Afrikaans Huistaal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Handleiding 3/4
Graad 5
2305-A-AHT-SG03
9781990948695
Aangepas vir KABV
L van Niekerk
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
Eenheid
1
Jaarplan
LES 1: Soos die stukke van ’n legkaart 1 – 2
LES 2: Van tjoekie tot tjoema 3 – 4
LES 3: Gesonde liggaam, gesonde gees 5 – 6
LES 4: ’n Vriend in nood
LES 5: In Sprokiesland
2 LES 6: Wat die oog nie sien nie ...
LES 7: Blokkiesoë
LES 8: Goggas en goeters onder die grond
LES 9: Rillings en grillings
– 8
– 10
– 2
– 4
– 6
– 8
– 10
LES 11: Advertensies: oorreed of vergeet 3 – 4
LES 12: As jou oë groter as jou maag is ... 5 – 6
3 LES 10: Op die spoor 1 – 2
LES 13: Vandag vermorsing, môre verknorsing
SAMPLE
LES 14: In die kollig
– 8
– 10
LES 16: Die plaag van plastiek 3 – 4
LES 17: Reënboogpotte wat prut
LES 18: Dwergies in die tuin
– 6
4 LES 15: Abrakadabra! 1 – 2
– 8 Novembereksamen
– 10
Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.
Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.
• Lees soveel as wat jy kan.
• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.
Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!
• Ouma Mollie en die mensvreter – Fanie Viljoen
• Ouma is ’n kroek! – David Walliams
• Oupa ontsnap – David Walliams
• Waldo en die vampier met die geel reënjas – Jaco Jacobs
• Net aliens eet spinasie – Jaco Jacobs
• Speurhond Willem-reeks – Elizabeth Wasserman
SAMPLE
• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen
• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen
• Pieksel – Fanie Viljoen
• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo
• Die swart kat-reeks – Chris Sasner
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!
EENHEID 3: Week 1 – 2
Les 10:
Op die spoor
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• rolspel doen
• aan ’n bespreking deelneem
• hardop lees
• ’n taalspeletjie speel
• ’n biografie lees en vrae daaroor beantwoord
• speurder speel met ’n woordeboek
• dagboekinskrywings en boodskappe lees
• selfstandig lees
• dagboekinskrywings, ’n brief, ’n e-pos en ’n biografie skryf
• woordvorming, bywoorde en voornaamwoorde oefen
• direkte en indirekte rede oefen
• sinsoorte oefen
• hersiening oor taalwerk doen
AFDELING 1
LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 223: Doen rolspel
Interessante feit: Elke mens se vingerafdrukke is uniek. Daar is drie hoofsoorte: die boogpatroon, die kolkpatroon en die luspatroon.
Waarom dink jy is vingerafdrukke so belangrik in speurwerk om kriminele te vang? boogpatroon kolkpatroon luspatroon
Het jy geweet al die vingerafdrukke op elk van jou vingers is ook uniek? Al kry jou liggaam nuwe selle regdeur jou lewe, bly die groefies van jou vingerafdrukke dieselfde. Hoe lyk jou vingerafdrukke? Verf die boonste lit van jou vingers liggies met verf, of druk dit in ink, en druk dan jou vingers op papier. Kan jy sien hoe jou vingerafdrukke verskil?
Kan jy raai wat die tema van die les is deur na die prentjie op die vorige bladsy te kyk?
Gesels saam.
SAMPLE
• Wat is ’n speurder?
• Watter boeke, flieks of TV-reekse ken jy wat oor speurwerk gaan?
• Waarom is daar speurders?
• Hoe los speurders raaisels op?
• Watter ander beroepe doen amper dieselfde soort werk as speurders?
Julle gaan rolspel in groepe doen en self speurder speel om agter die kap van die byl te kom.
Elkeen in die groep gaan ’n karakter kry om te vertolk. Jy moet lees wat op die karakterkaartjie staan en jouself in die rol inleef. Luister na die fasiliteerder se instruksies. Weet jy wat die idioom “agter die kap van die byl kom” beteken?
