Intermediêre Fase Graad 6 • Handleiding 4/4 Afrikaans Huistaal

Page 1


Graad 6 • Handleiding 4/4

Afrikaans Huistaal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Afrikaans Huistaal

Handleiding 4/4

Graad 6

2406-A-AHT-SG04

9781990949227

Aangepas vir KABV

L van Niekerk

Leselemente

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet. Geneem uit die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Die betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

D EFINIEER

Definisies van sommige begrippe.

BELANGRIK

Belangrike aspekte om van kennis te neem.

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

SAMPLE

VIR DIE NUUSKIERIGES

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

Jaarplan

LES 1: Op die baadjie takseer

LES 2: Leuen se kort been

1

LES 3: ’n Gat in die kop praat

LES 4: In diep water beland ...

LES 5: Spoke sien

LES 6: Herdink, herbenut, hergebruik

LES 7: Vroue aan die voorpunt

– 4

– 6

– 8

– 10

2

LES 8: Knolle vir sitroene

LES 9: Trap jou eie spore

– 8 Junie-eksamen

LES 10: Op eie risiko

LES 11: Krummels is ook brood

– 4

3

LES 12: Slim vang sy baas

LES 13: Op die kassie

SAMPLE

LES 14: As die gordyn lig

4 LES 15: In die pad val

LES 16: Vreemde fauna

LES 17: Neus in die boek

LES 18: Jan Tuisbly se karretjie

– 8 Novembereksamen

Elke eenheid (kwartaal) is in ’n aparte boek.

Hallo! My naam is Zak. Ek gaan Afrikaans saam met jou aanpak!

• Vra die fasiliteerder as daar iets is wat jy nie verstaan nie.

• Doen altyd jou huiswerk.

• Soek in die woordeboek as daar ’n woord is wat jy nie verstaan nie.

• Lees soveel as wat jy kan.

• Die fasiliteerder sal vir jou sê watter aktiwiteite om te doen.

Jy moet elke kwartaal ’n boek op jou eie lees. Lees soveel as moontlik! Hier is ’n paar voorstelle wat die leesgogga gaan laat byt!

• Harry Griesel-reeks – Sonja Kaiblinger

• Aksieheld Austin-reeks – Fanie Viljoen

• Middernagfees – Jaco Jacobs

• Die boekwinkel tussen die wolke – Jaco Jacobs

• Sanri Steyn-reeks – Theresa van Baalen

• Die groot boek van spoke en grille – Fanie Viljoen

SAMPLE

• Grilgrypers-reeks – De Wet Hugo

• Kies-jou-avontuur-reeks – De Wet Hugo

• Reënboogrant maats-reeks – Maritha Snyman

• Saartjie-reeks – Bettie Naudé

• Trompie-reeks – Topsy Smith

Gaan snuffel rond tussen die boekrakke van die biblioteek of die naaste boekwinkel! Kyk gerus na ander boeke deur hierdie skrywers en sommer na enige boek op die rak!

EENHEID 4: Week 1 – 2

Les 15:

In die pad val

Leerdoelwitte

In hierdie les gaan jy:

• na ’n onderhoud luister en daaroor gesels

• ’n voorbereide toespraak skryf en lewer

• aan rolspel deelneem

• ’n taalspeletjie speel

• ’n inligtingsteks, ’n onderhoud en ’n plakkaat lees

• op jou eie lees

• ’n vraelys opstel, ’n onderhoud voer en die persoon se antwoorde neerskryf

• ’n verslag skryf en ’n plakkaat maak

• woordvorming oefen

• sinonieme, antonieme, homonieme en homofone oefen

• oefen om woordsoorte uit te ken en voorsetsels oefen

• oefen om sinne in die ontkennende vorm te skryf

• sinne ontleed

• oefen om woorde reg te spel

• hersiening oor taalwerk doen

AFDELING 1

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 326: Kyk na ’n onderhoud

Interessante feit: Namakwaland, die Sederberge, die Weskus en die Hantamberge is gewilde toeristebestemmings in Suid-Afrika. Dit is gebiede in die Wes- en NoordKaap wat ’n groot deel van die jaar droog is, maar tussen Augustus en September elke jaar verander dit in ’n kaleidoskoop van kleure as die veldblomme kop uitsteek. Hierdie kleurvolle skouspel lok elke jaar duisende toeriste. Het jy dit al gesien?

