Afrikaans Huistaal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Handleiding 2/4
Graad 6
2406-A-AHT-SG02
9781990949203
Aangepas vir KABV
L van Niekerk
Leselemente
LEERDOELWITTE
Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.
AKTIWITEIT
Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.
WOORDESKAT
Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.
KERNINHOUD
Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe
DEFINIEER
Definisies van sommige begrippe.
BELANGRIK
Belangrike aspekte om van kennis te neem.
WENKE
Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.
SAMPLE
VIR DIE NUUSKIERIGES
Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.
Jaarplan
LES 1: Op die baadjie takseer
LES 2: Leuen se kort been
1
LES 3: ’n Gat in die kop praat
LES 4: In diep water beland ...
LES 5: Spoke sien
LES 6: Herdink, herbenut, hergebruik
LES 7: Vroue aan die voorpunt
2
LES 8: Knolle vir sitroene
LES 9: Trap jou eie spore
– 4
– 6
3
4
LES 10: Op eie risiko
LES 11: Krummels is ook brood
LES 12: Slim vang sy baas
LES 13: Op die kassie
LES 14: As die gordyn lig
– 4
–
LES 16: Vreemde fauna
LES 17: Neus in die boek
LES 18: Jan Tuisbly se karretjie
Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.
–
Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!
• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
• Doen altyd jou huiswerk.
• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.
• Lees soveel as wat jy kan.
• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.
Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!
• Harry Griesel-reeks – Sonja Kaiblinger
• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen
• Middernagfees – Jaco Jacobs
• Die boekwinkel tussen die wolke – Jaco Jacobs
• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen
• Die groot boek van spoke en grille – Fanie Viljoen
SAMPLE
• Grilgrypers-reeks – De Wet Hugo
• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo
• Reënboogrant maats-reeks – Maritha Snyman
• Saartjie-reeks – Bettie Naudé
• Trompie-reeks – Topsy Smith
Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!
EENHEID 2: Week 1 – 2
Les 6:
Herdink, herbenut, hergebruik
Leerdoelwitte
In hierdie les gaan jy:
• na instruksies luister en dit volg
• instruksies gee en volg saam met ’n maat
• hardop lees
• ’n taalspeletjie speel
• instruksies lees en vrae daaroor beantwoord
• inligtingstekste lees en vergelyk
• op jou eie lees
• instruksies, ’n inligtingsteks en dagboekinskrywings skryf
• nuutskeppings hersien
• klankverandering hersien
• weer oor deelwoorde leer
• sinsontleding en ontkenning oefen
• die direkte en indirekte rede oefen
• nog reëls oor meervoud en verkleining hersien
• akronieme hersien
• oor die akuutteken en die gravisteken leer
• hersiening oor taalwerk doen
AFDELING 1
LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 121: Luister na en volg instruksies
Interessante feit: Hoeveel hulpbronne dink jy mors ons elke jaar? Volgens ’n studie deur die Organisation for Economic Co-operation and Development (OECD) word ongeveer 62 miljard ton hulpbronne soos minerale, hout, metale en steenkool elke jaar ontgin. Eenvyfde hiervan, dus 20%, gaan verlore en word vermors.
Boonop gaan eenderde van alle voedsel wat wêreldwyd geproduseer word elke jaar verlore, en 2,12 miljard ton afval beland op die wêreld se ashope.
Besoek hierdie blad op The World Counts se webwerf vir meer feite oor ashope: https://www.theworldcounts.com/challenges/planetearth/state-of-the-planet.
Die onderwerp van die les is volhoubaarheid en die hergebruik van hulpbronne. Wat beteken dit as iets volhoubaar is? Om natuurlike hulpbronne op so ’n manier te gebruik dat dit nie uitgeput word nie.
Volg die fasiliteerder se instruksies om ’n doolhof uit afval te maak.
Gesels dan saam oor volhoubaarheid, hergebruik en herwinning.
