Sosiale Wetenskappe: Geografie
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Sosiale Wetenskappe
Fasiliteerdersgids: Geografie
Graad 5
Aangepas vir KABV
M Lübcker E van Emmenes
Fasiliteerdersgids
Leselemente
Leerdoelwitte
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
Belangrike terminologie
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei. Wenke
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
Definieer
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
SAMPLE
Kerninhoud
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
Aktiwiteit
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
Studeer/Hersiening
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Vir die nuuskieriges
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.
Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik.
Rooster en tydsbestuur
Volgens die KABV-beleid moet 3 (drie) uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee word. ’n Kwartaal van 10 weke kry dus 30 uur. Die tydstoewysing vir Geskiedenis is dus 15 uur per kwartaal van 10 weke, en Geografie ook 15 uur per kwartaal van 10 weke. Dit bring mee dat leerders 1½ uur per week aan Geografie moet afstaan. Jy sal wel vind dat party opdragte vinniger sal gaan as ander.
Die lesindeling is as volg.
Kwartaal 1: Sestien lesse in ’n kwartaal van 10 weke beteken leerders moet een Geografieles per week doen, en in enige ses weke twee lesse vir daardie week.
Kwartaal 2: Sewe lesse in ’n kwartaal van 10 weke beteken leerders moet een Geografieles per week doen.
Kwartaal 3: Elf lesse in ’n kwartaal van 10 weke beteken leerders moet een Geografieles per week doen, en in een week twee lesse.
Kwartaal 4: Nege lesse in ’n kwartaal van 10 weke beteken leerders moet een Geografieles per week doen. Aangesien kwartaal 4 gewoonlik baie kort is, sal dit baie help as leerders twee tot drie lesse per week kan voltooi; of selfs, indien moontlik, reeds in kwartaal 3 met kwartaal 4 se lesse kan begin.
Assesseringsvereistes
Die aanbevole assesseringsprogram is soos volg:
Kwartaal 1
Kwartaal 2
Kwartaal 3
Kwartaal 4
Geskiedenis Toets
Geografie Toets
Geskiedenis Opdrag en eksamen Geografie Opdrag en eksamen
Geskiedenis Opdrag Geografie Projek
Deurlopende assessering 75%
Geskiedenis Eksamen Novembereksamen 25% Geografie Eksamen
Kodes en persentasies vir optekening en rapportering:
Kode Beskrywing van bevoegdheid Persentasie
7 Uitstaande prestasie 80 – 100
6 Verdienstelike prestasie 70 – 79
5 Beduidende prestasie 60 – 69
4 Voldoende prestasie 50 – 59
3 Gemiddelde prestasie 40 – 49
2 Basiese prestasie 30 – 39
1 Nie bereik nie 0 – 29
Studiewenke en -metodes
Leerders kan ’n breinkaart gebruik om die inligting wat geleer word te onthou. ’n Breinkaart het die hoofdoel in die middel met ’n klomp sytakke met hoofopskrifte. Die inhoudsopgawe kan baie handig te pas kom.
Hou hierdie breinkaart byderhand elke keer wat ’n nuwe les gedoen word en hou die breinkaart so op datum. Dit verminder die opsommings net voor eksamens.
Ná sommige lesse is daar ’n aktiwiteit wat seker maak leerders verstaan die inhoud van die les. Gaan die aktiwiteite weer deur saam met leerders ter voorbereiding vir die eksamens.
Elke aktiwiteit moet so volledig moontlik voltooi word en die vrae moet in volsinne beantwoord word.
SAMPLE
Ander nuttige inligting
Kry ’n atlas vir leerders indien moontlik. Atlasvaardighede is baie belangrik in Geografie. Kaarte van jou plaaslike gebied is handig vir kaartwerk.
Probeer ook om betroubare bronne op die internet te gebruik, waar moontlik. Baie organisasies en projekte verskaf nuttige aanlyn inligting. Vergelyk verskillende webtuistes om te sien of feitelike inhoud met mekaar ooreenstem. Google Earth het oulike lugfoto’s.
