Afrikaans Huistaal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Handleiding 4/4
Graad 5
2305-A-AHT-SG04
9781990948701
Aangepas vir KABV
L van Niekerk
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
D EFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
Eenheid
1
Jaarplan
LES 1: Soos die stukke van ’n legkaart 1 – 2
LES 2: Van tjoekie tot tjoema 3 – 4
LES 3: Gesonde liggaam, gesonde gees 5 – 6
LES 4: ’n Vriend in nood
LES 5: In Sprokiesland
2 LES 6: Wat die oog nie sien nie ...
LES 7: Blokkiesoë
LES 8: Goggas en goeters onder die grond
LES 9: Rillings en grillings
– 8
– 10
– 2
– 4
– 6
– 8
– 10
LES 11: Advertensies: oorreed of vergeet 3 – 4
LES 12: As jou oë groter as jou maag is ... 5 – 6
3 LES 10: Op die spoor 1 – 2
LES 13: Vandag vermorsing, môre verknorsing
SAMPLE
LES 14: In die kollig
– 8
– 10
LES 16: Die plaag van plastiek 3 – 4
LES 17: Reënboogpotte wat prut
LES 18: Dwergies in die tuin
– 6
4 LES 15: Abrakadabra! 1 – 2
– 8 Novembereksamen
– 10
Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.
Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.
• Lees soveel as wat jy kan.
• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.
Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!
• Ouma Mollie en die mensvreter – Fanie Viljoen
• Ouma is ’n kroek! – David Walliams
• Oupa ontsnap – David Walliams
• Waldo en die vampier met die geel reënjas – Jaco Jacobs
• Net aliens eet spinasie – Jaco Jacobs
• Speurhond Willem-reeks – Elizabeth Wasserman
SAMPLE
• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen
• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen
• Pieksel – Fanie Viljoen
• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo
• Die swart kat-reeks – Chris Sasner
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!
EENHEID 4: Week 1 – 2
Les 15: Abrakadabra!
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• na ’n storie en ’n gedig luister en daaroor gesels
• aan rolspel deelneem
• hardop lees
• ’n taalspeletjie speel
• stories lees en vrae daaroor beantwoord
• ’n dialoog lees
• ’n storie, ’n dialoog en boodskappe skryf
• woordvorming oefen en klankverandering hersien
• woordsoorte oefen
• sinsontleding doen en sinne in die lydende vorm skryf
• sinne in die ontkennende vorm skryf
• sinne in die verskillende tydsvorme skryf
• al die spelreëls hersien wat jy deur die jaar geleer het
• hersiening oor taalbegrippe doen
SAMPLE
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 340: Luister na ’n storie
Interessante feit: Het jy al gesien as iemand ’n kulkunsie doen? Kan jy enige kulkunsies doen? ’n Kulkunsie is ’n slim toertjie wat dit laat lyk of iemand ’n voorwerp of ’n mens laat verdwyn, verskyn of verander. Kyk hierdie video wat wys hoe om ’n muntstuk te laat “verdwyn”: https://bit.ly/3rdQuMy (“How to Do the Coin Vanish Trick | Coin & Card Magic”). Oefen om die kulkunsie te doen, en vermaak jou maats!
Die onderwerp van hierdie les is towerkrag en kulkunsies. Het jy al iemand gesien wat kulkunsies doen? Gesels saam.
• Dink jy towerkuns (ook “toorkuns”) bestaan werklik?
• Wat beteken “kulkunsies”?
• Hou jy van kulkunsies?
• Wat noem ons iemand wat kulkunsies doen?
• Het jy al stories of flieks gekyk of boeke gelees wat oor kulkuns of towerkuns gaan?
• Soms is daar ’n voorwerp met towerkragte in stories/flieks (soos die toneelstuk in les 14 oor die goue uil wat towerkragte het). Kan jy aan sulke stories/flieks dink?
• Verbeel jou voorwerpe kan werklik towerkragte hê. Wat sal jy wil hê moet so ’n voorwerp vir jou kan doen, en waarom?
• As daar regtig iets soos towerkuns en towenaars bestaan het, is daar iets wat jy sou wou hê die towenaar vir jou moes optower, en waarom?
Die storie waarna jy gaan luister, gaan oor Masego wat ’n towertrui by haar ouma kry. Wat sal jy wil hê moet ’n trui met towerkragte kan doen? Maak ’n lys van minstens drie dinge. Jy kan kreatief wees en jou verbeelding laat gaan.
