Gr 11 Eerste Addisionele Taal: Taalkunde- Handleiding

Page 1


Graad 11 • Handleiding

Eerste Addisionele Taal: Taalkunde

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding: Taalkunde

Graad 11

Aangepas vir KABV

Handleiding

G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde

VOORWOORD

Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 11.

Die werk vir die jaar word in vier kwartale ingedeel. In elke kwartaal moet daar een of twee temas deurgewerk word. Die ideaal om die werk binne elke kwartaal te voltooi, is vier periodes van een uur elk per week Die aantal lesperiodes wat aan ’n aktiwiteit bestee moet word, word in die lesbeplanning (jaarplan) vir elke kwartaal aangedui.

Aangesien die aantal weke per kwartaal verskil, is die temas nie ewe lank nie.

Elke tema word in lesse verdeel met verskillende aktiwiteite. Daar is verskillende doelwitte soos dit voor elke tema aangedui is wat geïntegreer word, naamlik lees, praat, skryf en taal in konteks

MONDELINGOPDRAGTE

Daar is ook mondelingopdragte in elke tema. Hierdie opdragte kan in sentrums uitgevoer word waar daar ’n groep leerders is. Die groep behartig dan die assessering/evaluering. Indien jy op jou eie studeer, kan jy die toespraak/antwoorde op besprekingsvrae/voorlesing vir jou ouers/broers/susters/vriende doen.

TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Dit is noodsaaklik dat jy ’n werkboek (gewone 72 bladsy-lyntjiesboek) asook ’n goeie tweetalige woordeboek (Afrikaans/Engels) het. Woordeskat (vocabulary) is die boustene van ’n taal, dus word daar sterk gefokus op die uitbreiding van woordeskat binne sinsverband. Taaloefeninge sal doelgerig ingespan word om foute wat dikwels in die aanleer van ’n tweede taal voorkom, uit te skakel.

FASILITEERDERSGIDS

Die fasiliteerdersgids bevat riglyne en antwoorde op die vrae wat in die oefeninge gestel word. Jou fasiliteerder sal na elke aktiwiteit saam met jou die antwoorde nasien.

WEEK

1 – 2

3 – 4

Les 1

Les 2

Les 3

Les 4

JAARPLAN

LES

KWARTAAL 1

Taalstrukture en -konvensies

Letterkunde

Poësie: Letterkunde terme (OLP – Welkomles)

Prosa: Onderwêreld: Proloog

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 1

Taalstrukture en -konvensies

DATUM

5 – 6

Les 5

Les 6

Les 7

Letterkunde

Poësie: “Son en maan” (Hennie Aucamp)

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 2 en 3

Taalstrukture en -konvensies

7 – 8

Les 8

Les 9

Les 10

Letterkunde

Poësie: “Droogte in Namakwaland” (Thomas Deacon)

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 4 en 5

Taalstrukture en -konvensies

Les 11

Les 12

Les 13

Letterkunde

Poësie: “Klara Majola” (D.J. Opperman)

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 6 en 7

Taalstrukture en -konvensies

Les 14

Les 15

9 – 10

Les 16

Letterkunde

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 8 en 9

11 – 12

13 – 14

Les 17

Les 18

Les 19

KWARTAAL 2

Taalstrukture en -konvensies

Letterkunde

Poësie: “Luisterswaeltjies” (T.T. Cloete)

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 10 en 11

Taalstrukture en -konvensies

15 – 16

Les 20

Les 21

Les 22

Letterkunde

Poësie: “Die hanswors” (S.J. Pretorius)

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 12 en 13

Taalstrukture en -konvensies

17 – 18

Les 23

Les 24

Les 25

Letterkunde

Poësie: “Die boodskapper” (Peter Snyders)

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 14 en 15

Taalstrukture en -konvensies

19 – 20

Les 26

Les 27

Les 28

Letterkunde

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 16 en 17

Junie-eksamen

Sample

KWARTAAL 3

Taalstrukture en -konvensies

21 – 22

Les 29

Les 30

Les 31

Poësie: “kleurblind” (Carina Stander)

