Intermediêre Fase Graad 5 • Handleiding Lewensvaardighede
Graad 5 • Handleiding Lewensvaardighede
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Lewensvaardighede
Handleiding
Graad 5
SAMPLE
Aangepas vir KABV
LM van der Walt
LESELEMENTE
LEERDOELWITTE
Wat die leerder s aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van hierdie les uit te brei.
AKTIWITEIT
Vrae deur die les wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.
SAMPLE
Handleiding G05 ~ Lewensvaardighede
VOORWOORD
Baie welkom in graad 5!
Die vak lewensvaardighede dra daartoe by om jou as leerder as geheel te ontwikkel. Dit beteken dat dit jou leer van baie verskillende dinge sodat jy op fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale vlak jou volle potensiaal kan bereik. Jy word toegerus met kennis en vaardighede om jou te help om as volwaardige mens in die samelewing te kan funksioneer. Die vak moedig jou aan om lewensvaardighede te ontwikkel wat jou sal toerus om op doeltreffende wyse die aanslae van die samelewing te hanteer. Jy sal ook dan ’n aktiewe en verantwoordelike rol in die samelewing kan speel.
Lewensvaardighede as vak bestaan uit drie afdelings:
• Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)
• Liggaamlike Opvoeding (LO)
• Skeppende Kunste (SK)
Die handleiding is só saamgestel dat die drie afdelings inmekaar vloei. Die LO - aktiwiteite is dus nie agter in die handleiding geplaas nie, maar word by elke kwartaal se werk ingesluit. Jy en jou fasiliteerder kan wel die lesinhoud aanpas soos wat julle goeddink, maar julle moet seker maak dat AL die werk deur die kwartaal gedek word. Indien jy byvoorbeeld een LOles ’n week wil kry, kan jy.
Persoonlike en Sosiale Welsyn leer jou hoe om op te tree in die verhouding tussen jouself en jou omgewing en gemeenskap. Dit gee aan jou die lewensvaardighede om ingeligte besluite te neem ten opsigte van die alledaagse lewe. Dit sluit ook besluite in oor jou persoonlike leefstyl, gesondheid en sosiale welsyn.
Dit sal jou help om moeilike situasies te kan hanteer. Dit fokus veral op drie onderwerpe:
• Ontwikkeling van die self
• Gesondheids- en omgewingsverantwoordelikheid
• Sosiale verantwoordelikheid
Liggaamlike Opvoeding fokus op fisiese ontwikkeling. Jy leer van gesonde eet - en oefengewoontes sodat jy gesond en fiks kan wees.
Die laaste deel is Skeppende Kunste. Dit stel jou bloot aan dans, drama, musiek en visuele kunste. Dit help jou om jou kreatiwiteit te ontwikkel en uit te brei. Skeppende Kunste fokus op die volgende drie aspekte:
• Visuele geletterdheid
• Ontwerpe in 2D
• Ontwerpe in 3D
Al die formele assessering kan in die portefeuljeboek gevind word.
EENHEID
1
2
3
4
5
6
7
8
JAARPLAN
KWARTAAL 1
Les 1: Positiewe selfbeeldvorming
Les 2: G ee en ontvang terugvoer
Les 3: Hantering van emosies
Les 4: Verhoudings met vriende, ouer persone en vreemdelinge
Formele assessering
Les 5: O pwarming en spel
Les 6: I mproviseer en skep
Les 7: Lees, interpreteer en opvoer
Les 8: Waardeer en nadenke
Les 9: Visuele geletterdheid
Les 10: Ontwerp in 2D
Les 11: Skep in 3D
Formele assessering
Les 12: Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van bewegingskombinasies
Les 13: Deelname aan bewegingskombinasies
Les 14: Uitvoer van bewegingskombinasies
Formele assessering
KWARTAAL 2
Les 15: Diskriminasie, stereotipering en vooroordeel
Les 16: Kindermishandeling
Les 17: Hantering van geweld
Les 18: Kwessies van ouderdom en geslag in verskillende kult ure
Formele assessering
Les 19: O pwarming en spel
Les 20: I mproviseer en skep
Les 21: Lees, interpreteer en opvoer
Les 22: Waardeer en nadenke
Formele assessering
Les 23: Visuele geletterdheid