YouTube het ’n magdom video’s en aanlynuitsendings wat ook nuttig vir nuuskierige leerders is wat meer oor die onderwerp wil uitvind.
Voorwoord
Hierdie gids is slegs vir die fasiliteerder bedoel en nie vir leerders nie. Dit word saam met die graad 5-handleiding gebruik.
Die aktiwiteite se antwoorde word hierin verskaf, alhoewel daar sommige aktiwiteite is waarop daar nie ’n spesifieke antwoord kan wees nie. Dit sal pertinent onder die aktiwiteit genoem word.
Probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met leerders te voer oor die les wat behandel gaan word. Praat sommer oor die algemeen oor die onderwerpe om leerders se voorkennis te toets.
Jaarplan
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:
● Wees realisties en buigsaam
● Hou jou ander vakroosters in gedagte
● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer
Kwartaal
1
2
Eenheid en les
Eenheid 1: Wêreldkaart en kompasrigtings
Les 1: Ligging van die ewenaar, Noord- en Suidpool op ’n aardbol
Les 2: Die sewe kontinente
Les 3: Agt punte op ’n kompas
Les 4: Agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n wêreldkaart
Eenheid 2: Afrika, ons kontinent
Les 5: Ligging van Afrika op ’n wêreldkaart en aardbol
Les 6: Oseane rondom Afrika
Les 7: Konsepte van lande en grense
Les 8: Ligging van die lande in Afrika
Les 9: Lande met ’n kuslyn
Les 10: Madagaskar en Zanzibar
Les 11: Suid-Afrika se buurlande
Eenheid 3: ’n Fisiese kaart van Afrika
Les 12: Hoe om ’n fisiese kaart te lees
Les 13: Afrika se hoogste pieke
Les 14: Afrika se drie grootste mere
Les 15: Afrika se groot riviere
Les 16: Suider-Afrika se beroemde watervalle
Les 17: Afrika se groot woestyne
Eenheid 4: Beelde van Afrika
Les 18: Foto’s van natuurtonele en landskappe in Afrika
Les 19: Gebruik ruitverwysings op ’n kaart om ligging te bepaal
Eenheid 5: Fisiese kenmerke van Suid-Afrika
Les 20: ’n Fisiese kaart van Suid-Afrika
Les 21: Aanduiding van hoogte
Datum begin Datum voltooi
2
Les 22: Fisiese verskynsels
Les 23: Benoeming van belangrike plekke
Les 24: Waar riviere ontstaan en uitmond
Les 25: Konsep van rivierstelsels
Les 26: Hoofriviere van Suid-Afrika
Eenheid 6: Fisiese kenmerke en menslike aktiwiteite
Les 27: Menslike aktiwiteite in verskillende fisiese omgewings
Les 28: Invloed van menslike aktiwiteite op die fisiese omgewing
Eenheid 7: Water, klimaat en plantegroei van Suid-Afrika
Les 29: Elemente van die weer en neerslag
Les 30: Meetinstrumente en meting van temperatuur en reënval
Les 31: Bepaling en beskrywing van windrigting
Les 32: Weerkaarte en weerstoestande
Eenheid 8: Klimaat, reënval en natuurlike plantegroei
Les 33: Reënval in Suid-Afrika
3
4
Les 34: Reënvalpatrone
Les 35: Verskil tussen weer en klimaat
Les 36: Verskillende klimate in Suid-Afrika
Les 37: Klimaat van eie omgewing
Les 38: Wat is natuurlike plantegroei?
Les 39: Die verband tussen klimaat, natuurlike plantegroei en natuurlewe
Les 40: Die Savanna-grasveld
Eenheid 9: Minerale en mynbou in Suid-Afrika
SAMPLE
Les 41: Minerale as ’n nie-hernieubare hulpbron
Les 42: Die belangrikste minerale in Suid-Afrika en hul gebruike
Les 43: Hoe steenkool gevorm word
Les 44: Die gebruike van steenkool
Les 45: Ligging van mineraal- en steenkoolmyne
Eenheid 10: Mynbou en mynbou-omgewings
Les 46: Wat is mynbou en maniere van mynbou?
