Intermediêre Fase Graad 5 • Fasiliteerdersgids Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Page 1


Graad 5 • Fasiliteerdersgids

Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Sosiale Wetenskappe

Fasiliteerdersgids: Geskiedenis

Graad 5

Aangepas vir KABV

S Grimsley E van Emmenes

Fasiliteerdersgids

Leselemente

Leerdoelwitte

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

Belangrike terminologie

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei. Wenke

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

Definieer

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

SAMPLE

Kerninhoud

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

Aktiwiteit

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

Studeer/Hersiening

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Vir die nuuskieriges

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.

Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik.

Rooster en tydsbestuur

Volgens die KABV-beleid moet 3 (drie) uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee word. ’n Kwartaal van 10 weke kry dus 30 uur. Die tydstoewysing vir Geskiedenis is dus 15 uur per kwartaal van 10 weke, en Geografie ook 15 uur per kwartaal van 10 weke. Dit bring mee dat leerders 1½ uur per week aan Geskiedenis moet afstaan. Jy sal wel vind dat party opdragte vinniger sal gaan as ander.

Die lesindeling is as volg.

Kwartaal 1: Dertien lesse en sommiges het aktiwiteite – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit leerders moet een Geskiedenisles per week doen, en in enige drie weke twee lesse vir daardie week.

Kwartaal 2: Elf lesse – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit leerders moet een Geskiedenisles per week doen, en in een week twee lesse. Aan die einde van die eenheid is daar hersieningsoefeninge.

Kwartaal 3: Nege lesse – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit leerders moet een Geskiedenisles per week doen.

SAMPLE

Kwartaal 4: Tien lesse – in ’n kwartaal van 10 weke beteken dit leerders moet een Geskiedenisles per week doen. Aangesien kwartaal 4 gewoonlik baie kort is, sal dit baie help as leerders twee tot drie lesse per week kan voltooi; of selfs, indien moontlik, reeds in kwartaal 3 met kwartaal 4 se lesse kan begin.

Assesseringsvereistes

Die aanbevole assesseringsprogram is soos volg:

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

Geografie Toets

Geskiedenis Opdrag en eksamen

Geografie Opdrag en eksamen

Geskiedenis Toets Deurlopende assessering 75%

Geskiedenis Projek

Geografie Opdrag

Geskiedenis Eksamen Novembereksamen 25%

Geografie Eksamen

Inligting oor die projek sal per e-pos en op die vakforum aan ouers en fasiliteerders gekommunikeer word. Dit kan die volgende insluit:

● Skryf kort antwoorde op die vrae

● Skryf paragrawe

● Doen navorsing en skryf ’n klein stukkie neer

● Lees en som op

● Luister en notuleer

● Teken waarnemings aan

● Beantwoord vrae (kort en langer antwoorde)

● Stel vrae

SAMPLE

● Voltooi vraag- en antwoordbladsye

● Maak diagramme/tekeninge en byskrifte

● Pas, sorteer, lys, beskryf en vergelyk tekste, grafieke, kaarte, foto’s en prente

● Maak verbindings tussen oorsake en gevolge

● Identifiseer ooreenkomste en verskille

● Lees, voltooi en/of teken kaarte

● Werk met data

● Vind en werk met bronne

● Vergelyk kruisverwysings en inligting

● Verskaf verduidelikings

● Identifiseer en bespreek kwessies

● Maak modelle, plakkate of grafieke

● Interpreteer foto’s en skryf byskrifte

Kodes en persentasies vir optekening en rapportering:

Kode Beskrywing van bevoegdheid Persentasie

7 Uitstaande prestasie

6 Verdienstelike prestasie

5 Beduidende prestasie

4 Voldoende prestasie

3 Gemiddelde prestasie

2 Basiese prestasie

1 Nie bereik nie

80 – 100

70 – 79

60 – 69

50 – 59

40 – 49

30 – 39

0 – 29

Studiewenke en -metodes

Geskiedenis moet soos ’n storie geleer word. Moedig leerders aan om ná elke eenheid dit wat hulle geleer het vir jou in ’n storie oor te vertel.

Ná sommige lesse is daar ’n aktiwiteit wat seker maak leerders verstaan die inhoud van die les. Gaan die aktiwiteite weer deur saam met leerders ter voorbereiding vir die eksamens. Van die lesse wat nie ’n aktiwiteit het nie, word in ’n hersieningsoefening ná die eenheid gedek.

Elke aktiwiteit en hersieningsoefening moet so volledig as moontlik voltooi word en die vrae moet in volsinne beantwoord word.