’n Kaleidoskoop (uitgespreek as “ka-ly-doe-skoop”) is ’n kyker in die vorm van ’n silinder waarin gekleurde vorms met spieëls binne-in weerkaats word. In die feit beteken “kaleidoskoop” ‘veelkleurige skouspel’, dus ’n skouspel van baie kleure.

SAMPLE

Die blommeprag van Namakwaland in Goegap-natuurreservaat.

Hierdie les gaan oor toerisme en besienswaardighede in Suid-Afrika. Gesels saam.

• Het jy al gaan vakansie hou? Waar was dit, en wat het jy alles gedoen?

• Waarom hou mense vakansie?

• Aan watter toeristebestemmings en besienswaardighede in Suid-Afrika kan jy dink? (’n Besienswaardigheid is ’n plek wat die moeite werd is om te gaan sien of besoek.)

• Weet jy wat “toerisme” beteken? Toerisme het te doen met mense wat na plekke reis om vakansie te hou, aktiwiteite te doen en besienswaardighede te besoek. Toerisme is die bedryf wat handel oor besigheid rondom toeriste, soos verblyf, vervoer, aktiwiteite, spyseniering (kos), ens. Dit is ’n bron van inkomste vir die meeste lande.

• Wat is die verskil tussen plaaslike en internasionale toerisme? “Plaaslik” verwys na plekke of gebiede naby jou, so “plaaslike toerisme” is wanneer jy in jou eie gebied of land reis. “Internasionaal” verwys na iets wat met ander lande te doen het, dus verwys “internasionale toerisme” na die reis na ander lande.

• Het jy al internasionaal gereis?

• Waarom is toerisme belangrik? Skryf ’n paar sleutelwoorde neer.

Jy gaan ’n gedeelte van ’n onderhoud kyk. Die TV-program Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie vind elke jaar plaas. Mense stem vir die dorp in Suid-Afrika wat hulle dink die beste is om in te woon.

Suid-Afrikaners skryf hul dorpe vir die kompetisie in, en die publiek stem dan vir die wenner.

Calvinia was in 2022 een van die nege finaliste in die kompetisie. Daar is ’n insetsel (kort video) op Kwêla oor elke finalis waarin onderhoude met inwoners van die dorp gevoer word.

Kyk die video wat die fasiliteerder wys, en beantwoord die vrae daaroor.

1. Voltooi die sin: Die insetsel gaan oor Calvinia in die , wat die aanbieder beskryf as “die gesellige Namakwaland- ”.

2. Naby watter berge is die dorp?

SAMPLE

Wat is een woord vir “elke jaar”?

3. Die mense gee redes waarom hulle dink Calvinia is ’n lekker dorp om in te woon. Watter van die sleutelwoorde hier onder is redes wat in die video gegee word? Jy kan in die blokkies merk.

Sout-van-die-aarde-mense

Almal ken mekaar.

Stil Blommetyd in September

Besig

Baie om te doen.

Die Vleisfees

Die Waterfees

4. Dink jy die mense in die video is trots om in Calvinia te woon? Verduidelik jou antwoord.

5. Buiten die kunstenaars wat Calvinia toe gaan, word daar twee kulturele dinge genoem wat jy in die dorp sal vind. Wat is die twee dinge?