Les 24: O ntwerp in 2D
Les 25: Skep in 3D
Formele assessering
Les 26: O pwarming en afkoeling – veiligheid tydens speletjies
8
9
Les 27: Deelname aan teikenspeletjies
Les 28: Uitvoer van bewegingspeletjies
Formele assessering
KWARTAAL 3
Les 29: Feeste en gebruike van verskeie religieë
Les 30: Veiligheidsmaatreëls by die huis en in die omgewing
Les 31: Water as belangrike basiese behoefte
Les 32: G esonde eetgewoontes vir kinders
Formele assessering
Les 33: O pwarming en spel
Les 34: I mproviseer en skep
10
Les 35: Lees, interpreteer en opvoer
Les 36: Waardeer en nadenke
Les 37: Visuele geletterdheid
Les 38: Skep in 2D
11
12
13
Les 39: Skep in 3D
Formele assessering
Les 40: Veiligheidsmaatreëls ten opsigte van ritmiese bewegings
Les 41: Deelname aan ritmiese bewegings
Les 42: Uitvoer van ritmiese bewegings
Formele assessering
KWARTAAL 4
Les 43: Plaaslike omgewingsprobleme
Les 44: MIV/vigsopvoeding
Les 45: M isbruik van middels
Les 46: O pwarming en spel
Les 47: I mproviseer en skep
14
Les 48: Lees, interpreteer en opvoer
Les 49: Waardeer en nadenke
Formele assessering
Les 50: Visuele geletterdheid
15
Les 51: Skep in 2D
Les 52: Skep in 3D
Les 53: Veiligheidsmaatreëls tydens baan- en velditems
16
Les 54: Deelname aan ’n verskeidenheid baan- en velditems
Les 55: Uitvoer van bewegings in atletiek
Formele assessering
EENHEID
1: Persoonlike en sosiale welsyn
LEERDOELWITTE
Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:
• Jy moet weet watter invloed ander mense het op jou selfbeelden selfbeeldvorming.
INLEIDING
• Bewus wees van hoe persoonlike suksesse kan bydrae tot ’n positiewe selfbeeld.
• Hoe om ’n aksieplan op te stel vir deurlopende positiewe selfbeeldvorming.
• Hoe om terugvoer van ander ontvang te hanteer, asook hoe om terugvoer aan ander te gee.
• Jy moet weet hoe om verskillende emosies te hanteer.
• Vaardighede te kan toepas om emosies positief te bestuur.
• Jou vriende kan waardeer in moeilike tye.
• Kan onderskei tussen veilige en onveilige verhoudings met ander persone.
SAMPLE
Jou selfbeeld is baie belangrik omdat dit bepaal hoe jy oor jouself voel. Dit is belangrik in jou optrede teenoor ander mense. Jou selfbeeld bepaal ook of jy suksesvol sal wees in dit wat jy aanpak. Die terugvoer wat jy van ander persone kry kan positief of negatief wees. Dit is belangr ik om dié terugvoer op die regte wyse te kan hanteer. Jy moet ook weet hoe om terugvoer te gee aan ander persone op die korrekte wyse.
Emosies is baie belangrik in die fase van jou lewe. Jou emosies is baie sensitief en soms voel jy deurmekaar. Dit is daarom belangrik om te weet hoe om jou emosies korrek te bestuur en uit te druk. Dit is belangrik om in die moeilike tye op jou vriende te kan staatmaak.
Laastens gaan ons kyk na jou verhoudings met ander persone. Jy moet leer hoe om te onderskei tussen slegte en goeie verhoudings. Die ondervindinge kan jou later in jou lewe help wanneer jy belangrike besluite met betrekking tot verhoudings moet neem.
BELANGRIKE TERMINOLOGIE
• Selfbeeld: Wat jy van jouself dink.
• Ambisie: Die begeerte wat jy binne- in jou het om te presteer en suksesvol te wees.
• Selfrespek: Om in jouself te glo en nie dinge te doen wat jou benadeel nie.
• Vasberadenheid: Iemand wat nie opgee nie, wat uithou en aanhou – ongeag die omstandighede.
• Terugvoering: Inligting wat deur iemand aan jou gegee word, om aan jou te sê of jy iets goed of sleg gedoen het. Jy kan ook ander persone terugvoer gee oor hulle aksies.
• Strategie: ’n Plan van aksie uitwerk.
• Emosies: Die gevoelens wat jy voel, bv. kwaad, hartseer, vrolik ens.
• Simpatie: As jy jammer voel vir ’n ander persoon.
