Sosiale Wetenskappe: Geografie
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Sosiale Wetenskappe
Handleiding: Geografie
Graad 5
Aangepas vir KABV
M Lübcker E van Emmenes
Handleiding
Leerdoelwitte
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.
Leselemente
Belangrike terminologie
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.
Definieer
Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.
Aktiwiteit
Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
Wenke
Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.
SAMPLE
Kerninhoud
Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.
Studeer/Hersiening
Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.
Vir die nuuskieriges
Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.
Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.
*LSEN in algemene taalgebruik.
G05 ~ Sosiale
Voorwoord
Voorgeskrewe boek
Aanbevole boeke word aanvullend tot hierdie handleiding gebruik. Dit is altyd goed om na ander handboeke te verwys, soos:
● Diley, L., Monteith, M., Proctor, A. & Weldon, G. 2013. Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe Graad 5. Oxford University Press: Suid-Afrika.
● Enige gedrukte atlas, soos Oxford Primêre Atlas vir Suid-Afrika
Inleiding
Geografie is deel van Sosiale Wetenskappe, wat ten doel het om leerders aan te moedig om hulle wêrelde met vars, kritiese oë te bekyk en hulle aan ’n wêreld buite hulle onmiddellike realiteite bekend te stel. Geografie is dus die studie van sowel ons menslike asook fisiese omgewing. Ons ondersoek verskillende afdelings van Geografie, naamlik fisiese geografie en menslike geografie.
Hierdie handleiding plaas spesifieke fokus op ruimtelike geletterdheid, patrone en tendense, met ’n fokus op Afrika se plek in die wêreld, met spesifieke klem op Suid-Afrika. Ons ondersoek die fisiese verskynsels, weer, klimaat en plantegroei van Suid-Afrika. Dit dek ook ’n afdeling oor die minerale en ontginning van hierdie minerale in Suid-Afrika. Dit is in ooreenstemming met die riglyne wat in die KABV-kurrikulum uiteengesit word.
SAMPLE
Moenie bloot die inhoud wat in hierdie handleiding voorsien word leer nie. Aangesien geografie voortdurend verander, moet jy die wêreld rondom jou ook bestudeer, jou kennis verdiep deur die internet, biblioteke en tydskrifte te gebruik. Die belangrikste is om op hoogte van aktuele sake te bly deur ’n minimum van drie keer per week na die nuus te luister of nuus te lees.
Ná elke les volg ’n aktiwiteit om seker te maak dat alle konsepte wat in die gids aangeraak word deeglik verstaan en toegepas kan word. Alle aktiwiteite in die gids moet hersien en weer geoefen word vir die toetse en eksamens. Daar is ook ’n aantal aanlyntoetse, vasvrae en aktiwiteite beskikbaar vir ekstra hersiening.
Handleiding
Jaarplan
Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:
● Wees realisties en buigsaam
● Hou jou ander vakroosters in gedagte
● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer
Kwartaal
1
2
Eenheid en les
Eenheid 1: Wêreldkaart en kompasrigtings
Les 1: Ligging van die ewenaar, Noord- en Suidpool op ’n aardbol
Les 2: Die sewe kontinente
Les 3: Agt punte op ’n kompas
Les 4: Agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n wêreldkaart
Eenheid 2: Afrika, ons kontinent
Les 5: Ligging van Afrika op ’n wêreldkaart en aardbol
Les 6: Oseane rondom Afrika
Les 7: Konsepte van lande en grense
Les 8: Ligging van die lande in Afrika
Les 9: Lande met ’n kuslyn
Les 10: Madagaskar en Zanzibar
Les 11: Suid-Afrika se buurlande
Eenheid 3: ’n Fisiese kaart van Afrika
Les 12: Hoe om ’n fisiese kaart te lees
