Afrikaans Huistaal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Handleiding 2/4
Graad 5
2305-A-AHT-SG02
9781990948688
Aangepas vir KABV
L van Niekerk
SAMPLE
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
Eenheid
1
Jaarplan
LES 1: Soos die stukke van ’n legkaart 1 – 2
LES 2: Van tjoekie tot tjoema 3 – 4
LES 3: Gesonde liggaam, gesonde gees 5 – 6
LES 4: ’n Vriend in nood
LES 5: In Sprokiesland
2 LES 6: Wat die oog nie sien nie ...
LES 7: Blokkiesoë
LES 8: Goggas en goeters onder die grond
LES 9: Rillings en grillings
– 8
– 10
– 2
– 4
– 6
– 8
– 10
LES 11: Advertensies: oorreed of vergeet 3 – 4
LES 12: As jou oë groter as jou maag is ... 5 – 6
3 LES 10: Op die spoor 1 – 2
LES 13: Vandag vermorsing, môre verknorsing
SAMPLE
LES 14: In die kollig
– 8
– 10
LES 16: Die plaag van plastiek 3 – 4
LES 17: Reënboogpotte wat prut
LES 18: Dwergies in die tuin
– 6
4 LES 15: Abrakadabra! 1 – 2
– 8 Novembereksamen
– 10
Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.
Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.
• Lees soveel as wat jy kan.
• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.
Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!
• Ouma Mollie en die mensvreter – Fanie Viljoen
• Ouma is ’n kroek! – David Walliams
• Oupa ontsnap – David Walliams
• Waldo en die vampier met die geel reënjas – Jaco Jacobs
• Net aliens eet spinasie – Jaco Jacobs
• Speurhond Willem-reeks – Elizabeth Wasserman
SAMPLE
• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen
• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen
• Pieksel – Fanie Viljoen
• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo
• Die swart kat-reeks – Chris Sasner
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!
EENHEID 2: Week 1 – 2
Les 6:
Wat die oog nie sien nie ...
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• na instruksies luister en dit volg
• instruksies gee en volg saam met ’n maat
• dinge klassifiseer
• ’n voorbereide toespraak skryf en lewer
• instruksies en ’n inligtingsteks lees en vrae beantwoord
• ’n dialoog lees en skryf
• op jou eie lees
• ’n plakkaat maak en instruksies skryf
• homonieme en homofone hersien
• woorde leer wat vir omskrywings gebruik kan word
• oor medewerkwoorde leer en deelwoorde hersien
• nog voornaamwoorde leer
• bepalings en sinsuitbreiding hersien
• oor saamgestelde sinne leer
• nog reëls oor meervoud en verkleining leer
• hersiening oor taalwerk doen
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 128: Luister na en volg instruksies
Interessante feit: Ons het vyf basiese sintuie – sig, gehoor, reuk, smaak en gevoel (tassin). Ons sien met ons oë, hoor met ons ore, ruik met ons neus, proe met ons tong en voel met ons hande (eintlik vel).
sig – oë sien
gehoor – ore hoor reuk – neus ruik
smaak – tong proe tassin – vel voel
Het mense werklik net vyf sintuie? Wetenskaplikes dink ons het tussen 18 en 23, soos propriosepsie (proprioception in Engels), die sintuig wat jou bewus maak van jou ledemate (arms en bene) en beweging. Kyk wat jy oor die ander sintuie kan uitvind.
Hierdie les gaan oor sintuie en hoe ons die wêreld om ons waarneem. Die lesnaam sinspeel op die idioom “wat die oog nie sien nie, kan die hart nie deer nie”, maar dit word hier letterlik bedoel. As ons byvoorbeeld nie kan sien nie, kan ons dinge steeds met ons ander sintuie waarneem.
Gesels saam.
SAMPLE
• Watter sintuie gebruik ons elke dag? Waarvoor gebruik ons hierdie sintuie?
• Watter sintuie gebruik ons as ons eet?
• Watter sintuie gebruik jy as jy en ’n maat ’n bal gooi en vang?
• Watter sintuie gebruik ons om ’n storm waar te neem?
Luister na die fasiliteerder se instruksies om ’n windmeul uit papier te maak.
Gesels saam oor die instruksies.
1. Het jou windmeul gewerk?
2. Was die instruksies maklik om te volg?
3. Die benodighede (dít wat nodig is om die windmeul te maak) word eerste gegee. Waarom dink jy is dit so?
4. Waarom dink jy word die stappe in ’n spesifieke volgorde gegee?
5. Met watter woordsoort begin elke stap in die instruksies?
6. Watter sinsoort word in die stappe van die instruksies gebruik?
7. Waarvoor dink jy kan ’n mens die papier-windmeul gebruik?
8. Watter sintuie het jy gebruik om die windmeul te maak?
Aktiwiteit 129: Gee en volg instruksies
In hierdie aktiwiteit gaan jy instruksies gee en volg. As jy instruksies gee, gebruik jy bevelsinne (wat met werkwoorde begin).
