Intermediêre Fase Graad 5 • Handleiding 1/4 Afrikaans Huistaal

Page 1


Graad 5 • Handleiding 1/4

Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding 1/4

Graad 5

2305-A-AHT-SG01

9781990948671

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

SAMPLE

V IR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Eenheid

1

Jaarplan

LES 1: Soos die stukke van ’n legkaart 1 – 2

LES 2: Van tjoekie tot tjoema 3 – 4

LES 3: Gesonde liggaam, gesonde gees 5 – 6

LES 4: ’n Vriend in nood

LES 5: In Sprokiesland

2 LES 6: Wat die oog nie sien nie ...

LES 7: Blokkiesoë

LES 8: Goggas en goeters onder die grond

LES 9: Rillings en grillings

3 LES 10: Op die spoor

– 8

– 10

– 2

– 4

– 6

– 8

– 10

– 2

LES 11: Advertensies: oorreed of vergeet 3 – 4

LES 12: As jou oë groter as jou maag is ... 5 – 6

LES 13: Vandag vermorsing, môre verknorsing

SAMPLE

LES 14: In die kollig

– 8

– 10

LES 16: Die plaag van plastiek 3 – 4

LES 17: Reënboogpotte wat prut

LES 18: Kabouters in die tuin

– 6

4 LES 15: Abrakadabra! 1 – 2

– 8 Novembereksamen

– 10

Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Ouma Mollie en die mensvreter – Fanie Viljoen

• Ouma is ’n kroek! – David Walliams

• Oupa ontsnap – David Walliams

• Waldo en die vampier met die geel reënjas – Jaco Jacobs

• Net aliens eet spinasie – Jaco Jacobs

• Speurhond Willem-reeks – Elizabeth Wasserman

SAMPLE

• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen

• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen

• Pieksel – Fanie Viljoen

• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo

• Die swart kat-reeks – Chris Sasner

Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!

EENHEID 1: Week 1 – 2

Les 1:

Soos die stukke van ’n legkaart

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• aan ’n bespreking deelneem

• na ’n storie luister en vrae daaroor beantwoord

• hardop lees

• ’n taalspeletjie speel

• ’n storie lees en vrae beantwoord

• die storie oorvertel

• op jou eie lees

• ’n paragraaf skryf

• ’n storie skryf

• ’n opsomming oor jou storie skryf

• taalwerk van graad 4 hersien: alfabetiese volgorde, hoe om ’n woordeboek te gebruik, lettergrepe, klankgrepe en die afbreek van woorde, sinsoorte, tydsvorme, ontkenning, hoofletters, leestekens, die kappie en deelteken, en die spel van woorde met d/t en f/v

• ’n gemengde hersieningsoefening oor taalwerk doen

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 1: Neem deel aan ’n bespreking

Interessante feit: As jy na ’n nuwe skool toe gaan, kan die eerste dag dalk vreesaanjaend wees en jou angstig laat voel. Jy is dalk bang dat niemand van jou gaan hou nie of dat jy nie gaan inpas nie. Wanneer jy angstig is, gebeur daar baie dinge in jou liggaam. Jou hart klop byvoorbeeld vinniger, jy sweet dalk, en dit voel of jou maag op ’n knop trek, of jy het dalk maagpyn. Haal diep asem, en glo in jouself. Ons almal is ’n unieke stukkie van ’n groot legkaart, en jy sal gou jou plekkie vind.

Ons almal is uniek en pas iewers in. Gesels saam.

• Wat beteken dit om jouself te wees?

• Almal is uniek. Weet jy wat “uniek” beteken?

• Almal het ook unieke eienskappe. Watter unieke eienskappe het jy?

(Byvoorbeeld vriendelikheid, geduld, liefdevolheid, lojaliteit, deursettingsvermoë, versigtigheid, onselfsugtigheid, positiwiteit, selfsugtigheid, ongeduld, hardkoppigheid.)

• Wat is goeie eienskappe, en wat is slegte eienskappe?

• Dink jy dit is belangrik om deel van die groep te wees en in te pas?

• Dink jy ’n mens moet jouself verander om in te pas?

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en bou die legkaart in die bylae.

Aktiwiteit 2: Luister na ’n storie

Onthou jy die luisterproses van graad 4? Elke keer wat die fasiliteerder ’n storie of teks lees, moet jy mooi luister en notas maak. Luister terwyl die fasiliteerder verduidelik.

Die luisterproses

• Die fasiliteerder gaan die storie drie keer lees. Jy mag die eerste keer net luister.

• Luister hoe die woorde uitgespreek word.

• Ná die eerste lees sal die fasiliteerder moeilike woorde verduidelik.

• Daar is gewoonlik vrae wat jy nou mag lees.

