Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
Owned and published by Optimi, a division of Optimi Central Services (Pty) Ltd.
7 Impala Avenue, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Apart from any fair dealing for the purpose of research, criticism or review as permitted in terms of the Copyright Act, no part of this publication may be reproduced, distributed, or transmitted in any form or by any means, electronic or mechanical, including photocopying, recording, or any information storage and retrieval system without prior written permission from the publisher.
The publisher has no responsibility for the persistence or accuracy of URLs for external or third-party internet websites referred to in this publication, and does not guarantee that any content on such websites is, or will remain, accurate or appropriate.
There are instances where we have been unable to trace or contact the copyright holder. If notified, the publisher will be pleased to rectify any errors or omissions at the earliest opportunity.
Reg. No.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Handleiding: Taalkunde
Graad 12
Handleiding
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
VOORWOORD
Welkom by Afrikaans Eerste Addisionele Taal graad 12.
Al die werk vir die jaar word in die handleidings vervat. Taalkunde en letterkunde het aparte handleidings en fasiliteerdersgidse. Al die werk in beide handleidings moet behandel word soos in die jaarplan aangedui
Die taalaspekte van graad 12-werk word op grond van kennis gedoen. Jy het reeds vanaf graad 8 taalkennis begin opbou en nou moet die kennis net toegepas word. Die moeiliker aspekte van die taal sal egter weer behandel word. Elke eenheid dek ’n kwartaal.
Voltooi elke aktiwiteit in die handleiding getrou nadat die gegewe leerwerk behandel is. Jou fasiliteerder sal al die antwoorde met jou kontroleer en hersiening doen waar nodig.
PORTEFEULJEWERK
Jou jaarpunt word deur portefeuljetake bepaal, wat in die portefeuljeboek gevind kan word. Die take in die portefeuljeboek moet betyds voltooi en aan Impaq gestuur word teen die bepaalde datums op die puntestaat (in die portefeuljeboek).
Die take sal dan by Impaq nagesien word. Jy sal jou punte in ’n vorderingsverslag/puntestaat ontvang, maar die take word nie teruggestuur nie. Jy moet dus ’n gewaarmerkte afskrif vir jouself maak en by jou hou. Die take sal by Impaq in jou persoonlike portefeulje gehou word
– die portefeuljes van alle kandidate moet te alle tye beskikbaar wees vir moderering deur die eksamenraad.
Afrikaans het ook ’n praktiese gedeelte, naamlik die mondelingtake. Hierdie take tel as individuele take, maar die punt maak ook vraestel 4 van die Eindeksamen se punt op. Fasiliteerders evalueer nie die mondelinge nie. Reëlings vir die evaluering van mondelinge sal deur Impaq getref word.
EKSAMENS
Sample
Daar is drie eksamens wat in die jaar afgelê moet word. Die vraestelle is as volg:
• Vraestel 1 fokus op leesvaardigheid, kennis van visuele tekste, vermoë om op te som en taalkennis.
• Vraestel 2 is letterkunde, wat poësie en prosa behels.
• Vraestel 3 is uitsluitlik ’n skryfvraestel waar alle vorme van geskrewe werk (opstelle en transaksionele tekste) geassesseer word.
• Vraestel 4 word voor die Eindeksamen afgehandel – dit is eintlik net ’n samestelling van al jou mondelingpunte deur die jaar.
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
ADDISIONELE BRONNE
Indien jy ekstra oefeninge wil doen, word die volgende boeke aanbeveel (let wel: die nodige werk word in die handleidings gedek en enige addisionele boeke dien slegs as verryking):
Gouws, R., Gouws, S. en Lätti, M. 2013. Afrikaans sonder grense, 12 Eerste Addisionele Taal. Maskew Miller Longman
Lutrin, B. 2004. Afrikaans Handbook & Study Guide. Berlut Books
Vosloo, R., Viljoen, H., Prinsloo, B., Stevens. H. en Ras, B. 2013. Piekfyn Afrikaans Graad 12. Best Books
Handleiding
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
DEFINIEER
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
BELANGRIK
Verduidelik misverstande; moontlike verwarring met betrekking tot bestaande kennis.
WENKE
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors.
