Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Wiskunde
Fasiliteerdersgids
Graad 2
Aangepas vir KABV
W Drijfhout H Erasmus
Inleiding vir die fasiliteerder
Impaq se benadering tot wiskunde in graad 2
Wiskunde speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van denkprosesse wat logiese denke versterk. Die doeltreffende gebruik van wiskunde rus leerders toe om wiskundige konsepte in hul daaglikse lewe toe te pas en kennis van basiese wiskundige konsepte stel hulle in staat om berekeninge te doen en probleme op te los. Getalbegrip vorm die grondslag van wiskunde en stel leerders in staat om wiskunde te bemeester. Sodra getalbegrip goed vasgelê is, sal die leerders met hoofrekene gemaklik wees.
Onderrig van wiskunde in graad 2 vereis leergeleenthede, interaksies en praktiese toepassing wat fokus op die ontwikkeling van leerders se vaardighede om met getalle te werk en berekeninge te doen. Die leerprogram bestaan uit 20 leereenhede wat oor die 40 weke van die akademiese jaar strek. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae of twee weke.
Fasiliteerders word aangemoedig om taalfoute of omruilings onmiddellik aan te spreek, byvoorbeeld wanneer leerders “twe” in plaas van “twee” of “34” in plaas van “43” skryf. Dit is baie belangrik om leerders reg te help omdat dit ’n negatiewe invloed op plekwaarde sal hê.
Elke dag het drie wiskundesessies wat een van die volgende fokusareas dek:
• Getalle, bewerkings en verwantskappe
• Patrone, funksies en algebra
• Ruimte en vorm
• Meting
• Datahantering
Getalle, bewerkings en verwantskappe
Getalle, bewerkings en verwantskappe vorm integraal deel van wiskunde. Hier word leerders blootgestel aan nuwe konsepte soos plekwaarde, ingewikkelde bewerkings en maaltafels. Dit is baie belangrik dat getalbegrip goed vasgelê is voordat daar na die moeiliker bewerkings oorgegaan word. Leerders wie se getalbegrip goed vasgelê is, sal goed met hoofrekene en bewerkings vaar.
SAMPLE
Die fasiliteerder moet genoeg geleentheid vir die leerders skep om hierdie fundamentele konsepte te bemeester voordat daar na moeiliker konsepte aanbeweeg word. Sodra leerders met al die getalle vertroud is, word hoofrekene ’n baie belangrike deel van wiskunde. Hier sal leerders hul begrip van wiskunde demonstreer.
Getalle, bewerkings en verwantskappe behels mondelingse oefeninge, praktiese toepassing en skriftelike werk om nuwe konsepte bekend te stel en konsepte wat reeds aangeleer is in te oefen.
Patrone, funksies en algebra
Patrone, funksies en algebra is belangrik in graad 2. Wiskunde is die wetenskape van syfers en die patrone wat dit bou. Moedig leerders deur die jaar aan om verskillende patrone te herken.
Patrone, funksies en algebra leer die leerders om patrone in die alledaagse lewe asook in verskillende vorms of syfers te herken. Die patrone kan in verskillende berekeninge gesien word en sal die leerders help om moeiliker konsepte te verstaan.
Ruimte en vorm
Die leerders moet ’n goeie begrip van sy/haar posisie in die ruimte (bo, onder, links, regs) en die benaming vir die spasies wat nog nie gevul is nie (links bo, skuins ondertoe) ontwikkel. Alhoewel dit dikwels soos ’n maklike konsep lyk, ervaar leerders die herkenning van vorms op dieselfde manier as die herkenning van ’n syfer – dit is ’n onbekende konsep wat ’n naam kry. Ruimte en vorm kan integraal in ander dele van die kurrikulum aangebied word om vaslegging te verseker.
Meting
Meting sluit tyd, lengte, massa en kapasiteit/volume in. Dit is praktiese aspekte wat in die alledaagse lewe gebruik word. Dit word dikwels prakties aangebied en leerders mag eksperimenteer. Gebruik hierdie konsepte in daaglikse aktiwiteite, byvoorbeeld om ’n weegskaal, meetkaart en horlosie in die klaskamer te hê vir aktiwiteite soos meet, weeg en tyd lees. Gebruik sover as moontlik die korrekte terminologie soos “millimeter” of “milliliter” en moedig leerders aan om dit ook te gebruik.
