Intermediêre Fase Graad 6 • Fasiliteerdersgids 1/2 Afrikaans Huistaal
Afrikaans Huistaal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
2406-A-AHT-FG01
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat die leerder aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om die leerder se kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
B ELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
VIR DIE NUUSKIERIGES
SAMPLE
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei. Brei die aktiwiteit tot só ’n mate uit dat die leerder aangemoedig word om te verken.
Voorwoord
Die handleiding en fasiliteerdersgids dek al die werk van graad 6 Afrikaans Huistaal (AHT). Die boeke is saamgestel in lyn met die KABV-riglyne wat die Departement van Basiese Onderwys vereis.
Die KABV gee ’n uiteensetting van die minimum werk wat gedek moet word. Die handleiding en fasiliteerdersgids bevat soms meer inligting as wat die KABV vereis. (Meer inligting hieroor onder die bespreking van die afdelings in die boek en onder die opskrif “Beplanning”.)
Die boeke is in vier eenhede en 18 lesse verdeel. Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (12 uur), en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Eenheid 1 en 2 is in fasiliteerdersgids 1/2, en eenheid 3 en 4 is in fasiliteerdersgids 2/2. (Die handleiding is in vier boeke verdeel, elke eenheid op sy eie.)
Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse.
• Les 1: Op die baadjie takseer
• Les 2: Leuen se kort been
• Les 3: ’n Gat in die kop praat
• Les 4: In diep water beland ...
• Les 5: Spoke sien
Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse.
• Les 10: Op eie risiko
• Les 11: Krummels is ook brood
• Les 12: Slim vang sy baas
• Les 13: Op die kassie
• Les 14: As die gordyn lig Eenheid 2 bestaan uit vier lesse.
• Les 6: Herdink, herbenut, hergebruik
• Les 7: Vroue aan die voorpunt
• Les 8: Knolle vir sitroene
• Les 9: Trap jou eie spore
Eenheid 4 bestaan uit vier lesse.
• Les 15: In die pad val
• Les 16: Vreemde fauna
• Les 17: Neus in die boek
• Les 18: Jan Tuisbly se karretjie
Die lesse is in aktiwiteite opgedeel, wat die leerinhoud en vrae daaroor bevat. Elke les bestaan uit vier afdelings:
1. Luister en praat 3. Skryf en aanbied
2. Lees en kyk 4. Taalstrukture en -konvensies
Die boeke is geskryf as ’n volledige hulpbron vir al die werk wat die KABV vereis binne die voorgeskrewe tydstoekennings met ekstra aktiwiteite om begrippe in te oefen. Al die inhoud kan gedek word volgens die aktiwiteite in die boeke, of slegs sekere aktiwiteite kan gedoen word. Gebruik jou eie oordeel oor die vlak waarop die leerders is, en pas die inhoud en tydstoekenning daarvolgens aan.
Afdeling 1: Luister en praat
Luister en praat is integraal in alle tale. Hoe meer ’n taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word sinskonstruksie en grammatika aangeleer. Elke les begin met die bespreking van ’n onderwerp, wat die les inlei. Dit is belangrik dat leerders spontaan gesels. Hul selfvertroue sal verbeter hoe meer hulle praat, wat hulle ook sal help om gemakliker met toesprake te wees.
Dit is belangrik om woorde duidelik en korrek uit te spreek wanneer tekste hardop gelees word. Help leerders ook reg as hulle sinskonstruksie of woordgebruik verkeerd is wanneer hulle praat. Moedig leerders aan om minstens een keer ’n week ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister.
G06 ~ Afrikaans Huistaal
Dit is ook belangrik om kennis van die luisterproses te neem, wat veral in hoër grade tydens luistertoetse toegepas word. Die luisterproses word in aktiwiteit 2 uiteengesit.
• Luisterproses: Volg die luisterproses vir die eerste paar weke, en kyk hoe die leerders vorder. Indien dit nie vir hulle nodig is om drie keer na die teks te luister nie, hoef die teks nie ’n derde keer gelees te word nie. Dit is goed as die leerders tydens die eerste lees op al die belangrike inligting let. Die luisterproses moet egter in take/eksamens gevolg word.
• Lees hardop: Nie al die “lees hardop”-aktiwiteite hoef gedoen te word nie, maar leerders moet oefen om voorbereid én onvoorbereid hardop te lees. Assesseer hulle informeel met die rubriek in die aktiwiteite, of gebruik die rubriek in die bylae hiervoor. Leerders kan mekaar ook soms assesseer. Leerders wat minder gevorderd is, sal dalk nie die hele teks kan lees nie –neem altyd elke leerder se leesvaardighede in ag. Die doel van die informele assessering is om leerders se leesvaardighede te verbeter, nie om hulle af te skrik nie.
Pas die aktiwiteite toe na aanleiding van leerders se vaardighede. As hulle oë byvoorbeeld te stadig oor die bladsy beweeg, kan die aktiwiteit vervang word met ’n teks waar hul oogbeweging geoefen word, byvoorbeeld:
Dit is hoe ons lees. Ek beweeg my oë van links na regs.
• Transkribering: Indien daar tyd is, lees ’n paar sinne van die les se luisterteks stadig, en die leerders skryf neer wat jy sê (transkribering). (Dit word nie regdeur die lesse genoem nie, maar hou dit in gedagte tydens beplanning van die aanbieding van die lesse.)
