Ma, ek skryf vir jou ʼn gedig
Sê-nou is ’n lekker sê
Soe, ek is oek important
O koud is die windjie en skraal
Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
�ir so lank as wat ons kan onthou, vertel mense stories.
Wat is die doel van letterkunde, en waarom maak dit saak?
Stories, geskiedenis, mites, legendes en fabels is die stukkies waaruit kultuur opgebou is. Om ons eie kultuur te verstaan en om aktief daaraan deel te neem, moet ons eers leer oor die stories wat ons kultuur gevorm het.
Letterkunde leer ons oor die wêreld om ons, oor geskiedenis en oor mense van ander tye en plekke. Dit is vir seker meer pret om ʼn storieboek oor ʼn ander tyd en plek te lees as wat dit is om dieselfde inligting uit ʼn droë ou handboek te leer!
Letterkunde brei jou woordeskat uit en help jou om beter te lees en skryf. Die beste manier om ʼn beter skrywer te word, is om meer te lees.
Letterkunde is ʼn vorm van vermaak en stel ons in staat om ons verbeelding te gebruik om die storie in ons gedagtes te sien. Tog bestaan letterkunde nie net om ons te vermaak nie:
• Dit laat ons toe om onsself kreatief uit te druk.
• Dit voed ons op.
• Dit protesteer teen onregte.
• Dit daag ou idees en die gewone stand van sake uit.
• Dit vertroos en genees.
Ons kan daarom sê dat letterkunde baie verskillende doele het. As jy dit lees en bestudeer, leer dit jou van jouself en ander, en dit vergroot jou ervaringswêreld.
Vir letterkunde om sy doel te dien, is dit belangrik dat jy verstaan dat letterkunde in verskillende genres ingedeel word. Jy moet weet watter genre jy lees om ʼn teks goed te kan verstaan.
GENRE
Sample
Die woord “genre” beteken “soort”. ʼn Genre is dus ʼn soort kuns, letterkunde of musiek met ʼn spesifieke vorm, inhoud of styl.
Letterkunde het drie hoofgenres: poësie, drama en prosa, waar prosa verder verdeel word in fiksie en niefiksie, en drama in komedie, tragedie en tragikomedie. Hierdie genres het kenmerke en funksies wat hulle van mekaar onderskei.
Dit is belangrik dat jy weet watter genre jy lees en dat jy die boodskap daarvan verstaan sodat jy ʼn teks kan ontleed. Daarom moet jy die regte terminologie vir elke genre ken, en jy moet hierdie terme gebruik wanneer jy opstelle skryf en vraestelle beantwoord.
POËSIE
Poësie word gekenmerk deur metrum (die ritme van die klankgrepe) en rym binne en/of aan die einde van ʼn reël. Daar is epiese, narratiewe, romantiese, dramatiese en liriese gedigte. Jy het al kennis gemaak met odes, sonnette, elegieë en ballades.
In poësie word daar dikwels figuratiewe taal soos metafore en vergelykings gebruik om ʼn indruk te skep wat die leser sal onthou. Hierdie unieke taalgebruik laat poësie uitstaan en onderskei dit van gewone spreektaal.
DRAMA
Dramas is tekste wat voor ʼn gehoor opgevoer word. Die antieke Grieke was verantwoordelik vir die vorm van die drama soos wat ons dit vandag ken, en William Shakespeare is natuurlik een van die beroemdste dramaturge in meer moderne tye. Bekende Afrikaanse dramaturge is DJ Opperman, Bartho Smit, Reza de Wet, Temple Hauptfleisch en Pieter Fourie. Drama kan verder verdeel word in komedie, tragedie en tragikomedie.
KOMEDIE
ʼn Komedie het ʼn ligter toon met die doel om ons te amuseer. Dit is soms snaaks, maar dikwels is die soort vermaak meer subtiel. In ʼn tradisionele komedie kom die karakters op die ou einde hulle struikelblokke te bowe. ʼn Voorbeeld is Die Keiser deur Bartho Smit.
TRAGEDIE
ʼn Tragedie het ʼn ernstige onderwerp met ʼn somber toon. Dit handel oor hartseer of verskriklike gebeurtenis in die lewe van ʼn held of heldin. Tragedies word gewoonlik geskryf om die gehoor dieper oor ʼn sekere saak te laat dink. Voorbeelde van tragedies in die Afrikaanse letterkunde is Periandros van Korinthe deur DJ Opperman en Germanicus deur NP van Wyk Louw.