Vir die nuuskieriges: Doen navorsing om die vrae te beantwoord.
• Waarom het ons vingerafdrukke?
• Watter diere het vingerafdrukke?
• Watter diere het unieke eienskappe wat baie soos vingerafdrukke is?
Aktiwiteit 224: Neem deel aan ’n bespreking
Gesels saam oor die gebeure in die rolspel in die vorige aktiwiteit. Jy gaan ’n beurt kry om te vertel wie jy dink die skuldige is wat die koek laat verdwyn het, en waarom hy/sy skuldig is. Gebruik die sleutelwoorde om jou te help.
Wat? Waar?
Wie? Waarom? Wanneer? Gevolge
Moes jy al die waarheid oor iets uitpluis of agterkom wie die skuldige is? Het iemand dalk lekkers uit die kas gesteel? Het jy dalk agtergekom dat iemand in jou kamer rondgekrap het? Het jy dalk al gedink dat iemand vir jou gejok het? Gebruik die sleutelwoorde hier bo, en vertel daarvan.
Aktiwiteit 225: Lees hardop
Oefen om die teks op die volgende bladsy hardop te lees. Kyk eers weer na die wenke.
SAMPLE
Wenke vir hardop lees
• Spreek die woorde reg uit.
• Lees vlot en met gevoel.
• Gehoorsaam die leestekens – rus by ’n komma (,), praat ’n bietjie harder as daar ’n uitroepteken (!) is, rus langer by ’n punt (.). As daar ’n vraagteken (?) is, beteken dit jy moet die laaste woord in die sin op ’n hoër toon uitspreek.
• Die leestekens help jou om teen die regte tempo (spoed) te lees.
• Onthou, jy moet nou en dan oogkontak met die gehoor maak.
Die fasiliteerder gaan jou leesvaardighede beoordeel deur die rubriek te gebruik.
Kriteria
Het jy die woorde reg uitgespreek? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy vlot en met gevoel gelees?
Het jy die leestekens gehoorsaam?
Het jy teen die regte tempo gelees?
| 2 | 3 | 4 | 5
| 2 | 3 | 4 | 5
| 2 | 3 | 4 | 5
Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Dit is uiteindelik Driekie Draak se verjaarsdag! Melinda Muis is op pad met ’n heerlike sjokoladekoek, al die versnaperinge is op die tafel gepak, en die tuin is mooi versier. Die gaste is amper daar, en Driekie is besig om die laaste paar goed reg te kry.
“Waar moet ek die koeldrank sit?” vra haar sussie Drienie. Drienie het al die pad van Drakeland af gekom om Driekie se groot partytjie by te woon. Driekie is diep in haar gedagtes verlore. Sy wil vreeslik graag hê alles moet vandag seepglad verloop. Hopelik kom al die gaste goed oor die weg. Almal ken mekaar nie, maar hulle behoort gesellig te kuier, dink Driekie.
“Haai! Driekie! Waar’s jou kop? Ek praat met jou,” probeer Drienie haar aandag kry. Driekie beduie waar om die koeldrank te sit, en haar gedagtes dwaal verder. Karel Kriek is haar nuwe buurman, en sy weet hy kan lekker stories en grappies vertel om die gaste te vermaak. Die stories oor hom wat die dorp vol loop, is sekerlik nonsens. Net omdat hy in die middel van die nag ingetrek het, beteken nie hy is vreemd of ’n krimineel nie. Of doen dit?
Aktiwiteit 226: Speel ’n taalspeletjie
SAMPLE
Jy gaan ’n geheuespeletjie (Memory) saam met ’n maat speel. Knip die prentjies en woorde in die bylae uit (’n stel uit een van julle twee se handleiding). Julle kan dit op karton plak sodat dit makliker is om mee te werk. Skommel die kaartjies, draai dit om, en pak dit onderstebo in ’n groot vierkant of reghoek (of ’n ander vorm om die speletjie ’n bietjie moeiliker te maak).
