Intermediêre Fase Graad 5 • Fasiliteerdersgids Natuurwetenskappe en Tegnologie

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 5 • Fasiliteerdersgids

Natuurwetenskappe en Tegnologie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Natuurwetenskappe en Tegnologie

Fasiliteerdersgids Graad 5

Aangepas vir KABV

15.2

AKTIWITEIT 15a: Wat sal jy vind as jy ’n gat grawe so diep as wat jy kan?

AKTIWITEIT 15b: Hoeveel lae het die aarde? ..............................................

15d: Kan rots en klip verweer?

G05 ~ Natuurwetenskappe en Tegnologie

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat die leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE:

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerders deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing vir die leerders om die inhoud self verder in diepte na te vors.

AKTIWITEIT:

Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING:

SAMPLE

Ter afsluiting van die spesifieke Les. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ‘n spesifieke Afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER / HERSIENING:

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Les en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

* Alle leselemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Indeling van kurrikulum: Graad 5

Eenheid 1: Lewe en leefwyse

Les Tydstoekenning (weke) Plante en diere op Aarde

Eenheid 2: Materie, stowwe en verwerking

Eenheid 3: Energie en verandering Les

Eenheid 4: Die aarde en die heelal

Week Les Onderwerp

JAARPLAN

Inhoud

Eenheid 1 (Kwartaal 1)

1

Plante en diere op Aarde

2

*Verskeie plante en diere

*Soorte diere

Daar is verskeie plante en diere wat elkeen in hulle eie habitat voorkom. (Suid-Afrika het ’n wye verskeidenheid van inheemse plante, diere en hulle habitatte),

Daar is baie verskillende soorte plante en diere. Sommige het nie bene in hulle liggaam nie en sommige het harde uiterlike “velle” of doppe (ongewerwelde diere), terwyl ander wel bene het (werweldiere).

*Interafhanklikheid Plante en diere is afhanklik van mekaar maar hulle is ook afhanklik van beskikbare hulpbronne (lug, water, grond, kos, en skuilplek) in hulle eie habitat.

Assessering

Datum begin Datum voltooi

3 Diere se geraamtes

*Geraamtes van werweldiere * Beweging van werweldiere

’n Gewerwelde geraamte bestaan uit bene en gewrigte, en is binne-in die liggaam.

Bene is hard en vorm ’n sterk raamstruktuur.

SAMPLE

Kwartaal 1 toets

4

5

Geraamtes en strukture

*Raamen dopstrukture

Werweldiere kan beweeg omdat daar spiere aan die gewrigte tussen die bene is.

’n Gewerwelde geraamte is ’n raamstruktuur (verwys ook na die graad 4 Materie en materiale).

Sommige ongewerwelde geraamtes is dopstrukture soos dié van ’n krap.

Praktiese taak 1: Aktiwiteit 3: Ontwerp en maak ’n geraamte

6

Les Onderwerp

Voedselkettings

7

*Voedsel en voeding in plante en diere

*Voedselkettings

Plante vervaardig voedsel en bou hulle takke en stingels met water, koolstofdioksied uit die lug en sonlig energie. Plante gebruik koolsuurgas uit die lug en stel suurstof aan die lug vry.

Assessering

Datum begin Datum voltooi

8

Lewensiklusse

9 10

*Groei en ontwikkeling

*Lewensiklus van plante

*Lewensiklus van diere

Diere benodig voedsel om hul lewensprosesse uit te voer (om te beweeg, eet, groei, die omgewing waarneem, uitskei, asemhaal en voortplant).

Alle diere is afhanklik van plante as hulle hoofbron van voedsel (herbivore, karnivore en omnivore).

Plante en diere groei en ontwikkel regdeur hulle lewens.

’n Lewensiklus beskryf die fases en prosesse wat plaasvind as ’n plant of dier groei en ontwikkel.

’n Lewensiklus beskryf ook hoe een generasie van ’n plant of dier oorsprong gee aan ’n volgende generasie deur voortplanting.

Die dood kan in enige fase van die lewensiklus intree.

Kwartaal 1-toets 11

Metale en niemetale

Onderwerp Inhoud

Eenheid 2 (Kwartaal 2)

*Eienskappe van metale

*Eienskappe van niemetale

Gebruike van metale

Verwerking van metaal

Verwerkte metale

*Spesiale eienskappe van metale

*Kombinasie van stowwe

*Eienskappe en gebruike

*Gebruike van metale

Metale is nuttige om dinge mee te maak omdat hulle sekere eienskappe het.

