Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke Kwartaal 3 en 4 Graad 3

Page 1


Afrikaans Huistaal Werkboek 1: Lees en Klanke

Kwartaal 3 en 4 Graad 3

Naam: Klas:

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Werkboek 1: Lees en Klanke

Kwartaal 3 en 4

Graad 3

Aangepas vir KABV
H Erasmus

Aktiwiteit 86: Meervoude

Kan jy nog die siek soldate onthou? Hulle kan nie gaan veg nie, daarom bly hulle dieselfde. Hulle kry ’n e of ’n s.

Vul een van die volgende klanke in en skryf die meervoud langsaan.

oe, ui, ou, eu, ie, ei

Vul een van die volgende klanke in en skryf die meervoud langsaan. aai, ooi, eeu, oei, y l___ - sl___ -

Aktiwiteit 87: Meervoude

Kan jy nog die lang, bang soldate onthou? As die meervoude hulle aanval, hardoop een vokaal weg en laat ’n e agter.

Vul een van die volgende klanke in en skryf die meervoud langsaan.

aa, ee, oo, uu

Aktiwiteit 88: Begripstoets

Lees die storie en beantwoord die vrae.

Mandi se droom

Mandi vee die sweet van haar voorkop af. Oormôre is dit die interskoleatletiekbyeenkoms. Vandag was ’n lang en uitputtende dag op die veld. Sy het so hard geoefen. Haar grootste droom is om eendag aan die 100 m-naelloop by die Olimpiese Spele deel te neem. Vir eers is dit tyd om huis toe te gaan.

Daardie aand raak sy vinnig aan die slaap. Eensklaps hoor sy ’n skare juig. Sy staan op ’n atletiekveld met grasgroen gras omring deur pawiljoene vol duisende toeskouers. Sy sien die bekende vyf sirkels van die Olimpiese embleem. Sy is by die Olimpiese Spele! Haar mond hang oop. Oral loop daar bekende atlete. Die afsitter begin oor sy megafoon praat.

SAMPLE

Mandi tree vir die 100 m-naelloop aan. Haar hele lyf bewe van opwinding. Die skoot knal en sy spring weg. Elke spier in haar lyf word ingespan. Sy breek die lint by die wenstreep! Die skare juig. “Dit is ’n nuwe wêreldrekord vir Suid-Afrika se Mandi Viljoen!” brul ’n man oor die luidspreker. Die SuidAfrikaanse vlag word om haar gedrapeer en sy wuif vir die skare. Op die podium klou sy haar goue medalje en bos blomme vas.

“Mandi, Mandi,” hoor sy ’n stem vaagweg roep. Mandi word stadig wakker. Haar ma staan langs die bed en glimlag vir haar.

“Jy moet opstaan,” sê sy. Mandi klim uit die bed en trek haar oefenklere aan. Wie weet, dalk sal haar droom tog eendag waar word.

1. Vir watter item oefen Mandi? ___

2. Wat is Mandi se van? ___________

3. Gee ’n ander woord vir: bekende – _______________________ aand – __________________________ wuif – ___________________________

4. Wat is die Olimpiese Spele? ______

5. Wat is Mandi se droom? ________________________________________

6. Dink jy dat Mandi se droom eendag kan waar word? Hoekom?

7. Waaroor het Mandi gedroom? ___

8. Neem jy aan ’n sportsoort deel? Indien wel, watter sportsoort?

9. Navorsing: Wie hou die wêreldrekord vir die 100 m-naelloop vir vroue?

Aktiwiteit 89: Gedig

Lees die gedig en omkring die rymwoorde.

Die vis

Ek is ’n wilde woeste haai wat jakker in ’n vreemde baai. Ek flits deur water diep en blou om snoek te vang en kabeljou.

O, ek is ’n woeste vis. Hul koes maar as ek honger is.

Hul’s bang vir my; ek swem so gou. Ek spoor hul op en vreet hul rou.

Ek dartel oral heen en weer, die branders slinger op en neer.

Hul breek in skuim, ek duik weer in, bo sien hul net my skerpe vin.

Nou gly ek oor die diep seesand; maar ag, daar’s Ma weer buitekant!

“Spat jy al weer die vloere nat?

Karools, klim dadelik uit die bad!”

Aktiwiteit 90: Meervoude

Kan jy nog die kort, vet soldate onthou? As hulle teen die meervoude gaan veg, kry hulle ’n ekstra geweer (konsonant) en ’n e.

Vul een van die volgende klanke in en skryf die meervoud langsaan.

a, e, o, i, u

kl_skn_p -

Aktiwiteit 91: Meervoude

Al die soldate is nou deurmekaar. Skryf die meervoud van die woorde.

tor spruit vuur sleutel papegaai nier broek lus preek seeleeu pik draad ram lyn kroon brein preek pet fout vlooi

Aktiwiteit 92: Begripstoets

Lees die storie en beantwoord die vrae.

Die maraton

Oom Floors is 86 jaar oud. Hy is grys en krom, maar is nog baie avontuurlustig. Hy woon in Huis Sonskyn saam met ander bejaardes. Oom Floors besluit om aan ’n maraton deel te neem wat oor ’n paar maande plaasvind.

“Ek gaan in die volgende maraton hardloop,” sê Oom Floors een aand tydens ete. Die ander mense in die eetsaal bars uit van die lag. “Haai, Floors, is jy nou heeltemal die kluts kwyt?” vra Oom Klaas. “Nee, Klaas, ek is nie. En julle ander kan maar lag, ek sal julle wys. Ek gaan nie net deelneem nie, ek gaan dit klaarmaak en wen ook,” sê Oom Floors, heel heftig.

