Intermediêre Fase Graad 6 • Handleiding Lewensvaardighede

Page 1


Intermediêre Fase

Graad 6 • Handleiding Lewensvaardighede

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Handleiding

Graad 6

SAMPLE

Aangepas vir KABV
LM van der Walt

Handleiding

Leerdoelwitte

Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit KABV.

Leselemente

Belangrike terminologie

Nuwe terminologie om die begrip van die vak as deel van die les uit te brei.

Definieer

Definisies van konsepte om die inhoud te verstaan.

Aktiwiteit

Vrae wat voltooi moet word ten einde die kennis van die voltooide les te toets.

Wenke

Enige inligting anders as die inhoud, om die leerder deur die leerproses te begelei.

SAMPLE

Kerninhoud

Beklemtoon die kern van die inhoud, in-diepte verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; moet verstaan word.

Studeer/Hersiening

Tyd wat spandeer word om die inhoud te bestudeer in die afsluiting van die eenheid en ter voorbereiding vir die toets of eksamen.

Vir die nuuskieriges

Aansporing om die inhoud in diepte na te vors. Brei die aktiwiteit en oefening tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken. Vir die begaafde leerder: uitgebreide oefeninge.

Vir Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes* (LSOB): Verduidelik die noodsaaklikheid om die basiese vrae te voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

*LSEN in algemene taalgebruik.

*Alle leselemente word nie noodwendig in hierdie gids gebruik nie.

Voorwoord

Baie welkom in graad 6!

Die vak lewensvaardighede dra daartoe by om jou as leerder as geheel te ontwikkel. Dit beteken dat dit jou leer van baie verskillende dinge sodat jy op fisiese, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale vlak jou volle potensiaal kan bereik. Jy word toegerus met kennis en vaardighede om jou te help om as volwaardige mens in die samelewing te kan funksioneer. Die vak moedig jou aan om lewensvaardighede te ontwikkel wat jou sal toerus om op doeltreffende wyse die aanslae van die samelewing te hanteer. Jy sal ook dan ’n aktiewe en verantwoordelike rol in die samelewing kan speel.

Lewensvaardighede as vak bestaan uit drie afdelings:

● Persoonlike en Sosiale Welsyn (PSW)

● Liggaamlike Opvoeding (LO)

● Skeppende Kunste (SK) – Visuele Kunste (VK) en Uitvoerende Kunste (UV)

Die handleiding is só saamgestel dat die drie afdelings inmekaar vloei. Die LO-aktiwiteite is dus nie agter in die handleiding geplaas nie, maar word by elke kwartaal se werk ingesluit. Jy en jou fasiliteerder kan wel die lesinhoud aanpas soos wat julle goeddink, maar julle moet seker maak dat AL die werk deur die kwartaal gedek word. Indien jy byvoorbeeld een LO-les ’n week wil kry, kan jy.

SAMPLE

Persoonlike en Sosiale Welsyn leer jou hoe om op te tree in die verhouding tussen jouself en jou omgewing en gemeenskap. Dit gee aan jou die lewensvaardighede om ingeligte besluite te neem ten opsigte van die alledaagse lewe. Dit sluit ook besluite in oor jou persoonlike leefstyl, gesondheid en sosiale welsyn.

Dit sal jou help om moeilike situasies te kan hanteer. Dit fokus veral op drie onderwerpe:

● Ontwikkeling van die self

● Gesondheids- en omgewingsverantwoordelikheid

● Sosiale verantwoordelikheid

Liggaamlike Opvoeding fokus op fisiese ontwikkeling. Jy leer van gesonde eet- en oefengewoontes sodat jy gesond en fiks kan wees.

Handleiding

Die laaste deel is Skeppende Kunste. Dit stel jou bloot aan dans, drama, musiek en visuele kunste. Dit help jou om jou kreatiwiteit te ontwikkel en uit te brei. Skeppende Kunste fokus op die volgende drie aspekte:

● Visuele geletterdheid

● Skep in 2D

● Ontwerp in 3D

Al die formele assessering kan in die portefeuljeboek gevind word.

