Grondslagfase Graad 3 • Fasiliteerdersgids Wiskunde

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Wiskunde

Fasiliteerdersgids

Graad 3

Aangepas vir KABV
W Drijfhout H Erasmus

Inleiding vir die fasiliteerder

Impaq se benadering tot wiskunde in graad 3

Wiskunde speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van denkprosesse wat logiese denke versterk. Die doeltreffende gebruik van wiskunde rus leerders toe om wiskundige konsepte in hul daaglikse lewe toe te pas en kennis van basiese wiskundige konsepte hulle om berekeninge te doen en probleme op te los. Getalbegrip vorm die grondslag van wiskunde en stel leerders in staat om wiskunde te bemeester. Sodra getalbegrip goed vasgelê is, sal die leerders met hoofrekene gemaklik wees.

Onderrig van wiskunde in graad 3 vereis leergeleenthede, interaksies en praktiese toepassing wat fokus op die ontwikkeling van leerders se vaardighede om met getalle te werk en berekeninge te doen. Die leerprogram is gebaseer op 20 leereenhede wat oor die 40 weke van die akademiese jaar strek. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae of twee weke.

Fasiliteerders word aangemoedig om taalfoute of omruilings onmiddellik aan te spreek, byvoorbeeld wanneer leerders “twe” in plaas van “twee” of “34” in plaas van “43” skryf. Dit is baie belangrik om leerders reg te help, omdat dit ’n negatiewe invloed op plekwaarde sal hê.

Elke dag het drie wiskundesessies wat een van die volgende fokusareas dek:

• Getalle, bewerkings en verwantskappe

• Patrone, funksies en algebra

• Ruimte en vorm

• Meting

• Datahantering

Getalle, bewerkings

en verwantskappe

SAMPLE

Getalle, bewerkings en verwantskappe vorm integraal deel van wiskunde. Hier word leerders se getalbegrip ontwikkel deur konkrete voorwerpe te manipuleer, hoeveelhede te verdeel en saam te voeg. Leerders oefen bestaande konsepte soos plekwaarde, ingewikkelde bewerkings en maaltafels in. Dit is baie belangrik dat getalbegrip goed vasgelê is voordat daar na die moeiliker bewerkings oorgegaan word. Leerders wie se getalbegrip goed vasgelê is, sal goed met hoofrekene en bewerkings vaar.

Die fasiliteerder moet genoeg geleentheid vir die leerders skep om fundamentele konsepte te bemeester voordat daar na moeiliker konsepte aanbeweeg word. Sodra leerders met al die getalle vertroud is, word hoofrekene ’n baie belangrike deel van wiskunde. Hier sal leerders hul begrip van wiskunde demonstreer.

Getalle, bewerkings en verwantskappe behels mondelingse oefeninge, praktiese toepassing en skriftelike werk om nuwe konsepte bekend te stel en konsepte wat reeds aangeleer is in te oefen.

Patrone, funksies en algebra

Patrone, funksies en algebra is belangrik in graad 3. Wiskunde is die wetenskap van syfers en die patrone wat dit bou. Moedig leerders deur die jaar aan om verskillende vorm- en getalpatrone te herken.

Patrone, funksies en algebra leer die leerders om patrone in die alledaagse lewe asook in verskillende vorms of syfers te herken. Die patrone kan in verskillende berekeninge gesien word en sal die

leerders help om moeiliker konsepte te verstaan. Die kopiëring van patrone help die leerders om die logika van die samestelling van ’n patroon te verstaan.

Ruimte en vorm

Die leerders moet ’n goeie begrip van sy/haar posisie in die ruimte (bo, onder, links, regs) en die benaming vir die spasies wat nog nie gevul is nie (links bo, skuins ondertoe) ontwikkel. Leerders bou basiese kennis op om aanwysings te gee en te volg. Hulle ontdek die eienskappe van 3D voorwerpe en 2D vorms deur sortering, klassifisering, beskrywing en benoeming. Ruimte en vorm kan integraal in ander dele van die kurrikulum aangebied word om vaslegging te verseker.