6. Noem die een groot besienswaardigheid in die dorp en ook die kleur daarvan.

7. Waarom dink jy skryf mense hul dorp in vir die Dorp van die Jaar-kompetisie? (Wenk: Dink aan toerisme.)

8. Voltooi die sin: Die video is soos ’n wat die dorp aan vakansiegangers en toeriste “verkoop” om hulle te oorreed om die dorp te besoek.

9. Die wenners van die kompetisie kry R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET, ’n advertensie oor die dorp word gemaak en op televisie uitgesaai, en ’n groot partytjie word in die dorp gehou. As die dorp eintlik net bemarking wen, waarom dink jy sal dorpe vir hierdie kompetisie inskryf? (Wenk: Dink aan jou antwoorde op vraag 7 en 8, en gebruik “inkomste” in jou antwoord.)

10. Het die video jou oorreed om die dorp te besoek? Waarom?

Vir die nuuskieriges: Die groot rooi posbus is in Calvinia. Watter ander groot mensgemaakte voorwerpe is daar in Suid-Afrika wat toeristebesienswaardighede is? Doen navorsing, en kom vertel wat dit is, waar dit is, en gee ’n kort opsomming oor die geskiedenis daarvan.

SAMPLE

Aktiwiteit 327: Lewer ’n voorbereide toespraak

Jy het in les 3 hersien hoe om ’n toespraak te skryf en te lewer. Jy gaan ’n toespraak oor ’n toeristebestemming in Suid-Afrika skryf en lewer. Kyk in afdeling 3 vir inligting oor die inhoud van jou toespraak. Jou toespraak moet 1½ tot 2 minute wees.

Kyk na die volledige riglyne en wenke vir ’n toespraak in les 3.

Hoe om ’n toespraak te lewer

• Maak seker jy ken jou toespraak uit jou kop.

• Gebruik sleutelkaartjies om jou te help.

• Die regte houding is belangrik as jy jou toespraak lewer. Staan regop en ontspanne

• Praat met ’n goeie volume (nie te hard of te sag nie).

• Praat teen die regte tempo (nie te vinnig of te stadig nie).

• Maak oogkontak met die gehoor terwyl jy praat. Moenie die hele tyd net vir een persoon kyk nie.

Aktiwiteit 328: Neem deel aan rolspel

Jy en ’n maat moet ’n onderhoud voer. Verbeel jou dat jy en jou maat op ’n TV-program is. Een is die aanbieder, en die ander een is die persoon met wie die onderhoud gevoer word (die respondent).

Kies een van die volgende toeristebestemmings of besienswaardighede, en skryf ’n onderhoud met vrae en antwoorde daaroor.

• Nasionale Krugerwildtuin

• Tafelberg

• Robbeneiland

• Die Groot Gat in Kimberley

• iSimangaliso-vleilandpark

Die onderhoud kan gaan oor die bestemming/besienswaardigheid in die algemeen, of dit kan gaan oor iets wat werklik of kamstig onlangs in die nuus daaroor was.

Julle moet voorberei deur die vrae en antwoorde te leer wat julle neergeskryf het. Oefen eers ’n paar keer.

SAMPLE

Wenke vir rolspel

• Gebruik die regte stemtoon. (Is jou karakter hartseer, kwaai of agterdogtig?)

• Jou gesigsuitdrukking moet by jou stemtoon pas. Hoe voel die karakter?

• Gebruik gepaste bewegings.

• Praat hard, duidelik en met selfvertroue (maar moenie skree nie).

Aktiwiteit 329: Speel ’n taalspeletjie

Julle gaan ’n vasvrakompetisie oor idiome en uitdrukkings hou! Luister na die fasiliteerder se instruksies.

AFDELING 2 LEES EN KYK

Aktiwiteit

330: Lees ’n inligtingsteks

Het jy al ’n staproete gestap? Vluglees die inleiding van die teks hier onder, en som in een sin op waaroor dit gaan. Lees die teks dan hardop saam met ’n maat of op jou eie.

• As jy sukkel om ’n woord uit te spreek, breek die samestelling op, of verdeel die woord in lettergrepe.