• Die fasiliteerder gaan die storie ’n tweede en derde keer lees. Jy mag notas maak.

• Beantwoord dan die vrae.

Luister aandagtig, en let op wat in die storie gebeur.

Terwyl jy luister, dink aan die volgende:

• Wie is die karakters in die storie?

• Waar speel die storie af?

• In watter graad is die leerders in die storie?

• Waarom is die seun onseker/senuweeagtig?

• Met wie word die seun vriende?

Gesels saam oor die storie.

1. Wat is die titel van die storie?

2. Vertel kortliks wat in die storie gebeur (intrige).

3. Wat is die hoofgedagte (tema) van die storie?

4. Het jy al vreemd en eensaam gevoel? Wat het gebeur?

5. Dink jy Masego het reg opgetree om Jaco te nooi om saam met haar te werk? Verduidelik.

6. Was daar al ’n nuwe kind in jou skool, klas of buitemuurse klub? Hoe het jy teenoor die nuweling opgetree?

Aktiwiteit 3: Beantwoord vrae

Beantwoord die vrae oor die storie. Jy mag die notas gebruik wat jy gemaak het.

Handleiding 1/4

1. Noem drie karakters in die storie.

2. In watter graad is die leerders, en watter kwartaal is dit?

3. 3.1 Waarom voel Jaco onseker en vreemd?

3.2 Wat is die eerste fisiese (uiterlike) leidraad wat aandui dat Jaco ontuis voel?

4. Waarom dink jy kyk hy af na sy “vroetelende vingers” as hy homself aan die klas voorstel?

5. Watter ander aksie dui aan dat Jaco onseker of skaam voel?

6. Wie kry vir Jaco jammer, en waarom?

7. Hugo en sy maats gesels oor Jaco, en Hugo sê: “All Gold kan maar opsy skuif!” Waarna verwys Hugo as hy dit sê?

8. Wat het Masego en Jaco gemeen met mekaar (waarvan hou hulle al twee)?

9. Waarom dink jy vertel Masego vir Jaco ’n storie?

10. Dink jy Masego en Jaco gaan goeie vriende wees? Verduidelik jou antwoord.

Bonus: Wat is die verskil tussen “eensaam” en “alleen”?

Vir die nuuskieriges: Kyk na die foto van ’n eendbekdier. Soek nog foto’s op die internet, in ’n boek oor diere of ’n ensiklopedie. Kan jy beskryf hoe die dier lyk?

SAMPLE

Aktiwiteit 4: Lees hardop

Wat is belangrik wanneer jy hardop lees? Oefen om die gedeelte uit die storie op die volgende bladsy hardop te lees. Die fasiliteerder gaan vir jou sê hoe goed jy gelees het.

1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend

Kriteria

Punt (omkring)

Het jy die woorde reg uitgespreek? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy vlot en met gevoel gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy die leestekens gehoorsaam?

| 2 | 3 | 4 | 5

Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5

Wenke vir hardop lees

• Spreek die woorde reg uit

• Lees vlot en met gevoel

• Gehoorsaam die leestekens – rus by ’n komma (,), praat ’n bietjie harder as daar ’n uitroepteken (!) is, rus langer by ’n punt (.). As daar ’n vraagteken (?) is, beteken dit jy moet die laaste woord in die sin op ’n hoër toon uitspreek.

• Die leestekens help jou om teen die regte tempo (spoed) te lees.

• Oefen om die teks te lees – eers saggies en dan hardop.

• Onthou, jy moet nou en dan oogkontak met die gehoor maak. Kyk af en toe op, en oefen om nie jou plek in die teks te verloor nie.

’n Paar tafels weg lag Hugo en sy maat terwyl hulle na Jaco kyk. Jaco en Masego kyk om, en Hugo maak asof hy vir ’n grap lag wat sy maat vertel het.

SAMPLE

Uiteindelik is dit eerste pouse, en Masego en Jaco is op pad biblioteek toe. Hulle nader die trappe en hoor Hugo se harde stem eggo. “Bloedrooi! All Gold kan maar opsy skuif!” Sy vriende skaterlag. Masego is vies dat Hugo so gemeen is. Sy gluur hom aan terwyl sy en Jaco by die trappe oploop. Toe hulle in die biblioteek is, sê Masego: “Moet jou nie aan hom steur nie, Hugo was nog altyd so ongeskik.” Masego vertel vir Jaco ’n storie oor ’n eendbekdier met wie niemand wou maats wees nie. “Jy voel dalk nou soos die eendbekdier omdat alles nog nuut en vreemd is, maar jy sal gou tuis voel.

