Intermediêre Fase Graad 6 • Handleiding Natuurwetenskappe en Tegnologie

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 6 • Handleiding Natuurwetenskappe en Tegnologie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Natuurwetenskappe en Tegnologie

Handleiding Graad 6

Aangepas vir KABV

Aktiwiteit 27: Die skeiding van mengsels .................................................................

8: Oplossings is unieke mengsels .....................................................................

Aktiwiteit 28: Wanneer is ’n mengsel ’n oplossing?

Aktiwiteit 29: Watter mengsels is oplossings?

Aktiwiteit 30: Wat is ’n oplossing?

Aktiwiteit 31: Oplosbaar of onoplosbaar? ................................................................

Ondersoek: Hoe kan ons die opgeloste stof (suiker) uit die oplossing herwin? .......

Aktiwiteit 32: Hoeveel oplosbare stof sal oplos? ......................................................

34: Is smelt en oplos dieselfde?

Los sout vinniger

Versnel die tempo van oplossing as ons dit

Aktiwiteit 51: Kom ons reis miljoene jare terug! .......................................................

Aktiwiteit 52: Maak ’n plakkaat om die bron van ons elektrisiteit op te spoor ..........

Aktiwiteit 53: Energie wat elektriese toestelle en apparate gebruik .........................

Aktiwiteit 54: Elektrisiteit en veiligheid

Aktiwiteit 55: Hernubare teenoor nie-hernubare energie

LES 16: Die sonnestelsel ...........................................................................................

Aktiwiteit 56: Woordsoek oor die ruimte

Aktiwiteit 57: Die kern van die son

Aktiwiteit 58: Kyk na die sonnestelsel vanuit die ruimte

Aktiwiteit 59: Maak ’n model van twee planete wat om die son beweeg

Aktiwiteit 60: Leesbegrip oor die agt planete in ons sonnestelsel ............................

Aktiwiteit 61: Waar is die asteroïede gordel?...........................................................

Aktiwiteit 62: Hersiening van wat ons in graad 4 oor die maan geleer het

Aktiwiteit 63: Vergelyk die maan en die aarde

Ondersoek: Lyk die maan groter as opkom as wanneer dit hoog in die lug is?

Aktiwiteit 64: Mane in ons sonnestelsel.

17: Beweging van die aarde en planete .............................................................

67: Gebruik jou kop as ’n model

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE

TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie vorm deel van ’n spesifieke les en help om vakbegrip uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

WENKE:

Enige inligting wat nie in die handleiding verskyn nie wat leerders deur die leerproses kan begelei.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteite en oefeninge tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om verder te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

AKTIWITEIT:

Vrae deur die loop van die les wat voltooi moet word om leerders se kennis van die les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

STUDIE/HERSIENING:

Gebruik hierdie tyd aan die einde van die les om die inhoud te bestudeer en voor te berei vir ’n toets of die eksamen.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die belangrikste inligting in die les en bied ook ’n verdere verduideliking van ’n spesifieke afdeling in die les. Leerders moet hier inligting verstaan.

EENHEID 1 LEWE, LEWENSWYSE

EN STRUKTURE SAMPLE

LEERDOELWITTE:

Sleutelvrae

• Waarom kan 'n plant sy eie voedsel vervaardig, maar nie ‘n dier nie?

• Wat is nodig vir fotosintese om plaas te vind?

• Hoe vervaardig en stoor plante voedsel?

• Waarom benodig plante soveel water?

• Kan plante in donkerte lewe?

• Waarom is plante hoofsaaklik groen?

1.1 Plante en voedsel

LES 1: Fotosintese SAMPLE

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

• fotosintese

• chlorofil

• koolstofdioksied

• suurstof

• glukose

• molekule

• toestande

• verankering

• mikrobe

• vrugbaar

Groen plante is net soos fabrieke! Hulle vervaardig voedsel vir hulleself en vir elke dier op aarde wat sonligenergie, water en koolstofdioksied gebruik. Hulle hersirkuleer die lug en maak suurstof sodat ons kan asemhaal.

VRAE:

1. Wat gebeur in 'n fabriek? Waarom dink jy kan ons sê plante is soos fabrieke?

2. 'n Fabriek is 'n plek waar goedere of produkte gemaak/aanmekaargesit/vervaardig word en dan by ander plekke afgelewer word om gebruik/verkoop te word. Plante word daarom as fabrieke beskou, want hulle gebruik rou materiaal om nuwe produkte (voedsel) te vervaardig

3. Waarom kan ons sê dat plante voedsel vir hulself en alle diere op aarde vervaardig?

Plante is die begin van die voedselketting. Alle diere - of dit herbivore is wat plante eet, of karnivore wat die herbivore eet – maak staat op plante vir voedsel

Wetenskaplikes het uitgevind presies hoe plante in staat is om al hierdie dinge te doen. Kom ons kyk van naderby hoe die raaisel opgelos is en hoe plante voedsel vervaardig.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

• Die woord fotosintese kom van die Griekse woord phōs wat “lig” beteken en “sintese” om “saam te stel”. Ons gebruik die woord om te verduidelik hoe plante sonligenergie omskakel in chemiese energie wat die plant later gebruik om te oorleef.

