Intermediêre Fase Graad 5 • Fasiliteerdersgids Lewensvaardighede

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Fasiliteerdersgids

Graad 5

Aangepas vir KABV
LM van der Walt

G05 ~ Lewensvaardighede

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat die leerders aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.

AKTIWITEIT

Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

SAMPLE

G05 ~ Lewensvaardighede

VOORWOORD

Baie welkom in graad 5!

Die vak Lewensvaardighede dra daartoe by om elke leerder as geheel te ontwikkel. Dit vorm die middelpunt van die holistiese ontwikkeling van die leerder. Leerders word toegerus om hulle volle potensiaal te bereik op ’n fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale vlak. Die leerders word toegerus met kennis en vaardighede om hulle te help om as volronde mens in die samelewing te funksioneer. Die vak moedig leerders aan om lewensvaardighede te ontwikkel wat hulle sal toerus om op ’n doeltreffende wyse die aanslae van die samelewing te hanteer. Die leerders word ook aangemoedig om ’n aktiewe en verantwoordelike rol in die samelewing te kan speel.

Lewensvaardighede as vak bestaan uit drie afdelings:

• Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)

• Liggaamlike Opvoeding (LO)

• Skeppende Kunste (SK) – Uitvoerende Kunste en Visuele Kunste

Die handleiding is só saamgestel dat die drie afdelings inmekaar vloei. Die LO-aktiwiteite is nie agter in die handleiding geplaas nie, maar ingesluit in elke kwartaal se werk. Jy kan wel die lesinhoud aanpas volgens jou goeddunke, maar jy moet seker maak dat al die werk tydens die kwartaal gedek word.

Die handleiding is in oorleg met die KABV-vereistes opgestel. Persoonlike en Sosiale Welsyn leer leerders hoe om op te tree in die verhouding tot hulself en die omgewing en gemeenskap. Dit gee aan leerders die lewensvaardighede om ingeligte besluite te neem, ten opsigte van die alledaagse lewe. Dit sluit ook besluite oor persoonlike leefstyl, gesondheid en sosiale welsyn in.

Dit sal leerders help om moeilike situasies te kan hanteer. Dit fokus veral op drie onderwerpe:

1. Ontwikkeling van die self

2. Gesondheids- en omgewingsverantwoordelikheid

3. Sosiale verantwoordelikheid

Liggaamlike Opvoeding fokus op die fisiese ontwikkeling van die leerders. Die leerders leer van gesonde eet- en oefengewoontes, sodat hulle ingeligte besluite oor hul fiksheid en gesondheid kan neem.

Die laaste deel is Skeppende Kunste. Dit word verdeel in Uitvoerende Kunste en Visuele Kunste.

G05 ~ Lewensvaardighede

Uitvoerende Kunste stel leerders bloot aan dans, drama en musiek. Dit help die leerders om hul kreatiwiteit te ontwikkel en uit te brei. Die vier onderwerpe van Uitvoerend Kunste is:

• Opwarming en spel – voorbereiding van die liggaam en stem, en die gebruik van speletjies om die vaardighede aan te leer.

• Improviseer en skep – gebruik spontane kunsvaardighede om leer te demonstreer

• Lees, interpretasie en opvoering – leer die taal van die kunsvorm, interpretasie en opvoering van die kunsproduksies.

• Waardering en nadenke – demonstreer begrip en waardering van eie en ander se kunsproduksies.

Visuele Kunste fokus op die volgende drie aspekte:

1. Visuele geletterdheid

2. Ontwerpe in 2D

3. Ontwerpe in 3D

Die vak Lewensvaardighede het die volgende spesifieke doelstellings:

• Leerders te lei om hulle volle fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale potensiaal te bereik.

• Leerders te onderrig om hul grondwetlike regte en verantwoordelikhede te beoefen en om die regte van ander te respekteer.

• Leerders te lei om ingeligte en verantwoordelike besluite te neem oor hul gesondheid en omgewing.

• Kreatiewe, ekspressiewe en innoverende individue te ontwikkel.

• Vaardighede soos bewustheid van self, probleemoplossing, interpersoonlike verhoudinge, leierskap, besluitneming en effektiewe kommunikasie te ontwikkel.