Jaarplan

Hou die volgende in gedagte wanneer jy jou jaar beplan:

● Wees realisties en buigsaam

● Hou jou ander vakroosters in gedagte

● Laat genoeg tyd om vir toetse en eksamens te studeer

Kwartaal Eenheid en les

Eenheid 1: Persoonlike en sosiale welsyn

Les 1: Positiewe selfbeeld – liggaamsbeeld

Les 2: Vermoëns, belangstellings en potensiaal

Les 3: Groepsdruk

Les 4: Probleemoplossingsvaardighede in konfliksituasies

Eenheid 2: Uitvoerende kunste

SAMPLE

Datum begin Datum voltooi 1

Les 5: Opwarming en spel

Les 6: Improviseer en skep

Les 7: Lees, interpreteer en opvoer

Les 8: Waardeer en nadenke

Eenheid 3: Visuele kunste

Les 9: Visuele geletterdheid

Les 10: Skep in 2D

Les 11: Ontwerp in 3D

1

Eenheid 4: Liggaamlike opvoeding

Les 12: Veiligheidsmaatreëls tydens slaan- en veldwerkspeletjies

Les 13: Uitvoer van bewegings in slaan- en veldwerkspeletjies

Les 14: Deelname aan slaan- en veldwerkspeletjies

Eenheid 5: Persoonlike en sosiale welsyn

Les 15: Selfbestuursvaardighede

Les 16: Afknouery

Les 17: Kulturele deurgangsrites

Les 18: Menswaardigheid in religie

Eenheid 6: Uitvoerende kunste

Les 19: Opwarming en spel

Les 20: Improviseer en skep

Les 21: Lees, interpreteer en opvoer

Les 22: Waardeer en nadenke

2

3

Eenheid 7: Visuele kunste

Les 23: Visuele geletterdheid

Les 24: Skep in 2D

Les 25: Ontwerp in 3D

Eenheid 8: Liggaamlike opvoeding

Les 26: Veiligheidsmaatreëls tydens fisiese fiksheidsaktiwiteite

Les 27: Uitvoer van bewegings in ’n fisiese fiksheidsprogram

Les 28: Deelname aan ’n fiksheidsprogram

Eenheid 9: Persoonlike en sosiale welsyn

Les 29: Versorging van diere

Les 30: Versorging van mense

Les 31: Nasiebou en kulturele erfenis

Les 32: Geslagstereotipering, seksisme en mishandeling

Eenheid 10: Uitvoerende kunste

Les 33: Opwarming en spel

Les 34: Improviseer en skep

Les 35: Lees, interpreteer en opvoer

Les 36: Waardeer en nadenke

Handleiding

Eenheid 11: Visuele kunste

Les 37: Visuele geletterdheid

Les 38: Skep in 2D

Les 39: Ontwerp in 3D

Eenheid 12: Liggaamlike opvoeding

3

4

Les 40: Veiligheidsmaatreëls tydens ritmiese bewegings

Les 41: Uitvoer van ritmiese patrone/bewegings met koördinasie en beheer

Les 42: Deelname aan ritmiese patrone/bewegings met koördinasie en beheer

Eenheid 13: Persoonlike en sosiale welsyn

Les 43: Basiese noodhulp

Les 44: Voedselhigiëne

Les 45: Oordraagbare siektes

Les 46: MIV/vigsopvoeding

Eenheid 14: Uitvoerende kunste

Les 47: Opwarming en spel

Les 48: Improviseer en skep

Les 49: Lees, interpreteer en opvoer

Les 50: Waardeer en nadenke

Eenheid 15: Visuele kunste

Les 51: Visuele geletterdheid

Les 52: Skep in 2D

Les 53: Ontwerp in 3D

Eenheid 16: Liggaamlike opvoeding

SAMPLE

Les 54: Veiligheidsmaatreëls tydens gimnastiek- of swemaktiwiteite

Les 55: Uitvoer van gimnastiek- of swemaktiwiteite

Les 56: Deelname aan gimnastiek- of swemaktiwiteite

Persoonlike en sosiale welsyn Eenheid 1

Leerdoelwitte

Ná jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy die volgende kan doen:

● Begrip en respek te hê vir liggaamsveranderinge.