• Die i in “diverse” klink soos ie – “die-wêr-si”.

• “Skitterende” word uitgespreek as “ski-ti-rin-di”.

• “Juwele” word uitgespreek as “joe-wee-li”.

• Die tj in “deuntjie” klink soos “kie” – “deun-kie”.

• Die e’s in “benede” word verskillend uitgespreek – “bi-nee-di”.

• Die u in “kubieke” klink dieselfde soos in “hut” – “ku-bie-ki”.

• “Canyon” word uitgespreek soos in Engels. Die a klink soos “can” in Engels – “can-jin”. Dus word “Blyderiviercanyon” uitgespreek as “bly-di-ri-vier-can-jin”.

• Die afkorting vir “hektaar” is ha. Die afkorting word as ’n woord uitgespreek as jy lees.

• “Majestueuse” klink soos “maai-jes-tie-jeu-si”.

• Breek die samestelling “witwaterry” op om dit makliker uit te spreek – “wit-water-ry”.

Suid-AfrikA Se StAproeteS wAt Skitter

SAMPLE

Suid-Afrika spog met van die uniekste en mees diverse toeristebestemmings ter wêreld, en ook met die asemrowendste natuurprag. As jy volgende keer ’n reisplan saamstel vir ’n stapvakansie, is dit ’n skitterende idee om die volgende juwele in gedagte te hou.

HogSbAck (ooS-kAAp)

Trek jou stapskoene aan en kry jou rugsak gereed vir ’n staptoer deur die magiese woude en berge na die watervalle van Hogsback. Dit is in die Amathola-bergreeks geleë, wat meer as 1 800 meter bo seespieël lê. Hogsback bied maklike staproetes vir beginners en uitdagende roetes vir meer ervare stappers. Van die gewildste roetes neem tussen een en twee uur met uitsigte wat jou na jou asem sal laat snak. Jy kan ook bergfiets ry of op ’n perd ry om die natuurprag te besigtig. Elkeen van die

wondermooi natuurskilderye is ook ’n voëlkykersparadys met meer as 100 spesies. As die gedagte aan stap jou nie opgewonde maak nie, sal dié betowerende natuurtonele jou ’n ander deuntjie laat sing, veral ’n sonsopkoms of sonsondergang wat rus vir die siel gee.

AugrAbieS-wAtervAl (Noord-kAAp)

Wanneer die Oranjerivier in volle vloed is, brul die water soos ’n verwoede leeu as dit 56 meter na benede stort by die Augrabies-waterval. “Augrabies” kom van die Nama-naam daarvoor, Aukoerebis, wat “plek van die groot geraas” beteken. As jy hierdie waterskouspel in lewende lywe sien, sal jy goed verstaan waarom. Om 3 000 kubieke meter water per sekonde (dus sowat 3 miljoen liter per sekonde) te hoor en te sien val, sal jou laat hoendervleis kry. Hierdie waterval is in die Augrabies Nasionale Park naby Upington. Daar is ook wildlewe in die park, soos klipspringers, springbokke, gemsbokke, dassies, kameelperde en kleurvolle akkedissies en ander reptiele. Aangesien dit ’n dorre gebied is, is kokerbome volop in die Augrabies-landskap. Hoewel die waterval die grootste trekpleister is, bied die park ook staproetes en wildkykritte.

blyderiviercANyoN (MpuMAlANgA)

SAMPLE

Die Blyderiviercanyon wat ’n gebied van 26 646 ha beslaan, is die derde grootste canyon ter wêreld. Hierdie 26 kilometer lange groen canyon is in die noorde van Mpumalanga geleë. Die bekende God’s Window is een van die uitkykpunte van hierdie majestueuse canyon, en dié name getuig van die uitsigte wat jou asem sal wegslaan. Die “Pinnacle”, die Drie Rondawels (of die Drie Susters) en die Bourke’s Luck-kolkgate is formasies en verskynsels wat jy minstens een keer in jou lewe moet sien. Die rivier wat deur die canyon loop, bied aktiwiteite soos witwaterry en abseil. Aktiwiteite soos mikrovlugte en warmlugballonritte is ook beskikbaar. Daar is kort en lang staproetes om te geniet. Een van die langstes is die Blyderivierstaproete wat drie dae duur. Hierdie natuurtonele met watervalle en unieke uitsigte is beslis nóg ’n skitterende juweel om by jou volgende reisplan in te sluit.