TRAGIKOMEDIE
Soos ons uit die naam kan aflei, kombineer ʼn tragikomedie elemente van ʼn komedie en tragedie. Dit is gewoonlik óf ʼn tragedie met genoeg komiese oomblikke om die toon ligter te maak, óf ʼn ernstige drama met ʼn gelukkige einde waar die held of heldin gered word. ʼn Voorbeeld van ʼn tragikomedie in Afrikaans is Die goue kring deur Uys Krige.
PROSA
Sample
Anders as poësie is prosa se vorm nader aan die manier hoe mense gewoonlik praat. Dit is minder rigied as die meeste poësie, maar dit gebruik ook figuratiewe taal soos metafore. Dit fokus meer op karakters en intrige. Prosa word gewoonlik verdeel in fiksie, wat kortverhale en romans insluit, en niefiksie, soos byvoorbeeld essays, toesprake en artikels.
FIKSIE
Die term “fiksie” word gebruik vir werke uit ʼn skrywer se verbeelding wat nie noodwendig op die werklikheid gebaseer is nie. Fiksie bestaan gewoonlik uit ʼn intrige, wat weer uit die volgende onderafdelings bestaan: die uiteensetting, voorbodes, die stygende handeling, die hoogtepunt of klimaks, die afloop en die ontknoping. Voorbeelde van gewilde Afrikaanse fiksie is byvoorbeeld Kringe in ’n Bos en Fiela se kind deur Dalene Matthee, Fees van die ongenooides deur PG du Plessis en Agaat deur Marlene van Niekerk.
NIEFIKSIE
N
iefiksie verwys na ʼn prosawerk wat oor feite handel en nie ʼn verbeelde storie vertel nie. Niefiksie kan wissel van kreatief (byvoorbeeld ʼn persoonlike essay) tot rapporterend (byvoorbeeld ʼn navorsingsverslag). Aan die kreatiewe kant word figuratiewe taal ook gebruik. Niefiksie kan bloot feite weergee (dink aan ʼn nuusberig), maar kan ook ʼn storie vertel in die vorm van iemand se lewensverhaal in ʼn outobiografie of biografie. Eugène N Marais was ʼn bekende skrywer van Afrikaanse niefiksie, en Die siel van die mier is een van sy bekendste werke.
HOE OM DIE WOORDELYSTE TE GEBRUIK
Van die terme verskyn net een keer in die drie lyste omdat hulle dieselfde funksie in poësie, drama en prosa het. Werk deur al drie lyste om die term waarna jy op soek is, op te spoor.
LYS VAN POËSIETERME
Die uittreksels uit gedigte is uit Die Groot Verseboek (2008) deur André P Brink geneem. Van die gedigte is geskryf voor Afrikaans gestandaardiseer is, daarom lyk die spelling vreemd.
ALLITERASIE
Die herhaling van konsonante, gewoonlik aan die begin van ʼn woord, in woorde wat naby aan mekaar is. Dit word gebruik om betekenis te versterk, om woorde en idees saam te bind en om die gedig ʼn spesifieke karakter te gee.
Voorbeeld
“Twee verse aan die Afrikanervrou” deur Annesu de Vos
“en dus, bak u ook soms vrywilliglik drie dosyn deugsame dadelbrode”
ANAFOOR
ANTIKLIMAKS
Sample
Woorde wat herhaal aan die begin van opeenvolgende frases, sinne of versreëls. Die herhaling plaas klem op die idee wat uitgedruk word, en dit versterk die ritme.
Voorbeeld
“Toe-eiening” deur TT Cloete
“vir my die bome bloei vir my die suikerbekkie bestaan vir my dis vir my wat die reier statig roei”
Wanneer ʼn hoogtepunt bereik word, maar waar die leser dan teleurgestel word vir ʼn skokkende of komiese effek.
Voorbeeld
“Jan Tuisbly se karretjie (perimeter check)” deur Toast Coetzer
“sarah kom bruingebrand en blonder uit thailand lisa kry ʼn baksteen vir haar verjaarsdag in boston
janice ry met dodgy toeriste in mexico lara raak verlief by lake tahoe my broer leer om te email in tsumeb
ek leun agteroor op my stoel en poep hard.”