• Leerders aan ervarings en die basiese vaardighede van dans, drama, musiek en visuele kunste, asook kunsgeletterdheid en -waardering, bloot te stel.

SAMPLE

• Leerders toe te laat om die gesondheidsvoordele van oefening te geniet en om sosiale vaardighede wat met deelname aan liggaamlike opvoeding gepaard gaan, te ontwikkel.

Alle formele assessering kan in die portefeuljeboek gevind word.

G05 ~ Lewensvaardighede

ROOSTER EN TYDSBESTUUR

Vier uur per week word aan Lewensvaardighede in die NKV toegeken. Die inhoud word oor 40 weke versprei om te verseker dat die kurrikulum gedek word.

GEWIG PER STUDIEVELD

Studieveld

Persoonlike en Sosiale

ASSESSERINGSVEREISTES

Assessering behoort sowel informeel en formeel te wees. Leerders moet gereelde terugvoering ontvang om die leerervaring te verbeter.

1. Informele of daaglikse assessering

Die doel van die assessering vir leer is om deurlopend inligting oor die leerder se prestasie in te samel wat gebruik word om leer te bevorder. Dit behels die daaglikse monitering van leerders se vordering. Dit word gedoen deur waarneming, bespreking, praktiese demonstrasies en informele klaskamer interaksies.

SAMPLE

Die aktiwiteite wat in die lesse geplaas is, is ’n wyse van informele assessering. Dit hoef nie nagesien te word nie, en tel nie enige punte nie. Dit is net belangrik om die leerder se antwoorde te bespreek met die leerder. Dit help die leerder ’n beter begrip en insig kweek in die lestema.

2. Formele assessering

Formele assesseringstake word nagesien en formeel opgeteken op die puntestate. Dit sluit in: toetse, take, projekte, eksamen en praktiese demonstrasies of opvoerings.

a. Assessering in Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)

Daar word van die leerder verwag om vier assesseringstake te voltooi. Dit vorm 30% van die totale punt vir die jaar.

G05 ~ Lewensvaardighede

Taak 1

Toets

Taak 2

Collage en opdrag

b. Assessering in Liggaamlike Opvoeding

Taak 3

Taak 4

Projek Eindeksamen

Die Liggaamlike Opvoedingstaak (LOT) word gedurende al vier die kwartale gedoen. Daar word verwag van die leerders om elke week aan die liggaamlike aktiwiteite deel te neem. Leerderdeelname en uitvoer van bewegings in die LOT word geassesseer deur middel van klaswaarneming en aan die einde van die kwartaal sal daarvan verslag gedoen word.

Kwartaal 1, 3 en 4 word geassesseer op grond van die tabel hieronder:

Assesseringsinstrument vir die LOT-take

Kriterium 1

Gereeldheid van deelname (20 punte)

0% = 0 punte

1 – 5% = 1 punt

6 – 10% = 2 punte

11 – 15% = 3 punte

16 – 20% = 4 punte 21 – 25% = 5 punte 26 – 30% = 6 punte 31 – 35% = 7 punte 36 – 40% = 8 punte

41 – 45% = 9 punte

46 – 50% = 10 punte

Kriterium 2

Uitkoms van die uitvoer van bewegings (10 punte)

SAMPLE

Benodig aansienlike aandag. Lei glad nie tot die gewenste uitkoms nie. (0 – 2 punte)

Benodig aandag en afronding, veral in bewegings wat nie tot die gewenste uitkoms lei nie.

(3 – 5 punte)

51 – 55% = 11 punte

56 – 60% = 12 punte

61 – 65% = 13 punte

66 – 70% = 14 punte

71 – 75% = 15 punte

Doeltreffend, effektief en gepas.

Bewegings lei meestal tot gewenste uitkoms.

(6 – 8 punte)

76 – 80% = 16 punte

81 – 85% = 17 punte

86 – 90% = 18 punte

91 – 95% = 19 punte

96 – 100% = 20 punte

Uitsonderlike vaardigheidsvlakke.