En buitendien, ek en jy is al klaar maats!”

eggo: ’n harde geluid wat weerklink omdat dit byvoorbeeld naby ’n muur gemaak is All Gold: ’n handelsmerk wat tamatiesous maak skaterlag: harde, uitbundige lag (ook net “skater”) vies: kwaad, omgekrap gemeen: ander aspris/opsetlik seermaak gluur aan (aangluur): iemand aankyk asof jy kwaad is ongeskik: sonder goeie maniere

Woordeskat

Handleiding 1/4

eendbekdier: soogdier van Australië wat naby die water woon, met ’n bek soos ’n eend, ’n swartbruin pels, webvoete en ’n breë, plat stert; dit is een van ’n paar soogdiere wat eiers lê (ons noem dit “kloaakdiere” of “kloakadiere”)

Aktiwiteit 5: Speel ’n taalspeletjie

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 6: Lees ’n storie

SAMPLE

Kan jy die verskillende leesstrategieë onthou?

Leesstrategieë

Waar is Masego en Jaco?

Daar is verskillende leesstrategieë. Lees jy vir begrip of vir spesifieke inligting?

Prelees Vluglees Soeklees Begripslees

Waaroor gaan die teks as jy na die titel en prentjies kyk?

Lees vinnig (vlugtig) om ’n idee te kry waaroor die teks gaan.

Soek spesifieke inligting, en kyk uit vir ’n sleutelwoord.

Lees die hele teks deeglik om te verstaan.

As jy na die titel en prentjies in die storie op die volgende bladsy kyk, waaroor dink jy gaan die storie? Watter soort dier is die hoofkarakter?

As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe.

• “Spesiaal” word uitgespreek as “spie-sjie-haal”.

• Die eerste e in “bewer” klink soos twee e’s – “bee-wir”.

• “Hanglip” word uitgespreek as “hang-lip”, nie “han-glip” nie. Die ng is soos die ng-klank in “bang”.

• Die ui in “huilerige” moet mooi gerond wees.

• Die tj in “stemmetjie” klink soos ’n k – “ste-mie-kie”.

• “Spesialer” is die vergrotende trap van “spesiaal” – “spie-sjie-haa-lir”.

Elkeen is spesiaal

“Nee, jy mag nie saam met ons speel nie! Jy’s nie ’n eend nie!” Edna Eend waggel na haar maatjies toe, wat sit en giggel

“Nee, jy mag nie saam met ons speel nie! Jy’s nie ’n bewer nie!” Ben Bewer glip onder die water in met sy stert wat laaste verdwyn.

SAMPLE

Eddie die eendbekdier loop hartseer huis toe. “Ek gaan nooit maatjies maak nie,” sê hy vir homself. “Dis my simpel bek, vet swempote en snaakse stert. Geen wonder almal lag vir my nie.” Hy loop by die deur in met ’n hanglip.

“Wat’s fout, hartjie?” vra Eddie se ouma.

“Niks nie, Ouma,” jok Eddie.

“My hartjie, ek kan sien iets sit nie lekker nie. Wat’s fout?” vra sy ouma besorgd.

“Niemand wil saam met my speel nie omdat ek so anders lyk,” mompel Eddie met ’n huilerige stemmetjie.

“A, ek sien. Kom sit hier, dat Ouma vir jou ’n storie vertel ... Lank gelede het al die diere gedink hulle elkeen is die spesiaalste van almal. Die landdiere het so gedink omdat hulle lekker dik pelse gehad het en baie vinnig kon hardloop. Die voëls het gedink hulle is nóg spesialer omdat hulle kon vlieg en eiers kon lê. Maar toe onthou iemand dat die eendbekdier nie saam met die landdiere óf saam met die voëls hoort nie, en almal wou hê dat hy deel van hulle groep moes wees. Die eendbekdier het baie lank daaroor gedink, en hy het al die diere bymekaargeroep.

“Hy het op ’n stomp geklim en gesê: ‘Hallo almal, dankie dat julle gekom het. Ek het besluit om nie deel van enige groep te wees nie.’ Al die diere was geskok en het ’n lawaai gemaak.

“‘Luister, asseblief,’ het die eendbekdier geduldig gesê. ‘Elkeen is spesiaal op sy eie manier, en ek hoef nie deel van ’n groep te wees om dit te bewys nie. Ek is effens landdier omdat ek ’n pels het, maar ek is ook ietwat voël omdat my vrou eiers lê en omdat ons bekke soos eende het. So ons hoef nie deel van ’n groep te wees om spesiaal te wees nie. Daar’s iets wat ons elkeen spesiaal maak.’”

