Lewensvaardighede Werkboek: Kwartaal 3 en 4 Graad 3

Page 1


Lewensvaardighede Werkboek: Kwartaal 3 en 4

Graad 3

Naam: Klas:

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensvaardighede

Werkboek 1: Kwartaal 1 en 2

Graad 3

SAMPLE

Aangepas vir KABV
H Erasmus

Aktiwiteit 1: Oor my

Alles oor myself

Hallo, my naam is _______________________ en my van is ___________________________.

Ek is __________ jaar oud.

Ek verjaar op __________________________.

Ek hou baie daarvan om _________________

Ek woon saam met ____________________________________________

Hier is ’n prent van myself

Aktiwiteit 2: Oor my

Wat

is

’n tydlyn?

’n Tydlyn is iets wat ’n begin en ’n einde aandui. Jou lewe is ook ’n tydlyn. Van die dag wat jy gebore word tot vandag. Jou tydlyn het nog nie ’n einde nie. Dinge en produkte kan ook tydlyne hê. Kyk na die voorbeelde hier onder.

3400 v.C.

Vul die regte woorde op die lyntjies in om die sinne te voltooi.

Tydlyn vlieg einde gebore

’n ________________ is iets wat die tyd aandui. Elke tydlyn het ’n begin, maar nie almal het ’n _______________ nie. My tydlyn het begin die dag toe ek _________________ is. Ek is nou ____ jaar oud. Wanneer ek eendag groot is, wil ek graag ’n ___________________ word. Ek wonder watter produkte se tydlyn in my leeftyd gaan begin. Dalk ’n motor wat kan ______________?

Aktiwiteit 3: Oor my

My tydlyn

Kry 5 foto’s van jouself en plak dit op die tydlyn. Jy moet op elke foto ’n ander ouderdom wees. Skryf dan iets oor jouself op die lyntjies.

Hier is ek ______ jaar oud.

Hier is ek ______ jaar oud.

Hier is ek ______ jaar oud.

Hier is ek ______ jaar oud.

Hier is ek ______ jaar oud.

Aktiwiteit 4: Oor my

My

gunstelingdinge

Daar is baie dinge waarvan ons hou, soos roomys, klere, liedjies, plekke, ens., maar soms het jy ’n gunsteling. Teken ’n prent van jou gunstelingdinge en skryf dit op die lyntjie neer.

My gunstelingkos is:

My gunstelingboek is:

My gunstelingdier is:

My gunstelingstokperdjie is:

My gunstelingplek is:

My gunstelingklere is:

My gunstelingliedjie is:

My gunstelingvak is:

My gunstelingsport is:

Aktiwiteit 5: Oor my

My verlede

Jy is dalk nog nie oud nie, maar vertel van iets wat in jou verlede gebeur het. As jy wil, kan jy ná die tyd jou storie voorlees.

Toe ek 3 jaar oud was het ek uit die boom geval en my been gebreek.

Ons was laas jaar see toe.

Ek het ’n nuwe ±ets op my sesde verjaarsdag gekry.

Skryf ’n paar sinne oor iets wat in jou verlede gebeur het en teken ’n prent daaroor.

Aktiwiteit 6: Oor my

’n Item uit my verlede

Het jy ’n interessante item uit jou verlede soos ’n sagte speelding of ’n kombersie waarvan jy baie gehou het? Jy kan dit dalk nie eers onthou nie. Miskien kan jy jou ouers vra om jou daarmee te help.

Teken die item uit jou verlede.

Beantwoord die vrae.

1. Waar het jy die item gekry? ______________________________

2. Het jy die item nog? _____________________________________

3. Is dit nog dieselfde kleur? _________________________________

Aktiwiteit 7: Gevoelens

Ek ervaar emosies

Ons ken almal emosies soos om gelukkig of ongelukkig te wees, maar sommige emosies is ’n bietjie moeiliker om te verwoord. Kan jy die volgende emosies by elke prent pas? Teken ook iets in die blokkie wat jou gelukkig en ongelukkig maak.

woedend bekommerd trots eensaam

Wat maak jou gelukkig?