Letterkunde

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 18 en 19

Les 32

Les 33

23 – 24

Taalstrukture en -konvensies

Letterkunde

Poësie: “Die nuwe kind” (Pieter Strauss)

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 20 en 21

Taalstrukture en -konvensies

25 – 26

27 – 28

Les 34

Les 35

Letterkunde

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 22 en 23

Taalstrukture en -konvensies

Les 36

Les 37

Letterkunde

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 24 en 25

Taalstrukture en -konvensies

Les 38

Les 39

29 – 30

31 – 32

Letterkunde

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 26 en 27

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 28 en 29

KWARTAAL 4

Letterkunde

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 30 en 31

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 32 en 33

Prosa: Onderwêreld: Hoofstuk 34 en 35, epiloog

Taalstrukture en -konvensies

33 – 34

Hersiening

Hersiening: Poësie

Hersiening

35 – 36

Letterkunde

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening: Prosa (Onderwêreld)

37 – 38 Hersiening

Letterkunde

39 – 40 Novembereksamen

*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.

Handleiding G11 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

DEFINIEER

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

BELANGRIK

Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.

WENKE

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors.

AKTIWITEIT

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

OEFENING

Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.

KERNINHOUD

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

STUDEER/HERSIENING

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

EENHEID 1

Tema 1: Ek en my hart

Lees en kyk: Begrip

Skryf en aanbied

LEERDOELWITTE

Aan die einde van tema 1 sal jy die volgende vaardighede bemeester het:

• ’n informatiewe teks lees en vrae daaroor beantwoord

• ’n leesstuk voorberei en lees

• ’n e-pos skryf

Taalstrukture en -konvensies

• taal in konteksoefeninge doen oor meervoude, verkleinwoorde, infinitief, woordorde, korrekte vorm en spelling, lydende vorm, saamgestelde sinne en indirekte rede.

Les 1: Lees en kyk: Begrip

INSTRUKSIES

• Lees die onderstaande artikel goed deur.

• Gebruik ’n woordeboek om al die woorde wat jy nie ken nie na te slaan.

• Beantwoord die vrae in jou werkboek.

• Jou fasiliteerder sal saam met jou die antwoorde nasien

RAAD VIR VALENTYNTJIES

Noudat ’n mens die geur van Valentynsdagrose weer oral kan ruik, is dit seker gepas om ’n bietjie raad uit te deel aan almal wat nog nie daarin kon slaag om ’n Valentyntjie te dêps nie.

https://goo.gl/QHjPE6

Kyk, so nou en dan vang ’n ou ’n meisie se oog of hy vang háár oog. En elke dan en wan gebeur dit so dat jy uitgedaag word om self die uitvrawerk te doen. En dan kom die raad.

Soos net nou die dag. Twee komplimentêre kaartjies na ’n Valentynsdagete het na my kant toe gekom. Ideale geleentheid om iemand te nooi wat jou oog gevang het.

Ek het my sestienjarige moed bymekaargeskraap, die telefoon opgetel en gehoor of mr B die aand beskikbaar is. Mr B sê ja, dis reg. Hy vra wat hy moet aantrek. (Klere het vir my reg geklink.) Ons spreek ’n tyd af vir hom om my te kom haal of oppik of kry of wat ook al. (Optel klink net nie lekker nie. ’n Meisie het darem haar trots ook.)

Die nuus het vinnig deur ons klas versprei. Die feit dat ek op die stoep met my tas gedans het, het miskien iets daarmee te doen gehad. En toe kom die raad vir eerste Valentyntjies.

Om die waarheid te sê, vriendin Lizzy was heel eerste – sy het my afgeraai om die ou hoegenaamd te bel en uit te vra. Ek het haar net geïgnoreer.