ANTITESE
ANTONOMASIA (OORNOEMING)
APOSTROOF
ʼn Spesifieke soort kontras (sien “Kontras”), naamlik wanneer twee woorde, frases of idees wat direk teenoorgestelde betekenisse het reg langs mekaar gebruik word.
Voorbeeld
“Liid van di diamant” deur ʼn anonieme digter.
“O sta tog wat stil! Ly jou pad hiir beneên, Na di ewige lig of di duisternis heen?
Sample
Antonomasia kan in een van twee vorms voorkom. Die eerste een is as ʼn beskrywing van iemand gegee word, byvoorbeeld “vader van die gode” vir Zeus. Die tweede een is waar ʼn eienaam gebruik word om ʼn algemene idee uit te druk, byvoorbeeld Hy is ʼn adonis om te verwys na ʼn baie aantreklike man. (In die Griekse mitologie was Adonis die minnaar van godinne, en hy was baie aantreklik.)
ʼn Spreker (sien “Spreker”) spreek iets of iemand wat nie teenwoordig is nie of nie kan reageer nie direk aan. Wie of wat aangespreek word, kan afwesig, dood of denkbeeldig wees. Dit kan ʼn lewelose voorwerp (soos sterre of die see), ʼn abstrakte idee (soos die liefde of die noodlot) of ʼn wese (soos ʼn muse of ʼn god) wees.
Voorbeeld
“Die soet duifie” deur Marié Blomerus
“Nou ja, my liewe Keats stomme nie domme my dooie Keats ek staan toe daar soos beplan in jou sterwenskamer met ʼn nuttelose roos”
Die spreker spreek John Keats, die bekende Engelse digter uit die 1800s, direk aan.
ASSONANSIE
BALLADE
BLANKE VERS
Die herhaling van vokaalklanke in verskillende woorde naby mekaar.
Voorbeeld
“Mabalêl” deur Eugene N Marais
“Golwend kleur die hemelboog, stadig sterf die laaste lig, en van verre deur die skermmure winkend blink die eerste vure.”
Sample
ʼn Spesifieke gedigvorm wat ʼn storie vertel. Dit is gewoonlik in kwatryne verdeel, en die tweede en vierde reëls rym gewoonlik, maar nie altyd nie. Dit het begin as volksliedjies en word steeds in moderne musiek gebruik.
Voorbeeld
“Ballade van die nagtelike ure” deur NP van Wyk Louw
“Ons liefde het uitgeblom tussen elfuur en kwart oor twee –hier sit ek onder die dagbreek half-nugter en verlee”
Blanke vers se versreëls bestaan uit jambiese pentameter (sien “Metrum”) wat nie rym nie. Dit is soos normale spreektaal, maar dit skep ook ʼn musikale effek wat jou aandag trek.
Voorbeeld
“Van Noodt se laaste aand” deur C Louis Leipoldt
“Ag, ek is oud en amper oor my tyd En sat tot in my siel met al die sorg En kommer van die jare lank verby, En halfpad lam en lewenslui en blind”
Moenie blanke vers met vrye vers verwar nie! Blanke vers het steeds ʼn vaste metrum en ritme, maar dit rym nie. Vrye vers (sien “Vrye vers”) wyk heeltemal af van poësie se tradisionele eienskappe, naamlik rym, strofes en metrum.
CLICHÉ
DIGTER
ʼn Uitdrukking wat al só baie gebruik is dat dit sy oorspronklike trefkrag verloor het, byvoorbeeld carpe diem (gryp die dag), die gras is altyd groener aan die ander kant, Rome is nie in een dag gebou nie.
Voorbeeld
“My country ’tis of the people you’re dying” deur Fanie Olivier “elke huis het nou naas sy kruis ʼn swembad”
Digters gebruik clichés dikwels om kommentaar op die samelewing te lewer of om nuwe insigte te bied. Die cliché kry dan ʼn nuwe betekenis.
Sample
Die persoon wat die gedig geskryf het.
Moenie digter en spreker verwar nie!
Die digter is nie altyd in ʼn gedig aan die woord nie. Soms is die digter en spreker dieselfde, maar dikwels is daar ʼn ander “stem” aan die woord.