Ander nuttige inligting

Geskiedenis gaan oor inligting versamel en die interpretasie daarvan. Help leerders om soveel as moontlik bykomende inligting te versamel en deur te lees as agtergrond voor die lesse behandel word. Jy sal opmerk dat daar min of meer een les per week geskeduleer is, maar die tye is 1½ uur per week. Genoeg tyd is vir eie navorsing ingeruim.

Probeer ook om betroubare bronne op die internet te gebruik, waar moontlik. Baie organisasies en projekte verskaf nuttige aanlyn inligting. Vergelyk verskillende webtuistes om te sien of feitelike inhoud met mekaar ooreenstem.

SAMPLE

Die leerdoelwitte word volgens ’n vasgestelde standaard deur die Departement van Basiese Onderwys opgestel om te verseker dat leerders sekere kriteria bereik en belangrike vaardighede aanleer.

Leerders sukkel gereeld om gebeurtenisse chronologies te orden. Hoe vinniger leerders leer hoe om dit te doen, hoe beter. Stel ’n tydlyn ná elke eenheid op om leerders te help om gebeurtenisse chronologies te orden. Dit is ’n noodsaaklike vaardigheid in Geskiedenis.

Fasiliteerdersgids

Voorwoord

Hierdie gids is slegs vir die fasiliteerder bedoel en nie vir leerders nie. Dit word saam met die graad 5-handleiding gebruik.

Die aktiwiteite se antwoorde word hierin verskaf, alhoewel daar sommige aktiwiteite is waarop daar nie ’n spesifieke antwoord kan wees nie. Dit sal pertinent onder die aktiwiteit genoem word.

Probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met leerders te voer oor die les wat behandel gaan word. Praat sommer oor die algemeen oor die onderwerpe om leerders se voorkennis te toets. Elke les het ’n kort inleiding waarop jy verder kan uitbrei, indien moontlik. Jy sal dalk baie leidende vrae aan die begin moet stel om leerders te interesseer.

SAMPLE

Jaarplan

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:

● Wees realisties en buigsaam

● Hou jou ander vakroosters in gedagte

● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer

Kwartaal

1

2

Eenheid en les

Datum begin Datum voltooi

Eenheid 1: Jagter-versamelaars en herders in Suider-Afrika

Les 1: Hoe ons inligting van jagter-versamelaars en herders verkry

Les 2: Inligting vanaf stories

Les 3: Inligting vanaf voorwerpe

Les 4: Inligting vanaf rotstekeninge

Les 5: Inligting vanaf boeke

Eenheid 2: San-jagter-versamelaar-samelewing in die Latere Steentydperk

Les 6: Hoe die San in hul omgewing geleef het

Les 7: Uitvinding van die pyl en boog

Les 8: Sosiale organisasie in die San-samelewing

Les 9: Plantmedisyne

Les 10: San-gelowe en -godsdiens

Les 11: Rotstekeninge

Eenheid 3: Herdersamelewing van die Khoi-Khoi in die Latere Steentydperk

Les 12: Herderlike leefwyse

SAMPLE

Les 13: Hoe die San en Khoi-Khoi dieselfde grond gedeel het

Eenheid 4: Die eerste landbouers in Suider-Afrika

Les 14: Interaksie met die Khoisan

Eenheid 5: Die opperhoofskap van die eerste Afrika-boere

Les 15: Plaasopstalle en boeredorpies

Les 16: Landbou: Gesaaides en lewende hawe

Les 17: Sosiale, politieke en ekonomiese strukture

Les 18: ’n Kultuur van samewerking: Die rolle van mans en vroue

Les 19: Rol van die opperhoof

Les 20: Die rol van beeste

Fasiliteerdersgids

Eenheid 6: Gereedskap en wapens van yster en koper

Les 21: Metaalwerk

2

Les 22: Pottebakkery

Les 23: Handel

Les 24: Godsdiens en medisyne

Eenheid 7: ’n Antieke Afrika-samelewing: Egipte

Les 25: Die Nylrivier en hoe dit nedersettings beïnvloed het

Eenheid 8: Die leefwyse in antieke Egipte

Les 26: Sosiale struktuur in antieke Egipte

Les 27: Oortuigings en godsdiens

3

4

Les 28: Farao’s

Les 29: Sfinkse, piramides en tempels

Les 30: Hiërogliewe

Les 31: Wiskunde en sterrekunde

Les 32: Medisyne en dokters

Les 33: Gevallestudie: Toetankamen se graf

Eenheid 9: Erfenisroete deur die provinsies van Suid-Afrika

Les 34: Die provinsies en hul hoofstede op ’n kaart

Eenheid 10: Wat is erfenis?

