Intermediêre Fase Graad 5 • Handleiding Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 5 • Handleiding

Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Sosiale Wetenskappe

Handleiding: Geskiedenis

Graad 5

Aangepas vir KABV

S Grimsley E van Emmenes

Handleiding

Leerdoelwitte

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

Leselemente

Belangrike terminologie

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

Definieer

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

Aktiwiteit

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

Wenke

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

SAMPLE

Kerninhoud

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

Studeer/Hersiening

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Vir die nuuskieriges

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.

Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik.

Voorwoord

Wat is Geskiedenis en hoe word dit aangebied?

Geskiedenis is die studie van verandering en ontwikkeling. Geskiedenis sal jou in staat stel om te sien watter impak mense se optrede in die verlede op die hede het, en om verder te verstaan en te evalueer hoe dit die toekoms kan beïnvloed.

Geskiedenis is ’n proses van ondersoek en om vrae oor die verlede te vra:

● Wat het gebeur?

● Wanneer het dit gebeur?

● Waarom het dit gebeur?

● Wat was die gebeurtenisse en besluite se impak op die samelewing?

Wanneer mense weet wat in die verlede gebeur het, kan hulle uit vorige foute leer en verhoed dat dit weer gebeur. Dit is veral belangrik wanneer maatskaplike, politiese en ekonomiese besluite in enige samelewing geneem word.

Die spesifieke doelwitte van Geskiedenis is om die volgende te skep:

● Belangstelling in en genot van leer oor die verlede.

● Kennis, begrip en waardering oor dinge wat in die verlede gebeur het.

SAMPLE

● Die vermoë om ’n proses van historiese ondersoek te onderneem, en deel te neem aan navorsing en projekte deur die jaar.

● Die ontwikkeling van kognitiewe en ander vaardighede wat nodig is vir holistiese opvoedkundige ontwikkeling.

● Om ons te help om die hede te verstaan en selfs toekomstige gebeurtenisse te voorspel.

● Om verantwoordelike burgerskap te verseker.

Jy moet leer hoe om geskiedeniskennis en -vaardighede in brongebaseerde vrae en langer vrae soos paragrawe en opstelle te kan toepas. Bronne kan spotprente, artikels, gevallestudies, begripstoetse, foto’s en prentjies insluit. Om bronne te kan interpreteer, moet jy nie net feite en inhoud memoriseer nie, maar ook leer hoe om kennis toe te pas. Addisionele bronne soos KABV-voorgeskrewe handboeke kan ook saam met hierdie handleiding gebruik word.

Handleiding

Jaarplan

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:

● Wees realisties en buigsaam

● Hou jou ander vakroosters in gedagte

● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer

Kwartaal

Eenheid en les

Datum begin

Eenheid 1: Jagter-versamelaars en herders in Suider-Afrika

Les 1: Hoe ons inligting van jagter-versamelaars en herders verkry

Les 2: Inligting vanaf stories

Les 3: Inligting vanaf voorwerpe

Les 4: Inligting vanaf rotstekeninge

Les 5: Inligting vanaf boeke

1

2

Datum voltooi

Eenheid 2: San-jagter-versamelaar-samelewing in die Latere Steentydperk

Les 6: Hoe die San in hul omgewing geleef het

Les 7: Uitvinding van die pyl en boog

Les 8: Sosiale organisasie in die San-samelewing

Les 9: Plantmedisyne

Les 10: San-gelowe en -godsdiens

Les 11: Rotstekeninge

Eenheid 3: Herdersamelewing van die Khoi-Khoi in die Latere Steentydperk

Les 12: Herderlike leefwyse

Les 13: Hoe die San en Khoi-Khoi dieselfde grond gedeel het

Eenheid 4: Die eerste landbouers in Suider-Afrika

Les 14: Interaksie met die Khoisan

Eenheid 5: Die opperhoofskap van die eerste Afrika-boere

Les 15: Plaasopstalle en boeredorpies

Les 16: Landbou: Gesaaides en lewende hawe

Les 17: Sosiale, politieke en ekonomiese strukture

Les 18: ’n Kultuur van samewerking: Die rolle van mans en vroue

Les 19: Rol van die opperhoof

Les 20: Die rol van beeste

2

Eenheid 6: Gereedskap en wapens van yster en koper

Les 21: Metaalwerk

Les 22: Pottebakkery

Les 23: Handel

Les 24: Godsdiens en medisyne

Eenheid 7: ’n Antieke Afrika-samelewing: Egipte

Les 25: Die Nylrivier en hoe dit nedersettings beïnvloed het

Eenheid 8: Die leefwyse in antieke Egipte

Les 26: Sosiale struktuur in antieke Egipte

Les 27: Oortuigings en godsdiens

3

4

Les 28: Farao’s

Les 29: Sfinkse, piramides en tempels

Les 30: Hiërogliewe

Les 31: Wiskunde en sterrekunde

Les 32: Medisyne en dokters

Les 33: Gevallestudie: Toetankamen se graf

Eenheid 9: Erfenisroete deur die provinsies van Suid-Afrika

Les 34: Die provinsies en hul hoofstede op ’n kaart

Eenheid 10: Wat is erfenis?

Les 35: Erfenis in plekke van belang

Les 36: Erfenis in voorwerpe

Les 37: Erfenis in mense se prestasies

Les 38: Erfenis in die name van plekke

Les 39: Erfenis en veranderde identiteite

Les 40: Erfenis en inheemse medisyne

Les 41: Erfenis in argitektuur

Les 42: Natuurlike erfenis en inheemse kennisstelsels

Les 43: Erfenis in kuns

Jagter-versamelaars en herders in SuiderAfrika Eenheid 1

Leerdoelwitte

Aan die einde van hierdie eenheid moet jy die volgende kan doen:

● Gebruik ’n verskeidenheid bronne om inligting oor die verlede te verkry.

● Versamel inligting vanaf teks, foto’s en prente.

● Verkry inligting vanaf liedjies, gedigte en onderhoude met mense.

● Gebruik meer as een soort bron, bv. boeke, tydskrifte, koerante en die internet.

Inleiding

In hierdie eenheid leer ons van die eerste mense wat in Suider-Afrika gewoon het. Leer hoe om jou eie navorsing oor die San-jagters en Khoi-Khoi-herders te doen en om hierdie vaardigheid te oefen.

Belangrike terminologie

Steentydperk

Jagter

Herder

Storie

Wenke

Ons gaan van die San en Khoi-Khoi leer – die vroegste inwoners van Suider-Afrika. Sommige lesse het ’n aktiwiteit wat jy moet doen – die aktiwiteit is ’n opsomming van die werk wat jy moet leer. Maak seker jy kan elke aktiwiteit doen.

Les 1

Hoe ons inligting van jagter-versamelaars en herders verkry

Definieer

Herder: ’n persoon wat vee aanhou en na hulle omsien

Jagter: ’n persoon wat wilde diere jag vir hul vleis en vel

SAMPLE

Steentydperk: duisende jare gelede toe mense nog voorwerpe van klip gemaak het

Kerninhoud

Die eerste inwoners van Suider-Afrika was jagter-versamelaars. Die mans het wilde diere gejag vir kos en die vroue het plantwortels, neute en bessies bymekaargemaak vir kos. Hulle staan bekend as die San. Ons kan inligting kry deur bronne te gebruik.

Figuur 1.1: ’n San-vrou van Botswana

Handleiding

Ons kan tussen drie soorte bronne onderskei:

Primêre bronne

Sekondêre bronne

Tersiêre bronne

’n Primêre bron is soos ’n boek wat ’n San-persoon self geskryf het (sy eie persoonlike ervarings is hierin neergeskryf). Ons kry die inligting dan direk vanaf die persoon wat self daar was.

’n Sekondêre bron is as iemand die boek lees en dan ’n verslag daaroor skryf met sy eie interpretasie van die boek en ons die inligting op dié manier oor die San verkry.

