Intermediêre Fase Graad 6 • Fasiliteerdersgids Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Page 1


Graad

Sosiale Wetenskappe: Geskiedenis

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Sosiale Wetenskappe

Fasiliteerdersgids: Geskiedenis

Graad 6

Aangepas vir KABV

E van Emmenes

Leerdoelwitte

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

Leselemente

Belangrike terminologie

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

Definieer

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

Aktiwiteit

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

Wenke

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

SAMPLE

Kerninhoud

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

Studeer/Hersiening

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Vir die nuuskieriges

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.

Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal. *LSEN in algemene taalgebruik.

Rooster en tydsbestuur

Volgens die KABV-beleid moet 3 (drie) uur per week aan Sosiale Wetenskappe bestee word. ’n Kwartaal van 10 weke kry dus 30 uur. Die tydstoewysing vir Geskiedenis is dus 15 uur per kwartaal van 10 weke, en Geografie ook 15 uur per kwartaal van 10 weke. Dit bring mee dat leerders 1½ uur per week aan Geskiedenis moet afstaan. Jy sal wel vind dat party opdragte vinniger sal gaan as ander.

Assesseringsvereistes

Die aanbevole assesseringsprogram is soos volg:

Kwartaal 1

Kwartaal 2

Kwartaal 3

Kwartaal 4

Geskiedenis Toets

Geografie Toets

Geskiedenis Opdrag en eksamen Geografie Opdrag en eksamen

Geskiedenis Projek Geografie Opdrag

Deurlopende assessering 75%

Geskiedenis Eksamen Novembereksamen 25% Geografie Eksamen

Inligting oor die projek sal per e-pos en op my.Impaq met fasiliteerders gekommunikeer word.

Dit kan die volgende insluit:

● Skryf kort antwoorde op die vrae.

SAMPLE

● Skryf paragrawe.

● Doen navorsing en skryf ’n klein stukkie neer.

● Lees en som op.

● Luister en notuleer.

● Teken waarnemings aan.

● Beantwoord vrae (kort en langer antwoorde).

● Stel vrae.

● Voltooi vraag- en antwoordbladsye.

● Maak diagramme/tekeninge en byskrifte.

● Pas, sorteer, lys, beskryf en vergelyk tekste, grafieke, kaarte, foto’s en prente.

● Maak verbindings tussen oorsake en gevolge.

● Identifiseer ooreenkomste en verskille.

● Lees, voltooi en/of teken kaarte.

● Werk met data.

● Vind en werk met bronne.

● Vergelyk kruisverwysings en inligting.

● Verskaf verduidelikings.

● Identifiseer en bespreek kwessies.

● Maak modelle, plakkate of grafieke.

● Interpreteer foto’s en skryf byskrifte.

Kodes en persentasies vir optekening en rapportering:

Kode Beskrywing van bevoegdheid Persentasie

7 Uitstaande prestasie 80 – 100

6 Verdienstelike prestasie 70 – 79

5 Beduidende prestasie 60 – 69

4 Voldoende prestasie 50 – 59

3 Gemiddelde prestasie 40 – 49

2 Basiese prestasie 30 – 39

1 Nie bereik nie 0 – 29

Studiewenke en -metodes

Geskiedenis moet soos ’n storie geleer word. Moedig leerders aan om ná elke eenheid dit wat hulle geleer het vir jou in ’n storie oor te vertel.

Leerders moet ook leer hoe om geskiedenisvaardighede toe te pas – hulle moet nie slegs inhoud en feite leer nie, maar moet ook die impak van gebeurtenisse op mense en die samelewing verstaan. Leerders moet empatie aanleer en verstaan dat geskiedenis nie slegs ’n storie is nie, maar ware gebeurtenisse wat deur ware mense ervaar is en dat alle besluite gevolge het.

Ná elke les is daar ’n aktiwiteit wat seker maak leerders verstaan die inhoud van die les. Gaan die aktiwiteite weer deur saam met leerders ter voorbereiding vir die eksamens.

Elke aktiwiteit moet so volledig moontlik voltooi word en die vrae moet in volsinne beantwoord word.

Ander nuttige inligting

Geskiedenis gaan oor inligting versamel en die interpretasie daarvan. Help leerders om soveel moontlik bykomende inligting te versamel en deur te lees as agtergrond voor die lesse behandel word. Jy sal opmerk dat daar een les min of meer per week geskeduleer is, maar die tye is 1½ uur per week. Genoeg tyd is vir eie navorsing ingeruim.

Probeer ook om betroubare bronne op die internet te gebruik, waar moontlik. Baie organisasies en projekte verskaf nuttige aanlyn inligting. Vergelyk verskillende webtuistes om te sien of feitelike inhoud met mekaar ooreenstem.

Ander KABV-voorgeskrewe handboeke kan ook as aanvullende bronne gebruik word.

Voorwoord

Hierdie gids is slegs vir die fasiliteerder bedoel en nie vir leerders nie. Dit word saam met die graad 6-handleiding gebruik. Die aktiwiteite se antwoorde word hierin verskaf, alhoewel daar sommige aktiwiteite is waarop daar nie ’n spesifieke antwoord kan wees nie. Dit sal pertinent onder die aktiwiteit genoem word.

Probeer om waar moontlik eers ’n gesprek met leerders te voer oor die les wat behandel gaan word. Praat sommer oor die algemeen oor die onderwerpe om leerders se voorkennis te toets.

