Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Sosiale Wetenskappe
Fasiliteerdersgids: Geskiedenis
Graad 7
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Sample
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande en moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE
Enige inligting anders as die inhoud om leerders deur middel van die leerproses te begelei.
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
VIR DIE NUUSKIERIGES
Uitdagings van in-diepte-navorsing tot die inhoud. Brei die aktiwiteit en oefening in só ʼn mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken. Vir begaafde leerders: uitgebreide oefeninge asook Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die behoefte om die basiese vrae te voltooi om ʼn slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik
AKTIWITEIT
Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud en in-diepte-verduideliking van ʼn spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING
Tyd wat bestee word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
VOORWOORD
INLEIDING
In Geskiedenis word daar gepoog om leerders krities aan hulle eie wêreld bloot te stel en die grense na die wêreld buite die bekende en alledaagse kontak te verbreed Leerders word in staat gestel om met vars oë na hulle geskiedenis te kyk en om met nuwe kennis in aanraking te kom.
Die fokus is op in-diepte-kennis en dit blyk uit die hoeveelheid tyd toegeken aan ʼn bepaalde onderwerp. Die lesse is kort met aktiwiteite aangesien ons geneig is om soms leerders met feite te oorlaai
Die ontwikkeling van die volgende vaardighede in Geskiedenis word aangemoedig:
• Bespiegeling
• Die vermoë om te debatteer
• Lê van verbande
• Om te kan kies
• Maak van projeksies
• Om te kan volhard met die aanpak van werklike probleme en belangrike vrae
Kernvrae wat jy in Geskiedenis in gedagte moet hou:
• Wie?
• Wat?
• Wanneer?
• Waar?
• Hoe?
• Hoekom?
• Indien?
• Kon?
• Is/word?
Sample
Taal bly ʼn belangrike komponent van enige vak, ook in Geskiedenis. Dit is van groot belang dat leerders steeds reg spel en in volsinne antwoord. Om in volsinne te antwoord, stel leerders in staat om langer vrae se antwoorde logies en taalkundig korrek te kan formuleer. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat verskillende vorme van teks soos mondeling, geskrewe en visueel sentraal is tot die dissipline.
Skrif is ook ʼn vaardigheid en daar word gepoog in die dissipline daaromheen te ontwikkel. Leerders moet gereeld skryf en met duidelike progressie in lengte en kompleksiteit soos in die KABV-taaldokumente aangedui. Die taaldokumente spesifiseer die vlakke van vereiste vir die verskillende grade. Bewyse van leerders se werk, insluitende geskrewe werk, moet bygehou word.
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Die aktiwiteite aan die einde van elke les moet voltooi word om die nodige vaardighede in te oefen. ʼn Oopboektoets word aan die einde van elke eenheid voltooi as ʼn eenheidpunt. Tydens die tweede en vierde kwartale word ʼn eksamen afgelê.
Dit is belangrik dat leerders ook addisionele bronne soos tydskrifte, koerante, die internet en kaarte moet raadpleeg om visuele perspektief aangaande die inhoud te verleen.
Sosiale
JAARPLAN
EENHEID/ KWARTAAL
1 1 Handel oor die Saharawoestyn
2 Die Mali-ryk
3 Die stad Timboektoe
4 Timboektoe as handelsentrum op die Trans-Sahara-karavaanroetes
5 Timboektoe as opvoedkundige sentrum
2 6 Wes-Afrika voor die Europese slawehandel
7 Die aard van slawerny in Wes-Afrika voor die Europeërs
8 Slawerny in die suide van Amerika
9 Die impak van die Transatlantiese slawehandel op slawe
10 Die impak van die Transatlantiese slawehandel op die ekonomieë van Wes-Afrika, Amerika en Brittanje
3 11 Kolonisasie van die Kaap in die 17de en 18de eeu: Inleiding
12 Hersiening van graad 6
13 Nederlandse nedersetting
14 Vryburgers, immigrasie van die Nederlanders en Franse Hugenote na die Kaap
4 15 Aankoms van die Britte en die uitbreiding van die grense van die Europese nedersetting
16 Die oostelike grens van Europese nedersettings
17 Die noordelike grens van Europese nedersettings
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
STUDIEWENKE
In die handleiding is daar dikwels vrae wat vereis dat leerders ʼn tydlyn moet opstel of ʼn venn-diagram moet opstel vir vergelykings.
Die vereistes vir die opstel van die twee vaardighede word hier uiteengesit.
1. Tydlyn
1. ʼn Tydlyn kan óf vertikaal óf horisontaal getrek word.
