Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Owned and published by Optimi, a division of Optimi Central Services (Pty) Ltd.
7 Impala Avenue, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Apart from any fair dealing for the purpose of research, criticism or review as permitted in terms of the Copyright Act, no part of this publication may be reproduced, distributed, or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or any information storage and retrieval system without prior written permission from the publisher.
The publisher has no responsibility for the persistence or accuracy of URLs for external or third-party internet websites referred to in this publication, and does not guarantee that any content on such websites is, or will remain, accurate or appropriate.
There are instances where we have been unable to trace or contact the copyright holder. If notified, the publisher will be pleased to rectify any errors or omissions at the earliest opportunity.
Reg. No.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Fasiliteerdersgids: Taalkunde
Graad 12
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
VOORWOORD
Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 12.
Al die werk vir die jaar word in die handleidings vervat. Taalkunde en letterkunde het aparte handleidings en fasiliteerdersgidse. Al die werk in beide handleidings moet behandel word soos in die jaarplan aangedui.
Die taalaspekte van graad 12-werk word op grond van kennis gedoen. Die kandidate het reeds vanaf graad 8 taalkennis begin opbou en nou moet die kennis net toegepas word. Die moeiliker aspekte van die taal sal egter weer behandel word.
Die kandidate moet elke aktiwiteit in die handleiding getrou voltooi nadat die gegewe leerwerk hanteer is. Gaan al die antwoorde saam met die kandidate na en doen hersiening waar nodig.
PORTEFEULJEWERK
Die jaarpunt word deur portefeuljetake bepaal, wat in die portefeuljeboek gevind kan word. Die take in die portefeuljeboek moet betyds voltooi en aan Impaq gestuur word teen die bepaalde datums op die puntestaat (in die portefeuljeboek).
Die take sal dan by Impaq nagesien word. Die punte sal in ’n vorderingsverslag/puntestaat gegee word, maar die take word nie teruggestuur nie. Die kandidate moet dus ’n gewaarmerkte afskrif vir hulself maak en hou. Die take sal by Impaq in die kandidate se persoonlike portefeulje gehou word – die portefeuljes van alle kandidate moet te alle tye beskikbaar wees vir moderering deur die eksamenraad
Afrikaans het ook ’n praktiese gedeelte, naamlik die mondelingtake. Hierdie take tel as individuele take, maar die punt maak ook vraestel 4 van die Eindeksamen te punt op. Fasiliteerders evalueer nie die mondelinge nie. Reëlings vir die evaluering van mondelinge sal deur Impaq getref word.
EKSAMENS
Sample
Daar is drie eksamens wat in die jaar afgelê moet word. Die vraestelle is as volg:
• Vraestel 1 fokus op leesvaardigheid, kennis van visuele tekste, vermoë om op te som en taalkennis.
• Vraestel 2 is letterkunde, wat poësie en prosa behels.
• Vraestel 3 is uitsluitlik ’n skryfvraestel waar alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele tekste) geassesseer word.
• Vraestel 4 word voor die Eindeksamen afgehandel – dit is eintlik net ’n samestelling van al die kandidaat se mondelingpunte deur die jaar.
Fasiliteerdersgids
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
ADDISIONELE BRONNE
Indien julle ekstra oefeninge wil doen, word die volgende boeke aanbeveel (let wel: die nodige werk word in die handleidings gedek en enige addisionele boeke dien slegs as verryking):
Gouws, R., Gouws, S. en Lätti, M. 2013. Afrikaans sonder grense, 12 Eerste Addisionele Taal. Maskew Miller Longman
Lutrin, B. 2004. Afrikaans Handbook & Study Guide. Berlut Books
SampleVosloo, R., Viljoen, H., Prinsloo, B., Stevens. H. en Ras, B. 2013. Piekfyn Afrikaans Graad 12. Best Books
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors.
