Graad 7 Fasiliteerdersgids Skeppende Kunste

Page 1


Skeppende Kunste

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Skeppende Kunste

Fasiliteerdersgids

Graad 7

Sample

Aangepas vir KABV

LM van der Walt
Í2’È-A-CRA-FG01NÎ

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE:

Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE:

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

DEFINIEER:

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK:

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE:

Enige inligting anders as die inhoud, om leerders deur die leerproses te begelei.

G07 ~ Skeppende Kunste

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT:

Sample

Vrae oor die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING:

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD:

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les wat verstaan moet word.

STUDEER/HERSIENING:

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die Eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

G07 ~ Skeppende Kunste

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Skeppende Kunste stel leerders bloot aan die studie van ’n reeks kunsvorms. Die hoofdoel daarvan is om leerders te ontwikkel as kreatiewe en verbeeldingryke individue.

In Graad 7, 8 en 9 word twee ure per week aan Skeppende Kunste toegestaan. Leerders gaan net twee kunsvorms bestudeer. Impaq bied aan leerders die geleentheid om Drama en Visuele Kunste as vakke te neem in Gr 10–12. Ons gaan dus net hierdie twee kunsvorms in Graad 7–9 behandel en bestudeer. Dit is volgens die bepalings daargestel deur die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV). Leerders moet ’n minimum van 10 lesure per kwartaal aan elke kunsvorm spandeer.

Die lesse in die handleiding is so uiteengesit dat daar aan elke les ’n bepaalde tydsduur toegeken is. Fasiliteerders en leerders kan dit organiseer soos dit hulle pas. Dit is fasiliteerders en leerders se besluit hoe die werk gedoen word. Die enigste vereiste is dat al die temas gedek sal word deur die kwartaal.

Die eerste les van elke kwartaal behels ’n opwarmingsroetine. Dit is belangrik dat leerders ten minste 15 minute elke week aan die roetine spandeer. Dit moet ’n totaal van 2,5 ure in die kwartaal beslaan. Daar word net elke kwartaal oefeninge bygewerk tot die roetine, maar verder bly dit dieselfde.

Die lesse is so uitgewerk dat die teorie behandel word en dan in die daaropvolgende les word dit prakties toegepas. Fasiliteerders moet leerders se handleiding saam met die fasiliteerdersgids bestudeer.

Sample

G07 ~ Skeppende Kunste

ASSESSERINGSVEREISTES

Let wel: Daar is geen kwartaaltoetse nie, maar wel ‘n Junie-eksamen asook ‘n Novembereksamen.

Die Dramatiese Kunste word in ’n aantal onderwerpe verdeel:

Onderwerp 1 – Dramatiese ontwikkeling

Dit behels stemontwikkeling en fisiese ontwikkeling KABV

vereis dat leerders elke week 15 minute sal spandeer hieraan, aan die begin van elke drama les. Dit moet ’n totale tyd beslaan van 2,5 ure per kwartaal

Onderwerp 2 – Drama-elemente in toneelskepping

Dit behels die vorm en ontwikkeling van die toneel en die verkenning

van relevante temas. Vereiste kontaktyd is 6,5 ure per kwartaal vir hierdie tema.

Onderwerp 3 – Interpretasie en uitvoering van geselekteerde dramatiese vorms

Die interpretasie en uitvoeringtegnieke in volksverhale. Besinning

oor eie opvoering. Voorgestelde kontaktyd: 6,5 ure per kwartaal.

Onderwerp 4 – Waardering en besinning

Sample

Resensie doen oor ten minste EEN opvoering of film. Kontaktyd: 1 uur

Onderwerp 5 – Media en loopbane

Verken verskillende loopbane in drama. Kontaktyd is een uur per kwartaal

G07 ~ Skeppende Kunste

Die onderwerpe word egter tussen die kwartale verdeel en sal duidelik by elke les aangedui word. Jy kan dus jou lesse elke week self beplan en dit hang van jou af hoe vinnig of stadig jy daardeur werk.

Kwartaal 1 – Onderwerp 1 (2,5 ure)

Onderwerp 2 (6,5 ure)

Onderwerp 5 (1 uur) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 1

Kwartaal 2 – Onderwerp 1 (2,5 ure)

Onderwerp 3 (6,5 ure)

Onderwerp 5 (1 uur) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 2

Kwartaal 3 – Onderwerp 1 (2,5 ure)

Onderwerp 2 (6,5 ure)

Onderwerp 5 (1 uur) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 3

Kwartaal 4 – Onderwerp 1 (2,5 ure)

Onderwerp 3 (6,5 ure)

Onderwerp 5 (1 uur) = TOTAAL VAN 10 URE VIR KWARTAAL 4 Sample

G07 ~ Skeppende Kunste

VOORWOORD

INLEIDING

Die vak, Skeppende Kunste, bied blootstelling aan ’n reeks kunsvorms. Impaq bied aan leerders die geleentheid om Drama en Visuele Kunste in Gr 10–12 te neem. Daarom bestudeer ons slegs die twee kunsvorme in Gr 7–9.

