Graad 12 • Handleiding
Afrikaans Huistaal: Taalkunde
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Handleiding: Taalkunde
Graad 12
Sample
G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors
AKTIWITEIT
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Handleiding G12 ~ Afrikaans Huistaal: Taalkunde
VOORWOORD
In hierdie handleiding gaan elke faset van jou Afrikaans Huistaal-studie behandel word. Elke les word afsonderlik hanteer, sodat daar duidelike onderskeid tussen luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, en die praatproses is.
Deur die jaar sal daar van jou verwag word om verskillende portefeuljetake te voltooi, wat jou jaarpunt sal uitmaak Jou jaarpunt tel uiteindelik 25% van jou totale punt vir Afrikaans Huistaal. Die portefeuljetake kan in die portefeuljeboek gevind word. Alle ander aktiwiteite is daar gestel om jou te help met die voorbereiding vir die eksamens
Buiten die taalaspek, word gedigte, die roman Skoenlapper en die drama Mis behandel. In elkeen van die bogenoemde genres moet jy uiteindelik langvrae sowel as kontekstuele vrae kan beantwoord. Hierdie afdelings word in vraestel 2 van die eksamen geassesseer. Vraestel 1 gaan fokus op leesvaardigheid, kennis van visuele tekste, vermoë om op te som en taalkennis. Vraestel 3 is uitsluitlik ’n skryfvraestel waar alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele tekste) geassesseer word. Vraestel 4 word voor die Eindeksamen afgehandel, want dit is eintlik net ’n samestelling van al jou mondelingpunte deur die jaar.
Vir elke afdeling van Afrikaans Huistaal kan jy ’n unieke manier gebruik om te leer, maar dit bly belangrik om alles wat jy leer oor en oor in te oefen. Onthou om die volgende by elke afdeling te doen:
Begripslees: Lees altyd eers jou vrae deur en identifiseer presies wat van jou verwag word. Let op hoeveel punte elke vraag tel en maak seker dat jy genoeg skryf om daardie punte te verdien. Die antwoorde word d.m.v. soeklees uit die teks gevind. ’n Groot wenk is om te onthou dat die vrae se antwoorde gewoonlik op mekaar sal volg, so as jy die eerste en die derde vraag se antwoord gekry het, maar sukkel met die tweede vraag se antwoord, sal daardie antwoord waarskynlik naby aan die antwoorde wees wat jy reeds gekry het.
Sample
Opsomming: Doen die opsomming presies volgens die stappe in die handleiding. Moet nooit die getal woorde wat jy gebruik oorskry nie, aangesien jy punte vir die gebruik van te veel woorde sal verloor. Gee spesiale aandag aan taalstrukture en -konvensies sodat jy nie onnodig punte verloor nie. Oefen, oefen, oefen!
Voltooi elke aktiwiteit in die handleiding getrou nadat die gegewe leerwerk hanteer is. Jou fasiliteerder sal saam jou die antwoorde nagaan.
JAARPLAN
WEEK
Eenheid 1: Les 1 – 4
Eenheid 2: Les 5 – 8
1 – 2
KWARTAAL 1
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: Letterkunde terme (OLP – Welkomles)
Prosa – drama (Mis) – Inleidende gesprek
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 1-5
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 6-10
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Eenheid 3: Les 9 – 12
Eenheid 4: Les 13 – 16
3 – 4
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: “as dit reën in die boesmanland” (E.P. Nel)
Prosa – drama (Mis) Lees bladsy 3-23
(Beantwoord vrae na die drama oor hierdie gedeelte)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 11-15
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Eenheid 5: Les 17 – 20
Eenheid 6: Les 21 – 24
5 – 6
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie – “Elegie vir ’n vriend” (Johan Steyn)
Prosa – drama (Mis) Lees bladsy 23-33
(Beantwoord vrae na die drama oor hierdie gedeelte)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 16-20
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Eenheid 7: Les 25 – 28
Eenheid 8: Les 29 – 32
7 – 8
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie – “Mercedesrit in die aand” (Willem Krog)
Prosa – drama (Mis) Lees bladsy 34-52
(Beantwoord vrae na die drama oor hierdie gedeelte)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 21-25
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 26-30
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
9 – 10
Eenheid 9: Les 33 – 36
Eenheid 10: Les 37 – 40
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: “My mamma is bossies” (Jeanne Goosen)