● Die invloede van die media en gemeenskap op jou liggaamsbeeld te identifiseer.

● Jouself aanvaar vir wie jy is.

● Jou eie vermoëns, belangstellings en potensiaal kan identifiseer.

● Geleenthede skep om die meeste te maak van jou eie vermoëns, belangstellings en potensiaal.

● Groepsdruk kan identifiseer en hanteer.

● Probleemoplossingsvaardighede kan toepas in konfliksituasies.

Belangrike terminologie

Belangstellings: Dinge waarin jy belangstel en waarvan jy hou om aan deel te neem of te doen.

Groepsdruk: Wanneer ’n groep druk plaas op ’n individu/groep om aan ’n sekere aksie deel te neem, ongeag of dit reg of verkeerd is.

Liggaamsbeeld: Hoe jy jou liggaam sien.

Potensiaal: Die eienskap waaroor jy beskik om ’n sekere doelwit te bereik; om die beste te doen in die dinge waarin jy goed is.

Probleemoplossing: Sekere aksies wat gevolg word om probleme op te los.

Selfbeeld: Dit wat jy van jouself as ’n persoon dink.

Vermoëns: Eienskappe waaroor jy beskik om sekere take te verrig – iets wat jy goed kan doen, bv. ’n vaardigheid of talent.

Handleiding

Inleiding

Ons gaan in die eenheid na ’n aantal temas kyk en meer daarvan leer. Die volgende is net ’n kortlikse inleiding tot die temas. Jou selfbeeld bepaal wat jy van jouself dink en dit het ook ’n invloed op die suksesvolle bereiking van jou ideale. Selfbeeld het ook ’n ander aspek: liggaamsbeeld. Dit is wat jy van jou liggaam dink. Jy moet respek hê vir jou liggaam en dié van ander mense. Dit is belangrik dat jy jouself aanvaar vir wie jy is.

Elke mens het sekere belangstellings, vermoëns en potensiaal. Dit hang van jou af hoe jy dit gebruik om jou volle potensiaal te bereik. Dit is belangrik dat jy dus weet wat jou belangstellings is, wat jou vermoëns is en wat jou potensiaal is. Jy moet geleenthede skep om hierdie eienskappe van jou tot jou voordeel aan te wend.

Groepsdruk is nie ’n vreemde konsep nie. Jy kry elke dag daarmee te doen. Jy moet groepsdruk reg hanteer. Negatiewe groepsdruk kan negatiewe gevolge hê vir ’n persoon. Ons gaan laastens kyk na probleemoplossingsvaardighede en hoe dit toegepas kan word in konfliksituasies.

Les 1 Positiewe selfbeeld – liggaamsbeeld

1.1 Begrip en respek vir liggaamsveranderinge

SAMPLE

Jy het seker agterkom dat jou liggaam in die laaste paar jaar begin verander het. Ons noem dit puberteit. Puberteit begin op ongeveer nege jaar, en eindig op ongeveer 17 jaar. In dié tyd gaan jou liggaam deur verskeie veranderinge gaan. Jy gaan ook emosioneel verander. Dit is ’n moeilike tyd in jou ontwikkeling en dit is belangrik om met iemand te kan praat as jy nie mooi verstaan wat gebeur nie.

Jy kan iemand naby aan jou in jou vertroue neem – jou ma, pa, ouer broer/suster of enige iemand anders wat jy vertrou en die vrymoedigheid het om dinge mee te deel. Ons moet ons liggaamsveranderinge respekteer, asook die verskille tussen mense. Jy is ’n unieke persoon wat jou eie uniekheid en selfbewustheid moet kan identifiseer. Probeer om jouself te sien waar jy voor ’n spieël staan.

Doen die volgende aktiwiteit om te toets of jy ’n goeie selfbewustheid het.