Die Augrabies-waterval in Februarie 2010.

Woordeskat

diverse: verskillende bo seespieël: seespieël is die oppervlakte van die see, of die gemiddelde hoogte van die see wat gebruik word om hoogtes en dieptes te meet besigtig: na iets kyk verwoede: op ’n woedende manier, dus is dit ’n leeu wat woedend is benede: onder dorre: as iets dor is, is dit droog majestueuse: iets wat baie mooi of groot is witwaterry: om op ’n rivier met ’n opblaasbootjie te vaar, gewoonlik as die water in ’n rivier vinnig en woes beweeg (whitewater rafting in Engels)

Beantwoord die vrae oor die teks in jou werkboek.

1. Wat is die tema van die teks? Gee een woord.

2. Gebruik soeklees om die provinsies op te spoor waarin die plekke geleë is.

2.1 Augrabies-waterval

2.2 Blyderiviercanyon

2.3 Hogsback

3. Pas die syfers wat in die teks gegee word by die regte name.

Plekke

Syfers

3.1 Augrabies-waterval a) 1 800 meter

3.2 Blyderiviercanyon b) 56 meter

3.3 Hogsback c) 26 kilometer

4. Vluglees die paragraaf oor Hogsback. Op watter drie maniere kan jy die staproetes doen?

5. In die inleiding word daar na “juwele” verwys wat ’n mens kan besoek. Is dit letterlike of figuurlike juwele?

6. Dubbelsinnigheid is wanneer iets op meer as een manier geïnterpreteer kan word of meer as een betekenis het. Baie keer beteken dit iets het ’n letterlike en figuurlike betekenis.

6.1 Lees weer die titel van die teks en die inleiding. Die woord “skitter” kan dubbelsinnig wees. Verduidelik die letterlike en figuurlike betekenis deur die sleutelwoorde in die blokkies te gebruik en na “skitterende idee” te verwys. (Wenk: Soek die betekenis van “uitblink” in die woordeboek op.)

Bonus: Met watter woord in die inleiding hou “skitter” verband? uitblink helder

6.2 By die Augrabies Nasionale Park kan jy op ’n wildkykrit gaan (dus met ’n motor ry en na wilde diere kyk). Verduidelik die dubbelsinnigheid in die sin: Hulle het wild gekyk. (Wenk: Dink aan die betekenisse van “wild”.)

7. Oordrywing beteken iets word erger of groter gemaak as wat dit werklik is. Kies watter van die volgende twee sinne oordrewe is, en verduidelik waarom.

a) Die staproete was 5 kilometer lank.

b) Die staproete was oneindig lank.

8. Wat beteken dit om “’n ander deuntjie te sing”? Kies die regte antwoord.

a) Anders oor iets dink as voorheen.

b) ’n Ander liedjie sing

c) Op ’n ander noot sing.

9. Lees die sin weer: “Elkeen van die wondermooi natuurskilderye is ook ’n voëlkykersparadys met meer as 100 spesies.”

9.1 Is dit werklik natuurskilderye? Skryf “ja” of “nee”, en verduidelik wat dit beteken.

9.2 ’n Paradys is ’n plek wat volmaak is (sonder foute) of ’n plek waar die omstandighede ideaal is vir ’n spesifieke aktiwiteit. Verduidelik wat jy aflei “voëlkykersparadys” beteken.