Prosa – drama (Mis) Bestudeer en bespreek milieu bladsy 53-54
(Beantwoord vrae na die drama oor hierdie gedeelte)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 31-35
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 36-40 (Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
KWARTAAL
2
Taalstrukture en -konvensies
11 – 12
13 – 14
Eenheid 11: Les 41 – 44
Letterkunde
Poësie: “Boggomsbaai-blues” (Pirow Bekker)
Prosa – drama (Mis) Bestudeer en bespreek dialoog, karakters en karakterontwikkeling
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 41-45
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 46-50
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Taalstrukture en -konvensies
15 – 16
Eenheid 12: Les 45 – 47
Poësie: “Ek wil” (Willem Fransman)
Letterkunde
Prosa – drama (Mis) Bestudeer en bespreek konflik, intrige en dramatiese doelstelling
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 51-55 (Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Taalstrukture en -konvensies
Sample
Eenheid 13: Les 48 – 50
Poësie: “Genepoel” (Lucas Malan)
Letterkunde
Prosa – drama (Mis) Bestudeer en bespreek toneelaanwysings
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 56-60
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
Prosa – roman (Donker Web) Lees hoofstuk 61-epiloog
(Beantwoord vrae in die handleiding oor hierdie hoofstukke)
– 18
Eenheid 14: Les 51 – 53
Poësie – Hersiening
Prosa – roman: hersiening 19 – 20
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Junie-eksamen
KWARTAAL 3
Taalstrukture en -konvensies
Doen hersiening (kyk weer na les 51 – 53)
Letterkunde
– 24
Poësie – Hersiening
Prosa – drama: hersiening
Prosa – roman: hersiening
Taalstrukture en -konvensies
Doen hersiening soos nodig.
Poësie – Hersiening
Prosa – drama: hersiening
Prosa – roman: hersiening
– 26
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Doen hersiening soos nodig.
Doen hersiening soos nodig.
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Doen hersiening soos nodig.
Doen hersiening soos nodig.
– 30
Sample
Letterkunde
Rekordeksamen KWARTAAL 4
Taalstrukture en -konvensies
Doen hersiening soos nodig.
– 34
Doen hersiening soos nodig. 35 – 40
Letterkunde
Eindeksamen
*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.
EENHEID 1: ’n Nuwe begin
LEERDOELWITTE
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
• Die luisterproses kan hersien.
• Die verskillende kenmerke van leestekste kan raaksien en kan onderskei.
• Die dialoog/onderhoud as transaksionele teks beplan en aanbied in ’n sinvolle skryfstuk.
• ’n Geïntegreerde taaloefening voltooi waar die fokus geplaas sal word op die gebruik en funksie van die verskillende skryftekens.
In hierdie eenheid gaan jy die luisterproses hersien. Hierdie vaardighede sal jy moet kan toepas wanneer jy ’n luisterbegrip voltooi. Daar word gekyk na die verskillende soorte leestekste wat jy tot en met graad 11 tydens begripslees behandel het Die eenheid bevat ook ’n taalhersieningsoefening wat al die vorige taalwerk integreer, maar ook weer klem plaas op die gebruik van die verskillende skryftekens.
Wenke
• Die luisterproses is baie belangrik.
• ’n Dialoog is baie keer die makliker opsie om as langer transaksionele teks in vraestel 3 te kies. Maak seker jy ken die vereistes van hoe ’n dialoog lyk.
• Elke taaloefening in elke eenheid fokus op ’n spesifieke deel van taalleer. Maak seker jy doen elke deel, want dan is jy in geheel voorbereid vir die eksamen.
Les 1: Informatiewe luister
Luister is sentraal in die leer van alle vakke. Deur doeltreffende informatiewe luisterstrategieë kan jy inligting insamel en dele wat pas, bymekaarsit.
Die onderrig van luistervaardighede word bepaal deur die soort mondelinge teks en die luisteraar se doel. Informatiewe luister is die vaardigheid om vir spesifieke inligting te luister.
Luister vir spesifieke inligting
Tydens dié les gaan jy doeltreffend luister, eerder as om net te hoor, want dit is die sleutel tot enige intelligente reaksie op die wêreld rondom ons.
Volg die onderstaande stappe tydens die luisterproses.
Pre-luister
• Lees deur die vrae en bepaal die konteks waarin die luisterteks afspeel.
• Kyk na die spesifieke woordkeuses en hoe dit by die onderwerp pas.
• Voorspel waaroor die inhoud gaan handel.
• Aktiveer bestaande kennis oor die onderwerp.
