Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Page 1


Graad 7 • Fasiliteerdersgids

Sosiale Wetenskappe: Geografie

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Sosiale Wetenskappe

Fasiliteerdersgids: Geografie

Graad 7

Aangepas vir KABV
T Greyling T van Vollenhoven S Jordaan

G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

DEFINIEER

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge. Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik

AKTIWITEIT

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid.

KERNINHOUD

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER/HERSIENING

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Alle leselemente word nie noodwendig in die handleiding gebruik nie.

G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

VOORWOORD

BYKOMENDE LEESSTOF

Alle inligting wat die leerder benodig om die jaar in Geografie suksesvol te voltooi, is in die handleiding. Die volgende word aanbeveel vir verryking:

• Johannesson, B, Monteith, M, Ranby, P. 2013. Platinum Sosiale Wetenskappe Graad 7 Leerderboek, Maskew Miller Longman: Kaapstad

• Enige gepubliseerde atlas.

INLEIDING

Die fasiliteerdersgids is net vir die fasiliteerder en nie vir die leerder nie. Hierdie gids moet saam met die handleiding van graad 7 gebruik word. Die aktiwiteite se antwoorde word hierin gegee. Jy as fasiliteerder moet probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met die leerder te voer oor die les wat behandel gaan word. Bespreek die onderwerp in die algemeen om die leerder se voorkennis te toets.

Sosiale Wetenskappe is een vak, maar elke afdeling (Geografie en Geskiedenis) het sy eie handleiding en fasiliteerdersgids. Daar is wel ’n gesamentlike portefeuljeboek. Die leerder kan een werkboek (skrif met lyntjiespapier) vir Sosiale Wetenskappe hê waarin alle aktiwiteite gedoen en notas gemaak word.

Wat is geografie?

Sample

Geografie is meer as net ’n studie van die aarde soos in die verlede geglo is. In werklikheid is dit die studie van beide die menslike en fisiese omgewing. Geograwe stel belang in die natuurlike prosesse wat plaasvind in verskillende omgewings, die mens se aktiwiteite sowel as sy nedersettings, ons onderlinge afhanklikheid van ons onmiddellike omgewing sowel as die impak wat ons op daardie omgewing het. Maar belangriker as enige iets anders, is geograwe gefassineerd met verandering. Ons leef in ’n wêreld wat konstant aan die verander is en dus is die gebeurtenisse wat ons bestudeer ook in ’n omgewing wat konstant verander.

Die handleiding sal spesifieke fokus plaas op ruimtelike geletterdheid, patrone en tendense, asook op die lees en teken van basiese kaarte deur ’n woordskaal en lynskaal te gebruik Dit sal ook ’n afdeling behandel wat te doen het met natuurrampe soos veroorsaak deur die beweging van die aarde, bevolkingsgroei en verandering, en volhoubare beskerming van natuurlike hulpbronne in Suid-Afrika. Al die bogenoemde is in ooreenstemming met die riglyne soos uiteengesit in die KABV-kurrikulum.

Om die handleiding tot sy reg te laat kom, moet die leerder nie slegs die inhoud leer nie, maar dit ook verstaan en kan toepas. Omdat geografie konstant aan die verander is, word die leerder aangemoedig om die wêreld rondom hom/haar te bestudeer. Verder moet die leerder streef om sy/haar kennis te verbreed deur die internet, biblioteke en tydskrifte en

G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

mees belangrik, die leerder moet op hoogte bly van aktuele sake deur ten minste drie keer per week nuus te kyk of na die radio te luister. Die leerder word aangemoedig om ’n “artikelboek” saam te stel waarin hy/sy geografiese gebeurtenisse kan opteken en analiseer, veral gebeurtenisse wat die nuus haal. Hierdie gebeurtenisse kan op ’n kaart aangeteken word.

Die leerder behoort aan die einde van die handleiding ’n nuuskierigheid te openbaar teenoor die wêreld waarin ons leef. Hy/sy sal ’n werkende algemene kennis hê oor die natuurlike prosesse wat dwarsoor die aarde aan die werk is. Die leerder sal ook die interaksie tussen die natuurlike omgewing en die samelewing verstaan. Hy/sy moet omgee oor die planeet en die welstand van alles en almal wat daarop woon. Die leerder sal die vaardighede van onafhanklike denke moet demonstreer asook die vermoë om dit te ondersteun met geografiese kennis. Hy/sy moet verskillende bronne verstaan en daarmee kan werk om die gebeurtenisse in die omgewing waar te neem en te analiseer. Die leerder sal ’n rykdom kennis bekom oor mense, plekke, gebeurtenisse en probleme deur verskillende bronne te gebruik. Met dié kennis sal die leerder ingeligte besluite kan neem, sy/haar idees en inligting effektief kan kommunikeer en mees belangrik, gepaste besluite kan neem en toepaslike stappe in plek kan stel. 1