’n Tersiêre bron is ’n persoon wat die sekondêre bron gebruik om nog inligting te verkry om ook ’n boek/verslag of iets soortgelyk te skryf. Ons verkry dan die inligting op so ’n manier dat dit nie regtig meer uit die mond van iemand kom wat daar was nie.

Die San het 10 000 jaar gelede in Suider-Afrika kom woon – ons praat van mense van die Latere Steentydperk. Die Steentydperk is die tydperk waarin mense gereedskap van klippe gemaak het.

SAMPLE

Die San was jagters – hulle het wilde diere gejag vir kos. Daarna het die Khoi-Khoi ook in SuidAfrika kom woon, maar hulle het ’n ander leefwyse gehad. Hulle was herders wat vee aangehou en versorg het.

Ons gaan later in die kwartaal meer oor die San en Khoi-Khoi leer. Vir nou is dit belangrik om te weet hoe ons inligting oor dié mense verkry het. Ons het inligting vanaf stories, voorwerpe, rotstekeninge en boeke verkry. Ons noem dit bronne.

Figuur 1.2: ’n Spiespunt wat van klip gemaak is. Die San het soortgelyke spiespunte gebruik om te jag.

Vir die nuuskieriges

Doen ekstra navorsing oor die San. Hierdie ekstra navorsing sal voordelig wees vir die lesse wat volg. Gebruik die internet, besoek jou plaaslike biblioteek en raadpleeg boeke. Lees na oor die San se leefwyse en wat hulle alles gedoen het.

Aktiwiteit 1

Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae.

Figuur 1.3.1
Figuur 1.3.2
1. Wat doen die San-man in figuur 1.3.1? (2)
2. Wat doen die San-mans in figuur 1.3.2? (2)

Handleiding

Les 2

Inligting vanaf stories

Definieer

Storie: ’n verhaal van iets wat iemand jou vertel

Kerninhoud

Ons kan inligting oor die jagter-versamelaars en herders van die Latere Steentydperk verkry deur stories wat hulle vertel het te lees.

Hier is ’n storie wat deur die San vertel is.

Kleine Hasie Haaslip

Hierdie is ’n tradisionele volksverhaal wat die San vertel oor Moeder Maan se boodskap aan die mens oor lewe ná die dood en ook hoe Hasie sy haaslip gekry het.

Moeder Volmaan loer oor die skouer van die berg na die mense op die vlakte. Sy sien hoe hulle juig oor haar koms. Sy sien hoe hulle dans. Maar sy weet ook wat skuil in hulle harte; hulle is bang vir die dood.

SAMPLE

“Ek moet vir my kinders ’n boodskap stuur,” sê sy vir haarself. “dan sal hulle nooit weer hartseer wees nie.” Sy soek met opgewondenheid deur die nag na iemand wat haar boodskap na haar kinders sal neem. Toe sien sy vir Uil, wat besig was om te jag. “Uil!” roep sy. “Sal jy asseblief vir my ’n boodskap aflewer?” “Ek kan nie,” sug Uil, “die nag is kort en die muise is min. Los my uit!” “Nou verstaan ek hoekom jy altyd in die donkerte skuil,” sê Moeder Volmaan met afgryse. “Daar is geen lig of empatie in jou hart nie.”

Net toe, kom Jakkals om ’n bos aangedraf. Hy ruik hier en daar en oral, ruik na goed wat niemand anders wil hê sodat hy dit kan eet. “Jakkals!” roep Moeder Volmaan. “Sal jy vir my ’n boodskap aflewer?” Jakkals sit op sy hurke, steek sy neus in die lug en tjank, “Oow! Oow! Moeder Volmaan, kyk hoe ly ek. Kyk met hoe min ek moet oorleef. Moenie meer van my vra nie. Help my eerder, help my. Gee my kos.” “Weg met jou, bedelaar!” sê Moeder Volmaan kwaai.