Wat maak jou ongelukkig?

Aktiwiteit 8: Gevoelens

Gesels met jou maatjie oor elke sin. Maak ’n  of ’n r in elke blokkie.

Ek is ’n goeie vriend/vriendin.

Ek gee om vir my maats.

Ek is vriendelik met almal al hou ek nie altyd van almal nie.

Ek is soms jaloers as ek sien ander maats speel lekker sonder my.

Ek deel altyd my speelgoed met ander.

As ek iemand sien wat alleen is, vra ek altyd of hulle saam wil speel.

Ek kan soms baie kwaad raak veral as ek ’n speletjie verloor.

Ek het altyd goeie maniere en probeer ’n voorbeeld vir ander wees.

Ek is soms alleen.

Dit is soms moeilik om my emosies te beheer, dan huil ek maklik.

Aktiwiteit 9: Gevoelens

Dinge wat ek moet doen.

Die meeste van ons hou daarvan om sekere dinge te doen en dan is daar dinge waarvan jy glad nie hou nie. Teken ’n prentjie in elke blokkie en skryf kortliks waarvan jy hou of nie hou nie.

Ek hou daarvan om ______________

Ek hou nie daarvan om ___________

Ek hou daarvan om ______________

Ek hou nie daarvan om ___________

Ek hou daarvan om ______________

Ek hou nie daarvan om ___________

Aktiwiteit 10: Gevoelens

Hoe om emosionele situasies te hanteer.

Bespreek elkeen van hierdie punte met ’n maat. Ons ervaar soms emosies en weet nie hoe om dinge weer reg te maak nie. Wat dink jy is die oplossing vir elke situasie?

My twee maats is kwaad vir my. Elke keer as ek naby kom, hardloop hulle weg of hulle fluister goed in mekaar se ore. Ek is nie seker wat ek verkeerd gedoen het nie. Nou is ek eensaam en ek is te bang om vir iemand te sê.

SAMPLE

As ek ’n speletjie saam met my maats speel en ek verloor, raak ek baie kwaad. Soms raak ek so kwaad dat ek sommer my maats stamp, veral as hulle vir my lag. Ná die tyd voel ek sleg daaroor, maar ek voel dan te skaam om “jammer” te sê.

Aktiwiteit 11: Gevoelens

Hoe om “jammer” te sê.

Soms weet jy diep binne jou dat jy iets verkeerd gedoen het. Dalk was jy lelik met jou ouers, ’n maat, jou broer of suster. Elke keer as jy die persoon sien, dink jy daaraan. Eintlik hoop jy maar net dat hulle weer vriendelik met jou sal wees en van alles sal vergeet. Tog is dit baie belangrik om te leer om “jammer” te sê, want jy het die ander persoon dalk baie seer gemaak. Lees hierdie stappe en skryf dan ’n inskrywing oor so ’n gebeurtenis.

1. Dink oor wat jy verkeerd gedoen het.

2. Dink hoe die ander persoon moet voel.

3. Dink aan wat jy gaan sê.

4. Gaan na die persoon en wees opreg.

5. Sê vir die persoon jy is jammer en sê vir die persoon wat jy verkeerd gedoen het.

6. Gee die persoon kans om jou te vergewe.

Liewe Dagboek. Vandag voel ek baie sleg

Aktiwiteit 12: Gevoelens

Spesiale mense in my lewe.

Ons het almal iemand spesiaal in ons lewe. Miskien is dit jou pa of ma, dalk is dit jou beste maat, miskien selfs ’n oupa of ouma. Jy mag twee van hierdie mense kies. Teken ’n prent van elkeen en skryf neer hoekom hulle vir jou spesiaal is.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.