Maak beurte om twee kaartjies op ’n slag om te draai om ’n prentjie en die regte woord te vind. Sodra jy ’n paar gekry het wat pas, vat die kaartjies en sit dit eenkant. Jy mag dan weer probeer. As jy nie weer ’n paar kry nie, is dit jou maat se beurt. Die een met die meeste pare kaartjies aan die einde wen die speletjie.
Plak die prentjies en woorde dan in jou werkboek (een van julle gebruik die kaartjies waarmee julle gespeel het en die ander een knip die kaartjies uit sy/haar handleiding se bylae). Skryf sinne met die woorde om te wys jy weet wat dit beteken.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 227: Lees ’n biografie
Jy het in graad 4 geleer wat ’n biografie is. Kan jy onthou wat dit is? ’n Biografie is ’n beskrywing van iemand se lewe, gewoonlik in boekvorm. ’n Biografie word nie geskryf deur die persoon oor wie dit gaan nie.
Kan jy onthou wat ’n boek genoem word wat die persoon self oor sy/haar lewe skryf?
Lees die titel en die eerste sin van die biografie op die volgende bladsy. Kan jy raai wat die beroep van die persoon is waaroor die biografie gaan?
Lees die biografie saam met ’n maat of op jou eie.
SAMPLE
• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, breek die samestelling op, of verdeel die woord in lettergrepe, byvoorbeeld: “motor-voertuig-ongelukke”.
• Die a in “misdadigers” klink lank. Dit word uitgespreek as “mis-daa-di-girs”.
• Die letters in die akronieme SAP en SAPD word afsonderlik uitgespreek.
• Brixton word uitgespreek as “briek-stin”.
• Die titel “adjudant-offisier” word uitgespreek as “ad-juu-dant-o-fi-sier”.
• Die i in “direkteur” klink soos die letter i, nie soos die i in “direk” wat soos ie klink nie –“di-rek-teur”.
• Die o en a in “openbare” is lank – “oo-pin-baa-ri.”
• Die e’s in “federale” klink verskillend – “fê-di-raa-li”.
• Ons hoor nie die e in “bydrae” nie. Dit word as “bydra” uitgespreek.
• Die e en a in “beamptes” word afsonderlik uitgespreek – “bi-amp-tis”.
Handleiding 3/4
Agter die kAp vAn bAasspeurDer piet Byleveld
Díe bloedhond van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was deur misdadigers gevrees, want as hy eers op jou spoor was, het hy nie gelos voordat hy jou uitgesnuffel het nie. Sy bynaam was met reg Piet Byl. Met sy suksessyfer van 99% in sy loopbaan van amper 40 jaar, verdien hy die titel as Suid-Afrika se beste speurder.
Piet Byleveld (Petrus Erasmus Johan van Staden Byleveld) is op 6 Junie 1950 in Lephalale (voorheen Ellisras), Limpopo, gebore. Hy het op ’n plaas grootgeword en wou eendag ’n predikant word, maar die droom het verander in sy dienspligjaar in die weermag. In 1970 het hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens as studentkonstabel aangesluit.
Nadat hy sy opleiding aan die SAP -kollege voltooi het, waar hy as die tweede beste polisiestudent aangewys is, is hy in Desember 1970 na die Hillbrow-polisiestasie verplaas. Sy loopbaan het begin met die ondersoek van motorvoertuigongelukke , aanrandings en kwaadwillige skade aan eiendom. In 1972 is hy verplaas na die speurtak van die Hillbrowpolisiestasie, en in 1977 is hy bevorder tot speurder-sersant. Op 1 Junie 1977 het hy deel geword van die Brixton -Moord-en-Roofeenheid.