SAMPLE
Soos later onder “Beplanning” genoem word, moet die aktiwiteite in die afdelings oor die twee weke van die les strek, en daar moet elke week aandag aan al vier afdelings gegee word. Daar moet dus in week 1 en week 2 aktiwiteite uit “luister en praat” gedoen word.
Afdeling 2: Lees en kyk Hoe meer leerders met Afrikaanse tekste te doen kry, hoe makliker gaan hulle die taalgebruik verstaan en dinge soos spelpatrone optel. Hulle woordeskat sal ook uitbrei hoe meer hulle lees.
Die tekste in die boeke begin by die minimum vereiste van die KABV (250 tot 300 woorde) en neem toe soos die jaar vorder. ’n Groot probleem onder leerders is dat hulle sukkel om met begrip te lees, juis omdat hulle te min lees. Die boeke probeer die leerders aanmoedig om ’n bietjie meer te lees en om hulself uit te daag. As die tekste te lank vir hulle is, laat hulle byvoorbeeld net die helfte van die teks op hul eie lees. (Die vrae oor die dele wat hulle nie lees nie, kan dan uitgelaat word.)
Staan die leerders veral in kwartaal 1 by met die lees van tekste deur die tekste hardop te lees voordat hulle dit op hul eie lees. Dit is wel goed as leerders die tekste op hul eie kan lees en kan verstaan wat daar staan.
G06 ~ Afrikaans Huistaal
Dit is belangrik dat leerders selfstandig lees. Verleen altyd hulp met die uitspraak of betekenis van woorde. Daar word ’n halfuur per les vir selfstandige lees toegeken. Moedig die leerders aan om elke kwartaal ’n boek op hul eie te lees. Dit word aanbeveel om dit ’n instelling in die klas te maak dat leerders selfstandig moet lees as hulle klaar is met hulle werk. (Meer inligting hieroor by les 1 se “selfstandige lees”-aktiwiteit.)
Dit is baie waardevol as ouers by die huis saam met hul kinders lees. Moedig ouers aan om ’n paar dae ’n week saam met hul kinders te sit en lees, al is dit net 15 minute.
Die verduideliking van taalbegrippe en vrae daaroor is meestal in afdeling 2 vervat. (Meer daaroor onder “Afdeling 4: Taalstrukture en -konvensies”.)
Afdeling 3: Skryf en aanbied
Hoe meer die leerders in Afrikaans skryf, hoe beter. Wanneer ’n mens skryf, is jy meer geneig om grammatika beter te verstaan en spelling te oefen. Let op die skryfproses, wat in afdeling 3 van les 1 uiteengesit word. Moedig leerders aan om soveel as moontlik in Afrikaans te skryf. Hulle kan byvoorbeeld elke dag, buiten die aktiwiteite in die handleiding, ’n paragraaf skryf oor dit wat hulle die vorige dag ná skool gedoen het, of dit kan met die aktiwiteite van die dag skakel.
Die leerders word aan ’n verskeidenheid tekssoorte blootgestel, byvoorbeeld stories, dialoë, artikels, plakkate en gedigte. In hierdie boeke word meer skryfaktiwiteite en tekssoorte gegee as wat die KABV vir elke les vereis. Tekste wat die KABV vir elke les vereis, word so in die fasiliteerdersgids aangedui met “verplig” in ’n blokkie langs die aktiwiteit se opskrif. Die leerders hoef nie die ander skryfaktiwiteite ook te doen nie, maar verskeie tekssoorte kan in die eksamen voorkom. Die meeste tekssoorte wat in graad 6 voorkom, is in graad 4 en 5 behandel en is dus hersiening. Daar word ook in die KABV genoem dat alle tekssoorte deel van onderrig moet vorm, al word dit nie by die onderrigplan ingesluit nie. As leerders nou al die formaat van die tekssoorte leer, sal die skryf van tekste in ander grade makliker wees, veral in die Senior- en VOO-fase. Die ekstra skryfaktiwiteite word veral gegee vir leerders wat meer wil oefen of op hul eie wil skryf. Moedig dit aan, en help leerders om hul skryfvaardighede te verbeter.
SAMPLE
Die lengte van die tekste is volgens die KABV se vereistes, maar dit kan party leerders se kreatiwiteit inperk, veral by die skryf van ’n opstel of ’n storie. Gebruik eie oordeel om te bepaal of hulle by die vereiste aantal woorde moet bly en of hulle langer tekste mag skryf. Die KABV se vereistes is as volg:
Paragraaf
80 – 100 woorde
Opstel 140 – 160 woorde
Kortverhaal en storie 160 – 170 woorde
Brief 100 – 120 woorde
Dagboekinskrywing 100 – 120 woorde
Dialoog
Instruksies
Boodskappe
Opsomming
100 – 120 woorde
60 – 80 woorde
60 – 80 woorde
60 – 70 woorde
Onthou ook dat die afdelings deur die loop van die twee weke vermeng moet word. Party skryfaktiwiteite moet dus in week 1 van die les al gedoen word (al handig die leerders hul finale skryfstuk dalk eers oor ’n week of twee in).