AKTIWITEIT
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
JAARPLAN
WEEK
Les 1
Les 2
1 – 2
LES
KWARTAAL 1
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: Letterkunde terme (OLP – Welkomles)
Poësie: Krisis – Elizabeth Eybers
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek Afdeling 1 (bl. 7-19)
Taalstrukture en -konvensies
Les 3
Les 4
3 – 4
Letterkunde
Poësie: Ken jy die see ... – Uys Krige
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek Hoofstuk 1-6
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 1-6
Taalstrukture en -konvensies
Les 5
Les 6
5 – 6
Letterkunde
Poësie: Wetenskapmannetjies – Antjie Krog
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek Hoofstuk 7-12
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 7-12
Taalstrukture en -konvensies
Les 7
Les 8
7 – 8
Letterkunde
Poësie: Eksamenlokaal – Suzaan Laing
Prosa: Lien se lankstaanskoene –Leesboek Hoofstuk 13-18
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 13-18 Sample
G12 ~ Afrikaans Eerste
Les 9
Les 10
9 – 10
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: Die dans van die reën – Eugene N. Marais
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 19-24
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 19-24
KWARTAAL 2
Taalstrukture en -konvensies
Les 11
Les 12
11 – 12
Letterkunde
Poësie: Die heks van Hexrivier – Phillip Nel
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 25-31
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 25-31
Taalstrukture en -konvensies
Les 13
Les 14
13 – 14
15 – 16
17 – 18
19 – 20 Junie-eksamen Sample
Letterkunde
Poësie: Sproeireën – D.J. Opperman
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 32-37
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 32-37
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B
Letterkunde
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 38-41
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 38-41
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B
Letterkunde
Poësie – Hersien poësie (Al 7 gedigte)
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek Afdeling 3 (bl. 235-249)
Prosa – Les 33: Toets jou kennis oor die roman
22
– 28
KWARTAAL 3
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte: Bylae A
Hersiening: Poësie: Kwartaal 1
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte: Bylae A
Letterkunde
Hersiening: Lien se lankstaanskoene Kwartaal 1 (Hoofstuk 1-24)
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte: Bylae A Letterkunde
Hersiening: Poësie: Kwartaal 2
Hersien skryfwerk: Bylae B
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Hersiening: Lien se lankstaanskoene Kwartaal 2 (Hoofstuk 25-41)
Taalstrukture en -konvensies
Hersien skryfwerk: Bylae B Letterkunde
Hersien letterkunde soos nodig. Rekordeksamen
4
Taalstrukture en -konvensies
Doen hersiening soos nodig.
Doen hersiening soos nodig.
*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.
EENHEID 1: ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees
LEERDOELWITTE
Nadat die kandidate hierdie eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen:
• Geïntegreerde taaloefeninge voltooi.
• ’n Opsomming van ’n leesstuk maak.
• Visuele geletterdheid kan interpreteer en vrae daaroor beantwoord.
• ’n Begripsleesaktiwiteit voltooi.
Les 1: Taal in konteks
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les behoort die kandidate:
• ’n Artikel lees en vrae daaroor beantwoord.
• Sinskonstruksie verstaan en reg toepas.
Gaan saam die kandidate deur die antwoorde. Hersien waar nodig.
AKTIWITEIT 1
Sample
• Die proses van om ’n opsomming te maak, verstaan en toepas.
1. Sportbeoefening sal positief wees. (1)
2. ’n Motiveringspreker praat met mense en motiveer hulle om die beste van ’n situasie te maak. (1)
3. Aktiewe ouers besef die waarde van oefening, hulle is self gemotiveerd, ens. (1)
4. Woorde wek maar voorbeelde trek (1)
5. Dit is maklik om vir ander mense te sê wat om te doen, maar deur iets self te doen, motiveer jy ander mense. (1)
6. Kinders kan hulle eie vordering meet sonder om hulself met ander te vergelyk. (1)
7. ’n Mens leer om vriende te maak en na ander mense se standpunte te luister. Dit leer jou om geduldig met ander te wees. (2)
8. Rugby, netbal, tennis, sagtebal, sokker, ens (2)
9. Kandidaat se eie antwoord. (Moet ja/nee antwoord. Dit moet ook duidelik wees dat die kandidaat die gesegde duidelik verstaan.) (2)
AKTIWITEIT 2.1
Wanneer ek terugkyk na my sportloopbaan, was daar baie veranderings/veranderinge. Dit is regtig stresvol. Wanneer ’n mens aktief is, hoop jy dat jy groot dinge sal bereik. Die tyd vlieg verby en jy onthou hoe lekker dit was om baie verantwoordelikhede te hê Elke keer is dit opwindend wanneer jy van ’n bekende plek verlaat om aan sport deel te neem
AKTIWITEIT 2.2
1. Die kat jaag elke oggend muise in die tuin
S v1 T O P
(Slegs een werkwoord, geen manner en geen infinitive)
2. Die seun wil elke middag televisie in die sitkamer kyk.
S v1 T O P v2
(Hulpwerkwoord in posisie 1, geen manner en geen infinitive)
3. Die mense vra mooi om huis toe te gaan.
S v1 M I
(Slegs een werkwoord, geen time, geen object, met ’n volle infinitive)
4. Die juffrou skree elke Maandag op die kinders in die klas om hul huiswerk te doen
S v1 T O P I
(Slegs een werkwoord, geen manner, met ’n volle infinitive)
5. Die seuns speel elke Vrydag sokker op die sokkerveld om die meisies te beïndruk
S v1 T O P I
AKTIWITEIT 3
Kandidate moet hersiening oor sinskonstruksie doen voordat hulle die vrae beantwoord. Sample
Sinskonstruksie
Die korrekte woordorde in Afrikaans is seker die belangrikste ding wat jy moet leer. Dit verskil van sinskonstruksie in Engels.
