Graad 5 • Handleiding Natuurwetenskappe en Tegnologie
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Natuurwetenskappe en Tegnologie
Handleiding Graad 5
1: Hoeveel energie kan ons uit verskeie brandstowwe kry?
Handleiding
G05 ~ Natuurwetenskappe en Tegnologie
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE:
Wat die leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER:
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK:
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE:
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerders deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES:
Aansporing vir die leerders om die inhoud self verder in diepte na te vors.
AKTIWITEIT:
Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING:
SAMPLE
Ter afsluiting van die spesifieke Les. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD:
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ‘n spesifieke Afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER / HERSIENING:
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Les en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
* Alle leselemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.
Eenheid 1: Lewe en leefwyse
Les 1: Plante en diere op die aarde
LEERDOELWITTE
• Wat is die koudste plek waar diere woon?
• Hoe diep is die see? Is daar plante en diere wat diep onder die see bly?
• Waar is die hoogste berg op aarde? Is daar plante en diere bo-op die berg?
• Vind ons plante of diere in 'n woestyn?
• Wat is gewerweldes en ongewerweldes?
Jy het dalk al gehoor dat mense na ons planeet verwys as die “Blou Planeet”. As ’n ruimtevaarder vanuit die ruimte na die aarde kyk, word tweederdes van die planeet met water bedek en lyk die planeet blou. Duisende plante en diere kan op die aarde woon omdat daar water is. Plante en diere woon op spesifieke plekke. Die plek waar ’n plant of dier woon, word ’n habitat genoem.
Wanneer ons na plante en diere in hulle verskeie habitatte verwys, word dit biodiversiteit genoem. Die biodiversiteit van ’n spesifieke gebied sluit al die verskillende habitatte, plante en diere in daardie gebied in
VRAE
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Plante en diere het water nodig vir oorlewing. Wetenskaplikes soek water op ander planete omdat hulle hoop dat as hulle water daar vind, daar dalk ander vorme van lewe ook kan wees.
Waarom is dit belangrik om die biodiversiteit van ons planeet te bestudeer? Skryf van die hoofpunte van julle klasbesreking of die bespreking met jou fasiliteerder hieronder neer.
1.1 Verskeie plante en diere
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
• aangepas
• uitgesterf
• klassifiseer
• inheems
• bioom
Die aarde beskik oor ’n ongelooflike diversiteit van diere en plante. Diere en plante woon en groei in gebiede waar hulle goed aard, of te wel hulle habitat.
Ons kan verskillende soorte habitatte op Aarde identifiseer, soos:
• Akwaties (water)
• Woestyn
• Grasvelde
• Woude
In elke habitat is daar diere en plante wat spesifiek aangepas is om in daardie omgewing te woon en groei. Kom ons kyk na van die mees algemene plante en diere wat in elkeen van die verskillende habitatte woon en dan na habitatte in Suid-Afrika.
Waterhabitatte
Verskeie diere en plante woon en groei in of naby water. Daar is twee soorte waterhabitatte – sout- en varswater. Die plante en diere is aangepas om of in sout- of in varswater te aard.
SAMPLE
In Suid-Afrika is daar voorbeelde van beide hierdie akwatiese habitatte.
Ons land het ’n lang kuslyn met verskillende soorte habitatte waar verskillende plante en diere voorkom Byvoorbeeld, baie diere bly in en om rotspoele. Hulle kan die warm son en die konstante gehamer van die golwe weerstaan.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aqua beteken “water” in Latyn. Ons gebruik die Afrikaanse weergawe “akwa-“. Die woord aqua het normaalweg iets te doen met water, soos akwaties of akwarium.
Seemeeue rus op die strand.
’n Rotsagtige kuslyn met rotspoele.
Seesterre word in rotspoele langs die kus aangetref.
• Suid-Afrika is die enigste plek op aarde volgens ons kennis waar witdoodshaaie geleer uit die water spring om robbe te vang (by Robeiland naby Valsbaai).
• Vroulike dolfyne word koeie genoem en die manlike dolfyne word bulle genoem. Jong dolfyne word kalfies genoem.