Afdeling 4: Taalstrukture en -konvensies
Die grondslag vir grammatika word gelê deur Afrikaans te hoor en te lees. Die KABV vereis slegs een uur per les (per twee weke) se formele onderrig in taalbegrippe. Dit is egter nie noodwendig
Fasiliteerdersgids 1/2
G06 ~ Afrikaans Huistaal
voldoende om taalbegrippe en grammatika vas te lê en in te oefen nie. Dit is goed om ’n beter grondslag van taalbegrippe in graad 4 tot 6 te lê, wat ook beteken dat die leerders grammatika en taalreëls in hoër grade beter sal verstaan en kan toepas. Die meeste taalbegrippe is hersiening van taalbegrippe wat in vorige grade geleer is. Hoe meer leerders die toepassing van taalbegrippe oefen, hoe beter, daarom word ekstra aktiwiteite oor taalbegrippe gegee.
Die verduideliking van taalbegrippe kom meestal in afdeling 2 voor, maar onthou om die aktiwiteite oor die volle twee weke te strek. In hierdie boeke is daar net ’n hersieningsoefening in afdeling 4. Hierdie aktiwiteit kan gebruik word as ’n informele toets om te kyk of leerders die begrippe al bemeester het. In party hersieningsaktiwiteite word vrae gegee oor begrippe wat in vorige lesse gedek is om leerders se geheue te verfris.
Dit is nie nodig om al die verduidelikings by taalbegrippe te volg of dat leerders dit leer nie. In baie gevalle is die verduidelikings in die fasiliteerdersgids meer omvattend as in die handleiding. Dit is sodat die fasiliteerder ’n goeie begrip van die konsepte het om dit vir die leerders te kan verduidelik. Die doel van die verduidelikings is om te help om begrippe beter te verstaan, veral as leerders dalk nie kan onthou hoe om ’n begrip toe te pas as hulle op hul eie werk nie – dan is die verduideliking daar om die leerder te help.
Al die taalwerk wat die KABV se onderrigplan vir elke les aanbeveel, word in die boeke gedek. Dit is nie nodig om al die taalaktiwiteite in elke les te doen nie. Daar is ekstra aktiwiteite oor taalbegrippe om dit vir die fasiliteerder makliker te maak, sodat dit nie nodig is om ekstra oefeninge op te stel of te soek nie. Gebruik jou eie oordeel oor die vlak waarop die leerders is en hoeveel taaloefeninge hulle moet doen. Kies ook begrippe waarmee leerders meer oefening benodig. Hulle kan byvoorbeeld slegs een vraag per aktiwiteit doen, of meer gevorderde leerders kan al die vrae beantwoord. Die ekstra vrae kan as huiswerk gegee word. Ekstra aktiwiteite oor die meeste taalbegrippe word deur die jaar gegee, juis om begrippe goed onder die knie te kry.
Daar is spasie om party aktiwiteite in die handleiding te beantwoord. Dit word wel aanbeveel dat leerders die antwoorde in hul werkboek oorskryf om sinskonstruksie en spelling te oefen. Besluit self of die vrae in die handleiding of werkboek beantwoord moet word. As daar in die vraag genoem word dat leerders die sinne moet oorskryf, hoef dit nie in alle gevalle oorgeskryf te word nie. Dit is wel voordelig om sinskonstruksie só te oefen.
SAMPLE
Dit is uiters belangrik dat taalbegrippe goed vasgelê word – dit vorm die basis vir taalwerk tot in graad 12. Hoe meer leerders met die verskeie taalbegrippe in aanraking kom, hoe beter word dit vasgelê. Let ook op dat leerders meer selfstandig begin werk soos die jaar vorder. Verleen hulp waar nodig.
Let wel: Daar is baie wisselvorme en maniere van skryf, byvoorbeeld getalle wat los, vas of met ’n koppelteken geskryf kan word. Party maniere van skryf word aanbeveel, maar as leerders dit op ’n ander manier skryf wat ook taalkundig korrek is, kan dit nie verkeerd gemerk word nie. Daar is soms notas hieroor deur die fasiliteerdersgids, maar nie in alle gevalle nie. Raadpleeg die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls om seker te maak leerders word nie gepenaliseer nie.
TYDSTOEKENNING
Die KABV veries dat leerders 6 uur per week in Afrikaans Huistaal onderrig word, dus 12 uur per les (wat oor twee weke strek). Dit beteken dat huiswerk nie by hierdie tyd ingesluit is nie. Indien leerders dus die aktiwiteite nie tydens onderrigtyd klaarkry nie, moet hulle dit as huiswerk voltooi. Kies aktiwiteite en vrae na gelang van die leerders se vaardighede.
G06 ~ Afrikaans Huistaal
In elke les (twee weke) moet daar 2 uur aan luister en praat bestee word, 5 uur aan lees en kyk, 4 uur aan skryf en aanbied en 1 uur aan taalstrukture en -konvensies. Soos genoem, vereis die KABV dat taalstrukture en -konvensies binne konteks aangeleer word, dus is die tyd hiervoor ingesluit in die KABV se voorgestelde tye vir die verskillende afdelings.
Let wel dat die tydstoekenning by die aktiwiteite nie tot 12 uur per tweeweeksiklus optel nie. Dit is omdat die tyd wat aan ’n aktiwiteit afgestaan word deur die getal leerders in die klas bepaal word en deur hoe vinnig leerders werk. Party aktiwiteite vat ook langer, waar die fasiliteerder die leerders se lees assesseer, die voordra van ’n gedig, toesprake, ensovoorts. Hier kan die aktiwiteit oor ’n paar dae strek sodat alle leerders kans kry om die aktiwiteit te voltooi. Neem ook kennis dat die tydstoekenning slegs riglyne is.