SAMPLE
• Aan watter dinge kan jy dink wat ons elke dag weggooi wat dalk vir iets anders gebruik kan word?
• Waar beland hierdie soort voorwerpe gewoonlik?
Wat beteken die voorvoegsel her- in die lesnaam?
• Wat kan ons doen om minder te vermors en minder dinge op die ashoop te laat beland?
• Wat kan ons doen met die skille van groente en vrugte of vrot groente en vrugte om die omgewing te help?
• Dink jy dit is nodig om te hergebruik en herwin waar ons kan? Waarom of waarom nie?
Luister na die instruksies wat die fasiliteerder lees, neem notas, en beantwoord die vrae op die volgende bladsy.
1. Sit die foto’s in die regte volgorde deur dit van 1 tot 4 te nommer.
2. Is die titel van die instruksies duidelik genoeg? Hoe sal jy die titel verander?
3. Wat is die twee onderopskrifte in die instruksies?
4. Hoeveel stappe is daar in die metode?
5 Is die lys van benodighede duidelik genoeg? Hoe sal jy dit verander?
SAMPLE
6. Wat word gebruik om die bottel te sny, en watter ander voorwerp kan hiervoor gebruik word?
7. ’n Mes word gebruik om gaatjies vir die toutjie te maak. Hoe anders dink jy kan die gaatjies gemaak word?
8. Waarom dink jy is dit nodig om klippies aan die onderkant te gooi?
9. Dink jy dit is nodig om die bottel te hang? Verduidelik.
10. Watter benodighede is hergebruik?
Vir die nuuskieriges: Volg die instruksies by die huis, en kom vertel vir die klas hoe jou plantjie groei.
Aktiwiteit 122: Gee en volg instruksies
In hierdie aktiwiteit gaan jy instruksies gee en volg. As jy instruksies gee, gebruik jy bevelsinne (wat met werkwoorde begin).
Luister na die fasiliteerder om die aktiwiteit te doen.
Aktiwiteit 123: Lees hardop
Die fasiliteerder gaan sê of jy die onderstaande teks voorbereid of onvoorbereid moet lees. Sodra jy gelees het, gaan die fasiliteerder terugvoer gee.
1 – glad nie 2 – kan verbeter 3 – soms 4 – meestal 5 – uitstekend
Kriteria
Het jy die woorde reg uitgespreek?
Het jy vlot en met gevoel gelees?
Het jy die leestekens gehoorsaam?
Het jy teen die regte tempo gelees?
SAMPLE
Punt (omkring)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| 3 | 4 | 5
Het jy oogkontak met die gehoor gemaak? 1 | 2 | 3 | 4 | 5
Waarom word amper die helfte van alle groente en vrugte weggegooi? Want Magriet wou nie die lelike wortels koop nie, en die piesangs het net te veel kneusplekkies na haar sin gehad. Boonop het Hendrik die oorskiet weggegooi, want hy was nie lus om môre wéér pasta te eet nie, of hy het vergeet dit is in die yskas en moes dit ’n week later weggooi.
Gelukkig trek nie almal hul neuse op soos Magriet en Hendrik nie. In ’n studie het die meeste deelnemers die opsie gekies om kos te eet wat van “afval” gemaak is. Hierdie afval verwys na kos wat in die asblik sou beland, onder andere omdat dit die gebruik-teen-datum bereik het.
Dit gee darem ’n bietjie hoop in ’n wêreld wat voel of dit in hope afval versmoor ... Maar almal moet hul kant bring om die wêreld se ashope ’n bietjie ruimte te gee om asem te haal.
Aktiwiteit
124: Speel ’n taalspeletjie
Gebruik die woordmuur in die bylae, en speel saam. Volg die fasiliteerder se instruksies.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Aktiwiteit 125: Lees instruksies
Wat is die kenmerke van instruksies nou weer?
Kenmerke van instruksies
• Die titel sê waarvoor die instruksies is.