2. Die tydlyn het ook pylpunte op beide punte om aan te dui dat daar tyd voorafgegaan het en dat tyd nog tot in die toekoms strek.
3. Die tye v.C. (voor Christus) en n.C. (ná Christus) of VHJ (Voor Huidige Jaartelling) en HJ (Huidige Jaartelling) moet ook op die tydlyn aangedui word.
4. v.C./VHJ n.C./HJ
5. Elke tydlyn moet ook voorsien word van beide die gebeurtenis en die datum, anders is dit nie volledig nie.
0 1652 1658
Jan van Riebeeck land aan Kaap Eerste slawe aan Kaap
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
2. Venn-diagram
1. Die Venn-diagram word gebruik om vergelykings te tref.
2. Trek twee sirkels wat mekaar in die middel sny.
A3 In sirkel A skryf jy die sleutelwoorde neer van die eienskappe wat betrekking het op die onderwerp en in sirkel B die sleutelwoorde met betrekking tot daardie onderwerp.
4. Waar die sirkels sny, word die gemeenskaplike eienskappe neergeskryf.
B Sample
G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis
Sample
EENHEID 1: Die Mali-ryk en die stad Timboektoe
LEERDOELWITTE
Nadat hierdie eenheid voltooi is, moet leerders in staat wees om die volgende te doen:
Begrip toon vir belangrikheid van erfenis en bewaring.
Verduidelik hoe en waarom mense en gebeure in ʼn gemeenskap, dorp of stad, provinsie en die land op ʼn openbare wyse herdenk moet word.
Ondersoek kan instel oor hoe mense en gebeure uit die verlede met seremonies, feesvieringe, museums en monumente herdenk is.
INLEIDING
Basislynassessering
Beantwoord die volgende vrae volledig (in volsinne):
1. Noem een kommoditeit waarmee daar langs beide die ooskus van Afrika en in Wes-Afrika handelgedryf is.
Daar is langs beide die ooskus van Afrika en in Wes-Afrika met sout handelgedryf.
2. Watter godsdiens is deur die Arabiere versprei? Waaraan kan dit gesien word? Die Islam is deur die Arabiere versprei en dit kan gesien word in die argitektuur van die gebied en die regeringstyl.
3. Stel ʼn tydlyn op waarop die datums en die ontstaan van bespreekte ryke in suidelike en Wes-Afrika aangedui word.
4. Waarom dink jy was goud so ʼn belangrike metaal vir handel? (Doen navorsing indien nodig.)
Sample
Die leerstof wat in die eerste eenheid in Geskiedenis aangebied word, gaan hoofsaaklik oor Afrika-ryke wat ʼn hoë beskawingspeil gehandhaaf het voor, gedurende en ná die Middeleeue.
Die inhoud hiervan is so omvattend dat alles nie in die studiemateriaal opgeteken kan word nie. Om die opeenvolging van die ryke en die invloed wat hulle op mekaar en hulle buurryke gehad het, te omskryf is net nie moontlik nie. Dit is daarom van kardinale belang dat beide die fasiliteerder en leerders wyer sal lees as net die inligting wat hier verskaf word.
G07 ~ Sosiale
Lees veral oor die ryke van Ghana en Songhai, Marokko en die Franse heerskappye oor Mali, wat hier in meer besonderhede behandel is. Hierdie voorkennis is veral nodig om die betrekkinge wat deur die regering met veral Nigerië gesluit word, beter te verstaan.
Skenk ook aandag aan die verarming van die Afrikastate as gevolg van kolonisasie en die agteruitgang van geletterdheid as gevolg daarvan.
1.1. Les 1: Handel oor die Saharawoestyn (2 uur)
Die dryf van handel word in die geheel beskryf. Leerders moet weet watter metodes gebruik is, wat die handelsprodukte was, hoe goedere vervoer is en wat Islam se invloed was. Kaarte en figure word as bydraende media in die teks geplaas sodat leerders die konteks kan visualiseer en beter begrip van die inligting sal toon. Dit moet dus intensief bestudeer word. Dit is ook van uiterste belang dat leerders omskrywings van definisies ken en verstaan sodat hulle sin kan maak van die begrippe en feite wat hulle in Geskiedenis leer
AKTIWITEIT 1
1. Watter dier is uiters geskik vir die handelsroetes in die Saharawoestyn? (1)
Die kameel.
2. Verduidelik waarom die togte deur die woestyn so gevaarlik was. (6) Reisigers kon maklik verdwaal, van honger of dors omkom of deur rowers aangeval word.