Gebruik eie oordeel om seker te maak die leerders doen ’n paar aktiwiteite oor ’n begrip of ’n vaardigheid deur die jaar. In sommige gevalle strek ’n aktiwiteit oor meer as een periode – wees oordeelkundig in die benadering van die lesse.
BEPLANNING
Die boeke is só saamgestel om die fasiliteerder soveel as moontlik by te staan. Dit is steeds nodig om lesbeplanning te doen aangesien verskeie vaardighede en afdelings deur die loop van elke week aangeraak moet word en die boeke volgens afdelings opgestel is (luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied en taalvaardighede en -konvensies). Byvoorbeeld, in les 3 moet die leerders ’n toespraak skryf en lewer. Hulle leer op dag 1 of 2 van die week oor die toespraak en hoe om ’n toespraak te skryf, en moet dus in week 1 al hul eie toespraak skryf wat in week 2 van die les gelewer word. Die aktiwiteit “skryf ’n toespraak” is in afdeling 3 van die les, maar hulle moet dit in week 1 al doen. Leerders moet skryfaktiwiteite in week 1 al begin doen, al handig hulle die finale weergawe eers die volgende week of oor drie weke in. Onthou om aktiwiteite van al die afdelings deur die loop van die twee weke te doen.
Die aanbied van die lesse moet dus noukeurig beplan word. Party aktiwiteite vereis ook meer voorbereiding. Weer eens, dit is nie nodig om al die aktiwiteite in die boek te doen nie. Enige aktiwiteit kan aangepas, vervang of uitgelos word.
SAMPLE
Gaan deur die les, en kyk wat om voor te berei (soos om die hardop lees van ’n teks te oefen, die klas te versier om by die die tema van die les te pas, die nodige voorbereiding vir taalspeletjies en ander aktiwiteite te doen, om vir die leerders te sê dat hulle volgende week items klas toe moet bring, ensovoorts). Beplan ook watter aktiwiteite op watter dag van die tweeweeksiklus behandel gaan word (dag 1 tot 10). (Dit sal ook afhang van die leerders se skedule in ander vakke.)
Soos reeds genoem, is dit nie nodig dat leerders al die aktiwiteite doen nie, en leerders hoef nie al die vrae te beantwoord nie, of dit kan geheel uitgelos word, veral as leerders ’n taalbegrip reeds bemeester het. As leerders byvoorbeeld verstaan hoe afkortings werk, kan hulle die aktiwiteit oor afkortings as hersiening by die huis doen (wat dan in die klas gemerk word), of dit kan heeltemal uitgelos word.
WOORDESKAT
EN SPELLING
Leerders maak ’n woordeboek in les 1. Hulle kan enige woorde wat vir hulle nuut of moeilik is in die woordeboek skryf. (Maak seker hulle spel die woorde reg.) Hulle verduidelik dan die betekenis van die woorde met ’n sin of ’n prentjie (meer besonderhede in les 1).
Fasiliteerdersgids 1/2
G06 ~ Afrikaans Huistaal
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van elke les. (In plaas hiervan kan hulle elke dag of aan die einde van elke week ’n speltoets skryf.) Die lys spelwoorde is aan die einde van elke les. Dit is woorde waarmee hulle deur die loop van die les te doen kry of woorde wat leerders oor die algemeen sukkel om te spel, maar dit kan met ander woorde vervang word. Soos aan die begin van elke les genoem, moet die leerders genoeg tyd kry om die spelling van die woorde te leer.
Nadat lettergrepe behandel is, word aangeraai dat leerders die woorde in elke speltoets in lettergrepe verdeel en met ’n glimpen (highlighter) uitlig waar hulle moontlik verkeerd kan spel. Dit help hulle om vir lokvalle uit te kyk en ook om die spelling beter te onthou. Moedig die leerders aan om die spelling van die woorde elke dag skriftelik te oefen.
WOORDELYSTE
Die woordelyste in die bylae is vir verwysing. Daar is lyste met trappe van vergelyking, sinonieme en antonieme, geslag, vergelykings, ensovoorts. (Die lyste is nie allesomvattend nie.) Leerders kan van die inligting in die bylae leer nadat die begrippe in die handleiding behandel is. Dit vergroot hul woordeskat, en dit is kennis wat hulle tot in graad 12 gaan gebruik, asook in die alledaagse lewe. Hulle kan af en toe ’n kort, informele toetsie daaroor skryf. Gee hulle byvoorbeeld vyf idiome of homofone om te leer, nie al die woorde in die lyste nie.
OOR DIE TEKSTE
• Die nodige toestemming is verkry om die gedigte, stories en spotprente in die boeke te gebruik.
• Waar daar nie erkenning gegee word nie, het die skrywer van die boek self die tekste geskryf. (Dit sluit gedigte in.)
• Alle ander tekste, soos koerant- en tydskrifartikels, instruksies en plakkate is uit verskeie bronne geskryf/saamgestel. By alle koerant- en tydskrifartikels is die joernaliste se name fiktief
• Soos onder “Afdeling 2: lees en kyk” genoem, is van die tekste in die boeke langer as wat die KABV aanbeveel. Leerders behoort in staat te wees om die hele teks te lees, maar indien hulle nie kan nie, hoef hulle nie die hele teks te lees nie.