Assessering

Nie-metale is nuttige om dinge mee te maak omdat hulle sekere eienskappe het.

SAMPLE

*Tradisionele verwerking

Ons vervaardig munte, draad, juwele, meubels, geboue, brûe, motors, kombuisgereedskap en dakke uit metaal.

Materiale kan verwerk word om nuwe materiaal/ produkte te maak.

Praktiese taak 2: Ondersoek 3: Leer oor roes

Junieeksamen (werk van kwartaal 1 en 2)

Materiale soos gips, beton, tekstiel, keramiek en glas asook plastiek en verf, het elk hul eie spesiale eienskappe.

In Afrika gebruik mense al vir eeue verwerkte materiale om bakstene van klei en kleipotte te maak.

Junie-eksamen

Week

Les Onderwerp

23

24

27

Gestoorde energie in brandstowwe

*Wat is brand - stowwe?

*Verbranding van brandstowwe *Vuurveiligheid

*Selle en batterye

Energie en elektrisiteit

28

*Net stroom - elektrisiteit

*Veiligheid en elektrisiteit

Energie en beweging

30

Stelsels om dinge te beweeg

Inhoud

Eenheid 3 (Kwartaal 3)

Energie word in brandstowwe gestoor (insluitend voedsel). Ons gebruik brandstowwe as bronne van bruikbare energie.

Brandstowwe benodig hitte om aan die brand te steek en lug (suurstof) om die proses te onderhou.

Vure is ’n gevaar in ons gemeenskappe.

Energie kan gestoor word in die selle of batterye van ’n flitslig.

’n Stroombaan is ’n stelsel wat elektriese energie vervoer na waar dit benodig word.

Elektrisiteit vanaf die kragstasie word vervoer in ’n stroombaan na ons huise en dan weer terug na die kragstasie.

Voorsorgmaatreëls moet getref word wanneer met elektrisiteit gewerk word.

Assessering

Datum begin Datum voltooi

*Rekke en vere

*Wiele en asse

SAMPLE

Ons kan dinge laat beweeg met die hulp van ’n uitgestrekte rek of saamgeperste vere.

Ons stoor energie in ’n uitgerekte rek of saamgeperste veer.

Voertuie is stelsels wat wiele en asse gebruik.

Wiele en asse help voertuie om makliker te beweeg.

Kwartaal 3-toets

Praktiese taak 3: Ondersoek 2: Wat gebeur as 'n vlam nie suurstof kry nie?

Kwartaal 3toets

34

Les Onderwerp

Planeet Aarde

35 Oppervlakte van die a arde

*Rotse

*Die a arde beweeg

*Die vorming van grond uit rotse

*Grondsoorte

Inhoud

Eenheid 4 (Kwartaal 4)

Die aarde beweeg in ’n wentelbaan om die son.

Die aarde neem ongeveer 365 dae om een keer om die son te draai en dit word ’n jaar genoem.

Die oppervlak van die aarde word ’n kors genoem, en bestaan uit rotse (selfs onder die see), en grond.

Grond, lug, water en sonlig ondersteun lewe op Aarde.

Grond is gewoonlik ’n mengsel van verskillende soorte grondkorrels in verskillende verhoudings

36

Afsettingsgesteentes

*Hoe afsettingsgesteentes gevorm word

*Gebruike van afsettingsgesteentes

Afsettingsgesteentes vorm oor ’n baie lang tydperk.

Assessering

Datum begin Datum voltooi

37 Fossiele

*Fossiele in rotse

*Liggaamsen spoorfossiele

*Belangrikheid van SuidAfrika se fossiele

SAMPLE

Fossiele is die oorskot van oerdiere- en plante wat behoue gebly het in rotse. Sommige fossiele word gevind in afsettingsgesteentes. Fossiele is ’n rekord van die geskiedenis van lewe op aarde.

Daar is twee hoofsoorte fossiele: liggaams- en spoorfossiele.

39 Hersiening

Novembereksamen

Praktiese taak 4: Ondersoek 2: Watter grond behou meer water? Novembereksamen (werk van kwartaal 3 en 4)

• Onderwerpe in vetgedrukte letters is die belangrikste. Maak seker dat die leerders die konsepte deeglik verstaan.

• Al die onderwerpe moet gedek word voor die eksamen begin.