SAMPLE
Tussen 1981 en 1988 het Byleveld aan moordsake begin werk en is bevorder tot speuradjudant-offisier. Daarna het hy die tuig eers neergelê om saam met sy pa te boer. Ná versoeke van die Direkteur van Openbare Vervolging het hy in 1990 teruggekeer na die polisiediens en die moord-en-roof-eenheid, waar hy later die langsdienende lid van die eenheid sou word. Hy is in 1995 bevorder tot luitenant en later kaptein nadat die nuwe rangstelsel geïmplementeer is. In 2007 is hy tot direkteur bevorder.
In 2010 het hy uit die polisiediens getree. Met sy amperse obsessie met detail het hy die kleinste leidrade noukeurig ondersoek. In sy eie woorde in die boek Byleveld: Dossier van ’n baasspeurder deur Hanlie Retief: “As jy behoorlike speurwerk op die toneel doen, gáán jy die saak oplos.” Te danke hieraan en aan sy unieke onderhoudvoertegnieke en uitsonderlike vermoëns om misdadigers se gedagtes te lees, het hy in sy lang, suksesvolle loopbaan as speurder talle sake opgelos wat vir ander onmoontlik was.
In hierdie tyd het hy as speurder gefokus op rooftogte, en in 1977 het hy saam met kaptein Spyker van Wyk die berugte Stander-bende vasgetrek. Hierdie bende het meer as dertig winkels en banke in Johannesburg beroof.
“As jy behoorlike speurwerk op die toneel doen, gáán jy die sAak oplos.”
– piet Byleveld
Hy het van die ergste misdade in Suid-Afrika opgelos en van die gevaarlikste kriminele gevang. Van die bekendste sake is die Knysnasaak (1993), die Kranskop-saak (1996 tot 1997), die Nasrec-saak (1996 tot 2002) en die Wemmerpan-saak (1997 tot 2000), wat hy opgelos het deur ’n bêrekoopstrokie te bespeur wat die skuldige geteken het.
Sy merkwaardige speurwerk was regoor die wêreld bekend. Die Amerikaanse Federale Speurdiens (FBI) en die Londense Metropolisie (Scotland Yard) van Engeland het sy kundigheid ingewin. In 2010, kort voor sy aftrede, is hy met
Woordeskat
’n spesiale toekenning deur die Internasionale Polisievereniging (IPA) as een van die drie beste speurders ter wêreld aangewys. Hy ontvang ook die Departement van Justisie se Judicial-toekenning vir sy besondere bydrae tot die bekamping van misdaad in Suid-Afrika, ’n toekenning waarmee slegs sewe beamptes in die geskiedenis van die SAPD vereer is.
Byleveld is op 24 Mei 2017 op die ouderdom van 67 oorlede. Hierdie bobaasspeurder wat in die meeste gevalle agter die kap van die byl gekom het, laat ’n groot leemte agter die misdaadvergrootglas.
SAMPLE
bloedhond: ’n soort hond met ’n uitstekende reuksin wat veral gebruik word om misdadigers deur middel van reuk op te spoor dienspligjaar: ’n jaar waarin mans verplig was om militêre opleiding te ontvang kwaadwillige: met negatiewe bedoelings, om kwaad te wil doen berugte: as iets of iemand berug is, beteken dit almal weet daarvan, maar om slegte redes die tuig neerlê (uitdrukking): aftree (iemand werk nie meer nie) langsdienende: die langste van enige iemand in ’n bepaalde pos werk obsessie: gedurig aan iets of iemand dink, in die biografie beteken dit hy het altyd fyn besonderhede in ag geneem bêrekoopstrokie: koop deur ’n deposito te betaal, dan hou die winkel die item totdat jy die volle bedrag kan betaal bekamping: om iets te bekamp is om ’n einde daaraan te probeer maak agter die kap van die byl kom (idioom): ’n saak probeer uitpluis, die waarheid ontbloot leemte: ’n gaping, daar is ’n gebrek aan iets of iemand
Gesels saam oor die artikel, en skryf die antwoorde daarna in jou werkboek.