Susan wou weet wat ek gaan aantrek. “Trek tog net vir jou mooi aan!” Asof ek gewoonlik lyk soos iets wat nou net van ’n rommelverkoping af kom!

Jax was volgende. Sy het eerstens gesê dat die nie regtig ’n date is nie, aangesien ek hóm uitgevra het. Genoeg om enige skoolmeisie ’n knou te gee. Die res van haar raad kon ek darem volg:

• Sorg dat jy nie laat is nie. Ouens hou nie daarvan nie.

• Gaan koop room en nooi hom ná die tyd in vir koffie.

• Moenie te veel praat nie. Ouens hou ook nie daarvan nie.

• Maar moet nou ook nie daar sit met jou mond vol tande nie. Ouens hou ook nie dáárvan nie.

En toe haar laaste stukkie raad: Moet tog net nie jouself aanmekaar in ’n spieël bekyk nie. Ouens hou régtig nie daarvan nie!

Ten spyte van al die raad het die aand goed afgeloop. Ons het lekker gesels en hy was ’n ware jintelman. Het nogal ’n paar keer daarna gebel om te hoor hoe dit gaan. Tot die telefoonoproepe opgedroog het. So gaan dit met die meeste Valentyntjies.

AKTIWITEIT 1

1. Hoe “dêps” ’n mens ’n Valentyntjie?

2. Wie mag in hierdie storie die uitvrawerk doen?

3. Watter geleentheid is gebruik om die man uit te vra? (1)

4. Waaroor was Mr B bekommerd toe die meisie hom bel? (1)

5. Waardeur het die meisie haar vreugde/opgewondenheid gewys? (1)

6. Watter onnodige raad het Susan vir haar gegee? (1)

7. Waarom was dit, volgens Jax, nie regtig ’n date nie? (1)

8. Noem twee dinge waarvan ouens – volgens Jax – beslis nie hou nie. (2)

9. Het die aand op ’n vaste verhouding uitgeloop? (1) [10]

Les 2: Lees en kyk: Begrip

LEERDOELWITTE

Aan die einde van les 2 moet jy in staat wees om:

• Jou lees- en begripsvaardighede te verbeter

• Jou woordkennis te verbreed. Sample

INSTRUKSIES

• Lees die onderstaande artikel goed deur.

• Gebruik ’n woordeboek om al die woorde wat jy nie ken nie na te slaan.

• Beantwoord die vrae in jou werkboek.

• Jou fasiliteerder sal saam met jou die antwoorde nasien

VALENTYNSDAG

Valentynsdag soos ons dit vandag ken, is sinoniem met liefdesboodskappe, rooi rose, hartkaartjies en ander besondere liefdesgeskenke.

Dié dag kan baie eeue teruggevoer word, maar die geskiedenis en romantici het verskillende weergawes van hoe dit nou eintlik ontstaan het.

http://goo.gl/C0cjo1

Oor die algemeen word daar geglo dat Valentynsdag sy oorsprong in die Romeinse fees, Lupercalia het Die vroegste Romeinse mans het dikwels die naam van hul meisie wat hul maat vir die fees sou wees, op hul mou vasgespeld. Die uitdrukking: Hy dra sy hart op sy mou kom van hierdie gebruik af. Soms het die paartjie geskenke uitgeruil. Dames het dikwels geparfumeerde handskoene of fyn juwele ontvang.

Nadat die Romeine Christene geword het, het die Lupercalia-fees die naam van ’n heilige, St. Valentyn, gekry. Volgens oorlewing was hy ’n vroeë Christen wat baie kindervriende gehad het. Die Romeine het hom gevangene geneem omdat hy geweier het om hul gode te aanbid. Hy is glo op 14 Februarie 269 tereggestel.

Die kinders het na Valentyn verlang en liefdevolle briefies deur die tralies van sy selvenster gegooi. Dit verduidelik miskien hoekom mense liefdesboodskappe op Valentynsdag uitruil.