ASSESSERINGSVEREISTES

Vir alle assesserings en die puntestaat, raadpleeg die portefeuljeboek.

Kwartaal 1

Skoolgebaseerde assessering

Kwartaal 1toets

Praktiese taak 1

Kwartaal 2

Praktiese taak 2

Junieeksamen

Kwartaal 3

Kwartaal 3toets

Praktiese taak 3

Kwartaal 4

Totale % vir die jaar

Praktiese taak 4 75%

Novembereksamen

STUDIEWENKE EN -METODES

Leerders sal daarby baat om opsommings van al die teorie te maak. Dit sal hulle help om die belangrike begrippe beter te verstaan en die opsommings sal ook handig wees wanneer hulle vir toetse en eksamens leer Breinkaarte kan ook baie nuttig wees. Wanneer vrae in toetse en eksamens beantwoord word, word daar van leerders verwag om toepaslike inligting met hul eie interpretasie weer te gee.

Belê in ’n goeie woordeboek sodat die leerders die betekenis van moeiliker woorde kan opsoek. Dit help om die leerders se woordeskat uit te brei en dit help hulle om onafhanklik te leer.

SAMPLE

Neem interessante boeke vir elke eenheid by die biblioteek uit om leerders te help om die werk in die praktyk te sien en sodoende beter te verstaan. Waar moontlik, gaan uit in die tuin of natuur en wys vir die leerders dit wat hulle besig is om te leer. Wys vir hulle werklike voorbeelde. Eerstehandse ervaring moedig ’n honger vir leer aan.

Die volgende skakels sal die leerders begelei en help om Natuurwetenskappe en Tegnologie behoorlik te ervaar.

• http://e-classroom.co.za/caps-content/grade-5/english/natural-science-technology

• http://www.thunderboltkids.co.za/grade-5.html

EENHEID 1: Lewe en leefwyse

Les 1: Plante en diere op Aarde

LEERDOELWITTE

• Wat is die koudste plek waar diere woon?

• Hoe diep is die see? Is daar plante en diere wat diep onder die see bly?

• Waar is die hoogste berg op Aarde? Is daar plante en diere bo-op die berg?

• Vind ons plante of diere in 'n woestyn?

• Wat is gewerweldes en ongewerweldes?

• Ons stel voor dat fasiliteerders die webwerf http://www.iteachbio.com/MarineBiology/marine.html besoek – daar is baie video’s en PowerPoint-aanbiedinge, grafieke en uitdeelstukke wat fasiliteerders en leerders kan gebruik.

• Oorweeg dit om plakkate te maak vir vier verskillende habitatte (water, woestyn, grasveld en woud). Soos wat julle dit ondersoek en bestudeer, kan julle sleutelwoorde en frases onder elke opskrif sit.

SAMPLE

• Word ’n kenner: Skryf die vier verskillende habitatte op stukke papier en sit dit in ’n hoed sodat die leerders een uit die hoed kan trek. Hulle moet ’n kenner word oor die habitat wat hulle getrek het. Die leerders wat dieselfde habitat trek, kan saam in ’n groep werk of individueel (wat ook al beter vir die klas werk). Na die bespreking oor die verskillende soorte habitatte in die handleiding, moet die leerders ’n plakkaat maak van die plante en diere wat in dié spesifieke habitat woon. Hulle kan hulle plakkate in die klas opsit (daar waar die opskrifte is) en moet die woorde wat julle neergeskryf het in hulle plakkate gebruik.

• Indien jy wil/kan, kan hierdie opdrag met Afrikaans Huistaal gekombineer word en die leerders kan dit as ’n mondeling aanbied.

• Na die mondelinge is dit ’n goeie idee om ’n vasvra te hou, waar die fasiliteerder vrae oor elke habitat vra. Die fasiliteerder noem dat die leerder vrae vir 3 punte beantwoord.

VRAE

Waarom is dit belangrik om die biodiversiteit van ons planeet te bestudeer? Skryf van die hoofpunte van die klasbespreking of bespreking met jou fasiliteerder hieronder neer.

Fasiliteerders word aangemoedig om hierdie geleentheid te gebruik om omgewingskwessies aan te roer en te beklemtoon hoe belangrik kennis oor die biodiversiteit van ons planeet is. As ons meer weet, kan ons die planeet beter beskerm. Bespreek hoe belangrik dit is om die diversiteit van plante en diere op Aarde te waardeer. As ons waarde aan diversiteit heg, sal ons besef dat elke plant of dier wat uitsterf ’n groot verlies vir die aarde is. Beklemtoon moontlik dat ’n uitgestorwe plant of dier dalk die sleutel kon wees tot die genesing van sekere siektes of ons kon leer hoe om probleme soos gronderosie hok te slaan.