Datahantering
Datahantering fokus op die versameling, sortering, voorstelling en weergee van data. Hierdie konsepte leer die leerders om inligting in hule eie omgewing te organiseer en te sorteer. Wiskunde is abstrak en datahantering help om ’n struktuur te skep vir konsepte wat leerders as ongeorganiseerd ervaar. Moedig leerders aan om datahantering te gebruik terwyl hulle speel of opruim, byvoorbeeld om speelgoed te sorteer.
Materiaal en hulpbronne
In graad 2 skryf die leerders met potlood sodat hulle maklik kan uitvee as hulle ’n fout gemaak het. Alle aktiwiteite word in die werkboeke voltooi.
Hoe om die materiale en hulpbronne te gebruik
Die graad 2-pakket bestaan uit die volgende produkte:
1. Fasiliteerdersgids
2. Werkboek 1: Kwartaal 1, Week 1 – 10
3. Werkboek 2: Kwartaal 2, Week 11 – 20
SAMPLE
4. Werkboek 3: Kwartaal 3, Week 21 – 30
5. Werkboek 4: Kwartaal 4, Week 31 – 40
6. Leerderhulpmiddel
7. Fasiliteerderhulpmiddel
8. Assessering (portefeuljeboek)
9. Assesseringsriglyne en memorandum
Hulpbronne wat aangeskaf moet word:
• Uitdraaikryte en inkleurpotlode vir skryf- en inkleuraktiwiteite
• Grys potlood, skerpmaker en uitveër vir skryfoefeninge
• Skêr, liniaal, gom (gomstiffie en houtlym) vir aktiwiteite
• Telraam, tellers (soos Unifix-blokkies, sade, klippies, ens.) tot by 100
• Apparaat om te meet (meetkaart), om te weeg (weegskaal), om kapasiteit te meet (leë houers met verskillende inhoudsmate)
• Ons beveel die volgende aan wat groot en visueel in die klaskamer sigbaar is: ’n 200-kaart van A2-grootte en ’n lang getallelyn (1 tot 100). Sit die getalle 1 tot 20 aan die begin van die jaar op, maar die ander getalle eers wanneer die leerders die eerste keer daarmee te doen kry.
Leerders mag te alle tye deur die jaar en tydens assessering hulpmiddels soos tellers of ’n 200-kaart gebruik om berekeninge te doen. Prys leerders wat dit nie meer nodig het nie en moedig leerders aan om te probeer om dit nie te gebruik nie, maar hou in gedagte dat hulpmiddels vir sommige leerders sekuriteit bied om bewerkings te doen.
Die fasiliteerdersgids
Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in drie sessies, wat al die fokusareas integraal dek. Verwys na die voorgestelde dagprogram vir die tydsindeling van die sessies.
Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word (i) en/of benodig word ().
By elke sessie word daar van die volgende simbole gebruik gemaak:
Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.
Die potlood dui aan wat die leerders moet doen.
Die hand dui ’n praktiese aktiwiteit aan.
’n Opsionele elektroniese program om hersiening aan die einde van elke week te doen.
Werkboek 1: Kwartaal 1
Die werkboek bevat 65 aktiwiteite wat begin met hersiening van graad 1. Sodra leerders dit bemeester het, word daar gebou op die kennis wat die leerders in graad 1 aangeleer het.
Werkboek 2: Kwartaal 2
Die werkboek bevat 101 aktiwiteite wat inoefening van optel, aftrek en vermenigvuldiging bevorder asook die aanleer en hersiening van verskillende metodes om somme te doen.
SAMPLE
Werkboek 3: Kwartaal 3
Die werkboek bevat 93 aktiwiteite wat inoefening van optel, aftrek en vermenigvuldiging bevorder asook die aanleer en hersiening van verskillende metodes om somme te doen.
Werkboek 4: Kwartaal 4
Die werkboek bevat 83 aktiwiteite wat hoofsaaklik hersiening en vaslegging van werk is wat deur die jaar gedoen is.