Woordeskat

SAMPLE

waggel: heen en weer wankel terwyl jy loop giggel: vinnig en saggies lag, gewoonlik in ’n hoë stem bewer: knaagdier met swemvliese aan die agterpote wat ’n huis uit hout op ’n dam bou glip: vinnig/rats beweeg eendbekdier: soogdier van Australië wat naby die water woon, met ’n bek soos ’n eend, ’n swartbruin pels, webvoete en ’n breë, plat stert, een van ’n paar soogdiere wat eiers lê; ook voëlbekdier of platipus swempote: ’n swempoot is ’n dier se poot met ’n swemvlies, soos eende se pote geen wonder: ’n frase om te sê dat jy verwag het iets gaan so wees hanglip: as jy hartseer is en dit lyk of jou onderlip hang hartjie (in konteks): ’n troetelnaam of manier om iemand op ’n liefdevolle manier aan te spreek (iemand waarvoor jy lief is, soos Eddie se ouma vir hom is) iets sit nie lekker nie (uitdrukking): iets is fout, iets pla jou besorgd: jy is bekommerd oor iemand mompel: sag en onduidelik praat sodat dit moeilik is om te verstaan wat jy sê landdiere: diere wat op die land woon (nie in water of in die see nie) pelse: party diere het ’n pels, wat ’n vel met digte hare is stomp (in konteks): die selfstandige naamwoord wat verwys na ’n ronde, dik stuk van iets wat oorbly nadat dit afgesny is, soos die stomp van ’n boom geduldig: om kalm te wees ietwat: ’n meer formele woord vir “’n bietjie” of “effens”

Voordat jy saam oor die storie gesels, kan jy die elemente van ’n storie onthou?

Die elemente van ’n storie

• Die karakters is die persone in die storie. Daar is gewoonlik een karakter wat die belangrikste is. Hy of sy word die hoofkarakter genoem.

• Die intrige is die reeks gebeure wat saam die storielyn vorm.

• Die ruimte is waar en wanneer die storie afspeel, byvoorbeeld ’n woud in 1960, of iemand se huis in die winter van 2023.

• Die dialoog is karakters se woorde. Dit is tussen aanhalingstekens (“ ”) in ’n gewone teks. In ’n dialoogteks (wat in les 6 hersien word) is daar geen aanhalingstekens nie.

Gesels saam oor die storie.

1. Wat is die titel van die storie?

2. Wie het die storie geskryf? (Wie is die outeur/skrywer?)

3. Wat is die hoofkarakter se naam, en watter soort dier is hy?

Die name van stories, koerant- en tydskrifartikels, liedjies en gedigte moet tussen aanhalingstekens wees. Die name van publikasies, soos koerante, boeke en digbundels, word kursief gedruk en kan onderstreep word as dit met die hand geskryf word.

4. Wat is die name van die twee karakters wat nie wil hê die hoofkarakter moet saam met hulle speel nie?

5. Waarom wil die twee karakters nie hê dat hy saam met hulle speel nie?

6. Vertel kortliks wat in die storie gebeur (intrige).

7. Dink jy dit is reg om iemand uit te sluit omdat hulle anders as jy lyk? Waarom sê jy so?

SAMPLE

8. Wat het jy uit die storie geleer?

Vir die nuuskieriges: Die eendbekdier is een van ’n paar soogdiere wat eiers lê. Soos die meeste soogdiere drink die kleintjies melk aan die ma. Die mannetjies het ’n spesiale nael op elke agterpoot wat ’n giftige stof afskei. Wat kan jy nog oor hierdie interessante dier uitvind?

Aktiwiteit 7: Beantwoord vrae

Beantwoord die vrae oor “Elkeen is spesiaal” in jou werkboek. Jy kan die storie eers weer lees.

1. Sit die prentjies in die regte volgorde volgens die gebeure in die storie. Skryf 1 tot 5 in die blokkies langs die prentjies. Jy kan die prentjies in die bylae uitknip en in jou werkboek plak. Skryf ook die karakters se name onder of langs die prentjies in jou werkboek.

2. Rangskik die karakters se name in alfabetiese volgorde.

3. Wat is die hoofgedagte van die storie?

4. Toe Eddie by die deur instap, kon sy ouma sien iets is fout.

4.1 Hoe weet Eddie se ouma dat iets fout is? (Wenk: Watter fisiese/uiterlike teken is daar dat iets fout is?)

4.2 Hoe voel iemand wat ’n hanglip het gewoonlik?

4.3 Watter twee opeenvolgende woorde dui aan dat Eddie hartseer is?

5. Wat is die oorsaak van Eddie se hanglip?

6. Hoe laat sy ouma hom beter voel?

“Opeenvolgend” beteken die woorde volg direk op mekaar.

7. Is die stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. In die storie wat Eddie se ouma vertel, wou niemand die eendbekdier in hulle groep hê nie.

• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.

• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.

• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.

• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.

• Interessante temas wat op graad 5’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.

• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.

• Geskik vir leerders op alle vlakke.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.