Voorbeeld
“Oom Gert vertel” deur C Louis Leipoldt
“Ja, neef, wat kan ek, oumens, jou vertel?”
In hierdie geval is die persoon wat die gedig geskryf het C Louis Leipoldt. Die spreker in die gedig is ʼn karakter genaamd “Oom Gert”.
DIKSIE (WOORDKEUSE)
ELEGIE (LYKDIG)
Die soort woorde en frases wat ʼn digter besluit om te gebruik, hoe lank die sinne is en die woordorde. Die digter maak spesifieke woordkeuses om ʼn spesifieke effek te skep.
Poëtiese diksie verwys na die digter se besluit om nie by die reëls van ʼn taal te hou nie sodat hulle ʼn spesifieke effek kan skep. Wanneer jy ʼn gedig lees, dink aan die verskillende betekenisse wat woorde kan hê en hoe hul plek in die gedig daardie betekenisse kan verander of verdiep. Diksie maak die digter se visie duidelik en lei jou gedagtes. Onthou dat elke woord in ʼn teks ʼn doel het.
Sample
Voorbeeld
“Depressie” deur Antjie Krog
“dis vreeslik om jou so te sien. hoe kry ek jou. dis vreeslik om. hoe kry ek jou terug. kon dit dalk. as ek maar. had ek liewer. dis vreeslik om. kyk hier staan ek. ek skeur. ek probeer skeur.”
Die digter se keuse om die sinne te “breek” en deurmekaar te skommel, versterk die idee van magteloosheid.
ʼn Elegie is ʼn gedig wat geskryf word ná iemand se dood. Die stemming (sien “Stemming”) is gewoonlik hartseer.
Voorbeeld
“Elegie” deur Wilhelm Knobel
“Êrens in die Atlantiese oseaan is jou liggaam ter see gelaat In geen benouende seil gewikkel nie het dit stadig deur die skemergroen lig gesak tussen kleurige tropiese vissies wat vir ʼn oomblik verskrik is”
ELISIE
Die weglating van ʼn klankgreep sodat die woord by die gedig se ritme en metrum pas (sien “Klankgreep” en “Metrum”).
Voorbeeld
“Skoppensboer” deur Eugène N Marais
“ʼn Druppel gal is in die soetste wyn; ʼn traan is op elk’ vrolik’ snaar; in elke lag ʼn sug van pyn in elke roos ʼn dowwe blaar.”
ENGELSE SONNET (SHAKESPEAREAN SONNET)
Sample
ʼn Gedig met 14 versreëls in jambiese pentameter (sien “Metrum”). Die strofes is verdeel in drie kwatryne (sien “Kwatryn”) en een koeplet (sien “Koeplet”) met die volgende rymskema: abab cdcd efef gg
Voorbeeld
“Nog in my laaste woorde” deur NP van Wyk Louw
“Nog in my laaste woorde sal jy wees, a nog in die laaste skeemring van my dink b en weet, as ek alleen in die bitter vrees a van sterwe lê, en al die mindre sink b in my deur vaal vergetelheid: veel haat, c veel liefde wat kon waag om min te vra, d ure wat rus geken ’t, of blote daad. c en nie die teken van jou onrus dra, d o jy wat vlam was: skoon en sterk en blind e vir smart; wat alles tot jou beeltnes brand: f wat áls kon eis en nooit volkome vind e versadiging! Dán weet ek het jou hand f my jeug se oopgelate kring voltooi: g mooi is die lewe en die dood is mooi.” g
Hierdie voorbeeld is nie in strofes verdeel nie, maar bestaan wel uit 14 reëls met die rymskema van ʼn Engelse sonnet.
ENJAMBEMENT
EUFEMISME
HIPERBOOL
IDIOOM
Wanneer ʼn versreël nie leestekens aan sy einde het nie en oorloop na ʼn volgende reël.
Voorbeeld
“Dito’s” deur TT Cloete
“Oordadig vir een geluid toegerus is twee ore. Die een geluid sluit of sluk die ander een deurlopend uit of in, die straat spoel soos ʼn sluis geluid uit.”