Les 13: Afrika se hoogste pieke
Datum begin Datum voltooi
SAMPLE
Les 14: Afrika se drie grootste mere
Les 15: Afrika se groot riviere
Les 16: Suider-Afrika se beroemde watervalle
Les 17: Afrika se groot woestyne
Eenheid 4: Beelde van Afrika
Les 18: Foto’s van natuurtonele en landskappe in Afrika
Les 19: Gebruik ruitverwysings op ’n kaart om ligging te bepaal
Eenheid 5: Fisiese kenmerke van Suid-Afrika
Les 20: ’n Fisiese kaart van Suid-Afrika
Les 21: Aanduiding van hoogte
Les 22: Fisiese verskynsels
2
Les 23: Benoeming van belangrike plekke
Les 24: Waar riviere ontstaan en uitmond
Les 25: Konsep van rivierstelsels
Les 26: Hoofriviere van Suid-Afrika
Eenheid 6: Fisiese kenmerke en menslike aktiwiteite
Les 27: Menslike aktiwiteite in verskillende fisiese omgewings
Les 28: Invloed van menslike aktiwiteite op die fisiese omgewing
Eenheid 7: Water, klimaat en plantegroei van Suid-Afrika
Les 29: Elemente van die weer en neerslag
Les 30: Meetinstrumente en meting van temperatuur en reënval
Les 31: Bepaling en beskrywing van windrigting
Les 32: Weerkaarte en weerstoestande
Eenheid 8: Klimaat, reënval en natuurlike plantegroei
Les 33: Reënval in Suid-Afrika
3
4
Les 34: Reënvalpatrone
Les 35: Verskil tussen weer en klimaat
Les 36: Verskillende klimate in Suid-Afrika
Les 37: Klimaat van eie omgewing
Les 38: Wat is natuurlike plantegroei?
Les 39: Die verband tussen klimaat, natuurlike plantegroei en natuurlewe
Les 40: Die Savanna-grasveld
Eenheid 9: Minerale en mynbou in Suid-Afrika
Les 41: Minerale as ’n nie-hernieubare hulpbron
SAMPLE
Les 42: Die belangrikste minerale in Suid-Afrika en hul gebruike
Les 43: Hoe steenkool gevorm word
Les 44: Die gebruike van steenkool
Les 45: Ligging van mineraal- en steenkoolmyne
Eenheid 10: Mynbou en mynbou-omgewings
Les 46: Wat is mynbou en maniere van mynbou?
Les 47: Oopgroef-/oppervlakmynbou en skag-/ diepvlakmynbou
Les 48: Besoedeling, afval en rioolafval
Les 49: Gesondheids- en veiligheidsrisiko’s vir mynwerkers
Eenheid 1
Wêreldkaart en kompasrigtings
Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet jy die volgende kan doen:
● Verstaan en werk met ’n verskeidenheid hulpmiddels – insluitend kaarte, data en foto’s.
● Ken die ligging van die ewenaar asook die Noord- en Suidpool, op ’n kaart of aardbol.
● Identifiseer en ken die posisies van die sewe kontinente.
● Identifiseer die agt hoofwindstreke op ’n kompas.
● Gebruik hierdie hoofwindstreke en identifiseer die agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n kaart.
Inleiding
SAMPLE
Hierdie eenheid dek ’n bestudering van die aardbol en jou plek in die wêreld. Jy leer oor die sewe kontinente, hoe ons wêreld verdeel is, hoe om ’n kompas te gebruik en wat die agt hoofwindstreke van ’n kompas is
Belangrike terminologie
Ewenaar
Halfrond
Kontinent
Kompas Wêreldkaart
Maak seker jy verstaan al die nuwe konsepte.
Teken vir jouself ’n aardbol en skryf alles neer wat belangrik is om te onthou.
Les 1
Ligging van die ewenaar, Noord- en Suidpool op ’n aardbol
Definieer
Ewenaar: ’n denkbeeldige lyn op die aardbol wat die aarde in noord en suid verdeel
Halfrond: ’n helfte van die wêreld wat deur die ewenaar verdeel word, gewoonlik die Noordelike Halfrond en die Suidelike Halfrond
Mense het eers gedink die aarde is plat en dat jy sal afval as jy té ver seil.
SAMPLE
Vandag weet ons die aarde is rond, soos ’n strandbal, sonder rande. Die ewenaar is ’n denkbeeldige lyn wat die aarde in twee gelyke dele verdeel. Die boonste deel is die Noordelike Halfrond en die onderste deel die Suidelike Halfrond. Suid-Afrika lê suid van die ewenaar en is dus deel van die Suidelike Halfrond.