Les 47: Oopgroef-/oppervlakmynbou en skag-/ diepvlakmynbou
Les 48: Besoedeling, afval en rioolafval
Les 49: Gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir mynwerkers
Eenheid 1
Wêreldkaart en kompasrigtings
Leerdoelwitte
Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:
● Verstaan en werk met ’n verskeidenheid hulpmiddels – insluitend kaarte, data en foto’s.
● Ken die ligging van die ewenaar asook die Noord- en Suidpool, op ’n kaart of aardbol.
● Identifiseer en ken die posisies van die sewe kontinente.
● Identifiseer die agt hoofwindstreke op ’n kompas.
● Gebruik hierdie hoofwindstreke en identifiseer die agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n kaart.
Inleiding
SAMPLE
Praat oor die aarde of wêreld en probeer om ’n atlas in die hande te kry en kyk dan na verskillende lande. Probeer om ’n aardbol in die hande te kry sodat leerders kan sien hoe lyk die aarde rond en hoe word dit plat op ’n kaart voorgestel. Dit sal ook in later vir tydsones en ander kaartverwante werk help. Naastenby twee uur moet aan die onderrig van hierdie onderwerp bestee word, met ’n bietjie ekstra tyd vir aktiwiteite en hersiening.
Les 1
Ligging van die ewenaar, Noord- en Suidpool op ’n aardbol
Dit is belangrik dat leerders aan die aarde in die vorm van ’n bol dink en nie as ’n kaart, wat plat is, nie. As jy toegang tot die internet het, is die volgende video’s ’n goeie en opwindende manier om breedte en lengte te onthou.
Skakels: bit.ly/2MidMyu | bit.ly/2KIpFus
Aktiwiteit 1
Noordpool
Noordelike Halfrond
Ewenaar
Suidelike Halfrond
Suidpool
Les 2
Die sewe kontinente
Dit is maklik om die sewe kontinente te onthou. Hulle ligging op aarde is egter effens moeiliker.
As leerders enige probleme ervaar, is die volgende ’n skakel na ’n liedjie oor die kontinente.
Skakel: bit.ly/2YXMrbG Aktiwiteit 2
Fasiliteerdersgids
Les 3
Agt punte op ’n kompas
Die agt rigtings en afkortings wat gebruik word, is:
N – Noord
NO – Noordoos
O – Oos
SO – Suidoos
S – Suid
SW – Suidwes
W – Wes
NW – Noordwes
Noord, oos, suid en wes is die vier hoofrigtings en die ander is tussenin-rigtings. Verduidelik dit aan leerders en maak seker hulle verstaan dit.
Les 4
Agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n wêreldkaart
Leerders het die agt hoofkompasrigtings in die vorige les geleer. Hulle pas nou hierdie inligting op ’n situasie in die werklikheid toe, maar op ’n breër grondslag. Leerders moet vir die aktiwiteit hul huis op ’n vaste punt op die kaart vind en kyk wat hulle in die gegewe rigtings sal vind.
SAMPLE
Dit kan in die klaskamer ook toegepas word. Laat leerders byvoorbeeld ’n basiese skets van die leerarea of klaskamer teken, of selfs die oefening mondelings voltooi indien nodig en dan die verskillende voorwerpe verduidelik wat hulle in gegewe rigtings vind. Laat hulle byvoorbeeld by die bord staan en gee vir hulle ’n rigting waarin hulle moet loop. Hulle moet dan loop en vir jou sê wat hulle vind.
G05 ~ Sosiale
Aktiwiteit 3
1. Europa
2. Antarktika
3. Australië
4. Suid-Amerika
5. Asië
6. Noord-Amerika [6]
Hersieningsoefening
1. Afrika, Asië, Antarktika, Australië, Europa, Noord-Amerika,
Suid-Amerika (7)
2.1. Noordwes (NW)
2.2. Wes (W)
2.3. Suidoos (SO)
2.4. Noord (N)
2.5. Suid (S)
2.6. Oos (O)
2.7. Noordoos (NO)
SAMPLE
2.8. Suidwes (SW) (8) [15]