Luister na die fasiliteerder om die aktiwiteit te doen.
Vir die nuuskieriges: Jy weet seker van die vier basiese smake – sout, soet, suur en bitter. Het jy al van umami gehoor? Dit is ’n smaak wat in 1908 deur die Japannese chemieprofessor Kikunae Ikeda benoem is. Hy het dit as “’n aangename souterige smaak” beskryf. Dit is die smaak wat byvoorbeeld in vleis, party kase, sojasous en tamatie voorkom. Hoewel die smaak in 1908 “ontdek” is, is dit eers in 1990 amptelik as die vyfde smaak aanvaar.
Vir die nuuskieriges: Pla dit jou as jy hoor hoe ander mense kou of eet? Jy is nie die enigste een nie! Dit staan bekend as misofonie (of geluidshaat). Dit is om ’n afkeer van sekere geluide te hê, soos iemand wat kou.
SAMPLE
Aktiwiteit 130: Klassifiseer dinge
Gebruik die stowwe wat jy in die vorige aktiwiteit geïdentifiseer het, en beskryf dit deur die volgende vrae oor elkeen te beantwoord.
1. Wat is dit?
2. Beskryf hoe dit lyk, ruik, proe en/of voel.
3. Watter sintuie het jy gebruik om dit waar te neem?
4. Met watter liggaamsdeel word hierdie sintuig ervaar?
5. Skryf ’n sin of twee met die bostaande inligting om elke stof te beskryf.
Aktiwiteit 131: Lewer ’n voorbereide toespraak
Jy het in les 2 hersien hoe om ’n voorbereide toespraak te skryf en te lewer. Kyk weer in les 2 na die wenke, en ook hier onder. Kyk in afdeling 3 waaroor jy die toespraak moet skryf.
Hoe om ’n toespraak te lewer
• Maak seker jy ken jou toespraak uit jou kop.
• Gebruik sleutelkaartjies om jou te help.
• Die regte houding is belangrik as jy jou toespraak lewer. Staan regop en ontspanne.
• Praat met ’n goeie volume (nie te hard of te sag nie).
• Praat teen die regte tempo (nie te vinnig of te stadig nie).
• Maak oogkontak met die gehoor terwyl jy praat. Moenie die hele tyd net vir een persoon kyk nie.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 132: Lees instruksies
Het jy geweet dat ons smaak- en reuksintuig met mekaar verband hou? As jy medisyne drink (soos hoesstroop), druk jy jou neus toe sodat jy die medisyne nie proe nie?
SAMPLE
Op die volgende bladsy is ’n eksperiment om te toets of ons reuksintuig nodig is om te kan proe. ’n Eksperiment is ’n wetenskaplike toets wat gedoen word om iets uit te vind. Het jy al eksperimente in Natuurwetenskappe gedoen?
Lees die instruksies.
Moet ons kan ruik om te kan proe?
Benodighede een appel
een peer een aartappel skiller mes
bandana (of stuk materiaal) ’n glas water assistent
Verskillende geure jogurt (sonder vrugtestukke) of lekkers soos jelly beans kan ook gebruik word.
Metode
1. Skil die appel, peer en aartappel, en sny dit dan in klein blokkies.
2. Sit een blokkie van elke kossoort in ’n bordjie.
3. Jou assistent blinddoek jou dan en skommel die blokkies sodat jy nie weet watter een waar is nie.
4. Druk jou neus toe, en eet een van die blokkies. Kan jy proe wat jy eet?
5. Vat ’n slukkie water voordat jy nog ’n blokkie eet.
6. Herhaal stap 4 en 5 vir elke blokkie.
7. Jou assistent sit nog ’n blokkie appel, peer en aartappel op ’n bordjie. Hou die blinddoek op, en ruik aan die blokkies – kan jy dit “proe” deur net daaraan te ruik?
8. Ruil dan rolle met jou assistent – kan hy/sy die verskil proe?
Moet ons kan ruik om te kan proe? Woordeskat
bandana: ’n groot stuk lap van sy of katoen wat om die nek of kop gedra word
Gesels saam, en skryf die antwoorde later in jou werkboek.
1. Waarvoor is die instruksies?
2. Maak ’n lys van alles wat jy nodig het om die instruksies te volg.
Onthou die regte leestekens as jy ’n lys maak.