3. Noem die handelsartikel wat skaars was in Mali. (1) Sout.
Sample
4. Noem enige drie handelsgoedere wat vanaf Noord-Afrika na Wes-Afrika gebring is. (3) tekstiel gebruiksgoedere sy keramiek krale ornamentele wapens (enige 3)
5. Wat was “feitorias” en watter doel het dit gedien (noem 5)? (6)
Die “feitorias” was versterkte vestings, gebou om die plaaslike handel te monopoliseer en te sentraliseer. Die vestings het terselfdertyd gedien as die mark, stoorplek en doeane.
6. Tot watter voordeel was die Islam vir die Wes-Afrikane? (3)
Dit het noue internasionale betrekkinge gehad, geleerdheid gegee en hulle argitektuur en regeringstelsels beïnvloed [20]
1.2. Les 2: Die Mali-ryk (3 uur)
Mali se hoogtepunt as magtige ryk onder Mansa Musa word bespreek en ná afhandeling van hierdie les moet leerders deeglike kennis hê oor die gebeure rakende Mansa Musa, sy regeringstyl en hoe Mali daardeur geraak is. Leerders moet ook weet van sy pelgrimstog na Mekka, asook besoeke aan en van ander state en lande. Daar word ook geleer hoe handelsbetrekkinge gebou is en hoe Mali se rykdom ten toon gestel is, hoe Noord-Afrika en Europa kennis geneem het van Mali en hoe Mali kennis gemaak het met ander kulture.
AKTIWITEIT 2
1. Was Mali van die begin af ʼn groot ryk? Hoe weet jy dit? (2) Nee, Mali was eers ʼn provinsie van die Ghana-ryk gewees.
2. Wat beteken Mansa? (1)
Mansa beteken koning of keiser.
3. Wie was die bekendste heerser van die Mali-ryk? (1) Musa I/Mansa Musa.
4. Van wanneer af en tot wanneer was hy die heerser? (1) 1307 tot 1332.
Sample
5. Waarom dink jy was hy ʼn goeie en suksesvolle heerser? (2) Hy het Mali deur middel van sy regeringstyl verder uitgebrei, die rykdom vermeerder en ʼn vreedsame ryk bewerkstellig.
6. Wat is die verskil tussen ʼn moskee en ʼn madrassa? (2)
ʼn Moskee is ʼn plek van aanbidding.
ʼn Madrassa is ʼn universiteit of skool
7. Noem twee bekende geboue wat deur Mansa Musa laat bou is. (2)
Die Djinguereber-moskee en die Sankoré-madrassa.
8. Stel ʼn tydlyn op wat Mansa Musa se geboorte en afsterwe, heerskappy, pelgrimstog (vertrek en terugkeer) en bouprojekte (twee belangrikste geboue) aandui. (7)
1326
Gebore
Begin van pelgrimstog Einde van pelgrimstog Universiteit van Timboektoe
Sterf
9. Waarvan is die geboue hoofsaaklik gebou? (2)
Grond, strooi, gras en hout.
1.3. Les 3: Die stad Timboektoe
Die totstandkoming en die agteruitgang van die stad Timboektoe en die direkte gevolg wat die invloed van die handelsroetes daarop gehad het, word intensief bespreek. Ná afloop van die les moet leerders verstaan hoe handelsroetes die voortbestaan van ʼn stad asook die goedere wat verhandel word, bepaal. Die voorkeurmiddels van vervoer word bespreek asook die metode van stille handel.
Daar word ook gefokus op Timboektoe as ʼn opvoedkundige sentrum en die verval van geleerdheid tot die uiteindelike ineenstoring van hierdie en soortgelyke ryke.
AKTIWITEIT 3
1. Waarvandaan het Leo Africanus gekom? (1) Marokko
2. Wat was sy beroep? (1) Hy was ʼn diplomaat.
3. Noem twee goed wat Leo Africanus in Timboektoe waargeneem het. (2) Koring/beeste en melk/botter, maar geen noemenswaardige tuine of boorde nie. Die baie goue borde en septers van die keiser/die 3 000 ruiters van die keiser/die baie dokters, regters, priesters en ander geleerdes wat die keiser onderhou/die inwoners se rykdom//tekort aan sout/die prys van sout/die keiser se skatte/huise van modder gebou/groot tempel in middel van stad van klip en teer/keiser se paleis in middel van stad/volop winkels/vroue gesluierd/volop putte/vars water met kanale na stad gelei
4. In watter goedere is daar hoofsaaklik tussen Noord- en Wes-Afrika handelgedryf? (2)
Daar is hoofsaaklik met goud en sout tussen Noord- en Wes-Afrika handelgedryf.
