Verrassingswoorde wat tydens luister-enpraat-aktiwiteite gebruik word
Die leerderhulpmiddel sluit 20 woorde in waarmee die leerders moontlik onbekend is. Een luister-en-praat-aktiwiteit per leereenheid is op die “moeilike”, onbekende woord gebaseer. Dit word “verrassingswoorde” genoem, aangesien leerders nie vooraf weet wat die woord gaan wees nie. Die fasiliteerder kan aan die begin van die jaar al die woorde uitknip en in ’n sakkie of houer gooi. Vra dan ’n leerder in die klas om ’n woord uit die houer te trek. Leerders bespreek die woord tydens een luister-en-praat-aktiwiteit per leereenheid.
• handbagasie
• herwinning
• medikasie
• wildreservaat
• orkaan
• barometer
• ruimtereis
• planetarium
• kragopwekker
• slaghuis
• tuisnywerheid
• motorongeluk
• staanhorlosie
• kampeerterrein
• ensiklopedie
• skrikkeljaar
• bestuurderslisensie
• ortodontis
• weervoorspelling
• skaterlag