Wisselvorm benodighede of benodigdhede
• Daar is gewoonlik ’n lys van benodighede (of bestanddele by ’n resep), en die stappe word in die metode gegee.
• Die sinne begin gewoonlik met ’n werkwoord (bevelsinne).
• Daar is soms prentjies of foto’s wat van die stappe verduidelik of ’n prentjie/foto van die eindproduk.
In graad 5 het jy oor voedselvermorsing geleer. Dit is kos wat weggegooi word wat eintlik ’n honger maag kon voed. Groente en vrugte word die meeste vermors. In Suid-Afrika word ongeveer 10 miljoen ton kos jaarliks vermors, waarvan 70% groente, vrugte en graankosse is. As al hierdie groente en vrugte op ’n hoop was, kan jy jou indink hoe groot die hoop sou wees?
Groente en vrugte is ook die voedselsoort wat wêreldwyd die meeste vermors word, veral piesangs. Byvoorbeeld, in die Verenigde Koninkryk (VK) word 1,4 miljoen piesangs elke dag weggegooi, volgens ’n studie deur Snact en WRAP.
SAMPLE
Piesangs word soms weggegooi net omdat dit ’n paar kneusplekke of swart merkies op die skil het of oorryp is. ’n Piesang met kneusplekke kan steeds geëet word, maar wat kan jy andersins daarmee of met oorryp piesangs doen?
Het jy geweet piesangskille is ook eetbaar? Ons skil piesangs gewoonlik en eet net die vrug binne. Hoewel piesangs baie vitamines en minerale bevat, is die skil net so voedsaam en bevat kalium, vesel en aminosure.
Deur die skille te eet, word voedselvermorsing verminder, en jy kry ekstra vitamines en minerale in. Maar die skille moet reg gaargemaak word.
Op die volgende bladsy is ’n resep vir plaatkoekies wat piesangskille bevat, maar die metode is in die verkeerde volgorde. Plaas dit in die regte volgorde deur 1 tot 10 in die blokkies langs die stappe in te vul.
Wenk: Begin by die droë bestanddele, en spoor solank die laaste stap op.
Piesangskilplaatkoekies met grondboontjiebottersous ± 8 plaatkoekies
Benodighede
Vir die plaatkoekies: Vir die sous:
• 2 gewasde piesangskille, fyn gekap
• 200 g bruismeel
• 2 t. bakpoeier
• 1½ e. strooisuiker
• 3 eiers (of 1 piesang)
• 25 g gesmelte klapperolie (of botter)
• 200 mℓ melk
Metode
Voeg die piesangskille by en meng in.
Gooi ’n bietjie olie in ’n braaipan, en sit dit op matige hitte.
• 3 e. grondboontjiebotter
• ’n titseltjie melk
• heuning of stroop
Meng die droë bestanddele (meel, suiker, bakpoeier) met ’n knippie sout in ’n groot mengbak.
Sodra gaatjies begin vorm, draai die plaatkoekies om. Dit behoort 3 tot 4 minute per kant te neem.
Bedien plaatkoekies met die sous. Neute, wat vinnig in ’n pan saam met heuning gebraai is, kan ook bygevoeg word.
SAMPLE
Vir die sous: Meng al die bestanddele deeglik in ’n bak of skud dit in ’n glashouertjie. Meer melk kan bygevoeg word vir ’n loperiger sous.
Maak ’n holtetjie in die middel van die droë bestanddele om die nat mengsel in te voeg.
Gebruik ’n aparte bak om die nat bestanddele met ’n vurk te meng.
Skep ongeveer twee eetlepels beslag per plaatkoekie in die pan, ’n entjie uitmekaar. ’n Soplepel werk goed.
Meng deeglik met ’n handklitser sodat daar geen klonte is nie.
Die plaatkoekies kan gevries word.