In ons see is daar ’n groot verskeidenheid soogdiere en visse, van die kleinste sardyntjie tot die grootste walvis en dolfyne
SAMPLE
Dolfyne speel in die golwe
’n Suidelike noordkaper met haar kalfie langs die kus van Hermanus, ’n gewilde teelaarde vir walvisse in September.1
Die see is die tuiste van baie vissoorte. ’n Groep vis word ’n skool genoem. Koraalriwwe aan die ooskus van Suid-Afrika, veral by Sodwanabaai, huisves verskeie vis- en dierespesies.
Riviermondings ontwikkel waar die see in ’n rivier uitloop. Die varswater van die rivier meng met die soutwater van die see. Jy mag dalk klimvisse hier vind (klimvisse is aangepas om op land ook te kan leef, en kan bokant die watervlak aan stingels, rotse of stamme vasklou.)
VIR DIE NUUSKIERIGES
Die waters aan die kus van SuidAfrika is die tuiste vir baie skaars vissoorte soos die selakant. Wetenskaplikes het gedink hierdie prehistoriese vis het uitgesterf totdat hulle 'n lewendige selakant in Suid-Afrika se waters in 1938 aangetref het!
Klimvisse bly in riviermondings, maar hulle kan op die land “spring” en ook aan lae takke vasklou.2
AKTIWITEIT 1a: Identifiseer seediere- en plante
Kyk mooi na die foto’s van verskillende seediere, visse en plante wat langs die kus van Suid-Afrika bly.
SAMPLE
ʼn Kreef in die vlak water 5
Groen seegras wat op die water dryf 7
ʼn Pikkewyn wat onder die water duik 6
Mossels wat op die rotse groei 8
VRAE
1. Kan jy dink hoe moeilik dit moet wees om op die rotse te woon en dag en nag deur te loop onder die aanslae van die branders? Watter diere in die prentjies bly op of naby rotse?
2. Beskryf ten minste drie maniere waarop hierdie diere hulself teen die branders beskerm.
SAMPLE
3. Kyk mooi na die diere in die prentjies en vind die eienskappe wat hulle in gemeen het. Groepeer dan die diere op grond van hierdie ooreenkomste.
4. Baie ekotoeriste besoek ons land vir al die besienswaardighede. Sommige is op soek na avontuur en dit vind hulle in haaihokduik. ’n Sterk hok word tot diep onder die water laat sak, en aas word in die water gegooi om haaie nader te lok. Die haaie swem dan nader om ondersoek in te stel. Dink jy haaihokduik is aanvaarbaar? Verduidelik waarom jy so dink.
Kom ons kyk na die plante en diere wat in varswater, soos damme, poele, strome en riviere woon.
Baie diere woon in of naby varswater poele, damme en mere, of riviere en strome. Dit sluit in slakke, gapermossels, krappe, paddas en visse. Groter diere soos skilpaaie, slange, seekoeie en krokodille en voëlsoorte soos eende en swane woon ook in of naby water.
Eende maak hul kuikens groot naby plante waar
VIR DIE NUUSKIERIGES
Haaie se gehoor is ongelooflik goed. Hulle kan 'n vis “hoor” (die vibrasies van die vis voel) beweeg wat so ver as 500 meter van hulle af weg is.
Seekoeie woon naby en in varswater. daar baie kos is vir die kleintjies tussen die riete en waterplante
jy
SAMPLE
Party waterplante het wortels, soos waterlelies en riete. Waterplante vervaardig suurstof vir diere om asem te haal en voorsien kos vir baie diere.
Waterblommetjies dryf op die water13
VIR DIE NUUSKIERIGES
Waterblommetjiebredie word van waterblommetjies gemaak. Het jy dit al geëet?
In Suid-Afrika het ons ook groot vleilande waar riviere stadig vloei en die water stilstaan of baie stadig vloei. Vleilande voorsien voedsel, skuiling en ’n natuurlike habitat vir ’n vele diere: paddas, reptiele, voëls (soos eende en waadvoëls) en visse om maar net ’n paar te noem.
Aktiwiteit 1b: Bestudeer ’n waterhabitat
Werk in groepe van drie of vier.
MATERIALE
• potlood
• papier
• knyperbord
• sonbrandroom en ’n hoed
INSTRUKSIES
1. Besoek ’n akwatiese habitat naby jou: ’n stroom of rivier, poel of dam, of selfs ’n rotspoel as julle naby die see is.