Les 35: Erfenis in plekke van belang

Les 36: Erfenis in voorwerpe

Les 37: Erfenis in mense se prestasies

Les 38: Erfenis in die name van plekke

Les 39: Erfenis en veranderde identiteite

Les 40: Erfenis en inheemse medisyne

Les 41: Erfenis in argitektuur

Les 42: Natuurlike erfenis en inheemse kennisstelsels

Les 43: Erfenis in kuns

Jagter-versamelaars en herders in SuiderAfrika Eenheid 1

Leerdoelwitte

Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:

● Gebruik ’n verskeidenheid bronne om inligting oor die verlede te verkry.

● Versamel inligting vanaf teks, foto’s en prente.

● Verkry inligting vanaf liedjies, gedigte en onderhoude met mense.

● Gebruik meer as een soort bron, bv. boeke, tydskrifte, koerante en die internet.

Inleiding

In hierdie eenheid leer leerders van die eerste mense wat in Suider-Afrika gewoon het, naamlik die San-jagters of ook genoem die Boesman. Ná hulle het die Khoi-Khoi-herders na SuiderAfrika gekom. Jagters is mense wat jag vir hulle kos en herders is mense wat vee aanhou en vir hulle sorg. Dit is belangrik om die verskil tussen die jagters en herders te beklemtoon en deeglik te verduidelik om verwarring te verhoed.

Les 1

Hoe ons inligting van jagter-versamelaars en herders verkry

Gesels met leerders oor hoe ons inligting oor die San en Khoi-Khoi kan verkry; onthou om te noem dat hulle nie kon lees of skryf nie. Die inligting wat ons het kom van verskillende bronne af, soos foto’s, stories en rotstekeninge. Ons het ook inligting oor hierdie groepe gekry deur na hulle volksverhale te luister of daarvan te lees.

Aktiwiteit 1

1. Wat doen die San-man in figuur 1.3.1?

Die man jag vir kos.  (2)

2. Wat doen die San-mans in figuur 1.3.2?

Die mans probeer ’n vuur maak.  (2) [4]

Les 2

Inligting vanaf stories

SAMPLE

Daar het nog tot onlangs ’n paar groepies jagter-versamelaars in verskillende dele van SuiderAfrika gebly. Mense wat bekend staan as etnograwe – dit beteken hulle gaan bly saam met die jagter-versamelaars en bestudeer die wyse waarop hulle lewe – het die groep mense bestudeer en daarna boeke oor hul ervarings geskryf. So het ons inligting gekry vanaf stories oor die San en Khoi-Khoi.

Les 3

Inligting vanaf voorwerpe

Voorwerpe wat gevind is oor die San en Khoi-Khoi is deur argeoloë bestudeer en hulle kon ’n paar dinge uitvind van die jagter-versamelaars. So weet ons hulle het ’n pyl en boog gebruik om mee te jag. Ons weet die Khoi-Khoi het potte gebruik om melk in te bêre. Die feit dat hulle melk in houers gebêre het, het ons vertel dat hulle vee soos koeie aangehou het. Daar is prente van voorwerpe waarvan ons inligting kan kry in die handleiding.

Aktiwiteit 2

1. Uit watter soort materiaal dink jy is die voorwerpe in figuur 1.6.1 gemaak?

Klip en been  (1)

2. Uit watter soort materiaal dink jy is die voorwerpe in figuur 1.6.2 gemaak?

Klei  (1) [2]

Les 4

Inligting vanaf rotstekeninge

Rotstekeninge is ’n belangrike deel van die San en Khoi-Khoi se geskiedenis. Alles wat met hulle gebeur het en wat vir hulle belangrik was, het hulle op rotse en klippe geteken.

Aktiwiteit 3

1. Watter soort toneel beeld die rotstekening in figuur 1.8 uit?

’n Jagtoneel 

2. Watter soort wapens het hulle gebruik?

Spiese/pyl en boog (Enige ander relevante antwoord)  (1)

3. Watter soort dier dink jy word in hierdie rotstekening uitgebeeld?

Renoster/seekoei (Enige ander relevante antwoord)  (1) [3]

Les 5

Inligting vanaf boeke

Hierdie les loop hand aan hand met les 2, want die boeke wat ons lees is deur etnograwe geskryf of deur ander mense wat gehoor het wat etnograwe beleef het. Dit is belangrik vir leerders om te weet dat stories iets kan wees wat iemand vertel of dat dit in boeke neergepen kan word.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.