LOOPBAANSKAKELS EN VAKINTEGRASIE

Loopbaanskakels sluit, onder meer, die volgende in:

Vliegwese

Aardwetenskappe

Onderwys en opvoeding

Water- en grondsake

Landmeting

Natuurbewaring

Landelike en streeksbeplanning

Joernalistiek

Landbou

Geografiese Inligtingstelsels

Sample

Kartografie

Ekotoerisme

Omgewingsbestuur

Geologie

Meteorologie

Afstandbeheer

Stadsbeplanning

Hierdie loopbane strek oor die administrasie-, beplanning- en ontwikkeling-, vervoer-, handel-, industriële, mynbou- en toerismesektore.

Vakke wat by Geografie aansluit is onder meer Wiskunde, Besigheidstudies, Ekonomie, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Toerisme, en Rekenaarstudies (IT/RTT).

PUNTEROOSTER

AKTIWITEIT/OEFENING

OEFENING 1

Aktiwiteit 1

Aktiwiteit 2

OEFENING 2

Aktiwiteit 3

Aktiwiteit 4

Aktiwiteit 5

Aktiwiteit 6

Aktiwiteit 7

Aktiwiteit 8

Aktiwiteit 9

Aktiwiteit 10

Aktiwiteit 11

OEFENING 3

Aktiwiteit 12

Aktiwiteit 13

Aktiwiteit 14

Aktiwiteit 15

Aktiwiteit 16

Aktiwiteit 17

Aktiwiteit 18

OEFENING 4

Aktiwiteit 19

Aktiwiteit 20

Aktiwiteit 21

Aktiwiteit 22

Aktiwiteit 23

OEFENING 5

Aktiwiteit 24

Aktiwiteit 25

Aktiwiteit 26

Aktiwiteit 27

OEFENING 6

G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

JAARBEPLANNING

EENHEID

1

LES

Les 1: Plaaslike kaarte en straatkaarte

Les 2: Sketskaarte en verduideliking van roetes

Les 3: Afstand en skaal

Les 4: Huidige gebeure

Les 5: Struktuur van die aarde

Les 6: Aardbewings

2

DATUM BEGIN

3

Les 7: Vulkane

Les 8: Vloede

Les 9: Bevolkingsbegrippe

Les 10: Faktore wat geboorte- en sterftesyfers beïnvloed

Les 11: Die wêreld se bevolkingsgroei

Les 12: Natuurlike hulpbronne

4

Les 13: Bestuur van hulpbronne

Les 14: Water in Suid-Afrika Sample

LEERDOELWITTE

INLEIDING

EENHEID 1: Kaartvaardighede Sample

Nadat die leerder hierdie eenheid voltooi het, moet hy/sy in staat wees om die volgende te doen:

• Ruitverwysings kan gebruik om plekke op ’n straatkaart te vind.

• ’n Straatkaart en kompas kan gebruik om ’n spesifieke roete aan te dui.

• ’n Kaart van ’n spesifieke area kan teken.

• Skaal kan gebruik en definieer, kan onderskei tussen lyn- en woordskale, verskillende soorte skale kan vergelyk en daardie skale kan gebruik om afstand te bereken.

• Die verskil tussen breedte- en lengteligging identifiseer en dit kan gebruik om aan te dui waar gebeurtenisse op ’n wêreldkaart plaasgevind het

• Op hoogte van aktuele sake kan bly en sekere gebeurtenisse kan analiseer om sekere inligting te bekom, bv. waar, wanneer, hoe en waarom ’n gebeurtenis plaasgevind het, asook wat die uitwerking van die gebeurtenis was.

Hierdie eenheid is baie prakties van aard, dus word daar aanbeveel dat verskeie bronne gebruik word. Dit sluit in kaarte van plaaslike gebiede, GPS, en die aflaai van kaarte by die Map Studio-webtuiste (www.mapstudio.co.za) indien hierdie hulpbronne aan jou beskikbaar is.

Hierdie eenheid is baie belangrik omdat dit die grondslag lê vir alle kaartwerk wat die leerder later in hierdie fase gaan voltooi, asook die kaartwerk wat in die VOO-fase behandel word. Spandeer ’n minimum van 15 uur aan hierdie eenheid. Elke les het ook sy eie tydsbeplanning. Kaartwerkvaardighede sal ook belangrik wees om latere eenhede in die handleiding te voltooi en sal gereeld hersien moet word.