Die spesifieke doelstellings van kuns is om:

- Kreatiewe individue te ontwikkel.

- Leerders aan drama en visuele kunste bloot te stel

- Basiese kunsopvoeding aan leerders te bied

- Kunstalent en aanleg te ontwikkel.

- Leerders met die nodige basiese vaardighede toe te rus vir verdere studie in Skeppende Kunste.

- Bewustheid van kuns en die ontwikkeling van verskillende kulture te kweek

- Leerders aan verskeie loopbane in kuns bloot te stel

- Kunsgeletterdheid en waardering te ontwikkel.

- Lewensvaardighede te ontwikkel.

JAARPLAN

EENHEID 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling en skepping in 2D en 3D

LEERDOELWITTE:

INLEIDING

Sample

Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen:

 Drama opwarmingstegnieke kan bemeester.

 ’n Toneel kan skep en opvoer

 Loopbane in die vermaaklikheidsbedryf kan identifiseer

 Die inhoud, konsep en vaardighede van teken en skilder verstaan.

 Kunselemente en ontwerpelemente in kunswerke kan gebruik

 Kunste as erfenis kan bespreek.

 Respek en waardes vir kunsvlyt ontwikkel

 Kunswerke in 2D en 3D kan skep

Drama en Visuele Kunste word in verskillende onderwerpe verdeel. Elke onderwerp word in ’n verskillende les ontwikkel. Die tyd wat per kwartaal vereis word per les (onderwerp) word ook aangedui. Leerders kan dus nou self bepaal hoe hulle die werk vir die kwartaal wil verdeel.

Die eerste onderwerp in drama is die opwarmingsroetine. Dit is belangrik dat leerders elke week 15 minute daaraan spandeer, voordat daar met die dramales begin word. Dit help leerders om te fokus en te ontspan.

Die werk is duidelik verdeel: Die eerste lesse is Drama en die tweede deel van die lesse is Visuele Kunste. Dit is die keuse van fasiliteerders en leerders watter afdeling eerste

gedoen word. Dit is wat die Skeppende Kunste so lekker maak – leerders en fasiliteerders besluit self watter werk wanneer gedoen gaan word!

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Alle nuwe terminologie is in die DEFINIEER blokkie aangedui. Die fasiliteerder kan dit bestudeer voordat die les aan leerders verduidelik word. Dit help die fasiliteerder in die voorbereiding van die lesse.

DRAMA

Onderwerp 1: Dramatiese vaardigheidsontwikkeling (2,5 ure)

Voorgestelde hulpbronne: Drom of tamboeryn en die studiegids.

Spandeer 15 minute per week aan die onderwerp.

1.1 Les 1: Die opwarmingsroetine

Geen aktiwiteite vir die les nie.

2.1

Les 2: Stemontwikkeling

Geen aktiwiteite vir die les nie.

3.1

Les 3: Fisiese ontwikkeling

Sample

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Leerders moet dansroetines en opwarmingsoefeninge gaan navors. Ek het die volgende oefeninge geneem uit die Gr 7 Handleiding van 2013. Fasiliteerders kan gerus saam met leerders daardeur gaan.

Rugoefeninge:

Sample

Sample

AKTIWITEIT 1:

Die opdrag tel nie punte vir assessering nie. Dit is belangrik dat die fasiliteerder kan sien dat leerders ’n opwarming op papier beplan het (in die werkboek).

Die fasiliteerder moet daarop let en seker maak dat leerders die volgende aspekte in die speletjie geïnkorporeer het:

- Ontspanningsoefeninge – om net die liggaam eers los te maak en te ontspan

- Asemhalingsoefeninge – help om asemhaling te reguleer en rustig te kry.

- Artikulasie-oefeninge – spreek woorde duidelik en hard uit. Kan dit doen, terwyl die leerder die fisiese opwarming doen.

- Spieëlwerk/nabootsing – een persoon boots ander persoon se bewegings na.

- Lei en volgbewegings – een persoon lei die bewegings en die ander volg die bewegings.

Onderwerp 2: Drama-elemente in toneelskepping (6,5 ure)

Voorgestelde hulpbronne: Prente, koerantartikels van verskeie temas as stimulus in toneelskepping.

