Eenheid
1
Handleiding 1/2 G04 ~ Wiskunde
Tel met heelgetalle In graad 3 het ons geleer om met heelgetalle te tel. Kan jy nog onthou hoe om in 2’s te tel? Kom ons kyk weer daarna.
Wanneer ons in 2’s tel, tel ons elke keer 2 by die vorige getal om die volgende getal te kry. +2
2
4
+2
6
+2
+2
8
10
Ons kan selfs op ander plekke begin. Kyk na die getalle. Sien jy dat jy by enige getal kan begin en in heelgetalle kan tel? +2
63
65
+2
67
+2
69
+2
71
+2
+2
12
73
In die boonste twee voorbeelde het ons vorentoe of aangetel. Met heelgetalle kan ons ook agteruit tel.
Ons gebruik verskillende woorde om dieselfde ding te vra. Maak seker dat jy al die verskillende woorde ken. Die volgende woorde het almal dieselfde betekenis:
agteruit tel = terugtel = agtertoe tel
Kyk na die volgende getalle en vul die oop blokkies. in Tel terug (agtertoe of agteruit) in 3’s. –3
53
–3
50
–3
–3
47
–3
41
Noudat jou geheue verfris is, kan ons toepas wat ons geleer het.
© Impaq
8
–3
38
–3
32