ANDER ASPEKTE OM VAN KENNIS TE NEEM
• Regdeur die handleiding verskyn Zak die taalmonster. Hy gee vir leerders wenke en gaan saam met hulle op die reis deur graad 6 Afrikaans Huistaal.
SAMPLE
• Elke les het ’n tema. Probeer om die tema so lewendig as moontlik te maak – die klas/vertrek kan byvoorbeeld volgens die tema van die les versier word.
• Die boeke het ook ten doel om die leerders se algemene kennis uit te brei en hulle aan nuwe onderwerpe bloot te stel. Die leerders moet ook nie net taalbegrippe bemeester nie, hulle moet leer om selfstandig te dink en te redeneer. Die aktiwiteite probeer ook om hulle goeie waardes te leer, soos om behulpsaam te wees en vir die omgewing om te gee.
• Dit is belangrik om leerders se vaardighede aan die begin van die jaar te bepaal om te sien op watter vlak hulle is en watter werk van vorige grade hulle dalk nog nie bemeester het nie.
• Daar is ’n tabel aan die begin van elke les in die fasiliteerdersgids. Hierdie tabel bevat die aktiwiteite waarin die aspekte hoofsaaklik behandel word, saam met die tydstoekenning. Hierdie aspekte (byvoorbeeld sinonieme en antonieme) kan ook in ander aktiwiteite in die les voorkom (soos in die leesbegripvrae).
• Baie aktiwiteite vereis dat leerders in pare, groepe of as ’n klas werk. Indien daar slegs een leerder is, moet die fasiliteerder instaan.
• Daar word by sommige aktiwiteite ’n rubriek vir informele assessering gegee. Die rubrieke vir formele assessering is in die bylae. Dit is jou keuse oor watter rubriek om te gebruik –leerders moet gewoond raak aan die rubrieke waarvolgens hulle geassesseer word, maar dit hoef nie vir elke aktiwiteit gebruik te word nie.
• Soos genoem, moet die leerders vir sommige aktiwiteite items klas toe bring – beplan vooruit en gee die leerders genoeg tyd om die items te kry. Hulle moet byvoorbeeld soms tydskrifte/koerante klas toe bring of ’n rekwisiet om rolspel mee te doen. Gee hulle byvoorbeeld ’n week of twee om die items te kry. Daar kan natuurlik ook tydskrifte/koerante en rekwisiete in die klas vir sulke aktiwiteite gehou word.
• In die “woordeskat”-blokkies word definisies van party woorde in die tekste gegee. Die woorde wat se definisie gegee word, is in vetdruk in die teks. Dit word ook binne konteks van die teks gegee.
• By sommige tekste word die uitspraak van moeiliker woorde gegee, byvoorbeeld: Duidelik word uitgespreek as “dui-dlik”. (E’s wat as i uitgespreek word, word so aangedui, byvoorbeeld “sommige” se uitspraak word as “so-mi-gi” gegee.)
• Leerders kan kort, informele toetse oor taalbegrippe skryf, byvoorbeeld oor geslagsvorme, intensiewe vorme, vergelykings, ensovoorts.
• Waar die leerders sukkel om die antwoord op ’n vraag te kry, moenie die antwoord weggee nie Vra vrae wat hulle sal help om die antwoord te bepaal.
• Die opskrifte in die boeke is sover moontlik volgens die KABV se opskrifte.
• Meer gevorderde leerders kan deur die jaar navorsing doen, ’n plakkaat oor die les se tema maak en vir die klas daarvan vertel. (Voorstelle word in “Vir die nuuskieriges”-blokkies gegee.)
SAMPLE
• Leerders moet met iets soos klaspunte gemotiveer word. (Daar word deurgaans na klaspunte in aktiwiteite verwys, veral by speletjies.) Gebruik eie oordeel oor hoe om dit aan te wend. Aan die einde van elke week of les kan die leerders met die meeste klaspunte ’n beloning kry, selfs al is dit ’n sertifikaat. Die klaspunte moet nie net vir akademiese prestasie gegee word nie, maar ook vir dinge soos hulpvaardigheid, vriendelikheid, ensovoorts.
• Kleurvolle plakkate oor taalbegrippe en dinge soos die skryfproses kan in die klas opgesit word.
WERKBOEK
Elke leerder moet ’n lyntjiesboek (’n skrif) met 72 bladsye of ’n swart hardebandboek hê om die aktiwiteite in te doen. (Hulle mag dalk later die jaar nóg ’n werkboek benodig.)
Daar word aanbeveel dat leerders belangrike inligting in hul werkboek oorskryf en nie net die opdragte in die aktiwiteite volg en die vrae beantwoord nie. Laat hulle byvoorbeeld neerskryf wat ’n sinoniem is of hoe ’n selfstandige naamwoord uitgeken word. Hulle kan ook die antwoorde van elke bespreking in hul werkboek skryf ná die bespreking afgehandel is.
Fasiliteerdersgids 1/2
G06 ~ Afrikaans Huistaal
Leerders moet ook ’n A5-lyntjiesboek (of ’n A4-boek) vir hul eie woordeboek hê (meer inligting onder “Woordeskat en spelling”).