AKTIWITEIT
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
OEFENING
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
KERNINHOUD
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
STUDEER/HERSIENING
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Handleiding G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Taalkunde
JAARPLAN
WEEK
Les 1
Les 2
1 – 2
LES
KWARTAAL 1
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: Letterkunde terme (OLP – Welkomles)
Poësie: Krisis – Elizabeth Eybers
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek Afdeling 1 (bl. 7-19)
Taalstrukture en -konvensies
Les 3
Les 4
3 – 4
Letterkunde
Poësie: Ken jy die see ... – Uys Krige
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek Hoofstuk 1-6
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 1-6
Taalstrukture en -konvensies
Les 5
Les 6
5 – 6
Letterkunde
Poësie: Wetenskapmannetjies – Antjie Krog
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek
Hoofstuk 7-12
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 7-12
Sample
Les 7
Les 8
7 – 8
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: Eksamenlokaal – Suzaan Laing
Prosa: Lien se lankstaanskoene –Leesboek Hoofstuk 13-18
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 13-18
Les 9
Les 10
9 – 10
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Poësie: Die dans van die reën – Eugene N. Marais
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 19-24
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 19-24
KWARTAAL 2
Taalstrukture en -konvensies
Les 11 Les 12
11 – 12
Letterkunde
Poësie: Die heks van Hexrivier – Phillip Nel
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 25-31
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 25-31
Taalstrukture en -konvensies
Les 13
Les 14
13 – 14
15 – 16
Letterkunde
Poësie: Sproeireën – D.J. Opperman
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 32-37
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 32-37
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B
Letterkunde
17 – 18
Prosa: Lien se lankstaanskoene –
Leesboek Hoofstuk 38-41
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Bestbooks Studiegids Hoofstuk 38-41
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte en skryfwerk: Bylae A en B
Letterkunde
Poësie – Hersien poësie (Al 7 gedigte)
Prosa: Lien se lankstaanskoene – Leesboek Afdeling 3 (bl. 235-249)
Prosa – Les 33: Toets jou kennis oor die roman
19 – 20 Junie-eksamen
KWARTAAL 3 21 – 22
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte: Bylae A
Hersiening: Poësie: Kwartaal 1 23 – 24
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte: Bylae A
Letterkunde
Hersiening: Lien se lankstaanskoene Kwartaal 1 (Hoofstuk 1-24) 25 – 26
Taalstrukture en -konvensies
Hersien taalaspekte: Bylae A
Hersiening: Poësie: Kwartaal 2 27 – 28
Hersien skryfwerk: Bylae B
Letterkunde
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Hersiening: Lien se lankstaanskoene Kwartaal 2 (Hoofstuk 25-41) 29 – 30
Hersien skryfwerk: Bylae B
Taalstrukture en -konvensies
Letterkunde
Hersien letterkunde soos nodig. Rekordeksamen KWARTAAL 4
Taalstrukture en -konvensies
34
Doen hersiening soos nodig. Letterkunde
Doen hersiening soos nodig. 35 – 40 Eindeksamen
*Bykomende notas en opgedateerde lesplanne is aanlyn beskikbaar op die Optimi Learning Portal (OLP). Verwys na OLP vir alle ander lesinhoud.
EENHEID 1: ’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees
LEERDOELWITTE
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
• Geïntegreerde taaloefeninge voltooi.
• ’n Opsomming van ’n leesstuk maak.
• Visuele geletterdheid kan interpreteer en vrae daaroor beantwoord.
• ’n Begripsleesaktiwiteit voltooi.
Les 1: Taal in konteks
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les behoort jy:
• ’n Artikel te lees en vrae daaroor beantwoord.
• Sinskonstruksie te verstaan en reg toepas.
• Die proses van om ’n opsomming te maak, te verstaan en toepas.
Tydens die leesproses moet jy die volgende stappe volg:
• Vluglees en soeklees vir belangrike woorde, opskrifte, subopskrifte, lettertipes en nommers.
• Onderstreep onbekende woorde en kyk of jy die betekenis uit die sin kan aflei en konteks waarin dit gebruik word. Omdat hierdie klaswerk is, mag jy ’n woordeboek gebruik om onbekende woorde op te soek. Dit sal ook help om jou woordeskat uit te brei.
• Kry ’n aktiewe begrip van die teks.
Sample
• Eers nadat jy die teks gelees het en verstaan waaroor dit gaan, moet jy die vrae beantwoord.
• Feit: Iets wat vasstaan, dit kan nie verander word nie/kan bewys word.
• Mening: Iemand se sienswyse/opinie, nie noodwendig waar nie.