Bewegings lei altyd tot die gewenste uitkoms.

(9 – 10 punte)

Kwartaal 2 word geassesseer op die assesseringstabel soos gegee in hierdie fasiliteerdersgids by die spesifieke les. Dit assesseer spesifieke doelwitte wat die leerder moet bereik. Die LOT-take tel ook 30% van die totale punt per kwartaal.

c. Assessering in Skeppende Kunste

Die belangrikste doel van Skeppende kunste is dat die leerder ten volle betrokke moet wees by die leerervaring om kreatiwiteit, uitdrukking, kommunikasie op verskillende maniere en die genot van die kunste te ontwikkel.

G05 ~ Lewensvaardighede

Skeppende Kunste-jaarplan:

KWARTAAL 1: SKT (Visuele of Uitvoerende Kunste)

KWARTAAL 2: SKT (Uitvoerende of Visuele Kunste)

NEEM KENNIS: Teen die middel van die jaar moet beide bane geassesseer wees.

KWARTAAL 3: SKT (Visuele of Uitvoerende Kunste)

KWARTAAL 4: SKT (Uitvoerende of Visuele Kunste)

NEEM KENNIS: Teen die einde van die jaar moet beide bane vir die tweede keer geassesseer wees om vordering aan te dui.

Kodes en persentasie vir rekordhouding en rapportering

Prestasiekode

Beskrywing van vaardigheid Persentasie

7 Uitmuntende prestasie

6 Verdienstelike prestasie

5 Beduidende prestasie

4 Voldoende prestasie

3 Matige prestasie

– 100

– 79

– 69

– 59

– 49

2 Basiese prestasie 30 – 39

1 Ontoereikende prestasie 0 – 29

EENHEID

1

2

3

4

5

6

7

JAARPLAN

KWARTAAL 1

Les 1: Positiewe selfbeeldvorming

Les 2: Gee en ontvang terugvoer

Les 3: Hantering van emosies

Les 4: Verhoudings met vriende, ouer persone en vreemdelinge

Formele assessering

Les 5: Opwarming en spel

Les 6: Improviseer en skep

Les 7: Lees, interpreteer en opvoer

Les 8: Waardeer en nadenke

Les 9: Visuele geletterdheid

Les 10: Ontwerp in 2D

Les 11: Skep in 3D

Formele assessering

Les 12: Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van bewegingskombinasies

Les 13: Deelname aan bewegingskombinasies

Les 14: Uitvoer van bewegingskombinasies

Formele assessering

KWARTAAL 2

Les 15: Diskriminasie, stereotipering en vooroordeel

Les 16: Kindermishandeling

Les 17: Hantering van geweld

Les 18: Kwessies van ouderdom en geslag in verskillende kulture

Formele assessering

Les 19: Opwarming en spel

Les 20: Improviseer en skep

Les 21: Lees, interpreteer en opvoer

Les 22: Waardeer en nadenke

Formele assessering

Les 23: Visuele geletterdheid

Les 24: Ontwerp in 2D

Les 25: Skep in 3D

Formele assessering

8 Les 26: Opwarming en afkoeling – veiligheid tydens speletjies

8

9

10

Les 27: Deelname aan teikenspeletjies

Les 28: Uitvoer van bewegingspeletjies

Formele assessering

KWARTAAL 3

Les 29: Feeste en gebruike van verskeie religieë

Les 30: Veiligheidsmaatreëls by die huis en in die omgewing

Les 31: Water as belangrike basiese behoefte

Les 32: Gesonde eetgewoontes vir kinders

Formele assessering

Les 33: Opwarming en spel

Les 34: Improviseer en skep

Les 35: Lees, interpreteer en opvoer

Les 36: Waardeer en nadenke

Les 37: Visuele geletterdheid

Les 38: Skep in 2D

11

12

13

Les 39: Skep in 3D

Formele assessering

Les 40: Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van ritmiese bewegings