• Die fotosintese-liedjie http://www.youtube.com/watch?v=C1_uez5WX1o&feature=youtu.be

Die proses van fotosintese

Plante verander sonligenergie in chemiese energie wat uiteindelik omgeskakel word in voedsel vir die plant. Fotosintese vind plaas in alle groen dele van ’n plant. Blare is gewoonlik die groenste dele van ’n plant dus vind fotosintese meestal in blare plaas.

Kan jy onthou dat ons in graad 5 van fotosintese geleer het? Plante benodig sekere elemente vir fotosintese.

Daar is ’n paar belangrike vereistes vir fotosintese:

1. Chlorofil: Chlorofil is ’n groen stof wat plante gebruik om ligenergie van die son vas te vang. Chlorofil is baie belangrik, daarsonder kan plante nie sonligenergie gebruik om voedsel te maak nie. Suurstofvlakke in die lug sal ook daal. Indien dit gebeur, sal plante en diere versmoor.

Wetenskaplikes het ’n uitdrukking vir stowwe soos chlorofil wat ’n kleur het. Dit word pigmente genoem. Daar is ook ander pigmente in plante. Kan jy aan hulle kleure dink? Daar is ook pigmente in jou liggaam! Waar kan jy hulle vind? Wat doen hierdie pigmente?

2. Sonlig: Sonlig bevat energie. Plante gebruik hierdie energie om suikers (koolhidrate) te vervaardig uit water en koolstofdioksied.

3. Water: Die wortels van ’n plant absorbeer water en voedingstowwe uit die grond. Water is ’n oplosmiddel in alle lewende organismes. Opgeloste stowwe beweeg deur die liggaam na waar hulle die meeste benodig word. Net soos jy het plante ook are vir hierdie doel. Die are vervoer suikers van die blare afwaarts en minerale van die wortels opwaarts. Fotosintese kan slegs plaasvind in ’n wateroplossing. Water is verder ook belangrik vir die ondersteuning van die plant. Dit help die plant om regop te bly.Net soos ons het plante ook geraamtes. Plante het egter net hidrostatiese geraamtes!

4. Koolstofdioksied: Plante absorbeer of neem koolstofdioksied in uit die lug deur klein gaatjies in hulle blare of stingels, ons noem dit “stoma” of huidmondjies. Stoma word oral op die plant gevind, meestal onder die blare. Hulle laat ander gasse en water toe om die plant binne te kom of te verlaat. Dit is dieselfde as wanneer jy deur jou mond en neus asemhaal! Sweetgaatjies in jou vel verrig dieselfde taak wanneer jy sweet.

5. Grond: Die grond verskaf noodsaaklike minerale, voedingstowwe en water vir die plant gedurende fotosintese. Grond anker die plant en verhoed dat dit omval. Klik op die volgende skakel of besoek die webtuiste vir die fotosintese liedjie:

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Hulle laat ander gasse en water toe om die plant binne te kom of te verlaat. Dit is dieselfde as wanneer jy deur jou mond en neus asemhaal! Sweetgaatjies in jou vel verrig dieselfde taak wanneer jy sweet.

SAMPLE

http://www.youtube.com/watch?v=C1_uez5WX1o&feature=youtu.be

Hoe vind fotosintese plaas?

Besoek die volgende webwerf vir ’n liedjie oor fotosintese : http://www.youtube.com/watch?v=C1_uez5WX1o&feature=youtu.be

Hoe vind fotosintese plaas?

• Plante gebruik chlorofil, sonligenergie, water en koolstofdioksied om voedsel te vervaardig. Hier is ’n eenvoudige illustrasie om die proses te verduidelik Chlorofil vang die sonligenergie vas.

• Die energie verdeel die water in waterstof en suurstof.

• Die suurstof word in die lug in vrygestel.

• Die waterstof word saam met die koolstofdioksied gebruik om glukose (suikers) te vervaardig

• Die suikers beweeg van die blare na ander dele van die plante waar dit gestoor word.

• Die water in die plant se are vervoer die suikers. Sodra die suikers die dele bereik waar dit gestoor word, word dit omgeskakel in suiker.