5. Hoe is die goedere na en van Timboektoe vervoer? (2)
Die goedere is per bote op die rivier of per kamele na en van Timboektoe vervoer.
6. Beskryf die term “stille handel” en verduidelik hoe dit in Mali toegepas is. (3)
Handelaars het goud naby die rivier geplaas en dan weggegaan en gewag. Die southandelaars het dan die sout vir goud verruil indien die goud genoeg was. Indien dit nie genoeg was nie, het die goud daar gebly en moes die goudhandelaars dit vermeerder.
6. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Skryf die onwaar stellings oor sodat dit waar sal wees. (4)
a. Die Islam het geletterdheid bevorder.
Waar
b. Kuns en kultuur was die enigste vakke wat onderrig is.
Onwaar: Studente het ook onderrig ontvang in sterrekunde, musiek, botanie en wiskunde.
c. Die manuskripte was altyd in ʼn biblioteek gehou.
Onwaar: Manuskripte was meestal in die besit van families in Timboektoe en is oorgedra van een geslag aan die ander.
d. Die boekhandel was ʼn groot besigheid.
Waar
~ Sosiale
OEFENING 1: OOPBOEKTOETS 3 uur
Ter afsluiting van Eenheid 1. Formatiewe assessering.
1. Noem die Afrika-ryk en sy hoofstad wat in Eenheid 1 bespreek is. (2) Mali en Timboektoe.
2. Waarmee is daar in beide Suidelike en Wes-Afrika handelgedryf? (1) Goud
Sout
3. Waarom is kamele as hoofvervoermiddel in die Saharawoestyn gebruik? Gee drie redes. (3) Hulle is geskik vir die toestande in ʼn woestyn. Die vel kan die hitte verduur, hulle sweet nie en kan vog berg, hulle oë is beskerm teen sand en hulle pote is aangepas om op die sand te loop.
4. Beskryf kortliks wat ʼn nomade is. (2) Nomades is groepe mense wat rondtrek agter kos en water aan en dus nie op een plek bly nie.
5. Wie was Leo Africanus, en waarom is hy belangrik vir Mali se geskiedenis? (2)
Leo Africanus was ʼn Moorse diplomaat en hy is belangrik omdat hy in sy boeke in besonderhede beskrywings gee oor Timboektoe en die handel van daardie tyd.
6. Kyk na die volgende kaart en antwoord die vrae volledig:
a. Watter kontinent verteenwoordig die kaart? (1) Afrika.
b. Dink jy daar was skakeling tussen Wes-Afrika en Europa en Asië? Hoe weet jy dit? (2) Ja, daar is tussen die kontinente handelgedryf, met veral slawe.
c. Sou jy Timboektoe as die middelpunt van die handel beskou?
Motiveer jou antwoord. (2) Ja, die handel vanaf alle rigtings het deur Timboektoe gegaan as gevolg van die gebruik van handel op riviere wat hulle daargestel het.
7. Dui die ooreenkoms tussen die handel en geletterdheid in Timboektoe aan. (4)
Timboektoe was die hart van ʼn besige handelsroete. Die stad het verskeie universiteite of madrassas opgelewer en studente het hierheen gestroom.
Sowat 25 000 studente het aan die madrassas Djinguereber, Sidi Yahya en Sankoré gestudeer. Die verskillende studierigtings het ʼn aanvraag na boeke en die gepaardgaande boekbedryf laat ontstaan. Die aanvraag het die boekhandel en die skryf van manuskripte gestimuleer en groot getalle geleerdes het van Walata (vandag Mauritanië) na Timboektoe verhuis. Dus het die handel direk bygedra tot die stimulering van geleerdheid in Timboektoe.
8. Verduidelik waarom sout belangrik vir die inwoners van Timboektoe was. (1)
Dit was hulle hoof-invoerproduk.
9. Herrangskik die volgende gebeure en datums in die regte chronologiese volgorde. Dui die gebeure en datums dan op die tydlyn aan. (5)
1270 Groot Zimbabwe
1324 Mansa Musa vertrek na Mekka
1327 Bou van die Groot Moskee
1513 Leo Africanus besoek Timboektoe
1893 Frankryk koloniseer Mali v.C. 0 n.C.
1270 Groot Zimbabwe
1324 Mansa Musa vertrek na Mekka
1327 Bou van die Groot Moskee
1513 Leo Africanus besoek Timboektoe
1893 Frankryk koloniseer Mali