Sample
ʼn Eufemisme is ʼn manier om ʼn ongemaklike waarheid sagter te stel om mense se gevoelens nie seer te maak nie, byvoorbeeld iemand is oorlede vir iemand is dood of iemand is nie wel nie vir iemand is siek
ʼn Buitensporige oordrywing vir ʼn ernstige, ironiese of komiese effek.
Voorbeeld
“Soggens bevlerk miljuisende voëls” deur Louis Esterhuizen
“Soggens bevlerk miljuisende voëls jou huis, word die dag klankie vir klank uit die berge gebring.”
ʼn Idioom is ʼn sêding, frase of vaste uitdrukking wat ʼn figuurlike betekenis het wat nie dieselfde as die letterlike betekenis is nie.
Voorbeeld
“(Alles het geluide behalwe eierbokse)” deur Jeanne Goosen
“ons vermeerder een organisme se dood is ʼn gevaarliker een se brood wel hier is ons”
Hier gebruik die digter die idioom “een man se dood is ʼn ander se brood” op ʼn kreatiewe manier. Die idioom beteken “wat vir een mens sleg is, is goed vir ʼn ander”. Die digter sinspeel op die letterlike betekenis: Wanneer een organisme doodgaan, word dit die kos vir ʼn ander een.
INTERNE RYM
INTERTEKSTUALITEIT
Woorde wat rym binne een versreël van ʼn gedig.
Voorbeeld
“Trekliedjie” deur Pieter Claassens
“Wuperthal Genadendal toktokkie sing ʼn lied –van Dieprivier en Donkerstroom ʼn baie ou verdriet; van Soekmekaar en Amperdaar en nooit weer vrede vind”
INVERSIE
Sample
Die idee dat ʼn teks nooit op sy eie bestaan nie, maar deel is van ʼn stelsel tekste. Intertekstualiteit impliseer dat jy die tekste waarna ʼn teks of gedig verwys ook moet lees om die teks heeltemal te verstaan.
Voorbeeld
“Die wêreld is jou woning nie” deur Jelleke Wierenga
“Die wêreld is jou woning nie; getotius sê jy dit. Nie oor ʼn pyngedagte of ʼn bliksemstraal of ʼn lieflingskind met vlindervlerkies wat dood in jou arms val –”
In hierdie gedig verwys die digter op ʼn baie eksplisiete manier na hierdie gedig se intertekste: “Die wêreld is ons woning nie”, “o Die pyngedagte” en “Die godsbesluit” deur Totius.
Wanneer die digter die woordorde in ʼn reël verander sodat dit ongewoon lyk, gewoonlik om ʼn idee te beklemtoon of om woorde te laat rym.
Voorbeeld
“Die lied van Suid-Afrika” deur Eugène N Marais
“‘Tien male moes hulle veg vir my, tien male moes hulle kerm en stoei, tien male in die stof gebrei, tien male opstaan weer en bloei.’”
Die digter gebruik inversie hier om die metrum en ritme dieselfde te hou.
IRONIE
ʼn Interessante, verassende of komiese effek wat ontstaan wanneer die teenoorgestelde gebeur van wat jy verwag.
Voorbeeld
“Die klaagliedere van die Transfaler” deur ʼn anonieme skrywer
Die gedig begin met die volgende strofe:
“Di sprinkhane en di droogte Is swaar nou op ons land, En wat van ons moet worde Is bowe myn ferstand.”
SampleOns kan hieruit aflei dat die spreker voel dat hy swaarkry. Ons hoor dan later dat daar ʼn man aankom wat met die spreker se dogter wil trou:
“Hy sê: ‘Myn liwe oompi, Jou dogter wil ek trou.’
Ek sê: ‘Nè wag, myn seuntji, Jy gaan tog alte gou.’
‘Het jy ʼn plaas en huisraad, En hoefeel fé het jy?’
‘Ek het t we honderd skape. En nog ʼn perd,’ sê hy.
‘Jou kerk is uit, myn kêrel! Myn dogter’s ni fer jou.
Denk, net twe honderd skape! Bewaar jou arme frou!’”
Dit is ironies omdat die spreker dit laat klink asof hy en sy familie verskriklik swaarkry, maar die feit dat hy dink ʼn plaas, tweehonderd skape en ʼn perd nie goed genoeg is nie, wys dat hy eintlik ryk is.