Die fasiliteerderhulpmiddel
Die fasiliteerderhulpmiddel bevat muurkaarte (vorms), flitskaarte (getalkaarte, getalname, kolkaarte, die dae van die week, die maande van die jaar en geld), getallelyne, speletjies, spreikaarte, somkaarte en skattingskaarte vir gebruik in die klaskamer. Die materiaal kan elke jaar gebruik word en ons moedig die fasiliteerder aan om die materiaal, waar moontlik, te lamineer.
Die leerderhulpmiddel
Die leerderhulpmiddel bevat getalkaarte, getalname, kolkaarte, getallelyne, speletjies, spreikaarte, somkaarte, ’n breukemuur, geld, ens.
Per week: 23 uur
Huistaal: 7/8 uur
Voorgestelde rooster vir Graad 2
Eerste Addisionele Taal (EAT): 2/3 uur
Wiskunde: 7 uur
Lewensvaardighede (LV): 6 uur
07:50 – 08:05
08:05 – 09:30
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min HUISTAAL: Luister en praat 15 min
HUISTAAL: Luister en praat 15 min
09:30 – 10:00
10:00 – 10:20
10:20 – 10:50
10:50 – 11:20
11:20 – 11:45
WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min
HUISTAAL: Klanke 30 min HUISTAAL: Handskrif 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 30 min
SAMPLE
HUISTAAL: Handskrif 25 min
11:45 – 12:00 EAT: Luister en praat 15 min
LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Gedeelde lees 30 min
HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
12:00 – 12:15 P
12:15 – 13:15
LV: Liggaamsopvoeding 60 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, skryf en klanke 20 min
LV: Liggaamsopvoeding 60 min
LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 30 min
HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, skryf en klanke 20 min
Klanke 30 min
LV: Persoonlike en Sosiale Welstand & Aanvangskennis 30 min
HUISTAAL: Skryf 30 min
HUISTAAL: Handskrif 25 min
EAT: Luister en praat 15 min
LV: Skeppende Kunste 40 min
EAT: Lees, skryf en klanke 20 min
Leereenheid 1
Dag 1
Sessie 1: Tel vorentoe en terug, tel in veelvoude
Week 1
Tel is ’n baie belangrike vaardigheid wat elke dag herhaal moet word. Dit bevorder die leerders se getalbegrip. As die leerders goeie getalbegrip het, is wiskunde groot pret. Gebruik verskillende tegnieke om ritmies te tel sodat tel konkreet en pret is. Byvoorbeeld: hop ’n bal, spring, spat met water, stamp voete, ens. Dit is belangrik dat die leerders ritmies tel om só getalle te orden en getalbegrip te bevorder.
• Tel tot 100 en hop ’n bal met elke getal wat getel word.
• Tel terug van 100 tot 0 en klap ritmies op die tafel.
• Tel met behulp van tellers in 2’s tot 100 deur hopies van 2 te maak.
• Tel met behulp van tellers in 5’e tot 100 deur hopies van 5 te maak.
• Tel met behulp van tellers in 10’e tot 100 deur hopies van 10 te maak.
SAMPLE
Die leerders behoort al tot 100 en terug te kan tel soos wat hulle in graad 1 geleer het. Oefen weer om tot 100 en terug te tel terwyl die leerders ’n bal ritmies hop. Tel ook in veelvoude van 2, 5 en 10 tot 100. Hierdie oefeninge moet daagliks herhaal word.
Sessie 2: Getalkombinasies van 10
Getalkombinasies van 10 is ’n baie belangrike konsep. Dit vorm die basis van wiskundige begrip en verwerking. Hersien graad 1 se werk.
Voorbeeld: 1 + 9 = 10, 2 + 8 = 10, ens.
• Trek die leerders se hande op ’n skoon vel papier af.
• Knip die hande uit en plak dit op aktiwiteit 1 van werkboek 1.
• Smeer gom aan net die palmgedeelte van die uitgeknipte hand.
• Nommer die vingers van links na regs van 1 tot 10.