Die vroegste rekords van Valentynsdag in Engeland vertel dat voëls hul maats op dié dag gekies het. Geoffrey Chaucer, ’n Engelse digter van die veertiende eeu, het in The Parliament of Fowls geskryf:

For this was on St Valentine’s Day When every fowl cometh there to choose his mate

Shakespeare het ook dié geloof in A Midsummer Night’s Dream genoem. ’n Karakter in dié stuk ontdek twee verliefdes in die bos en vra: St. Valentine is past; Begin these woodbirds but to couple now?

Vandag word Valentynsdag op verskillende maniere in verskillende lande gevier. Die tradisie om kaartjies in plaas van geskenke te stuur, is al drie eeue oud. Die kaartjies was skoon binnekant en verliefdes kon handboeke koop met versies en wenke hoe om kaartjies te bewoord. Hoewel die tradisionele rooi Valentynsdagkaart met rose steeds die gewildste bly, is daar deesdae tog ’n neiging om ’n bietjie ligter, met meer humoristiese boodskappe te wees.

AKTIWITEIT 2

Is die volgende stellings waar, onwaar of moontlik waar? Gee ’n rede vir jou antwoord.

1. Almal stem saam oor hoe Valentynsdag ontstaan het. (2)

2. Valentynsdag het ontstaan by die vroeë Christen, Valentyn, wat deur die Romeine gevange geneem is. (2)

3. Vroue het presente gekry op Valentynsdag. (2)

4. Romeinse mans het hul meisies vir die Lupercalia-fees uitgevra. (2)

5. Voëls kies hul maats op 14 Februarie. (2)

6. Valentyn was ook ’n karakter in Shakespeare se drama A Midsummer Night’s Dream. (2)

7. Valentynsdag word oral in die wêreld op dieselfde manier gevier. (2)

8. Vroeë Valentynsdagkaartjies het geen bewoording nie. (2)

9. Meer mense kies vandag humoristiese Valentynsdagkaartjies. (2)

10. Valentynsdag is ’n tipiese Suid-Afrikaanse tradisie. (2) [20]

Les 3: Lees en kyk: Begrip

LEERDOELWITTE

Aan die einde van les 3 moet jy in staat wees om:

• Jou woordeskat te verbreed.

• Afrikaanse tekste beter te verstaan.

INSTRUKSIES

Lees die onderstaande brief aan die pers aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

HOERA VIR KAARTJIES!

Lank lewe die era van kaartjies vir elke geleentheid! Geld maak of nie, dis lekker om een te kry en nog lekkerder om een te stuur.

Dis duur, ja! Maar dis omdat dit so pragtig is. Dit is ’n geskenk op sy eie. My seuns sê dis “gha-gha” omdat ek so sentimenteel is, en my wederhelf sê Valentynsdag is net weer ’n slim set van die Amerikaners om geld te maak.

http://goo.gl/sVm15C

Al wat my hartseer maak, is dat Afrikaans so afgeskeep word. Maak nie saak hoe oulik Engelse kaartjies is nie – as jou huistaal Afrikaans is, kan jy jou liefde net in Afrikaans uitdruk, en moet jou

kaartjie in Afrikaans wees. Na ure se gesoek kry ek die oulikste Afrikaanse kaartjie in jare – die een met die bobbejaantjie. Nou is my dilemma: moet ek dit ná ’n week vir my geliefde terugvra, want ek staan dit met ’n swaar hart af, of moet ek dit vir myself pos aangesien ek mos in elk geval “gha-gha” is!

King | MONTE VISTA

AKTIWITEIT 3.1

1. Watter een woord sê dat die briefskrywer baie opgewonde is? (1)

2. Kies die korrekte antwoord: ’n era is _____.

A ’n romantiese liefde

B ’n bepaalde tydperk

C ’n geleentheid

3. Wat is volgens die briefskrywer die lekkerste?

A Om ’n kaartjie te stuur.