Belangrik: Woordorde in die enkelvoudige (simple) sin (stelsin) met een gedagte lyk só:
Wie (subjek/onderwerp) doen (werkwoord 1) wanneer (tyd) wat (objek/voorwerp) hoe (manier) waar (plek) (werkwoord 2) om ... te (infinitief) = SwwTOMPwwI
VOORBEELDE
Die gesin / oefen / elke jaar / baie hard / by die dam / om fiks te word vir die Comrades. Wie doen wanneer hoe waar om ... te
Subjek ww. 1 tyd manier plek infinitief
Die deelnemer / het / verlede week / met ’n ligte hart / van Durban af / gehardloop
Wie doen wanneer hoe waar
Subjek ww. tyd manier plek ww. (hulpww.) (hoofwerkwoord)
Jy kan met enige bywoord of bywoordelike frase (woorde wat vir ons sê wanneer, hoe of waar) begin, MAAR die WERKWOORD/E bly op dieselfde plek.
Voltooi die volgende sinne.
1. Elke jaar oefen die gesin baie hard by die dam om fiks te word. By die dam word elke jaar baie hard geoefen om fiks te word.
2. Verlede week het die deelnemer met ’n ligte hart van Durban af gehardloop.
Met ’n ligte hart het die deelnemer verlede week van Durban af gehardloop. Van Durban af het die deelnemer verlede week met ’n ligte hart gehardloop.
Sample
Skryf die volgende sinne in die korrekte woordorde.
3. Die kinders het daardie dag (tyd – wanneer) baie trots (manier – hoe) by die ’49Dodge gestaan
4. Die vrou het ure lank (T) met groot afwagting (M) langs die pad (P) gesit
5 Haar ouma bak elke vakansie (T) koekies (O) in die oond (P).
6. Hy sal op Kersdag (T) met sy fiets (M) in die straat af (P) jaag.
Skryf nou die sinne 3 – 6 oor, maar begin telkens met die onderstreepte woorde.
3. Daardie dag het die kinders baie trots by die ’49-Dodge gestaan.
4. Met groot afwagting het die vrou ure lank langs die pad gesit.
5. Elke vakansie bak haar ouma koekies in die oond.
6. In die straat af sal hy op die dag van die Comrades met sy rooi fiets jaag.
AKTIWITEIT 4
Maak seker dat die kandidate die belangrike aspekte van opsommings verstaan. Daar is ’n opsomming in elke eksamenvraestel (vraestel 1).
Die puntetoekenning vir ’n opsomming is as volg:
7 punte = 7 feite
3 punte = taalgebruik
= 10 in totaal
Die kandidaat word gepenaliseer vir taalfoute, spelfoute en as meer as die vereiste getal woorde gebruik is.
Opsomming
Kom ons kyk weer na die belangrikste aspekte van opsommings maak. Dit is belangrik dat die belangrikste feite van die teks in die opsomming gegee word. Moet nie net woorde en dele van sinne verwyder om dit korter te maak nie. Jy mag daarmee die hele tema en konteks van die teks verloor.
Volg die volgende stappe:
1. Lees die teks aandagtig deur.
2. Skryf jou opsomming neer.
3. Lees weer deur die teks en maak seker dat alle taalgebruik en sinskonstruksie korrek is.
1. Lees
• Lees die teks ten minste twee keer.
• Terwyl jy lees, identifiseer die sentrale tema of onderwerp waaroor die teks gaan.
• Besluit wat is relevant tot die onderwerp/tema van die teks.
2. Skryf
• Skryf jou eerste poging eers rofweg neer.
• Lees deur jou opsomming en maak seker dat die kern met die oorspronklike teks ooreenstem.
• Verkort jou opsomming verder en skryf jou finale weergawe.
3. Hersien opsomming
• Nadat jy jou opsomming gemaak het, kyk dat daar geen spelfoute is nie en dat die sinskonstruksie reg is.
• Tel die getal woorde en skryf dit onderaan jou opsomming tussen hakies neer.