1. Oor wie gaan die biografie, en watter beroep het hy beoefen?
2. Wat is die doel van ’n biografie?
3. ’n Biografie het gewoonlik ’n teikengehoor. Wie dink jy is die teikengehoor van die bostaande biografie?
Die teikengehoor is die gehoor op wie die biografie gemik is, die mense wat die skrywer wil hê dit moet lees.
4. Watter soort inligting is belangrik in ’n biografie? Gebruik die sleutelwoorde, en vertel meer daaroor.
datums plekke opleiding beroep prestasies
5. Skryf die volgende inligting oor, en voltooi dit deur in die biografie te soeklees. Onthou, as jy soeklees, soek jy sleutelwoorde in die teks.
5.1 Geboortedatum: _________
5.2 Oorlede op _________ op _________-jarige ouderdom.
5.3 By watter polisiestasie het hy eerste gewerk?
5.4 Hy het in _________ (jaar) by die speurtak begin werk.
5.5 Wat was die hoogste rang wat hy in die polisiediens behaal het? (Wat was sy titel?)
5.6 Hy was amper_________ jaar in die polisiediens.
6. Voltooi die sinne oor die struktuur van hierdie biografie met die regte woorde.
loopbaan gebore wêreldwyd speurder inleiding range sake bevorderings oorlede liggaam
Hierdie biografie begin met ’n _________ wat die leser lus maak om verder te lees. In die _________ word daar genoem in watter jaar die persoon _________ is en waar sy _________ begin het. Daar word vertel van een van die eerste _________ wat hy opgelos het, sy _________ en hoe hy deur die jare in die _________ van die polisiediens bevorder is. Daar word genoem waarom hy so ’n uitmuntende _________ was en dat hy _________ bekend was. In die slot word genoem wanneer hy _________ is.
SAMPLE
7. Verduidelik waarom Piet Byleveld se bynaam “Piet Byl” was. (Wenk: Dink aan sy van, aan hoe ’n byl lyk en wat dit doen, en kyk weer na die slot.)
8. Hoe verskil ’n biografie van ’n storie? Skryf die sinne oor die doel en soort inligting oor, en voltooi dit. ’n Storie word geskryf met die doel om te _________ terwyl ’n biografie geskryf word om _________ oor iemand se lewe oor te dra. ’n Storie gaan (gewoonlik) oor _________ gebeure, en ’n biografie gee _________ inligting.
9. Wat het Piet Byleveld gebruik om die Wemmerpan-saak op te los?
10. Noem drie van die eienskappe wat Piet Byleveld ’n goeie speurder gemaak het, volgens die biografie. vermaak fiktiewe feitelike inligting
11. In paragraaf 7 staan: “... wat hy uiteindelik opgelos het deur ’n bêrekoopstrokie te bespeur wat die skuldige geteken het.” As jy Byleveld se eienskappe in ag neem, waarom dink jy word hierdie brokkie inligting genoem? (Wenk: Haal frases uit paragraaf 6 aan, en verduidelik die verband tussen dít en die aanhaling uit paragraaf 7 hier bo.)
12. Watter indruk het jy oor Piet Byleveld en speurwerk in die algemeen gekry toe jy die biografie gelees het?
13. Het jy al ’n biografie oor iemand anders gelees? Het jy dit geniet?
Bonus: Wat is die verskil tussen “feitelik” en “feitlik”? Kyk in die woordeboek. Sê ook watter woordsoort elke woord is.
Aktiwiteit 228: Beantwoord vrae
Lees die biografie in die vorige aktiwiteit weer voordat jy die vrae in jou werkboek beantwoord.
1. Vir watter instansie het die persoon in die biografie gewerk, en wat is die afkorting? (Wenk: Kyk in paragraaf 2.)
2. Teken die tydlyn van Piet Byleveld se lewe en loopbaan oor, en voltooi dit.
6 Junie 1950
Sluit aan by die SAPD.