• Die leerders oefen die getalkombinasies van 10 in deur die vingers te buig. Byvoorbeeld: Haal 1 weg, hoeveel bly oor? = 9. Dus is 1 + 9 = 10.
• Skryf al die getalkombinasies van 10 op ’n vel papier en herhaal daagliks.
Voltooi aktiwiteit 1 in werkboek 1. Die leerders plak en nommer die hande, en oefen getalkombinasies tot 10.
Sessie 3: Getalname en getalsimbole
Hersien die getalname en getalsimbole van 1 tot 25.
• Knip die getalname, getalsimbole en kolkaarte in die leerderhulpmiddel uit. Maak seker alles is deurmekaar voordat die leerders dit begin orden.
• Orden die getalle 1 tot 25 en sit die korrekte kolkaart by elke getal.
• Lees die groter getalname noukeurig. Die fasiliteerder mag die leerders met getalname bo 20 help.
Dag 2
SAMPLE
Sessie 1: Tel, veelvoude en ewe en onewe getalle
Dit is baie belangrik dat leerders die konsepte “ewe getalle” en “onewe getalle” verstaan om toekomstige bewerkings te kan verstaan en doen. Verduidelik die konsepte. Die leerders het in graad 1 geleer om in veelvoude van 2 te tel: 2, 4, 6, 8, 10, 12, 14, 16, 18, 20 ... Die veelvoude is ewe getalle. ’n Ewe getal kan in gelyke dele opgebreek word. ’n Onewe getal kan nie in gelyke dele opgebreek word nie. Onewe getalle is 1, 3, 5, 7, 9, 11, 13, 15, 17, 19 ... Gebruik tellers om die leerders se geheue te verfris.
• 2 tellers kan in 2 ewe groot groepies verdeel word = 1 teller in elke groepie.
• 3 tellers kan in 2 ongelyke groepies verdeel word = 1 teller in die een groepie en 2 tellers in die ander groepie.
Die leerders knip die 100-kaart in die leerderhulpmiddel uit. Lamineer dit sodat hulle daarop kan skryf en aantekeninge met kleurpenne daarop kan maak.
• Tel tot 100 deur die getalle op die 100-kaart met jou vinger te wys.
• Tel in 2’s tot 100 en sit jou vinger op die regte getalle op die 100-kaart.
• Tel in 5’e tot 100 en sit jou vinger op die regte getalle op die 100-kaart.
• Tel in 10’e tot 100 en sit jou vinger op die regte getalle op die 100-kaart.
• Hersien die getalkombinasies van 10 mondelings.
• Pak ewe getalle tot 20 met tellers uit.
• Pak onewe getalle tot 20 met tellers uit.
Sessie 2: Eenvoudige patroonvorming
Patroonvorming is die boustene van somme en wiskundige bewerkings. Dit is ’n baie belangrike konsep en moet baie aandag geniet. Hierdie sessie dien slegs as hersiening van graad 1 en inleiding tot graad 2. Gebruik items wat maklik in die leerders se leefwêreld bekombaar is, byvoorbeeld blare, blokke, knope, ens.
• Maak ’n patroon met drie voorwerpe, byvoorbeeld ’n pen, ’n boek en ’n potlood. Herhaal die patroon vyf keer.
• Maak ’n patroon met vier voorwerpe wat die leerders buite optel, byvoorbeeld ’n blaar, ’n stokkie, ’n klip en ’n grassie. Herhaal die patroon vyf keer.
• Die leerders maak hul eie patroon met verskillende kleure (gebruik potlode of kleurpenne)
Herhaal die patroon vyf keer.
Voltooi aktiwiteit 2 in werkboek 1. Die leerders voltooi die vormpatrone en getalpatrone.
SAMPLE
Sessie 3: Hoofrekene
As inleiding tot die les knip die fasiliteerder die weegskaal in die fasiliteerderhulpmiddel uit en sit dit met ’n splitpennetjie aanmekaar, of heg twee houers aan weerskante van ’n hanger vas. Gebruik ’n = uit die fasiliteerderhulpmiddel en plak dit op die hanger. Maak seker die weegskaal hang gelyk voordat optel- en aftreksomme prakties met behulp van die weegskaal demonstreer word.