Handleiding
Die Noordpool en Suidpool is die punte van hul onderskeie halfronde. Die noordelikste punt van die aardbol is die Noordpool en die suidelikste punt is die Suidpool.
Noordelike Halfrond
Aktiwiteit 1
Ewenaar
Suidelike Halfrond
Ewenaar
Gebruik die woorde uit die volgende woordebank en benoem die diagram van die aarde.
Ewenaar Noordelike HalfrondSuidelike HalfrondSuidpoolNoordpool
SAMPLE
Les 2
Die sewe kontinente
Definieer
Kontinent: ’n groot landmassa op die aardbol wat uit verskeie lande bestaan
Kerninhoud
Die wêreld is in sewe kontinente verdeel en ’n ander naam vir kontinente is vastelande. Dit is groot stukke grond waarop verskeie lande aangetref word.
Hier is 'n kaart waarop die sewe kontinente aangedui word.
SAMPLE
Handleiding
Aktiwiteit 2
Bestudeer die aardbolle en benoem die kontinent wat uitgelig is.
Les 3
Agt punte op ’n kompas
Definieer
Kompas: ’n instrument wat gebruik word om rigting te bepaal
Kerninhoud
Ons gebruik ’n kompas om rigting aan te dui. In die ou tyd, voor daar iets soos ’n kompas was, het mense die sterre gebruik om rigting te bepaal.
’n Kompas kan sestien verskillende rigtings aandui. Hierdie jaar is egter net agt van die rigtings belangrik.
’n Kompas het ’n naald wat altyd noord wys, dit word magnetiese noord genoem. Magnetiese noord is die noordelike rigting waarin die naald van 'n kompas wys, geleë in 'n spesifieke gebied naby die Noordpool. Dit beteken ’n kompas sal altyd noord wys en ons kan die rigting bepaal waarin ons reis deur dit as ’n verwysing te gebruik.
Afkortings word op ’n kompas gebruik om die verskillende rigtings aan te dui.
Die agt rigtings en afkortings wat gebruik word is:
N – Noord
NO – Noordoos
O – Oos
SO – Suidoos
S – Suid
SW – Suidwes
W – Wes
NW – Noordwes
Noord, oos, suid en wes is die vier hoofrigtings en die ander is tussenin-rigtings.
Wenke
’n Maklike manier om die vier hoofrigtings te onthou, is om hierdie rympie te leer:
Handleiding
Omdat noord en suid die belangrikste is, begin die ander punte met dié rigtings, gevolg deur watter rigting die naaste is, bv. NW (noordwes) of SW (suidwes).
Ons dra nie meer kompasse saam met ons rond nie. As jy jou weg moet vind, kan jy die volgende metode gebruik om jou te help om jou rigting te bepaal:
Die son kom altyd in die ooste op. As jy na die son kyk, is noord aan jou linkerkant en suid aan jou regterkant. Die son sak in die weste, en wes is dus reg agter jou.
Les 4
Agt rigtings vanaf ’n bepaalde punt op ’n wêreldkaart
Definieer
Wêreldkaart: ’n plat voorstelling van die wêreld; met een oogopslag sien jy die hele wêreld
Die eiland van Madagaskar word op die volgende kaart van Afrika uitgelig. Ons moet rigting vanaf enige gegewe punt op ’n kaart kan bepaal, daarom is daar gewoonlik ’n klein kompassie op kaarte om ons te help. Op ’n kaart is noord altyd bo.
SAMPLE
1.9
G05 ~ Sosiale
Aktiwiteit 3
Bestudeer die kaart van Madagaskar en beantwoord die vrae.
1. Watter kontinent is noord van Madagaskar? (1)
2. Watter kontinent is suid van Madagaskar? (1)
3. Watter kontinent is oos van Madagaskar? (1)
4. Watter kontinent is wes van Madagaskar? (1)
5. Watter kontinent is noordoos van Madagaskar? (1)
6. Watter kontinent is noordwes van Madagaskar? (1) [6]
Hersieningsoefening
1. Noem die sewe kontinente van die wêreld. (7)
2. Bestudeer die rooster. Gebruik die agt kompaspunte en beskryf die rigting vanaf die huis in die middel.