(Met toestemming van Emilie Woodgersmith, “Banana Peel Pancakes with Peanut Butter Drizzle”, https://bit.ly/3uTKPxN)
Gesels saam oor die resep. Skryf die antwoorde later in jou werkboek.
1. Wat word instruksies genoem wat vertel hoe om ’n gereg te maak?
2. Hoeveel plaatkoekies kan met hierdie resep gemaak word?
3. Oor die plaatkoekies:
3.1 Watter bestanddeel is nie op die lys nie?
Wat is ’n sinoniem van “gereg”?
3.2 Hoeveel bestanddele is nodig vir die plaatkoekies as jy nie die sous ook maak nie? (Kyk mooi in die metode.)
3.3 Lys die nat bestanddele.
3.4 In hoeveel stappe word die plaatkoekies gemaak?
4. Twee bestanddele kan met iets anders vervang word. Noem die bestanddele en hul alternatiewe.
5. Dink jy dit maak saak wanneer die piesangskille bygevoeg word? Met ander woorde, dink jy dit is nodig dat dit by die droë bestanddele gevoeg word voordat die nat bestanddele bygevoeg word, of maak dit nie saak nie? Verduidelik jou antwoord.
6. Dink jy dit is nodig dat die stappe in die metode gevolg word soos dit in die resep gegee word, of kan dit rondgeskuif word? Verduidelik jou antwoord.
7. Watter toerusting is nodig om die plaatkoekies (sonder die sous) te maak? Dink mooi –alles word nie uitdruklik in die metode genoem nie.
8. Is dit nodig om die sous te maak, of kan die plaatkoekies saam met iets anders bedien word?
SAMPLE
9. Buiten die sous, wat anders word voorgestel om saam met die plaatkoekies te bedien?
10. Wat kan gedoen word met die plaatkoekies wat oorbly?
11. Kyk weer na die stappe.
11.1 Met watter woordsoort begin die meeste stappe?
11.2 Watter sinsoorte word in die stappe gebruik?
11.3 Waarom dink jy word juis hierdie soorte sinne gebruik?
11.4 Dink jy die resep sal maklik wees om te volg as die sinne in die lydende vorm is? Waarom of waarom nie?
12. Sal jy hierdie plaatkoekies wil maak? Waarom of waarom nie?
Maak die plaatkoekies by die huis, en kom vertel of dit lekker was.
Vir die nuuskieriges: Hoeveel ander soorte groente en vrugte dink jy word elke dag vermors? Lees hierdie artikel om uit te vind: https://bit.ly/37cO3DN (“What food is wasted?” op toogoodtogo.com)
Kyk ’n bietjie hoeveel groente, vrugte en ander voedsel in julle huis weggegooi word. Hoe kan daardie voedsel eerder gebruik word? Maak ’n lysie daarvan. Dalk kan julle die omgewing help deur ’n bietjie minder voedsel te vermors.
Vir die nuuskieriges: Watter lekker resepte kan jy kry waarin oorryp piesangs gebruik word? Maak die resep, en kom deel dit met die klas.
Aktiwiteit 126:
Beantwoord vrae
Beantwoord die vrae oor die resep in die vorige aktiwiteit in jou werkboek.
1. Voltooi die paragraaf met die regte woorde uit die blokkie.
voordat dan eers daarna
Die droë en nat bestanddele moet apart gemeng word dit saamgevoeg word. word die beslag in die pan geskep om te braai. Dit word bedien.
2. Lees weer stap 5 tot 7.
SAMPLE
2.1 Wat lei jy af beteken “beslag”?
2.2 Wat dink jy sal gebeur as daar klonte in die beslag is?
2.3 Kies die regte antwoord: “Matige hitte” beteken (baie warm / baie koud / nie baie warm of baie koud nie).
3. Wie se resep is dit, en wie het die foto geneem?
4. Waarom dink jy moet die piesangskille eers gewas word?
5. Spoor die afkortings vir die volgende woorde in die resep op.
5.1 milliliter 5.3 gram
5.2 teelepel 5.4 eetlepel
Kyk mooi na die spelling van “milliliter”.