Meting

Meting sluit tyd, lengte, massa, kapasiteit/volume, omtrek en oppervlakte in. Dit is praktiese aspekte wat in die alledaagse lewe gebruik word. Dit word dikwels prakties aangebied en leerders mag eksperimenteer. Hierdie konsep fokus op die keuse en gebruik van geskikte eenhede, instrumente en formules om kenmerke van gebeure, vorms, voorwerpe en die omgewing te kwantifiseer

Meting hou direk verband met leerders se wetenskaplike, tegnologiese en ekonomiese wêreld waar leerders sinvol kan skat en redelike afmetings en lesings te kan gee. Gebruik hierdie konsepte in daaglikse aktiwiteite, byvoorbeeld om ’n weegskaal, meetkaart en horlosie in die klaskamer te hê vir aktiwiteite soos meet, weeg en tyd lees. Gebruik sover as moontlik die korrekte terminologie soos millimeter of milliliter en moedig leerders aan om dit ook te gebruik.

Datahantering

Datahantering fokus op die versameling, sortering, voorstelling en weergee van data. Hierdie konsepte leer die leerders om inligting in hulle eie omgewing te organiseer en te sorteer. Wiskunde is abstrak en datahantering help om ’n struktuur te skep vir konsepte wat leerders as ongeorganiseerd ervaar. Die volledige dataproses word behandel wat leerders sal leer om ander aspekte van hulle leefwêreld ook te struktureer en organiseer.

Materiaal en hulpbronne

In graad 3 skryf die leerders aan die begin van die jaar met potlood sodat hulle maklik kan uitvee as hulle ’n fout gemaak het. Later die jaar (so vanaf kwartaal 3) skryf hulle met pen. Indien hulle ’n fout met pen maak, moet hulle ’n netjiese lyn met ‘n liniaal deur die verkeerde antwoord trek en die regte antwoord langsaan of bo-aan skryf. Alle aktiwiteite word in die werkboeke voltooi.

Hoe om die materiale en hulpbronne te gebruik

Die graad 3-pakket bestaan uit die volgende produkte:

1. Fasiliteerdersgids

2. Werkboek 1: Kwartaal 1, Week 1 – 10

3. Werkboek 2: Kwartaal 2, Week 11 – 20

4. Werkboek 3: Kwartaal 3, Week 21 – 30

5. Werkboek 4: Kwartaal 4, Week 31 – 40

6. Werkboek 5: Kwartaal 1 – 4, Week 1 – 40

7. Leerderhulpmiddel

8. Fasiliteerderhulpmiddel

9. Assessering (portefeuljeboek)

10. Assesseringsriglyne en memorandum

Hulpbronne wat aangeskaf moet word:

• Uitdraaikryte en inkleurpotlode

• Grys potlood, skerpmaker, uitveër en blou/swart pen

• Skêr, liniaal, gom (gomstiffie en houtlym)

• Telraam, tellers (soos Unifix-blokkies, sade, klippies, ens.) tot by 1 000

• Apparaat om te meet (meetkaart), om te weeg (weegskaal), om kapasiteit te meet (leë houers met verskillende inhoudsmate)

• Ons beveel die volgende aan wat groot en visueel in die klaskamer sigbaar is: ’n 1 000-kaart van A2-grootte.

Leerders mag te alle tye deur die jaar en tydens assessering hulpmiddels soos tellers of ’n 1 000-kaart gebruik om berekeninge te doen. Prys leerders wat dit nie meer nodig het nie en moedig leerders aan om te probeer om dit nie te gebruik nie, maar hou in gedagte dat hulpmiddels vir sommige leerders sekuriteit bied om bewerkings te doen. In graad 4 gaan leerders sonder hulpmiddels moet regkom, daarom is dit baie belangrik om leerders aan te moedig om sonder die hulpmiddels reg te kom.

Die fasiliteerdersgids

Die fasiliteerdersgids bestaan uit 20 leereenhede. Elke leereenheid strek oor twee weke en bestaan uit 10 dae. Elke dag is ingedeel in drie sessies, wat al die fokusareas integraal dek. Verwys na die voorgestelde dagprogram vir die tydsindeling van die sessies.

Elke sessie word afgesluit met twee inligtingsblokkies – “Konseptualisering” en “Hulpbronne”. Die “konseptualisering”-blokkie bevat ’n kort opsomming oor die konsepte wat vasgelê word, en die “hulpbronne”-blokkie bevat ’n lysie van artikels wat vir die sessie verskaf word (i) en/of benodig word ().