B Om ’n kaartjie te ontvang. (1)

4. Waarom is die Valentynsdagkaartjie so duur, volgens die briefskrywer? (1)

5. Waarom noem haar seuns haar “gha-gha”? (1)

6. Wie of wat is die briefskrywer se wederhelfte? (1)

7. Watter land het volgens die briefskrywer se wederhelf Valentynsdag bekendgestel? (1)

8. Wat is die briefskrywer se grootste probleem met Valentynsdagkaartjies? (1)

9. Watter diersoort het die briefskrywer op haar Valentynsdagkaartjie gekry? (1)

10 Kies die korrekte betekenis van die sin: “Ek staan dit met ’n swaar hart af.”

A Sy wil dit nie eintlik weggee nie.

B Daar is ’n groot (swaar) hart op die kaartjie.

C Sy gaan dit vir iemand pos van wie sy nie baie hou nie. (1)

11 Vir wie gaan die briefskrywer die Valentynsdagkaartjie stuur? (1)

12 Waar woon die briefskrywer? (1) [12] Taal in konteks: Meervoude en verkleiningsvorme LEERDOELWITTE

Aan die einde van les 3 moet jy in staat wees om:

• Jou kennis rondom die gebruik van meervoude en verkleiningsvorme te verbeter.

• Die reël rondom “’n” en meervoude in sinne te verstaan en toe te pas.

AKTIWITEIT 3.2

Doen die volgende oefeninge in jou werkboek.

MEERVOUDE

= Meer (more) as een (plural).

= Ons gebruik nie “’n” saam met ’n meervoud nie.

Bv. ’n man (een man) > (never use “’n” with a plural.): ’n mans (men)

Op Valentynsdag stuur ons een kaartjie, maar ontvang dalk baie kaartjies!

Gee die meervoud van die woorde tussen hakies.

1. Valentynsdag is een van die (feesdag) wat al vir baie eeue gevier word. (1)

2. Elke volk vier sy eie (fees). (1)

3. Hulle vier ook verskillende (geleentheid). (1)

4. Valentyn is een van baie bekende (naam). (1)

5. Daar is deesdae verskillende (neiging). (1)

VERKLEINWOORD = (small)

As ons kort/klein in ’n sin gebruik, gebruik ons die verkleiningsvorm van die woord.

Ek skryf ’n brief aan my vriend, maar die kinders het vir Valentynsdag klein briefies gestuur.

Gee die verkleining van die woorde tussen hakies.

6. Dit was maar ’n kort (dag) waarop ek nie eers ’n (boodskap) ontvang het nie. (2)

7. Hier is ’n (roos) vir ’n spesiale (maat). (2)

8. Ek het ’n (voël) hoor fluit dat ek ’n (geskenk) gaan kry. (2)

9. Dit was ’n fees vir volwassenes, maar die klein (kind) het dit ook baie geniet. (1)

Sample

10. Hy het maar so ’n (neiging) om sy (vriend) te fop. (2) [14]

ONTHOU: Daar is uitsonderings (exceptions) op elke reël. Dit is beter om die spelling van die woorde te leer in plaas daarvan om die meervoud/verkleining volgens die reël te bepaal.

Les 4: Skryf en aanbied: E-pos

LEERDOELWITTE

Aan die einde van les 4 moet jy in staat wees om:

• ’n E-pos in korrekte Afrikaans te skryf.

AKTIWITEIT 4

Valentynsdag is daardie tyd van die jaar vir ekstra romanse. Skryf ’n e-pos aan jou maat waarin jy vertel van jou Valentyn en waarheen jy saam met hom/haar wil gaan, asook wat julle kan doen om hierdie dag spesiaal te maak. Motiveer (gee jou redes) elke stelling. Onthou jou skryfstuk moet in die toekomende tyd (future tense) wees. Jou antwoord moet 80 – 100 woorde lank wees. Die fasiliteerder sal dit volgens die assesseringsrubriek nasien.