ITALIAANSE SONNET (PETRARCHAN SONNET)
ʼn Gedig met 14 reëls met rymende jambiese pentameter (sien “Metrum”). Dit is verdeel in ʼn oktaaf (agt reëls) en ʼn sekstet (ses reëls). Daar is ʼn “volta” of wending (ʼn verandering van benadering of perspektief) tussen die oktaaf en die sekstet. Die rymskema is gewoonlik abba, abba, cdc, dcd of cde, cde, maar dit wyk soms af.
Voorbeeld
“Soos deur ʼn lamp van melkwit porselein” deur ID du Plessis
“Soos deur ʼn lamp van melkwit porselein a Die felle vlam gedempte strale sprei b Wat rosig deur die wit omhulsel gly b Om dof-sag deur die kamer heen te skyn; a Soos die dieptes van ʼn donker wyn a Die fonkelende lig verdof verbrei, b
Omsluit deur newels wat sy glans verlei – b
So moet die gees deur vlees-omwindsels skryn. a
Die voël wat fladder as die dag lumier, c Word vrygelaat deur dié wat hom bemin d En skiet die blou se eindeloosheid in. d
Sal so die sleutel van die Groot Sipier c
Die gees in staat stel as die vlees ontbind, e Om self in selfloosheid terug te vind?” e
KL ANKGREEP (SILLABE)
Sampleʼn Eenheid klanke wat saam gegroepeer word wat dan ʼn gesproke woord vorm. Woorde kan in klankgrepe opgedeel word om ons te help om gedigte te ontleed.
Moenie klankgrepe en lettergrepe verwar nie!
ʼn Lettergreep wys waar ʼn woord opgedeel kan word om dit reg te spel. Dit gaan oor hoe die woord op papier lyk. In poësie werk ons met klankgrepe omdat gedigte eintlik hardop gelees moet word: Dit gaan oor hoe die woorde klink.
Voorbeeld
Kom ons kyk na alleen. Die lettergrepe is al–leen, opgedeel tussen die twee l’e, omdat dit jou help om die woord reg te spel. Maar wanneer ons dit hardop sê, hoor ons net een l. Daarom is die klankgrepe a–leen
KLANKNABOOTSING
KOEPLET
KONTRAS
KWATRYN
Sien “Onomatopee”.
Twee versreëls met dieselfde metrum (sien “Metrum”) wat min of meer ewe lank is. Wanneer hulle rym, word dit ʼn heroïese koeplet genoem.
Voorbeeld
“Mabalêl” deur Eugène N Marais
“Uit die donker stilte, skel, klink die roep na Mabalêl en die rotse antwoord weer, maar terugkom sal sy . . . nimmermeer.
Sample
Stadig deur die rietpensele naar die diepte sak Lalele.”
Lalele is die krokodil wat Mabalêl, die jong meisie, doodgebyt het. Die gebruik van die koeplet gee die gedig ʼn finaliteit en onheilspellendheid.
Dinge met teenoorgestelde eienskappe kom teenoor mekaar te staan. Kontras verskil van antitese (sien “Antitese”) in die sin dat antitese ʼn “skerper” soort kontras is waar een ding en sy direkte teenoorgestelde reg langs mekaar staan. Kontras is ʼn algemener verskil wat nie noodwendig langs mekaar hoef te wees nie.
Voorbeeld
“Skoppensboer” deur Eugène N Marais
“ʼn Druppel gal is in die soetste wyn; ʼn traan is op elk’ vrolik’ snaar; in elke lag ʼn sug van pyn in elke roos ʼn dowwe blaar.”
Hier word dinge wat verskillend is, gebruik om ʼn algemener kontras tussen goed en sleg of bly en hartseer te skep.
ʼn Strofe (sien “Strofe”) wat bestaan uit vier versreëls. Dit is een van die algemeenste strofevorms.
LITOTES
LYKDIG
METAFOOR
METONIMIA
Ironiese onderbeklemtoning vir ʼn humoristiese effek. Iets word minder ernstig of “ligter” gestel as wat dit regtig is, en die ironie wat daardeur geskep word, kan snaaks wees, byvoorbeeld om te sê: “Wel, dis nie warm nie” wanneer dit baie koud is.
Voorbeeld
“Gebed om leiding” deur MM Walters
“Die klein sondetjies met my buurvrou het ek al reeds voor U bely – net nou en dan bedien ons nog die sakramente”
Sample
Die spreker wil ontrouheid laat klink asof dit nie ernstig is nie.