• Bestudeer die vrae in detail en maak seker jy verstaan wat by elke vraag gevra word, sodat jy weet waarna om te luister.
• Bepaal die luisterdoel: om inligting te versamel. Watter inligting wil die spesifieke luisterteks weergee?
Tydens luister
• Luister aandagtig terwyl die leesstuk die eerste keer voorgelees word. Terwyl daar gelees word, ontleed die:
o Boodskap- EN
o Spreker
o Spreker se bewyse, argumente en emosionele trant.
• Skryf notas in potlood neer by die verskillende vrae wat moontlik tot die antwoord kan lei.
• Maak afleidings en bevestig voorspellings.
• Besin oor die inligting in die leesstuk en evalueer jou moontlike antwoorde en moontlike probleme.
Post-luister
Beantwoord die vrae.
AKTIWITEIT 1
Jou fasiliteerder gaan vir jou ’n kort teks uit ’n tydskrif voor lees. Probeer om soveel inligting as moontlik aan die fasiliteerder te herhaal nadat dit gelees is.
Les 2: Begripslees
Hierdie les handel oor die leesproses en -strategieë wat gebruik word om literêre en nieliterêre tekste te verstaan en te waardeer.
Die leesproses
Die volgende drie leesaktiwiteite help jou om die struktuur en taalkenmerke van die teks in besonderhede te ontleed.
Pre-lees stel die teks bekend. Dit aktiveer assosiasies en vorige kennis. Volg die volgende stappe tydens pre-lees:
• Vluglees en soeklees tekskenmerke: titels, opskrifte, subopskrifte, onderskrifte, visuele elemente en grafiese inligting, byvoorbeeld lettertipe en nommers, uitleg,
ikone, illustrasies, grafieke, tabelle, kaarte, diagramme, tuimelkieslyste, sleutelwoordsoektogte, ens.
• Maak voorspellings deur die inligting te gebruik wat jy uit vluglees en soeklees verkry het.
• Hanteer belangrike woordeskat wat onbekend mag wees.
Tydens lees moet jy:
• ’n Begrip van die teks kry.
• Die betekenis van onbekende woorde en beelde uitvind.
• Leesbegripstrategieë gebruik om: verbintenisse te skep, begrip te verstaan, inligting in die teks te kry om vrae te kan beantwoord, afleidings te maak, hoofgedagtes te identifiseer en taalstrukture te herken.
Post-lees stel jou in staat om die teks as geheel te beskou en daarop te reageer:
• Beantwoord die vrae oor die teks.
• Evalueer, kom tot gevolgtrekkings en verwoord jou eie opinie.
Jy moet tussen die volgende aspekte kan onderskei.
• Feit en mening: Feite word op statistiek en bewyse gebaseer terwyl menings ’n opinie van ’n saak is.
• Direkte en geïmpliseerde betekenis: Direkte betekenis is die direkte woorde en hul betekenis, terwyl geïmpliseerde betekenis die onderliggende betekenis is, wat die persoon eintlik wou sê.
• Denotasie (denotatiewe betekenis): Letterlike betekenis van woorde.
• Konnotasie (konnotatiewe betekenis): Figuurlike betekenis van woorde.
• Die rede waarom sekere inligting weggelaat is: Om spanning te bou/om juis die teendeel te wys/om kontras uit te wys/om die leser self ’n opinie te laat vorm.
• Manipulerende taal: Woorde wat gebruik word om ’n persoon te manipuleer om die spreker se standpunt in te sien/te aanvaar.
• Emosiebelaaide taal: Taal wat vol emosie is, soos “Dit breek my!” i.p.v. “Dit maak my seer.”
• Partydigheid: Die spreker is duidelik ten gunste van ’n spesifieke persoon/groep mense.
• Stereotipering: ’n Spesifieke eienskap word aan ’n hele groep mense toegeken, of hul dit verdien of nie.
• Afleidings maak: Die leser moet self die eintlike opinie/betekenis kan aflei
AKTIWITEIT 2
Lees die teks deur en beantwoord die vrae wat volg.
Bekkige bedelaars amuseer én frustreer met stories en versoeke
– Mariana Malan
1. Die Kaap se strate wemel van akteurs wie se stories die manne van Maak ’n Las ore sal aansit. Sommige daarvan is so oorspronklik dat ’n mens hulle selfs die geld gun wat die liegstories hulle in die sak bring.