VOORGESKREWE
EN AANBEVOLE BOEKE
Daar word geen addisionele boeke vir Afrikaans Huistaal voorgeskryf nie.
Leerders moet toegang tot ’n goeie, verklarende woordeboek (soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal – HAT) of ’n skoolwoordeboek hê. Woordeboeke is duur, maar ’n bron van onskatbare waarde wat hulle tot in graad 12 gaan gebruik. ’n Tesourus is ook voordelig.
Soos reeds genoem, word leerders aangemoedig om minstens een boek per kwartaal te lees. Dit kan enige toepaslike boek van die leerder se keuse (en op sy/haar leesvlak) wees. Hoe meer daar gelees word, hoe makliker en beter word grammatika, spelling en taalbegrippe aangeleer.
Aanbevole boeke
• Harry Griesel-reeks – Sonja Kaiblinger
• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen
• Middernagfees – Jaco Jacobs
• Die boekwinkel tussen die wolke – Jaco Jacobs
• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen
• Die groot boek van spoke en grille – Fanie Viljoen
FORMELE ASSESSERING
• Grilgrypers-reeks – De Wet Hugo
• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo
• Reënboogrant maats-reeks – Maritha Snyman
• Saartjie-reeks – Bettie Naudé
• Trompie-reeks – Topsy Smith
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel.
Geen aktiwiteit in die handleiding word as formele assessering gedoen nie. Raadpleeg die portefeuljeboek vir alle formele assessering.
Eksamens
SAMPLE
Daar is twee eksamens in graad 6, in Junie en November. ’n Voorbeeld van eksamenvraestelle word in die bylae gegee. Laat leerders dit ter voorbereiding op eksamens skryf sodat hulle die formaat kan sien en gewoond kan raak aan die manier waarop vrae gevra word. Soek addisionele vraestelle op die internet.
Die samestelling van vraestelle is as volg, maar dit is onderhewig aan verandering Verwys altyd na die portefeuljeboek en assesseringsplan vir die jongste inligting oor die samestelling van eksamens.
• Vraestel 1 (word deur die loop van die kwartaal geasseseer): Mondeling (lees hardop / luisterbegrip / toespraak / rolspel, ens.)
• Vraestel 2: Leesbegrip en taal (leesbegrip van ’n teks, leesbegrip van ’n visuele teks, opsomming, taalstrukture en -konvensies)
• Vraestel 3 (kan deur die loop van die kwartaal geasseseer word): Skryf (opstel en transaksionele teks, soos ’n dialoog, dagboekinskrywing, boodskap, ens.)
Jaarplan
Werk volgens die jaarplan om seker te maak dat al die werk betyds behandel word sodat leerders gereed is vir die eksamens.
Eenheid
LES 2: Leuen se kort been
1 LES 1: Op die baadjie takseer
2
LES 3: ’n Gat in die kop praat
LES 4: In diep water beland ...
LES 5: Spoke sien
– 10
LES 6: Herdink, herbenut, hergebruik 1 – 2
LES 7: Vroue aan die voorpunt
LES 8: Knolle vir sitroene
LES 9: Trap jou eie spore
– 4
– 8
3
LES 10: Op eie risiko
LES 11: Krummels is ook brood
LES 12: Slim vang sy baas
LES 13: Op die kassie
LES 14: As die gordyn lig
– 8
– 10
LES 16: Vreemde fauna 3 – 4
LES 17: Neus in die boek 5 – 6
4 LES 15: In die pad val 1 – 2
LES 18: Jan Tuisbly se karretjie
EENHEID 1: Week 1 – 2
Les 1:
Op die baadjie takseer
Vaardighede
Luister en praat
Neem deel aan ’n bespreking
Luister na ’n koerantberig
Speel ’n taalspeletjie
Lees en kyk
Lees ’n koerantberig
Beantwoord vrae
Lees spotprente
Selfstandige lees
Skryf en aanbied
Skryf ’n paragraaf
Skryf ’n koerantberig
Skryf ’n onderhoud
Taalstrukture en -konvensies
Werk met woorde
Alfabetiese volgorde
Gebruik ’n woordeboek
Maak jou eie woordeboek
Skrifbeeld, klankbeeld, lettergrepe en klankgrepe
Die afbreek van woorde
Aktiwiteit Tydstoekenning
Aktiwiteit 1 30 minute
Aktiwiteit 2 30 minute
Aktiwiteit 3 20 minute
SAMPLE
Woordvorming: stamme
Werk met sinne
Woordsoorte
Selfstandige naamwoorde
Werkwoorde
Spelling en punktuasie
Meervoud en verkleining: vokaalgroepe
Hoofletters en leestekens
Die deelteken
Die koppelteken
Speltoets
Hersiening
Persoonlike woordeboek
Skryf in jou eie woordeboek
Aktiwiteit 7 50 minute
Aktiwiteit 8 20 minute
Aktiwiteit 15 30 minute
Aktiwiteit 20 30 minute
Aktiwiteit 21 30 minute
Aktiwiteit 22 1 uur 30 minute
Aktiwiteit 23 1 uur
Aktiwiteit 4 15 minute
Aktiwiteit 5 15 minute
Aktiwiteit 6 15 minute
Aktiwiteit 9 20 minute
Aktiwiteit 10 15 minute
Aktiwiteit 14 15 minute
Aktiwiteit 11 20 minute
Aktiwiteit 12 25 minute
Aktiwiteit 16 15 minute
Aktiwiteit 13 15 minute
Aktiwiteit 17 20 minute
Aktiwiteit 18 20 minute
Aktiwiteit 19 20 minute
Aktiwiteit 25 5 minute
Aktiwiteit 24 30 minute
Aktiwiteit 26
Let wel: Die KABV beveel aan dat lidwoorde, byvoeglike naamwoorde en voegwoorde ook in hierdie les behandel word, maar daar is reeds baie ander taalbegrippe wat in die les gedek moet word. Hierdie drie woordsoorte word in les 2 behandel.