Bonus: Nie al die afkortings het punte nie. Probeer uitvind waarom gram se afkorting nie ’n punt het nie.
6. Wat is die stamme van die woorde?
6.1 gesmelte
6.2 piesangskille
6.3 droë
6.4 klitser
7. Wat is die basisse van die woorde?
7.1 piesangskille
7.2 eetlepels
7.3 gaatjies
7.4 glashouertjie
8. Voltooi die trappe van vergelyking.
8.1 deeglik, ,
8.2 , loperiger,
8.3 matig, ,
8.4 , , die vinnigste
8.5 droog, ,
Onthou
Stam – die kleinste deel van ’n woord wat betekenis het.
Basis – enige deel van ’n woord waaraan daar voor- of agtervoegsels gevoeg kan word.
Watter woord staan gewoonlik voor die oortreffende trap in sinne?
9. Gee ’n bywoord wat in stap 5 voorkom, en sê watter soort bywoord dit is.
10. ’n Deelwoord is ’n werkwoord wat verander word om ’n selfstandige naamwoord of ’n byvoeglike naamwoord te wees. Daar is twee deelwoorde in die lys van bestanddele. Skryf dit neer, en gee ook die werkwoord wat die stam is.
SAMPLE
11. Gebruik klankverandering om die woord tussen hakies te verander:
Die (aanbeveel) manier van bediening is saam met grondboontjiebottersous en neute.
12. Skryf die sin in die ontkennende vorm: Emilie maak altyd heerlike plaatkoekies.
13. Skryf die sin in die indirekte rede:
Emilie sê: “Die plaatkoekies is heerlik saam met sous.”
Wenk: Soek die woord tussen hakies in die woordeboek op, of kyk in die volgende aktiwiteit.
Aktiwiteit 127: Deelwoorde
In die resep in die vorige aktiwiteit was daar twee deelwoorde. Kan jy onthou wat dit is?
en
Voltooi die sinne deur deelwoorde van die werkwoorde te vorm. Jy kan eers die werkwoorde onderstreep.
Die plaatkoekies is gebak. Die plaatkoekies word geëet. Die water borrel op die stoof. Die water is warm.
Deelwoorde
Deelwoorde is werkwoorde wat verander word om selfstandige naamwoorde, byvoeglike naamwoorde, bywoorde of ander werkwoorde te wees.
Deelwoorde word meestal as byvoeglike naamwoorde gebruik wat voor die selfstandige naamwoord staan.
Ons kry onvoltooide deelwoorde en voltooide deelwoorde.
• ’n Onvoltooide deelwoord word gebruik as die aksie besig is om te gebeur (die aksie is nog nie voltooi nie).
o Dit word ook ’n teenwoordige deelwoord genoem (omdat die aksie nou/ teenswoordig gebeur).
o Ons voeg die agtervoegsel -end, -ende of -de aan die woord, byvoorbeeld: – loop – lopende water – eet – etende hond – huil – huilende kind – staan – staande water
o Woorde soos “doen”, “gaan”, “sien”, “slaan”, “staan” en al hul afleidings kry -de: siende, gaande, beslaande
o Onvoltooide deelwoorde kan voor of ná die selfstandige naamwoord (en sonder -e) wees, byvoorbeeld:
Die huilende kind is hartseer. Die kind het al huilend geloop.
• ’n Voltooide deelwoord word gebruik as die aksie reeds gebeur het (die aksie is reeds voltooi).
o Dit word ook ’n verlede deelwoord genoem (omdat die aksie in die verlede gebeur het).
o Ons voeg die voorvoegsel ge- en die agtervoegsel -de of -te aan die woord, byvoorbeeld:
– blinddoek – geblinddoekte mens – maal – gemaalde vleis
o Voltooide deelwoorde kan voor of ná die selfstandige naamwoord (en sonder -de of -te) wees, byvoorbeeld:
Die gekookte kos. Die kos is gekook.