• Plaas 2 tellers aan die een kant van die weegskaal.
• Plaas 1 teller aan die ander kant van die weegskaal.
• Vra die leerders hoeveel tellers daar aan die een kant van die weegskaal bygevoeg moet word om die weegskaal gelyk te laat hang. Hersien die goue reël wat in graad 1 aangeleer is:
Dit wat aan die een kant van die = is, moet ook aan die ander kant van die = wees.
• Doen ’n paar somme saam met die leerders.
Die leerders moet die volgende somme mondelings beantwoord. As die leerders sukkel, laat hulle tellers, hulle vingers of die weegskaal gebruik. Doen die somme eerder stadig aan die begin indien die leerders sukkel en herhaal ’n paar keer as hulle dit maklik regkry.
1 + 9 = 4 + 2 =
5 + 2 = 6 + 0 =
4 + 3 = 8 + 2 =
6 + 1 = 3 + 3 =
1 + 7 = 1 + 5 =
5 + 3 = 7 + 2 =
2 + 3 = 4 + 4 =
4 + 1 = 5 + 1 =
Dag 3
SAMPLE
Sessie 1: Tel vorentoe en terug, tel in veelvoude
Maak seker die leerders tel ritmies en korrek en verstaan die konsepte “ewe getalle” en “onewe getalle”. As die leerders ritmies met ’n musiekinstrument saamklap, maak seker dat hulle met elke getal saamklap. Die leerders se getalbegrip word só bevorder. Leerders mag die 100-kaart gebruik wanneer hulle in veelvoude van 2, 5 en 10 tel.
• Tel tot 100 en terug. Gebruik ’n musiekintrument om ritmies te tel.
• Tel in 2’s tot 100. Gebruik 20 tellers en maak groepies van 2.
• Tel in 5’e tot 100. Gebruik 100 tellers en maak groepies van 5.
• Tel in 10’e tot 100. Gebruik 100 tellers en maak groepies van 10.
• Skryf veelvoude van 2, 5 en 10 met stoepkryt op plaveisel.
Sessie 2: Skryf en herken getalname tot 25
Die skryf van getalname (een, twee, drie, ens.) is belangrik. Hersien dit eers informeel. Noem ’n getal tussen 1 en 25 en die leerders skryf die getalnaam op ’n skoon vel papier. Noem ’n getal van 1 tot 25 en die leerders plaas tellers op die regte getalle op hul 100-kaarte. As die leerders al ’n klomp getalname neergeskryf het, voltooi hulle aktiwiteit 3 in werkboek 1. Help die leerders wat sukkel, want hulle is nog nie bekend met getalle 21 tot 25 nie.
• Sit die getalsimbole, getalname en kolkaarte wat op dag 1, sessie 3 uitgeknip is deurmekaar op die vloer neer.
• Soek al die kaarte wat pas, byvoorbeeld die getalnaam “een” by die getalsimbool 1 en by die kolkaart met een kol. Doen dit met al die ander kaarte.
• Luister mooi na die fasiliteerder en sit ’n teller op die getal wat op die 100-kaart genoem word.
Voltooi aktiwiteit 3 in werkboek 1. Die leerders verbind die getalnaam met die regte getalsimbool en die regte kolkaart.
Sessie 3: Hoofrekene
SAMPLE
’n Getallelyn kan horisontaal of vertikaal wees. ’n Getallelyn kan by enige getal begin en by enige opeenvolgende getal eindig. Wanneer ons op ’n horisontale lyn werk, werk ons van links na regs en wanneer ons op ’n vertikale lyn werk, werk ons van onder na bo.
Hersien horisontale getallelyne. Gebruik die getalle in die fasiliteerderhulpmiddel om ’n getallelyn tot 20 in die klaskamer op te sit.
Teken ’n getallelyn op plaveisel. Die leerders skryf die getalle in. Byvoorbeeld: Ons begin by 0 en eindig by 10. Laat die leerders op ’n getal staan en gee vir hulle opdragte soos “Staan op 3 en spring 2 treë vorentoe.” Skryf daarna die som op plaveisel. Byvoorbeeld: 3 + 2 = 5.