Aktiwiteit 1

1. Skryf twee karaktertrekke van jouself neer.

2. Beskryf jou persoonlikheid.

3. Ken jy jouself? Hoe hanteer jy uitdagings? Is jy selfversekerd en selfgeldend?

4. Hoe tree jy op as jy in ’n konfliksituasie is?

5. Wat is jou swakpunte en jou sterkpunte?

6. Noem ten minste twee maniere hoe jy stres en druk by die skool en huis hanteer.

As jy die aktiwiteit eerlik kon antwoord, dan beteken dit dat jy ’n goeie idee het van wie jy is.

Dit is ’n baie goeie eienskap!

Aktiwiteit 2

1. Soek ’n foto van jouself toe jy agt jaar oud was en ’n onlangse foto (11 of 12 jaar oud).

2. Plak die foto’s in jou werkboek.

3. Bestudeer die foto’s saam met ’n maat of jou fasiliteerder.

4. Lyk jy nog dieselfde as toe jy nog agt jaar oud was?

5. Hoe het jou liggaam verander die afgelope drie tot vier jaar?

6. Hoe dink jy moet jy jou maats respekteer as hulle liggame begin verander?

7. Hoe dink jy moet jy jou eie veranderinge respekteer?

Verskeie veranderinge vind tydens puberteit in seuns en meisies se liggame plaas.

Meisies:

SAMPLE

● Sit gewig aan en word langer.

● Gesigsvorm verander.

● Die vel verander en produseer meer olie, wat puisies/aknee kan veroorsaak.

● Hare begin onder die arms en op die geslagsdele groei.

● Die hart word groter en swaarder en bloeddruk verander.

● Borste begin groei en heupe word breër.

Handleiding

Seuns:

● Sit gewig aan en word langer.

● Gesigsvorm verander.

● Die vel verander en produseer meer olie, wat puisies/aknee kan veroorsaak.

● Die stem word dieper.

● Hare begin onder die arms, op die geslagsdele, die gesig, rug, arms en bene groei.

● Die hart word groter en swaarder en bloeddruk verander.

Aktiwiteit 3

1. Dink jy ons moet ons maats se liggaamsveranderinge respekteer of moet ons grappies daaroor maak?

SAMPLE

2. Hoe sal jy voel as iemand negatiewe goed sê oor jou liggaam wat verander?

3. Hoe dink jy kan ons ons maats help om gemaklik te voel met hulle liggame wat verander?

4. Wat kan jy doen om die veranderinge vir jouself makliker te maak?

Figuur 1.1

1.2 A nder invloede op liggaamsbeeld: media en gemeenskap

Kommunikasie behels die stuur en ontvang van boodskappe. Kommunikasie geskied deur die media, bv. koerante, tydskrifte, televisie, internet, sosiale media, flieks en radio. Ons word almal beïnvloed deur dít wat ons sien, hoor en lees. Jou besluite word in baie gevalle beïnvloed deur wat jy in tydskrifte lees of op die televisie sien.

SAMPLE

Die boodskappe wat deur die media uitgestuur word, is baie kragtig en bereik baie mense. Dit kan positiewe boodskappe wees soos die belangrikheid van goeie eetgewoontes, of negatiewe boodskappe soos advertensies wat begeertes skep vir ’n sekere produk. Televisie-advertensies wys dat jongmense wat drank gebruik baie vrolik is en ’n gelukkige lewe lei. Dit wys egter nie die nagevolge van drankmisbruik nie; dit is ’n misleidende uitbeelding van die lewe. Televisieprogramme skep ook ’n misleidende uitbeelding van die lewe. Mense vergeet dat die stories nie werklik is nie en probeer soos die karakters lewe.

Die media plaas baie druk op mense, veral tieners, om ’n sekere manier te lyk. Jy kyk dalk na al die mooi modelle en filmsterre en wil ook soos hulle lyk. Die media gebruik verskeie metodes soos Photoshop om mense op foto’s perfek te laat voorkom. Dit skep ’n wanindruk van wat as “perfek” beskou word. Tieners is baie maklik beïnvloedbaar juis omdat hulle in ’n tydperk van hul lewe is waar hulle onseker is van hulself en nog besig is om hulself te leer ken. Die media gebruik dié feit om tieners te bereik en te beïnvloed.