LES 1: PLAASLIKE KAARTE EN STRAATKAARTE (2 uur)

Hierdie les sal in diepte kyk na verskillende kaarte en die eienskappe/elemente wat in daardie kaarte gevind word. Die fokus sal daarop wees om kruisverwysing en indekse te gebruik om sekere plekke, in alfabetiese volgorde, op ’n kaart te vind. Die leerder sal hersiening doen oor werk wat in vorige grade geleer is, soos staatkundige en fisiese kaarte en die kardinale punte van ’n kompas.

Maak seker dat die leerder die definisies wat gegee word ken, en dat hy/sy die belangrike terme wat in hierdie eenheid gebruik word, verstaan.

Die leerder moet ook daartoe in staat wees om ’n sleutel te gebruik, en om die verskillende elemente wat die sleutel verteenwoordig, te identifiseer. Laastens sal die leerder ’n straatkaart moet gebruik om ’n roete, met ’n beginpunt en bestemming/eindpunt, te beskryf

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Hieronder volg ’n paar skakels wat jy in die klas kan wys om die volgende begrippe aan die leerders te verduidelik.

• Hoogte bo seevlak: Seevlak word beskou as 0 meter. Hoogte word dan vanaf seevlak in meter gemeet

https://goo.gl/hi16lJ

• Kontoerlyne:

Sample

’n Lyn op ’n kaart getrek wat plekke verbind wat op dieselfde hoogte bo seevlak lê.

https://goo.gl/GPOJH2

• Windrigtings: Daar is 16 windrigtings wat leerders moet ken.

https://goo.gl/E7T5Bf

https://goo.gl/Vph8GF

• Ruitverwysings: https://goo.gl/3PELvL

1.1 Soorte kaarte

Maak seker dat die leerder die verskil tussen die soorte kaarte ken en verstaan. Kleurkaarte van die verskillende soorte kaarte is agter in die studiegids beskikbaar om leerders te help om die verskille te verstaan.

OEFENING 1: Memorandum

1.1 D 

1.2 E 

1.3 B 

1.4 F 

1.5 A 

1.6 C 

1.2 Eienskappe van kaarte

Hieronder volg metodes om die eienskappe van kaarte aan leerders te verduidelik:

• ’n Voëlperspektief/lugaansig: Omdat kaarte plat is, moet daar gewoonlik vir jou ’n voëlvlugaansig van die gebied gegee word. Met ander woorde, ’n aansig van die kaart asof jy daarop neerkyk vanuit die lug.

Sample

Voëlperspektief van Parys, Arc de Triomphe Bron: https://goo.gl/x9zQBa

G07 ~ Sosiale Wetenskappe: Geografie

• Rigting: Alle kaarte moet ’n pyltjie bevat wat noord aandui. Dit sal jou help om die ander rigtings uit te werk om sodoende die oriëntasie van die kaart te bevestig, bv. noord, suid, oos en wes.

Hier volg stappe om ’n windroos te teken:

Sample

Rigting is baie belangrik en help die leerders om te bepaal waar hulle hulself op ’n kaart en spesifieke punt bevind.

Die vier hoofrigtings moet eers bepaal word. Daarna vul leerders die res van die rigtings in totdat hulle al 16 die windrigtings kan bepaal en uitwys.

16 windrigtings:

Windroos: Die 16 kardinale punte van ’n kompas

• Plek/ligging: Straatkaarte kan as voorbeeld gebruik word.

SampleStraatkaart van Pretoria se middestad Bron: https://goo.gl/Q9Sq49

Dui hoofweë en paaie aan, bv. aanduiding van spesifieke straatname.

• Simbole: Toets gereeld die leerder se kennis deur hom/haar hieroor te vra. Byvoorbeeld, laat hy/sy die sleutel uitwys, vra hom/haar om kruisverwysings te gee, laat hy/sy noord op kaarte uitwys en verduidelik hoe kruisverwysings uiteengesit is. Wys aan die leerder topografiese kaarte waar sleutels gebruik word.

G07 ~ Sosiale Wetenskappe:

Voorbeeld

Gebied/area

Benaming

Erosie, Sand

Standhoudende water

Moeras en vlei

• Sleutel: Wys aan leerders topografiese kaarte waar kaartsleutels gebruik word.

Sleutel

Kraglyn (Elektriese kragdrade)

Pyplyne

Vuurtoring en Seevaartlig

• Skaal: Voorbeeld van skaal op ’n topografiese kaart:

Sample

AKTIWITEIT 1: Memorandum

AKTIWITEIT 2: Memorandum

1 

In die sandbokse. 