Luister na die storie wat vir jou gelees word, en gesels saam.
1. Gee die volgende inligting oor die storie.
1.1 Wat is die titel van die storie?
1.2 Wie is die twee karakters in die storie?
1.3 Wat is die ruimte van die storie?
2. Gee die hoofgedagte van die storie in een sin.
3. Masego se ouma vertel waar sy die trui gekry het.
3.1 By wie het Masego se ouma die trui gekry?
3.2 Waarom dink jy het die trui haar ouma gepas al het dit gelyk of die trui te groot vir haar gaan wees?
3.3 Is die stelling waar of onwaar? Masego se ouma het geweet die trui het towerkragte die dag toe sy dit gevat het.
4. Beskryf hoe die trui lyk. Teken dit dan met byskrifte – gebruik die woorde in die blokkie. goud pers swart knope donkerblou
5. Masego sien iets vreemds op die trui.
5.1 Wat lyk vreemd, en waarom lyk dit vreemd?
5.2 Waarom dink jy word daar genoem dat dit lyk of die strepie aan die onderkant ’n goue vonkel het?
6. Masego dink aan drie dinge as sy vra waarom dit ’n towertrui is. Wat is die drie dinge?
SAMPLE
7. Voltooi Ouma se woorde: Glo in die wat drome laat waar word ... Glo in die wat binne jou is ... Die trui is so vol as wat jy wil hê dit moet wees, glo in en die stories wat jy lees.
8. Dink aan die woorde wat Masego se ouma oor die trui sê. Wat dink jy gaan gebeur as Masego die trui dra en haar ouma se raad volg (die sinne in vraag 7)?
9. Watter les wat ons elke dag kan toepas kan ons uit Ouma se woorde leer?
10. Dink jy die trui het regtig towerkragte of sê Ouma net so? Verduidelik jou antwoord.
Aktiwiteit 341: Neem deel aan rolspel
Jy gaan rolspel saam met ’n maat doen. Julle moet ’n kort toneel uitdink deur die gebeure in die blokkies te gebruik.
Handleiding 4/4 G05 ~ Afrikaans
Sit die gebeure in die volgorde waarin dit in julle toneel moet gebeur, en skryf dan ’n kort toneel daaroor. Nie al die gebeure hoef gebruik te word nie.
’n Medalje met towerkragte word gekry. Karakters leer iets oor hulself.
Beland in ’n ander wêreld. Die medalje raak weg.
Iets magies (magical) gebeur. ’n Vreemde figuur verskyn.
Die toneel moet tussen 30 sekondes en 1 minuut wees. Onthou, jy moet jouself in die karakter inleef en in sy/haar skoene plaas.
Julle kan rekwisiete gebruik om die toneel meer geloofwaardig te maak. Kyk weer na die wenke.
Wenke vir rolspel
• Gebruik die regte stemtoon. (Is jou karakter hartseer, kwaai of agterdogtig?)
• Jou gesigsuitdrukking moet by jou stemtoon pas. Hoe voel die karakter?
• Gebruik gepaste bewegings.
• Praat hard, duidelik en met selfvertroue (maar moenie skree nie).
Aktiwiteit 342: Lees hardop
SAMPLE
Lees die volgende deel uit “Die towertrui” hardop sonder om te oefen.
Onthou wat belangrik is as jy hardop lees, soos om duidelik en hard genoeg te praat (sonder om te skree) en om die regte intonasie te gebruik.
Die fasiliteerder gaan terugvoer gee.
Kriteria
Het jy die woorde reg uitgespreek?
Het jy vlot en met gevoel gelees?
Punt (omkring)
|
|
|
|
|
|
|
Het jy die leestekens gehoorsaam? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy teen die regte tempo gelees? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
“O, dis ’n baie spesiale trui,” Ouma lag. “Toe my ouma oorlede is, het my ma vir my en my boeties en sussies gesê ons kon elkeen een ding in my ouma se huis vat. Ek onthou die dag goed toe ons by haar huis was. My boeties en sussies het haar potte, mooi teekoppies en haar familiefoto’s gevat. Ek het dadelik geweet wat ek gaan vat – my ouma se gunstelingtrui. My ma het gedink die trui gaan te groot wees vir my, maar dit het perfek gepas! Op daai stadium het ek natuurlik nie geweet dis ’n towertrui nie, maar ek het beslis geweet die trui is spesiaal.”