Les 5: Taal in konteks: Woordorde en infinitief

LEERDOELWITTE

Aan die einde van les 5 moet jy in staat wees om:

• Die infinitief korrek in sinne te gebruik.

• Die korrekte woordorde in sinne te gebruik (STOMPI).

• Verledetydsvorme reg te gebruik.

• Die hulpwerkwoord te kan identifiseer en reg te gebruik.

Sample

INFINITIEF (OM TE)

As daar ’n OM in die sin is, moet jy die TE voor die werkwoord inskryf, bv.

• Die kinders is besig OM kaartjies (maak) [maak is die werkwoord]

• Die kinders is besig OM kaartjies TE maak.

As daar ’n HOEF/BEHOORT in die sin is, is daar NIE ’n OM nie. Jy skryf net ’n TE voor die werkwoord, bv.

• Seuns HOEF nie duur geskenke vir Valentynsdag (gee) nie.

• Seuns HOEF nie duur geskenke vir Valentynsdag TE gee nie.

WOORDORDE

Die woordorde kan ons verduidelik met die akroniem S (ww.) T O M P (ww.) I

S: Subject/ Onderwerp Is gewoonlik die “wie” of die “wat”

(ww.) Verb 1/ Werkwoord 1

Koppelwerkwoord of hulpwerkwoord, maar in dien nie, dan hoofwerkwoord.

T: Time/ tyd When/Wanneer?

O: Object/ Voorwerp What/Wat?

M: Manner/ Manier How/Hoe?

P: Place/ Plek Where/Waar?

(ww.) Verb 2/ Werkwoord 2

2de deel van werkwoord (het gestamp)

I: Infinitive/ infinitief Beantwoord die HOEKOM-vraag.

0

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai.

Die man het gister sy motor hard in die motorhuis gestamp om te draai

VERLEDE TYD (past tense) = het klaar gebeur het + ge = aan werkwoord.

Werkwoorde wat met be-, ge-, her-, ont-, ver-, mis-, er-, weer-, en onderbegin, kry nie ’n ge- vooraan nie.

Bv. erken | ontvang | vertel | begin | geniet | herinner | mishandel | weerstaan | ondersteun.

HULPWERKWOORDE se vorm verander in die verlede tyd: wil – wou | sal – sou | kan – kon | moet – moes

Bv. Ek wil ’n Valentynsdagkaartjie koop. Ek wou ’n Valentynsdagkaartjie koop [slegs “mag” (may) bly dieselfde.]

Met DAT in ’n sin skuif die werkwoord na die einde van die sin.

Sample

Bv. Charlie sê: “Ek is siek.”

Charlie sê DAT hy siek is.

Indien daar TWEE werkwoorde is, skuif die HULPWERKWOORD voor die hoofwerkwoord in.

Bv. Charlie sê: “Ek gaan my brief pos.”

Charlie sê DAT hy sy brief gaan pos.

Indien die HULPWERKWOORD HET is, skuif die HET agter die hoofwerkwoord in.

Bv. Charlie sê: “Ek het die brief gepos.”

Charlie sê DAT hy die brief gepos HET.

KOPPELWERKWOORDE

Koppel (join) beteken om twee aparte idees saam te voeg. Ons kan die volgende twee idees met 'n koppelwerkwoord verbind:

1. Die onderwyser + honger = Die onderwyser IS honger.

2. Die vrou + ’n handsak = Die vrou HET ’n handsak.

Dit is baie belangrik om te weet dat IS en HET werkwoorde is!

Koppelwerkwoorde verander in die verlede tyd: is  was het  het … gehad

DEELTJIEWERKWOORDE

Dit is werkwoorde wat van mekaar geskei kan word. Dit is wanneer ’n byword (adverb, describes the verb) en ’n werkwoord een woord vorm, bv.:

1. Hy maak die deur toe. (In die teenwoordige tyd, is dit VERDEEL).

2. Hy sal die deur toemaak. (In die toekomende tyd is dit SAAM).

3. Hy het die deur toegemaak. (In die verlede tyd word dit deur die ge- GESKEI).

In die infinitief skei die “te” die twee dele van die werkwoord: Ek vra hom OM die deur TOE te MAAK.