Les 41: Deelname aan ritmiese bewegings

Les 42: Uitvoer van ritmiese bewegings

Formele assessering

KWARTAAL 4

Les 43: Plaaslike omgewingsprobleme

Les 44: MIV/vigsopvoeding

Les 45: Misbruik van middels

Les 46: Opwarming en spel

Les 47: Improviseer en skep

14

Les 48: Lees, interpreteer en opvoer

Les 49: Waardeer en nadenke

Formele assessering

Les 50: Visuele geletterdheid

15

Les 51: Skep in 2D

Les 52: Skep in 3D

Les 53: Veiligheidsmaatreëls tydens baan- en velditems

16

Les 54: Deelname aan ’n verskeidenheid baan- en velditems

Les 55: Uitvoer van bewegings in atletiek

Formele assessering

KWARTAAL 1

EENHEID 1: Persoonlike en sosiale welsyn

LEERDOELWITTE

Nadat die leerders hierdie eenheid voltooi het, moet hulle die volgende kan doen:

INLEIDING

• Weet watter invloed ander mense het op jou selfbeeld en selfbeeldvorming.

• Bewus wees van hoe persoonlike suksesse kan bydrae tot ’n positiewe selfbeeld.

• Hoe om ’n aksieplan op te stel vir deurlopende positiewe selfbeeldvorming.

• Hoe om terugvoer van ander ontvang te hanteer, asook hoe om terugvoer aan ander te gee.

• Moet weet hoe om verskillende emosies te hanteer.

• Vaardighede te kan toepas om emosies positief te bestuur.

• Vriende kan waardeer in moeilike tye.

• Kan onderskei tussen veilige en onveilige verhoudings met ander persone.

SAMPLE

’n Persoon se selfbeeld is baie belangrik omdat dit bepaal hoe jy oor jouself voel. Dit is ook belangrik in jou optrede teenoor ander mense. Jou selfbeeld bepaal ook of jy suksesvol sal wees in dit wat jy aanpak. Die terugvoering wat jy van ander persone kry, kan positief of negatief wees. Dit is belangrik om dié terugvoer op die regte wyse te kan hanteer. Jy moet ook weet hoe om terugvoer te gee aan ander persone op die korrekte wyse. Dit is dus belangrik vir die leerder om die nodige leiding te ontvang.

Emosies is baie belangrik in die fase van die leerder se lewe. Die leerders se emosies is baie sensitief en soms voel hulle deurmekaar. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om emosies korrek te bestuur en uit te druk. Dit is belangrik om in die moeilike tye te kan staatmaak op vriende.

Laastens gaan ons kyk na verhoudings met ander persone. Die leerder moet kan leer onderskei tussen slegte en goeie verhoudings. Die ondervindinge kan die leerder later in die lewe help as hulle belangrike besluite met betrekking tot verhoudings moet neem.

BELANGRIKE TERMINOLOGIE

• Selfbeeld: Wat jy van jouself dink.

• Ambisie: Die begeerte wat jy binne-in jou het om te presteer en suksesvol te wees.

• Selfrespek: Om in jouself te glo en nie dinge te doen wat jou benadeel nie.

• Vasberadenheid: Iemand wat nie opgee nie, wat uithou en aanhou – ongeag die omstandighede.

• Terugvoering: Inligting wat deur iemand aan jou gegee word, om aan jou te sê of jy iets goed of sleg gedoen het. Jy kan ook ander persone terugvoer gee oor hulle aksies.

• Strategie: ’n Plan van aksie uitwerk.

• Emosies: Die gevoelens wat jy voel, bv. kwaad, hartseer, vrolik ens.

• Simpatie: As jy jammer voel vir ’n ander persoon.

Les 1: Positiewe selfbeeldvorming (3 uur)

Aanbevole hulpmiddels: handleiding, plakkate oor die onderwerp en boeke oor die onderwerp

AKTIWITEIT 1

1. Die leerder kan enige gepaste antwoord gee, soos bv. “’n maat het vir my gesê ek is dom” Leerder moet ten minste VYF dinge noem.

2. Voer met die leerder ’n gesprek oor sy/haar antwoorde in 1. Praat oor hoe dit die leerder laat voel het. Wees sensitief teenoor die leerder se emosies.

SAMPLE

3. Bespreek die leerder se hantering van die situasie. Gee die leerder leiding en raad oor hoe om korrek op te tree in sekere situasies waar hulle voel hul selfbeeld word afgekraak.