Masego kyk af na die trui wat sy aanhet, maar dit lyk glad nie vir haar toweragtig nie. Daar is goue knope waarmee jy die trui vasmaak, die moue is lank, en die trui se strepies is donkerblou, pers en swart. Die enigste vreemde ding wat Masego kan sien, is die dun goue strepie aan die onderkant van die trui. As jy baie mooi van baie naby kyk, lyk dit of daar ’n vonkel in die strepie is. Woordeskat
toweragtig: wat met towerkrag te doen het, wat towerkrag besit vonkel: skitter dat dit lyk of vonke afgegee word
Aktiwiteit 343: Luister na ’n gedig
Luister na die gedig wat die fasiliteerder lees, en beantwoord die vrae daaroor.
1. Wat is die titel, en wie is die digter?
SAMPLE
2. Wie is die spreker (aan die woord) in die gedig?
Handleiding 4/4
4. Kies die regte woord tussen hakies: Die toon van die gedig is (komies / hartseer)
5. Kies die regte woord tussen hakies: Die Groot Zandolfini word as ’n (patetiese / fantastiese) kulkunstenaar beskryf.
6. Gee twee woordpare uit die gedig wat rym.
7. Wat probeer Zandolfini in ’n duif verander?
8. Noem twee redes (in jou eie woorde) waarom die konyn dink Zandolfini is nie ’n goeie kulkunstenaar nie.
9. Wat is die een goeie “toertjie” wat hy kan doen, en waarom het dit “weinig” met toor te doen?
10. Die spreker noem dat die kulkunstenaar se toertjies misluk. “Misluk” en “mislik” word soms verwar. Maak ’n sin met “mislik” sodat die betekenis duidelik is.
Aktiwiteit 344: Speel ’n taalspeletjie
Luister na die fasiliteerder se instruksies, en kyk hoe goed jy kan onthou. Knip die prentjies in die bylae uit, en skryf sinne daarmee in jou werkboek. Jy kan meer as een van die woorde in ’n sin gebruik, maar al die woorde moet gebruik word.
AFDELING 2
LEES EN KYK
Aktiwiteit 345: Lees ’n storie
SAMPLE
Die storie wat jy gaan lees, gaan oor Alex en Jason wat aan ’n talentkompetisie deelneem. Kan jy die twee karakters van graad 4 onthou? (Hulle was in die storie “Jou beste is goed genoeg” oor die hokkiewedstryd.)
Kyk na die prentjies op die volgende bladsy, en raai wat in die storie gebeur. Lees die storie dan saam met ’n maat. Help mekaar reg met die uitspraak van woorde, en gee raad om julle leestegnieke te verbeter.
• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, breek die samestelling op, of verdeel die woord in lettergrepe.
• “Pandemonium” word uitgespreek as “pan-di-moo-nie-jum”.
’n
Haas uit die hoed
Anrica Mills
Dis uiteindelik die aand van die langverwagte talentkompetisie, en die hele dorp is daar. Ouers, oumas en oupas, kleinboeties en -sussies, selfs ooms en tannies wat net op hierdie spesiale geleenthede kom kuier. Die skoolsaal is stampvol.
Meneer Pieterse loop op die verhoog. Die onderlangse gesels word sagter. Hy lyk ’n bietjie soos ’n ongemaklike pikkewyn in sy aandpak en pluk-pluk aan sy strikdas.
“Dames en here, ons eerste groep vanaand is Die Vlieënde Akrobate!” Die gehoor verwelkom hulle op die verhoog met ’n luide applous
Die gehoor “oe!” en “ah!” terwyl Alex en Jason agter die gordyn staan en wag.
“Ek hoop net alles werk uit ...” sê Alex senuweeagtig.
“Dankie, julle! Hoeveel kinkels en knope is daar nie net in daai kabels nie!” lag meneer Pieterse vir sy flou grappie. “Ek’s seker die volgende paartjie gaan ons nét so vermaak! Dis Alex en Jason en die haas in die hoed!”
“Haas?! Nee, dis ’n hamster!” fluister Jason benoud en kyk na die swart hoed wat hy vashou. Met aangeplakte glimlagte loop die twee onseker op die verhoog terwyl die gehoor hande klap. Die saal word doodstil, en die kollig val op Alex en Jason. Hier en daar hoes iemand en skuif in sy stoel rond.
SAMPLE
“Goeienaand, dames en here!” begin Alex en swaai sy mantel. “Net om dinge reg te stel –dis nie ’n haas wat ons uit die hoed gaan pluk nie, dis ’n hamster!” lag hy senuweeagtig. ’n Paar mense in die gehoor giggel.