2. Vind verskillende voorbeelde van drie plante en drie diere wat in die omgewing woon en groei.
SAMPLE
3. Bestudeer die area waar hulle woon/groei en dink aan hoe die plante en diere aangepas is by hulle habitat. Beantwoord die volgende vrae:
a. Is die stingels van die plante stram of buigsaam?
b. Groei die plante binne of buite die water?
c. Wat eet die diere?
d. Hoe haal die diere asem?
4. As jy kan, neem ’n paar foto’s van die plante en diere wat jy waargeneem het sonder om hulle te steur.
5. Vertel jou klas of fasiliteerder wat jy alles geleer het.
Woestyn en semi-woestyn
Woestyne is gebiede wat elke jaar baie min reën kry – in party woestyne reën dit net een keer elke 10 jaar!
Die Namib-woestyn
Die woestyn mag dalk droog lyk, maar verskeie plante en diere is aangepas vir hierdie droë omgewing Woestynplante kan met min water oorleef en dit sluit in grasse, akasias (doringbome), aalwyne, kaktusse en ander vetplante. Vetplante stoor water in hulle blare en stingels en kan in baie droë klimate oorleef.
Kan jy die dik blare sien waarin die vetplant water stoor?
Baie diere bly in woestyne (byvoorbeeld die Kalahari), byvoorbeeld:
SAMPLE
• Roofdiere (bv. leeus, jagluiperds en luiperds, hiënas en jakkalse).
• Groot en klein soogdiere (bv. meerkatte, kameelperde, vlakvarke en ystervarke).
• Wildsbokke (bv. elande, gemsbokke, springbokke, hartebeeste, steenbokke, koedoes en duikers).
• Voëlsoorte (bv. valke, rawe, arende, jakkalsvoëls en tortelduiwe). Die sosiale vink is ’n klein wewervoëltjie wat sy nes bou waar honderde ander vinkfamilies woon
• Reptiele (bv. pofadders, kobras, akkedisse, geitjies en likkewane).
• Daar woon ook verskeie insekte in die woestyn soos bye, skoenlappers, sprinkane en vele meer.
’n Wakker meerkat op die uitkyk.
’n Groot nes vol sosiale vinke.14
’n Eland ’n Jakkals op soek na prooi.
SAMPLE
’n Pofadder. Twee vlakvarke snuffel in die gras.
Grasveld
Grasvelde word grotendeels deel verskillende grassoorte bedek met bome en struike hier en daar. Sodra die eerste reën val, groei die grasse baie vinnig en nuwe plante steek orals kop uit In die lente as die reënseisoen begin, is dit ook die tyd wanneer baie baba diere gebore word. Die nuwe groen gras verskaf genoeg weiding vir die ma om melk vir haar kleintjies te maak.
VRAE
Noem van die diere wat jy dink in grasvelde woon.
Woude
’n Woud is ’n groot gebied wat met bome en digte plantegroeie bedek is. Woude is baie belangrik vir lewe op Aarde. Bome suiwer die lug en voorsien suurstof aan diere en mense. Hulle voorsien ook brandstof, kos en skuiling, medisyne en werk vir mense (deur bosbou). Baie diere woon in woude, van groot olifante en bere tot kleiner ape, eekhorings, uile en houtkappers.
Ons moet ons woude bewaar (na dit omsien) en niemand toelaat om bome wat wild groei af te kap nie. Ewe belangrik is die diere wat bome bestuif en hulle sade versprei. Sonder hulle kan bome nie voortplant nie en sal hulle uitsterf.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Olifante kan maklik 'n woud binne 'n paar maande in 'n grasveld verander. Hulle breek takke van die bome af, eet die bas, breek die bome se stamme en eet die blare en takkies.
Binne-in die Knysna-woud, een van Suid-Afrika ’n Olifant in die Knysna-olifantpark. se inheemse woude.
AKTIWITEIT 1c: Tel plante en diere
MATERIALE
• items om die gebied af te baken en die hoeke aan te dui soos klippe of stokke en tou/lint om tussen-in te bind
• rofwerkpapier
• potlood
• knyperbord
• sonbrandroom en hoed
• maatband/liniaal
INSTRUKSIES
1. Stap saam met jou klas na ’n park of ’n deel van die natuur buite jou skool.
2. Kies ’n gebied waar jy wil werk.
3. Span die tou om ’n deel van jou gebied
4. Bestudeer die plante en diere in jou gebied.
5. Maak ’n skets van die habitat van al die plante en diere wat jy daar sien. Gebruik rofwerkpapier om dit te doen.
6. Ken jy die name van hierdie plante en diere? Miskien kan ’n ouer/fasiliteerder jou help met die name van die plante en diere wat jy nie ken nie. Skryf die name van elkeen van die diere en plante langs elke skets.