3. Watter alternatief word in die instruksies gegee? (Met ander woorde, hoe kan jy die instruksies anders volg?)
4. Hoeveel stappe is daar in die metode?
5. Is dit nodig om die stappe in volgorde te doen? Verduidelik.
6. Waarom dink jy is dit nodig om die appel, peer en aartappel te skil?
7. Waarom dink jy is dit nodig om ’n slukkie water te drink voordat jy die volgende kossoort eet?
8. Waarom dink jy is dit nodig om geblinddoek te wees?
9. Wat dink jy is die resultate/uitslae van die eksperiment? (Kyk na die titel van die instruksies en na die laaste sin ná die stappe in die metode om jou te help.)
10. Het jy al ’n eksperiment soos hierdie een gedoen? Vertel daarvan.
Vir die nuuskieriges: Het jy geweet dat jy nie net met jou tong proe nie? Dele van jou verhemelte en keel het ook smaakknoppies (taste buds) wat smaak waarneem.
Mense het lank geglo dat die verskillende dele van die tong verskillende smake (sout, soet, suur en bitter) proe, byvoorbeeld dat ons ’n soet smaak net op die voorpunt van die tong proe. Dit is egter nie waar nie – alle smake word regoor die tong geproe.
SAMPLE
In 1901 het die Duitse wetenskaplike David Hänig getoets of die kante en punt van die tong meer sensitief vir smake is as die middel van die tong. Hy het bevind dat minder van ’n smaak op die punt en kante van die tong nodig is om dit waar te neem, maar die grafiek in sy verslag het die verkeerde idee oorgedra. Daarvandaan kom die idee dat jy sekere smake net op sekere dele van die tong waarneem. Hierdie opvatting is lankal verkeerd bewys – jy proe alle smake op alle dele van die tong, party dele is net meer sensitief vir sekere smake.
Aktiwiteit 133: Beantwoord vrae
Jy kan die instruksies in die vorige aktiwiteit weer lees voordat jy die vrae in jou werkboek beantwoord.
1. Voltooi die sinne met die woorde in die blokkie.
1.1 Jy moet die appel, peer en aartappel skil.
1.2 Sny dit in blokkies.
1.3 Jy moet geblinddoek word jy begin proe.
1.4 ruik jy aan die stukkies kos.
daarna voordat later eers
2. Sit die prentjies in die regte volgorde. 2.2
3. Watter woordsoorte is die volgende woorde? Sê eers die woordsoort en dan die spesifieke soort, byvoorbeeld: mes – selfstandige naamwoord, soortnaam. Gebruik ’n woordeboek om jou te help.
3.1 appel
3.4 dit
3.2 ’n 3.5 sonder
3.3 klein
4. Ons spel “aartappel” met twee p’s. Kan jy sê waarom?
5. Gee die versamelnaam vir ’n klomp aartappels saam.
SAMPLE
6. Verdeel die woorde in lettergrepe en klankgrepe. Dui aan of die lettergrepe oop of geslote is. Teken die tabel in jou werkboek.
6.1 appel
6.2 skiller
6.3 skommel
6.4 aartappel
Watter konsonante hoor jy?
Woord Lettergrepe Klankgrepe
6.5 verskillende
7. Is die woorde afleidings of samestellings? Gee ook die stamme van die woorde.
7.1 skiller
7.2 blinddoek
7.3 bordjie
7.4 daaraan
Handleiding 2/4
8. Gebruik die stamme en voor- en agtervoegsels om nuwe woorde te maak.
8.1 aartappel + skil =
8.2 appel + -tjie =
8.3 blok + -ie =
8.4 ge- + blind + doek + -te =
9. Waarom is daar twee d’s in “blinddoek”?
10. Wat is ’n sinoniem van “proe”?
Voor- en agtervoegsels is in les 3 behandel.
11. Watter sinsoorte is die meeste van die stappe, en met watter woordsoort begin die meeste sinne? Waarom?
12. Is die sin in stap 1 enkelvoudig of veelvoudig?
Aktiwiteit 134: Medewerkwoorde
Jy het in graad 4 oor hulpwerkwoorde geleer, wat ook in les 4 hersien is.
Onderstreep die hoofwerkwoord, en omkring die hulpwerkwoord in die sin:
Die kinders het ’n eksperiment oor sintuie gedoen.
Werkwoorde
Hulpwerkwoorde is ’n soort medewerkwoord. Kyk na die verduideliking hier onder.
Woordsoorte: Medewerkwoorde
Die voorvoegsel medebeteken ‘ook’ – dit werk saam met die hoofwerkwoord.