Jason kan voel hoe Hanno binne-in die hoed kriewel. Sy ma se swart lap het seker al ’n paar gaatjies in. Juffrou Olivier speel dramatiese musiek op die klavier om die toertjie te begelei
Jason wys die hoed vir die gehoor dat hulle kan sien daar is niks in nie. Alex doen ingewikkelde bewegings wat sy arms soos ’n deurmekaar koeksister laat lyk.
“Dames en here!” bulder hy. “Julle het gesien daar was niks in die hoed nie! En nou ...” Hy haal sy towerstaf uit sy sak en swaai dit heen en weer oor die hoed. “ABRAKADABRA!”
Net toe besluit Hanno hy het genoeg gehad! Hy spring onder die lap uit op die verhoog, en met die volgende sprong is hy op juffrou Olivier se skouer! Sy gee een harde, uitgerekte gil, spring op en gooi arme Hanno terselfdertyd tot in die derde ry!
Pandemonium breek los! Mense gil, en stoele word omgestamp so ver as wat Hanno deur die gehoor skarrel.
Alex en Jason hardloop agter hom aan, maar die hamster is blitsvinnig. Hy mik vir die snoeptafel, spring bo-op, en woeps! verdwyn hy binne-in die bak jellie en vla!
Jason haal sy hamster uit die poeding. Terwyl Hanno sy pootjies tevrede aflek, kyk Jason rond.
Die hele saal staar na hulle. Die ontevrede uitdrukking op meneer Pieterse se gesig spreek boekdele. Alex en Jason weet sommer hulle gaan meer as ’n haas uit die hoed moet pluk om uit die moeilikheid te kom!
Woordeskat
SAMPLE
akrobate: ’n akrobaat is iemand wat gimnastiese toertjies doen luide: harde applous: toejuiging, veral hande klap kinkels: ’n kinkel is ’n buiging mantel: ’n kledingstuk sonder moue wat oor die skouers hang kriewel: woelig of rusteloos wees begelei (in konteks): musiek speel terwyl iemand sing of ’n ander instrument speel, hier beteken dit juffrou Olivier speel musiek terwyl die toertjie gedoen word bulder (in konteks): baie hard praat terselfdertyd: op dieselfde tyd pandemonium: groot lawaai en verwarring, chaos spreek boekdele (uitdrukking): dit sê baie en/of is betekenisvol ’n haas uit die hoed pluk: ’n onverwagte maar doeltreffende oplossing vir ’n probleem vind
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Wie is die twee hoofkarakters van die storie? Waarom sê jy so?
2. Skryf ’n opsomming van drie tot vyf sinne oor die intrige van die storie.
3. Die stellings is onwaar. Haal uit die storie aan om te bewys dat dit verkeerd is, en skryf die stelling reg oor.
3.1 Daar is min mense by die talentkompetisie.
3.2 Meneer Pieterse is gemaklik in sy aandpak.
3.3 Hanno spring in die gehoor in.
4. Ná die akrobate se vertoning sê meneer Pieterse: “Hoeveel kinkels en knope is daar nie net in daai kabels nie!” Word “knope” letterlik of figuurlik bedoel? Verduidelik jou antwoord.
5. Die gehoor “oe!” en “ah!” terwyl Alex en Jason agter die gordyn staan en wag.
5.1 Watter groep is op die verhoog?
5.2 Waarom “oe!” en “ah!” die gehoor?
6. Alex sê: “Ek hoop net alles werk uit ...” Het alles uitgewerk of nie? Verduidelik jou antwoord.
7. “Dis Alex en Jason en die haas in die hoed!” Waarom dink jy sê meneer Pieterse verkeerd dat Alex en Jason ’n haas in die hoed het?
8. Juffrou Olivier begelei die toertjie met dramatiese musiek. Waarom dink jy is dit dramatiese musiek en nie vrolike musiek nie? Kies die regte antwoord.
a) Dit is om die toertjie meer spannend te maak. Vrolike musiek sou nie die regte atmosfeer geskep het nie.
b) Alex en Jason hou nie van vrolike musiek nie en verkies dramatiese musiek.
9. Waarom gee juffrou Olivier “een harde, uitgerekte gil”?
SAMPLE
10. Verduidelik die titel van die storie deur na die slotsin en die gebeure in die storie te verwys. Verwys na die letterlike en figuurlike betekenis in jou antwoord.
11. Hoe dink jy voel Alex en Jason aan die einde van die storie as almal in die saal na hulle kyk?
12. Hou jy van die storie? Gee ’n rede vir jou antwoord.
Bonus: Luister na die sinne wat die fasiliteerder lees, en identifiseer die byvoeglike naamwoorde en bywoorde.
Aktiwiteit 346: Beantwoord vrae
Jy kan die storie weer lees voordat jy die vrae in jou werkboek beantwoord.
1. Lees die inleiding van die storie. Waarom word daar beskryf wie almal in die gehoor is? Skryf die sin oor, en voltooi dit met die regte woorde.
Die beskrywing help die om te hoe die saal (die ) lyk.
2. Gee twee beskrywende sinne uit paragraaf 2 en 3 wat help om die atmosfeer te skep.
3. Lees die paragraaf weer.
ruimte
visualiseer leser
“Haas?! Nee, dis ’n hamster!” fluister Alex benoud vir Jason. Met aangeplakte glimlagte loop die twee onseker op die verhoog terwyl die gehoor hande klap. Die saal word doodstil, en die kollig val op Alex en Jason. Hier en daar hoes iemand en skuif in sy stoel rond.
3.1 Gee twee bywoorde van wyse uit die paragraaf.
3.2 Waarom word hulle glimlagte as “aangeplak” beskryf? (Wenk: Verwys na die gebeure in jou antwoord.)
3.3 Die saal word nie letterlik stil nie. Waarna verwys “die saal” eintlik?
3.4 Gee die intensiewe vorm uit die paragraaf.
Bonus: Gee die twee ander intensiewe vorme wat in die storie voorkom.
4. Terwyl hulle op die verhoog staan, voel Jason hoe Hanno binne-in die hoed rondbeweeg.
4.1 Waarom is daar ’n swart lap in die hoed?
4.2 Waarom dink jy het die lap al ’n paar gaatjies in?
5. Daar is twee vergelykings in die storie.
SAMPLE
5.1 Waarmee word meneer Pieterse in sy aandpak vergelyk, en waarom?
5.2 Alex doen ingewikkelde bewegings met sy arms. Waarmee word dit vergelyk, en waarom?
6. Uit watter dele bestaan die woorde? Skryf die woorde en die voorvoegsels, agtervoegsels en stamme neer, byvoorbeeld: talentkompetisie = talent + kompetisie
6.1 skoolsaal =
6.2 ongemaklike =
6.3 verwelkom =
6.4 senuweeagtig =
6.5 knope =
Bonus: Wat is die stam van “vlieënde”?
7. Pas die woorde by die regte sinonieme uit die storie.
7.1 angstig
7.2 moeilike
7.3 woel
7.4 chaos
8. “Daai” is ’n informele woord. Wat is die formele woord?
9. As jy iets verwag, wag jy dat dit gaan gebeur. Wat beteken “langverwagte”?
10. Gee ’n voorbeeld van klanknabootsing uit die tweede laaste paragraaf.
11. Waarom is daar ’n koppelteken in die woorde?
11.1 kleinboeties en -sussies
11.2 pluk-pluk
11.3 binne-in
Bonus: Skryf “kleinboeties en -sussies” ten volle uit.
12. Ontleed die sinne volgens onderwerp, gesegde en voorwerp.
12.1 Meneer Pieterse dra ’n aandpak met ’n strikdas. 12.2 Jason het die swart hoed in sy hande vasgehou.
13. Skryf die sin in vraag 12.1 in die lydende vorm.
SAMPLE
Klanknabootsing is ’n woord wat ’n klank namaak.
14. Skryf die sin in die verlede tyd: Alex doen ingewikkelde bewegings wat sy arms soos ’n deurmekaar koeksister laat lyk.
Bonus: Voordat Hanno uit die hoed spring, sê Alex die toorwoord “abrakadabra”. Watter woordsoort is dit?
Aktiwiteit 347: Woordsoorte
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Watter woordsoort is die onderstreepte woord?
1.1 Dis uiteindelik die aand van die langverwagte talentkompetisie, en die hele dorp is daar.
a) bywoord
b) byvoeglike naamwoord
c) selfstandige naamwoord kriewel ingewikkelde pandemonium benoud
Kyk na die opsomming in die bylae en na vorige lesse.
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 5’s se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.
• Geskik vir leerders op alle vlakke.
• Gebruik in die klaskamer of tuis.
home classroom college workplace