7. Maak seker dat jy ten minste vyf voorbeelde elk van verskillende plante en diere in jou skets insluit.
8. Meet die hoogte van die plante en teken dit in ’n tabel op.
9. Versamel blare van twee van die plante en maak afdrukke van die blare op ’n stuk papier deur die blaar onder jou papier te sit en met ’n kryt of potlood daar oor te vryf.
10. As daar enige blomme of sade is, versamel hulle versigtig en neem hulle klas toe. Jou fasiliteerder sal jou wys hoe om hulle te pers.
SAMPLE
11. Wanneer jy terug is in die klas moet jy jou skets netjies oorteken in jou boek. Onthou om byskrifte van al die verskillende diere en plante te maak.
Die plante en diere wat ek in my gebied waargeneem het.
1.2 Interafhanklikheid in ’n ekosisteem
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
• herbivore
• karnivore
• omnivore
• aasvreters
• ontbinders
• afhanklik
• ekosisteem
• bestuiwer
• waterdamp
• atmosfeer
Plante en diere, mense, riviere, berge – alles is op een of ander manier aan mekaar verbind. Alle lewende en nie-lewende organismes is afhanklik van mekaar.
VRAE
Is mense verbind met plante en riviere? Bespreek dit met jou fasiliteerder
Ons kan interafhanklikheid in twee groepe verdeel:
1. Die interafhanklikheid in ’n ekosisteem tussen lewende organismes: hier kyk ons na hoe plante en diere interafhanklik is.
2. Die interafhanklikheid in ’n ekosisteem tussen lewende en nie-lewende organismes
DEFINIEER
SAMPLE
'n Ekosisteem is 'n gemeenskap van lewende organismes wat afhanklik is van, en in wisselwerking is, met ander nie-lewende organismes (soos water, lug en grond) in hulle afsonderlike habitatte.
Interafhanklikheid tussen lewende organismes
Plante en diere is afhanklik van mekaar op verskillende maniere, soos byvoorbeeld:
1) Interafhanklikheid en voeding
Diere en plante is afhanklik van mekaar
vir voedsel Diere word as volg verdeel:
• Herbivore eet plante.
• Karnivore eet die diere wat plante eet.
• Omnivore eet plante en diere.
• Aasvreters eet dooie diere en plante.
Bestuiwing vind plaas wanneer die stuifmeel van die manlike voortplantingsorgane (meeldrade) na die vroulike deel (die stamper) oorgedra word.
• Ontbinders help met die natuurlike proses van ontbinding. Hulle eet die oorskot van diere en plante en breek dit af in elemente soos koolstof, fosfor en stikstof. Hierdie elemente gaan terug in die grond en verskaf voedingstowwe aan plante.
2) Interafhanklikheid en bestuiwing
Plante is afhanklik van diere vir bestuiwing. Ons noem diere wat blomme bestuif, bestuiwers. Plante gebruik verskeie metodes om bestuiwers te lok soos nektar, ’n aangename reuk of helderkleurige blom. Dit kan ook ’n veilige plek wees om hul eiers te lê. Sommige plante se blomme lyk soos vroulike perdebye om manlike perdebye te lok.
Bye wat nektar versamel en terselfdertyd die blomme bestuif. 15
Plante en diere is afhanklik van mekaar. Baie blomplante is afhanklik van bye om hulle te bestuif. Bye is afhanklik van die nektar in die blomme om hul heuning te maak. Sonder die nektar kan hulle nie heuning maak nie en sonder die bye wat stuifmeel oordra, kan die blomme nie hul sade bevrug nie en sal hulle nie kan voortplant nie.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Soms het boere nie genoeg bye op hulle plase om gewasse te bestuif nie. Hulle “huur” dan 'n korf van byekorf-bestuurders wat hul korwe bring om die boer se gewasse te bestuif.
VRAE
Bye is nie die enigste insekte wat help om blomplante te bestuif nie. Watter diere kan ’n boom se blomme bestuif? Kyk na die prentjies hieronder.