Intermediêre Fase Graad 6 • Fasiliteerdersgids Natuurwetenskappe en Tegnologie

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 6 • Fasiliteerdersgids

Natuurwetenskappe en Tegnologie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Fasiliteerdersgids

Aktiwiteit 52: Maak ’n plakkaat om die bron van ons elektrisiteit op te spoor

Aktiwiteit 53: Energie wat elektriese toestelle en apparate gebruik

59: Maak ’n model van twee planete wat om die son beweeg

Lyk die maan groter as opkom as wanneer dit hoog in

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie vorm deel van ’n spesifieke les en help om vakbegrip uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

WENKE:

Enige inligting wat nie in die handleiding verskyn nie wat leerders deur die leerproses kan begelei.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteite en oefeninge tot só ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om verder te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

G06 ~ Natuurwetenskappe en Tegnologie

AKTIWITEIT:

Vrae deur die loop van die les wat voltooi moet word om leerders se kennis van die les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

STUDIE/HERSIENING:

Gebruik hierdie tyd aan die einde van die les om die inhoud te bestudeer en voor te berei vir ’n toets of die eksamen.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die belangrikste inligting in die les en bied ook ’n verdere verduideliking van ’n spesifieke afdeling in die les. Leerders moet hier inligting verstaan.

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Eenheid 1: Lewe, lewende organismes en verwerking

Eenheid 2: Materie, stowwe en verwerking

Eenheid 3: Energie en verandering

Eenheid 4: Die aarde en die heelal

sien in die ruimte? 1

G06 ~ Natuurwetenskappe en Tegnologie

Program van formele assessering

Eenheid 1

Skoolgebaseerde assessering

Eksamens

• Een toets

• Kies een praktiese taak

Eenheid 2

• Een eksamen of toets van Eenheid 1 en 2

• Kies een praktiese taak

Eenheid 3

• Een toets

Eenheid 4

• Kies een praktiese taak Kies een praktiese taak

• Eksamen van Eenheid 3 en 4.

Totaal % vir die jaar

• In sommige van die praktiese take moet leerders getoets word op sekere aspekte van ondersoeke en tegnologiese prosesse. Hierdie take moet toepaslik wees vir die graad en vorm deel van die assesseringsprogram vir die jaar. Die klastoets en eksamen moet vrae oor beide Natuurwetenskappe en Tegnologie insluit.

Graad 6

Week

Voorgestelde onderrigplan vir elke eenheid

Kennisafdeling Onderwerp

Eenheid 1 1

*Fotosintese Plante en voedsel

2 Plante en lug

3

Inhoud

Plante maak hul eie voedsel (glukose suiker) deur fotosintese Fotosintese vind plaas hoofsaaklik in die blare

Tydens fotosintese gebruik die plant koolstofdioksied uit die lug en gee suurstof aan die lug af

Interne Assesseringsplan

Datum Teken

4

Voedingstowwe in v oedsel

*Voedingstowwe Voedselgroepe Gebalanseerde diëte

5 – 7

Voedselverwerking

Hoekom verwerk ons voedsel? Metodes vir die verwerking van voedsel

Voedsel kan gegroepeer word volgens hul funksies in die liggaam en die belangrikste voedingstowwe wat dit verskaf: voedsel vir energie – koolhidrate, voedsel vir groei en herstel – proteïene

Die meeste natuurlike voedsels bevat ʼn mengsel van meer as een voedingstof ʼn Dieet verwys na die keuse van voedsel wat ons elke dag eet.

Voedsel word verwerk om:

– dit meer eetbaar te maak (voorberei, kook)

– langer te laat hou (te bewaar)

– die voedingswaarde te verbeter (gisting)

Verskeie voedselsoorte verloor voedingstowwe tydens verwerking.

Daar is verskeie metodes (maniere) om voedsel te verwerk

Toets (Klas t oets)

Praktiese t aak: Aktiwiteit –Doen navorsing oor een van die siektes .

Kennisafdeling

Inhoud

In ’n ekosisteem is lewende en nie-lewende organismes afhanklik van mekaar op verskeie maniere, soos voeding en huisvesting.

In ʼn ekosisteem is daar sekere verhoudings tussen lewende dinge en nie-lewende dinge in ʼn bepaalde gebied.