1.3 Indekskaarte

Maak seker dat die leerder altyd breedteligging voor lengteligging neerskryf. Laat die leerder dit so onthou: “breedte” kom voor “lengte” in die woordeboek.

Voorbeeld: Suid-Afrika se breedte- en lengteligging sal soos volg wees: 20° S, 20° O

Breedtelyne loop van links na regs oor die kaart, terwyl lengtelyne van bo na onder loop. Sample

Sosiale

Die leerder moet ook die belangrikheid van akkuraatheid besef omdat dit die eerste keer is wat hy/sy te doen gaan kry met kaarte wat soveel besonderhede het.

Ruitverwysings: Die meeste kaarte word verdeel in ruitverwysings om dit makliker te maak om spesifieke punte van belang te vind. Hierdie kaarte gebruik veranderlikes aan twee kante van die kaart sodat elke punt twee veranderlikes kan hê. Hierdie veranderlikes word rangskik van noord na suid en van wes na oos.

Hier volg ’n voorbeeld van hoe om ruitverwysings te bepaal.

Sample

OEFENING 2

Teken jou eie ruitverwysing deur die volgende instruksies te volg:

INSTRUKSIES

1. Jou ruitverwysing moet rye A – F en kolomme 1 – 6 insluit.

2. Jou blokke moet 2 x 2 cm groot wees.

3. Kleur dan blokke C5, F1 en A3 in.

AKTIWITEIT 3: Memorandum 1.1

1.4

Hoe om plekke te vind en roetes te verduidelik met behulp van ’n straatkaart

AKTIWITEIT 4: Memorandum

1. Historiese gebou  (1)

2. a) D1 en E1 

b) C3 

c) F1 

d) F4 

e) B2 

3. 3 

4. Die hoogte bo seevlak op daardie spesifieke plek.  (2)

5. ’n Tremweg word in die stad gebruik en is ’n ou vervoermetode, terwyl treine ’n spoorlyn gebruik word om goedere en/of mense te vervoer.  (1)

6. a) Al hierdie strate het pyltjies op hulle geteken.  (2)

7.

b) Dit dui ’n eenrigtingstraat aan.  (2)

c) Mens sal moet onthou dat jy net in een rigting kan beweeg.  Jy sal dus ’n ander straat moet gebruik sou jou bestemming aan die einde van ’n eenrigtingstraat wees.  (2)

Beginpunt: Kimberley stasie

1. Sodra jy die stasie verlaat, moet jy reguit aanry. By die T-aansluiting,  draai regs in De Beersstraat, links in Quinnstraat, regs in Lennoxstraat.  Volg dan die straat tot op die hoek van Lennox- en Chapelstrate. 

2. Na ontbyt, draai af in Chapelstraat en volg die straat tot by Woodleystraat waar jy links draai en die pad volg totdat jy by die inligtingsentrum kom.  Wanneer jy die sentrum verlaat,  draai links in Mainlaan, volg die pad tot by die myn. 

Sample

3. Gebruik die Reitzstraat-uitgang, draai links op New Mainweg, regs in Jonesstraat en links in Yorkstraat. Die klubhuis is aan jou linkerkant. 

4. Om by die minigholf uit te kom, moet jy aanhou met Yorkstraat en regs draai aan die einde van die pad, draai daarna links in Lennoxstraat  en volg die pad totdat die minigholf aan jou linkerkant is. 

5. Om by die kliniek te kom, reis terug met Lennoxstraat in die rigting wat jy gekom het, draai links in Du Toitspanstraat  en dan links in die derde straat. Die Medi-kliniek is op die hoek. 

6. Om na die stasie terug te keer, draai regs op in Du Toitspanstraat en volg die pad tot by De Beersstraat.  Draai regs in De Beersstraat, dit sal jou tot by die stasie neem. 

Bestemming: Kimberley-stasie

LES 2: SKETSKAARTE

EN VERDUIDELIKING

VAN ROETES (3 uur)

2.1 Hoe om ’n kaart te teken

Noudat die leerder sekere vaardighede met die verduideliking van roetes aangeleer het, sal hierdie les fokus op die vermoë om ’n roete van een punt na ’n volgende aan te dui. Dit sal gedoen word deur die verskillende elemente te gebruik waarvan die leerder in die vorige les geleer het.

Die leerder sal die rigtings op ’n kompas, landmerke en verskillende simbole op kaarte moet gebruik om ’n roete mondelings te verduidelik, afstand te skat en ’n skets van die gewenste roete te teken. Die leerder moet ook genoeg besonderhede gebruik sodat iemand anders dit sal kan verstaan.

Hier is ’n voorbeeld van ’n kaart wat jy kan gebruik om die leerders te laat oefen om roetes te teken:

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.