2. Parkeerterreine is gewilde bedelplekke. Hier word ’n ieder en ’n elk ’n paar rand gevra om petrol in te gooi, om ’n trein te haal Worcester toe (hoekom is almal altyd op pad Worcester toe?) of ’n paar sent om vir die gesin kos te koop.
3. Een van die verbeeldingrykste stories kom egter van die Tygervallei-sentrum. ’n Jong man met rooierige hare nader mense om vir hom R9,50 te gee. Dis die presiese bedrag wat hy nodig het om vir hom en sy suster treinkaartjies na Stellenbosch te koop.
4. Hulle is sonder geld omdat hulle op Bellville se stasie van honderde dollars en hul paspoorte beroof is. Hy praat met ’n Amerikaanse aksent en hy vertel dat hulle van San Diego in Amerika kom.
5. Buitelanders.
6. Hy en sy suster is hier saam met hul pa, wat as deel van ’n konsortium onderhandel om ’n bekende wingerdplaas in die omgewing te koop. By die aanhoor van hierdie oortuigende inligting sak ’n mens se moed in jou skoene omdat nog beleggingsmoontlikhede daarmee heen is en nog buitelanders met die verkeerde kant van ons land se mense kennis gemaak het.
7. Die man verseker dié wat hy nader dat die saak by die polisie in Bellville aangegee is. In die meeste gevalle sal niemand sommer gaan navraag doen of dit wel die waarheid is nie.
8. Die man het egter onlangs ’n kollega met dié storie genader. Sy nuussin is dadelik geprikkel, maar aangesien hy self ’n tyd lank in Amerika gewoon het, het hy ook effens gewonder oor die Amerikaanse aksent.
9. Net ’n bietjie té Amerikaans, het hy gereken. En daardie vuil broek. Die kind van ’n miljoenêr?
Sample
10. Op sy aanbeveling het die TygerBurger se kantoor navraag by die polisie in Bellville gedoen. Niemand met die naam Smithy (só het die man homself voorgestel) het enige saak van hierdie aard aangemeld nie. Dalk was daar êrens ’n misverstand en dis moeilik om alles as onsin af te maak, maar dit lyk tog of die man met ’n goeie storie vele mense ingeloop het.
11. ’n Ander kollega vertel dat ’n man op ’n parkeerterrein in Bellville haar ’n moersleutel aangebied het in ruil vir ’n paar rand om petrol te koop. In ’n oomblik van swakheid kon sy nie anders as om hom iets toe te snou nie. Die eerste deel van die stuk gereedskap se naam is toe sommer in ’n ander konteks gebruik.
12. ’n Karakter wat in Bellville se strate oorbekend is, is Ou Vlokkie, soos hy homself noem. Wanneer hy bedel, is dit altyd net ’n skamele “ou 50-sentjies”. Sy versoek word vinnig opgevolg met: “Ag, die skaamte van Ou Vlokkie, die skaamte.”
13. Die einste Vlokkie skroom nie om jou te roskam as jy niks wil gee nie. Vir die uwe het hy ná ’n afjak toegevoeg: “Antie, van jou gesig hou ek net niks.”
14. Die meeste mense skrik hulle lam as hy skielik sy gesig aan die passasierskant van die motor druk en sy geldjie vra, maar eintlik is hy onskadelik en deel van die groot aantal slenteraars en bedelaars in die stadskern van Bellville.
15. Vlokkie se ander streek is dat hy gek is na een van TygerBurger se verslaggewers. As hy haar sien, roep hy altyd: “Hallo, Bokkie!” wat “Bokkie” natuurlik terstond op die vlug laat slaan.
16. Reaksie
17. ’n Mens se reaksie op bedelary hang in ’n groot mate af van hoe jy die dag voel. Soms gee jy, ander kere baklei jy met die bedelaars en soms jak jy hulle af.
18. Daar is kere dat ’n mens eenvoudig voel jy moet maar gee. Een bedelaar in die omgewing van “die oog” op Bellville se kerkplein het die uwe eendag getakel met ’n unieke versoek. Pleks van die gewone onsin, het hy op die man af gevra: “Mevrou, ek sal nou nie lieg nie. Ek soek vyf rand vir wyn.”
19. Reg of verkeerd, teen eerlikheid het “mevrou” geen verweer nie.
20. Wanneer iemand ook seep, tandepasta of ’n tandeborsel versoek, kan ’n mens dit moeilik weier. As jy egter Lux aanbied en die bedelaar verkies Palmolive, wonder jy wat van die Engelse spreekwoord “beggars can’t be choosers” geword het.