In ʼn ekosisteem word plante en diere verbind deur hulle voedingsverhoudings. Dit staan bekend as ʼn voedselweb

Interne Assesseringsplan

Datum Teken 8 – 9 * Ekosisteme en voedselwebbe Verskillende ekosisteme Lewende en nielewende organismes in ekosisteme Voedselwebbe

ing van deeltjies

SAMPLE

Alle materie (vaste stowwe, vloeistowwe en gasse) bestaan uit deeltjies Teken en skryf oor hoe deeltjies gerangskik word in (vaste stowwe, vloeistowwe en gasse)

Die deeltjies is verskillend gerangskik in vastestowwe, vloeistowwe en gasse ʼn Mengsel bestaan uit ten minste twee verskillende stowwe/materiale wat saam vermeng is Maak ’n mengsel van twee vastestowwe: sout en sand, suiker en teeblare, grondboontjies en gedroogde bone, verskeie munte, mengsel van verskeie lekkergoed.

Sommige oplossings kan gemaak word deur die vermenging van ʼn vaste en ʼn vloeistof, soos suiker en water of sout en water Ondersoek oplossings om te sien of die opgeloste stof herwin kan word d.m.v. filtrasie, afsaksel, verdamping van die water (kristallisasie). Teken en skryf oor kristallisasie.

Faktore wat die tempo (tyd wat dit neem) van oplossing beïnvloed: temperatuur van die mengsel, die mengsel te roer of te skud, korrelgrootte van die opgeloste stof

Junie -e ksamen (van Eenheid 1 en 2)

Kennisafdeling

18

Inhoud

Onderwerp

Mengsels as unieke oplossings

*Mengsels en waterhulpbronne Waterbesoedeling

Junie - eksamen

Junieeksamen

Maak ’n mengsel van twee vastestowwe: sout en sand, suiker en teeblare, grondboontjies en gedroogde bone, verskeie munte, mengsel van verskeie lekkergoed.

Ondersoek, meet en teken grafieke van die tyd wat dit neem om verskillende stowwe op te los: in warm en koue water, wanneer dit geroer/geskud word of nie

In die omgewing kan baie dinge meng of oplos in water.

Natuurlike vleilande is belangrik vir:

- die verwydering van oplosbare en onoplosbare stowwe uit water

- die regulering van die vloei van water deur op te tree soos sponse

Interne Assesseringsplan

Datum Teken

G06 ~ Natuurwetenskappe en Tegnologie

Kennisafdeling

Week

EENHEID 3 23 –24

Inhoud

Onderwerp

*Elektriese stroombane ʼn Eenvoudige stroombaan

Stroombaandiagra mme

25-26

Elektriese geleiers en isolators

25

Geleiers en isolators

* Sisteme om ʼn probleem op te los Gebruik van elektriese stroombane

25 –26

*Elektriese geleiers en niegeleiers Geleiers en n iegeleiers

ʼn Elektriese stroombaan is ʼn sisteem vir die oordrag van energie

ʼn Eenvoudige stroombaan het altyd die volgende komponente:

- Bron van energie (soos ʼn sel/battery)

- Geleidende materiaal (soos drade)

Simbole wat gebruik word wanneer die stroombaandiagramme geteken word

Interne Assesseringsplan

Datum Teken

Sommige materiale gelei elektrisiteit en ander nie.

Meeste metale, soos koper, gelei elektrisiteit en materiale wat nie elektrisiteit gelei nie word isolators genoem.

Meeste nie-metale soos plastiek, gelei nie elektrisiteit nie

Elektriese stroombane word dikwels gebruik waar energie vereis word om probleme op te los: soos straatligte, alarms, elektriese hekke, verkeersligte, waaiers en verwarmers

Elektriese stroombane kan ook gebruik word in modelle en speelgoed.

Toets (Klas t oets)

SAMPLE

Sommige materiaal gelei nie elektrisiteit nie en word nie-geleiers genoem.

Die meeste nie-metale, soos plastiek, gelei nie elektrisiteit nie.

Praktiese Taak : Ondersoek –Watter tipes materiale kan ons i n ʼn elektriese stroombaan gebruik?