By elke sessie word daar van die volgende simbole gebruik gemaak:

Die uiltjie dui aan wat die fasiliteerder moet doen.

Die potlood dui aan wat die leerders moet doen.

SAMPLE

Die hand dui ’n praktiese aktiwiteit aan.

’n Opsionele elektroniese program om hersiening aan die einde van elke week te doen.

Werkboek 1: Kwartaal 1

Die werkboek bevat 97 aktiwiteite wat begin met hersiening van graad 2 se werk. Sodra leerders dit bemeester het, word daar gebou op die kennis wat die leerders in graad 2 aangeleer het.

Werkboek 2: Kwartaal 2

Die werkboek bevat 118 aktiwiteite wat inoefening van optel, aftrek, vermenigvuldiging en deling bevorder asook die hersiening van verskillende metodes om somme te doen.

Werkboek 3: Kwartaal 3

Die werkboek bevat 108 aktiwiteite wat inoefening van optel, aftrek, vermenigvuldiging en deling bevorder asook die hersiening van verskillende metodes om somme te doen.

Werkboek 4: Kwartaal 4

Die werkboek bevat 111 aktiwiteite wat hoofsaaklik hersiening en vaslegging is van werk wat deur die jaar gedoen is. Daar is ook ’n paar aktiwiteite wat effens moeiliker is om leerders voor te berei vir werk wat in graad 4 gedoen gaan word. Die aktiwiteite word in die fasiliteerdersgids aangedui en leerders hoef dit nog nie te bemeester nie.

Werkboek 5: Kwartaal 1 tot 4

Die werkboek bevat 58 aktiwiteite wat hoofrekene, kopkrappers en probleemoplossings bevat wat benodig word om wiskundige begrippe en logiese denke te bevorder. Moedig leerders aan om self te kies waarvoor hulle lus is, tensy ’n gesamentlike spoedtoets of tafeltoets gedoen word. Moenie te gou die antwoorde van die kopkrappers of breinbrekers vir leerders gee nie, gee eerder leidrade om hulle te help en, maak ook seker dat hulle nie vir mekaar die antwoorde gee nie. Aan die einde van elke kwartaal kan die fasiliteerder die antwoorde gee van somme waarmee leerders gesukkel het.

Die fasiliteerderhulpmiddel

Die fasiliteerderhulpmiddel bevat flitskaarte (getalkaarte en getalname, simbole, die dae van die week, die maande van die jaar en geld), getallelyne, weegskaal en horlosie om self te maak, spreikaarte, 100-kaart, 200-kaart, 1 000-kaart, somkaarte en skattingskaarte vir gebruik in die klaskamer. Die materiaal kan elke jaar gebruik word en ons moedig die fasiliteerder aan om die materiaal waar moontlik te lamineer.

Die leerderhulpmiddel

Die leerderhulpmiddel bevat getalkaarte, getalname, simbole, getallelyne, 100-kaart, 200-kaart, 1 000-kaart, kalender, dobbelsteen, dae van die week, maande van die jaar, horlosie, spreikaarte, plekwaardetabel, getalkombinasiespeletjie, somkaarte, 3D voorwerpe om te vou, geld, varkiespreikaarte en breukemure.

SAMPLE

Per week: 25 uur

Huistaal: 7/8 uur

Voorgestelde rooster vir Graad 3

Eerste Addisionele Taal (EAT): 3/4 uur

Wiskunde: 7 uur

Lewensvaardighede (LV): 7 uur

HUISTAAL:

07:50 – 08:05

Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min

08:05 – 09:30

09:30 – 10:00

10:00 – 10:20

10:20 – 10:50

10:50 – 11:15

11:15 – 11:40

11:40 – 12:00

12:00 – 12:15

HUISTAAL: Luister en praat 15 min HUISTAAL: Luister en praat 15 min

Luister en praat 15 min HUISTAAL:

Luister en praat 15 min

WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: Hoofrekene 25 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min WISKUNDE: 30 min

HUISTAAL: Klanke 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min

SAMPLE

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 20 min

HUISTAAL: Handskrif 30 min HUISTAAL: Klanke 30 min HUISTAAL: Gedeelde lees 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min

EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 20 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min

HUISTAAL: Gedeelde lees 25 min

EAT: Luister en praat 20 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min

HUISTAAL: Groepbegeleide lees 25 min

EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 20 min

HUISTAAL: Klanke 30 min

LV: Persoonlike en Sosiale

Welstand & Aanvangskennis 30 min

HUISTAAL: Skryf 25 min

HUISTAAL: Handskrif 25 min

EAT: Luister en praat 20 min

12:15 – 13:25

LV: Liggaamsopvoeding

1 uur 10 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Skryf 30 min

LV: Liggaamsopvoeding

1 uur 10 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Skryf 30 min

LV: Skeppende Kunste 40 min

EAT: Lees, klanke en taalstruktuur 30 min

Leereenheid 1

Dag 1

Sessie 1: Tel aan en terug, tel in veelvoude

Week 1

Tel is ’n baie belangrike vaardigheid wat elke dag herhaal moet word. Dit bevorder die leerders se getalbegrip. As die leerders goeie getalbegrip het, is wiskunde groot pret. Gebruik verskillende tegnieke om ritmies te tel sodat tel konkreet en interessant is. Byvoorbeeld: hop ’n bal, spring, spat met water of stamp voete. Dit is belangrik dat die leerders ritmies tel om só getalle te orden en getalbegrip te bevorder.

Die leerders behoort al tot 200 en terug te kan tel soos wat hulle in graad 2 geleer het. Oefen weer om tot 200 en terug te tel terwyl die leerders ritmies hande klap. Tel ook in veelvoude van 2, 3, 4, 5 en 10 tot 200. Hierdie oefeninge moet daagliks herhaal word.

• Tel van 100 tot 200 en klap ritmies hande met elke getal wat getel word.

• Tel terug van 200 tot 100 en klap ritmies op die tafel.

• Tel in 2’s van 100 tot 200.

• Tel in 3’s van 100 tot 200.

• Tel in 4’s van 100 tot 200.

• Tel in 5’e van 100 tot 200.

• Tel in 10’e van 100 tot 200.

Sessie 2: Optel en aftrek

Die leerders behoort met gemak tot 100 te kan optel en aftrek. In graad 3 word die getalgebied na 1 000 uitgebrei.

Voltooi aktiwiteit 1 in werkboek 1. Die leerders doen die optel- en aftreksomme.

Sessie 3: Getalkombinasies

Oefen die getalkombinasies tot 20 prakties met die leerders. Die fasiliteerder flits enige getal van 0 tot 20 in die fasiliteerderhulpmiddel. Die leerders moet so vinnig as moontlik die regte kombinasie van 20 sê.

Voltooi aktiwiteit 2 in werkboek 1. Die leerders vul die getalkombinasies van 20 in.

Dag 2

Sessie 1: Plekwaarde: tiene en ene

Vertel die storie as inleiding: Daar was eenmaal twee varkies. Die een varkie was baie groot en vet en die ander varkie was baie klein en maer. Die vet varkie se naam was Tiene. Tiene het altyd met groot happe 10 snye brood op ’n slag geëet. Die klein varkie se naam was Ene en hy kon maar net klein happies vat. Die meeste snye brood wat hy al op ’n slag geëet het, was 9. Elke keer as die varkies eet, verskyn daar ’n getal op hulle lyfies van hoeveel snye brood hulle geëet het. Ene het altyd langs Tiene gesit sodat ’n mens nie Tiene se 0 kon sien nie. Nou kan ’n mens altyd mooi sien hoeveel snye brood hulle altesaam geëet het

Die boer verjaar en hy bring ’n hele brood met 16 snye vir die varkies.

1

6

• Help die leerders om uit te werk hoeveel snye brood elke varkie gaan kry.

• Gebruik die plekwaardetabel in die leerderhulpmiddel om die getalle te groepeer.

• Gebruik tellers om die getalle uit te pak.

• Skryf die regte getalle in die regte kolomme.

• Herhaal dit met verskillende snye brood of kossoorte totdat die leerders die konsep goed verstaan.

• Tel van 1 tot 10.

• Tel in veelvoude van 10 tot 200.