AKTIWITEIT 5

Verander die onderstaande teks deur die woorde tussen hakies te verander soos aangedui. Jou fasiliteerder sal saam met jou die antwoord nasien. Maak seker dat jy al die woorde se betekenisse goed verstaan.

Baie Valentynsdagtradisies het te doen met maniere waarop jong vrouens wat nog nie getroud is nie, probeer uitvind met wie hulle gaan trou.

Sample

Een van die oudste gebruike is om meisies se name op ’n stukkie papier 1. (skryf – gee die infinitief) en uit ’n kruik 2. (trek – gee die infinitief). Die naam van die meisie wat die man trek, 3. (dan is – gee die korrekte woordorde) sy Valentyn. Hy het baie aandag aan haar 4. (skenk – gee die korrekte vorm van die woord).

5. (Ongetroud – gee die korrekte vorm van die woord) vroue het ook in die 18de eeu baie aandag gegee aan hul kussings. Op die vooraand van Valentynsdag het hulle 6. (5 – skryf uit in woorde) lourierblare aan hul kussings 7. (vasspeld – gee die korrekte vorm van die woord). Een blaar is in die middel van die kussing en die ander op elke hoekie geplaas. As dit sou werk, sou die vrou haar aanstaande man in 8. (sy | haar – kies die korrekte woord) drome sien. Maar terwyl die meeste mense in droomland is, doen 9. (party – gee ’n sinoniem) meisies snaakse dinge.

In Derbyshire, Engeland, loop 10. (jonk – gee die korrekte vorm van die woord) meisies om middernag drie of twaalf keer 11. (rond | om | oor – kies die korrekte woord) die kerk en sing ’n 12. (liefde + liedjie – gee een woord). Hul ware liefdes behoort dan 13. (verskyn – gee die infinitief).

In die VSA en Kanada 14. (kinders kaartjies ruil – gee die korrekte woordorde) met hul vriende uit. 15 (Sommige skole hou ’n klaspartytjie – skryf in die lydende [passiewe] vorm) en al die kinders gooi hul kaartjies in een groot boks. Aan die einde van die dag word die kaartjies aan die leerders 16. (uitdeel – gee die korrekte vorm van die woord). Ook hul ouers en onderwysers word nie vergeet nie.

In Denemarke stuur mense 17. (gepars – gee die korrekte vorm van die woord) wit blomme, wat 18. (sneeuvlokies | sneeuvlokkies – kies die korrekte spelling) genoem word, aan hul vriende. 19. (Denemarke – gee die korrekte vorm van die woord) mans stuur ook ’n soort Valentynsdagkaartjie wat ’n gäkkebriev (grapbrief) genoem word. Die briefskrywer 20. (’n rympie skryf – gee die korrekte woordorde), maar teken net soveel stippeltjies as wat daar 21. (is letters in sy naam – gee die korrekte woordorde) As die meisie 22. (raai sy naam reg – gee die korrekte woordorde), beloon hy 23. (sy – gee die korrekte vorm van die woord) met ’n paaseier vir Paasfees.

Vandag het Valentynsdag ’n heel ander 24. (beteken – gee die korrekte vorm van die woord). In Engeland en Italië staan sommige jong meisies voor sonop op en wag by hul vensters vir ’n man om 25. (verbykom – gee die infinitief). Hulle glo die eerste man wat hulle sien – of een wat soos hy lyk – sal binne die volgende jaar met hulle trou. (25 x 1) = [25]

Les 6: Taal in konteks: Gemengde oefening

LEERDOELWITTE

Sample

Aan die einde van les 6 moet jy in staat wees om:

• Verskillende vorme van tekste te kan interpreteer.

• Kennis van vorige lesse toe te pas.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.