Intermediêre Fase Graad 5 • Fasiliteerdersgids 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Fasiliteerdersgids 2/2
Graad 5
2405-E-EAT-FG02
L van Niekerk 9781990949593
Aangepas vir KABV
Fasiliteerdersgids 2/2
G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
SAMPLE
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.
Voorwoord
Verwys na fasiliteerdersgids 1/2 vir die voorwoord. Hierdie fasiliteerdersgids bevat eenheid 3 en 4.
SAMPLE
Fasiliteerdersgids 2/2
G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Jaarplan
Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders gereed is vir die eksamens.
Eenheid
LES 1: Al om die wêreld
LES 2: Familiestreke
1
LES 3: Vriende is kosbaar
LES 4: Maak dit self
LES 5: Dieremaniere
LES 6: Spoke opjaag
LES 7: Vreemde diere
2
LES 8: Tussen die sterre
LES 9: Net vir pret
– 4
– 6
3
4
LES 10: Suid-Afrika se oudstes en grootstes
LES 11: Net een Aarde
LES 12: In ’n magiese wêreld ...
LES 13: Op die silwerskerm
LES 14: Toneelspeel
– 8
– 10
LES 15: Helde, gode en pratende diere 1 – 2
LES 16: Eureka! 3 – 4
LES 17: Skurke van die see
LES 18: Ou beskawings
– 6
EENHEID 3: Week 1 – 2
Les 10:
Suid-Afrika se oudstes en grootstes
Vaardighede
Luister en praat
Luister na beskrywings
Dui inligting op ’n kaart aan
Gee ’n verslag (Opsioneel)
Speel ’n taalspeletjie (Opsioneel)
Lees en kyk
Lees ’n storie (Opsioneel)
Lees opsommings (Opsioneel)
Selfstandige lees (Opsioneel)
Skryf en aanbied
Skryf ’n storie
Skryf ’n dagboekinskrywing (Opsioneel)
Taalstrukture en -konvensies
Werk met woorde
Woorde wat verwar word
Aktiwiteit Tydstoekenning
Aktiwiteit 178 30 minute
Aktiwiteit 179 30 minute
Aktiwiteit 180 40 minute
Aktiwiteit 181 20 minute
Aktiwiteit 182 1 uur
Aktiwiteit 187 40 minute
Aktiwiteit 191 30 minute
Aktiwiteit 192 1 uur
Aktiwiteit 193 1 uur
Aktiwiteit 183 30 minute
Sinonieme Aktiwiteit 184 20 minute
Voorvoegsels en agtervoegsels
Werk met sinne
Woordsoorte
Aktiwiteit 186 30 minute
Aktiwiteit 185 30 minute
Direkte en indirekte rede Aktiwiteit 188 20 minute
Tydsvorme Aktiwiteit 189 20 minute
Spelling en punktuasie
Hoofletters, leestekens en spelling
Speltoets
Hersiening
Persoonlike woordeboek
Skryf in jou eie woordeboek (Opsioneel)
Let wel: Ander begrippe wat die KABV aanbeveel, is in die aktiwiteite vervat.
Aktiwiteit 190 30 minute
Aktiwiteit 195 5 minute
Aktiwiteit 194 30 minute
Aktiwiteit 196
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 178: Luister na beskrywings
30 minute
Herinner die leerders om die kwartaal ’n nuwe boek te lees. Hulle kan in les 14 ’n boekresensie skryf.
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van die les. Hulle moet die spelling van die woorde leer. Die spelwoorde is in die tweede laaste aktiwiteit van die les.
Interessante feit: Die oudste “posbus” (mailbox) in Suid-Afrika is die Posboom in Mosselbaai in die WesKaap. Lees meer hieroor in afdeling 2.
Begin die les met ’n gesprek oor plekke in Suid-Afrika.
• Aan watter toeristebestemmings (tourist destinations) of trekpleisters (attractions) kan die leerders dink? (Byvoorbeeld Tafelberg, die Krugerwildtuin, Robbeneiland, die Drakensberge, die Tuinroete, ens.)
• Watter toeristebestemmings het die leerders al besoek?
• Weet die leerders waar (in watter provinsie, province) hierdie plekke is?
Gesels kortliks oor die prentjie op die eerste bladsy in die handleiding. Weet die leerders wat die plekke is en in watter provinsies dit is?
SAMPLE
1. Die Sunland-kremetart (baobab tree, Limpopo) is die grootste kremetartboom in Suid-Afrika en moontlik die wêreld.
2. Die Oranjerivier (Noord-Kaap, Oos-Kaap en Vrystaat) is die langste rivier in die land – 2 420 km.
3. Kimberley se gat (Noord-Kaap) is een van die grootste gate in die wêreld wat met die hand gegrawe is.
4. San-rotskuns is van die oudste kuns in die wêreld en word in plekke soos die Drakensberge (KwaZulu-Natal) aangetref.
Die Drakensberge is ook die hoogste bergreeks in Suid-Afrika.
5. Die Universiteit van Kaapstad (Wes-Kaap) is die oudste universiteit in Suid-Afrika en is in 1829 gestig.
6. Die oudste selekantfossiele (coelacanth fossils, Oos-Kaap) in Afrika is naby Grahamstad (Mkhanda) gevind.
Volg die luisterproses om die beskrywings van die trekpleisters hier onder te lees. Die leerders gebruik die name in die blokkies om die regte naam onder elke foto in die handleiding te skryf, asook die provinsie waarin elkeen is. (Hulle kan ook die werkkaart in die bylae gebruik.)
• 1990 word uitgespreek as “negentien-negentig”.
• “Museum” word uitgespreek as “meeu-zeem”.
• 2013 word uitgespreek as “twintig-dertien”.
Suid-Afrika se grootstes
Die Groot Pynappel, Bathurst, Oos-Kaap
Die grootste mensgemaakte pynappel in die wêreld is in Suid-Afrika. Hierdie gebou wat soos ’n pynappel lyk, is amper 20 meter hoog en is in Bathurst in die Oos-Kaap geleë. Binne-in die pynappel is ’n winkeltjie en ’n museum. Daar word met pynappels in die omgewing geboer.
Die Skoen, Ohrigstad, Limpopo
Op die pragtige Panorama-roete in Mpumalanga is die grootste skoen wat jy ooit sal sien. Ron van Zyl het Die Skoen in 1990 gebou, en binne-in is ’n museum
Die Groot Rooi Stoel, naby Robertson, Wes-Kaap
As ’n simbool om gaste te nooi “om te kom sit en kuier”, is die Groot Rooi Stoel in 2013 by Rooiberg-wynmakery gebou. Jy kan op hierdie groot stoel klim en ’n paar foto’s neem.
SAMPLE
Die Groot Posbus, Calvinia, Noord-Kaap
Die grootste posbus in Suid-Afrika is in Calvinia in die Noord-Kaap. Hierdie posbus was ’n ou watertoring en is 6,17 meter hoog. Jy kan briewe hier pos.
Fasiliteerdersgids 2/2
G05
Die Groot Vlag, Graaff-Reinet, Oos-Kaap
Jy kan die Suid-Afrikaanse vlag vanuit die ruimte sien. Wel, een van die dae kan jy. Die Groot Vlag gaan bestaan uit miljoene woestynplante van die kleure van Suid-Afrika se vlag en ook sonpanele. Die vlag gaan so groot soos 66 sokkervelde wees, en die sonpanele gaan krag aan 4 000 huise kan voorsien.
Woordeskat
mensgemaakte – artificial pynappel – pineapple omgewing – (in context) region simbool – symbol
watertoring – water tower woestynplante – succulents sonpanele – solar panels
Vir die nuuskieriges: Kan jy nog van Suid-Afrika se grootstes opspoor? Doen navorsing, en kom deel dit met die klas. Moedig die leerders aan om navorsing te doen.
Aktiwiteit 179: Dui inligting op ’n kaart aan
30 minute
Leerders behoort Suid-Afrika se provinsies te ken, al is dit in Engels. Gaan saam deur die name, en help die leerders om dit op die regte plekke op die kaart in die bylae in te vul. (Kyk op die volgende bladsy.)
Gauteng – Gauteng
KwaZulu-Natal – KwaZulu-Natal
SAMPLE
Limpopo – Limpopo
Mpumalanga – Mpumalanga
Noord-Kaap – Northern Cape
Noordwes – North West
Oos-Kaap – Eastern Cape
Vrystaat – Free State
Wes-Kaap – Western Cape
Daarna dui die leerders aan in watter provinsie elk van die trekpleisters in die vorige aktiwiteit is. Hulle kan ’n kolletjie maak en die naam van die plek langsaan of onder skryf. Indien leerders weet waar die dorpe/stede geleë is, kan hulle die kolletjie op die regte plek in elke provinsie maak. Indien die leerders nie weet waar die dorpe/stede is nie, is dit reg, solank die plekke in die regte provinsies geskryf word.
Die leerders kan ook die dorp/stad waarin hulle woon op die kaart aandui.
Vir die nuuskieriges: As jy toegang tot die internet het, kyk by die huis hoe lank dit jou sal neem om van jou huis na die vyf plekke in die aktiwiteit te ry. Jy kan byvoorbeeld Google Maps gebruik.
SAMPLE
Aktiwiteit 180: Gee ’n verslag
40 minute
Opsioneel
Die leerders het in les 2 ’n verslag gelewer. Lees die verslag hier onder voordat hulle hul eie verslag lewer. Weet die leerders waar die Kasteel die Goeie Hoop is? (Kaapstad in die Wes-Kaap)
’n
Besoek aan die Kasteel die Goeie Hoop
Laas jaar het ek en my ma-hulle die Kasteel die Goeie Hoop besoek. Dit is in die Wes-Kaap. Die kasteel is tussen 1666 en 1679 gebou. ’n Toergids het ons deur die kasteel gevat. Daar is baie dinge om te
Fasiliteerdersgids 2/2
sien, soos ossewaens wat in daardie jare gebruik is. Ek sal vir altyd die “donker gat” onthou. Dit is waar gevangenes in daardie tyd aangehou is. Die toergids het die lig afgesit. Dit was pikdonker – só donker dat jy niks kan sien nie. Ek was ’n bietjie bang, maar dit was baie interessant om te sien hoe gevangenes aangehou is.
Kan leerders die intensiewe vorm in die verslag opspoor? pikdonker
gevangenes – prisoners aangehou – (in context) jailed
Leerders gee ’n mondelingse verslag oor ’n toeristebestemming wat hulle al besoek het of ’n vakansie waarop hulle was. Die leerders kan eers voorberei deur sleutelwoorde neer te skryf, of die verslag kan onvoorbereid wees. Die verslag moet tussen 30 sekondes en 1 minuut wees. Die leerders kan ’n foto van die bestemming vir die klas wys.
Die leerders moet die volgende vrae in gedagte hou:
Waar was dit?
Wanneer was jy daar?
Kyk saam na die wenke.
SAMPLE
Wie was saam met jou daar?
Wat het jy daar gesien/gedoen?
Nadat elke leerder sy/haar verslag gelewer het, moet die ander leerders die verslag opsom na aanleiding van die vrae hier bo.
• Vertel die gebeure in die regte volgorde.
• Maak seker jy gebruik die regte woorde
• Gebruik die verlede tyd: Ons het verlede jaar die Posboom besoek.
Aktiwiteit 181: Speel ’n taalspeletjie Opsioneel 20 minute
Die leerders gaan ’n “woordresies” op die bord hou. Verdeel hulle in pare of groepe. As daar net een of twee leerders is, speel elke leerder op sy/haar eie.
As daar ’n witbord is, gee vir elke leerder/span ’n witbordpen. As daar ’n swartbord is, gee vir elke span ’n stukkie bordkryt. Andersins kan die leerders klein witborde (as elkeen een het) of ’n papier gebruik. Deel van die pret is om ’n kompetisie te hou.
Die leerders kry byvoorbeeld 30 of 60 sekondes om soveel as moontlik woorde volgens sekere kriteria neer te skryf. Die leerders in elke paar/groep maak beurte om ’n woord op ’n slag (onder mekaar) neer te skryf. (Neem die leerders se vaardighede in ag – vir party leerders is 30 sekondes dalk genoeg.)
Toets die leerders se kennis van woordsoorte. Sê byvoorbeeld hulle moet soveel as moontlik werkwoorde neerskryf wat met s begin, of soveel moontlik woorde (enige woordsoorte) wat met s begin, soveel moontlik woorde wat met reis te doen het, ens.
Gee ook ’n woord, en hulle moet ’n woord neerskryf wat met die laaste letter van die vorige woord begin. Byvoorbeeld: speelgoed > dassie > eerlik > koning > gogga, ens.
As dit te maklik vir die leerders is, kan ’n woord gegee word wat hulle moet gebruik om rymwoorde neer te skryf, byvoorbeeld: woon = troon, kroon, patroon, loon, ens.
Nadat die 60 sekondes verby is, word elke paar/groep/leerder se woorde getel. Die span met die meeste woorde kry ’n punt. Aan die einde van die spel wen die span met die meeste punte lekkergoed of ’n klaspunt.
Maak seker dat die groepe nie by mekaar afkyk nie.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 182: Lees ’n storie
Opsioneel 1 uur
Vertel leerders van die Portugese seevaarders (Portuguese explorers) wat hoofsaaklik in die 16de eeu om Suid-Afrika na Indië geseil het vir speserye (dit is in les 6 aangeraak). Indien moontlik, wys op ’n kaart of aardbol dat Portugal in Europa is en hoe seevaarders van Portugal af om Suid-Afrika na Indië geseil het.
SAMPLE
In daardie tyd was skepe die enigste manier om oor die see te reis. Seevaarders was maande lank op die skip en het vars kos en water nodig gehad, daarom is verversingstasies (refreshment stations, halfway houses) op hulle roetes gevestig. Wys op ’n kaart waar Mosselbaai (in die Wes-Kaap) is.
Lees weer die feit oor die Posboom aan die begin van die les.
Lees die storie op die volgende bladsy voordat leerders dit op hul eie lees. Let wel: Daar is verskillende weergawes oor die gebeure rondom die ontstaan van die Posboom.
• Gee die wenk vir die leerders: As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, verdeel dit in lettergrepe, of breek die samestelling op. Oefen om die woord stadig te sê.
• “Portugese” word uitgespreek as “Por-ti-gee-si”.
• “Stewel” se eerste e word lank uitgespreek – “stee-wil”.
Fasiliteerdersgids 2/2 G05
• “Admiraal” word uitgespreek as “ad-mie-raal”.
• “Armada” word uitgespreek as “ar-maa-da”.
Woordeskat
handelsdorp (trading town): ’n dorp waar mense met mekaar handel dryf (goedere met mekaar ruil) admiraal (admiral): persoon wat ’n vloot beheer
stewel – boot melkhoutboom – milkwood tree fontein – fountain armada – armada
Die oudste “posbus” in Suid-Afrika
In die vyftiende en sestiende eeu het seevaarders om Suid-Afrika na Indië geseil vir speserye. Op pad soontoe en terug het hulle in Suid-Afrika gestop vir vars kos en water.
SAMPLE
Kaptein Pêro de Ataíde was deel van ’n Portugese vloot wat in 1501 na Indië geseil het. In Kalikoet (Calicut), ’n handelsdorp, het die kaptein en sy manne moeilikheid opgetel, en hulle het uit Indië gevlug. Die kaptein se skip het verdwaal. Hulle het Mosselbaai toe geseil en het gedink die res van die vloot sou daar wag vir hulle.
Maar die vloot was nie daar nie. Kaptein De Ataíde het besluit om ’n brief in Mosselbaai te los. Hy wou ander Portugese kapteins waarsku oor die stormagtige see rondom Suid-Afrika. Hy het ’n brief in ’n stewel gesit en dit aan die groot melkhoutboom naby die fontein gehang waar seevaarders vars water gekry het.
Iemand het die brief gekry. João da Nova, admiraal van ’n armada, of oorlogsvloot, het in Julie 1501 die stewel in die boom gesien hang. Dit was die eerste brief wat in Suid-Afrika “gepos” is. Seevaarders het van toe af vir mekaar boodskappe onder die boom in stewels, potte of onder klippe gelos, en só het Suid-Afrika sy eerste (en oudste) posbus gekry.
Gesels oor die storie.
1. Vertel in een sin wat die hoofgedagte van die storie is. (Wenk: Lees weer die titel.)
Die storie gaan oor die eerste brief wat in Suid-Afrika “gepos” is. / Die storie gaan oor SuidAfrika se eerste/oudste posbus.
2. Waarom het skepe in Suid-Afrika gestop? Vir vars kos en water.
3. Wat het gebeur toe kaptein De Ataíde op pad terug van Indië was? Hulle skip het verdwaal.
4. Kies die rede waarom kaptein De Ataíde ’n brief in Mosselbaai gelos het.
a) Hy wou ander Portugese kapteins waarsku oor die moeilikheid in Indië.
b) Hy wou ander Portugese kapteins waarsku oor die stormagtige see rondom SuidAfrika.
c) Hy wou ander Europese kapteins waarsku oor die stormagtige see rondom Suid-Afrika.
5. Die kaptein het die brief in ’n stewel gesit wat hy in die groot boom naby die fontein gehang het. Waarom dink jy het hy dit spesifiek daar gelos?
Dit is die fontein waar seevaarders gewoonlik water gekry het, en iemand sou waarskynlik die brief gou gekry het. (Leerders moet ’n gevolgtrekking maak, nie net die rede uit die storie gee nie.)
6. Wat was die twee gevolge van die brief wat die kaptein gelos het?
Seevaarders het van toe af vir mekaar briewe daar gelos, en Suid-Afrika se eerste/oudste posbus het ontstaan.
Leerders beantwoord die vrae op hul eie.
1. Gebruik soeklees om die antwoorde in die storie te kry. Voltooi die sinne met die regte woorde.
1.1 Portugese seevaarders het Indië toe geseil vir speserye.
1.2 Die seevaarders het in Mosselbaai (dorp) gestop vir kos en water.
1.3 Die kaptein het die stewel in ’n boom naby die fontein gehang.
2. Wat is die woorde in Afrikaans? Soek in die storie.
2.1 spices – speserye
2.2 captain – kaptein
SAMPLE
2.3 fountain – fontein
2.4 boot – stewel
3. Bou die woorde met die regte voorvoegsels en agtervoegsels.
3.1 vyftien + -de = vyftiende
3.2 ge- + seil = geseil
3.3 klip + -e = klippe
3.4 storm + -agtig = stormagtig
4. Onderstreep die regte woord tussen hakies: Die kaptein wou seker maak dat ander kapteins van die stormagtige see (ken / weet).
5. Voltooi die sin met die regte voornaamwoord: (Die kaptein se) Sy skip het verdwaal.
6. Voltooi die sinne met die regte voorsetsels volgens die gebeure in die storie. Kies uit die blokkies.
6.1 Die kaptein was op die skip.
6.2 Hy het die brief in die stewel gesit. deur in op onder
2/2
7. Skryf die sin in die indirekte rede: “Ek moet ander kapteins waarsku,” sê die kaptein. Die kaptein sê dat hy ander kapteins moet waarsku. OF Die kaptein sê hy moet ander kapteins waarsku.
8. Skryf die sin in die teenwoordige tyd: Die kaptein se skip het verdwaal. Die kaptein se skip verdwaal.
9. Gee die meervoud en verkleining van “skip”. skepe, skippie
10. Wat noem ons die skryfteken in “Indië”? ’n Deelteken
Aktiwiteit 183: Woorde wat verwar word
30 minute
In die vorige aktiwiteit moes leerders die regte woord tussen hakies (“weet”) gekies het. “Weet” en “ken” is woorde wat amper dieselfde beteken, en die twee woorde kan maklik verkeerd gebruik word.
Party woorde kan verwarrend (confusing) wees omdat die uitspraak of die spelling soortgelyk is of die betekenisse baie dieselfde is. Die betekenisse van hierdie woorde moet geleer word. Woorde wat verwar word sluit homofone in.
Kan die leerders aan twee ander woorde dink waarmee hulle soms verward raak? Waarom raak hulle deurmekaar met die woorde?
’n Paar woordpare word hier onder gegee, en van die woorde het ander betekenisse ook. Nie al die woorde is in die handleiding nie.
Woorde wat verwar word
• glo (believe): aanvaar dat iets so is, of na bewering
Party mense glo nie dat Kimberley se gat met die hand gegrawe is nie.
SAMPLE
• belowe (promise): vir iemand jou woord gee, vir iemand van iets verseker (assure)
My pa belowe om nie vir my weg te loop nie.
• help (werkwoord, help): om dit vir iemand makliker te maak om iets te doen
Oliver help sy oupa in die tuin.
• hulp (selfstandige naamwoord, help): daad van om te help
Sy oupa het die hulp waardeer.
• kan (can): in staat wees om iets te doen, moontlik wees
My ouma kan nie so ver loop nie.
• mag (may): toestemming om iets te doen
Ek mag nie buite speel as my huiswerk nie gedoen is nie.
• ken (to know someone or something): weet wie iemand/iets is
Ek ken nie die man wat daar loop nie.
• weet (to know about someone or something): kennis van iets dra, bekend wees met Ek weet nie waar Mosselbaai is nie.
• mislik (sick, nasty): om sleg te voel, of afstootlik of onaangenaam te wees
Die meisie is mislik met haar maatjie.
• misluk (fail): iets nie regkry nie, nie slaag nie
Die man se plan het misluk.
• opgewonde (excited): baie uitsien na iets wat gaan gebeur
Thabile is opgewonde oor haar verjaarsdag.
• opwindend (exciting): wat jou opgewonde laat voel
Die partytjie gaan opwindend wees.
• sal (shall, will): woord wat die toekoms aandui; gebruik om voorwaarde/dwang/noodsaak uit te lig
Daar sal môre roomys by die skool te koop wees.
Ek sal nie my huiswerk doen nie. (I will not do my homework; refuse to)
• wil (want to): die lus/verlange/begeerte om iets te doen
Ek wil graag die Posboom besoek.
Kyk in die woordelyste vir nóg woorde wat verwar word.
Leerders onderstreep die regte woord tussen hakies. Die Engelse woord van die antwoord word ná elke sin gegee om die leerders te help.
1. Kaptein De Ataíde (ken / weet) nie of iemand die brief gaan kry nie. (know)
2. ’n Vreemdeling is iemand wat jy nie (ken / weet) nie. (know)
3. Jy (kan / mag) die Indiese Oseaan sien as jy bo-op die Groot Pynappel is. (can)
4. Ek (kan / mag) televisie kyk as my huiswerk gedoen is. (may)
7. (Sal / Wil) jy asseblief die boek vir my gee? (will)
8. Lindiwe ( glo / belowe) nie dat spoke bestaan nie. (believe)
9. Alex is (opwindend / opgewonde) oor die nuwe rekenaarspeletjie. (excited)
10. Die nuwe speletjie is (opwindend / opgewonde). (exciting)
Aktiwiteit 184: Sinonieme
20 minute
Vra die leerders wat ’n sinoniem van “lekker” in die sin is: Die kos is baie lekker. (heerlik, smaaklik, geurig, ens.)
Herinner hulle dat sinonieme woorde is wat amper dieselfde beteken.
Fasiliteerdersgids 2/2
Leerders werk op hul eie of in pare om die blokkiesraaisel oor sinonieme te voltooi. Hulle kies elke keer die regte sinoniem uit die opsies en vul dit op die blokkiesraaisel in. Hulle kan ’n woordeboek gebruik. Die leerder of paar wat eerste klaar is, kan ’n klaspunt of ander beloning (reward) kry.
1. rustig
a) onrustig b) kalm
2. ongeveer a) amper b) meer
3. seevaarder a) kaptein b) matroos
4. dadelik a) later b) onmiddellik
5. stap
a) wandel b) loop
6. groot a) massief b) klein
7. oorlogsvloot a) armada b) admiraal
8. kwaad
a) woedend b) ontevrede
Bonus (13): Wanneer jou mond droog is, is jy dors
9. lawaai a) geraas b) geluid
10. vullishoop a) ashoop b) asblik
11. vriendelik a) kwaai b) beleef
12. tjoepstil a) kliphard b) doodstil
Vul eers met potlood in.
Bonus: Watter drie intensiewe vorme kom in die blokkiesraaisel en leidrade (clues) voor? tjoepstil, kliphard, doodstil
Aktiwiteit 185: Woordsoorte 30 minute
Kan leerders die woordsoorte onthou wat in kwartaal 1 en 2 behandel is? Skryf die woordsoorte op die bord, en die leerders moet voorbeelde van elk gee.
Hersien byvoeglike naamwoorde, selfstandige naamwoorde, voornaamwoorde en voorsetsels, indien nodig.