Beantwoord die vrae in jou werkboek.
1. Skryf die sinne oor (voor en ná die ), en vul die regte deelwoorde in. Spoor self die werkwoord op waarvan die deelwoord gemaak is.
herwonne warrelende etende springende beskrywende gedroogde gemengde bedorwe
1.1 Papiere warrel in die wind. Daar is papiere buite.
1.2 ’n Haas spring deur die veld. Die haas is vinnig.
SAMPLE
1.3 Vermorsing word goed in die opstel beskryf Die opstel laat jou oor die probleem nadink.
1.4 Masego meng die bestanddele. Masego gooi die bestanddele in ’n ander bak.
1.5 Die vriende eet kos. Die vriende gesels lekker.
1.6 Die vrugte moet gedroog word. Die vrugte is heerlik.
1.7 Die vleis het bederf Ongelukkig moet die vleis weggegooi word.
1.8 Die sak is gemaak van plastiek wat herwin is. Die sak is van plastiek gemaak.
Bonus
• “Herwonne” is die algemener woord, maar wat is ’n ander woord daarvoor?
• Watter voordeel is daar aan vrugte wat gedroog is?
2. Skryf die sinne oor met die regte deelwoorde. Daar word tussen hakies genoem watter soort deelwoord ingevul moet word. Kyk weer in die verduideliking hoe die woorde moet verander.
2.1 Jaco het ’n pot gemaak wat hang Die plant lyk mooi. (Onvoltooide deelwoord)
2.2 Die wind huil om die huis. Die blare ritsel in die wind. (Onvoltooide deelwoord)
2.3 Hulle bak piesangmuffins. Die muffins ruik heerlik. (Voltooide deelwoord)
2.4 Sy rek die materiaal oor die kussing. Die materiaal is nou ’n kussingsloop. (Voltooide deelwoord)
2.5 Die kinders speel met die speelgoed wat hulle self gemaak het. Die kinders is gelukkig. (Onvoltooide deelwoord)
2.6 Masego skryf die resep neer. Die Masego is ingedagte. (Onvoltooide deelwoord)
2.7 Die deur is gesluit Niemand kan by die deur inkom nie. (Voltooide deelwoord) (Wenk: Soek die woord op die woordmuur vroeër in die les.)
2.8 Masego bevries die piesangs voordat dit vrot word. Die piesangs word in ’n smoothie gebruik. (Voltooide deelwoord) (Wenk: Soek die woord op die woordmuur vroeër in die les.)
Bonus
• Wat beteken dit as ons sê “die wind huil”?
• Wat is die verskil tussen “ingedagte” en “in gedagte”?
3. Skryf die voltooide sinne van vraag 2 oor (die sinne ná die ). (Nommer dit van 3.1 tot 3.8.) Verduidelik waarom elke deelwoord onvoltooid of voltooid is, byvoorbeeld:
Die vallende druppels is groot. – Die druppels is besig om te val. OF Die druppels val op hierdie oomblik.
4. Soek drie hoofwerkwoorde (buiten “sit”, “werk”, “skud” en “gevries”) in die resep vir plaatkoekies met piesangskille, maak voltooide deelwoorde daarmee, en skryf jou eie sinne.
Aktiwiteit 128: Nuutskeppings
Die Afrikaanse woordeskat bestaan uit erfgoed, leengoed en eiegoed. Nuutskeppings is deel van “eiegoed”. Kan jy aan woorde dink wat nuutskeppings is? (Skryf dit hier onder neer.) Dink jy “plaatkoekie” is ’n nuutskepping?
Woordeskat: Nuutskeppings
Het jy al gewonder waar Afrikaanse woorde vandaan kom?