Les 1: Positiewe selfbeeldvorming
Aanbevole hulpmiddels: handleiding, plakkate oor die onderwerp en boeke oor die onderwerp
1.1 Die invloed op ander met betrekking tot selfbeeld: volwassenes en vriende
Jou selfbeeld is die prentjie wat jy van jouself sien. Dit sluit in:
• Jou sosiale karakter
Is jy gesellig?
Is jy skaam?
Is jy selfversekerd?
SAMPLE
• Jou fisiese voorkoms
Is jy lank?
Is jy vet?
Is jy mooi?
• Jou denke
Is jy positief of negatief?
Is jy gelukkig?
Kan jy maklik besluite neem?
Jou selfbeeld is jou begrip van jou eie, unieke kenmerke. Jou selfbeeld word egter nie net deur jou eie siening van jouself beïnvloed nie. Die dinge wat ander mense van ons sê en hoe ander mense teenoor ons optree, beïnvloed ook ons selfbeeld.
Persone wat jou selfbeeld kan afbreek of opbou sluit die volgende in:
• Jou gesin
Wat verwag jou gesin van jou?
Ondersteun jou gesin jou of kraak hulle jou af?
Voel jy soms dat jy nie aan jou gesin se verwagtinge voldoen nie?
• Jou vriende en portuurgroep
Laat hulle jou soms minderwaardig voel?
Voel jy dat jy nie so sterk/mooi/slim soos ander is nie?
Aanvaar jou vriende jou vir wie jy is?
• Media
Die media plaas ook druk op tieners om op ’n sekere wyse op te tree of hoe jy moet lyk.
Voel jy vet en lelik teen die perfekte filmsterre? Dit is die media se hele doel. Hulle adverteer veral hulle produkte met die belofte dat dit jou beter oor jouself sal laat voel.
• Skoolverwagtinge
Jy voel dalk dat jou skool en die onderwysers te hoë verwagtinge aan jou stel. Dit laat jou baie stresvol voel en as jy nie aan hulle verwagtinge voldoen nie, voel jy soos ’n mislukking.
AKTIWITEIT 1
1. Maak ’n lys van enige VYF dinge wat iemand al vir jou gesê het, wat jou selfbeeld negatief beïnvloed het.
2. Bespreek met jou fasiliteerder/maat/ouer hoe dit jou laat voel het.
3. Hoe het jy die situasies hanteer? Bespreek dit met jou fasiliteerder/maat/ ouer.
1.2 Persoonlike suksesse as ’n bydraende faktor tot ’n positiewe selfbeeld
Voordat jy sukses kan bereik, moet jy ’n goeie selfbeeld hê. ’n Suksesvolle persoon voel goed oor hom/haarself, omdat hulle hul doelwitte bereik het. Jy moet aan ’n goeie selfbeeld werk. Die volgende elemente kan daartoe bydrae:
• Staan en loop met ’n goeie liggaamspostuur. Dit sal jou dadelik beter laat voel oor jouself.
• Leer uit jou foute en bou positief daarop.
• Kweek ’n positiewe lewenshouding.
• Wees lief vir jouself.
• Spandeer tyd met mense wat jou bemoedig en positief beïnvloed.
• Leef gesond – eet reg en oefen gereeld.
• Bederf jouself ook soms deur iets lekker te doen.
As jy om jou kyk na al die mees suksesvolle persone, sal jy sien almal van hulle oor sekere eienskappe beskik. Dit maak hulle meer geneig om sukses te behaal as ander persone. Die eienskappe is:
• Die toewyding om by jou plan van sukses te hou.
• Die ambisie om te presteer en dinge beter as ander te doen.
• Die toepassing van goeie probleemoplossing om oplossings te vind vir probleme.
• Die persone glo in hulle eie vermoëns en het baie selfrespek.
• Suksesvolle persone is vasberade en gooi nie tou op nie.
• Suksesvolle persone kan goeie en vinnige besluite neem.
• Suksesvolle mense is nie bang vir nuwe situasies nie en het baie moed.
Wanneer jy goed voel oor jouself, is jou kanse groter om alles te bereik wat jy graag wil. Dit laat jou ook goed voel oor jouself as jy suksesvol is.