21. ’n Vriendin se raad is eenvoudig. As jy iemand uit die hoek van jou oog op jou sien afpyl, draai om en kyk hom of haar in die oog. Dan vra jy doodluiters: “Jong, het jy nie dalk vir my ’n rand of twee nie. Ek het dit nodig vir petrol (of vir my drie kinders by die huis, of wat ook al).”
22. Dis gewaarborg om die wind uit enige bedelaar se seile te haal. En wie weet, dalk is jy eendag gelukkig om ook só ’n paar sent ekstra te maak.
1. Dui aan of die volgende stellings feite of menings is.
Motiveer jou antwoord deur uit die teks aan te haal
1.1 Al die bedelaars in die Kaap se strate is oorspronklik.
1.2 Daar is slegs enkele bedelaars in die Kaap se strate.
(Kortstraat, Bellville, 6 Oktober 2000)
2. Wat impliseer die skrywer met die parentese in paragraaf 2 waar sy vra hoekom almal altyd op pad Worcester toe is?
3. Verduidelik die ironie in die woorde in paragraaf 2 “… ’n paar sent om vir die gesin kos te koop …”.
4. Waarom word die verhaal in paragraaf 3 as die “verbeeldingrykste storie” gesien?
5. Hoe word die inhoud van paragraaf 5 beklemtoon?
6. Watter emosie ervaar die aanhoorder van die storie in paragraaf 6?
7. Word die frase “met die verkeerde kant van ons land se mense kennis gemaak” denotatief of konnotatief bedoel? Motiveer jou antwoord.
8. Watter universele eienskap van mense word in paragraaf 7 aangespreek?
Sample
9. Noem twee dinge wat die aanhoorder in paragraaf 9 laat wonder het of die spreker wel die waarheid praat.
10. Wat beteken die uitdrukking in paragraaf 10: “… mense ingeloop het …”?
11. Watter karaktereienskap van homself gebruik Vlokkie in paragraaf 12 om die mense te oortuig as hy bedel?
12. Wat is die verbinding tussen paragraaf 12 en 13?
a) Aaneenskakelend
b) Kontrasterend
c) Redegewend
13. Korrigeer die taalkundige fout van Vlokkie se sin in paragraaf 13.
14. Lei af wat die betekenis van die woord “slenteraars” is, soos dit in paragraaf 14 gebruik word.
15. Wat bepaal mense se reaksie op bedelaars (volgens die leesstuk)?
16. Watter oortuigingsmeganisme het die bedelaar in paragraaf 18 gebruik om geld te kan kry?
17. Waarom is die woorde “mevrou” in paragraaf 19 tussen aanhalingstekens?
18. Vertaal die aanhaling “beggars can’t be choosers” in goeie Afrikaans.
19. Hoe manipuleer die vriendin, volgens paragraaf 21, enige bedelsituasie?
20. Gebruik die konnotatiewe frase “wind uit … seile neem” in paragraaf 22 denotatief in jou eie verklarende sin.
Les 3: Transaksionele skryfwerk: Dialoog
Prosesskryf
Die onderrig van skryf behels ’n proses. Gedurende prosesskryf moet jy die volgende kan doen:
• Beplan/pre-skryf
• Skryf ’n konsep
• Hersien
• Redigeer
• Proeflees
• Aanbied
Beplan/pre-skryf
• Besluit op die doel van die teks en die gehoor waarvoor jy gaan skryf.
• Bepaal die formaat, styl en standpunt van die skryfwerk.
• Maak ’n breinkaart, spinnekopdiagramme, lys of vloeidiagramme van al jou idees.
Skryf ’n konsep
• Skryf al jou hoof- en ondersteunende idees van jou beplanning neer.
• Skryf ’n eerste poging en hou jou doel, gehoor, onderwerp en genre in gedagte.
• Lees jou eerste poging krities deur en verander waar jy dink dit is nodig.
Sample
• Verander van jou beskrywende woorde, frases en uitdrukkings, sodat die regte stemming geskep kan word en jou skryfstuk lewendig en interessant is.
Hersiening, redigering, proeflees en aanbieding
• Verfyn nou jou woordkeuse, sin- en paragraafstrukture.
• Skakel dubbelsinnigheid, woordoortolligheid, sleng en beledigende taal uit.
• Evalueer die inhoud, styl en register van jou skryfstuk.
• Kyk of jou leestekengebruik, spelling en taalgebruik korrek en gepas is.
• Berei jou finale weergawe voor.
• Bied die finale teks aan vir informele assessering.