SAMPLE

Die volgende paar maande oefen

Oom Floors dat dit bars. Die dag van die maraton breek aan en Oom Klaas gaan saam om Oom Floors te ondersteun en te help as dit nodig is.

Oom Floors spring saam met duisende ander mense weg toe die skoot klap. Hy hardloop teen ’n stadige pas sodat hy nie te vinnig moeg raak nie. Die mense vat Oom Floors maklik verby, maar hy steur hom nie daaraan nie. Ná ’n lang ruk raak Oom Floors moeg, maar hy is al verby die halfpadmerk.

Die son sak en Oom Floors hardloop nog steeds. By die eindstreep begin Oom Klaas bekommerd raak. Dit is al donker en die wedloop is lankal klaar toe Oom Floors oor die wenstreep hardloop. “Weet jy, Floors, jy het nou wel nie eerste gekom nie, maar jy is ’n wenner!”

1. Hoe oud is Oom Floors? _________________________________________

2. Wat wil Oom Floors doen? _______

3. Hoekom het Oom Klaas saamgegaan? ____________________________

4. Het Oom Floors die maraton gewen? ____________________________

5. Hoekom het Oom Klaas hom aan die einde nie gespot nie?

6. Navorsing: Hoe ver sal jy hardoop as jy ’n maraton doen?

7. Teken ’n prentjie oor die storie.

Aktiwiteit 93: Skryf die sinne oor

Lees Danie se brie±e aan Thomas en maak al die spelfoute reg deur die regte woorde onder op die lyntjies te skryf.

Liewe Thomas

Gan dit darem goet met jou? Ons hed naa die niewe hys getrek hier by die see. Did is baje leker hier. Ons gaan elke dag strant toe. Ek sien daarna yt om weer by jou te kom kyer. As dit weer vikansie is, moet jy hier by my kom kuier dan kan ons lekker in die see spel en sandkastele bou.

Lat weet hoe dit daar gaan.

Groeti Danie

Aktiwiteit 94: Verkleinwoorde

Skryf die verkleining van die woorde neer.

Onthou die reël:

Kort woorde wat op ng eindig, kry ’n etjie

tong - ______________________

tang - ______________________

slang - ______________________

kring - ______________________

gang - ______________________

string - _____________________

wang - ______________________

ring - _______________________

long - _______________________

rang - _______________________

Aktiwiteit 95: Verkleinwoorde

Skryf die verkleining van die woorde neer.

Onthou die reël: Lang woorde wat op ng eindig, kry ’n kie en g hardloop weg

koning - __________________________

doring - __________________________

poeding - _________________________

horing - __________________________

toring - __________________________

garing - __________________________

eekhoring - _______________________

woning - __________________________

varing - __________________________

ketting - _________________________

Aktiwiteit 96: Begripstoets

Lees die storie en beantwoord die vrae.

Snorre wil vlieg

Snorre sluip stadig en geluidloos deur die gras. Hy bekruip ’n lekker vet duif, net die regte grootte vir ’n sappige happie. Net toe Snorre hom regmaak om te spring, vlieg die duif op en gaan sit hoog bo in ’n boom. Snorre voel behoorlik afgehaal.

’n Slim kat soos hy maak gou ’n nuwe plan. Hy sal net eenvoudig moet leer vlieg! Dan kan hy volgende keer agter die duiwe aanvlieg. Hy kyk rond en sien die groot boom in die hoek van die tuin. Sonder om verder te dink, klim Snorre in die boom. Hy klim tot op die hoogste tak.

Toe Snorre afkyk ondertoe, gee sy maag ’n draai en voel hy effens bang.

SAMPLE

Dis hoog, maar vlieg wil hy vlieg. Hy knyp sy oë toe en spring! Hy sprei sy pootjies wyd uit en klap-klap om aan die vlieg te kom. Maar arme Snorre vlieg nie, hy val net al hoe vinniger! Hy tuimel en slaan bolmakiesie en raak al hoe benouder. PLOEMPS! Gelukkig beland Snorre in die bure se swembad. Die arme kat sink soos ’n klip. Hy skop verwoed tot bo om asem te skep en verdwyn weer onder die water. Gelukkig het die buurvrou, Lenie, die petalje dopgehou en sy red vir Snorre uit die swembad. Sy vryf hom met ’n handdoek droog en gaan sit in die son met Snorre op haar skoot. Terwyl die son hom lekker droog en warm bak, streel Lenie oor Snorre se magie.

Net daar en dan besluit Snorre dat dit beter is om op die grond te bly. Hy gaan van nou af net muise vang, want hulle kan nie wegvlieg nie!

Vrae

1. Wat het voor Snorre op die gras gesit? _________________________

2. Aan watter plan het Snorre gedink? ____________________________

3. Wie het vir Snorre dopgehou? ___

4. Waar het Snorre beland? ______________________________________

5. Dink jy Snorre sal weer probeer om te vlieg? Hoekom?

6. Sal jy graag wil vlieg? Hoekom? __

7. Gee die meervoud van die woorde: boom – ________________________ handdoek – _____________________ son – __________________________

Aktiwiteit 97: Luister en skryf

Luister na die sinne en skryf dit neer. Voorsien die diktee van ’n opskrif nadat jy die sinne oorgeskryf het.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.