Toe sien sy Hasie in die veld. “Hasie, sal jy ’n boodskap vir my aflewer?” “Ja, ja, Moeder Volmaan,” sê hy. Hy sit penregop op sy kort stertjie en sing: “Ek is Hasie Viervoet, ek is Hasie-hardloop-wild, ek is Hasie Snelvoet, ek is die Wind se eie kind.”

“Ek wil jou na my mense stuur,” sê Moeder Volmaan, “na die mans van die veld.” “Ek ken hulle, Moeder.” sê Hasie. Moeder Volmaan praat aan, “Jy moet vir hulle sê:

SAMPLE

Figuur 1.5 ‘Kyk op na Moeder Maan en wees rustig. Eers is sy soos die horing van ’n eland. Dan word sy rond en vet soos die jagters wanneer daar baie diere is en elke pyl sy teiken tref. Dan smelt sy weg totdat daar net die vurkbeentjie van die kraanvoël oorbly. Aan die einde verdwyn sy heeltemal. So is dit met die mens ook. Eers is die mens jonk, maar hy groei en word sterk. Dan verouder hy en die lewe syfer uit hom uit. Maar wanneer hy doodgaan sal hy weer lewe – nes ek.’

“Is dit al, Moeder?” vra Hasie. “Ja, maar ...,” sê Moeder Volmaan. Maar voor sy kon sê “wag ’n bietjie” is Hasie weg. Hy hardloop so vinnig dat die klippe agter hom spat en die bossies jy doodgaan is jy dood en jy sal nie weer lewe nie.” “Ja,” sug die man en hang sy kop. Dit is soos hy nog altyd vermoed het.

Figuur 1.4: ’n San-man van Namibië

Handleiding

Oeps! Hy bots so hard met iets dat hy terug op sy agterpote moet sit. “Kyk waar jy hardloop!” sê die ding. Dit was ’n man van die veld. “Ek is opsoek na jou!” sê Hasie vol selfbelang. “Moeder Volmaan het my gestuur. Sy sê jy is ’n eland se horing. Nee, sy sê jy is ’n kraanvoël se vurkbeentjie. Ek bedoel, sy sê wanneer jy doodgaan is jy dood en jy sal nie weer lewe nie.” “Ja,” sug die man en hang sy kop. Dit is soos hy nog altyd vermoed het.

“Miskien is dit anders om!” roep Hasie agter hom aan, want nou was hy heeltemal verward, maar die man is al klaar weg. Hasie hang sy kop. Hy loer oor sy skouer na Moeder Volmaan se gesig en sien sy is rooi van woede. Hasie glip onder ’n bossie in en hardloop in die skadu na sy lêplek. Maar Moeder Volmaan wag vir hom voor sy skuiling en toe hy om ’n hoë stukkie gras spring gryp sy hom aan die agterpote. “Slegte hasie!” sê Moeder Volmaan. “Jy het drooggemaak!” “Maar Moeder ...,” begin Hasie te smeek. Maar voor hy nog kon sê “Volmaan”, klap sy hom so hard deur die gesig dat sy lip oopskeur. “Jy sal nou vir ewig ’n gesplete lip hê omdat jy nie mooi geluister het na wat ek gesê het nie!” sê Moeder Volmaan. “Ja, Moeder,” se Hasie, “maar hoe kan ek die gemors wat ek gemaak het regstel?” Toe versag Moeder Volmaan se hart. “Gaan,” sê sy, “gaan gou en gee my mense die regte boodskap.”

Vir die nuuskieriges

SAMPLE

(Bron: Famous South African Folk Tales, Pieter Grobbelaar, 1985)

Probeer om nog stories van die jagter-versamelaars en herders van die Latere Steentydperk te kry.

Les 3

Inligting vanaf voorwerpe

Definieer

Voorwerp: iets wat iemand kan sien en aan kan raak

Kerninhoud

Ons kan inligting oor die jagter-versamelaars en herders van die Latere Steentydperk verkry deur na die voorwerpe wat hulle gemaak het te kyk.