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 1: Neem deel aan ’n bespreking
30 minute
Elke les begin met ’n interessante feit om die leerders nuuskierig oor die les en tema te maak. Lees dit saam met hulle, en lei ’n gesprek deur vrae te vra indien daar tyd is. Dit is belangrik dat die leerders leer om selfstandig te redeneer en om oor feite na te dink.
Die leerders skryf ’n speltoets aan die einde van die les. Hulle moet die spelling van die woorde leer. Verwys na die tweede laaste aktiwiteit in die les vir die spelwoorde.
Interessante feit: Het jy al iemand met blou hare gesien en gedink die persoon is vreemd of abnormaal? Dit is stereotipering. Stereotipering is om idees oor iemand te hê gebaseer op hoe hulle lyk of gebaseer op vorige ervarings met mense soos hulle. In die werklikheid is die vrou met die blou hare dalk die vriendelikste mens wat jy sal ontmoet. Dit is beter om iemand eers te leer ken voordat jy aannames oor hulle maak.
SAMPLE
Omdat dit ’n nuwe skooljaar is, kan die leerders hulself voorstel en iets van hulself vertel, byvoorbeeld wat hulle graag in hul vrye tyd doen of wat hul gunstelingkos is.
“Gunsteling” is nie ’n byvoeglike naamwoord nie, dit is ’n selfstandige naamwoord. Dit word vas aan die opvolgende selfstandige naamwoord geskryf, dus “gunstelingkos”, as ’n samestelling. Dieselfde reël geld vir “reus(e)” en “standaard”.
Die tema van die les is stereotipering. In graad 6 kry die leerders met ernstiger onderwerpe te doen ter voorbereiding vir die Senior Fase (graad 7 tot 9).
Grade op skool word met ’n kleinletter geskryf, tensy dit aan die begin van ’n sin is. Dit is nie ’n eienaam nie.
Die lesnaam is ’n idioom. Om iemand op sy/haar baadjie te takseer beteken om iemand op die uiterlike te beoordeel, dus op hoe hulle lyk. Ken die leerders die idioom? Dit is soos om iemand te beoordeel omdat hy/sy blou hare het.
Die leerders behoort te weet wat stereotipering is omdat dit in graad 5 in Lewensvaardighede behandel is (en dit word later die jaar weer in Lewensvaardighede behandel). Gesels kortliks daaroor.
1. Wat doen die leerders in hul vrye tyd?
2. Dink hulle meisies kan met karretjies speel? Waarom of waarom nie?
3. Kan seuns met poppe speel of huis-huis speel? Waarom of waarom nie?
4. Dink hulle dit is verkeerd as meisies met karretjies speel of as seuns met poppe speel? Verduidelik.
5. Kan meisies rugby of sokker speel? Verduidelik.
6. Kan seuns netbal speel of ballet doen? Verduidelik.
Soms het ons idees oor iets omdat ons so geleer is of omdat ons dit so in die samelewing sien, byvoorbeeld party mense wat dink dat seuns nie met poppe mag speel nie. Ons noem dit vooroordeel en stereotipering. Stereotipering is om vooraf idees (of indrukke) oor iemand te hê gebaseer op hoe hulle lyk of gebaseer op vorige ervarings met soortgelyke mense. Hierdie idees is nie op die werklikheid gegrond nie.
Kyk weer na die foto van die vrou met die blou hare op die vorige bladsy. Wat is leerders se eerste indrukke (idees) oor haar as hulle net kyk na hoe sy lyk? Leerders gesels oor hul idees en motiveer waarom hulle so sê. Hulle mag mekaar nie in die rede val nie en moet ander se opinies respekteer.
SAMPLE
Kyk ook saam na die prentjie aan die begin van die les in die handleiding. Wat dink die leerders van die mense deur net te kyk na hoe hulle lyk? Hoe dink die leerders is hierdie mense se persoonlikhede? Verskil almal se antwoorde en sienings hieroor? Hierdeur behoort dit duidelik te wees dat almal se opinies en vooroordele verskil, maar ook dat daar algemene stereotipes is wat as “waar” aanvaar word.
Indien moontlik, wys een van die kortflieks (of albei) vir die leerders. Hulle moet die moontlike stereotipering identifiseer. (Die name word gegee presies soos dit op YouTube is. Indien die verkorte skakels nie werk nie, soek die name op YouTube.) Gesels ná die tyd daaroor deur vrae te vra.