• Teken ’n prent oor die storie. Teken ’n klein varkie en ’n groot varkie. Skryf “ene” bo die klein varkie en “tiene” bo die groot varkie. Teken 9 snye brood in die klein varkie se maag en 20 snye brood in die groot varkie se maag.

• Knip die twee varkies in die leerderhulpmiddel uit. Die varkies moet verkieslik gelamineer word sodat die leerders getalle daarop kan skryf.

• Luister mooi na die fasiliteerder en kyk hoeveel snye brood daar vir die varkies gegee word. Onthou, die klein varkie kan net ene (1 tot 9) eet en die groot varkie kan net tiene (veelvoude van 10 tot 90) eet.

• As die leerders dit goed verstaan, herhaal die opdrag met verskillende getalle.

• As die leerders dit nie goed verstaan nie, herhaal die oorspronklike opdrag.

Sessie 2: Plekwaarde

Maak seker dat die leerders die konsep van tiene en ene verstaan. Dit is die boustene van al die wiskundige bewerkings wat hulle gaan doen.

Voltooi aktiwiteit 3 en 4 in werkboek 1. Die leerders voltooi die plekwaardes.

Sessie 3: Plekwaarde

SAMPLE

Gebruik die spreikaarte met tiene en ene in die fasiliteerderhulpmiddel. Demonstreer vir die leerders hoe die tiene en die ene gebou word om getalle te vorm. Herhaal dit met verskeie waardes deur getalle op te bou en af te breek.

Voltooi aktiwiteit 5 in werkboek 1. Die leerders voltooi die tabel deur die getalle op te breek.

Dag 3

Sessie 1: Getalname en getalsimbole

Die leerders behoort vertroud te wees met dubbelgetalle soos 52. Hulle moet ook weet dat die getal twee-en-vyftig nie as 25 geskryf word nie. Soos wat die leerders in honderde leer tel, herinner hulle dat die woorde “100”, “200”, “300”, ens. vooraan die getalle van 1 tot 99 geskryf en gesê word, byvoorbeeld: 152 is honderd-twee-en-vyftig en 223 is tweehonderd-drie-en-twintig. Sodra die leerders dit verstaan, sal hul getalbegrip tot 1 000 uitbrei.

• Tel van 100 tot 150.

• Gee vir die leerders geleentheid om getalname tussen 0 en 200 op die bord te skryf, byvoorbeeld: vyf-en-twintig of honderd-een-en-dertig. Elke leerder moet ’n beurt kry.

Sessie 2: Optel met plekwaarde

Skryf die voorbeeldsom van aktiwiteit 6 in werkboek 1 op die bord. Verduidelik vir die leerders dat daar ’n maklike manier is om groot getalle op te tel. Breek elke getal op in tiene en ene en tel eers die tiene bymekaar, dan die ene bymekaar en dan die tiene en ene bymekaar. Hulle hoef nie die hele bewerking neer te skryf nie, maar kan die berekening in hulle koppe doen. Die somme sal dan 60 + 20 en 2 + 7 wees.

62 + 27 = (60 + 2) + (20 + 7) = 80 + 9 = 89

SAMPLE

Voltooi aktiwiteit 6 in werkboek 1. Die leerders tel die getalle op deur die getalle af te breek.

Sessie 3: Getalname en getalsimbole

Flits enige van die getalname tussen nul en honderd in die fasiliteerderhulpmiddel vir die leerders. Hulle moet die antwoord so vinnig as moontlik mondelings gee.

Voltooi aktiwiteit 7 in werkboek 1. Die leerders lees die getalname en verbind dit met die regte getalsimbool.

Dag 4

Sessie 1: Tel en tyd

Hersien die konsepte van tyd (dae van die week, maande van die jaar en seisoene). In wiskunde is dit baie belangrik dat leerders die konsepte groot motories (met hulle hele liggaam) ervaar om só die konsepte goed te verstaan en konkreet te maak.

• Tel van 100 tot 180.

• Tel in 2’s tot 100.

• Tel in 5’e tot 100.

• Tel in 10’e tot 100.

• Noem die dae van die week op.

• Sing die maande van die jaar.

• Noem die seisoene op.