Hier is voorbeelde van die voorwerpe wat die jagter-versamelaars gebruik het:

Vir die nuuskieriges

Probeer om voorbeelde van ander voorwerpe van die jagter-versamelaars en herders van die Latere Steentydperk te kry.

Aktiwiteit 2

SAMPLE

1. Uit watter soort materiaal dink jy is die voorwerpe in figuur 1.6.1 gemaak? (1)

2. Uit watter soort materiaal dink jy is die voorwerpe in figuur 1.6.2 gemaak? (1) [2]

Figuur 1.6.1: Voorbeelde van wapens wat die jagterversamelaars en herders gebruik het.
Figuur 1.6.2: Voorbeelde van potte wat die Khoi-Khoi-herders gebruik het.

Handleiding

Les 4

Inligting vanaf rotstekeninge

Definieer

Rotstekening: tekeninge of prente wat op rotse gemaak word

Kerninhoud

Ons kan inligting oor die jagter-versamelaars en herders van die Latere Steentydperk verkry deur na rotstekeninge wat hulle geteken het te kyk. Rotstekeninge was hulle manier van kommunikasie en deur die tekeninge kan ons baie oor die jagter-versamelaars leer.

Bestudeer die onderstaande prente:

SAMPLE

Figuur 1.7: Die San het verskeie rotstekeninge regoor Suider-Afrika gemaak.

Vir die nuuskieriges

Probeer om nog rotstekeninge van die jagter-versamelaars en herders van die Latere Steentydperk te kry.

Hierdie tekeninge wys vir ons dat wilde diere ’n baie belangrike rol in die San se lewens gespeel het. Dit wys mooi hoe hulle die diere gejag en doodgemaak het. Kyk ook mooi na hoe die mense in die tekeninge afgebeeld word: koppe baie klein en die agterstewe baie rond en pertinent uitgebeeld. Figuur 1.7 wys hoe hulle hul wapens in die lug hou en dan feesvier as hulle ’n dier klaar gejag het, want dit het beteken dat hulle nou weer vleis kon eet. Ons sien ook ’n tekening van elande – die eland was vir hulle besonder belangrik. Die San het geglo dat wanneer hulle ’n eland vind, daar voorspoed en gelukkige tye op hulle wag.

Aktiwiteit 3

Bestudeer die eenvoudige San-rotstekening en beantwoord die vrae.

SAMPLE

1. Watter soort toneel beeld die rotstekening in figuur 1.8 uit? (1) 2. Watter soort wapens het hulle gebruik? (1)

3. Watter soort dier dink jy word in hierdie rotstekening uitgebeeld? (1) [3]

Figuur 1.8

Handleiding

Les 5

Inligting vanaf boeke

Kerninhoud

Ons kan inligting oor die jagter-versamelaars en herders van die Latere Steentydperk verkry deur boeke wat oor hulle geskryf is te lees.

’n Paar voorbeelde van sulke boeke:

Figuur 1.9: Daar is baie boeke oor Suider-Afrika se jagter-versamelaars en hul kultuur geskryf.

Ons moet gereeld iets wat deur die San geskryf is vele male deurlees om dit te verstaan. Hulle manier van praat en hoe hulle hul emosies uitdruk is baie anders as hoe ons dit doen. Daar is al baie boeke deur mense geskryf wat hulle bestudeer het en dit is baie interessante leesstof.

SAMPLE

Hersieningsoefening

1. Som al die belangrike elemente wat jy in eenheid 1 geleer het op. Neem die volgende in ag:

● Hoe om inligting te versamel.

● Die waarde van verskillende bronne.

● Hoe om te onderskei of die bron ’n primêre, sekondêre of tersiêre bron is.

2. Teken ’n breinkaart. ’n Breinkaart sal jou help onthou wat jy alles tot dusver oor die San geleer het. Onthou om inligting oor historiese voorwerpe en rotstekeninge by te voeg. (Vra jou fasiliteerder as jy hulp nodig het.)

[10]

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.