* Netstroom - elektrisiteit

Fossielbrandstowwe en elektrisiteit Koste van elektrisiteit Onwettige aansluitings Hernubare maniere om elektrisiteit op te wek

Fossielbrandstowwe was miljoene jare gelede in die aarde se kors gevorm uit die oorskot van plante en diere.

Dit vereis infrastruktuur, insluitende steenkoolmyne, vervoer, kragstasies, hoogspanningsdrade, substasies en ander elektriese bedrading 32 Septembertoets

Septembertoets

*Die s onnestelsel Die son, plane te en asteroï ed gordel Mane

36 –37

*Bewegings van die aarde en plane te Die beweging van die m aan

Rotasie (Aarde)

Rewolusie (A arde)

38 Die beweging van die m aan

* Wat kan ons in die ruimte sien?

SAMPLE

Die son (ʼn ster) is in die middel van ons sonnestelsel

Daar is agt planete (Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus), dwergplanete (soos Pluto) en die asteroïedgordel in ʼn wentelbaan om die son

Mane, insluitend ons maan, gee nie hulle eie hitte en lig af nie

Elke planeet in ons sonnestelsel roteer (draai) op sy eie as

Die aarde draai, en ʼn volledige rotasie duur ongeveer 24 uur. Ons ervaar dit as ʼn dag en ʼn nag.

Al die planete wentel (reis) rondom die son in hul eie wentelbane.

Die maan wentel om die aarde en ʼn omwenteling neem ongeveer ʼn maand (28 dae)

Teleskope word gebruik om te kyk na die ruimte en inligting te versamel

Teleskope

Suid-Afrika het sommige van die wêreld se grootste teleskope gebou. 39 H ersiening

November eksamen (van Eenheid 3 en 4)

Praktiese Taak: Ondersoek : Lyk die maan groter wanneer dit opkom as wanneer dit hoog in die lug is?

• * Onderwerpe in vetgedrukte letters is die belangrikste. Verseker dat leerders die konsepte deeglik verstaan.

• Alle onderwerpe moet gedek word voordat die eksamen begin, of aan die einde van Oktober.

SAMPLE

STUDIEWENKE EN -METODES

Leerders sal daarby baat om opsommings van die teorie van Natuurwetenskappe en Tegnologie te maak. Dit sal leerders help om die belangrike begrippe beter te verstaan, en die studienotas sal ook handig wees wanneer hulle vir toetse en eksamens begin leer. Breinkaarte kan ook help met die ontwikkeling van leerders. Wanneer die teorievrae in toetse en eksamens beantwoord word, word daar van leerders verwag om toepaslike inligting met ʼn verklarende benadering oor te dra. Hierdie vak moet regdeur die jaar op so ’n wyse benader word dat leerders aangemoedig word om ontvanklik te wees vir nuwe idees

Neem kennis van die onderrigplan in hierdie gids. Dit is só uiteengesit dat leerders twee lesse per week sal hê.

Belê in ʼn goeie verklarende woordeboek en wys leerders hoe om die betekenis van moeiliker woorde na te slaan.

Neem interessante boeke vir elke eenheid by die biblioteek uit om leerders te help om die werk in elke les beter te verstaan. Indien moontlik, gaan wys vir leerders in die tuin of natuur waaroor hulle besig is om te leer en wys vir hulle praktiese voorbeelde. Leerders kan ook dinge ontwerp en maak en ons gaan daardie vermoë ontwikkel.

Verskeie elemente kom in Tegnologie bymekaar. Die beste manier om al hierdie elemente in perspektief te plaas en in balans te behou is om die vak in ’n reeks uitgebreide projekte aan te bied, eerder as ’n reeks individuele lesse.

SAMPLE

G06 ~ Natuurwetenskappe en Tegnologie

ANDER NUTTIGE INLIGTING

Die onderrig van Natuurwetenskappe en Tegnologie moet altyd ʼn praktiese benadering onderskraag Daar moet ’n goeie balans wees tussen die teorie en praktiese ervaring Besoek van die voorgestelde webwerwe wat behulpsaam kan wees om die vak ten volle te ervaar:

• http://e-classroom.co.za/caps-content/grade-4/grade-4-natural-sciences-and-technology-worksheets/

• http://www.thunderboltkids.co.za/

• http://projects.siyavula.com/blog/category/natural-sciences-and-technology/

EENHEID 1 LEWE, LEWENSWYSE

EN STRUKTURE SAMPLE

LEERDOELWITTE:

INLEIDING

• Waarom kan 'n plant sy eie voedsel vervaardig, maar nie ’n dier nie?