• Denotatief: Letterlike taalgebruik.
• Konnotatief: Figuurlike taalgebruik.
AKTIWITEIT 1
Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg.
Sport verminder sosiale probleme by tieners
Godfrey Madanhire, ’n motiveringspreker, glo daar word nie genoeg gedoen om skoolkinders aan sport te laat deelneem nie.
“Skole fokus meestal op akademie en vergeet dat as jy op sport fokus, baie van die sosiale probleme sal verbeter. Die sosiale voordele en lewenslesse wat kinders in sport leer, sal hulle bybly tot in hulle volwasse lewens, en kan keer dat hulle by bendes en misdaad betrokke sal raak. Om kinders betrokke te kry, sal leerkragte betrokke moet raak. Aktiewe ouers inspireer ook kinders om deel te neem en gesinne wat saam aktief is, vorm hegte bande.”
Tien lesse om uit sport te leer
1. Positiewe selfbeeld: Kinders sal leer om hulle teen hulself te meet en goed te voel oor hulle vordering.
2. Selfdissipline: In die moderne samelewing is ons so gefokus op korttermynbevrediging Sport sal kinders leer dat toegewyde oefening oor ’n langer tydperk vrugte kan afwerp.
3. Volharding: Dis ’n harde les om te leer om met grasie te verloor. Dit leer jou om aan te hou en volgende keer harder te probeer.
4. Sosiale vaardighede: Om in ’n span te werk, leer ’n mens om na ander se standpunte ook te luister. Dit is die ideale plek om vriende te maak.
5. Verdraagsaamheid: Kinders leer om saam te werk om die beste uit ’n span te haal. Hulle leer ook om geduld met ander mense te hê
6. Konsentrasie: Hulle leer om te fokus en dit het ’n positiewe uitwerking op akademiese prestasie.
7. Verduur kritiek: Mense sukkel oral in die samelewing daarmee. Mense moet kritiek eerder positief as negatief sien, maar dit moet ook op ’n positiewe manier oorgedra word deur die ouer en onderwyser.
8. Behou perspektief: Dis belangrik om te wen, maar sport leer kinders dat ’n mens nie altyd kan wen nie. Daar is altyd ’n volgende keer om weer te probeer. Beskou ’n nederlaag as ’n geleentheid om iets te leer.
9. Vasbyt: Sport leer jou om aan te hou lank nadat jy nie meer lus is nie.
10. Aanhouer wen: ’n Kind leer om daaraan te werk om te verbeter.
(Verwerk uit Rooi Rose, Julie 2013)
1. Volgens Godfrey Madanhire, watter aktiwiteit sal ’n positiewe uitwerking op sosiale probleme hê? (1)
2. Wat doen ’n persoon as hy/sy ’n motiveringspreker is? (1)
3. Waarom dink jy sal aktiewe ouers hulle kinders beter kan motiveer om aan sport deel te neem? (1)
4. Voltooi die idioom: Woorde wek maar voorbeelde _ ___. (1)
5. Verduidelik die bogenoemde idioom in jou eie woorde. (1)
6. Hoe kan deelname aan sport bydra tot ’n leerder se goeie selfbeeld? (1)
7. Noem twee sosiale vaardighede wat spansport ’n mens kan leer. (2)
8. Noem twee spansportsoorte waaraan mens kan deelneem. (2) 9. Dink jy ’n gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees? Bespreek (2)
AKTIWITEIT 2.1
Hierdie aktiwiteit dien as ’n taalhersieningsoefening. Kies die korrekte woord tussen hakies of gee die korrekte vorm van die onderstreepte woorde.
Wanneer ek terugkyk 1. (op/na) my sportloopbaan, was daar baie 2. verander. Dit is regtig 3. stres Wanneer ’n mens aktief is, 4. (wens/hoop) 5. (hy/jy) dat jy groot dinge sal bereik Die tyd 6. vlug verby en jy sal altyd 7. (onthou/herinner) hoe lekker dit was om baie 8. verantwoordelikheid te hê en deel te wees van ’n span Elke keer is dit 9. opgewonde wanneer jy ’n bekende plek moet 10. (verhuis/verlaat) om aan sport deel te neem.