1.1 Verskeie plante en diere

’n Waterhabitat

Fasiliteerders kan die volgende aktiwiteit gebruik om te toets hoe goed ’n leerder se individuele geografiese kennis oor plekke in ons land is. Dit is moontlik dat die leerder nog nie vantevore aan kaarte blootgestel was nie, en dus dalk nie weet waar hy/sy woon nie Gebruik die geleentheid as ’n onderrigaktiwiteit en gee leerders ’n vinnige oorsig oor die kaart van Suid-Afrika. Plaas klem op waar noord is (wat belangrik sal wees in ander vakke soos Sosiale Wetenskappe).

AKTIWITEIT 1a: Identifiseer seediere en -plante

VRAE

SAMPLE

1. Kan jy dink hoe moeilik dit moet wees om op die rotse te woon en dag en nag deur te loop onder die aanslae van die branders? Watter diere in die prentjie bly op of naby rotse?

Krappe, krewe, seegras, mossels

2. Beskryf ten minste drie maniere waarop hierdie diere hulself teen die branders beskerm.

Party het harde skulpe soos mossels en gapermossels. Ander diere kruip onder die rotse weg as dit hooggety is en kom net uit met laaggety as die see kalmer is. Sommige organismes, soos slakke en seegras, het sterk suiers waarmee hulle aan die rotse vassuig om die gehamer van die see te weerstaan.

3. Kyk mooi na die diere in die prentjies en vind die eienskappe wat hulle in gemeen het. Groepeer dan die diere op grond van hierdie ooreenkomste.

Hierdie is hersiening van graad 4-werk waar die leerder diere moes klassifiseer en vergelyk op grond van sigbare verskille. Moedig leerders aan om kreatief te dink wanneer hulle die diere klassifiseer en om die sigbare leidrade te gebruik.

4. Baie ekotoeriste besoek ons land vir al die besienswaardighede. Sommige is opsoek na avontuur en dit vind hulle in haaihokduik. ’n Sterk hok word tot diep onder die water laat sak, en aas word in die water gegooi om haaie nader te lok. Die haaie swem dan nader om ondersoek in te stel. Dink jy haaihokduik is aanvaarbaar? Verduidelik waarom jy so dink.

Gee leerders die vryheid (en toestemming) om van mekaar te verskil. Moedig leerders aan om verskillende opinies oor hierdie onderwerp te bespreek voor hulle die vraag antwoord. ’n Leerder mag dalk ten gunste van haaihokduik wees aangesien dit ’n geleentheid bied vir navorsing en mense leer om meer waardering vir haaie te hê. Of ’n leerder mag dalk met die minister van Omgewingsake en Toerisme saamstem en voel dat die toeriste die haaie uit hul natuurlike habitat verwilder. Haaihokduik word ook blameer daarvoor dat haaie die aas met mense vereenselwig en sodoende hulle vrees vir mense verloor, dit maak hulle dan makliker om te vang.

AKTIWITEIT 1b: Bestudeer ’n waterhabitat

Leerder se eie antwoord

Grasvelde

VRAE

Noem van die diere wat jy dink in grasvelde woon.

Koedoe, njala, impala, sebra, buffel, leeu, luiperd, ander klein soogdiere, ens.

Woude

• Identifiseer ’n spesifieke area waarheen jy jou leerders kan neem om diere en plante te bestudeer voor jy met die les begin. Die ideaal sal ’n natuurreservaat, ’n park of skooltuin wees, waar ’n mens verskillende habitatte kan ervaar en bestudeer.

• As jy saam met jou leerders daarheen gaan stap, is dit ’n goeie idee om eers self die roete te stap om seker te maak dat daar geen gevare of hindernisse is waarvan die leerders moet weet nie.

• Bestudeer die area voor julle die aktiwiteit doen. Vermy areas met baie rommel en enige geroeste items wat gevaarlik kan wees en iemand kan seermaak.

• Let op na die plante en diere in die area. Kry toestemming indien nodig om voorbeelde van die plante uit te haal. Moenie plante pluk of afsny sonder toestemming nie. Vertoon die plante met hulle name langsaan en wys dit vir die leerders voor julle gaan stap.