Wenk aan fasiliteerder: Fokus op die kwessie van kindermishandeling. Laat leerders soveel moontlike inligting oor die onderwerp versamel.

4.1 Les 4: Toneelskepping en kritiese besinning

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Leerders kan ’n resensie in ’n tydskrif gaan soek Die Huisgenoot het baie goeie resensies. Ek gee aan die fasiliteerder die volgende voorbeeld van ‘n resensie, asook ‘n voorbeeld van hoe dit dan verwerk word tot ‘n verslag. Dit dien net as riglyn vir die fasiliteerder.

Nadat leerders hul eie resensie gedoen het, bespreek dit met die hulle en vergelyk die twee resensies met mekaar.

Verraaiers: Nuwe, opwindende Afrikaanse fliek!

Foto’s: Phyllis Green Galery

‘n Splinternuwe Afrikaanse fliek oor die Anglo-Boereoorlog (ABO) is oppad. Verraaiers, met groot name soos Gys de Villiers en Rika Sennett in die hoofrolle, begin na verwagting volgende jaar Februarie draai.

SARIE het die stel in die laaste week van verfilming besoek. Dit is in die veld op ’n plaas anderkant Bronkhorstspruit buite Pretoria en dit het kompleet gelyk of ons meer as ‘n eeu teruggegaan het in tyd. Die storie speel in 1901 af en oral was vroue in swaar Victoriaanse rokke en Voortrekkerkappies, en mans met veldhoede en Mausers oor die skouer.

Dit vertel die verhaal van Jakobus van Aswegen (Gys de Villiers), ‘n gerespekteerde kommandant in die oorlog, wat ná hy gehoor het daar kom konsentrasiekampe, gekies het om eerder huis toe te gaan en sy gesin en plaas te beskerm as om verder teen die Engelse te veg. Sy vrou, Gerda van Aswegen (Rika Sennett), beleef dit as ’n erge vernedering en dit dryf haar tot waansin.

Rika Sennett speel die rol van Gerda van Aswegen, Gys se vrou in die fliek.

Sample

Gys de Villiers in die rol van kommandant Jakobus van Aswegen.

“Ek dink die fliek gaan baie omstrede wees,” sê Sallas de Jager, draaiboekskrywer. “Dis nog ‘n rou deel van ons geskiedenis.” Hy het sy inspirasie vir die storie in die boek Boereverraaier deur Albert Blake gekry, maar die draaiboek is nie volledig op dié ware verhaal gebaseer nie. “Dis sowat 50 persent fiksie en 50 persent feite.”

"Dit was ‘n groot uitdaging om te sorg dat die stel en die kostuums getrou is aan die tyd," sê Waldemar Coetzee, kunsregisseur. “Ons het gaan kers opsteek by historici, deur baie ou foto’s van die Anglo-Boereoorlog gegaan en ook museums besoek.”

Benewens die stel van die Van Aswegen-gesin se plaas (waar die SARIE-span was), het hulle ook ‘n dorp om die Willem Prinsloo-landboumuseum buite Rayton, oos van Pretoria, gebou.

Marlé Trotsky, kostuum-ontwerper, het ook museums besoek en na foto’s gekyk om navorsing te doen oor presies hoe die vroue daai tyd gelyk en aangetrek het. “Die klere is donker en swaar,” sê sy.

Die grootste deel van die Verraaiers-span het ook aan die 2011-kunsrolprent Roepman gewerk, wat baie goed ontvang is. “Hierdie keer is die standaard van die produksie in ‘n nuwe liga,” sê Sallas. “Ons hoop op ‘n Oscar.”

(Geneem uit: www.sarie.com)

Resensievraelys sal as volg lyk:

(Ek sit die antwoorde ook sommer by!)

1. Wat is die titel van die film?

Verraaiers

2. Wie is die skrywer?

Dit is gebaseer op die boek van Albert Blake en is verwerk deur die draaiboekskrywer Sallas de Jager.

Sample

3. In watter tydperk en watter plek speel die verhaal af?

Dit speel af tydens die Anglo-Boereoorlog in 1901. Dit speel af op ’n plaas. Die stel is gebou op ’n plaas buite Bronkhorstspruit.

4. Wie is die hoofkarakters en watter akteurs speel die rolle?

Jakobus en Gerda van Aswegen is die karakters. Die akteurs is Gys de Villiers en Rika Sennett.

5. Wat is die storielyn van die film?

Jakobus van Aswegen besluit tydens die oorlog om na sy plaas en gesin terug te keer en nie teen die Engelse te veg nie. Dit is vir sy familie ’n groot skande en hy word tot Verraaier gemaak.