Sinskonstruksie
Die korrekte woordorde in Afrikaans is seker die belangrikste ding wat jy moet leer. Dit verskil van sinskonstruksie in Engels
Belangrik: Woordorde in die enkelvoudige (simple) sin (stelsin) met een gedagte lyk só:
Wie (subjek/onderwerp) doen (werkwoord 1) wanneer (tyd) wat (objek/voorwerp) hoe (manier) waar (plek) (werkwoord 2) om ... te (infinitief) = SwwTOMPwwI
VOORBEELDE
Die gesin / oefen / elke jaar / baie hard / by die dam / om fiks te word vir die Comrades. Wie doen wanneer hoe waar om ... te
Sample
Subjek ww. 1 tyd manier plek infinitief
Die deelnemer / het / verlede week / met ’n ligte hart / van Durban af / gehardloop
Wie doen wanneer hoe waar
Subjek ww. tyd manier plek ww. (hulpww.) (hoofwerkwoord)
Jy kan met enige bywoord of bywoordelike frase (woorde wat vir ons sê wanneer, hoe of waar) begin, MAAR die WERKWOORD/E bly op dieselfde plek.
AKTIWITEIT 2.2
Kyk na die volgende voorbeeld:
Die seun het gister sy sokkerbal mooi in die doelhok geskop om te oefen S v1 T O M P v2 I
Doen nou dieselfde met die volgende sinne.
1. Die kat jaag elke oggend muise in die tuin.
2. Die seun wil elke middag televisie in die sitkamer kyk.
3. Die mense vra baie mooi om huis toe te gaan.
4. Die juffrou skree elke Maandag op die kinders in die klas om hulle huiswerk te doen.
5. Die seuns speel elke Vrydag sokker op die sokkerveld om die meisies te beïndruk.
AKTIWITEIT 3
Voltooi die volgende sinne.
1. Die gesin oefen elke jaar baie hard by die dam om fiks te word vir die Comrades.
Begin met: Elke jaar oefen ...
Begin met: By die dam word
2. Die deelnemer het verlede week met ’n ligte hart van Durban af gehardloop.
Begin met: Verlede week ...
Met ’n ligte hart ...
Van Durban af ...
Skryf die volgende sinne in die korrekte woordorde.
Sample
3. Die kinders staan (by die ’49-Dodge, daardie dag, baie trots).
4. Die vrou het gesit (met groot afwagting, langs die pad, ure lank)
5. Haar ouma bak (in die oond, koekies, elke vakansie).
6. Hy sal jaag (met sy rooi fiets, in die straat af, op die dag van die Comrades).
Skryf nou die sinne 3 – 6 oor, maar begin telkens met die onderstreepte woorde.
Opsomming
Kom ons kyk weer na die belangrikste aspekte van opsommings maak. Dit is belangrik dat die belangrikste feite van die teks in die opsomming gegee word Moet nie net woorde en dele van sinne verwyder om dit korter te maak nie. Jy mag daarmee die hele tema en konteks van die teks verloor.
Volg die volgende stappe:
1. Lees die teks aandagtig deur.
2. Skryf jou opsomming neer.
3. Lees weer deur die teks en maak seker dat alle taalgebruik en sinskonstruksie korrek is.
1. Lees
• Lees die teks ten minste twee keer.
• Terwyl jy lees, identifiseer die sentrale tema of onderwerp waaroor die teks gaan
• Besluit wat is relevant tot die onderwerp/tema van die teks
2. Skryf
• Skryf jou eerste poging eers rofweg neer.
• Lees deur jou opsomming en maak seker dat die kern met die oorspronklike teks ooreenstem.
• Verkort jou opsomming verder en skryf jou finale weergawe.
3. Hersien opsomming
• Nadat jy jou opsomming gemaak het, kyk dat daar geen spelfoute is nie en dat die sinskonstruksie reg is.
• Tel die getal woorde en skryf dit onderaan jou opsomming tussen hakies neer.
• ’n Volsin het ten minste een werkwoord.
• Onthou om altyd eers beplanning in potlood te doen. Dit help jou om jou gedagtes te orden en jou woordtelling reg te kry. (Dit is egter nie ’n vereiste om jou beplanning in die eksamen in te handig nie.)
AKTIWITEIT 4
Oefen hoe om op te som Veel langer tekste sal in toetse/eksamens gegee word.
1. Lees die paragraaf en som dit in 50 woorde op 3. Jou opsomming moet puntsgewys in volsinne geskryf word.
4. Nommer die sinne van 1 tot 7.
5. Skryf die getal woorde onderaan jou opsomming tussen hakies neer.