Jy het al oor hulpwerkwoorde geleer, soos “het” en “sal”, wat saam met hoofwerkwoorde gebruik word. ’n Hulpwerkwoord is ’n soort medewerkwoord. ’n Medewerkwoord is ’n werkwoord wat saam met ’n hoofwerkwoord in ’n sin gebruik word. Jy leer oor twee soorte medewerkwoorde – hulpwerkwoorde (waaroor jy reeds geleer het) en skakelwerkwoorde
• Hulpwerkwoorde word saam met hoofwerkwoorde gebruik om tyd, wyse (modaliteit) en vorm aan te dui, soos het, sal (sou), kan (kon), moet (moes), wil (wou), hoef te, behoort te, word en is
o Masego het ’n appel geëet.
o Sy wil graag meer oor ons sintuie uitvind.
Kyk in les 4 vir meer inligting oor hulpwerkwoorde.
• Skakelwerkwoorde word saam met hoofwerkwoorde gebruik om meer oor ’n handeling of toestand uit te druk.
’n Skakelwerkwoord lyk soos ’n hoofwerkwoord, maar dit word saam met ’n hoofwerkwoord gebruik, byvoorbeeld aanhou, bly, gaan, kom, laat, probeer, ens. ’n Skakelwerkwoord skakel met die hoofwerkwoord.
o Hulle laat die musiek speel.
o Masego probeer agterkom wat die vreemde smaak is.
o Die dokter sal later kom kyk wat fout is.
“Skakel” beteken om met mekaar te verbind
’n Maklike manier om te toets of dit ’n skakelwerkwoord is: As die hoofwerkwoord uitgehaal word, is die sin nie meer sinvol nie:
o *Hulle laat die musiek. ×
o *Masego probeer wat die vreemde smaak is. ×
o *Die dokter sal later kom wat fout is. ×
Sonder die skakelwerkwoord kan die woordorde verander word dat die sin steeds sinvol is, byvoorbeeld:
• Hulle speel die musiek.
• Masego kom agter wat die vreemde smaak is.
• Die dokter sal later kyk wat fout is.
Soms lyk dit soos ’n skakelwerkwoord, maar as daar nie ’n hoofwerkwoord in die sin is nie, is die skakelwerkwoord eintlik die hoofwerkwoord. Daar is dus niks waarmee die woord skakel nie, byvoorbeeld: Hulle gaan winkel toe. Sy probeer haar bes.
Party skakelwerkwoorde kry nooit ge- nie:
• Hulle begin sing. *Hulle het gebegin sing. ×
• Die maats kom swem. *Die maats het gekom swem. ×
SAMPLE
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Skryf die sinne oor, en identifiseer die werkwoorde in vetdruk as hoofwerkwoorde of medewerkwoorde. Teken dan ’n reghoek en ’n sirkel in jou werkboek, en skryf al die hoofwerkwoorde in die reghoek en die medewerkwoorde in die sirkel.
1.1 Ons probeer om die reën op te vang.
1.2 Ons laat die water in die bak inloop.
1.3 Almal het na die reën geluister.
1.4 Jy kan alle smake regoor jou tong proe.
1.5 Die orkes het aanhou musiek speel al het dit begin reën.
1.6 Die musikante sal later begin oppak.
Bonus: Watter skryfteken is in “reën”?
Handleiding 2/4
2. Skryf die sinne oor met die regte skakelwerkwoord uit die blokkie. Omkring ook die hoofwerkwoord, of lig dit met ’n glimpen uit. Van die woorde in die blokkie moet in meer as een sin gebruik word, maar elkeen moet minstens een keer gebruik word.
bly gaan kom aanhou laat probeer
2.1 Jaco sal om die blomme te ruik
2.2 Dit lyk of dit later reën
2.3 Die kinders lawaai, al het hulle ma vir stilte gevra.
2.4 Sy hulle raas totdat hulle moet slaap.
2.5 Hulle om saggies te speel, maar hulle kan nie.
2.6 Toe hulle pa aangestap , was hulle tjoepstil.
Bonus: Identifiseer die intensiewe vorm in die sinne.
Aktiwiteit 135: Deelwoorde
Voltooi die sinne met die regte woorde:
Vir die nuuskieriges: Knip ’n paragraaf uit ’n koerant of tydskrif, en plak dit in jou werkboek. Onderstreep of omkring al die hoofwerkwoorde met blou, die hulpwerkwoorde met groen en die skakelwerkwoorde met rooi.
Masego hoor hoe die water loop. Masego hoor die water. Kos word op die stoof gekook. Sy smul aan die kos.
SAMPLE
Wat noem ons die woorde wat jy ingevul het?
Deelwoorde
Deelwoorde is werkwoorde wat verander word om selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, bywoorde of ander werkwoorde te wees.
Deelwoorde word meestal as byvoeglike naamwoorde gebruik wat voor die selfstandige naamwoord staan.
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 5’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.
• Geskik vir leerders op alle vlakke.
• Gebruik in die klaskamer of tuis.
home classroom college workplace