1. “CGI Animated Short Film: ‘Game Changer’ by Aviv Mano | CGMeetup”, opgelaai deur CGMeetup, https://bit.ly/35yw5Lj
1.1 Wat gebeur in die kortfliek?
Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: ’n Meisie speel speletjies by die arkade. Sy wil graag genoeg kaartjies bymekaarmaak om die aksiemannetjie te wen. Die mannetjie is lewendig, en hy dink sy gaan hom soos ’n pop hanteer. Hy probeer keer dat sy genoeg kaartjies kry deur met die speletjies in te meng, soos om die muurprop uit te trek. Sy speel verskillende speletjies, en by die boksspeletjie (om te sien hoe hard sy kan slaan) sien hy dat sy sterk is en besef dat hy ’n vooropgestelde idee oor die meisie gehad het (dus gestereotipeer het). Die meisie wen die kaartjies en “koop” die mannetjie.
1.2 Aan die begin sien die aksiemannetjie die meisie dra ’n pienk sweetband om haar arm en kop, en hy verbeel hom dat sy hom by ’n teepartytjie saam met haar poppe gaan laat sit. Hy het dus ’n opinie oor haar gevorm gebaseer op hoe sy lyk/aangetrek is.
1.3 Hy het ’n opinie oor die meisie gevorm sonder om haar te ken. Wat noem ons dit?
Stereotipering/Vooroordeel
1.4 Wat het die mannetjie se idee van die meisie laat verander?
Hy het gesien dat sy sterk is en graag die bokskompetisie wil wen.
1.5 Wat verbeel die mannetjie hom as hy sien die meisie is sterk?
Hy verbeel hom dat die meisie hom as ’n aksiemannetjie gebruik, nie as ’n pop nie.
(Soortgelyke antwoord)
2. “Snack Attack”, opgelaai deur Eduardo Verastegui, https://bit.ly/3t1ieGl
2.1 Wat is jou eerste indrukke oor die jongman op grond van sy voorkoms (hoe hy lyk) en dit wat hy doen?
Leerders se eie antwoord gemotiveer deur sy kleredrag, haarstyl en musiek waarna hy luister.
SAMPLE
2.2 Die jongman luister na harde en lawaaierige musiek (metal of rock) deur oorfone, en hy kan nie hoor wat die tannie vir hom sê nie. Wat doen hy terwyl die tannie met hom raas? Hy glimlag en luister sy musiek verder.
2.3 Watter idee kry jy van die jongman uit sy optrede? (Dink ook aan sy reaksie toe die tannie sy oorfone uit sy foon trek en wat hy met die laaste koekie doen.)
Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Hy is die hele tyd vriendelik en beleefd/ hoflik. Hy deel selfs die laaste koekie in twee en gee een helfte vir die tannie.
2.4 Dink jy die jongman se voorkoms het iets te doen met die tannie se idee oor hom en dat sy gedink het hy het haar pakkie koekies gevat?
Leerders se eie antwoord met goeie motivering.
2.5 In die kortfliek dink die tannie dat die jongman haar pakkie koekies eet sonder om te vra. Was sy reg? Verduidelik waarom.
Nee, sy het op die trein besef haar pakkie koekies is nog in haar handsak.
2.6 Aan die einde van die fliek staan die jongman op en gooi die papier in die asblik. Waarom dink jy word dit spesifiek gewys?
Leerders se eie antwoord, byvoorbeeld: Gebaseer op (vooropgestelde) idees oor die jongman sal ’n mens dalk nie dink dat hy die papier in die asblik sou gooi nie.
2.7 Die jongman doen vroeër in die fliek iets wat daarop dui dat hy netjies en gaaf is. Wat is dit? Hy vee die krummels van die tannie se romp af.
Ons het in die kortflieks gesien dat ons soms idees oor iemand het gebaseer op hoe hulle lyk of hoe hulle aantrek sonder om hulle te ken. Dit is voorbeelde van stereotipering.
Dink die leerders daar is sekere werke wat net mans of net vroue kan doen? Hulle merk in die tabel of hulle dink net mans of net vroue of albei kan die werke doen. Werk Net mans Net vroue Albei
Onderwyser
Polisiebeampte
Vlieënier
Dokter
Loodgieter
Bouer/Konstruksiewerker
Haarkapper
Grimeerkunstenaar
Digter
Sjef
Modeontwerper
Leerders skryf ’n kort argument neer met die redes waarom hulle voel net mans, net vroue of albei sekere van die werke kan doen. Hierdie paragraaf, van 80 tot 100 woorde, kan gebruik word om hul skryfvaardighede te bepaal. Leerders gee dan terugvoer en gesels daaroor.
SAMPLE
Verwys na aktiwiteit 21 in afdeling 3 vir meer inligting oor die skryf van hierdie paragraaf.
Nog voorbeelde van stereotipering:
• Tieners is net met hul selfone gepla.
• Mense vergeet hoe om te bestuur as dit reën.
• Mans kan nie die huis skoonmaak nie.
• Oorgewig mense is lui.
• Mense van ’n sekere land is almal skelms.
• Mense wat gereeld oefen, is altyd gelukkig.
Hierdie stellings is voorbeelde van dinge wat nie waar is nie. Vra die leerders wie almal net bekommerd is oor wat op hul selfone aangaan en soms van die wêreld om hulle vergeet. Is daar leerders wat nie selfone het nie of soms heeltemal van hul selfone vergeet en iets anders doen? Dit is ’n bewys dat die eerste stelling nie waar is nie. So is die ander stellings ook onwaar.
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 6’e se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.