Sien “Elegie”.
ʼn Manier om twee dinge te vergelyk deur ʼn aspek van die een gelyk te stel aan ʼn aspek van die ander sonder om “soos” of “nes” te gebruik.
Voorbeeld
Daar is talle kreatiewe metafore in Afrikaanse poësie. Onder is slegs een:
“Karoosange” deur Dolf van Niekerk
“Waterdruppels skitter op die blare, elkeen ʼn klein heelal waarin die uitspansel weerkaats.”
Wanneer die woord vir een ding met iets anders vervang word waarmee dit ʼn sterk assosiasie het, byvoorbeeld Die Kroon in plaas van die koning.
Moenie metonimia met sinekdogee verwar nie! Sinekdogee (sien “Sinekdogee”) is wanneer daar na ʼn ding verwys word deur net een deel van die geheel, byvoorbeeld Ek het nuwe wiele om te verwys na ʼn nuwe kar. Metonimia is nie ʼn deel-geheel-verhouding nie; een ding het net ʼn sterk assosiasie met die ander.
METRUM
Die aantal versvoete in ʼn versreël, asook die klempatroon van die klankgrepe (sien “Versvoet” en “Klankgreep”). Saam skep dit ʼn musikale ritme. ʼn Versvoet is ʼn kombinasie van beklemtoonde en onbeklemtoonde klankgrepe wat ʼn paar keer in ʼn versreël herhaal. Beklemtoonde klankgrepe word effens langer en harder uitgespreek.
Die algemeenste versvoet is ʼn jambe (iamb in Engels). Dit is ʼn onbeklemtoonde klankgreep gevolg deur ʼn beklemtoonde een. Die teenoorgestelde klem noem ons ʼn trogee, en twee beklemtoonde klankgrepe ná mekaar is ʼn spondee. Daar is nog baie ander soorte versvoete, maar hulle kom nie so algemeen voor nie. Die hoeveelheid van hierdie voete in ʼn verseël bepaal die naam van die metrum. Twee voete is “dimeter”, drie “trimeter”, vier “tetrameter”, vyf “pentameter”, ens.
Sample
In Engels staan vyfvoetige of jambiese pentameter (“iambic pentameter”) as “common metre” bekend omdat dit algemeen in ouer Engelse digkuns voorkom. Dit klink soos gewone spreektaal. Dit kom in ouer Afrikaanse digkuns ook voor, maar nie so algemeen nie.
Daar is ʼn spesiale manier om metrum aan te dui. Bo ʼn onbeklemtoonde klankgreep verskyn die volgende simbool: ᴗ Bo die beklemtoonde klankgreep kan ʼn mens een van die volgende simbole gebruik: / of –
Voorbeeld
“Die vlakte” deur Jan FE Celliers
ᴗ / ᴗ / ᴗ / ᴗ / ᴗ / ᴗ Ek slaap in die rus van die eeue gesus / ᴗ / / ᴗ / ongesien, ongehoord
ᴗ / ᴗ / ᴗ / / ᴗ / en dof en loom in my sonnedroom / ᴗ / / ᴗ / ongewek, ongestoord
Die langer reëls gebruik konsekwent hoofsaaklik jambiese pentameter, en die korter reëls gebruik konsekwent ʼn ander metrum, wat die gedig ʼn vaste ritme gee.
ODE
OKSIMORON
OKTAAF
ONOMATOPEE (KLANKNABOOTSING)
ʼn Liriese gedig met ʼn redelike vaste metrum (sien “Metrum”) wat ʼn onderwerp prys of loof. Dit word ook ʼn lofsang genoem.
Voorbeeld
“Tram-ode” deur Uys Krige
“O Aldarín! O grys gestalte, slank ek skoon, wat koers vat uit Marseille na die Verre Ooste, jy bring ʼn snelle blydskap tot die onvertrooste gemoed, waar koud en eensaam in sy kerker wanhoop woon.
O Aldarín! O Verre Ooste
O staalgrys skip wat deur die deining dring!”
OORNOEMING
Sien “Antonomasia”. Sample
Hier word die skip Aldarín geprys. Dit word duidelik gemaak deur die tussenwerpsel “O”. Kan jy sien dat apostroof gebruik word omdat die Aldarín direk aangespreek word?