Figuur 1.2

Handleiding

Aktiwiteit 4

Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae wat volg. (Sien die kleurweergawe in die kleurbylae.)

1. Kan jy enige verskille opmerk tussen die twee foto’s?

SAMPLE

2. Wat dink jy word dié proses van verbetering genoem?

3. Dink jy dit gee ’n ware beeld van die persoon weer?

4. Dink jy dit skep ’n wanindruk van skoonheid by tieners?

5. Hoekom sê jy so?

Die media vertoon veral filmsterre en modelle in reklameveldtogte. Dié mense is gewoonlik rolmodelle vir tieners. Tieners wil graag soos hulle wees en soos hulle lyk. Dit skep soms probleme indien die persoon nie ’n positiewe rolmodel is nie. Die persoon is dalk brandmaer, of rook en drink baie. Dit kan daartoe lei dat die seun/meisie wat die persoon navolg, dieselfde dinge gaan doen om soos die persoon te wees.

Figuur 1.3

G06 ~ Lewensvaardighede

Kom ons kyk na twee voorbeelde:

Aktiwiteit 5

1. Skryf alles neer waarvan jy hou aan jou liggaam.

2. Watter dinge hou jy nie van jou liggaam nie?

3. Hoe sal jy die perfekte liggaam beskryf?

4. Dink jy dat die meeste mense perfekte liggame het?

5. Watter dinge beïnvloed jou idee van ’n perfekte liggaam?

6. Wat dink jy is belangriker – hoe mens lyk of hoe mens optree?

7. Dink jy dis belangriker om mooi van binne as buite te wees?

8. As jy deur tydskrifte blaai en al die “perfekte” mense sien, hoe laat dit jou oor jouself voel?

SAMPLE

9. Dink jy dat jy ’n goeie liggaamsbeeld het? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Die gemeenskap waarin jy woon kan ook jou liggaamsbeeld beïnvloed. Jy is dalk anders as die meerderheid mense in jou gemeenskap en voel dan dat jy nie aanvaar word nie. In sommige Afrika-kulture is dit aanvaarbaar as mens oorgewig is; dit word selfs as ’n statussimbool beskou. In baie Westerse kulture is dit weer meer aanvaarbaar om maer – en selfs brandmaer – te wees.

1.3 A anvaarding van self

Die heel belangrikste stap wat iemand in sy/haar lewe kan doen is om haarself/ homself te aanvaar. Jy kan besluit om jouself te aanvaar net soos jy is, sonder om iets te verander, of jy kan besluit om sekere vaardighede aan te leer sodat jy kan groei en ontwikkel.

Figuur 1.4

Handleiding

Ons is almal verskillend, met verskillende persoonlikhede en liggaamsvorme. Sommige mense is lank en maer en ander is kort en mollig. Daar is dalk sekere dinge wat jy graag sal wil verander aan jou liggaam. Jy kan dalk gewig verloor of fikser word, maar daar is ook dinge wat jy nie kan verander nie, soos jou neus of ore. Jy kan die keuse maak om altyd ongelukkig en selfbewus daaroor te wees óf jy kan dit aanvaar en jouself liefhê ongeag jou “foute”. Deur jou liggaam te versorg en op te pas, kan jy trots wees op wie jy is.

Strategieë om myself te aanvaar vir wie ek is:

● Fokus altyd op jou positiewe eienskappe, soos jou mooi hare.

● Verander dit wat jy kan, soos om daardie ekstra gewig af te skud!

● Jy moet vir jouself kan lag – aanvaar jouself met foute en al.

SAMPLE

● Jy moet nie jouself met ander mense vergelyk nie – jy is uniek.

● Versorg jou liggaam elke dag met liefde.

● Wees trots op jou voorkoms.

Aktiwiteit 6

1. Maak ’n selfaanvaardingslys. Dit is ’n lys van al die eienskappe van jouself waarvan jy hou. Sluit dinge van jou liggaam, asook jou persoonlikheid in.