Jaarplan

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:

● Wees realisties en buigsaam

● Hou jou ander vakroosters in gedagte

● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer

Kwartaal

1

2

Eenheid en les

Datum begin Datum voltooi

Eenheid 1: ’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika

Les 1: Veranderinge in die samelewing in die Limpopo-vallei

Les 2: Nedersettings voor Mapungubwe – K2 en Schroda

Eenheid 2: Mapungubwe – die eerste staat in Suider-Afrika

Les 3: Die koning en sy heilige leierskap

Les 4: Die eerste klipommuurde paleis

Les 5: Mapungubwe-heuwel se belangrikheid

Les 6: Die eerste formele dorpie

Les 7: Sosiale klasse van Mapungubwe

Les 8: Die Goue Renoster en ander artefakte

Les 9: Handel regoor Afrika en die Indiese Oseaan

Les 10: Handelsgoedere

Eenheid 3: Verandering en kontinuïteit in Ooskushandel

Les 11: Groot-Zimbabwe

SAMPLE

Eenheid 4: Europese ontdekkingsreisigers in Asië

Les 12: Marco Polo

Les 13: Marco Polo se invloed op Europese handelaars

Eenheid 5: Europese reisigers ontdek Suider-Afrika

Les 14: Redes vir Europese ontdekkingsreise

Les 15: Leonardo da Vinci

Les 16: Galileo Galilei

Les 17: Nuwe idees en kennis

Les 18: Uitvindings – kruit, die magnetiese kompas en karvele

Fasiliteerdersgids

Eenheid 6: Handel en wins

Les 19: Europese handelsroetes na die Ooste via Suider-Afrika

2

3

Les 20: Bartolomeus Dias ontmoet die Khoi-Khoi

Les 21: Vasco da Gama se reis

Les 22: Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie

Eenheid 7: Demokrasie en burgerskap

Les 23: Hoe mense hulself in ’n demokrasie regeer –ons nasionale regering

Les 24: 1994 – die eerste demokratiese SuidAfrikaanse regering

Les 25: Parlement se rol

Les 26: Die belangrikheid van reëls en wette

Les 27: Die regstelsel en gelykheid volgens die wet

Les 28: Burgers se regte en verantwoordelikhede in ’n demokrasie

Les 29: Die Grondwethof

Eenheid 8: Kinderregte en -verantwoordelikhede

Les 30: Die Kinderhandves van Suid-Afrika

Eenheid 9: Nasionale simbole sedert 1994

Les 31: Die landswapen

Les 32: Die nasionale vlag

Les 33: Die nasionale volkslied

Eenheid 10: Mediese wetenskap oor die tyd heen

Les 34: Inheemse genesing in Suid-Afrika

Les 35: Identifisering en opleiding van nuwe genesers

SAMPLE

Eenheid 11: Moderne Westerse genesing

Les 36: Die stryd teen pokke en Edward Jenner se rol

4

Les 37: Die verband tussen kieme en siektes en Louis Pasteur se rol

Les 38: Kieme wat tuberkulose veroorsaak en Robert Koch se rol

Les 39: Die eerste antibiotika en Alexander Fleming se rol

Eenheid 12: Die skakel tussen holistiese en Westerse genesing

Les 40: Die verskil tussen holistiese en Westerse genesing

’n Afrika-koninkryk lank gelede in SuiderAfrika Eenheid 1

Leerdoelwitte

Aan die einde van die eenheid moet leerders die volgende kan doen:

● Ken en verstaan basiese begrippe.

● Verstaan en verduidelik veranderinge in die Limpopo-vallei tussen 900 en 1300.

● Kennis dra van nedersettings in die Limpopo-vallei voor Mapungubwe.

● Bestudeer Mapungubwe – inwoners se sosiale struktuur en leefwyse.

● ’n Begrip toon van argeologie en die belangrikheid van argeologiese studies en bewaring van geskiedkundige artefakte.

● Beskryf handel wat plaasgevind het.

● Oefen verskeie kognitiewe vlakke deurlopend: definieer, beskryf, verduidelik, evalueer, ontleed, ens.

Inleiding

Hierdie kwartaal en in hierdie eenheid gaan leerders van koninkryke in Suider-Afrika leer. Dit gaan oor die gemeenskappe wat deur middel van koop en verkoop deel van ’n veel groter wêreld geword het.

Help leerders om dit wat hulle leer vir jou soos ’n storie te vertel.

Belangrike terminologie

v.C. (BC) | n.C. (AD) | HJ (CE) | VHJ (BCE)

ca. (Circa) Argeoloog Artefak

Fasiliteerdersgids

Les 1

Veranderinge in die samelewing in die Limpopo-vallei

Indien jy ’n kaart het, wys leerders waar Limpopo is, of kyk andersins in die Geografiehandleiding vir ’n kaart. Bespreek die terme “HJ” en “VHJ”.

Les 2

Nedersettings voor Mapungubwe – K2 en Schroda

Aktiwiteit 1

1. ’n Persoon wat opgrawings maak om prehistoriese en historiese artefakte of voorwerpe te vind en te bestudeer om hulle te help om die verlede te rekonstrueer.  (1)

2. ’n Voorwerp wat in die verlede gemaak en/of gebruik is, bv. meubels, klere, eetgerei, gereedskap, juwele, ens. Artefakte kan baie waardevolle bronne van inligting vir geskiedkundiges wees, veral wanneer daar min/geen toegang tot geskrewe inligting is nie.  (1)

SAMPLE

3. Hierdie mense het nie alles neergeskryf oor wat hulle gedoen het nie. Argeoloë het eers in die 20ste eeu artefakte van die inwoners ontdek. Ons kan sekere afleidings oor hulle lewenswyses maak uit die inwoners van K2 en Schroda se gereedskap, juwele en geboue. Gelukkig is daar van hulle nageslagte wat ons ook meer inligting kan gee deur van hulle verhale en gebruike oor te vertel.  (1) [3]

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.