AKTIWITEIT 2
1. Maak ’n lys van t en minste VYF eienskappe waaroor jy beskik wat jy dink jou kan help om suksesvol te wees.
2. Maak ’n lys van ten minste VYF eienskappe waaroor jy graag sou wou beskik.
3. Hoe sal jy te werk gaan om die eienskappe wat jy in nr. 2 genoem het, te verkry?
4. Bespreek jou antwoorde met jou maats/fasiliteerder of ouer.
AKTIWITEIT 3
1. Gebruik jou antwoorde in aktiwiteit 2 vraag 1 en maak ’n collage van jou positiewe eienskappe wat gaan bydrae tot jou sukses.
SAMPLE
2. Gebruik foto’s of prente uit tydskrifte om jou collage te maak.
1.3 Aksieplan vir deurlopende positiewe selfbeeldvorming
Jy gaan nie elke dag dieselfde voel nie. Party dae voel jy positief en ander dae voel jy weer baie negatief. Dit is dus belangrik om deurlopend te werk aan jou selfbeeld, al voel jy nie so positief nie. Daarom is dit belangrik om ’n aksieplan daar te stel om jou te motiveer. Kom ons kyk eerstens na selfmotivering.
Wat is selfmotivering?
Dit is die vermoë om goed te doen wat jy moet doen sonder die invloed van ander mense. Mense met selfmotivering kan op hulle eie die rede en die krag vind om ’n taak te voltooi, self wanneer dit uitdagend is en selfs sonder die aanmoediging van ander mense.
Hoe kan ek self gemotiveerd word?
• Fokus op wat jy geniet om te doen.
• Maak ’n lys van dinge wat jy wil verbeter en hoe jy dit gaan doen.
• Hersien al die suksesse wat jy reeds behaal het.
• Beloon jouself vir elke sukses wat jy behaal.
• Lees inspirerend boeke.
• Stel doelwitte vir jouself.
• As jy negatief voel en moed verloor, kontak ’n vriend wat jou kan positief bemoedig.
Kom ons vat nou ’n AKSIEPLAN saam om jou te help om deurlopend jou selfbeeld te vorm en te bou op ’n positiewe wyse:
1. Vind jou sterkpunte
Watter dinge kan jy baie goed doen?
Watter onlangse suksesse is jy baie trots op?
2. Kweek ’n positiewe houding teenoor jouself
Sê vir jouself positiewe dinge oor jouself
Glo dat jy sukses gaan behaal
3. Werk aan jou swakhede
Identifiseer jou swak punte
Stel ’n plan op om die dinge te verander in positiewe punte
4. Moenie bang wees vir nuwe uitdagings nie
Wees positief oor elke nuwe uitdaging, al is dit baie moeilik
Deur nuwe uitdagings leer ons om nuwe dinge te doen
AKTIWITEIT 4
SAMPLE
1. Maak ’n lys van al jou sterkpunte.
2. Maak ’n lys van al jou suksesse.
3. Stel vir jouself ’n aksieplan op.
4. Plak die lysies op ’n plek waar jy dit elke dag kan sien.
5. Herinner jouself dan elke dag dat jy ’n suksesvolle persoon gaan word!
1.4 Lees oor aktiwiteite en aksies wat positiewe selfbeeld bou
Lees die artikel.
Bou jou eie selfbeeld
Al is dit so dat ’n groot gedeelte van jou selfbeeld gevorm word deur wat ander mense van jou dink, hoef jy nie altyd te wag tot jou ouers, onderwysers of maats iets goeds vir jou sê nie. Uiteindelik is jy die enigste een wat kan bepaal hoe jy regtig oor jouself voel.
Vier self jou oorwinnings
Jy ken jouself die heel beste. Jy weet waarvoor jy bang is of wanneer jy iets regkry wat jy nie voorheen kon nie. Dit hoef nie altyd iets groots soos volpunte vir ’n toets te wees nie. Vier ook jou klein prestasies, soos die som wat jy vir die eerste keer reggekry het, jou grappie wat jou maats laat lag het of die krieketwedstryd wat jou span gewen het.
Dis nie nodig om ’n goue sterretjie op jou voorkop te kry nie, maar jy kan aan die einde van die dag sommer in jou dagboek neerskryf wat jy reggekry het. Iets wat jy altyd kan lees wanneer jy sleg oor jouself voel.
Raak lief vir jou voorkoms
Het jy al ’n fliek gekyk en gewens jy lyk soos een van die hoofkarakters? Of na jou maatjies se profielfoto op WhatsApp en gewens jy het ook perfekte hare gehad?