• Wat is nodig vir fotosintese om plaas te vind?

• Hoe vervaardig en stoor plante voedsel?

• Waarom benodig plante soveel water?

• Kan plante in donkerte lewe?

• Waarom is plante hoofsaaklik groen?

Nota aan fasiliteerder:

Maak ’n groot sirkel op ’n plakkaat om op die muur te sit en gebruik groot pyle wat uit blou of selfs swart plastiese sakke gesny word. Sny wit letters uit om die woord “FOTOSINTESE” in die middel van die sirkel uit te spel. Plak/skryf groot letters op die pyle wat sê:

• Plante absorbeer koolstofdioksied

• Plante stel suurstof vry

• Diere asem suurstof in

• Diere asem koolstofdioksied uit.

LES 1: Fotosintese SAMPLE

Knip prente van plante uit, of leerders kan prente van plante en diere teken/inkleur en langs die etikette plak wat hulle illustreer. Maak ’n woordelys, deur woorde wat verband hou met die onderwerp oral in die klaskamer te plaas. Verduidelik aan leerders dat hulle plantnavorsers gaan wees wat moet uitvind wat hierdie woorde beteken, en hoe hierdie woorde verband hou met plante en fotosintese.

Om die onderwerp in te lei kan leerders herinner word aan interafhanklikheid, wat in graad 5 behandel is. Bespreek hoe diere en plante interafhanklik is van mekaar. Plante produseer voedsel en suurstof vir diere, terwyl diere, sodra hulle doodgaan, ontbind en voedingstowwe terug plaas in die grond vir plante. Hierdie proses stel koolstof vry in die lug en sodoende word die koolstofsiklus voort gesit.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

• fotosintese

• chlorofil

• koolstofdioksied

• suurstof

• glukose

• molekule

• toestande

• verankering

• mikrobe

• vrugbaar

1.1 Plante en voedsel

Groen plante is net soos fabrieke! Hulle vervaardig voedsel vir hulleself en vir elke dier op aarde wat sonligenergie, water en koolstofdioksied gebruik. Hulle hersirkuleer die lug en maak suurstof sodat ons kan asemhaal.

VRAE:

1. Wat gebeur in 'n fabriek? Waarom dink jy kan ons sê plante is soos fabrieke? 'n Fabriek is 'n plek waar goedere of produkte gemaak/aanmekaargesit/ vervaardig word en dan by ander plekke afgelewer word om gebruik/verkoop te word. Plante word daarom as fabrieke beskou, want hulle gebruik rou materiaal om nuwe produkte (voedsel) te vervaardig

2. Waarom kan ons sê dat plante voedsel vir hulself en alle diere op aarde vervaardig?

SAMPLE

Plante is die begin van die voedselketting. Alle diere - of dit herbivore is wat plante eet, of karnivore wat die herbivore eet – maak staat op plante vir voedsel.

Wetenskaplikes het uitgevind presies hoe plante in staat is om al hierdie dinge te doen. Kom ons kyk van naderby hoe die raaisel opgelos is en hoe plante voedsel vervaardig.

Die proses van fotosintese

Plante verander sonligenergie in chemiese energie wat uiteindelik omgeskakel word in voedsel vir die plant. Fotosintese vind plaas in alle groen dele van ’n plant. Blare is gewoonlik die groenste dele van ’n plant dus vind fotosintese meestal in blare plaas.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

• Die woord fotosintese kom van die Griekse woord phōs wat “lig” beteken en “sintese” om “saam te stel”. Ons gebruik die woord om te verduidelik hoe plante sonligenergie omskakel in chemiese energie wat die plant later gebruik om te oorleef.

• Die fotosintese-liedjie http://www.youtube.com/watch?v=C1_uez5WX1o&feature=youtu.be

Kan jy onthou dat ons in graad 5 van fotosintese geleer het? Plante benodig sekere elemente vir fotosintese

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.