• Moedig leerders aan om een of twee mense/ouers te nooi wat kennis het van die plante of diere het om die uitstappie te vergesel. Hulle kan help om die diere en plante te identifiseer en interessante inligting met die leerders deel. Terselfdertyd kan hulle help om die leerders veilig op die roete te begelei.

• Berei leerders voor die tyd voor vir die aktiwiteit Verduidelik dat hulle slegs die plante en diere moet tel BINNE hulle afgebakende gebied of voëls wat oor die gebied vlieg Hulle mag nie diere nader lok of dra nie, en ook nie diere waarvan hulle nie hou nie uit die gebied dra nie. Diere of eiers moet versigtig hanteer word en nie uit hulle woonplekke of neste gehaal of verwyder word nie. Leerders moet versigtig wees om nie te naby aan diere te kom of hulle te pla nie.

• Hulle moet onderskei tussen die plante deur na die grootte en vorm van hul blare, blomme of vrugte te kyk. Ouers wat die uitstappie vergesel, mag die leerders help om die plante wat in hulle gebied is te identifiseer.

AKTIWITEIT 1c: Tel plante en diere

Na die leerders die plante en diere in die area geïdentifiseer het, moet hulle van die blomme en sade bymekaarmaak (as daar is). Leerders kan die blomme tussen velle papier plaas en dan boeke daarop pak vir ’n paar dae. So pers jy die blomme. Wanneer hulle gepers is, kan leerders die blomme op ’n papier plak saam met die sade wat hulle versamel het en die name van die blomme neerskryf.

1.2 Interafhanklikheid in ’n ekosisteem

SAMPLE

Inleiding tot die onderwerp:

• Die volgende BBC-webwerf is ’n uitstekende bron om te lees voor jy met die les begin: http://www.bbc.co.uk/nature/adaptations/Pollinator#intro

• Hierdie webwerf bied twee PowerPoint-aanbiedinge en alhoewel dit te gevorderd is vir leerders op hierdie vlak, is dit steeds ’n baie goeie inleiding tot ekosisteme en interafhanklikheid: http://www.magistralearning.com/samples/

Fasiliteerdersgids

G05

VRAE

Is mense verbind met plante en riviere? Bespreek dit met jou fasiliteerder.

Fasiliteerders kan hierdie vrae gebruik om leerders se bestaande kennis en begrip oor ekologiese interafhanklikheid te toets.

Ons sê dat diere, plante en hul habitatte interafhanklik is. Dit beteken dat hulle afhanklik is van mekaar om te oorleef. As een deel weggelaat word, byvoorbeeld water tydens ’n droogte, sal die res van die diere, plante en die habitat dalk vernietig word.

Interafhanklikheid tussen lewende organismes

VRAE

Bye is nie die enigste insekte wat help om blomplante te bestuif nie. Watter diere/insekte kan ’n boom se blomme bestuif? Kyk na die prentjies hieronder.

Voëls, kewers, perdebye, miere, ratels, ens.

Fasiliteerders word aangemoedig om leerders toe te laat om die diere/insekte wat ’n boom se blomme kan bestuif te bespreek op grond van hulle fisiese kenmerke. Vra leerders of hulle dink dat eerder ’n vlermuis of ’n skilpad ’n boom se blomme kan bestuif. Bespreek dan waarom hulle so dink. Vra ook vrae wat hulle laat nadink oor hoe ’n boom aangepas is om vrugtevlermuise toe te laat om hulle blomme te bestuif. Die blomme moet gedurende die nag oop wees om die vlermuise te lok en hulle het daarom nie helder blare nodig nie, maar die blare moet groter wees sodat die vlermuis dit met eggo-oriëntasie kan vind.

Kyk die video oor bestuiwers saam met die leerders, dit is ’n nuttige video wat alles op ’n graad 4- en graad 5-vlak verduidelik. Die video’s bevat grafiese voorstellings en jong akteurs wat dieselfde ouderdom as die leerders is. Die gehalte van die video is nie baie goed nie en moet dus eerder nie op ’n groot skerm vertoon word nie.

AKTIWITEIT 1d: Die ratel en die heuningwyser

VRAE

1. Hoekom kan die heuningwyser nie net van die by-larwes eet sonder om te wag vir die ratel nie?

Die voël kan nie self die korf oopbreek nie en die gevaar bestaan dat die bye hom kan doodsteek.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.