Doen nou die volgende somme ook stap vir stap met die leerders:
• Staan op 2 en beweeg 5 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (7)
• Staan op 5 en beweeg 3 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (8)
• Staan op 3 en beweeg 6 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (9)
• Staan op 4 en beweeg 4 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (8)
• Staan op 7 en beweeg 2 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (9)
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10
Laat die leerders met stoepkryt bogies trek as hulle na die volgende getalle spring. Só kan die leerders sien hoeveel plekke daar gespring is wanneer hulle tel om die antwoord te verkry.
Vra nou driegetalsomme soos: Staan op 3, spring 2 plekke vorentoe, spring nog 2 plekke vorentoe. Laat die leerders die getal waarop hulle staan hardop sê: 3 + 2 + 2 = 7. Skryf die getalsin op die plaveisel.
Doen nou die volgende somme:
• Staan op 1. Beweeg 2 plekke vorentoe. Beweeg nog 2 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (5)
• Staan op 5. Beweeg 2 plekke vorentoe. Beweeg nog 1 plek vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (8)
• Staan op 3. Beweeg 4 plekke vorentoe. Beweeg nog 2 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (9)
• Staan op 4. Beweeg 3 plekke vorentoe. Beweeg nog 3 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (10)
• Staan op 2. Beweeg 2 plekke vorentoe. Beweeg nog 3 plekke vorentoe. Op watter getal staan jy nou? (7)
Dag 4
Sessie 1: Tel en tyd
Hersien die konsepte van tyd (dae van die week, maande van die jaar en seisoene). In wiskunde is dit baie belangrik dat leerders die konsepte groot motories (met hulle hele liggaam) ervaar om só die konsepte goed te verstaan en konkreet te maak. As die dae van die week hersien word, kan die leerders byvoorbeeld klap, spring, sing of huppel.
• Tel tot 100 en terug tot 0. Gooi ’n bal ritmies teen die muur terwyl jy tel.
• Tel in 2’s tot 100.
• Tel in 5’e tot 100.
• Tel in 10’e tot 100.
• Spring ritmies op een been terwyl jy die dae van die week opnoem.
• Sing die maande van die jaar.
• Noem die seisoene op (gebruik die natuur en kry byvoorbeeld blare om die seisoene op te skryf).
Sessie 2: Patrone
Hersien die konsep “patrone”. Patroonvorming is ’n baie belangrike konsep in wiskunde. Dit verg probleemoplossingstrategieë wat belangrik is vir wiskundige begrip en berekeninge. Patrone is vorms, kleure of getalle wat herhaal.
• Maak patrone met kleurpotlode of kryte. Herhaal die patroon vyf keer.
Pak verskillende patrone met potlode, vorms of blokke en tellers uit. Gebruik die getalsimbole in die fasiliteerderhulpmiddel wanneer daar met getalpatrone gewerk word.
• Maak patrone met verskillende vorms (knip dit uit die leerderhulpmiddel). Plak die uitgeknipte vorms op ’n skoon vel papier om ’n patroon te vorm. Herhaal die patroon vyf keer. Kleur die patroon volgens ’n kleurpatroon in.
• Vorm getalpatrone met tellers. Plus elke keer 1 tot 10 by ’n getal: 1(+2), 3(+2), 5(+2), 7(+2)...
SAMPLE
• Herhaal getalpatrone totdat jy dit goed verstaan.
Sessie 3: Hoofrekene
Hersien dag 3, sessie 3 se werk oor getalpatrone. Gebruik die uitgeknipte en gelamineerde getallelyn. Laat die leerders die oefening prakties herhaal as hulle met die konsep sukkel. Sodra die leerders dit maklik regkry, laat hule moeiliker somme met stoepkryt op plaveisel maak en antwoord.
• Daaglikse lesse wat maklik is om aan te bied, vir die hele jaar.
• Drie sessies ’n dag wat die verskillende leerareas kombineer.
• Mondelingse, praktiese en Ageskrewe aktiwiteite om nuwe konsepte bekend te stel.
• Volkleur fasiliteerderhulpmiddel, -leerderhulpmiddel en -werkboek vir elke kwartaal.
• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.