SAMPLE

Sessie 2: Aftrek met plekwaarde

Skryf die voorbeeldsom van aktiwiteit 8 in werkboek 1 op die bord. Verduidelik vir die leerders dat daar ’n maklike manier is om groot getalle af te trek. Breek elke getal op in tiene en ene en trek eers die tiene van mekaar af, dan die ene van mekaar af en tel dan die tiene en ene bymekaar. Hulle hoef nie die hele bewerking neer te skryf nie, maar kan die berekening in hulle koppe doen. Die somme sal dan 60 – 10 en 4 – 2 wees.

– 12 = 64 – 12 = (60 + 4) – (10 + 2) = 50 + 2 = 52

Voltooi aktiwiteit 8 in werkboek 1. Die leerders trek die getalle af nadat hulle die getalle opgebreek het.

Sessie 3: Getalname en getalsimbole

Die leerders moet getalname kan lees sonder om deurmekaar te raak met die getalsimbole. Skryf die getalnaam “honderd-twee-en-sestig” op die bord. Skryf die getalle 126 en 162 langsaan. Laat die leerders die regte een kies deur daarvoor te stem. Verduidelik weer die konsep vir leerders wat die verkeerde getalsimbool gekies het.

Voltooi aktiwiteit 9 in werkboek 1. Die leerders kleur die regte blokkie in om die getalsimbool aan te dui.

Dag 5

SAMPLE

Sessie 1: Groter as en kleiner as

Die leerders het hierdie konsep reeds in graad 2 aangeleer. Verfris hulle geheue deur die getalle 5 en 9 op die bord te skryf. Watter getal sal die honger krokodil wil eet? (9)

Vertel die storie: Daar was eendag ’n baie honger krokodil wat in ’n dam gewoon het, en hy was die grootste vraat! Hy het altyd die grootste en die vetste bokkie gevang wat kom water drink het. Op ’n dag het twee syfers kom water drink – dit was 9 en 5. Die krokodil het vinnig nader geswem, want hy was rasend honger. Watter syfer dink jy het hy geëet? (Die 9, want hy is groter as 5.)

Herhaal die storie met verskillende getalle tussen 0 en 100.

Teken ’n prent soos hieronder op die bord om die simbole te hersien:

< > =

Verduidelik dat die “bek” van die simbole vir “groter as” of “kleiner as” altyd na die grootste getal moet wys. Verduidelik ook dat daar ’n = tussen die getalle gebruik word wanneer die getalle dieselfde is.

Byvoorbeeld:

23 > 3

23 < 30

23 = 23

• Tel van 100 tot 200.

• Skryf ’n klomp getalle op plaveisel (1 tot 25). Laat die leerders op enige getal staan, byvoorbeeld 5. Vra hulle om op ’n getal te staan wat groter as 5 is. Laat die leerders weer op 5 staan. Vra hulle om op ’n getal te staan wat kleiner as 5 is. Herhaal dit ’n paar keer.

Sessie 2: Groter as en kleiner as

Voltooi aktiwiteit 10 in werkboek 1. Die leerders vul <, > of = op elke lyntjie in.

SAMPLE

Sessie 3: Hoofrekene

Hierdie sessie word weekliks vir hoofrekene of logiese denke gebruik. Werkboek 5 bevat hoofrekene, kopkrappers en probleemoplossings wat nodig is om wiskundige konsepte vas te lê. Moedig leerders aan om self te kies waarvoor hulle lus is, tensy ’n gesamentlike spoedtoets of tafeltoets gedoen word. Moenie die antwoorde van die kopkrappers te vinnig vir leerders gee nie, en maak ook seker dat hulle nie vir mekaar die antwoorde gee nie. Jy kan aan die einde van elke kwartaal die antwoorde van die somme gee waarmee hulle regtig gesukkel het. Die leerders mag enige hulmiddels gebruik om hulle met die kopkrappers of probleemoplossing te help, soos blokkies, vuurhoutjies, 200-kaart, ens.

• Daaglikse lesse wat maklik is om aan te bied, vir die hele jaar.

• Drie sessies ’n dag wat die verskillende leerareas kombineer.

• Mondelingse, praktiese en Ageskrewe aktiwiteite om nuwe konsepte bekend te stel.

• Volkleur fasiliteerderhulpmiddel, -leerderhulpmiddel en -werkboek vir elke kwartaal.

• Omvattende verduidelikings van konsepte in eenvoudige taal.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.