10. Het die teks jou oorreed om een van die plekke te besoek? Verduidelik jou antwoord.

Bonus: Wanneer is die foto van die Augrabies-waterval in die artikel geneem?

SAMPLE

Vir die nuuskieriges: Was jy al by die Augrabies-waterval? Kyk hierdie video om te sien hoeveel water vloei as die Oranjerivier in vloed is: https://bit.ly/3QnDOyi (“Augrabies Falls on 30 January 2022”).

Vir die nuuskieriges: Doen navorsing oor die Bourke’s Luck-kolkgate. Wat is kolkgate, en hoe word dit gevorm?

Aktiwiteit 331: Beantwoord vrae

Lees die teks in die vorige aktiwiteit weer voordat jy die vrae in jou werkboek beantwoord.

1. Is die stellings waar of onwaar? Skryf “waar” of “onwaar”, en haal uit die teks aan om jou antwoord te bewys.

1.1 Die toeristebestemmings in Suid-Afrika is baie dieselfde.

1.2 By Hogsback kan jy voëlkyk beoefen.

1.3 Die Oranjerivier is die hele jaar in volle vloed.

1.4 Die Blyderiviercanyon is die grootste in die wêreld.

2. Soeklees die teks om die antwoorde op te spoor.

2.1 Voltooi die sinne met die regte woorde.

Onthou om aanhalingstekens te gebruik as jy uit ’n teks aanhaal.

a) Suid-Afrika het van die en mees toeristebestemmings.

b) Dit is ’n idee om die plekke in die teks te besoek.

c) Daar is woude, berge en by Hogsback te sien.

d) Die Augrabies-waterval is in ’n gebied.

e) Daar is ook staproetes en in die Augrabies Nasionale Park.

2.2 Gee die stamme van die woorde wat jy in vraag 2.1 ingevul het.

3. Skryf die sinne oor, en gee die regte vorm van die woorde tussen hakies. Jy moet vooren agtervoegsels gebruik, samestellings vorm en ook klankverandering gebruik.

3.1 ’n Vrou het op die staproete geval en het (help) nodig.

3.2 Die roete het van die (pragtig) (uit + kyk + punt).

SAMPLE

3.3 Daar is (interessant) (kolk + gat) om na te kyk.

3.4 Drie (asem + roof) plekke word in die teks bespreek.

3.5 Al is dit ’n (dor) gebied, is dit steeds (? + sien + ? + waardig).

4. Lees die sin weer: “Wanneer die Oranjerivier in volle vloed is, brul die water soos ’n verwoede leeu as dit 56 meter na benede stort by die Augrabies-waterval.”

4.1 Identifiseer die vergelyking, gee die twee dinge wat met mekaar vergelyk word, en verduidelik wat die vergelyking beteken.

4.2 Gee ’n sinoniem van “wanneer” en “benede” in die konteks van die sin.

4.3 Skryf 56 in woorde.

4.4 Skryf 56 in woorde as ’n rangtelwoord.

4.5 Waarom is daar ’n koppelteken in “Augrabies-waterval”?

5. Voltooi die sinne met die regte voorsetsels. Jy kan in die teks soeklees.

5.1 Die land spog die asemrowendste natuurprag.

5.2 Daar is soveel plekke te besoek.

5.3 Jy kan ’n staptoer die magiese woude en berge gaan.

5.4 Van die gewildste staproetes is een en twee uur lank.

5.5 Elke sonsopkoms en sonsondergang gee rus die siel.

6. Lees die sin: Dié betowerende natuurtonele laat jou van deuntjie verander.

6.1 Vervang die aanwysende voornaamwoord in die sin met ’n ander aanwysende voornaamwoord.

6.2 Gee die werkwoord wat die basis van “betowerende” is.

6.3 Identifiseer die skakelwerkwoord in die sin.

6.4 Die skakelwerkwoord wat jy geïdentifiseer het, het ’n ander betekenis ook. Gebruik die homoniem van die woord in ’n sin sodat die betekenis duidelik is.