• Die meeste woorde in Afrikaans is van Nederlands geërf. Dit is erfgoed
• Daar is baie woorde wat ons by ander tale geleen en as ons eie aangeneem het. Dit is leengoed. (Leengoed word in les 8 hersien.)
• As ons nuwe woorde vorm, is dit deel van eiegoed
Eiegoed – nuutskeppings
As ons nuwe woorde vorm, is dit eiegoed. ’n Nuutskepping (of neologisme) is ’n nuwe woord wat gevorm word vir ’n nuwe begrip. Woorde word geskep om nuwe verskynsels in die samelewing te beskryf. So word die Afrikaanse woordeskat uitgebrei.
“Slimfoon” is ’n nuutskepping. Kyk ook na die onderstaande voorbeelde:
• beurtkrag
• braaibroodjie
• droëwors
• fopnuus (valse nuus)
• kuberboelie (cyberbully)
• kwêvoël
• padkos
• rymklets en rymkletser (rap en rapper)
• googleloer (om op Google of die internet te soek, uitgespreek as “ghoe-ghi-loer”)
Onderstreep die nuutskeppings in die sinne. Jy kan die woorde in ’n woordeboek opsoek om te kyk of dit al opgeneem is.
1. Daar is baie inligting oor die probleem aanlyn beskikbaar.
2. Verwys na die lys kolpunte vir meer inligting oor voedselvermorsing
3. Sy neem ’n skermskoot van die resep.
4. Masego luister na ’n podsending oor herwinning
SAMPLE
5. Jaco se foon het ’n raakskerm
6. Jou tuin kan met gryswater natgelei word.
7. Die boer gebruik ’n hommeltuig om sy landerye vanuit die lug te sien.
8. Die Kaap is met fynbos bedek.
9. Iemand wat heeldag televisie kyk, is ’n sofapokkel of ’n stoelpatat
10. Masego stuur gou ’n plekspykertjie vir Jaco sodat hy weet waarheen om te gaan.
Vir die nuuskieriges: Kan jy nog nuutskeppings opspoor? Skryf drie woorde neer wat vir jou oulik is, en deel dit met die klas.
Aktiwiteit 129: Lees instruksies
Weet jy wat ’n terrarium is? Dit is ’n glasbak waarin plante geplant word om in die huis te hou. Die bak kan oop of toe wees. (Dit is ook ’n sinoniem van “vivarium” – ’n glasbak met plante en insekte of reptiele en klein diertjies.)
Lees die instruksies, en beantwoord die vrae in jou werkboek.
“Terrarium” word uitgespreek as “ti-raa-rie-jum”.
Maak jou eie terrarium
Wat is die meervoud van “terrarium”?
Lus vir iets groens in jou huis wat ook baie stylvol lyk? Maak dan jou eie terrarium! Besluit eers of jou glastuintjie oop of toe gaan wees, en kry ’n geskikte houer.
’n Oop houer werk goed vir plante wat lief is vir die son, terwyl plante wat van vogtigheid hou goed in toe houers aard.
Wat het jy nodig?
’n glashouer of plastiekhouer klippies
potgrond met ’n hoë organiese inhoud geaktiveerde houtskool plantjies (eie keuse) klein figuurtjies soos op die foto (opsioneel) klein tuingereedskap of eetstokkies (chopsticks)
SAMPLE
Hoe gaan jy te werk?
1. Besluit of die houer regop gaan staan of op die sy gaan lê.
2. Sit ’n lagie klippies onder vir dreinering.
3. Strooi ’n dun lagie geaktiveerde houtskool oor die klippies. (Dit sal help om die water vars te hou en verhoed dat bakterieë groei.)
4. Sit ’n laag potgrond in. Hierdie laag moet die dikste wees.
• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.
• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.
• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.
• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.
• Interessante temas wat op graad 6’e se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.
• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.
• Geskik vir leerders op alle vlakke.
• Gebruik in die klaskamer of tuis.
home classroom college workplace