AKTIWITEIT 2

1. Leerder gee eie gepaste antwoord. Gee die leerder leiding om sy/haar sterk eienskappe te identifiseer. Vra die leerder vrae soos: Wat kan jy goed doen? Watter eienskappe het jy gebruik toe jy sukses behaal het in ’n toets/sport ens.? Leerder moet ten minste VYF eienskappe lys.

2. Leerder gee eie gepaste antwoord. Gee leerder leiding om dié eienskappe waaroor hy/sy graag sou wou oor beskik te identifiseer. Vra die leerder vrae soos: Oor watter goeie eienskap sal jy graag wil beskik? Leerder moet ten minste VYF eienskappe noem.

3. Die leerder moet ’n plan gee van hoe hy/sy die eienskappe wat hy/sy graag wil bekom, sal bereik. Bv. die leerder wil graag goed doen in wiskunde. Die leerder moet dus harder werk in wiskunde en na die ekstra klasse gaan. Help die leerder om oplossings te vind en gee duidelike leiding aan die leerder.

4. Voer deurentyd ’n bespreking met die leerder oor al die vrae gevra en die antwoorde. Verskaf deurentyd leiding en raad aan die leerder.

AKTIWITEIT 3

1. Die leerder gebruik foto’s en prente van tydskrifte om ’n collage te maak van al sy/haar positiewe eienskappe. Dit kan dinge wees soos: vinnig hardloop, goed swem, mooi teken, ens.

2. Hieronder is slegs ’n voorbeeld as riglyn vir die fasiliteerder. Die leerder se collage kan heelwat groter wees.

SAMPLE

AKTIWITEIT 4

1. Leerder se eie gepaste antwoorde. Leerder noem enige van sy/haar sterkpunte. Bv. Ek is goed in Wiskunde, ek kan hard werk ens.

2. Leerder se eie gepaste antwoorde. Leerder gee ’n aantal van sy/haar suksesse. Bv. ek het goed gedoen in my Wiskundetoets, nadat ek die Wiskunde ekstra klas begin bywoon het.

3. Leerder moet aksieplan opstel om sy/haar selfbeeld deurlopend op ’n positiewe wyse te bou. Die fasiliteerder gee leiding en raad aan die leerder en help die leerder om die gepaste stappe te volg om ’n aksieplan op te stel. Gebruik die antwoorde in aktiwiteit 1 tot 3 om die aksieplan op te stel.

4. Die stappe is as volg:

a. Vind jou sterkpunte

Watter dinge kan jy baie goed doen?

Watter onlangse suksesse is jy baie trots op?

b. Kweek ’n positiewe houding teenoor jouself

Sê vir jouself positiewe dinge oor jouself

Glo dat jy sukses gaan behaal

c. Werk aan jou swakhede

Identifiseer jou swak punte

Stel ’n plan op om die dinge te verander in positiewe punte

d. Moenie bang wees vir nuwe uitdagings nie

Wees positief oor elke nuwe uitdaging, al is dit baie moeilik

Deur nuwe uitdagings leer ons om nuwe dinge te doen

AKTIWITEIT 5

1. Jyself

2. Vier jou oorwinnings. / Vier elke klein prestasie. / Raak lief vir jou voorkoms. / Sê “ek kan” in plaas van “ek kan nie”. / Hou ’n dagboek van al jou prestasies. / Enige ander gepaste antwoord.

3. Leerder se eie antwoord.

SAMPLE

4. Leerder se eie antwoord.

5. Leerder se eie antwoord.

AKTIWITEIT 6

1. Sy is ’n goeie hokkiespeler.

2. Sy wil graag die Gauteng-span vir hokkie behaal.

3. Leerder se eie afleidings. Voorbeelde: Sy is selfgemotiveerd, georganiseerd, gedissiplineerd, gebalanseerd, eet gesond, slaap genoeg.

4. Leerder se eie gepaste antwoord. ’n Moontlike antwoord kan wees: As ’n mens iets wil bereik, moet jy hard daarvoor werk.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.