2. Plak die lys êrens teen ’n muur op waar jy dit elke dag kan sien.

3. Lees dit elke dag.

Figuur 1.5

1.4 Lees oor ’n positiewe liggaamsbeeld

Lees die volgende leesstuk.

Aanvaar jouself en fokus op dinge wat jou gelukkig maak

Hou jy van hoe jou lyf lyk? Baie kinders en tieners is ontevrede met hul liggaamsbeeld. Hulle sien filmsterre, modelle en sportmense op televisie en in tydskrifte en wil soos hulle lyk. Hulle weet nie dat baie van die foto’s en video’s van bekende mense op ’n rekenaar “verbeter” word om slegte vel, vetjies en ander “foute” weg te steek nie. Soms gebruik filmsterre ook dubbelgangers met mooier bene, sterker arms of platter mae vir sekere tonele. Dit wat ons sien, is dus nie altyd waar of realisties nie – dit is hoe mense in die film-, tydskrif- en advertensiewêreld dink ’n perfekte mens moet lyk.

Die druk van vriende, familie en die wêreld daarbuite kan jou ongelukkig maak oor hoe jy lyk. Dit kan maak dat jy ongesonde diëte volg of skaam en teruggetrokke raak. Dit is belangrik om met jou ouers en vriende te praat as jy so voel, sodat hulle jou kan help om ’n positiewe liggaamsbeeld te skep.

Jy het ’n positiewe liggaamsbeeld wanneer jy weet en aanvaar dat:

● mense se lywe verskillende groottes en vorms het.

● jou liggaamsgrootte en gewig nie jou geluk, sukses of gesondheid voorspel nie.

● elke mens uniek is, met verskillende talente, vaardighede en vermoëns.

● foto’s en beelde in die media onrealisties is en gebruik word om produkte (bv. klere) te verkoop.

SAMPLE

Vergelyk jouself met jou familielede. Het jy dalk jou pa se neus of glimlag geërf? Of jou ouma se mooi stem en krulhare? Jou ma en pa se gene is gemeng toe jy gemaak is, sodat jy van hulle eienskappe of dié van jou oupa en ouma geërf het. Jy kan hierdie eienskappe nie sommer verander nie. Fokus eerder op dié eienskappe waarvan jy wel hou en wat jy dalk kan verbeter – ’n mooi stem kan geoefen word om musiek te maak of sterk bene om vinnig te hardloop.

Dis ook belangrik om na jouself te kyk en jou liggaam op te pas. Jy kan dit doen deur die regte kos te eet; jouself skoon te hou en skoon aan te trek; te oefen, genoeg te slaap; te speel en pret te hê; vir ander om te gee en wat jy ook al het te deel; jouself te beskerm van gifstowwe soos sigaretrook en alkohol; en positief en gelukkig te wees.

Handleiding

Deur die eeue heen het mense verskillende idees gehad oor wat mooi is, soos byvoorbeeld klein voete, lang nekke, vol onderlippe, baie maer lywe, baie vet lywe, geen hare nie of baie hare. In sommige kulturele is ’n mollige lyf ’n teken van gesondheid en welvaart. Netso kan vandag se idees oor wat mooi of goed lyk, eendag totaal verander.

Jy mag dalk dink dat mense meer van jou sal hou as jy mooier of maerder of sterker is. ’n Glimlaggende, vriendelike mens sal altyd meer vriende hê as ’n ongelukkige, knorrige persoon, maak nie saak hoe hulle lyk nie. Leer om jouself te aanvaar en dinge te vind wat jou gelukkig maak.

Les 2

Vermoëns, belangstellings en potensiaal

2.1 Identifiseer eie vermoëns, belangstellings en potensiaal

Figuur 1.6

SAMPLE

Dit is belangrik om te weet watter dinge jy goed kan doen en wat laat jou goed voel oor jouself. Mense onthou altyd net die foute wat hulle maak en vergeet van al die dinge wat hulle goed kan doen. Jy moet die waagmoed hê om dinge aan te pak, al weet jy nie of jy suksesvol gaan wees nie. Dit is die enigste manier hoe jy sal weet waarin jy goed is. Jy moet weet wat jou eie belangstellings en vermoëns is, sodat jy dit kan ontwikkel en verbeter om jou volle potensiaal te kan bereik. Jy kan dit bepaal deur die dinge wat jou gelukkig en ontspanne te laat voel, te identifiseer.