6. Kan die gehoor met die karakters identifiseer?

Definitief, want dit is deel van ons geskiedenis. Die tipe gebeure het werklik plaasgevind.

7. Dink jy die film is effektief bemark?

Ja. Daar is baie media-onderhoude gevoer en wye blootstelling aan die film gegee.

8. Dink jy die kostuums, rekwisiete, musiek en beligting pas by die film se storielyn?

Ja, alles is so aangepas dat dit by die era van 1901 inpas. Die mans en vroue se kostuums is soos daardie tydperk se kleredrag gemaak. Dit speel op ’n plaas af, waar die stel ook so gebou is om daardie tydperk na te boots.

9. Gee ’n kort opsomming van die fliek (leerder gee eie opinie en kritiek)

AKTIWITEIT 2:

Die aktiwiteit tel vir assessering. Leerders skryf ’n toneelstuk oor hul gekose tema (moet ’n huidige sosiale kwessie wees).

Lees leerders se stukke noukeurig deur en gebruik die volgende tabel om punte toe te ken.

1) Gekose tema is relevant

2) Duidelike beskrywing van wat/waar/ wie/waarom/ wanneer

3) Het ’n duidelike begin, middel en einde

4) Dialoog is relevant en is op leerling se ontwikkelings vlak

5) Die gehoor identifiseer met die karakters

Onderwerp 5: Loopbane in drama (1 uur)

[20] [20/2 = 10 punte]

5.1 Les 5: Verken loopbane in die vermaaklikheidsbedryf

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Moontlike beroepe om na te vors: Stemoorklankkunstenaar Animasiekunstenaar

Balletdanser

Klankingenieur

Beligtingspesialis

AKTIWITEIT 3:

Die aktiwiteit tel nie vir assessering nie.

Leerders moet ’n kunstenaar kies en sal daardie kunstenaar deeglik navors. Help hulle hiermee.

Nadat leerders die vrae beantwoord het, moet die fasiliteerder dit saam met hulle deurgaan.

Gebruik die beantwoording van die vrae om met leerders ’n gesprek te voer oor die belangrikheid van rolmodelle. Leerders kyk op na die kunstenaar, bespreek die redes met hulle

Leerders moet insig toon in die belangrikheid van goeie en positiewe rolmodelle.

VISUELE KUNS

Voorgestelde hulpbronne: Visuele stimuli vir tekeninge. (Gaan ’n stillewe skep)

Materiale benodig: Potlood, houtskool, waskryt, tekenpotlode.

Onderwerp 1: Skep in 2D (2 ure)

6.1 Les 6: Teken en skilder: media en tegnieke

Leerders doen ’n addisionele oefening in die studiegids, nadat al die media en tegnieke behandel is. Dit is ’n lynskets. Hulle kan dit binne die gegewe blok doen in die gids of op ’n A4 papier en in hul leêr plaas. Daar is ’n voorbeeld van so ’n skets op die daaropvolgende bladsy.

VIR DIE NUUSKIERIGES:

Leerders bestudeer die skets en skryf dan kort aantekeninge oor die gebruik van die verskillende elemente. Die onderstaande is net ‘n riglyn vir die fasiliteerder:

- Lyn – kunstenaar gebruik golwende lyne: dit skep ‘n gevoel van onrustigheid.

- Kleur – die kunstenaar kombineer donker en ligte kleure. Dit skep ‘n kontras.

- Vorm – die kunswerk het nie ‘n bepalende vorm nie. Dit is a-simmetries geskep.

- Ruimte – die kunstenaar benut die ruimte goed binne die kunswerk. Die kunswerk skep ‘n vloeiende geheelbeeld.

- Tekstuur – omrede ons nie aan die kunswerk kan voel nie, kan ons nie die tekstuur bepaal nie. Kunstenaar gebruik in baie gevalle ’n metode waar hulle die verflae baie dik aanwend om ’n visuele tekstuur te skep.

- Intensiteit – ek ondervind die golwe as intens-dreigend en donker.

AKTIWITEIT 4:

Die volgende aktiwiteit tel nie vir assessering nie.

Leerders moet hul eie stillewe skep. Hulle moet sekere items bymekaar maak en dit rangskik. Leerders teken die prent, terwyl hulle die voorwerpe waarneem. Hulle kan enige medium (media) gebruik. Leerders kan die opdrag in hul werkboek doen OF op ’n A4 papier en dan in ‘n aparte lêer plaas.

Voorbeeld van ’n stillewe:

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.