Twee idees wat op die oog af lyk asof hulle teenoorgestelde betekenisse het, word verbind om ʼn spesifieke effek te skep, byvoorbeeld bittersoet. Al lyk dit asof die betekenisse van “bitter” en “soet” teenoorgesteldes is, weet ons dat “bittersoet” tog sin maak omdat dit ʼn nuwe betekenis het wat meer is as die som van die dele.
Moenie ʼn oksimoron met ʼn paradoks verwar nie!
ʼn Paradoks is ʼn stelling of hele idee; ʼn oksimoron is twee woorde of baie kort frases wat met mekaar kontrasteer (sien “Paradoks”).
ʼn Strofe wat uit agt versreëls bestaan.
ʼn Woord wat ʼn geluid namaak, byvoorbeeld die geknetter van die vlamme, die geritsel van die blare in die wind, die getjirp van voëls.
PARADOKS
PERSONIFIKASIE
ʼn Paradoks is ʼn stelling wat op die oog af onmoontlik lyk of nie sin maak nie, maar wanneer ʼn mens dieper daarna kyk, kan dit tog op ʼn manier geïnterpreteer word, of dit kan kommentaar oor die lewe lewer.
Moenie ʼn paradoks met ʼn oksimoron verwar nie!
ʼn Paradoks is ʼn stelling of hele idee; ʼn oksimoron is twee woorde of baie kort frases wat met mekaar kontrasteer (sien “Oksimoron”).
Sample
Voorbeeld
“Panopsie” deur TT Cloete
“vandeesweek het ek van die werk weggebly om brood te verdien”
Op die oog af lyk die stelling onmoontlik, aangesien ʼn mens moet werk om “brood te verdien”. Maar wanneer ʼn mens die gedig versigtig lees, kom jy agter dat “om brood te verdien” hier ʼn ander betekenis het, naamlik om betekenis aan die lewe te gee. Die stelling maak daarom wel op ʼn manier sin.
Wanneer menslike eienskappe aan ʼn niemenslike ding toegeken word.
Voorbeeld
“Mabalêl” deur Eugène N Marais
“Golwend kleur die hemelboog, stadig sterf die laaste lig, en van verre deur die skermmure winkend blink die eerste vure”
Hier word die lig gepersonifieer deur donker word met sterf te vergelyk. Verder “wink” die vure, ook ʼn menslike aksie.
POLISINDETON
REFREIN
Wanneer voegwoorde (soos “en”, “maar”, “want”, ens.) herhaaldelik in een versreël of aan die begin van opeenvolgende versreëls gebruik word om idees saam te bind en te versterk. Dis is ook bekend as “opeenstapeling van voegwoorde”.
Voorbeeld
“Die hart se dinge” deur breyten breytenbach
“and shadows en skadu’s and gallows en dadels en kneukels the five thousand shuttered phonemes of passion en sjaals and shipwrecks soos slakke oor die oog”
Sample
In hierdie gedig, met die interessante woordkeuse om Engels en Afrikaans te meng, word die voegwoorde “en” en “and” gebruik om die effek van ’n lys wat al langer en vreemder word, te skep.
ʼn Frase, versreël of ʼn groep versreëls wat op sekere plekke in ʼn gedig herhaal, veral aan die einde van ʼn strofe. Refreine kom dikwels in ballades voor en word gebruik om ʼn punt te maak, om ʼn tema te beklemtoon en om struktuur te skep. ʼn Mens onthou ook woorde wat herhaal beter.
Voorbeeld
“Op Hartebeesfontyn” deur Pikkedel
“Was jy ooit by ʼn ‘sheepskin’ dans, Byvoorbeeld daar by ou Stefaans,
fan Hartebeesfontyn?
Want ek sal jou ʼn grap fertel Fan ʼn verbroude apespel
op Hartebeesfontyn.
“Toen morre kom toen ry ons fêr En fan di dag af bly ons fêr
fan Hartebeesfontyn.”
Die hele gedig bestaan uit 52 strofes, elk met die refrein “op/ by/van Hartebeesfontyn”. Gaan lees gerus die gedig as jy wil weet wat die spreker aangevang het op Hartebeesfontyn.