouers wat uitreik en krismisbeddens.

Ons het die hitte nodig van omhelsings en laaank vashou.

Van belangstelling en betrokkenheid.

Van kennisneem en raadgee, hulp verleen en omgee.

Mens kan nie op twee plekke gelyktydig wees nie - maar GOD kan.

Ek weet dat HY HOMSELF oral en in alle omstandighede vir ALMAL beskikbaar stel.

Ek weet HY is ook vanmôre by my klein kuddetjie soos ons, hier by ons kinders in Kaapstad.

Wat 'n voorreg.

DIE WETE - HY IS ALTYD DAAR!

ORAL.

Soos die onsigbare buitelyne van 'n blouvlam bly SY LIEFDE gloei. Selfs in ons tekortkomings en sondeval sal SY LIEFDE brandend bly.

Immer teenwoordig.

Alomteenwoordig... EWIG.

HERE JESUS,

Mag ons geloof in U, vir U aanneemlik bly, O HERE, GOD VAN LIEFDE.

Vergewe ons ons tekortkominge, soos U Israel s'n vergewe, in HOSEA 11. U WARM HART teenoor ons, afvallige mens, verstom en vertroos.

U laat ons telkens nader staan om teenaan U VLAM van HOOP, skuifel-staan te blyweer brandend te word, vir U werk! AMEN.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.