5 minute read

AFDELING 3: SKRYF EN AANBIED

15. Die verteller gee ’n baie goeie beskrywing van hoe Eugene se monster lyk. Volg hierdie instruksies en teken die “monster” in die onderstaande spasie.

Die leerder se eie tekening volgens die instruksies wat in die teks gegee is.

16. Watter belangrike les het Eugene se pa hom geleer oor monsters?

Dat hy nie vir monsters hoef bang te wees nie; ’n mens moet net ’n manier kry om vir hulle te lag.

17. Wat noem Eugene die gedrog wat hy geteken het?

Hansviswors

18. Watter twee belonings het Eugene gekry vir sy prentjie?

Hy het ’n goue sterretjie gekry en sy kunswerk is ingeskryf vir die kunswedstryd.

19. Wat beteken dit as jy nie daarvan hou om in ’n boksie gedruk te word nie?

Iemand hou nie daarvan om voorgesê te word nie. Die persoon is uniek.

20. Watter positiewe verskille het Eugene se karakter al in die klaskamer teweeg gebring?

Chester wil nie meer soos Jimmy wees nie.

Marelca het meer selfvertroue.

21. Wie is die verteller in die kortverhaal? Motiveer jou antwoord.

Die verteller is Eugene wat nou ’n grootmens is. Die verhaal eindig waar sy monster in sy eie seun se kamer hang.

22. Noem twee ruimtes waar die verhaal afspeel.

By die skool in die klaskamer en in Eugene se seun se kamer.

23. Waarom is die slotsin van die kortverhaal ironies?

Dit is ironies omdat Eugene se seun seker ook op mure teken en daarom Crayola

Washables nodig het.

AFDELING 3 SKRYF EN AANBIED

Nota aan fasiliteerder: Help die leerder om deur die skryfmetode te werk. Dit is van kardinale belang dat elke stap gevolg moet word om skryfwerk te kan verbeter.

Skryfproses

Voordat ’n mens enige skryfstuk begin skryf, MOET jy eers jou gedagtes agtermekaar kry oor WAT jy wil skryf. Wanneer ’n mens aan ’n onderwerp dink waaroor jy wil skryf, kom daar gewoonlik baie idees in jou kop, en dit is juis DIT wat jy moet neerskryf, sodat jy kan sien of dit wat jy gedink het jy wil skryf, wel iets om die lyf het.

Wanneer jy ’n verhalende opstel skryf, is daar ’n spesifieke beplanningsmodel wat jy kan gebruik om jou te help om jou gedagtes beter te orden. Die spinnekopdiagram of breinstorm is maar een van baie metodes. Die FAIL-skryfmetode is baie meer suksesvol omdat dit ook die beplanning vir ’n vyf-paragraaf-opstel is. F.A.I.L. staan vir jou “First Attempt In Learning”. Sien jou beplanning en jou eerste poging as jou eerste probeerslag, en daarom mag jy maar foute maak. Onthou ook dat jou beplanning die geraamte is en dat jou eerste poging is waar jy meer vleis aan die geraamte sit.

Beplanningsmodel vir ’n verhalende opstel en sy stappe:

1. Teken die breinkaart op die helfte van jou beplanningsbladsy. 2. Titel van opstel: In hierdie spasie skryf jy kortliks waaroor jou onderwerp handel. 3. Die liggaam van die opstel word eerste beplan. Dis die gedeelte waar jou eintlike storie vertel gaan word. Enige storie het ’n begin (paragraaf 2), ’n middel (paragraaf 3) en ’n einde (paragraaf 4). Beantwoord die volgende vrae in elke blokkie met ’n kort antwoord:

a) Liggaam blokkie 1: Wat het gebeur? b) Liggaam blokkie 2: Waarom het dit gebeur? c) Liggaam blokkie 3: Wat gebeur nou volgende? 3 Inleiding

Titel van opstel

2 Slot

4. Die slot (paragraaf 5) word direk na die liggaam beplan. Jou slot mag nie nuwe inligting bevat nie. Sien 1 Liggaam (3 paragrawe) jou slot as daardie laaste stukkie legkaart wat jy moet byvoeg sodat die hele prentjie sin maak. Daarom is die slot ook op die meeste net 2 – 3 sinne lank. Sien die slot as die plek waar jy skryf wat jy uit die hele gebeurtenis geleer het. 5. Die inleiding (paragraaf 1) word heel laaste beplan. Die rede hiervoor is omdat mens altyd wonder hoe om ’n opstel kreatief en interessant te begin. Jou slot en jou inleiding moet met mekaar skakel. Jou inleiding is ook nie langer as 2 – 3 sinne nie.

FAIL-metode se eerste poging:

Net soos jou beplanning, begin jou eerste poging by paragraaf 2.

• Deel 5: Paragraaf 1 is die inleiding, maar word laaste geskryf. • Deel 1: Paragraaf 2 is die eerste deel van jou liggaam waar jy vertel “Wat het gebeur?” • Deel 2: Paragraaf 3 is die tweede deel van jou liggaam waar jy vertel “Hoekom het dit gebeur?” • Deel 3: Paragraaf 4 is die laaste deel van jou liggaam waar jy vertel “Wat het toe gebeur?” • Deel 4: Paragraaf 5 is die slot wat direk na die liggaam geskryf moet word.

Kom ons kyk na die volgende voorbeeld om die FAIL-skryfmetode in aksie te sien:

Onderwerp: Ek los jou daar ...

3 Inleiding 2 Slot

Ons familiehond is ’n baie nuuskierige brakkie wat altyd haar neus by plekke ingedruk het waar dit nie hoort nie.

My hond by veearts

Ons was so hartseer gewees en moes sonder haar huis toe gaan.

Wat het gebeur?

Ons familiehond (16 jaar oud) is deur ’n swerm bye gesteek.

1 Liggaam (3 paragrawe)

Hoekom het dit gebeur?

Die hond het gaan rondsnuffel agter die motorhuis en op die bynes afgekom.

Wat het toe gebeur?

Ons het haar veearts toe gevat, maar haar hart was te swak.

Wenke by die skryf van kreatiewe opstelle:

• Jou beplanning is 80% van jou werk. As jy reg beplan het, sal jou opstel homself kan skryf. • Glans (highlight) enige woorde waarvan jy onseker is oor die spelling. • Jy mag slegs ’n woordeboek gebruik wanneer jy met jou beplanning en jou eerste poging klaar is. Die idee is om die warboel in jou kop eers op papier te kry en dan die woordeboek te gebruik om jou werk te redigeer.

• Jy moet net so baie tyd aan jou redigeringspoging (waar jy al jou foute regmaak) spandeer as aan jou eerste poging. Dis ’n goeie idee om jou geredigeerde opstel hardop vir jouself te lees sodat jy kan hoor of jy enige taal- of sinsfoute en inhoudsfoute gemaak het. • Jy kry punte vir die inleiding-, liggaam- en slotgedeeltes van jou opstel. • Jy word net teruggehou deur jou eie verbeelding. As jy nie hou van die onderwerp nie, is dit jou werk om dit vir jouself interessant te maak. Dit help as jy jou opstel skryf oor iets wat al gebeur het omdat feite jou opstel makliker maak om te glo. • Jou woorde tel is deel van die beplanning en redigering – jy tel nadat jy jou eerste poging geskryf het, en verkort dan of maak langer.

This article is from: