Intermediêre Fase Graad 5 • Handleiding 2/2 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Page 1


Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Handleiding 2/2

Graad 5

2405-E-EAT-SG02

9781990949579

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Handleiding 2/2

G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

DEFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

1

2

LES 1: Al om die wêreld

LES 2: Familiestreke

LES 3: Vriende is kosbaar

LES 4: Maak dit self

LES 5: Dieremaniere

LES 6: Spoke sien

LES 7: Vreemde diere

LES 8: Tussen die sterre

LES 9: Net vir pret

Jaarplan

– 4

– 6

– 8

– 10

LES 10: Suid-Afrika se oudstes en grootstes 1 – 2

LES 11: Net een Aarde

3

LES 12: In ’n magiese wêreld ...

LES 13: Op die silwerskerm

LES 14: Toneelspeel

LES 15: Helde, gode en pratende diere

LES 16: Eureka!

4

LES 17: Skurke van die see

LES 18: Ou beskawings

– 6

Eenheid 3 en 4 is in hierdie handleiding, en eenheid 1 en 2 is in handleiding 1/2.

Handleiding 2/2 G05 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Hallo! My naam is Zak Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Tippie-reeks – Jose Palmer en Reinette Lombard

• Z is vir Zackie-reeks – Jaco Jacobs

• Lana en Rakker-reeks – Holly Webb

• Thoko-reeks – Niki Daly

• Bertie Blikbrein – Jaco Jacobs

• Slym se stories – Fanie Viljoen

• Haasdas se nuuskas-reeks – Louise Smit

SAMPLE

• Vakansiepret-reeks – Theresa van Baalen

• Liewe Heksie-reeks – Verna Vels

• Cowboy Koekemoer-reeks – Henry Ferreira

• Speurder Kwaaikofski-reeks – Jürgen Banscherus

Gaan kyk na boeke by die biblioteek of die naaste boekwinkel!

3: Week 1 – 2

Les

10:

Suid-Afrika se oudstes en grootstes

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• na beskrywings luister

• inligting op ’n kaart aandui

• ’n verslag gee

• ’n storie en opsommings lees

• ’n storie en ’n dagboekinskrywing skryf

• leer oor woorde wat maklik verwar word

• nuwe sinonieme leer

• oefen om voorvoegsels en agtervoegsels te identifiseer

• woordsoorte oefen

• oefen om sinne in die direkte en indirekte rede te skryf

• oefen om sinne in die verskillende tydsvorme te skryf

• oefen om hoofletters en leestekens reg te gebruik

• oefen om woorde reg te spel

• hersiening oor taalwerk doen

Handleiding 2/2

AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 178: Luister na beskrywings

Interessante feit: Die oudste “posbus” (mailbox) in Suid-Afrika is die Posboom in Mosselbaai in die Wes-Kaap. Lees meer hieroor in afdeling 2.

SAMPLE

Aan watter toeristebestemmings (tourist destinations) of trekpleisters (attractions) kan jy dink? Watter toeristebestemmings het jy al besoek? In watter provinsie (province) is die plekke?

Kyk na die prentjie op die vorige bladsy. Weet jy watter plekke op die kaart geteken is en in watter provinsies dit is?

Luister na die beskrywings wat die fasiliteerder lees. Gebruik die name en provinsies in die blokkies op die volgende bladsy om die regte name onder elke foto te skryf.

Die Groot Posbus

Die Skoen

Die Groot Pynappel

Die Groot Rooi Stoel

Die Groot Vlag

Gauteng KwaZulu-Natal Limpopo

Mpumalanga Noord-Kaap Noordwes

Oos-Kaap Vrystaat Wes-Kaap

SAMPLE

Vir die nuuskieriges: Kan jy nog van Suid-Afrika se grootstes opspoor? Doen navorsing, en kom deel dit met die klas.

Handleiding 2/2

Aktiwiteit 179: Dui inligting op ’n kaart aan

Weet jy wat die name van Suid-Afrika se provinsies in Afrikaans is?

Gauteng – Gauteng

KwaZulu-Natal – KwaZulu-Natal

Limpopo – Limpopo

Mpumalanga – Mpumalanga

Noord-Kaap – Northern Cape

Noordwes – North West

Oos-Kaap – Eastern Cape

Vrystaat – Free State

Wes-Kaap – Western Cape

Gebruik die kaart van Suid-Afrika in die bylae, en skryf die name van die provinsies op die regte plekke op die kaart.

Skryf ook waar die plekke in die vorige aktiwiteit is. Maak ’n kolletjie in die regte provinsie, en skryf die naam langsaan of onder neer.

Dui ook aan in watter dorp/stad jy woon.

Vir die nuuskieriges: As jy toegang tot die internet het, kyk by die huis hoe lank dit jou sal neem om van jou huis na die vyf plekke in die aktiwiteit te ry. Jy kan byvoorbeeld Google Maps gebruik.

Aktiwiteit 180: Gee ’n verslag

Lees die verslag saam.

SAMPLE

Opsioneel

’n Besoek aan die Kasteel die Goeie Hoop

Laas jaar het ek en my ma-hulle die Kasteel die Goeie Hoop besoek. Dit is in die Wes-Kaap. Die kasteel is tussen 1666 en 1679 gebou. ’n Toergids het ons deur die kasteel gevat. Daar is baie dinge om te sien, soos ossewaens wat in daardie jare gebruik is. Ek sal vir altyd die “donker gat” onthou. Dit is waar gevangenes in daardie tyd aangehou is. Die toergids het die lig afgesit. Dit was pikdonker – só donker dat jy niks kan sien nie. Ek was ’n bietjie bang, maar dit was baie interessant om te sien hoe gevangenes aangehou is.

Woordeskat

besoek – visit toergids – tour guide ossewaens – ox wagons

Kan jy die intensiewe vorm in die verslag opspoor?

gevangenes – prisoners aangehou – (in context) jailed

Watter toeristebestemmings het jy al besoek? Gee ’n verslag van 30 sekondes tot 1 minuut oor ’n plek wat jy al besoek het.

Jy kan ook ’n foto van die plek wys.

Hou die vrae in gedagte: Waar was dit?

Wanneer was jy daar?

• Vertel die gebeure in die regte volgorde.

• Maak seker jy gebruik die regte woorde

Wie was saam met jou daar?

Wat het jy daar gesien/gedoen?

• Gebruik die verlede tyd: Ons het verlede jaar die Posboom besoek.

Luister na die fasiliteerder se instruksies, en speel saam.

SAMPLE

Aktiwiteit 181: Speel ’n taalspeletjie Opsioneel

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit 182: Lees ’n storie Opsioneel

Het jy al van die Portugese seevaarders (Portuguese explorers) gehoor? Hulle het byvoorbeeld van Portugal om Suid-Afrika na Indië geseil vir speserye (spices).

Lees weer die feit oor die Posboom aan die begin van die les voordat jy die storie op die volgende bladsy lees.

Handleiding 2/2

Woordeskat

handelsdorp (trading town): ’n dorp waar mense met mekaar handel dryf (goedere met mekaar ruil)

admiraal (admiral): persoon wat ’n vloot beheer

seevaarders – seafarers/explorers Portugese vloot – Portuguese fleet gevlug – fled verdwaal – got lost stormagtige – stormy

stewel – boot melkhoutboom – milkwood tree fontein – fountain armada – armada

Die oudste “posbus” in Suid-Afrika

SAMPLE

In die vyftiende en sestiende eeu het seevaarders om Suid-Afrika na Indië geseil vir speserye. Op pad soontoe en terug het hulle in SuidAfrika gestop vir vars kos en water.

Kaptein Pêro de Ataíde was deel van ’n Portugese vloot wat in 1501 na Indië geseil het. In Kalikoet (Calicut), ’n handelsdorp, het die kaptein en sy manne moeilikheid opgetel, en hulle het uit Indië gevlug. Die kaptein se skip het verdwaal. Hulle het Mosselbaai toe geseil en het gedink die res van die vloot sou daar wag vir hulle.

Maar die vloot was nie daar nie. Kaptein De Ataíde het besluit om ’n brief in Mosselbaai te los. Hy wou ander Portugese kapteins waarsku oor die stormagtige see rondom SuidAfrika. Hy het ’n brief in ’n stewel gesit en dit aan die groot melkhoutboom naby die fontein gehang waar seevaarders vars water gekry het.

Iemand het die brief gekry. João da Nova, admiraal van ’n armada, of oorlogsvloot, het in Julie 1501 die stewel in die boom gesien hang. Dit was die eerste brief wat in Suid-Afrika “gepos” is. Seevaarders het van toe af vir mekaar boodskappe onder die boom in stewels, potte of onder klippe gelos, en só het Suid-Afrika sy eerste (en oudste) posbus gekry.

Gesels saam oor die storie.

1. Vertel in een sin wat die hoofgedagte van die storie is. (Wenk: Lees weer die titel.)

2. Waarom het skepe in Suid-Afrika gestop?

3. Wat het gebeur toe kaptein De Ataíde op pad terug van Indië was?

4. Kies die rede waarom kaptein De Ataíde ’n brief in Mosselbaai gelos het.

a) Hy wou ander Portugese kapteins waarsku oor die moeilikheid in Indië.

b) Hy wou ander Portugese kapteins waarsku oor die stormagtige see rondom SuidAfrika.

c) Hy wou ander Europese kapteins waarsku oor die stormagtige see rondom Suid-Afrika.

5. Die kaptein het die brief in ’n stewel gesit wat hy in die groot boom naby die fontein gehang het. Waarom dink jy het hy dit spesifiek daar gelos?

6. Wat was die twee gevolge van die brief wat die kaptein gelos het?

Beantwoord die vrae op jou eie.

1. Gebruik soeklees om die antwoorde in die storie te kry. Voltooi die sinne met die regte woorde.

1.1 Portugese seevaarders het toe geseil vir speserye.

1.2 Die seevaarders het in (dorp) gestop vir kos en water.

1.3 Die kaptein het die stewel in ’n boom naby die gehang.

2. Wat is die woorde in Afrikaans? Soek in die storie.

2.1 spices 2.3 fountain

SAMPLE

2.2 captain 2.4 boot

3. Bou die woorde met die regte voorvoegsels en agtervoegsels.

3.1 vyftien + = vyftiende 3.3 klip + = klippe

3.2 + seil = geseil 3.4 storm + = stormagtig

4. Onderstreep die regte woord tussen hakies: Die kaptein wou seker maak dat ander kapteins van die stormagtige see (ken / weet).

5. Voltooi die sin met die regte voornaamwoord:

(Die kaptein se) skip het verdwaal.

Handleiding 2/2

6. Voltooi die sinne met die regte voorsetsels volgens die gebeure in die storie. Kies uit die blokkies.

6.1 Die kaptein was die skip.

6.2 Hy het die brief die stewel gesit.

7. Skryf die sin in die indirekte rede: “Ek moet ander kapteins waarsku,” sê die kaptein.

deur in op onder

8. Skryf die sin in die teenwoordige tyd: Die kaptein se skip het verdwaal.

9. Gee die meervoud en verkleining van “skip”.

10. Wat noem ons die skryfteken in “Indië”?

Aktiwiteit 183: Woorde wat verwar word

Party woorde word baie dieselfde gespel of het amper dieselfde betekenis, soos “ken” en “weet”. Leer die woorde hier onder.

Woorde wat verwar word

glo (believe)

SAMPLE

Party mense glo nie dat Kimberley se gat met die hand gegrawe is nie. belowe (promise)

My pa belowe om nie vir my weg te loop nie. help (help)

Oliver help sy oupa in die tuin. hulp (help) Sy oupa het die hulp waardeer. kan (can)

My ouma kan nie so ver loop nie. mag (may)

Ek mag nie buite speel as my huiswerk nie gedoen is nie. ken (to know someone or something)

Ek ken nie die man wat daar loop nie. weet (to know about someone or something)

Ek weet nie waar Mosselbaai is nie. opgewonde (excited) Thabile is opgewonde oor haar verjaarsdag. opwindend (exciting) Die partytjie gaan opwindend wees.

sal (shall, will)

Daar sal môre roomys by die skool te koop wees. Ek sal nie my huiswerk doen nie. (I will not do my homework.) wil (want to) Ek wil graag die Posboom besoek.

Kyk in die woordelyste vir nóg woorde wat verwar word.

Onderstreep die regte woord tussen hakies. Die Engelse woord van die antwoord word ná elke sin gegee om jou te help.

1. Kaptein De Ataíde (ken / weet) nie of iemand die brief gaan kry nie. (know)

2. ’n Vreemdeling is iemand wat jy nie (ken / weet) nie. (know)

3. Jy (kan / mag) die Indiese Oseaan sien as jy bo-op die Groot Pynappel is. (can)

4. Ek (kan / mag) televisie kyk as my huiswerk gedoen is. (may)

5. (Kan / Mag) jy my asseblief (help / hulp)? (can, help)

6. Masego (sal / wil) graag Kaapstad toe gaan. (want to)

7. (Sal / Wil) jy asseblief die boek vir my gee? (will)

8. Lindiwe ( glo / belowe) nie dat spoke bestaan nie. (believe)

9. Alex is (opwindend / opgewonde) oor die nuwe rekenaarspeletjie. (excited)

10. Die nuwe speletjie is (opwindend / opgewonde). (exciting)

Aktiwiteit 184: Sinonieme

Kies elke keer die regte sinoniem uit die opsies, en vul dit op die blokkiesraaisel in. Jy kan ’n woordeboek gebruik.

SAMPLE

Sinonieme beteken amper dieselfde.

groot massief

1. rustig

a) onrustig b) kalm

2. ongeveer a) amper b) meer

3. seevaarder a) kaptein b) matroos

4. dadelik

a) later b) onmiddellik

5. stap

a) wandel

b) loop

6. groot a) massief b) klein

7. oorlogsvloot

a) armada b) admiraal

8. kwaad

a) woedend b) ontevrede

Bonus (13): Wanneer jou mond droog is, is jy

9. lawaai

a) geraas b) geluid

10. vullishoop a) ashoop b) asblik

11. vriendelik a) kwaai b) beleef

12. tjoepstil

a) kliphard b) doodstil

Bonus: Watter drie intensiewe vorme kom in die blokkiesraaisel en leidrade (clues) voor? , en

Aktiwiteit 185: Woordsoorte

Kyk in vorige lesse vir inligting oor die woordsoorte.

Beantwoord die vrae.

1. Voltooi die intensiewe vorme met die regte woorde uit die blokkie. Onthou, intensiewe vorme is altyd een woord.

Vul eers met potlood in Woordsoorte

Bonus: Maak jou eie intensiewe vorm van elke byvoeglike naamwoord in vraag 1 op.

1.1 blou 1.5 maer

1.2 droog 1.6 snaaks

1.3 glad 1.7 soet

1.4 klein 1.8 stil

2. Kies die regte voorsetsel om elke sin te voltooi deur die blokkie in te kleur.

2.1 Masego-hulle ry met op die kar in plaas van vir die trein.

2.2 Hulle reis deur in die hele land.

2.3 Masego lees ’n artikel van oor Kimberley se gat.

2.4 Sy kyk na die kaart van oor Suid-Afrika.

2.5 Masego sien uit vir na die reis.

3. Kies die regte voornaamwoord om die sinne te voltooi of die woorde in vetdruk te vervang. Omkring die letter van die antwoord.

3.1 Masego en (Masego se) ouma gaan Kimberley toe. a) sy b) haar

3.2 (Masego en Jaco) speel buite.

3.3 _________ is Kimberley se gat?

c) hare

a) Ons

b) Julle

c) Hulle

a) Waar

b) Wanneer

c) Wie

3.4 Tebogo speel op die kitaar. Die kitaar is (Tebogo s’n). a) hare

b) hom s’n

c) syne

3.5 “Waarheen gaan (Masego en Jaco)?” vra Jaco. a) julle

b) ons

c) hulle

3.6 Die boek is Masego s’n. Dit is _________.

a) hare

b) haar

c) syne

Handleiding 2/2

Aktiwiteit 186: Voorvoegsels en agtervoegsels

Voorvoegsels en agtervoegsels is in les 2 behandel. Dit word gebruik om nuwe woorde te vorm. Kan jy onthou wat dit genoem word as ’n voorvoegsel of agtervoegsel aan ’n stam gevoeg word?

-lik ge-

Omkring die voor- en agtervoegsels in die woorde, en skryf dit in die regte kolom. huisloos botsing

stormagtig verlig onnet woning verbind onveilig smaakloos reusagtig on- ver-agtig -ing -loos

Bonus: Soek die woorde wat jy nie ken nie in die woordeboek op, en skryf dit in jou eie woordeboek.

Voltooi die sinne met die regte woorde uit die woorde wat jy sorteer het.

1. Die pad word deur die straatligte (om lig te maak) .

2. Klere lê rond in die kamer, dus is die kamer (nie netjies nie) .

3. Die kos is vanaand baie (om nie smaak te hê nie) .

4. Dit is (nie veilig nie) om deur die rivier te loop.

5. Die see is vandag baie (die kenmerk van ’n storm) .

Bonus: Gebruik die homoniem van “verlig” in ’n sin.

Aktiwiteit 187: Lees opsommings

Opsioneel

Lees die teks hier onder, en onderstreep wat jy dink die belangrikste feite oor Die Groot Gat is.

Die Groot Gat

Weet jy waar die grootste gat in Suid-Afrika is wat met die hand gegrawe is? Die gat is 214 meter diep. Die gat was deel van die grootste diamantmyn in Suid-Afrika. Dit is Kimberley se gat in die NoordKaap.

In 1866 het die 15-jarige Erasmus Jacobs ’n diamant naby die Oranjerivier in Hoopstad gekry, en in 1869 het ’n herder ’n diamant van 83,5 karaat, wat Die Ster van Suid-Afrika genoem is, op die oewer van die Oranjerivier gekry. Hierdie ontdekkings het tot die eerste diamantstormloop gelei. Myners van regoor die wêreld het na die omgewing gekom op soek na diamante.

Kimberley-myn is in 1871 oopgemaak, en so het die Noord-Kaap se hoofstad ontstaan. Die diamante wat daar gemyn is totdat die myn in 1914 toegemaak het, weeg altesaam 2 722 kg!

Die myn is steeds ’n trekpleister wat toeriste elke jaar besoek. Die mynmuseum is ’n replika van die dorpie in daardie tyd en hoe die lewe tóé was.

Het jy geweet?

SAMPLE

Kimberley was die eerste dorp in Afrika en die Suidelike Halfrond wat elektriese straatligte gekry het. Dit was in 1882. Die huise in Kimberley het in 1901 elektrisiteit gekry.

Woordeskat

karaat (carat): eenheid waarin diamante en ander edelstene (gemstones) geweeg word; 1 karaat = 200 mg

diamantstormloop (diamond rush): ’n stormloop is wanneer baie mense baie vinnig iewers heen gaan; hier is dit waar baie mense na Kimberley gegaan het om diamante te soek replika (replica): ’n presiese namaaksel (copy) van iets

Handleiding 2/2

diamantmyn – diamond mine herder – shepherd oewer – banks of the river ontdekkings – discoveries

omgewing – (in context) region ontstaan – (in context) was founded altesaam – altogether Suidelike Halfrond – southern hemisphere

Verbeel jou die opdrag was om vier feite oor Kimberley se gat op te som. Lees die twee opsommings.

Opsomming 1

• Erasmus Jacobs het in 1866 die eerste diamant in Hoopstad gekry.

• ’n Herder het Die Ster van Suid-Afrika, ’n diamant van 83,5 karaat, op die oewer van die Oranjerivier gekry.

• Kimberley-myn is in 1871 oopgemaak.

• Die myn het in 1914 toegemaak.

• Daar is nou ’n museum wat toeriste kan besoek.

• Kimberley was die eerste dorp in Afrika wat elektriese straatligte gekry het.

Opsomming 2

Kimberley se gat

• Dit is die grootste gat in Suid-Afrika wat met die hand gegrawe is.

• Die gat is 214 m diep.

• Die gat was deel van die grootste diamantmyn in die land.

• Die myn het toegemaak, maar toeriste kan Kimberley se gat besoek. (41 woorde)

Gesels saam.

SAMPLE

1. Watter opsomming is beter, en waarom?

2. Het jy min of meer dieselfde inligting onderstreep as wat in die beter opsomming is?

Vir die nuuskieriges: Watter inligting kan jy oor die geskiedenis van Kimberley en die diamantstormloop kry?

Myners 610 meter onder die grond in Kimberleymyn. Die foto is tussen 1890 en 1905 geneem.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.