7. Lees die sin: Hulle stap nou die roete wat by die waterval uitkom.

7.1 Skryf die sin oor, en onderstreep die bysin.

7.2 Ontleed die hoofsin volgens onderwerp, gesegde en voorwerp.

7.3 Skryf die hoofsin oor in die lydende vorm.

7.4 Herskryf die sin sodat dit met “Die roete wat hulle ...” begin.

8. Daar is twee leenwoorde in die paragraaf oor die Blyderiviercanyon. Skryf die sinne oor, en voltooi dit.

8.1 ’n is ’n rivierbedding met steil kante. Dit is ’n leenwoord uit Spaans.

8.2 “ ” is ’n leenwoord uit Duits wat beteken om teen ’n steil rots met ’n tou na onder te gaan.

SAMPLE

9. Gee die afkortings van:

9.1 kilometer

9.2 kubieke meter

9.3 liter

9.4 hektaar

10. Soek al die woorde met die volgende skryftekens in die paragrawe wat tussen hakies gegee word.

10.1 Koppelteken (par. 2)

10.2 Akuutteken (par. 2 en 4)

10.3 Kappie (par. 4)

10.4 Deelteken (par. 4)

11. Skryf die sin in die ontkennende vorm: Die water brul soos ’n verwoede leeu as dit 56 meter na benede stort.

12. Skryf die sin in die indirekte rede: Masego sê: “Die roete is pragtig!”

Handleiding 4/4

Bonus: Luister na die sinne wat die fasiliteerder lees, en identifiseer die onderstaande. Die nommers hier onder stem ooreen met die nommers van die sinne wat gelees word.

1. Telwoord 4. Bysin

2. Aanwysende voornaamwoord 5. Byvoeglike naamwoorde

3. Skakelwerkwoord

Aktiwiteit 332: Woordvorming

Identifiseer die woorde as afleidings en samestellings.

Skryf ’n a (vir “afleiding”) of ’n s (vir “samestelling”) langs elke woord. staproete reisplan tasse vakansies beplan beplanning bergpiek waterval

Beantwoord die vrae in jou werkboek. Jy kan in les 5 kyk vir inligting oor woordvorming, en klankverandering is in les 6 hersien.

1. Skryf die woorde oor met die woorddele (stamme, voorvoegsels en agtervoegsels) langsaan.

1.1 uniekste = 1.5 gereis = 1.2 toere = 1.6 skitterende = 1.3 beplanning = 1.7 lewende = 1.4 verkyk = 1.8 klipspringers =

SAMPLE

Bonus: “Verkyk” word uitgespreek as “vir-kyk”. Kan jy dit in ’n sin gebruik?

2. Wat is die basisse van die woorde?

2.1 reisplanne = 2.2 staptogte = 2.3 uitdagende =

2.4 skitterende = 2.5 beplanning =

Stam – die kleinste deel van ’n woord wat betekenis het. Basis – enige deel van ’n woord waaraan daar voor- of agtervoegsels gevoeg kan word.

Voorbeeld: ongelukke stam: geluk basis: ongeluk

• ’n Volledige gids wat alle tekste vir begripstoetse, asook luister- en leesvaardighede bevat.

• Omvattende verduidelikings van taalbegrippe wat maklik is om te verstaan.

• Stap-vir-stap-riglyne om lesse aan te bied.

• ’n Verskeidenheid prettige en praktiese aktiwiteite wat leerders betrek en help om taalbegrippe vas te lê en in te oefen.

• Interessante temas wat op graad 6’e se algemene kennis fokus en hulle nuuskierigheid oor die wêreld aanwakker.

• Moedig onafhanklike denke aan en ontwikkel redeneervermoë.

• Geskik vir leerders op alle vlakke.

• Gebruik in die klaskamer of tuis.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.