Afrikaans Huistaal Werkboek 2: Skryf en Handskrif Kwartaal 4 Graad 3

Page 1


Afrikaans Huistaal Werkboek 2: Skryf en Handskrif

Kwartaal 4

Graad 3

Naam: Klas:

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Werkboek 2: Skryf en Handskrif

Kwartaal 4

Graad 3

Dr N Scheepers

Aangepas vir KABV

Aktiwiteit 105: Toekomende tyd

Skryf die sinne in die toekomende tyd in lopende skrif.

Kobie en Mamma maak ontbyt.

Pieter skryf ’n wiskundetoets.

Sussa stoot die pop in die waentjie.

Die baba huil vreeslik hard.

Chris ry saam met Pappa in die motor.

Jenny pak die boekrak reg.

Dit is ’n baie warm dag.

Daar seil ’n boot op die water.

Aktiwiteit 106: Lopende skrif

Skryf die woorde in lopende skrif.

woon heerlik smul gesels aaklig gelukkig

stap briesend gil ysig vriende gratis pragtig vinnig

Aktiwiteit 107: Bywoorde

Lees die sinne en soek die bywoorde. Skryf die bywoorde onder elke sin.

Die lig brand helder.

“Kom sit langs my,” sê Oupa.

Pappa snork hard wanneer hy slaap.

Jannie kom môre by my kuier.

Jy moet ver loop tot by die winkel.

Aktiwiteit 108: Alfabetiese volgorde

Rangskik die woorde in alfabetiese volgorde. Skryf die woorde in lopende skrif. 1 8 2 9 3 10 4 11 5 12 6 13 7 14

motor karwas sambreel wiele seep emmer water

skuim venster parkeer blink werk sonskyn was

Aktiwiteit 109: Sinsorde en leestekens

Die woorde in die sinne staan op die verkeerde plekke. Maak die sinne reg en skryf dit oor in lopende skrif met die korrekte leestekens.

was die motors seuns Die

sy motor Saterdag Pappa was elke

gewen kompetisie die Hulle het

koop koeldrank en worsbroodjies Rassie vir almal

Aktiwiteit 110: Voegwoorde

Lees die sinne. Gebruik die voegwoorde tussen hakies om saamgestelde sinne te vorm. Skryf die sinne in lopende skrif.

Mamma dek die tafel. Ons gaan netnou eet. (want)

Ek was my gesig. Ek trek my klere aan. (daarna)

Pieter lees ’n boek. Hy luister musiek. (terwyl)

Ek sit my sak op my rug. Ek loop verder. (en)

Martie gaan skool toe. Sy voel nie lekker nie. (al)

SAMPLE

Ek wil nou huis toe gaan. Dit is laat. (want)

Aktiwiteit 111: Lopende skrif

Skryf die woorde in lopende skrif. Maak dan ’n sin met een van die woorde en skryf dit onderaan die bladsy. werk

Aktiwiteit 112: Skryf ’n resep

Jy verkoop eetgoed by ’n entrepreneursdag. Skryf ’n resep vir die eetgoed wat jy gaan verkoop. Lys die bestanddele en verduidelik hoe om die eetgoed te maak.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.