• Plante kan stysels as volg stoor:

o blare (kool, spinasie, blaarslaai)

o vrugte (appels, piesangs, perskes)

o stingel (suikerriet)

o sade (koring of mielies)

o blomme (kappertjies, broccoli en blomkool)

o wortels (wortels of beet)

• Besoek:http://puzzling.caret.cam.ac.uk/pregame.php?game=16&phpsessid=65f1b 591e2a1548e0f52d556373966ce vir ’n speletjie oor groeiende plante.

Aktiwiteit 1: Dramatiseer die proses van fotosintese

Aanwysings:

1. Jou fasiliteerder sal verduidelik hoe om die proses van fotosintese te dramatiseer.

2. Karakters in die mini-drama:

• Verteller: om die proses te verduidelik Dit kan ’n fasiliteerder of leerder wees. Maak kort aantekeninge maak van die inligting hierbo, sodat leerders kan onthou in watter volgorde die proses plaasvind.

SAMPLE

• Son: Die kostuum kan geel wees en versier met foelie of blink papier om die lig en hitte energie van die son uit te beeld..

• Plante: Laat ’n paar leerders groen aantrek en maak stringe toue aan hulle voete vas om die wortels voor te stel. Hulle kan rys/glinsterstof in hulle vashou om aan te dui dat water verdamp na fotosintese.

• Reën/water: Laat ’n paar leerders blou aantrek en rys, glinsterstof of klein stukkies foelie gebruik om reënval voor te stel..

• Koolstofdioksied: Speld naambordjies aan die leerders se klere vas wat lees “koolstofdioksied” hierdie karakters kan pers aantrek.

• Suurstof: Speld naambordjies aan die leerders se klere vas wat lees “suurstof” hierdie karakters kan oranje aantrek.

• Glukose-energie as vrugte en groente: Trek aan soos, of maak plakkate van groot wortels, appels, aartappels of iets soortgelyks.

• Sekere leerders moet diere wees wat koolstofdioksied uitasem en die plante eet. Laat hulle die dieremaskers dra soos bo genoem.

VRAE:

1. Waarom gaan plante dood in tye van droogte?

2. Ontwerp ’n plakkaat vir jou maats om die proses van fotosintese aan hulle te verduidelik. Jy kan sinne en kort paragrawe gebruik en sluit baie illustrasies in.

1.2 Voedsel uit fotosintese

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

• jodium

• oplossing

• aanwyser

• stysel

• toets

Gedurende fotosintese skakel plante sonligenergie om in ander vorms van energie wat diere kan eet en gebruik vir hulle eie oorlewing Plante skakel glukose om in stysel, soos byvoorbeeld mielies (mielies en mielieblom), rys (rysmeel en rys) en koring (meel).

Plante stoor hierdie voedsel in verskillende dele van die plant soos blare, stingels of wortels, blomme, vrugte en sade. Diere wat dan die plante eet neem die voedingstowwe in en kan sodoende oorleef.

VRAE:

Kyk na die foto’s van verskillende plantprodukte. Watter deel van die plant eet ons? Byvoorbeeld wanneer ons ‘n appel eet, eet ons die stingel, die wortel, die vrug of die saad? Gebruik die spasie hieronder om 'n tabel te trek vir jou antwoorde

Plant

Aartappels

Deel wat ons eet

SAMPLE

Kool
Tamaties
Broccoli
Seldery

SAMPLE

Plant
Deel wat ons eet
Wortels
Sonneblomsade
Blaarslaai
Suikerriet
Haselneute
Mielies

Plant

Piesangs

Deel wat ons eet

Ons weet dat plante glukose ('n suiker) vervaardig, maar hulle stoor stysel. Wat is dan die verskil?

Aktiwiteit 2: Wat is die verskil tussen ’n stysel en ’n suiker?

Materiale:

• mieliemeel

• meel

• gekookte rys, aartappel, brood

• glukose-lekkers

• suiker

• suikerriet (indien moontlik)

• vars vrugte

• blinddoek

• knyperbord

Aanwysings:

1. Werk in groepe van twee.

2. Een van die twee moet geblinddoek word.

SAMPLE

3. Maak ’n lys van 1 tot 10 op ’n stuk papier.

4. Die leerder sonder die blinddoek moet die ander leerder help om die verskillende items te proe. Gebruik ’n teelepel om die meel in die leerder se mond te sit. As dit ’n harde kern is soos ’n ryskorrel of mieliepit, of ’n blokkie vrug, sit dit in die palm van sy/haar hand en laat hom/haar dit self eet.

5. Na elke proe slag moet die geblinddoekte leerder raai of dit ’n suiker of ’n stysel is gebaseer op die smaak.

6. Teken die antwoorde aan op die papier met die nommers van 1 tot 10.

7. Ruil plekke en herhaal die toets.

VRAE:

1. Was dit maklik om elke keer te onderskei tussen die suiker en stysel? Watter kosse was vir jou moeilik om te klassifiseer?