Die waarheid is dat dinge nie altyd is soos dit lyk nie. Met selfoon- en rekenaarprogramme kan foto's so verander word dat almal mooi genoeg is om op die voorblad van 'n tydskrif te wees. Dink hoe vervelig sou dit wees as almal dieselfde gelyk het.
SAMPLE
Gaan kyk na jou familie as jy weer keer ongelukkig oor jou lyf of voorkoms is. Jou gene is die grootste bepaler van hoe jy lyk. As jou ma of pa lank is, gaan jy waarskynlik ook lank wees. Waar ander kinders begeer om ook lank te wees, voel jy miskien soos ’n reus as jy altyd in die agterste ry moet staan wanneer daar foto’s geneem word. Daardie einste lengte wat jou so skaam maak, is die bewys dat jy behoort en deel van ’n familie met lang mense is.
Om ’n goeie selfbeeld te hê, lê in jou hande. Vervang elke “kan nie” na ’n “kan”. Almal op hierdie aarde is goed met ten minste een ding – jy moet net uitvind waarmee jy goed is.
AKTIWITEIT 5
Beantwoord die volgende vrae.
1. Wie is die belangrikste persoon wat aan jou selfbeeld moet bou?
2. Noem twee dinge wat jy kan doen om jou selfbeeld te bou.
3. Noem ten minste een ding wat jy baie goed kan doen of waarin jy baie goed is.
4. Noem ten minste een eienskap van jouself waarvan jy baie hou.
5. Aard jy meer na jou ma of jou pa? Waarom sê jy so?
Die volgende is ’n gevallestudie:
Hester is ’n goeie hokkiespeler. Sy vaar goed by die skool se hokkie wedstryde. Sy wil graag die Gauteng span haal. Sy het nog elke jaar die span gemis, maar sy is vasbeslote om hierdie jaar die span te haal. Sy oefen elke dag baie hard. Sy staan baie vroeg op elke oggend en gaan oefen dan voor skool op die hokkie veld. Sy kry drie middae per week ekstra oefening, buiten haar gewone oefening by die skool. Sy neem ook naweke deel aan wedstryde.
Hester moet baie georganiseerd en gedissiplineerd wees. Sy ruim ook nog tyd in vir haar skoolwerk en skooltake. Sy het ook baie pret saam met haar maats in haar vrye tyd. Sy is dus baie gedissiplineerd. Sy eet gesond en slaap genoeg, want die oefening verg baie energie. Hester sê dat sy baie meer gefokus is vandat sy vir haar ’n doelwit gestel het. Dit help haar om haar droom te bereik.
AKTIWITEIT 6
Beantwoord die volgende vrae.
1. Watter spesiale talent het Hester?
2. Watter doelwit het Hester vir haarself gestel?
3. Watter sterkpunte het Hester?
4. Wat kan jy leer by Hester?
Les 2: Gee en ontvang terugvoer
Aanbevole hulpmiddels: handleiding, koerantberigte en tydskrifte
2.1 Gepaste maniere om terugvoering te gee en te ontvang: positiewe en negatiewe terugvoering
SAMPLE
Terugvoering is die inligting wat ons kry van die mense om ons. Dit is die wyse waarop iemand vir ons sê hoe ons gevaar het in ’n taak. Terugvoering is belangrik om aan jou die inligting te gee wat jy nodig het om te weet waar jy verkeerd gedoen het en hoe jy daarop kan verbeter. Dit kan jou help in jou beplanning vir die toekoms. Dit hou jou gemotiveerd, sodat jy jou beste kan doen.
Lees die volgende gevallestudie: Mareli en Kesha is in dieselfde klas. Mnr. Fourie gee aan die klas ’n taak wat handel oor die Industriële Rewolusie. Mareli en Kesha besluit om saam te werk aan die taak, as ’n groep. Kesha is baie perfeksionisties en kritiseer Mareli se werk die hele tyd. Niks wat Mareli bydrae tot die taak is goed genoeg nie. Mareli raak moedeloos en besluit dat sy nie meer saam met Kesha wil werk nie. Mareli gaan doen die taak op haar eie, maar sê dit nie vir Kesha nie. Die dag toe die taak ingehandig moet word handig Kesha net die helfte van die taak in en Mareli handig ’n volledige taak in. Kesha is baie ongelukkig en wil nie meer maats wees met Mareli nie.