Word na die verplaas. 1972
SAMPLE
Word bevorder tot en word deel van die BrixtonMoord-en-Roof-eenheid.
Word bevorder tot . 1981 – 1988
Los die Knysa-saak op.
Word bevorder tot luitenant.
Los die -saak op. 1997
Los die Wemmerpan-saak op.
Die tydlyn gaan aan op die volgende bladsy.
Los die -saak op. 2002
Word bevorder tot direkteur.
Tree af. op die ouderdom van 67. 2017
3. ’n Bloedhond is ’n soort hond met ’n uitstekende reuksin wat veral gebruik word om misdadigers deur middel van reuk op te spoor. Hulle hou nie op snuffel totdat hulle die einde van die spoor gekry het nie. Waarom dink jy word Piet Byleveld in die inleiding met ’n bloedhond vergelyk?
4. Is die stellings waar of onwaar? Skryf “waar” of “onwaar”, en haal uit die teks aan om jou antwoord te bewys.
4.1 Piet Byleveld is in Gauteng gebore.
4.2 Baie mense het van die Stander-bende geweet.
4.3 Byleveld se loopbaan het met die ondersoek van moordsake begin.
4.4 Byleveld was slegs in Suid-Afrika bekend.
Bonus: Wat is Lephalale se ou naam?
5. Waarom word daar genoem dat Byleveld die Departement van Justisie se Judicialtoekenning ontvang het? (Gebruik inligting uit die teks, en maak jou eie afleiding.)
SAMPLE
6. Waarom word Byleveld as ’n bobaaspeurder beskou?
7. Skryf die volgende in woorde:
7.1 67
7.2 99%
8. Gee ’n sinoniem uit die teks van:
8.1 misdadiger
8.2 amper
8.3 promoveer
Bonus: Gee ’n sinoniem van “uitsonderlik” uit die teks.
9. Gee ’n rede uit die blokkie vir die skryftekens in die woorde. Gee ook die naam van die skryfteken.
opeenvolging van vokale ’n samestelling met ’n eienaam om ’n lang, uitgerekte e-klank aan te dui ’n samestelling met ’n afkorting/akroniem meervoud van ’n jaartal/getal
9.1 SAP-kollege 9.4 wêreld
9.2 Hillbrow-polisiestasie 9.5 geïmplementeer
9.3 1970’s
Kyk weer in les 2 vir redes vir die gebruik van ’n koppelteken.
10. Skryf die woorde oor, en gee die voor- en agtervoegsels en stamme langsaan. Sorteer die woorde dan in twee prentjies (byvoorbeeld twee vergrootglase) met die opskrifte “afleidings” en “samestellings”.
10.1 bloedhond = 10.5 bevorder = 10.2 motorvoertuigongeluk = 10.6 speurwerk = 10.3 verplaas = 10.7 speurder = 10.4 vervolging = 10.8 speurtak =
11. Identifiseer die bywoord in die sin: Hy het die saak uiteindelik opgelos deur ’n bêrekoopstrokie te bespeur.
12. Skryf die sin in die indirekte rede: “Jy kan die saak oplos as jy behoorlike speurwerk op die toneel doen,” het Piet Byleveld gesê.
SAMPLE
13. Skryf die stelsin oor as ’n vraagsin met die antwoord 1970: Hy het in 1970 by die polisiediens aangesluit.
14. Skryf die idiome en uitdrukkings oor met die regte betekenis langsaan.
14.1 Op iemand se spoor.
14.2 Agter die kap van die byl kom.
Bonus: Soek die idioom met “vuurtjie” in die woordeboek met die betekenis wat jy nie gebruik het nie.
Daar is gewoonlik waarheid aan gerugte.
Na iemand/iets soek of iemand/ iets probeer opspoor. Die waarheid agterkom.
15. Voltooi die vergelyking uit die biografie: Piet Byleveld was soos ’n .
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 5’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.
• Geskik vir leerders op alle vlakke.
• Gebruik in die klaskamer of tuis.
home classroom college workplace