● Watter sportsoorte hou jy van en is jy goed in?

● Watter skoolvakke is vir jou lekker en vaar jy goed in?

● Watter ander aktiwiteite hou jy van?

Aktiwiteit 7

1. Maak ’n lys van al jou belangstellings en vermoëns.

G06 ~ Lewensvaardighede

2. Trek kolomme met die volgende opskrifte en skryf by elkeen notas van wat jy van jouself dink.

● My drome.

● Dinge wat ek goed kan doen.

● Dinge wat ek reeds goed gedoen het: skool/sport/ander.

● Waarvan hou ek om te doen.

● Dinge waarvan ek nie hou om te doen nie.

● Dinge wat vir my moeilik is om te doen.

2.2 Verhouding tussen vermoëns, belangstellings en potensiaal Jou vermoëns en belangstellings bepaal of jy potensiaal het om iets te doen. Jou belangstellings is al die dinge waarvan jy hou om te doen, soos sport. Jou vermoëns is al die dinge wat jy goed kan doen. Jy kan van rugby hou én goed wees daarin. Hoe jy die twee eienskappe in verhouding tot mekaar gebruik, gaan bepaal of jy jou volle potensiaal gaan bereik.

SAMPLE

As jy intens in iets belangstel, beteken dit gewoonlik dat jy ook die vermoë het om dit te doen. Die twee loop hand aan hand. Jy kan ook sekere vaardighede aanleer as jy baie daarvan hou om iets te doen, maar nie baie goed daarin is nie. Jy bou dan op jou belangstelling om jou vermoë om dit te verrig, te verbeter en só jou volle potensiaal te bereik. Jy kan nie die een sonder die ander doen nie. So as jy baie belangstel in rugby en jy kan dit goed speel, sal jy die eienskappe gebruik en hard oefen en daarop voortbou. En eendag kan jy jou volle potensiaal gebruik om ’n Springbok word!

Figuur 1.7

Handleiding

Aktiwiteit 8

1. Maak twee kolomme in jou boek, een kolom vir belangstellings (dit wat jy van hou om te doen) en een kolom vir vermoëns (dit wat jy goed kan doen).

2. Vul elke kolom in.

3. Bestudeer die kolomme en kyk of jy enige verhouding kan identifiseer tussen waarvan jy hou om te doen en dit wat jy goed kan doen.

Aktiwiteit 9

1. Gebruik die lys van belangstellings in aktiweit 8.

2. Knip prentjies uit ’n tydskrif wat hierdie belangstellings voorstel.

3. Maak ’n kleurvolle A4-plakkaat met die prentjies om jou belangstellings voor te stel.

2.3 S kep geleenthede om die meeste te maak van eie vermoëns, belangstellings en potensiaal

Jy wonder seker hoekom dit vir jou belangrik is om jou belangstellings en vermoëns te bepaal. Jy is nou op ’n ouderdom waar jy een van die dae moet besluit watter vakke jy moet neem en watter beroep jy wil volg. Dit bepaal al die toekomsbesluite wat jy gaan neem, veral wat jou beroep betref. Jy moet ook besluit aan watter sportsoorte of enige ander aktiwiteite jy wil deelneem. Jy wil tog nie iets doen waarvan jy nie hou nie? Daarom moet jy nou al bepaal waarin jy belangstel en ook waarin jy goed is. Dit help jou ook om nou te begin om dié eienskappe te ontwikkel en verbeter, sodat jy later jou volle potensiaal kan bereik.

Aktiwiteit 10

1. Watter beroep wil jy eendag volg?

2. Weet jy watter vakke om te neem om eendag daarvoor te studeer?

3. Pas die beroep in by jou belangstellings en vermoëns?

4. Gee redes vir jou antwoord in 3.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.