Hoe verskil die smaak van ’n suiker en stysel?

Ons kan nie op smaak alleen staatmaak om uit te vind of ’n voedsel ’n suiker of ’n stysel is nie.

Wetenskaplikes gebruik die jodium-styseltoets om te bepaal of ’n voedselsoort ’n stysel is of nie.

Wanneer jodiumoplossing (’n bruin vloeistof) op stysel gedrup word, kombineer die jodium en die stysel en verander die jodium na ’n diep blou/pers-blou kleur. Kom ons kyk hoe dit werk!

Aktiwiteit 3: Die jodium-styseltoets

Nota: Daar sal NIE geproe word in hierdie aktiwiteit nie.

Materiale:

• jodium

• dieselfde voedselsoorte wat in die proetoets gebruik is (genommer 1 – 10)

• sluit ook ander voedselsoorte in soos kaas en ’n gekookte eier in

Aanwysings:

1. Skryf die voedselsoort of plantproduk wat jy kies in die eerste kolom hieronder.

2. Jy gaan nou toets of hierdie voedselsoort ’n stysel is of nie. Wanneer die jodiumoplossing verander na blou-swart weet jy dit is ’n stysel.

3. Gebruik ’n drupper om jodiumoplossing op elke voedselgroep te drup.

4. Plaas ’n regmerkie langs elke voedselgroep wat blou-swart kleur.. Dit is ’n stysel. Plaas ’n kruisie langs die voedselgroep wat bruin bly. Hierdie is nie ’n stysel nie.

VRAE:

1. Watter toets is volgens jou die meer akkurate toets vir stysel – die proetoets of die jodium-styseltoets?

2. Het die diereprodukte soos die kaas en gekookte eier stysel bevat? Waarom dink jy so?

1.3 Plante en lug

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

• sel

• afvalproduk

• siklus

Alle diere en plante het suurstof nodig om te oorleef.

Diere asem suurstof in en koolstofdioksied uit – heel dag en nag. Die suurstof stel energie van die voedsel in die liggaam vry wat verseker dat die dier sal oorleef.

VRAE:

Kan jy onthou wat die sewe lewensprosesse van alle lewende dinge is? Skryf hulle hieronder neer.

Plante gebruik koolstofdioksied in die dag. Plante gebruik koolstofdioksied om te groei asook vir die ontwikkeling van nuwe plante, sade, blare en lote. Plante stel suurstof as 'n afvalproduk vry.

Plante fotosinteer nie gedurende die nag nie omdat daar nie sonligenergie beskikbaar is nie. Hulle benodig dus slegs koolstofdioksied gedurende die dag vir fotosintese.

Hierdie siklus van suurstof en koolstofdioksied vervaardiging en gebruik is baie belangrik vir lewe op aarde.

Aktiwiteit 4: Die suurstof- en koolstofdioksiedsiklus

Aanwysings:

1. Bestudeer die onderstaande illustrasie noukeurig.

SAMPLE

2. Beantwoord die vrae wat volg.

Die suurstof- en koolstofdioksiedsiklus

VRAE:

1. Maak ’n lys van lewende organismes in hierdie illustrasie wat beide suurstof en koolstofdioksied vervaardig.

SAMPLE

2. Identifiseer drie lewende organismes in hierdie illustrasie wat nie suurstof kan vervaardig nie.

Wat dink jy sal gebeur indien al hierdie diere uit die habitat verwyder word?

3. Watter twee lewensprosesse is betrokke by die suurstof/koolstofdioksiedsiklus?

4. Voltooi die siklus deur die ontbrekende inligting vir die twee pyle aan die linkerkant van die illustrasie in te vul. Benoem pyle 1 en 2.

5. Verduidelik waarom diere nie sal oorleef indien alle plante op aarde skielik sou uitsterf nie.

6. Hoekom sê ons dat suurstof en koolstofdioksied ’n siklus vorm?

KERNINHOUD

• Plante vervaardig hulle eie voedsel (glukose) deur fotosintese.

• Fotosintese vind hoofsaaklik in die blare plaas.

• Gedurende fotosintese gebruik die plant chlorofil, sonligenergie, koolstofdioksied (uit die atmosfeer) en water om glukose te maak.

• Plante skakel van die glukose (suiker) om na stysel wat in die blare, stamme en wortels, blomme, vrugte en sade geberg word.

• Diere asem suurstof in en vervaardig koolstofdioksied wanneer hulle uitasem.

• Plante herwin koolstofdioksied en vervaardig suurstof tydens fotosintese.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.